0:00:00.000,0:00:02.000 Ek is ’n verteller. 0:00:02.000,0:00:05.000 En ek wil julle graag ’n paar persoonlike stories vertel 0:00:05.000,0:00:10.000 oor wat ek "die gevaar van die enkele storie" noem. 0:00:10.000,0:00:14.000 Ek het op ’n universiteitskampus in oos-Nigerië grootgeword. 0:00:14.000,0:00:17.000 My ma sê ek het op die ouderdom van twee begin lees, 0:00:17.000,0:00:22.000 alhoewel ek dink vier dalk nader aan die waarheid is. 0:00:22.000,0:00:24.000 So ek was ’n vroeë leser, en wat ek gelees het 0:00:24.000,0:00:27.000 was Britse en Amerikaanse kinderboeke. 0:00:27.000,0:00:30.000 Ek was ook ’n vroeë skrywer, 0:00:30.000,0:00:34.000 en toe ek begin skryf het, op omtrent sewe jaar, 0:00:34.000,0:00:36.000 stories in potlood met krytillustrasies, 0:00:36.000,0:00:39.000 wat my arme ma verplig was om te lees, 0:00:39.000,0:00:43.000 het ek presies die tipe stories wat ek gelees het, geskryf: 0:00:43.000,0:00:48.000 Al my karakters was wit met blou oë, 0:00:48.000,0:00:50.000 hulle't in die sneeu gespeel, 0:00:50.000,0:00:52.000 hulle't appels geëet, 0:00:52.000,0:00:54.000 en hulle't baie oor die weer gepraat, 0:00:54.000,0:00:56.000 hoe lieflik dit was 0:00:56.000,0:00:58.000 dat die son uitgekom het. 0:00:58.000,0:01:00.000 (Gelag) 0:01:00.000,0:01:03.000 Ondanks die feit dat ek in Nigerië gewoon het. 0:01:03.000,0:01:07.000 Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie. 0:01:07.000,0:01:10.000 Ons het nie sneeu gehad nie, ons het mangoes geëet, 0:01:10.000,0:01:12.000 en ons het nooit oor die weer gepraat nie, 0:01:12.000,0:01:14.000 want dit was onnodig. 0:01:14.000,0:01:17.000 My karakters het ook baie gemmerbier gedrink, 0:01:17.000,0:01:19.000 want die karakters in die Britse boeke wat ek gelees het, 0:01:19.000,0:01:21.000 het gemmerbier gedrink. 0:01:21.000,0:01:24.000 Ongeag dat ek geen idee gehad het wat gemmerbier was nie. 0:01:24.000,0:01:25.000 (Gelag) 0:01:25.000,0:01:28.000 En vir baie jare daarna sou ek ’n desperate begeerte hê 0:01:28.000,0:01:30.000 om gemmerbier te proe. 0:01:30.000,0:01:32.000 Maar dis ’n ander storie. 0:01:32.000,0:01:34.000 Wat hierdie wys, dink ek, 0:01:34.000,0:01:37.000 is hoe ontvanklik en vatbaar ons is 0:01:37.000,0:01:39.000 met ’n storie voor oë, 0:01:39.000,0:01:41.000 veral as kinders. 0:01:41.000,0:01:43.000 Omdat ek nét boeke gelees het 0:01:43.000,0:01:45.000 waarin karakters anders was, 0:01:45.000,0:01:47.000 was ek oortuig daarvan dat boeke 0:01:47.000,0:01:50.000 vanselfsprekend vreemdelinge moes in hê 0:01:50.000,0:01:52.000 en oor dinge moes gaan waarmee 0:01:52.000,0:01:55.000 ek nie kon persoonlik identifiseer nie. 0:01:55.000,0:01:59.000 Dinge het verander toe ek Afrikaboeke ontdek het. 0:01:59.000,0:02:01.000 Daar was nie veel besikbaar nie, en hulle was nie 0:02:01.000,0:02:03.000 so verkrygbaar soos die buitelandse boeke nie. 0:02:03.000,0:02:07.000 Maar as gevolg van skrywers soos Chinua Achebe en Camara Laye 0:02:07.000,0:02:09.000 het ek ’n sielsverskuiwing in my begrip van 0:02:09.000,0:02:11.000 letterkunde beleef. 0:02:11.000,0:02:13.000 Ek het besef dat mense soos ek, 0:02:13.000,0:02:15.000 meisies met vel die kleur van sjokolade, 0:02:15.000,0:02:18.000 wie se kroes hare nie kon poniesterte maak nie, 0:02:18.000,0:02:20.000 ook in literatuur kon bestaan. 