1 00:00:00,000 --> 00:00:02,000 Ek is ’n verteller. 2 00:00:02,000 --> 00:00:05,000 En ek wil julle graag ’n paar persoonlike stories vertel 3 00:00:05,000 --> 00:00:10,000 oor wat ek "die gevaar van die enkele storie" noem. 4 00:00:10,000 --> 00:00:14,000 Ek het op ’n universiteitskampus in oos-Nigerië grootgeword. 5 00:00:14,000 --> 00:00:17,000 My ma sê ek het op die ouderdom van twee begin lees, 6 00:00:17,000 --> 00:00:22,000 alhoewel ek dink vier dalk nader aan die waarheid is. 7 00:00:22,000 --> 00:00:24,000 So ek was ’n vroeë leser, en wat ek gelees het 8 00:00:24,000 --> 00:00:27,000 was Britse en Amerikaanse kinderboeke. 9 00:00:27,000 --> 00:00:30,000 Ek was ook ’n vroeë skrywer, 10 00:00:30,000 --> 00:00:34,000 en toe ek begin skryf het, op omtrent sewe jaar, 11 00:00:34,000 --> 00:00:36,000 stories in potlood met krytillustrasies, 12 00:00:36,000 --> 00:00:39,000 wat my arme ma verplig was om te lees, 13 00:00:39,000 --> 00:00:43,000 het ek presies die tipe stories wat ek gelees het, geskryf: 14 00:00:43,000 --> 00:00:48,000 Al my karakters was wit met blou oë, 15 00:00:48,000 --> 00:00:50,000 hulle't in die sneeu gespeel, 16 00:00:50,000 --> 00:00:52,000 hulle't appels geëet, 17 00:00:52,000 --> 00:00:54,000 en hulle't baie oor die weer gepraat, 18 00:00:54,000 --> 00:00:56,000 hoe lieflik dit was 19 00:00:56,000 --> 00:00:58,000 dat die son uitgekom het. 20 00:00:58,000 --> 00:01:00,000 (Gelag) 21 00:01:00,000 --> 00:01:03,000 Ondanks die feit dat ek in Nigerië gewoon het. 22 00:01:03,000 --> 00:01:07,000 Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie. 23 00:01:07,000 --> 00:01:10,000 Ons het nie sneeu gehad nie, ons het mangoes geëet, 24 00:01:10,000 --> 00:01:12,000 en ons het nooit oor die weer gepraat nie, 25 00:01:12,000 --> 00:01:14,000 want dit was onnodig. 26 00:01:14,000 --> 00:01:17,000 My karakters het ook baie gemmerbier gedrink, 27 00:01:17,000 --> 00:01:19,000 want die karakters in die Britse boeke wat ek gelees het, 28 00:01:19,000 --> 00:01:21,000 het gemmerbier gedrink. 29 00:01:21,000 --> 00:01:24,000 Ongeag dat ek geen idee gehad het wat gemmerbier was nie. 30 00:01:24,000 --> 00:01:25,000 (Gelag) 31 00:01:25,000 --> 00:01:28,000 En vir baie jare daarna sou ek ’n desperate begeerte hê 32 00:01:28,000 --> 00:01:30,000 om gemmerbier te proe. 33 00:01:30,000 --> 00:01:32,000 Maar dis ’n ander storie. 34 00:01:32,000 --> 00:01:34,000 Wat hierdie wys, dink ek, 35 00:01:34,000 --> 00:01:37,000 is hoe ontvanklik en vatbaar ons is 36 00:01:37,000 --> 00:01:39,000 met ’n storie voor oë, 37 00:01:39,000 --> 00:01:41,000 veral as kinders. 38 00:01:41,000 --> 00:01:43,000 Omdat ek nét boeke gelees het 39 00:01:43,000 --> 00:01:45,000 waarin karakters anders was, 40 00:01:45,000 --> 00:01:47,000 was ek oortuig daarvan dat boeke 41 00:01:47,000 --> 00:01:50,000 vanselfsprekend vreemdelinge moes in hê 42 00:01:50,000 --> 00:01:52,000 en oor dinge moes gaan waarmee 43 00:01:52,000 --> 00:01:55,000 ek nie kon persoonlik identifiseer nie. 44 00:01:55,000 --> 00:01:59,000 Dinge het verander toe ek Afrikaboeke ontdek het. 45 00:01:59,000 --> 00:02:01,000 Daar was nie veel besikbaar nie, en hulle was nie 46 00:02:01,000 --> 00:02:03,000 so verkrygbaar soos die buitelandse boeke nie. 47 00:02:03,000 --> 00:02:07,000 Maar as gevolg van skrywers soos Chinua Achebe en Camara Laye 48 00:02:07,000 --> 00:02:09,000 het ek ’n sielsverskuiwing in my begrip van 49 00:02:09,000 --> 00:02:11,000 letterkunde beleef. 50 00:02:11,000 --> 00:02:13,000 Ek het besef dat mense soos ek, 51 00:02:13,000 --> 00:02:15,000 meisies met vel die kleur van sjokolade, 52 00:02:15,000 --> 00:02:18,000 wie se kroes hare nie kon poniesterte maak nie, 53 00:02:18,000 --> 00:02:20,000 ook in literatuur kon bestaan. 