Return to Video

Die gevaar van ’n enkele storie

  • 0:00 - 0:02
    Ek is ’n verteller.
  • 0:02 - 0:05
    En ek wil julle graag ’n paar persoonlike stories vertel
  • 0:05 - 0:10
    oor wat ek "die gevaar van die enkele storie" noem.
  • 0:10 - 0:14
    Ek het op ’n universiteitskampus in oos-Nigerië grootgeword.
  • 0:14 - 0:17
    My ma sê ek het op die ouderdom van twee begin lees,
  • 0:17 - 0:22
    alhoewel ek dink vier dalk nader aan die waarheid is.
  • 0:22 - 0:24
    So ek was ’n vroeë leser, en wat ek gelees het
  • 0:24 - 0:27
    was Britse en Amerikaanse kinderboeke.
  • 0:27 - 0:30
    Ek was ook ’n vroeë skrywer,
  • 0:30 - 0:34
    en toe ek begin skryf het, op omtrent sewe jaar,
  • 0:34 - 0:36
    stories in potlood met krytillustrasies,
  • 0:36 - 0:39
    wat my arme ma verplig was om te lees,
  • 0:39 - 0:43
    het ek presies die tipe stories wat ek gelees het, geskryf:
  • 0:43 - 0:48
    Al my karakters was wit met blou oë,
  • 0:48 - 0:50
    hulle't in die sneeu gespeel,
  • 0:50 - 0:52
    hulle't appels geëet,
  • 0:52 - 0:54
    en hulle't baie oor die weer gepraat,
  • 0:54 - 0:56
    hoe lieflik dit was
  • 0:56 - 0:58
    dat die son uitgekom het.
  • 0:58 - 1:00
    (Gelag)
  • 1:00 - 1:03
    Ondanks die feit dat ek in Nigerië gewoon het.
  • 1:03 - 1:07
    Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie.
  • 1:07 - 1:10
    Ons het nie sneeu gehad nie, ons het mangoes geëet,
  • 1:10 - 1:12
    en ons het nooit oor die weer gepraat nie,
  • 1:12 - 1:14
    want dit was onnodig.
  • 1:14 - 1:17
    My karakters het ook baie gemmerbier gedrink,
  • 1:17 - 1:19
    want die karakters in die Britse boeke wat ek gelees het,
  • 1:19 - 1:21
    het gemmerbier gedrink.
  • 1:21 - 1:24
    Ongeag dat ek geen idee gehad het wat gemmerbier was nie.
  • 1:24 - 1:25
    (Gelag)
  • 1:25 - 1:28
    En vir baie jare daarna sou ek ’n desperate begeerte hê
  • 1:28 - 1:30
    om gemmerbier te proe.
  • 1:30 - 1:32
    Maar dis ’n ander storie.
  • 1:32 - 1:34
    Wat hierdie wys, dink ek,
  • 1:34 - 1:37
    is hoe ontvanklik en vatbaar ons is
  • 1:37 - 1:39
    met ’n storie voor oë,
  • 1:39 - 1:41
    veral as kinders.
  • 1:41 - 1:43
    Omdat ek nét boeke gelees het
  • 1:43 - 1:45
    waarin karakters anders was,
  • 1:45 - 1:47
    was ek oortuig daarvan dat boeke
  • 1:47 - 1:50
    vanselfsprekend vreemdelinge moes in hê
  • 1:50 - 1:52
    en oor dinge moes gaan waarmee
  • 1:52 - 1:55
    ek nie kon persoonlik identifiseer nie.
  • 1:55 - 1:59
    Dinge het verander toe ek Afrikaboeke ontdek het.
  • 1:59 - 2:01
    Daar was nie veel besikbaar nie, en hulle was nie
  • 2:01 - 2:03
    so verkrygbaar soos die buitelandse boeke nie.
  • 2:03 - 2:07
    Maar as gevolg van skrywers soos Chinua Achebe en Camara Laye
  • 2:07 - 2:09
    het ek ’n sielsverskuiwing in my begrip van
  • 2:09 - 2:11
    letterkunde beleef.