0:02:20.000,0:02:24.000 Ek het oor dinge wat ek herken het begin skryf. 0:02:24.000,0:02:28.000 Nou, ek was versot op daardie Amerikaanse en Britse boeke. 0:02:28.000,0:02:32.000 Hulle het my verbeelding aangegryp, vir my nuwe wêrelde oopgemaak. 0:02:32.000,0:02:34.000 Maar die gevolg was per abuis dat 0:02:34.000,0:02:36.000 ek nie geweet het mense soos ek kon 0:02:36.000,0:02:38.000 in literatuur bestaan nie. 0:02:38.000,0:02:42.000 So wat die ontdekking van Afrikaskrywers vir my gedoen het was: 0:02:42.000,0:02:45.000 Om my te red van 'n enkele storie 0:02:45.000,0:02:47.000 van wat boeke is. 0:02:47.000,0:02:50.000 Ek was uit ’n gewone, middelklas Nigeriese gesin. 0:02:50.000,0:02:52.000 My pa was ’n professor. 0:02:52.000,0:02:55.000 My ma was ’n administratiewe beampte. 0:02:55.000,0:02:58.000 En, soos die norm was, het ons 0:02:58.000,0:03:03.000 inwoon huishulpe gehad, wat gewoonlik van nabye dorpies af gekom het. 0:03:03.000,0:03:07.000 So die jaar wat ek agt geword het, het ons ’n nuwe huisknaap gekry. 0:03:07.000,0:03:09.000 Sy naam was Fide. 0:03:09.000,0:03:12.000 Die enigste ding wat my ma ons van hom vertel het, 0:03:12.000,0:03:15.000 was dat sy familie baie arm was. 0:03:15.000,0:03:17.000 My ma het jamswortels en rys gestuur, 0:03:17.000,0:03:20.000 en ons ou klere, na sy familie toe. 0:03:20.000,0:03:22.000 En as ek nie my aandete klaar geëet het nie sou my ma sê: 0:03:22.000,0:03:27.000 "Eet jou kos! Weet jy dan nie? Mense soos Fide se familie het niks nie." 0:03:27.000,0:03:31.000 So ek was baie jammer vir Fide se familie. 0:03:31.000,0:03:34.000 Toe een Saterdag gaan ons na sy dorpie op besoek, 0:03:34.000,0:03:38.000 en sy ma wys vir ons ’n pragtig-gepatroonde mandjie 0:03:38.000,0:03:41.000 van gekleurde raffia, wat sy broer gemaak het. 0:03:41.000,0:03:43.000 Ek was verbaas. 0:03:43.000,0:03:46.000 Dit het toe nog nooit by my opgekom dat iemand in sy familie 0:03:46.000,0:03:49.000 sowaar iets kon maak nie. 0:03:49.000,0:03:52.000 Al wat ek van hulle gehoor het was hoe arm hulle was, 0:03:52.000,0:03:54.000 sodat dit vir my onmoontlik geword het om hulle as 0:03:54.000,0:03:57.000 enigiets anders as arm te sien. 0:03:57.000,0:04:01.000 Hulle armoede was my enkele storie van hulle. 0:04:01.000,0:04:03.000 Ek het jare later hieroor gedink toe ek weg is uit Nigerië 0:04:03.000,0:04:06.000 om universiteit toe te gaan in die Verenigde State. 0:04:06.000,0:04:08.000 Ek was 19. 0:04:08.000,0:04:12.000 My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok. 0:04:12.000,0:04:15.000 Sy't my gevra waar ek so goed Engels leer praat het, 0:04:15.000,0:04:17.000 en was verward toe ek gesê het dat Engels 0:04:17.000,0:04:22.000 toevallig genoeg die amptelike taal van Nigerië is. 0:04:22.000,0:04:26.000 Sy't gevra of sy kon luister na wat sy my "tribal" musiek genoem het 0:04:26.000,0:04:28.000 en was gevolglik baie teleurgesteld 0:04:28.000,0:04:30.000 toe ek my kasset van Mariah Carey uitgehaal het. 0:04:30.000,0:04:33.000 (Gelag) 0:04:33.000,0:04:35.000 Sy't aangeneem dat ek nie weet hoe om 0:04:35.000,0:04:38.000 ’n stoof te gebruik nie. 0:04:38.000,0:04:40.000 Wat my getref het was: Sy het my bejammer 0:04:40.000,0:04:42.000 selfs nog voor sy my gesien het. 0:04:42.000,0:04:46.000 Haar verstekposisie teenoor my, as ’n Afrikaan, 0:04:46.000,0:04:50.000 was ’n tipe neerbuigende, goed-bedoelde jammerhartigheid. 