54 00:02:20,000 --> 00:02:24,000 Ek het oor dinge wat ek herken het begin skryf. 55 00:02:24,000 --> 00:02:28,000 Nou, ek was versot op daardie Amerikaanse en Britse boeke. 56 00:02:28,000 --> 00:02:32,000 Hulle het my verbeelding aangegryp, vir my nuwe wêrelde oopgemaak. 57 00:02:32,000 --> 00:02:34,000 Maar die gevolg was per abuis dat 58 00:02:34,000 --> 00:02:36,000 ek nie geweet het mense soos ek kon 59 00:02:36,000 --> 00:02:38,000 in literatuur bestaan nie. 60 00:02:38,000 --> 00:02:42,000 So wat die ontdekking van Afrikaskrywers vir my gedoen het was: 61 00:02:42,000 --> 00:02:45,000 Om my te red van 'n enkele storie 62 00:02:45,000 --> 00:02:47,000 van wat boeke is. 63 00:02:47,000 --> 00:02:50,000 Ek was uit ’n gewone, middelklas Nigeriese gesin. 64 00:02:50,000 --> 00:02:52,000 My pa was ’n professor. 65 00:02:52,000 --> 00:02:55,000 My ma was ’n administratiewe beampte. 66 00:02:55,000 --> 00:02:58,000 En, soos die norm was, het ons 67 00:02:58,000 --> 00:03:03,000 inwoon huishulpe gehad, wat gewoonlik van nabye dorpies af gekom het. 68 00:03:03,000 --> 00:03:07,000 So die jaar wat ek agt geword het, het ons ’n nuwe huisknaap gekry. 69 00:03:07,000 --> 00:03:09,000 Sy naam was Fide. 70 00:03:09,000 --> 00:03:12,000 Die enigste ding wat my ma ons van hom vertel het, 71 00:03:12,000 --> 00:03:15,000 was dat sy familie baie arm was. 72 00:03:15,000 --> 00:03:17,000 My ma het jamswortels en rys gestuur, 73 00:03:17,000 --> 00:03:20,000 en ons ou klere, na sy familie toe. 74 00:03:20,000 --> 00:03:22,000 En as ek nie my aandete klaar geëet het nie sou my ma sê: 75 00:03:22,000 --> 00:03:27,000 "Eet jou kos! Weet jy dan nie? Mense soos Fide se familie het niks nie." 76 00:03:27,000 --> 00:03:31,000 So ek was baie jammer vir Fide se familie. 77 00:03:31,000 --> 00:03:34,000 Toe een Saterdag gaan ons na sy dorpie op besoek, 78 00:03:34,000 --> 00:03:38,000 en sy ma wys vir ons ’n pragtig-gepatroonde mandjie 79 00:03:38,000 --> 00:03:41,000 van gekleurde raffia, wat sy broer gemaak het. 80 00:03:41,000 --> 00:03:43,000 Ek was verbaas. 81 00:03:43,000 --> 00:03:46,000 Dit het toe nog nooit by my opgekom dat iemand in sy familie 82 00:03:46,000 --> 00:03:49,000 sowaar iets kon maak nie. 83 00:03:49,000 --> 00:03:52,000 Al wat ek van hulle gehoor het was hoe arm hulle was, 84 00:03:52,000 --> 00:03:54,000 sodat dit vir my onmoontlik geword het om hulle as 85 00:03:54,000 --> 00:03:57,000 enigiets anders as arm te sien. 86 00:03:57,000 --> 00:04:01,000 Hulle armoede was my enkele storie van hulle. 87 00:04:01,000 --> 00:04:03,000 Ek het jare later hieroor gedink toe ek weg is uit Nigerië 88 00:04:03,000 --> 00:04:06,000 om universiteit toe te gaan in die Verenigde State. 89 00:04:06,000 --> 00:04:08,000 Ek was 19. 90 00:04:08,000 --> 00:04:12,000 My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok. 91 00:04:12,000 --> 00:04:15,000 Sy't my gevra waar ek so goed Engels leer praat het, 92 00:04:15,000 --> 00:04:17,000 en was verward toe ek gesê het dat Engels 93 00:04:17,000 --> 00:04:22,000 toevallig genoeg die amptelike taal van Nigerië is. 94 00:04:22,000 --> 00:04:26,000 Sy't gevra of sy kon luister na wat sy my "tribal" musiek genoem het 95 00:04:26,000 --> 00:04:28,000 en was gevolglik baie teleurgesteld 96 00:04:28,000 --> 00:04:30,000 toe ek my kasset van Mariah Carey uitgehaal het. 97 00:04:30,000 --> 00:04:33,000 (Gelag) 98 00:04:33,000 --> 00:04:35,000 Sy't aangeneem dat ek nie weet hoe om 99 00:04:35,000 --> 00:04:38,000 ’n stoof te gebruik nie. 100 00:04:38,000 --> 00:04:40,000 Wat my getref het was: Sy het my bejammer 101 00:04:40,000 --> 00:04:42,000 selfs nog voor sy my gesien het. 102 00:04:42,000 --> 00:04:46,000 Haar verstekposisie teenoor my, as ’n Afrikaan, 103 00:04:46,000 --> 00:04:50,000 was ’n tipe neerbuigende, goed-bedoelde jammerhartigheid. 