  • 2:11 - 2:13
    Ek het besef dat mense soos ek,
  • 2:13 - 2:15
    meisies met vel die kleur van sjokolade,
  • 2:15 - 2:18
    wie se kroes hare nie kon poniesterte maak nie,
  • 2:18 - 2:20
    ook in literatuur kon bestaan.
  • 2:20 - 2:24
    Ek het oor dinge wat ek herken het begin skryf.
  • 2:24 - 2:28
    Nou, ek was versot op daardie Amerikaanse en Britse boeke.
  • 2:28 - 2:32
    Hulle het my verbeelding aangegryp, vir my nuwe wêrelde oopgemaak.
  • 2:32 - 2:34
    Maar die gevolg was per abuis dat
  • 2:34 - 2:36
    ek nie geweet het mense soos ek kon
  • 2:36 - 2:38
    in literatuur bestaan nie.
  • 2:38 - 2:42
    So wat die ontdekking van Afrikaskrywers vir my gedoen het was:
  • 2:42 - 2:45
    Om my te red van 'n enkele storie
  • 2:45 - 2:47
    van wat boeke is.
  • 2:47 - 2:50
    Ek was uit ’n gewone, middelklas Nigeriese gesin.
  • 2:50 - 2:52
    My pa was ’n professor.
  • 2:52 - 2:55
    My ma was ’n administratiewe beampte.
  • 2:55 - 2:58
    En, soos die norm was, het ons
  • 2:58 - 3:03
    inwoon huishulpe gehad, wat gewoonlik van nabye dorpies af gekom het.
  • 3:03 - 3:07
    So die jaar wat ek agt geword het, het ons ’n nuwe huisknaap gekry.
  • 3:07 - 3:09
    Sy naam was Fide.
  • 3:09 - 3:12
    Die enigste ding wat my ma ons van hom vertel het,
  • 3:12 - 3:15
    was dat sy familie baie arm was.
  • 3:15 - 3:17
    My ma het jamswortels en rys gestuur,
  • 3:17 - 3:20
    en ons ou klere, na sy familie toe.
  • 3:20 - 3:22
    En as ek nie my aandete klaar geëet het nie sou my ma sê:
  • 3:22 - 3:27
    "Eet jou kos! Weet jy dan nie? Mense soos Fide se familie het niks nie."
  • 3:27 - 3:31
    So ek was baie jammer vir Fide se familie.
  • 3:31 - 3:34
    Toe een Saterdag gaan ons na sy dorpie op besoek,
  • 3:34 - 3:38
    en sy ma wys vir ons ’n pragtig-gepatroonde mandjie
  • 3:38 - 3:41
    van gekleurde raffia, wat sy broer gemaak het.
  • 3:41 - 3:43
    Ek was verbaas.
  • 3:43 - 3:46
    Dit het toe nog nooit by my opgekom dat iemand in sy familie
  • 3:46 - 3:49
    sowaar iets kon maak nie.
  • 3:49 - 3:52
    Al wat ek van hulle gehoor het was hoe arm hulle was,
  • 3:52 - 3:54
    sodat dit vir my onmoontlik geword het om hulle as
  • 3:54 - 3:57
    enigiets anders as arm te sien.
  • 3:57 - 4:01
    Hulle armoede was my enkele storie van hulle.
  • 4:01 - 4:03
    Ek het jare later hieroor gedink toe ek weg is uit Nigerië
  • 4:03 - 4:06
    om universiteit toe te gaan in die Verenigde State.
  • 4:06 - 4:08
    Ek was 19.
  • 4:08 - 4:12
    My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok.
  • 4:12 - 4:15
    Sy't my gevra waar ek so goed Engels leer praat het,
  • 4:15 - 4:17
    en was verward toe ek gesê het dat Engels
  • 4:17 - 4:22
    toevallig genoeg die amptelike taal van Nigerië is.
  • 4:22 - 4:26
    Sy't gevra of sy kon luister na wat sy my "tribal" musiek genoem het
  • 4:26 - 4:28
    en was gevolglik baie teleurgesteld
  • 4:28 - 4:30
    toe ek my kasset van Mariah Carey uitgehaal het.
  • 4:30 - 4:33
    (Gelag)
  • 4:33 - 4:35
    Sy't aangeneem dat ek nie weet hoe om
  • 4:35 - 4:38
    ’n stoof te gebruik nie.