0:04:50.000,0:04:53.000 My kamermaat het ’n enkele Afrikastorie gehad: 0:04:53.000,0:04:56.000 ’n enkele storie van katastrofe. 0:04:56.000,0:04:58.000 In hierdie enkele storie was daar geen moontlikheid 0:04:58.000,0:05:02.000 dat Afrikane enigsins soos sy kon wees nie, 0:05:02.000,0:05:05.000 geen moontlikheid van gevoelens meer kompleks as bejammering, 0:05:05.000,0:05:09.000 geen moontlikheid van ’n verbinding as gelyke mense nie. 0:05:09.000,0:05:11.000 Ek moet sê dat voor ek na die V.S.A. toe is, ek nie 0:05:11.000,0:05:14.000 bewustelik geïdentifiseer het as ’n Afrikaan nie. 0:05:14.000,0:05:17.000 Maar elke keer wat Afrika ter sprake was in die V.S.A., het almal na my gekyk. 0:05:17.000,0:05:21.000 Ondanks dat ek niks geweet het oor plekke soos Namibië nie. 0:05:21.000,0:05:23.000 Maar ek het op die ou end hierdie identeit aangeneem, 0:05:23.000,0:05:26.000 en op baie maniere dink ek nou aan myself as Afrikaans. 0:05:26.000,0:05:28.000 Alhoewel ek nog steeds geïrreteerd raak wanneer 0:05:28.000,0:05:30.000 daar na Afrika verwys word as ’n land, 0:05:30.000,0:05:34.000 die mees onlangse voorbeeld was op my andersins wonderlike vlug 0:05:34.000,0:05:36.000 vanaf Lagos twee dae gelede, waarop 0:05:36.000,0:05:38.000 daar ’n aankondiging was op die Virgin-vlug 0:05:38.000,0:05:43.000 oor die liefdadigheidswerk in "Indië, Afrika en ander lande." 0:05:43.000,0:05:44.000 (Gelag) 0:05:44.000,0:05:48.000 So na ek ’n paar jaar in die V.S.A. as ’n Afrikaan spandeer het, 0:05:48.000,0:05:52.000 het ek my kamermaat se reaksie teenoor my begin verstaan. 0:05:52.000,0:05:55.000 As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, en as al wat ek oor Afrika geweet het 0:05:55.000,0:05:57.000 van algemene beelde was, 0:05:57.000,0:06:00.000 sou ek ook dink dat Afrika ’n plek van 0:06:00.000,0:06:04.000 pragtige landskappe, mooi diere, 0:06:04.000,0:06:06.000 en onverstaanbare mense is, 0:06:06.000,0:06:09.000 aan't oorlogvoer, sterwend van armoede of VIGS, 0:06:09.000,0:06:12.000 nie in staat daartoe om vir hulleself te praat nie 0:06:12.000,0:06:14.000 en wagted om verlossing 0:06:14.000,0:06:17.000 deur ’n gawe, wit vreemdeling. 0:06:17.000,0:06:19.000 Ek sou Afrikane op dieselfde manier sien as wat ek, 0:06:19.000,0:06:23.000 as ’n kind, Fide se familie gesien het. 0:06:23.000,0:06:27.000 Hierdie enkele storie van Afrika kom noodwendig, dink ek, uit Westerse literatuur. 0:06:27.000,0:06:29.000 Nou, hier is ’n aanhaling van 0:06:29.000,0:06:32.000 die skrywe van ’n Londonse handelaar met die naam John Locke, 0:06:32.000,0:06:35.000 wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het 0:06:35.000,0:06:40.000 en ’n boeiende verslag van sy reis gehou het. 0:06:40.000,0:06:42.000 Nadat hy na die swart Afrikane verwys het 0:06:42.000,0:06:44.000 as "gediertes sonder huise," 0:06:44.000,0:06:48.000 skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe, 0:06:48.000,0:06:53.000 met hul monde en oë in hulle borste." 0:06:53.000,0:06:55.000 Nou, ek't nog elke keer wat ek dit gelees het gelag. 0:06:55.000,0:06:59.000 En ’n mens moet die verbeelding van John Locke bewonder. 