104 00:04:50,000 --> 00:04:53,000 My kamermaat het ’n enkele Afrikastorie gehad: 105 00:04:53,000 --> 00:04:56,000 ’n enkele storie van katastrofe. 106 00:04:56,000 --> 00:04:58,000 In hierdie enkele storie was daar geen moontlikheid 107 00:04:58,000 --> 00:05:02,000 dat Afrikane enigsins soos sy kon wees nie, 108 00:05:02,000 --> 00:05:05,000 geen moontlikheid van gevoelens meer kompleks as bejammering, 109 00:05:05,000 --> 00:05:09,000 geen moontlikheid van ’n verbinding as gelyke mense nie. 110 00:05:09,000 --> 00:05:11,000 Ek moet sê dat voor ek na die V.S.A. toe is, ek nie 111 00:05:11,000 --> 00:05:14,000 bewustelik geïdentifiseer het as ’n Afrikaan nie. 112 00:05:14,000 --> 00:05:17,000 Maar elke keer wat Afrika ter sprake was in die V.S.A., het almal na my gekyk. 113 00:05:17,000 --> 00:05:21,000 Ondanks dat ek niks geweet het oor plekke soos Namibië nie. 114 00:05:21,000 --> 00:05:23,000 Maar ek het op die ou end hierdie identeit aangeneem, 115 00:05:23,000 --> 00:05:26,000 en op baie maniere dink ek nou aan myself as Afrikaans. 116 00:05:26,000 --> 00:05:28,000 Alhoewel ek nog steeds geïrreteerd raak wanneer 117 00:05:28,000 --> 00:05:30,000 daar na Afrika verwys word as ’n land, 118 00:05:30,000 --> 00:05:34,000 die mees onlangse voorbeeld was op my andersins wonderlike vlug 119 00:05:34,000 --> 00:05:36,000 vanaf Lagos twee dae gelede, waarop 120 00:05:36,000 --> 00:05:38,000 daar ’n aankondiging was op die Virgin-vlug 121 00:05:38,000 --> 00:05:43,000 oor die liefdadigheidswerk in "Indië, Afrika en ander lande." 122 00:05:43,000 --> 00:05:44,000 (Gelag) 123 00:05:44,000 --> 00:05:48,000 So na ek ’n paar jaar in die V.S.A. as ’n Afrikaan spandeer het, 124 00:05:48,000 --> 00:05:52,000 het ek my kamermaat se reaksie teenoor my begin verstaan. 125 00:05:52,000 --> 00:05:55,000 As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, en as al wat ek oor Afrika geweet het 126 00:05:55,000 --> 00:05:57,000 van algemene beelde was, 127 00:05:57,000 --> 00:06:00,000 sou ek ook dink dat Afrika ’n plek van 128 00:06:00,000 --> 00:06:04,000 pragtige landskappe, mooi diere, 129 00:06:04,000 --> 00:06:06,000 en onverstaanbare mense is, 130 00:06:06,000 --> 00:06:09,000 aan't oorlogvoer, sterwend van armoede of VIGS, 131 00:06:09,000 --> 00:06:12,000 nie in staat daartoe om vir hulleself te praat nie 132 00:06:12,000 --> 00:06:14,000 en wagted om verlossing 133 00:06:14,000 --> 00:06:17,000 deur ’n gawe, wit vreemdeling. 134 00:06:17,000 --> 00:06:19,000 Ek sou Afrikane op dieselfde manier sien as wat ek, 135 00:06:19,000 --> 00:06:23,000 as ’n kind, Fide se familie gesien het. 136 00:06:23,000 --> 00:06:27,000 Hierdie enkele storie van Afrika kom noodwendig, dink ek, uit Westerse literatuur. 137 00:06:27,000 --> 00:06:29,000 Nou, hier is ’n aanhaling van 138 00:06:29,000 --> 00:06:32,000 die skrywe van ’n Londonse handelaar met die naam John Locke, 139 00:06:32,000 --> 00:06:35,000 wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het 140 00:06:35,000 --> 00:06:40,000 en ’n boeiende verslag van sy reis gehou het. 141 00:06:40,000 --> 00:06:42,000 Nadat hy na die swart Afrikane verwys het 142 00:06:42,000 --> 00:06:44,000 as "gediertes sonder huise," 143 00:06:44,000 --> 00:06:48,000 skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe, 144 00:06:48,000 --> 00:06:53,000 met hul monde en oë in hulle borste." 145 00:06:53,000 --> 00:06:55,000 Nou, ek't nog elke keer wat ek dit gelees het gelag. 146 00:06:55,000 --> 00:06:59,000 En ’n mens moet die verbeelding van John Locke bewonder. 