  • 4:38 - 4:40
    Wat my getref het was: Sy het my bejammer
  • 4:40 - 4:42
    selfs nog voor sy my gesien het.
  • 4:42 - 4:46
    Haar verstekposisie teenoor my, as ’n Afrikaan,
  • 4:46 - 4:50
    was ’n tipe neerbuigende, goed-bedoelde jammerhartigheid.
  • 4:50 - 4:53
    My kamermaat het ’n enkele Afrikastorie gehad:
  • 4:53 - 4:56
    ’n enkele storie van katastrofe.
  • 4:56 - 4:58
    In hierdie enkele storie was daar geen moontlikheid
  • 4:58 - 5:02
    dat Afrikane enigsins soos sy kon wees nie,
  • 5:02 - 5:05
    geen moontlikheid van gevoelens meer kompleks as bejammering,
  • 5:05 - 5:09
    geen moontlikheid van ’n verbinding as gelyke mense nie.
  • 5:09 - 5:11
    Ek moet sê dat voor ek na die V.S.A. toe is, ek nie
  • 5:11 - 5:14
    bewustelik geïdentifiseer het as ’n Afrikaan nie.
  • 5:14 - 5:17
    Maar elke keer wat Afrika ter sprake was in die V.S.A., het almal na my gekyk.
  • 5:17 - 5:21
    Ondanks dat ek niks geweet het oor plekke soos Namibië nie.
  • 5:21 - 5:23
    Maar ek het op die ou end hierdie identeit aangeneem,
  • 5:23 - 5:26
    en op baie maniere dink ek nou aan myself as Afrikaans.
  • 5:26 - 5:28
    Alhoewel ek nog steeds geïrreteerd raak wanneer
  • 5:28 - 5:30
    daar na Afrika verwys word as ’n land,
  • 5:30 - 5:34
    die mees onlangse voorbeeld was op my andersins wonderlike vlug
  • 5:34 - 5:36
    vanaf Lagos twee dae gelede, waarop
  • 5:36 - 5:38
    daar ’n aankondiging was op die Virgin-vlug
  • 5:38 - 5:43
    oor die liefdadigheidswerk in "Indië, Afrika en ander lande."
  • 5:43 - 5:44
    (Gelag)
  • 5:44 - 5:48
    So na ek ’n paar jaar in die V.S.A. as ’n Afrikaan spandeer het,
  • 5:48 - 5:52
    het ek my kamermaat se reaksie teenoor my begin verstaan.
  • 5:52 - 5:55
    As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, en as al wat ek oor Afrika geweet het
  • 5:55 - 5:57
    van algemene beelde was,
  • 5:57 - 6:00
    sou ek ook dink dat Afrika ’n plek van
  • 6:00 - 6:04
    pragtige landskappe, mooi diere,
  • 6:04 - 6:06
    en onverstaanbare mense is,
  • 6:06 - 6:09
    aan't oorlogvoer, sterwend van armoede of VIGS,
  • 6:09 - 6:12
    nie in staat daartoe om vir hulleself te praat nie
  • 6:12 - 6:14
    en wagted om verlossing
  • 6:14 - 6:17
    deur ’n gawe, wit vreemdeling.
  • 6:17 - 6:19
    Ek sou Afrikane op dieselfde manier sien as wat ek,
  • 6:19 - 6:23
    as ’n kind, Fide se familie gesien het.
  • 6:23 - 6:27
    Hierdie enkele storie van Afrika kom noodwendig, dink ek, uit Westerse literatuur.
  • 6:27 - 6:29
    Nou, hier is ’n aanhaling van
  • 6:29 - 6:32
    die skrywe van ’n Londonse handelaar met die naam John Locke,
  • 6:32 - 6:35
    wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het
  • 6:35 - 6:40
    en ’n boeiende verslag van sy reis gehou het.
  • 6:40 - 6:42
    Nadat hy na die swart Afrikane verwys het
  • 6:42 - 6:44
    as "gediertes sonder huise,"
  • 6:44 - 6:48
    skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe,
  • 6:48 - 6:53
    met hul monde en oë in hulle borste."
  • 6:53 - 6:55
    Nou, ek't nog elke keer wat ek dit gelees het gelag.