0:06:59.000,0:07:01.000 Maar wat belangrik oor sy skryfwerk is, is dat 0:07:01.000,0:07:03.000 dit die begin van ’n Afrikastorieverteltradisie 0:07:03.000,0:07:06.000 in die Weste verteenwoordig: 0:07:06.000,0:07:09.000 ’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika as ’n plek van negatiewes, 0:07:09.000,0:07:11.000 van andersheid, van donkerte, 0:07:11.000,0:07:15.000 van mense wat, in die woorde van die wonderlike digter 0:07:15.000,0:07:17.000 Rudyard Kipling, 0:07:17.000,0:07:20.000 "halfduiwel, halfkind" is. 0:07:20.000,0:07:23.000 En so het ek begin besef dat my Amerikaanse kamermaat 0:07:23.000,0:07:25.000 haar hele lewe lank verskillende 0:07:25.000,0:07:27.000 weergawes van hierdie enkele 0:07:27.000,0:07:29.000 storie moes gesien en gehoor het, 0:07:29.000,0:07:31.000 so ook ’n professor, 0:07:31.000,0:07:36.000 wat op ’n keer vir my gesê het dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie. 0:07:36.000,0:07:38.000 Nou, ek was heeltemal bereid om aan te voer dat daar heelwat dinge 0:07:38.000,0:07:40.000 verkeerd was met die roman, 0:07:40.000,0:07:44.000 dat dit op vele punte misluk het, 0:07:44.000,0:07:46.000 maar ek het nog nie heeltemal veronderstel dat dit die 0:07:46.000,0:07:49.000 sogenaamde Afrika-egtheid paal nie gehaal het nie. 0:07:49.000,0:07:51.000 Ek het inderwaarheid nie geweet 0:07:51.000,0:07:54.000 wat eg aan Afrika was nie. 0:07:54.000,0:07:56.000 Die professor het my meegedeel dat my karakters 0:07:56.000,0:07:58.000 te veel soos hy was, 0:07:58.000,0:08:00.000 ’n opgevoede en middelklas man. 0:08:00.000,0:08:02.000 My karakters het motors bestuur. 0:08:02.000,0:08:05.000 Hulle het nie vergaan van die honger nie. 0:08:05.000,0:08:09.000 Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie. 0:08:09.000,0:08:12.000 Maar ek moet gou byvoeg dat ek ook net so skuldig is 0:08:12.000,0:08:15.000 aan die enkele storie kwessie. 0:08:15.000,0:08:19.000 Ek het ’n paar jaar gelede Meksiko besoek uit die V.S.A. 0:08:19.000,0:08:21.000 Die politieke klimaat in die V.S.A. was op daardie stadium gespanne, 0:08:21.000,0:08:25.000 en debatte oor immigrasie het geheers. 0:08:25.000,0:08:27.000 En, soos dit baie in Amerika gebeur, 0:08:27.000,0:08:30.000 het immigrasie sinoniem met Meksikane geword. 0:08:30.000,0:08:32.000 Daar was eindelose stories oor Meksikane 0:08:32.000,0:08:34.000 as mense wat die 0:08:34.000,0:08:36.000 gesondheidstelsel kaal uittrek, 0:08:36.000,0:08:38.000 oor die grens sluip, 0:08:38.000,0:08:42.000 by die grens gearresteer word, daai soort van ding. 0:08:42.000,0:08:46.000 Ek onthou hoe ek op my eerste dag in Guadalajara rondgeloop het, 0:08:46.000,0:08:48.000 gekyk het hoe die mense werk toe gaan, 0:08:48.000,0:08:50.000 by die markplein hulle tortillas oprol, 0:08:50.000,0:08:53.000 aan't rook en lag. 0:08:53.000,0:08:56.000 Ek onthou dat ek eers effens verbaas was. 0:08:56.000,0:08:59.000 En toe was ek van skaamte oorkom. 0:08:59.000,0:09:02.000 Ek het besef dat ek so verdiep was in 0:09:02.000,0:09:04.000 die mediadekking oor Meksikane 0:09:04.000,0:09:06.000 dat hulle een ding in my kop geword het, 0:09:06.000,0:09:09.000 die ellendige immigrant. 