147 00:06:59,000 --> 00:07:01,000 Maar wat belangrik oor sy skryfwerk is, is dat 148 00:07:01,000 --> 00:07:03,000 dit die begin van ’n Afrikastorieverteltradisie 149 00:07:03,000 --> 00:07:06,000 in die Weste verteenwoordig: 150 00:07:06,000 --> 00:07:09,000 ’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika as ’n plek van negatiewes, 151 00:07:09,000 --> 00:07:11,000 van andersheid, van donkerte, 152 00:07:11,000 --> 00:07:15,000 van mense wat, in die woorde van die wonderlike digter 153 00:07:15,000 --> 00:07:17,000 Rudyard Kipling, 154 00:07:17,000 --> 00:07:20,000 "halfduiwel, halfkind" is. 155 00:07:20,000 --> 00:07:23,000 En so het ek begin besef dat my Amerikaanse kamermaat 156 00:07:23,000 --> 00:07:25,000 haar hele lewe lank verskillende 157 00:07:25,000 --> 00:07:27,000 weergawes van hierdie enkele 158 00:07:27,000 --> 00:07:29,000 storie moes gesien en gehoor het, 159 00:07:29,000 --> 00:07:31,000 so ook ’n professor, 160 00:07:31,000 --> 00:07:36,000 wat op ’n keer vir my gesê het dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie. 161 00:07:36,000 --> 00:07:38,000 Nou, ek was heeltemal bereid om aan te voer dat daar heelwat dinge 162 00:07:38,000 --> 00:07:40,000 verkeerd was met die roman, 163 00:07:40,000 --> 00:07:44,000 dat dit op vele punte misluk het, 164 00:07:44,000 --> 00:07:46,000 maar ek het nog nie heeltemal veronderstel dat dit die 165 00:07:46,000 --> 00:07:49,000 sogenaamde Afrika-egtheid paal nie gehaal het nie. 166 00:07:49,000 --> 00:07:51,000 Ek het inderwaarheid nie geweet 167 00:07:51,000 --> 00:07:54,000 wat eg aan Afrika was nie. 168 00:07:54,000 --> 00:07:56,000 Die professor het my meegedeel dat my karakters 169 00:07:56,000 --> 00:07:58,000 te veel soos hy was, 170 00:07:58,000 --> 00:08:00,000 ’n opgevoede en middelklas man. 171 00:08:00,000 --> 00:08:02,000 My karakters het motors bestuur. 172 00:08:02,000 --> 00:08:05,000 Hulle het nie vergaan van die honger nie. 173 00:08:05,000 --> 00:08:09,000 Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie. 174 00:08:09,000 --> 00:08:12,000 Maar ek moet gou byvoeg dat ek ook net so skuldig is 175 00:08:12,000 --> 00:08:15,000 aan die enkele storie kwessie. 176 00:08:15,000 --> 00:08:19,000 Ek het ’n paar jaar gelede Meksiko besoek uit die V.S.A. 177 00:08:19,000 --> 00:08:21,000 Die politieke klimaat in die V.S.A. was op daardie stadium gespanne, 178 00:08:21,000 --> 00:08:25,000 en debatte oor immigrasie het geheers. 179 00:08:25,000 --> 00:08:27,000 En, soos dit baie in Amerika gebeur, 180 00:08:27,000 --> 00:08:30,000 het immigrasie sinoniem met Meksikane geword. 181 00:08:30,000 --> 00:08:32,000 Daar was eindelose stories oor Meksikane 182 00:08:32,000 --> 00:08:34,000 as mense wat die 183 00:08:34,000 --> 00:08:36,000 gesondheidstelsel kaal uittrek, 184 00:08:36,000 --> 00:08:38,000 oor die grens sluip, 185 00:08:38,000 --> 00:08:42,000 by die grens gearresteer word, daai soort van ding. 186 00:08:42,000 --> 00:08:46,000 Ek onthou hoe ek op my eerste dag in Guadalajara rondgeloop het, 187 00:08:46,000 --> 00:08:48,000 gekyk het hoe die mense werk toe gaan, 188 00:08:48,000 --> 00:08:50,000 by die markplein hulle tortillas oprol, 189 00:08:50,000 --> 00:08:53,000 aan't rook en lag. 190 00:08:53,000 --> 00:08:56,000 Ek onthou dat ek eers effens verbaas was. 191 00:08:56,000 --> 00:08:59,000 En toe was ek van skaamte oorkom. 192 00:08:59,000 --> 00:09:02,000 Ek het besef dat ek so verdiep was in 193 00:09:02,000 --> 00:09:04,000 die mediadekking oor Meksikane 194 00:09:04,000 --> 00:09:06,000 dat hulle een ding in my kop geword het, 195 00:09:06,000 --> 00:09:09,000 die ellendige immigrant. 