  • 6:55 - 6:59
    En ’n mens moet die verbeelding van John Locke bewonder.
  • 6:59 - 7:01
    Maar wat belangrik oor sy skryfwerk is, is dat
  • 7:01 - 7:03
    dit die begin van ’n Afrikastorieverteltradisie
  • 7:03 - 7:06
    in die Weste verteenwoordig:
  • 7:06 - 7:09
    ’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika as ’n plek van negatiewes,
  • 7:09 - 7:11
    van andersheid, van donkerte,
  • 7:11 - 7:15
    van mense wat, in die woorde van die wonderlike digter
  • 7:15 - 7:17
    Rudyard Kipling,
  • 7:17 - 7:20
    "halfduiwel, halfkind" is.
  • 7:20 - 7:23
    En so het ek begin besef dat my Amerikaanse kamermaat
  • 7:23 - 7:25
    haar hele lewe lank verskillende
  • 7:25 - 7:27
    weergawes van hierdie enkele
  • 7:27 - 7:29
    storie moes gesien en gehoor het,
  • 7:29 - 7:31
    so ook ’n professor,
  • 7:31 - 7:36
    wat op ’n keer vir my gesê het dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie.
  • 7:36 - 7:38
    Nou, ek was heeltemal bereid om aan te voer dat daar heelwat dinge
  • 7:38 - 7:40
    verkeerd was met die roman,
  • 7:40 - 7:44
    dat dit op vele punte misluk het,
  • 7:44 - 7:46
    maar ek het nog nie heeltemal veronderstel dat dit die
  • 7:46 - 7:49
    sogenaamde Afrika-egtheid paal nie gehaal het nie.
  • 7:49 - 7:51
    Ek het inderwaarheid nie geweet
  • 7:51 - 7:54
    wat eg aan Afrika was nie.
  • 7:54 - 7:56
    Die professor het my meegedeel dat my karakters
  • 7:56 - 7:58
    te veel soos hy was,
  • 7:58 - 8:00
    ’n opgevoede en middelklas man.
  • 8:00 - 8:02
    My karakters het motors bestuur.
  • 8:02 - 8:05
    Hulle het nie vergaan van die honger nie.
  • 8:05 - 8:09
    Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie.
  • 8:09 - 8:12
    Maar ek moet gou byvoeg dat ek ook net so skuldig is
  • 8:12 - 8:15
    aan die enkele storie kwessie.
  • 8:15 - 8:19
    Ek het ’n paar jaar gelede Meksiko besoek uit die V.S.A.
  • 8:19 - 8:21
    Die politieke klimaat in die V.S.A. was op daardie stadium gespanne,
  • 8:21 - 8:25
    en debatte oor immigrasie het geheers.
  • 8:25 - 8:27
    En, soos dit baie in Amerika gebeur,
  • 8:27 - 8:30
    het immigrasie sinoniem met Meksikane geword.
  • 8:30 - 8:32
    Daar was eindelose stories oor Meksikane
  • 8:32 - 8:34
    as mense wat die
  • 8:34 - 8:36
    gesondheidstelsel kaal uittrek,
  • 8:36 - 8:38
    oor die grens sluip,
  • 8:38 - 8:42
    by die grens gearresteer word, daai soort van ding.
  • 8:42 - 8:46
    Ek onthou hoe ek op my eerste dag in Guadalajara rondgeloop het,
  • 8:46 - 8:48
    gekyk het hoe die mense werk toe gaan,
  • 8:48 - 8:50
    by die markplein hulle tortillas oprol,
  • 8:50 - 8:53
    aan't rook en lag.
  • 8:53 - 8:56
    Ek onthou dat ek eers effens verbaas was.
  • 8:56 - 8:59
    En toe was ek van skaamte oorkom.
  • 8:59 - 9:02
    Ek het besef dat ek so verdiep was in
  • 9:02 - 9:04
    die mediadekking oor Meksikane
  • 9:04 - 9:06
    dat hulle een ding in my kop geword het,
  • 9:06 - 9:09
    die ellendige immigrant.
  • 9:09 - 9:11
    Ek het geval vir die enkele storie oor Meksikane
  • 9:11 - 9:14
    en ek kon nie méér skaam kry nie.