0:09:09.000,0:09:11.000 Ek het geval vir die enkele storie oor Meksikane 0:09:11.000,0:09:14.000 en ek kon nie méér skaam kry nie. 0:09:14.000,0:09:16.000 So dit is hoe om ’n enkele storie te skep, 0:09:16.000,0:09:19.000 ’n volk te wys as een ding, 0:09:19.000,0:09:21.000 slegs een ding, 0:09:21.000,0:09:23.000 oor en oor, 0:09:23.000,0:09:26.000 en dit is wat hulle dan word. 0:09:26.000,0:09:28.000 Dit is onmoontlik om die enkele storie te bespreek 0:09:28.000,0:09:31.000 sonder om mag aan te raak. 0:09:31.000,0:09:33.000 Daar's ’n woord, ’n Igbo woord, 0:09:33.000,0:09:35.000 waaroor ek dink elke keer wat ek oor die 0:09:35.000,0:09:38.000 magstrukture van die wêreld dink, en dit is "nkali." 0:09:38.000,0:09:40.000 Dis ’n selfstandige naamword wat losweg 0:09:40.000,0:09:43.000 as "om groter as ’n ander te wees" vertaal kan word. 0:09:43.000,0:09:46.000 Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde, 0:09:46.000,0:09:48.000 word stories ook bepaal 0:09:48.000,0:09:51.000 deur die beginsel van nkali: 0:09:51.000,0:09:53.000 Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel, 0:09:53.000,0:09:56.000 wanneer hulle vertel word, hoeveel stories vertel word, 0:09:56.000,0:10:00.000 is alles regtig afhanklik van mag. 0:10:00.000,0:10:03.000 Mag is nie net die vermoë om ’n ander se storie te vertel nie, 0:10:03.000,0:10:07.000 maar om dit ook die beslissende storie van dié persoon te maak. 0:10:07.000,0:10:09.000 Die Palestynse digter Mourid Barghoute skryf 0:10:09.000,0:10:12.000 dat as jy ’n volk wil ontvreem, 0:10:12.000,0:10:15.000 is die eenvoudigste manier om hulle storie te 0:10:15.000,0:10:18.000 begin vertel met: "tweedens." 0:10:18.000,0:10:22.000 Begin die storie met die pyle van die Amerikaanse inboorlinge, 0:10:22.000,0:10:25.000 en nie met die aankoms van die Britte nie, 0:10:25.000,0:10:28.000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 0:10:28.000,0:10:30.000 Begin die storie met 0:10:30.000,0:10:32.000 die mislukking van die Afrikastaat, 0:10:32.000,0:10:36.000 en nie met die koloniale skepping van die Afrikastaat nie, 0:10:36.000,0:10:40.000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 0:10:40.000,0:10:42.000 Ek het onlangs by ’n universiteit gepraat waar 0:10:42.000,0:10:44.000 ’n student vir my gesê het dat dit 0:10:44.000,0:10:46.000 so jammer is 0:10:46.000,0:10:49.000 dat Nigeriese mans fisiese mishandelaars 0:10:49.000,0:10:52.000 soos die vaderfiguur in my roman is. 0:10:52.000,0:10:54.000 Ek het vir hom gesê dat ek pas ’n roman 0:10:54.000,0:10:56.000 met die naam American Psycho gelees het -- 0:10:56.000,0:10:58.000 (Gelag) 0:10:58.000,0:11:00.000 -- en dat dit so jammer is 0:11:00.000,0:11:03.000 dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is. 0:11:03.000,0:11:07.000 (Gelag) 0:11:07.000,0:11:13.000 (Applous) 0:11:13.000,0:11:16.000 Nou, natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê. 0:11:16.000,0:11:18.000 (Gelag) 0:11:18.000,0:11:20.000 Maar dit sou nooit by my opgekom het dat 0:11:20.000,0:11:22.000 net omdat ek ’n roman gelees het waarin 0:11:22.000,0:11:24.000 ’n karakter ’n reeksmoordenaar is 0:11:24.000,0:11:26.000 hy op een of ander manier van alle Amerikaners 0:11:26.000,0:11:28.000 verteenwoordigend is nie. 0:11:28.000,0:11:31.000 Dis nie omdat ek ’n beter mens as daai student is nie, 0:11:31.000,0:11:34.000 maar eerder as gevolg van Amerika se kulturele en ekonomiese mag, 0:11:34.000,0:11:36.000 dat ek baie stories oor Amerika gehad het. 0:11:36.000,0:11:40.000 Ek het al Tyler en Updike en Steinbeck en Gaitskill gelees. 