196 00:09:09,000 --> 00:09:11,000 Ek het geval vir die enkele storie oor Meksikane 197 00:09:11,000 --> 00:09:14,000 en ek kon nie méér skaam kry nie. 198 00:09:14,000 --> 00:09:16,000 So dit is hoe om ’n enkele storie te skep, 199 00:09:16,000 --> 00:09:19,000 ’n volk te wys as een ding, 200 00:09:19,000 --> 00:09:21,000 slegs een ding, 201 00:09:21,000 --> 00:09:23,000 oor en oor, 202 00:09:23,000 --> 00:09:26,000 en dit is wat hulle dan word. 203 00:09:26,000 --> 00:09:28,000 Dit is onmoontlik om die enkele storie te bespreek 204 00:09:28,000 --> 00:09:31,000 sonder om mag aan te raak. 205 00:09:31,000 --> 00:09:33,000 Daar's ’n woord, ’n Igbo woord, 206 00:09:33,000 --> 00:09:35,000 waaroor ek dink elke keer wat ek oor die 207 00:09:35,000 --> 00:09:38,000 magstrukture van die wêreld dink, en dit is "nkali." 208 00:09:38,000 --> 00:09:40,000 Dis ’n selfstandige naamword wat losweg 209 00:09:40,000 --> 00:09:43,000 as "om groter as ’n ander te wees" vertaal kan word. 210 00:09:43,000 --> 00:09:46,000 Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde, 211 00:09:46,000 --> 00:09:48,000 word stories ook bepaal 212 00:09:48,000 --> 00:09:51,000 deur die beginsel van nkali: 213 00:09:51,000 --> 00:09:53,000 Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel, 214 00:09:53,000 --> 00:09:56,000 wanneer hulle vertel word, hoeveel stories vertel word, 215 00:09:56,000 --> 00:10:00,000 is alles regtig afhanklik van mag. 216 00:10:00,000 --> 00:10:03,000 Mag is nie net die vermoë om ’n ander se storie te vertel nie, 217 00:10:03,000 --> 00:10:07,000 maar om dit ook die beslissende storie van dié persoon te maak. 218 00:10:07,000 --> 00:10:09,000 Die Palestynse digter Mourid Barghoute skryf 219 00:10:09,000 --> 00:10:12,000 dat as jy ’n volk wil ontvreem, 220 00:10:12,000 --> 00:10:15,000 is die eenvoudigste manier om hulle storie te 221 00:10:15,000 --> 00:10:18,000 begin vertel met: "tweedens." 222 00:10:18,000 --> 00:10:22,000 Begin die storie met die pyle van die Amerikaanse inboorlinge, 223 00:10:22,000 --> 00:10:25,000 en nie met die aankoms van die Britte nie, 224 00:10:25,000 --> 00:10:28,000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 225 00:10:28,000 --> 00:10:30,000 Begin die storie met 226 00:10:30,000 --> 00:10:32,000 die mislukking van die Afrikastaat, 227 00:10:32,000 --> 00:10:36,000 en nie met die koloniale skepping van die Afrikastaat nie, 228 00:10:36,000 --> 00:10:40,000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 229 00:10:40,000 --> 00:10:42,000 Ek het onlangs by ’n universiteit gepraat waar 230 00:10:42,000 --> 00:10:44,000 ’n student vir my gesê het dat dit 231 00:10:44,000 --> 00:10:46,000 so jammer is 232 00:10:46,000 --> 00:10:49,000 dat Nigeriese mans fisiese mishandelaars 233 00:10:49,000 --> 00:10:52,000 soos die vaderfiguur in my roman is. 234 00:10:52,000 --> 00:10:54,000 Ek het vir hom gesê dat ek pas ’n roman 235 00:10:54,000 --> 00:10:56,000 met die naam American Psycho gelees het -- 236 00:10:56,000 --> 00:10:58,000 (Gelag) 237 00:10:58,000 --> 00:11:00,000 -- en dat dit so jammer is 238 00:11:00,000 --> 00:11:03,000 dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is. 239 00:11:03,000 --> 00:11:07,000 (Gelag) 240 00:11:07,000 --> 00:11:13,000 (Applous) 241 00:11:13,000 --> 00:11:16,000 Nou, natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê. 242 00:11:16,000 --> 00:11:18,000 (Gelag) 243 00:11:18,000 --> 00:11:20,000 Maar dit sou nooit by my opgekom het dat 244 00:11:20,000 --> 00:11:22,000 net omdat ek ’n roman gelees het waarin 245 00:11:22,000 --> 00:11:24,000 ’n karakter ’n reeksmoordenaar is 246 00:11:24,000 --> 00:11:26,000 hy op een of ander manier van alle Amerikaners 247 00:11:26,000 --> 00:11:28,000 verteenwoordigend is nie. 248 00:11:28,000 --> 00:11:31,000 Dis nie omdat ek ’n beter mens as daai student is nie, 249 00:11:31,000 --> 00:11:34,000 maar eerder as gevolg van Amerika se kulturele en ekonomiese mag, 250 00:11:34,000 --> 00:11:36,000 dat ek baie stories oor Amerika gehad het. 251 00:11:36,000 --> 00:11:40,000 Ek het al Tyler en Updike en Steinbeck en Gaitskill gelees. 