  • 9:14 - 9:16
    So dit is hoe om ’n enkele storie te skep,
  • 9:16 - 9:19
    ’n volk te wys as een ding,
  • 9:19 - 9:21
    slegs een ding,
  • 9:21 - 9:23
    oor en oor,
  • 9:23 - 9:26
    en dit is wat hulle dan word.
  • 9:26 - 9:28
    Dit is onmoontlik om die enkele storie te bespreek
  • 9:28 - 9:31
    sonder om mag aan te raak.
  • 9:31 - 9:33
    Daar's ’n woord, ’n Igbo woord,
  • 9:33 - 9:35
    waaroor ek dink elke keer wat ek oor die
  • 9:35 - 9:38
    magstrukture van die wêreld dink, en dit is "nkali."
  • 9:38 - 9:40
    Dis ’n selfstandige naamword wat losweg
  • 9:40 - 9:43
    as "om groter as ’n ander te wees" vertaal kan word.
  • 9:43 - 9:46
    Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde,
  • 9:46 - 9:48
    word stories ook bepaal
  • 9:48 - 9:51
    deur die beginsel van nkali:
  • 9:51 - 9:53
    Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel,
  • 9:53 - 9:56
    wanneer hulle vertel word, hoeveel stories vertel word,
  • 9:56 - 10:00
    is alles regtig afhanklik van mag.
  • 10:00 - 10:03
    Mag is nie net die vermoë om ’n ander se storie te vertel nie,
  • 10:03 - 10:07
    maar om dit ook die beslissende storie van dié persoon te maak.
  • 10:07 - 10:09
    Die Palestynse digter Mourid Barghoute skryf
  • 10:09 - 10:12
    dat as jy ’n volk wil ontvreem,
  • 10:12 - 10:15
    is die eenvoudigste manier om hulle storie te
  • 10:15 - 10:18
    begin vertel met: "tweedens."
  • 10:18 - 10:22
    Begin die storie met die pyle van die Amerikaanse inboorlinge,
  • 10:22 - 10:25
    en nie met die aankoms van die Britte nie,
  • 10:25 - 10:28
    en dan het jy ’n heeltemal ander storie.
  • 10:28 - 10:30
    Begin die storie met
  • 10:30 - 10:32
    die mislukking van die Afrikastaat,
  • 10:32 - 10:36
    en nie met die koloniale skepping van die Afrikastaat nie,
  • 10:36 - 10:40
    en dan het jy ’n heeltemal ander storie.
  • 10:40 - 10:42
    Ek het onlangs by ’n universiteit gepraat waar
  • 10:42 - 10:44
    ’n student vir my gesê het dat dit
  • 10:44 - 10:46
    so jammer is
  • 10:46 - 10:49
    dat Nigeriese mans fisiese mishandelaars
  • 10:49 - 10:52
    soos die vaderfiguur in my roman is.
  • 10:52 - 10:54
    Ek het vir hom gesê dat ek pas ’n roman
  • 10:54 - 10:56
    met die naam American Psycho gelees het --
  • 10:56 - 10:58
    (Gelag)
  • 10:58 - 11:00
    -- en dat dit so jammer is
  • 11:00 - 11:03
    dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is.
  • 11:03 - 11:07
    (Gelag)
  • 11:07 - 11:13
    (Applous)
  • 11:13 - 11:16
    Nou, natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê.
  • 11:16 - 11:18
    (Gelag)
  • 11:18 - 11:20
    Maar dit sou nooit by my opgekom het dat
  • 11:20 - 11:22
    net omdat ek ’n roman gelees het waarin
  • 11:22 - 11:24
    ’n karakter ’n reeksmoordenaar is
  • 11:24 - 11:26
    hy op een of ander manier van alle Amerikaners
  • 11:26 - 11:28
    verteenwoordigend is nie.
  • 11:28 - 11:31
    Dis nie omdat ek ’n beter mens as daai student is nie,
  • 11:31 - 11:34
    maar eerder as gevolg van Amerika se kulturele en ekonomiese mag,
  • 11:34 - 11:36
    dat ek baie stories oor Amerika gehad het.