0:11:40.000,0:11:43.000 Ek het nie ’n enkele storie van Amerika gehad nie. 0:11:43.000,0:11:46.000 Toe ek ’n paar jaar gelede geleer het dat daar van skrywers verwag 0:11:46.000,0:11:50.000 word om ongelukkige kinderjare te gehad het 0:11:50.000,0:11:52.000 om suksesvol te wees, 0:11:52.000,0:11:54.000 het ek begin dink oor hoe ek aaklige goed wat 0:11:54.000,0:11:56.000 my ouers aan by gedoen het kon opmaak. 0:11:56.000,0:11:58.000 (Gelag) 0:11:58.000,0:12:02.000 Maar ek het om die waarheid te sê gelukkige kinderjare gehad, 0:12:02.000,0:12:05.000 vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin. 0:12:05.000,0:12:09.000 Maar ek het ook oupas wat in vlugtelingkampe dood is gehad. 0:12:09.000,0:12:13.000 My nefie Polle is dood omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie. 0:12:13.000,0:12:16.000 Een van my beste maats, Okoloma, is dood in ’n vliegtuigongeluk 0:12:16.000,0:12:19.000 omdat ons brandweerwaens nie water gehad het nie. 0:12:19.000,0:12:22.000 Ek het onder verdrukkende militêre regerings grootgeword 0:12:22.000,0:12:24.000 wat opvoeding van waarde beroof het, 0:12:24.000,0:12:27.000 sodat my ouers soms nie hulle salarisse betaal is nie. 0:12:27.000,0:12:31.000 En so, as ’n kind, het ek gesien hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn, 0:12:31.000,0:12:33.000 toe margarien, 0:12:33.000,0:12:36.000 toe het brood te duur geword, 0:12:36.000,0:12:39.000 toe is melk op rantsoen gesit. 0:12:39.000,0:12:42.000 En meeste van alles, het ’n soort genormaliseerde politieke vrees 0:12:42.000,0:12:46.000 ons lewens binnegedring. 0:12:46.000,0:12:48.000 Al hierdie stories maak my wie ek is. 0:12:48.000,0:12:52.000 Maar om op slegs hierdie negatiewe stories aan te dring 0:12:52.000,0:12:55.000 is om my ervaring af te plat 0:12:55.000,0:12:57.000 en baie van die stories wat my gevorm het 0:12:57.000,0:12:59.000 oor die hoof te sien. 0:12:59.000,0:13:02.000 Die enkele storie skep stereotipes, 0:13:02.000,0:13:05.000 en die probleem met stereotipes 0:13:05.000,0:13:07.000 is nie dat hulle onwaar is nie, 0:13:07.000,0:13:09.000 maar dat hulle onvolledig is. 0:13:09.000,0:13:13.000 Hulle maak een storie die enigste storie. 0:13:13.000,0:13:15.000 Afrika is natuurlik ’n vasteland vol katastrofes: 0:13:15.000,0:13:19.000 Daar is grotes, soos die skokkende verkragtings in Kongo 0:13:19.000,0:13:21.000 en ontmoedigendes, soos die feit dat 0:13:21.000,0:13:26.000 5000 mense vir een vakante pos in Nigerië aansoek doen. 0:13:26.000,0:13:29.000 Maar daar is ander stories wat nie gaan oor katastrofes nie, 0:13:29.000,0:13:33.000 en dis baie belangrik, net so belangrik, om oor hulle te praat. 0:13:33.000,0:13:35.000 Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik 0:13:35.000,0:13:38.000 om ordentlik aan ’n plek of persoon mee te doen 0:13:38.000,0:13:42.000 sonder om in al die stories van daardie plek of persoon te deel. 0:13:42.000,0:13:45.000 Die gevolg van die enkele storie 0:13:45.000,0:13:48.000 is dat dit mense van waardigheid beroof. 0:13:48.000,0:13:52.000 Dit maak ons erkenning van ons gelyke menslikheid moeilik. 