252 00:11:40,000 --> 00:11:43,000 Ek het nie ’n enkele storie van Amerika gehad nie. 253 00:11:43,000 --> 00:11:46,000 Toe ek ’n paar jaar gelede geleer het dat daar van skrywers verwag 254 00:11:46,000 --> 00:11:50,000 word om ongelukkige kinderjare te gehad het 255 00:11:50,000 --> 00:11:52,000 om suksesvol te wees, 256 00:11:52,000 --> 00:11:54,000 het ek begin dink oor hoe ek aaklige goed wat 257 00:11:54,000 --> 00:11:56,000 my ouers aan by gedoen het kon opmaak. 258 00:11:56,000 --> 00:11:58,000 (Gelag) 259 00:11:58,000 --> 00:12:02,000 Maar ek het om die waarheid te sê gelukkige kinderjare gehad, 260 00:12:02,000 --> 00:12:05,000 vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin. 261 00:12:05,000 --> 00:12:09,000 Maar ek het ook oupas wat in vlugtelingkampe dood is gehad. 262 00:12:09,000 --> 00:12:13,000 My nefie Polle is dood omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie. 263 00:12:13,000 --> 00:12:16,000 Een van my beste maats, Okoloma, is dood in ’n vliegtuigongeluk 264 00:12:16,000 --> 00:12:19,000 omdat ons brandweerwaens nie water gehad het nie. 265 00:12:19,000 --> 00:12:22,000 Ek het onder verdrukkende militêre regerings grootgeword 266 00:12:22,000 --> 00:12:24,000 wat opvoeding van waarde beroof het, 267 00:12:24,000 --> 00:12:27,000 sodat my ouers soms nie hulle salarisse betaal is nie. 268 00:12:27,000 --> 00:12:31,000 En so, as ’n kind, het ek gesien hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn, 269 00:12:31,000 --> 00:12:33,000 toe margarien, 270 00:12:33,000 --> 00:12:36,000 toe het brood te duur geword, 271 00:12:36,000 --> 00:12:39,000 toe is melk op rantsoen gesit. 272 00:12:39,000 --> 00:12:42,000 En meeste van alles, het ’n soort genormaliseerde politieke vrees 273 00:12:42,000 --> 00:12:46,000 ons lewens binnegedring. 274 00:12:46,000 --> 00:12:48,000 Al hierdie stories maak my wie ek is. 275 00:12:48,000 --> 00:12:52,000 Maar om op slegs hierdie negatiewe stories aan te dring 276 00:12:52,000 --> 00:12:55,000 is om my ervaring af te plat 277 00:12:55,000 --> 00:12:57,000 en baie van die stories wat my gevorm het 278 00:12:57,000 --> 00:12:59,000 oor die hoof te sien. 279 00:12:59,000 --> 00:13:02,000 Die enkele storie skep stereotipes, 280 00:13:02,000 --> 00:13:05,000 en die probleem met stereotipes 281 00:13:05,000 --> 00:13:07,000 is nie dat hulle onwaar is nie, 282 00:13:07,000 --> 00:13:09,000 maar dat hulle onvolledig is. 283 00:13:09,000 --> 00:13:13,000 Hulle maak een storie die enigste storie. 284 00:13:13,000 --> 00:13:15,000 Afrika is natuurlik ’n vasteland vol katastrofes: 285 00:13:15,000 --> 00:13:19,000 Daar is grotes, soos die skokkende verkragtings in Kongo 286 00:13:19,000 --> 00:13:21,000 en ontmoedigendes, soos die feit dat 287 00:13:21,000 --> 00:13:26,000 5000 mense vir een vakante pos in Nigerië aansoek doen. 288 00:13:26,000 --> 00:13:29,000 Maar daar is ander stories wat nie gaan oor katastrofes nie, 289 00:13:29,000 --> 00:13:33,000 en dis baie belangrik, net so belangrik, om oor hulle te praat. 290 00:13:33,000 --> 00:13:35,000 Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik 291 00:13:35,000 --> 00:13:38,000 om ordentlik aan ’n plek of persoon mee te doen 292 00:13:38,000 --> 00:13:42,000 sonder om in al die stories van daardie plek of persoon te deel. 293 00:13:42,000 --> 00:13:45,000 Die gevolg van die enkele storie 294 00:13:45,000 --> 00:13:48,000 is dat dit mense van waardigheid beroof. 295 00:13:48,000 --> 00:13:52,000 Dit maak ons erkenning van ons gelyke menslikheid moeilik. 