  • 11:36 - 11:40
    Ek het al Tyler en Updike en Steinbeck en Gaitskill gelees.
  • 11:40 - 11:43
    Ek het nie ’n enkele storie van Amerika gehad nie.
  • 11:43 - 11:46
    Toe ek ’n paar jaar gelede geleer het dat daar van skrywers verwag
  • 11:46 - 11:50
    word om ongelukkige kinderjare te gehad het
  • 11:50 - 11:52
    om suksesvol te wees,
  • 11:52 - 11:54
    het ek begin dink oor hoe ek aaklige goed wat
  • 11:54 - 11:56
    my ouers aan by gedoen het kon opmaak.
  • 11:56 - 11:58
    (Gelag)
  • 11:58 - 12:02
    Maar ek het om die waarheid te sê gelukkige kinderjare gehad,
  • 12:02 - 12:05
    vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin.
  • 12:05 - 12:09
    Maar ek het ook oupas wat in vlugtelingkampe dood is gehad.
  • 12:09 - 12:13
    My nefie Polle is dood omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie.
  • 12:13 - 12:16
    Een van my beste maats, Okoloma, is dood in ’n vliegtuigongeluk
  • 12:16 - 12:19
    omdat ons brandweerwaens nie water gehad het nie.
  • 12:19 - 12:22
    Ek het onder verdrukkende militêre regerings grootgeword
  • 12:22 - 12:24
    wat opvoeding van waarde beroof het,
  • 12:24 - 12:27
    sodat my ouers soms nie hulle salarisse betaal is nie.
  • 12:27 - 12:31
    En so, as ’n kind, het ek gesien hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn,
  • 12:31 - 12:33
    toe margarien,
  • 12:33 - 12:36
    toe het brood te duur geword,
  • 12:36 - 12:39
    toe is melk op rantsoen gesit.
  • 12:39 - 12:42
    En meeste van alles, het ’n soort genormaliseerde politieke vrees
  • 12:42 - 12:46
    ons lewens binnegedring.
  • 12:46 - 12:48
    Al hierdie stories maak my wie ek is.
  • 12:48 - 12:52
    Maar om op slegs hierdie negatiewe stories aan te dring
  • 12:52 - 12:55
    is om my ervaring af te plat
  • 12:55 - 12:57
    en baie van die stories wat my gevorm het
  • 12:57 - 12:59
    oor die hoof te sien.
  • 12:59 - 13:02
    Die enkele storie skep stereotipes,
  • 13:02 - 13:05
    en die probleem met stereotipes
  • 13:05 - 13:07
    is nie dat hulle onwaar is nie,
  • 13:07 - 13:09
    maar dat hulle onvolledig is.
  • 13:09 - 13:13
    Hulle maak een storie die enigste storie.
  • 13:13 - 13:15
    Afrika is natuurlik ’n vasteland vol katastrofes:
  • 13:15 - 13:19
    Daar is grotes, soos die skokkende verkragtings in Kongo
  • 13:19 - 13:21
    en ontmoedigendes, soos die feit dat
  • 13:21 - 13:26
    5000 mense vir een vakante pos in Nigerië aansoek doen.
  • 13:26 - 13:29
    Maar daar is ander stories wat nie gaan oor katastrofes nie,
  • 13:29 - 13:33
    en dis baie belangrik, net so belangrik, om oor hulle te praat.
  • 13:33 - 13:35
    Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik
  • 13:35 - 13:38
    om ordentlik aan ’n plek of persoon mee te doen
  • 13:38 - 13:42
    sonder om in al die stories van daardie plek of persoon te deel.
  • 13:42 - 13:45
    Die gevolg van die enkele storie
  • 13:45 - 13:48
    is dat dit mense van waardigheid beroof.
  • 13:48 - 13:52
    Dit maak ons erkenning van ons gelyke menslikheid moeilik.
  • 13:52 - 13:55
    Dit beklemtoon ons verskille
  • 13:55 - 13:57
    eerder as ons ooreenkomste.
  • 13:57 - 13:59
    So wat as ek voor my Meksikaanse toer
  • 13:59 - 14:03
    die immigrasie debat van albei kante gevolg het,
  • 14:03 - 14:05
    die Amerikaanse en die Meksikaanse?