0:13:52.000,0:13:55.000 Dit beklemtoon ons verskille 0:13:55.000,0:13:57.000 eerder as ons ooreenkomste. 0:13:57.000,0:13:59.000 So wat as ek voor my Meksikaanse toer 0:13:59.000,0:14:03.000 die immigrasie debat van albei kante gevolg het, 0:14:03.000,0:14:05.000 die Amerikaanse en die Meksikaanse? 0:14:05.000,0:14:09.000 Wat as my ma vir ons gesê het dat Fide se familie arm 0:14:09.000,0:14:11.000 én hardwerkend is? 0:14:11.000,0:14:13.000 Wat as ons ’n Afrika-televisienetwerk gehad het 0:14:13.000,0:14:17.000 wat uiteenlopende Afrikastories regoor die wêreld uitsaai? 0:14:17.000,0:14:19.000 Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe 0:14:19.000,0:14:22.000 "’n balans van stories" noem. 0:14:22.000,0:14:25.000 Wat as my kamermaat kon weet van my Nigeriese uitgewer, 0:14:25.000,0:14:27.000 Mukta Bakaray, 0:14:27.000,0:14:29.000 ’n merkwaardige man wat sy werk by ’n bank gelos het 0:14:29.000,0:14:32.000 om sy droom te volg en ’n uitgewery te begin? 0:14:32.000,0:14:36.000 Nou, die staande opvatting was dat Nigeriërs nie literatuur lees nie. 0:14:36.000,0:14:38.000 Hy't verskil. Hy't gedink 0:14:38.000,0:14:40.000 dat mense wat kon lees, sou lees, 0:14:40.000,0:14:44.000 as jy literatuur vir hulle bekostig- en beskikbaar gemaak het. 0:14:44.000,0:14:47.000 Kort daarna het hy my eerste roman uitgegee, 0:14:47.000,0:14:50.000 ek het na ’n TV-stasie in Lagos gegaan vir ’n onderhoud, 0:14:50.000,0:14:53.000 en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, het na my toe gekom en gesê: 0:14:53.000,0:14:56.000 "Ek het baie van jou roman gehou. Ek het nie van die einde gehou nie. 0:14:56.000,0:14:59.000 Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, en wat moet gebeur is ..." 0:14:59.000,0:15:02.000 (Gelag) 0:15:02.000,0:15:05.000 En sy't toe vir my vertel wat om in die vervolgstuk te skryf. 0:15:05.000,0:15:08.000 Ek was nie net bekoor nie, ek was ook diep geroer. 0:15:08.000,0:15:11.000 Hier was ’n vrou, een van baie gewone Nigeriërs, wat nie 0:15:11.000,0:15:14.000 veronderstel was om lesers te wees nie. 0:15:14.000,0:15:16.000 Sy het nie net die boek gelees nie, sy het dit ook aangeneem 0:15:16.000,0:15:19.000 en het geregverdig gevoel in 0:15:19.000,0:15:21.000 haar instruksies vir die vervolgstuk. 0:15:21.000,0:15:25.000 Nou, wat as my kamermaat kon weet van my vriendin Fumi Onda, 0:15:25.000,0:15:28.000 ’n vreeslose vrou wat ’n TV-program in Lagos aanbied, 0:15:28.000,0:15:31.000 en vasberade is om die stories wat ons verkies om te vergeet, te vertel? 0:15:31.000,0:15:35.000 Wat as my kamermaat kon weet van die hartoperasie 0:15:35.000,0:15:38.000 wat verlede week in ’n hospitaal in Lagos uitgevoer is? 0:15:38.000,0:15:42.000 Wat as my kamermaat kon weet van hedendaagse Nigeriese musiek, 0:15:42.000,0:15:45.000 talentvolle mense wat sing in Engels en Pidgin, 0:15:45.000,0:15:47.000 en Igbo en Joroeba en Ijo, 0:15:47.000,0:15:51.000 terwyl hulle invloede van Jay-Z tot Fela 0:15:51.000,0:15:54.000 tot Bob Marley en hulle oupas meng. 0:15:54.000,0:15:56.000 Wat as my kamermaat kon weet van die vroulike prokureur 0:15:56.000,0:15:58.000 wat onlangs in Nigerië hof toe is om 0:15:58.000,0:16:00.000 ’n belaglike wet te betwis wat vereis 0:16:00.000,0:16:03.000 dat vroue hulle mans se toestemming kry voor hulle 0:16:03.000,0:16:06.000 hul paspoorte hernu? 0:16:06.000,0:16:09.000 Was as my kamermaat kon weet van Nollywood, 0:16:09.000,0:16:13.000 vol innoverende mense wat films maak ten spyte van groot tegniese uitdagings, 0:16:13.000,0:16:15.000 films só gewild 0:16:15.000,0:16:17.000 dat hulle rêrig die beste voorbeeld 0:16:17.000,0:16:20.000 van Nigeriëriers wat verbruik wat hulle self skep, is? 0:16:20.000,0:16:23.000 Wat as my kamermaat kon weet van my ambisieuse haarvlegter, 0:16:23.000,0:16:27.000 wat pas haar eie besigheid vir die verkoop van haarverlengings begin het? 0:16:27.000,0:16:29.000 Of van die miljoene Nigeriërs wat 0:16:29.000,0:16:31.000 besighede begin wat soms misluk, 0:16:31.000,0:16:35.000 maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek? 0:16:35.000,0:16:37.000 Elke keer wat ek tuis is word ek met die gewone 0:16:37.000,0:16:40.000 bronne van irritasie vir meeste Nigeriërs gekonfronteer: 0:16:40.000,0:16:43.000 ons mislukte infrastruktuur, ons mislukte regering, 0:16:43.000,0:16:46.000 maar ook die ongelooflike taaiheid van mense wat 0:16:46.000,0:16:49.000 floreer ten spyte van die regering, 0:16:49.000,0:16:51.000 eerder as gevolg daarvan. 0:16:51.000,0:16:54.000 Ek bied elke somer skryfwerkswinkels in Lagos aan, 0:16:54.000,0:16:57.000 en dis indrukwekkend om te sien hoeveel mense aansoek doen, 0:16:57.000,0:17:00.000 hoeveel mense gretig is om te skryf, 0:17:00.000,0:17:02.000 om stories te vertel. 0:17:02.000,0:17:05.000 Ek en my Nigeriese uitgewer het onlangs die Farafina Trust -- 0:17:05.000,0:17:07.000 sonder winsbejag -- begin 0:17:07.000,0:17:10.000 en ons het groot drome van biblioteke bou 0:17:10.000,0:17:12.000 en bestaande biblioteke opknap 0:17:12.000,0:17:15.000 en boeke verskaf aan staatskole wat niks 0:17:15.000,0:17:17.000 in hulle biblioteke het nie, 0:17:17.000,0:17:19.000 en ook van baie, baie werkswinkels organiseer, 0:17:19.000,0:17:21.000 in lees en skryf, 0:17:21.000,0:17:24.000 vir al die mense wat gretig is om ons baie stories te vertel. 0:17:24.000,0:17:26.000 Stories maak saak. 0:17:26.000,0:17:28.000 Baie stories maak saak. 0:17:28.000,0:17:32.000 Stories is al gebruik om te ontvreem en te belaster, 0:17:32.000,0:17:36.000 maar stories kan ook gebruik word om te bemagtig en te vermenslik. 0:17:36.000,0:17:39.000 Stories kan ’n volk se waardigheid breek, 0:17:39.000,0:17:44.000 maar stories kan ook hulle gebreekte waardigheid heelmaak. 0:17:44.000,0:17:46.000 Die Amerikaanse skrywer Alice Walker het geskryf 0:17:46.000,0:17:48.000 van haar suiderlingfamilielede 0:17:48.000,0:17:50.000 wat na die Noorde getrek het. 0:17:50.000,0:17:52.000 Sy't hulle in ’n boek oor die suiderlinglewe 0:17:52.000,0:17:55.000 wat hulle agtergelaat het bekendgestel: 0:17:55.000,0:17:59.000 "Hulle't rondgesit, die boek self gelees, 0:17:59.000,0:18:05.000 geluister na hoe ek die boek lees, en ’n paradys van soorte is herwin." 0:18:05.000,0:18:08.000 Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit: 0:18:08.000,0:18:11.000 Dat wanneer ons die enkele storie verwerp, 0:18:11.000,0:18:14.000 wanneer ons besef dat daar nooit ’n enkele storie 0:18:14.000,0:18:16.000 oor enige plek is nie, 0:18:16.000,0:18:18.000 herwin ons ’n soort paradys. 0:18:18.000,0:18:20.000 Dankie. 0:18:20.000,0:18:28.000 (Applous)