296 00:13:52,000 --> 00:13:55,000 Dit beklemtoon ons verskille 297 00:13:55,000 --> 00:13:57,000 eerder as ons ooreenkomste. 298 00:13:57,000 --> 00:13:59,000 So wat as ek voor my Meksikaanse toer 299 00:13:59,000 --> 00:14:03,000 die immigrasie debat van albei kante gevolg het, 300 00:14:03,000 --> 00:14:05,000 die Amerikaanse en die Meksikaanse? 301 00:14:05,000 --> 00:14:09,000 Wat as my ma vir ons gesê het dat Fide se familie arm 302 00:14:09,000 --> 00:14:11,000 én hardwerkend is? 303 00:14:11,000 --> 00:14:13,000 Wat as ons ’n Afrika-televisienetwerk gehad het 304 00:14:13,000 --> 00:14:17,000 wat uiteenlopende Afrikastories regoor die wêreld uitsaai? 305 00:14:17,000 --> 00:14:19,000 Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe 306 00:14:19,000 --> 00:14:22,000 "’n balans van stories" noem. 307 00:14:22,000 --> 00:14:25,000 Wat as my kamermaat kon weet van my Nigeriese uitgewer, 308 00:14:25,000 --> 00:14:27,000 Mukta Bakaray, 309 00:14:27,000 --> 00:14:29,000 ’n merkwaardige man wat sy werk by ’n bank gelos het 310 00:14:29,000 --> 00:14:32,000 om sy droom te volg en ’n uitgewery te begin? 311 00:14:32,000 --> 00:14:36,000 Nou, die staande opvatting was dat Nigeriërs nie literatuur lees nie. 312 00:14:36,000 --> 00:14:38,000 Hy't verskil. Hy't gedink 313 00:14:38,000 --> 00:14:40,000 dat mense wat kon lees, sou lees, 314 00:14:40,000 --> 00:14:44,000 as jy literatuur vir hulle bekostig- en beskikbaar gemaak het. 315 00:14:44,000 --> 00:14:47,000 Kort daarna het hy my eerste roman uitgegee, 316 00:14:47,000 --> 00:14:50,000 ek het na ’n TV-stasie in Lagos gegaan vir ’n onderhoud, 317 00:14:50,000 --> 00:14:53,000 en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, het na my toe gekom en gesê: 318 00:14:53,000 --> 00:14:56,000 "Ek het baie van jou roman gehou. Ek het nie van die einde gehou nie. 319 00:14:56,000 --> 00:14:59,000 Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, en wat moet gebeur is ..." 320 00:14:59,000 --> 00:15:02,000 (Gelag) 321 00:15:02,000 --> 00:15:05,000 En sy't toe vir my vertel wat om in die vervolgstuk te skryf. 322 00:15:05,000 --> 00:15:08,000 Ek was nie net bekoor nie, ek was ook diep geroer. 323 00:15:08,000 --> 00:15:11,000 Hier was ’n vrou, een van baie gewone Nigeriërs, wat nie 324 00:15:11,000 --> 00:15:14,000 veronderstel was om lesers te wees nie. 325 00:15:14,000 --> 00:15:16,000 Sy het nie net die boek gelees nie, sy het dit ook aangeneem 326 00:15:16,000 --> 00:15:19,000 en het geregverdig gevoel in 327 00:15:19,000 --> 00:15:21,000 haar instruksies vir die vervolgstuk. 328 00:15:21,000 --> 00:15:25,000 Nou, wat as my kamermaat kon weet van my vriendin Fumi Onda, 329 00:15:25,000 --> 00:15:28,000 ’n vreeslose vrou wat ’n TV-program in Lagos aanbied, 330 00:15:28,000 --> 00:15:31,000 en vasberade is om die stories wat ons verkies om te vergeet, te vertel? 331 00:15:31,000 --> 00:15:35,000 Wat as my kamermaat kon weet van die hartoperasie 332 00:15:35,000 --> 00:15:38,000 wat verlede week in ’n hospitaal in Lagos uitgevoer is? 333 00:15:38,000 --> 00:15:42,000 Wat as my kamermaat kon weet van hedendaagse Nigeriese musiek, 334 00:15:42,000 --> 00:15:45,000 talentvolle mense wat sing in Engels en Pidgin, 335 00:15:45,000 --> 00:15:47,000 en Igbo en Joroeba en Ijo, 336 00:15:47,000 --> 00:15:51,000 terwyl hulle invloede van Jay-Z tot Fela 337 00:15:51,000 --> 00:15:54,000 tot Bob Marley en hulle oupas meng. 338 00:15:54,000 --> 00:15:56,000 Wat as my kamermaat kon weet van die vroulike prokureur 339 00:15:56,000 --> 00:15:58,000 wat onlangs in Nigerië hof toe is om 340 00:15:58,000 --> 00:16:00,000 ’n belaglike wet te betwis wat vereis 341 00:16:00,000 --> 00:16:03,000 dat vroue hulle mans se toestemming kry voor hulle 342 00:16:03,000 --> 00:16:06,000 hul paspoorte hernu? 