  • 14:05 - 14:09
    Wat as my ma vir ons gesê het dat Fide se familie arm
  • 14:09 - 14:11
    én hardwerkend is?
  • 14:11 - 14:13
    Wat as ons ’n Afrika-televisienetwerk gehad het
  • 14:13 - 14:17
    wat uiteenlopende Afrikastories regoor die wêreld uitsaai?
  • 14:17 - 14:19
    Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe
  • 14:19 - 14:22
    "’n balans van stories" noem.
  • 14:22 - 14:25
    Wat as my kamermaat kon weet van my Nigeriese uitgewer,
  • 14:25 - 14:27
    Mukta Bakaray,
  • 14:27 - 14:29
    ’n merkwaardige man wat sy werk by ’n bank gelos het
  • 14:29 - 14:32
    om sy droom te volg en ’n uitgewery te begin?
  • 14:32 - 14:36
    Nou, die staande opvatting was dat Nigeriërs nie literatuur lees nie.
  • 14:36 - 14:38
    Hy't verskil. Hy't gedink
  • 14:38 - 14:40
    dat mense wat kon lees, sou lees,
  • 14:40 - 14:44
    as jy literatuur vir hulle bekostig- en beskikbaar gemaak het.
  • 14:44 - 14:47
    Kort daarna het hy my eerste roman uitgegee,
  • 14:47 - 14:50
    ek het na ’n TV-stasie in Lagos gegaan vir ’n onderhoud,
  • 14:50 - 14:53
    en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, het na my toe gekom en gesê:
  • 14:53 - 14:56
    "Ek het baie van jou roman gehou. Ek het nie van die einde gehou nie.
  • 14:56 - 14:59
    Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, en wat moet gebeur is ..."
  • 14:59 - 15:02
    (Gelag)
  • 15:02 - 15:05
    En sy't toe vir my vertel wat om in die vervolgstuk te skryf.
  • 15:05 - 15:08
    Ek was nie net bekoor nie, ek was ook diep geroer.
  • 15:08 - 15:11
    Hier was ’n vrou, een van baie gewone Nigeriërs, wat nie
  • 15:11 - 15:14
    veronderstel was om lesers te wees nie.
  • 15:14 - 15:16
    Sy het nie net die boek gelees nie, sy het dit ook aangeneem
  • 15:16 - 15:19
    en het geregverdig gevoel in
  • 15:19 - 15:21
    haar instruksies vir die vervolgstuk.
  • 15:21 - 15:25
    Nou, wat as my kamermaat kon weet van my vriendin Fumi Onda,
  • 15:25 - 15:28
    ’n vreeslose vrou wat ’n TV-program in Lagos aanbied,
  • 15:28 - 15:31
    en vasberade is om die stories wat ons verkies om te vergeet, te vertel?
  • 15:31 - 15:35
    Wat as my kamermaat kon weet van die hartoperasie
  • 15:35 - 15:38
    wat verlede week in ’n hospitaal in Lagos uitgevoer is?
  • 15:38 - 15:42
    Wat as my kamermaat kon weet van hedendaagse Nigeriese musiek,
  • 15:42 - 15:45
    talentvolle mense wat sing in Engels en Pidgin,
  • 15:45 - 15:47
    en Igbo en Joroeba en Ijo,
  • 15:47 - 15:51
    terwyl hulle invloede van Jay-Z tot Fela
  • 15:51 - 15:54
    tot Bob Marley en hulle oupas meng.
  • 15:54 - 15:56
    Wat as my kamermaat kon weet van die vroulike prokureur
  • 15:56 - 15:58
    wat onlangs in Nigerië hof toe is om
  • 15:58 - 16:00
    ’n belaglike wet te betwis wat vereis
  • 16:00 - 16:03
    dat vroue hulle mans se toestemming kry voor hulle
  • 16:03 - 16:06
    hul paspoorte hernu?
  • 16:06 - 16:09
    Was as my kamermaat kon weet van Nollywood,
  • 16:09 - 16:13
    vol innoverende mense wat films maak ten spyte van groot tegniese uitdagings,
  • 16:13 - 16:15
    films só gewild
  • 16:15 - 16:17
    dat hulle rêrig die beste voorbeeld
  • 16:17 - 16:20
    van Nigeriëriers wat verbruik wat hulle self skep, is?