343 00:16:06,000 --> 00:16:09,000 Was as my kamermaat kon weet van Nollywood, 344 00:16:09,000 --> 00:16:13,000 vol innoverende mense wat films maak ten spyte van groot tegniese uitdagings, 345 00:16:13,000 --> 00:16:15,000 films só gewild 346 00:16:15,000 --> 00:16:17,000 dat hulle rêrig die beste voorbeeld 347 00:16:17,000 --> 00:16:20,000 van Nigeriëriers wat verbruik wat hulle self skep, is? 348 00:16:20,000 --> 00:16:23,000 Wat as my kamermaat kon weet van my ambisieuse haarvlegter, 349 00:16:23,000 --> 00:16:27,000 wat pas haar eie besigheid vir die verkoop van haarverlengings begin het? 350 00:16:27,000 --> 00:16:29,000 Of van die miljoene Nigeriërs wat 351 00:16:29,000 --> 00:16:31,000 besighede begin wat soms misluk, 352 00:16:31,000 --> 00:16:35,000 maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek? 353 00:16:35,000 --> 00:16:37,000 Elke keer wat ek tuis is word ek met die gewone 354 00:16:37,000 --> 00:16:40,000 bronne van irritasie vir meeste Nigeriërs gekonfronteer: 355 00:16:40,000 --> 00:16:43,000 ons mislukte infrastruktuur, ons mislukte regering, 356 00:16:43,000 --> 00:16:46,000 maar ook die ongelooflike taaiheid van mense wat 357 00:16:46,000 --> 00:16:49,000 floreer ten spyte van die regering, 358 00:16:49,000 --> 00:16:51,000 eerder as gevolg daarvan. 359 00:16:51,000 --> 00:16:54,000 Ek bied elke somer skryfwerkswinkels in Lagos aan, 360 00:16:54,000 --> 00:16:57,000 en dis indrukwekkend om te sien hoeveel mense aansoek doen, 361 00:16:57,000 --> 00:17:00,000 hoeveel mense gretig is om te skryf, 362 00:17:00,000 --> 00:17:02,000 om stories te vertel. 363 00:17:02,000 --> 00:17:05,000 Ek en my Nigeriese uitgewer het onlangs die Farafina Trust -- 364 00:17:05,000 --> 00:17:07,000 sonder winsbejag -- begin 365 00:17:07,000 --> 00:17:10,000 en ons het groot drome van biblioteke bou 366 00:17:10,000 --> 00:17:12,000 en bestaande biblioteke opknap 367 00:17:12,000 --> 00:17:15,000 en boeke verskaf aan staatskole wat niks 368 00:17:15,000 --> 00:17:17,000 in hulle biblioteke het nie, 369 00:17:17,000 --> 00:17:19,000 en ook van baie, baie werkswinkels organiseer, 370 00:17:19,000 --> 00:17:21,000 in lees en skryf, 371 00:17:21,000 --> 00:17:24,000 vir al die mense wat gretig is om ons baie stories te vertel. 372 00:17:24,000 --> 00:17:26,000 Stories maak saak. 373 00:17:26,000 --> 00:17:28,000 Baie stories maak saak. 374 00:17:28,000 --> 00:17:32,000 Stories is al gebruik om te ontvreem en te belaster, 375 00:17:32,000 --> 00:17:36,000 maar stories kan ook gebruik word om te bemagtig en te vermenslik. 376 00:17:36,000 --> 00:17:39,000 Stories kan ’n volk se waardigheid breek, 377 00:17:39,000 --> 00:17:44,000 maar stories kan ook hulle gebreekte waardigheid heelmaak. 378 00:17:44,000 --> 00:17:46,000 Die Amerikaanse skrywer Alice Walker het geskryf 379 00:17:46,000 --> 00:17:48,000 van haar suiderlingfamilielede 380 00:17:48,000 --> 00:17:50,000 wat na die Noorde getrek het. 381 00:17:50,000 --> 00:17:52,000 Sy't hulle in ’n boek oor die suiderlinglewe 382 00:17:52,000 --> 00:17:55,000 wat hulle agtergelaat het bekendgestel: 383 00:17:55,000 --> 00:17:59,000 "Hulle't rondgesit, die boek self gelees, 384 00:17:59,000 --> 00:18:05,000 geluister na hoe ek die boek lees, en ’n paradys van soorte is herwin." 385 00:18:05,000 --> 00:18:08,000 Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit: 386 00:18:08,000 --> 00:18:11,000 Dat wanneer ons die enkele storie verwerp, 387 00:18:11,000 --> 00:18:14,000 wanneer ons besef dat daar nooit ’n enkele storie 388 00:18:14,000 --> 00:18:16,000 oor enige plek is nie, 389 00:18:16,000 --> 00:18:18,000 herwin ons ’n soort paradys. 390 00:18:18,000 --> 00:18:20,000 Dankie. 391 00:18:20,000 --> 00:18:28,000 (Applous)