  • 16:20 - 16:23
    Wat as my kamermaat kon weet van my ambisieuse haarvlegter,
  • 16:23 - 16:27
    wat pas haar eie besigheid vir die verkoop van haarverlengings begin het?
  • 16:27 - 16:29
    Of van die miljoene Nigeriërs wat
  • 16:29 - 16:31
    besighede begin wat soms misluk,
  • 16:31 - 16:35
    maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek?
  • 16:35 - 16:37
    Elke keer wat ek tuis is word ek met die gewone
  • 16:37 - 16:40
    bronne van irritasie vir meeste Nigeriërs gekonfronteer:
  • 16:40 - 16:43
    ons mislukte infrastruktuur, ons mislukte regering,
  • 16:43 - 16:46
    maar ook die ongelooflike taaiheid van mense wat
  • 16:46 - 16:49
    floreer ten spyte van die regering,
  • 16:49 - 16:51
    eerder as gevolg daarvan.
  • 16:51 - 16:54
    Ek bied elke somer skryfwerkswinkels in Lagos aan,
  • 16:54 - 16:57
    en dis indrukwekkend om te sien hoeveel mense aansoek doen,
  • 16:57 - 17:00
    hoeveel mense gretig is om te skryf,
  • 17:00 - 17:02
    om stories te vertel.
  • 17:02 - 17:05
    Ek en my Nigeriese uitgewer het onlangs die Farafina Trust --
  • 17:05 - 17:07
    sonder winsbejag -- begin
  • 17:07 - 17:10
    en ons het groot drome van biblioteke bou
  • 17:10 - 17:12
    en bestaande biblioteke opknap
  • 17:12 - 17:15
    en boeke verskaf aan staatskole wat niks
  • 17:15 - 17:17
    in hulle biblioteke het nie,
  • 17:17 - 17:19
    en ook van baie, baie werkswinkels organiseer,
  • 17:19 - 17:21
    in lees en skryf,
  • 17:21 - 17:24
    vir al die mense wat gretig is om ons baie stories te vertel.
  • 17:24 - 17:26
    Stories maak saak.
  • 17:26 - 17:28
    Baie stories maak saak.
  • 17:28 - 17:32
    Stories is al gebruik om te ontvreem en te belaster,
  • 17:32 - 17:36
    maar stories kan ook gebruik word om te bemagtig en te vermenslik.
  • 17:36 - 17:39
    Stories kan ’n volk se waardigheid breek,
  • 17:39 - 17:44
    maar stories kan ook hulle gebreekte waardigheid heelmaak.
  • 17:44 - 17:46
    Die Amerikaanse skrywer Alice Walker het geskryf
  • 17:46 - 17:48
    van haar suiderlingfamilielede
  • 17:48 - 17:50
    wat na die Noorde getrek het.
  • 17:50 - 17:52
    Sy't hulle in ’n boek oor die suiderlinglewe
  • 17:52 - 17:55
    wat hulle agtergelaat het bekendgestel:
  • 17:55 - 17:59
    "Hulle't rondgesit, die boek self gelees,
  • 17:59 - 18:05
    geluister na hoe ek die boek lees, en ’n paradys van soorte is herwin."
  • 18:05 - 18:08
    Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit:
  • 18:08 - 18:11
    Dat wanneer ons die enkele storie verwerp,
  • 18:11 - 18:14
    wanneer ons besef dat daar nooit ’n enkele storie
  • 18:14 - 18:16
    oor enige plek is nie,
  • 18:16 - 18:18
    herwin ons ’n soort paradys.
  • 18:18 - 18:20
    Dankie.
  • 18:20 - 18:28
    (Applous)
Title:
Die gevaar van ’n enkele storie
Speaker:
Chimamanda Ngozi Adichie
Description:

Ons lewens, ons kulture, word uit baie oorvleulende stories opgemaak. Romanskrywer Chimamanda Adichie vertel die storie van hoe sy haar outentieke kulturele stem gevind het -- en waarsku ons dat as ons ’n enkele storie oor ’n ander persoon of land hoor, ons ’n kritiese misverstand waag.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
18:29

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions