Die gevaar van ’n enkele storie
-
0:00 - 0:02Ek is ’n verteller.
-
0:02 - 0:05En ek wil julle graag ’n paar persoonlike stories vertel
-
0:05 - 0:10oor wat ek "die gevaar van die enkele storie" noem.
-
0:10 - 0:14Ek het op ’n universiteitskampus in oos-Nigerië grootgeword.
-
0:14 - 0:17My ma sê ek het op die ouderdom van twee begin lees,
-
0:17 - 0:22alhoewel ek dink vier dalk nader aan die waarheid is.
-
0:22 - 0:24So ek was ’n vroeë leser, en wat ek gelees het
-
0:24 - 0:27was Britse en Amerikaanse kinderboeke.
-
0:27 - 0:30Ek was ook ’n vroeë skrywer,
-
0:30 - 0:34en toe ek begin skryf het, op omtrent sewe jaar,
-
0:34 - 0:36stories in potlood met krytillustrasies,
-
0:36 - 0:39wat my arme ma verplig was om te lees,
-
0:39 - 0:43het ek presies die tipe stories wat ek gelees het, geskryf:
-
0:43 - 0:48Al my karakters was wit met blou oë,
-
0:48 - 0:50hulle't in die sneeu gespeel,
-
0:50 - 0:52hulle't appels geëet,
-
0:52 - 0:54en hulle't baie oor die weer gepraat,
-
0:54 - 0:56hoe lieflik dit was
-
0:56 - 0:58dat die son uitgekom het.
-
0:58 - 1:00(Gelag)
-
1:00 - 1:03Ondanks die feit dat ek in Nigerië gewoon het.
-
1:03 - 1:07Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie.
-
1:07 - 1:10Ons het nie sneeu gehad nie, ons het mangoes geëet,
-
1:10 - 1:12en ons het nooit oor die weer gepraat nie,
-
1:12 - 1:14want dit was onnodig.
-
1:14 - 1:17My karakters het ook baie gemmerbier gedrink,
-
1:17 - 1:19want die karakters in die Britse boeke wat ek gelees het,
-
1:19 - 1:21het gemmerbier gedrink.
-
1:21 - 1:24Ongeag dat ek geen idee gehad het wat gemmerbier was nie.
-
1:24 - 1:25(Gelag)
-
1:25 - 1:28En vir baie jare daarna sou ek ’n desperate begeerte hê
-
1:28 - 1:30om gemmerbier te proe.
-
1:30 - 1:32Maar dis ’n ander storie.
-
1:32 - 1:34Wat hierdie wys, dink ek,
-
1:34 - 1:37is hoe ontvanklik en vatbaar ons is
-
1:37 - 1:39met ’n storie voor oë,
-
1:39 - 1:41veral as kinders.
-
1:41 - 1:43Omdat ek nét boeke gelees het
-
1:43 - 1:45waarin karakters anders was,
-
1:45 - 1:47was ek oortuig daarvan dat boeke
-
1:47 - 1:50vanselfsprekend vreemdelinge moes in hê
-
1:50 - 1:52en oor dinge moes gaan waarmee
-
1:52 - 1:55ek nie kon persoonlik identifiseer nie.
-
1:55 - 1:59Dinge het verander toe ek Afrikaboeke ontdek het.
-
1:59 - 2:01Daar was nie veel besikbaar nie, en hulle was nie
-
2:01 - 2:03so verkrygbaar soos die buitelandse boeke nie.
-
2:03 - 2:07Maar as gevolg van skrywers soos Chinua Achebe en Camara Laye
-
2:07 - 2:09het ek ’n sielsverskuiwing in my begrip van
-
2:09 - 2:11letterkunde beleef.
-
2:11 - 2:13Ek het besef dat mense soos ek,
-
2:13 - 2:15meisies met vel die kleur van sjokolade,
-
2:15 - 2:18wie se kroes hare nie kon poniesterte maak nie,
-
2:18 - 2:20ook in literatuur kon bestaan.
-
2:20 - 2:24Ek het oor dinge wat ek herken het begin skryf.
-
2:24 - 2:28Nou, ek was versot op daardie Amerikaanse en Britse boeke.
-
2:28 - 2:32Hulle het my verbeelding aangegryp, vir my nuwe wêrelde oopgemaak.
-
2:32 - 2:34Maar die gevolg was per abuis dat
-
2:34 - 2:36ek nie geweet het mense soos ek kon
-
2:36 - 2:38in literatuur bestaan nie.
-
2:38 - 2:42So wat die ontdekking van Afrikaskrywers vir my gedoen het was:
-
2:42 - 2:45Om my te red van 'n enkele storie
-
2:45 - 2:47van wat boeke is.
-
2:47 - 2:50Ek was uit ’n gewone, middelklas Nigeriese gesin.
-
2:50 - 2:52My pa was ’n professor.
-
2:52 - 2:55My ma was ’n administratiewe beampte.
-
2:55 - 2:58En, soos die norm was, het ons
-
2:58 - 3:03inwoon huishulpe gehad, wat gewoonlik van nabye dorpies af gekom het.
-
3:03 - 3:07So die jaar wat ek agt geword het, het ons ’n nuwe huisknaap gekry.
-
3:07 - 3:09Sy naam was Fide.
-
3:09 - 3:12Die enigste ding wat my ma ons van hom vertel het,
-
3:12 - 3:15was dat sy familie baie arm was.
-
3:15 - 3:17My ma het jamswortels en rys gestuur,
-
3:17 - 3:20en ons ou klere, na sy familie toe.
-
3:20 - 3:22En as ek nie my aandete klaar geëet het nie sou my ma sê:
-
3:22 - 3:27"Eet jou kos! Weet jy dan nie? Mense soos Fide se familie het niks nie."
-
3:27 - 3:31So ek was baie jammer vir Fide se familie.
-
3:31 - 3:34Toe een Saterdag gaan ons na sy dorpie op besoek,
-
3:34 - 3:38en sy ma wys vir ons ’n pragtig-gepatroonde mandjie
-
3:38 - 3:41van gekleurde raffia, wat sy broer gemaak het.
-
3:41 - 3:43Ek was verbaas.
-
3:43 - 3:46Dit het toe nog nooit by my opgekom dat iemand in sy familie
-
3:46 - 3:49sowaar iets kon maak nie.
-
3:49 - 3:52Al wat ek van hulle gehoor het was hoe arm hulle was,
-
3:52 - 3:54sodat dit vir my onmoontlik geword het om hulle as
-
3:54 - 3:57enigiets anders as arm te sien.
-
3:57 - 4:01Hulle armoede was my enkele storie van hulle.
-
4:01 - 4:03Ek het jare later hieroor gedink toe ek weg is uit Nigerië
-
4:03 - 4:06om universiteit toe te gaan in die Verenigde State.
-
4:06 - 4:08Ek was 19.
-
4:08 - 4:12My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok.
-
4:12 - 4:15Sy't my gevra waar ek so goed Engels leer praat het,
-
4:15 - 4:17en was verward toe ek gesê het dat Engels
-
4:17 - 4:22toevallig genoeg die amptelike taal van Nigerië is.
-
4:22 - 4:26Sy't gevra of sy kon luister na wat sy my "tribal" musiek genoem het
-
4:26 - 4:28en was gevolglik baie teleurgesteld
-
4:28 - 4:30toe ek my kasset van Mariah Carey uitgehaal het.
-
4:30 - 4:33(Gelag)
-
4:33 - 4:35Sy't aangeneem dat ek nie weet hoe om
-
4:35 - 4:38’n stoof te gebruik nie.
-
4:38 - 4:40Wat my getref het was: Sy het my bejammer
-
4:40 - 4:42selfs nog voor sy my gesien het.
-
4:42 - 4:46Haar verstekposisie teenoor my, as ’n Afrikaan,
-
4:46 - 4:50was ’n tipe neerbuigende, goed-bedoelde jammerhartigheid.
-
4:50 - 4:53My kamermaat het ’n enkele Afrikastorie gehad:
-
4:53 - 4:56’n enkele storie van katastrofe.
-
4:56 - 4:58In hierdie enkele storie was daar geen moontlikheid
-
4:58 - 5:02dat Afrikane enigsins soos sy kon wees nie,
-
5:02 - 5:05geen moontlikheid van gevoelens meer kompleks as bejammering,
-
5:05 - 5:09geen moontlikheid van ’n verbinding as gelyke mense nie.
-
5:09 - 5:11Ek moet sê dat voor ek na die V.S.A. toe is, ek nie
-
5:11 - 5:14bewustelik geïdentifiseer het as ’n Afrikaan nie.
-
5:14 - 5:17Maar elke keer wat Afrika ter sprake was in die V.S.A., het almal na my gekyk.
-
5:17 - 5:21Ondanks dat ek niks geweet het oor plekke soos Namibië nie.
-
5:21 - 5:23Maar ek het op die ou end hierdie identeit aangeneem,
-
5:23 - 5:26en op baie maniere dink ek nou aan myself as Afrikaans.
-
5:26 - 5:28Alhoewel ek nog steeds geïrreteerd raak wanneer
-
5:28 - 5:30daar na Afrika verwys word as ’n land,
-
5:30 - 5:34die mees onlangse voorbeeld was op my andersins wonderlike vlug
-
5:34 - 5:36vanaf Lagos twee dae gelede, waarop
-
5:36 - 5:38daar ’n aankondiging was op die Virgin-vlug
-
5:38 - 5:43oor die liefdadigheidswerk in "Indië, Afrika en ander lande."
-
5:43 - 5:44(Gelag)
-
5:44 - 5:48So na ek ’n paar jaar in die V.S.A. as ’n Afrikaan spandeer het,
-
5:48 - 5:52het ek my kamermaat se reaksie teenoor my begin verstaan.
-
5:52 - 5:55As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, en as al wat ek oor Afrika geweet het
-
5:55 - 5:57van algemene beelde was,
-
5:57 - 6:00sou ek ook dink dat Afrika ’n plek van
-
6:00 - 6:04pragtige landskappe, mooi diere,
-
6:04 - 6:06en onverstaanbare mense is,
-
6:06 - 6:09aan't oorlogvoer, sterwend van armoede of VIGS,
-
6:09 - 6:12nie in staat daartoe om vir hulleself te praat nie
-
6:12 - 6:14en wagted om verlossing
-
6:14 - 6:17deur ’n gawe, wit vreemdeling.
-
6:17 - 6:19Ek sou Afrikane op dieselfde manier sien as wat ek,
-
6:19 - 6:23as ’n kind, Fide se familie gesien het.
-
6:23 - 6:27Hierdie enkele storie van Afrika kom noodwendig, dink ek, uit Westerse literatuur.
-
6:27 - 6:29Nou, hier is ’n aanhaling van
-
6:29 - 6:32die skrywe van ’n Londonse handelaar met die naam John Locke,
-
6:32 - 6:35wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het
-
6:35 - 6:40en ’n boeiende verslag van sy reis gehou het.
-
6:40 - 6:42Nadat hy na die swart Afrikane verwys het
-
6:42 - 6:44as "gediertes sonder huise,"
-
6:44 - 6:48skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe,
-
6:48 - 6:53met hul monde en oë in hulle borste."
-
6:53 - 6:55Nou, ek't nog elke keer wat ek dit gelees het gelag.
-
6:55 - 6:59En ’n mens moet die verbeelding van John Locke bewonder.
-
6:59 - 7:01Maar wat belangrik oor sy skryfwerk is, is dat
-
7:01 - 7:03dit die begin van ’n Afrikastorieverteltradisie
-
7:03 - 7:06in die Weste verteenwoordig:
-
7:06 - 7:09’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika as ’n plek van negatiewes,
-
7:09 - 7:11van andersheid, van donkerte,
-
7:11 - 7:15van mense wat, in die woorde van die wonderlike digter
-
7:15 - 7:17Rudyard Kipling,
-
7:17 - 7:20"halfduiwel, halfkind" is.
-
7:20 - 7:23En so het ek begin besef dat my Amerikaanse kamermaat
-
7:23 - 7:25haar hele lewe lank verskillende
-
7:25 - 7:27weergawes van hierdie enkele
-
7:27 - 7:29storie moes gesien en gehoor het,
-
7:29 - 7:31so ook ’n professor,
-
7:31 - 7:36wat op ’n keer vir my gesê het dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie.
-
7:36 - 7:38Nou, ek was heeltemal bereid om aan te voer dat daar heelwat dinge
-
7:38 - 7:40verkeerd was met die roman,
-
7:40 - 7:44dat dit op vele punte misluk het,
-
7:44 - 7:46maar ek het nog nie heeltemal veronderstel dat dit die
-
7:46 - 7:49sogenaamde Afrika-egtheid paal nie gehaal het nie.
-
7:49 - 7:51Ek het inderwaarheid nie geweet
-
7:51 - 7:54wat eg aan Afrika was nie.
-
7:54 - 7:56Die professor het my meegedeel dat my karakters
-
7:56 - 7:58te veel soos hy was,
-
7:58 - 8:00’n opgevoede en middelklas man.
-
8:00 - 8:02My karakters het motors bestuur.
-
8:02 - 8:05Hulle het nie vergaan van die honger nie.
-
8:05 - 8:09Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie.
-
8:09 - 8:12Maar ek moet gou byvoeg dat ek ook net so skuldig is
-
8:12 - 8:15aan die enkele storie kwessie.
-
8:15 - 8:19Ek het ’n paar jaar gelede Meksiko besoek uit die V.S.A.
-
8:19 - 8:21Die politieke klimaat in die V.S.A. was op daardie stadium gespanne,
-
8:21 - 8:25en debatte oor immigrasie het geheers.
-
8:25 - 8:27En, soos dit baie in Amerika gebeur,
-
8:27 - 8:30het immigrasie sinoniem met Meksikane geword.
-
8:30 - 8:32Daar was eindelose stories oor Meksikane
-
8:32 - 8:34as mense wat die
-
8:34 - 8:36gesondheidstelsel kaal uittrek,
-
8:36 - 8:38oor die grens sluip,
-
8:38 - 8:42by die grens gearresteer word, daai soort van ding.
-
8:42 - 8:46Ek onthou hoe ek op my eerste dag in Guadalajara rondgeloop het,
-
8:46 - 8:48gekyk het hoe die mense werk toe gaan,
-
8:48 - 8:50by die markplein hulle tortillas oprol,
-
8:50 - 8:53aan't rook en lag.
-
8:53 - 8:56Ek onthou dat ek eers effens verbaas was.
-
8:56 - 8:59En toe was ek van skaamte oorkom.
-
8:59 - 9:02Ek het besef dat ek so verdiep was in
-
9:02 - 9:04die mediadekking oor Meksikane
-
9:04 - 9:06dat hulle een ding in my kop geword het,
-
9:06 - 9:09die ellendige immigrant.
-
9:09 - 9:11Ek het geval vir die enkele storie oor Meksikane
-
9:11 - 9:14en ek kon nie méér skaam kry nie.
-
9:14 - 9:16So dit is hoe om ’n enkele storie te skep,
-
9:16 - 9:19’n volk te wys as een ding,
-
9:19 - 9:21slegs een ding,
-
9:21 - 9:23oor en oor,
-
9:23 - 9:26en dit is wat hulle dan word.
-
9:26 - 9:28Dit is onmoontlik om die enkele storie te bespreek
-
9:28 - 9:31sonder om mag aan te raak.
-
9:31 - 9:33Daar's ’n woord, ’n Igbo woord,
-
9:33 - 9:35waaroor ek dink elke keer wat ek oor die
-
9:35 - 9:38magstrukture van die wêreld dink, en dit is "nkali."
-
9:38 - 9:40Dis ’n selfstandige naamword wat losweg
-
9:40 - 9:43as "om groter as ’n ander te wees" vertaal kan word.
-
9:43 - 9:46Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde,
-
9:46 - 9:48word stories ook bepaal
-
9:48 - 9:51deur die beginsel van nkali:
-
9:51 - 9:53Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel,
-
9:53 - 9:56wanneer hulle vertel word, hoeveel stories vertel word,
-
9:56 - 10:00is alles regtig afhanklik van mag.
-
10:00 - 10:03Mag is nie net die vermoë om ’n ander se storie te vertel nie,
-
10:03 - 10:07maar om dit ook die beslissende storie van dié persoon te maak.
-
10:07 - 10:09Die Palestynse digter Mourid Barghoute skryf
-
10:09 - 10:12dat as jy ’n volk wil ontvreem,
-
10:12 - 10:15is die eenvoudigste manier om hulle storie te
-
10:15 - 10:18begin vertel met: "tweedens."
-
10:18 - 10:22Begin die storie met die pyle van die Amerikaanse inboorlinge,
-
10:22 - 10:25en nie met die aankoms van die Britte nie,
-
10:25 - 10:28en dan het jy ’n heeltemal ander storie.
-
10:28 - 10:30Begin die storie met
-
10:30 - 10:32die mislukking van die Afrikastaat,
-
10:32 - 10:36en nie met die koloniale skepping van die Afrikastaat nie,
-
10:36 - 10:40en dan het jy ’n heeltemal ander storie.
-
10:40 - 10:42Ek het onlangs by ’n universiteit gepraat waar
-
10:42 - 10:44’n student vir my gesê het dat dit
-
10:44 - 10:46so jammer is
-
10:46 - 10:49dat Nigeriese mans fisiese mishandelaars
-
10:49 - 10:52soos die vaderfiguur in my roman is.
-
10:52 - 10:54Ek het vir hom gesê dat ek pas ’n roman
-
10:54 - 10:56met die naam American Psycho gelees het --
-
10:56 - 10:58(Gelag)
-
10:58 - 11:00-- en dat dit so jammer is
-
11:00 - 11:03dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is.
-
11:03 - 11:07(Gelag)
-
11:07 - 11:13(Applous)
-
11:13 - 11:16Nou, natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê.
-
11:16 - 11:18(Gelag)
-
11:18 - 11:20Maar dit sou nooit by my opgekom het dat
-
11:20 - 11:22net omdat ek ’n roman gelees het waarin
-
11:22 - 11:24’n karakter ’n reeksmoordenaar is
-
11:24 - 11:26hy op een of ander manier van alle Amerikaners
-
11:26 - 11:28verteenwoordigend is nie.
-
11:28 - 11:31Dis nie omdat ek ’n beter mens as daai student is nie,
-
11:31 - 11:34maar eerder as gevolg van Amerika se kulturele en ekonomiese mag,
-
11:34 - 11:36dat ek baie stories oor Amerika gehad het.
-
11:36 - 11:40Ek het al Tyler en Updike en Steinbeck en Gaitskill gelees.
-
11:40 - 11:43Ek het nie ’n enkele storie van Amerika gehad nie.
-
11:43 - 11:46Toe ek ’n paar jaar gelede geleer het dat daar van skrywers verwag
-
11:46 - 11:50word om ongelukkige kinderjare te gehad het
-
11:50 - 11:52om suksesvol te wees,
-
11:52 - 11:54het ek begin dink oor hoe ek aaklige goed wat
-
11:54 - 11:56my ouers aan by gedoen het kon opmaak.
-
11:56 - 11:58(Gelag)
-
11:58 - 12:02Maar ek het om die waarheid te sê gelukkige kinderjare gehad,
-
12:02 - 12:05vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin.
-
12:05 - 12:09Maar ek het ook oupas wat in vlugtelingkampe dood is gehad.
-
12:09 - 12:13My nefie Polle is dood omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie.
-
12:13 - 12:16Een van my beste maats, Okoloma, is dood in ’n vliegtuigongeluk
-
12:16 - 12:19omdat ons brandweerwaens nie water gehad het nie.
-
12:19 - 12:22Ek het onder verdrukkende militêre regerings grootgeword
-
12:22 - 12:24wat opvoeding van waarde beroof het,
-
12:24 - 12:27sodat my ouers soms nie hulle salarisse betaal is nie.
-
12:27 - 12:31En so, as ’n kind, het ek gesien hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn,
-
12:31 - 12:33toe margarien,
-
12:33 - 12:36toe het brood te duur geword,
-
12:36 - 12:39toe is melk op rantsoen gesit.
-
12:39 - 12:42En meeste van alles, het ’n soort genormaliseerde politieke vrees
-
12:42 - 12:46ons lewens binnegedring.
-
12:46 - 12:48Al hierdie stories maak my wie ek is.
-
12:48 - 12:52Maar om op slegs hierdie negatiewe stories aan te dring
-
12:52 - 12:55is om my ervaring af te plat
-
12:55 - 12:57en baie van die stories wat my gevorm het
-
12:57 - 12:59oor die hoof te sien.
-
12:59 - 13:02Die enkele storie skep stereotipes,
-
13:02 - 13:05en die probleem met stereotipes
-
13:05 - 13:07is nie dat hulle onwaar is nie,
-
13:07 - 13:09maar dat hulle onvolledig is.
-
13:09 - 13:13Hulle maak een storie die enigste storie.
-
13:13 - 13:15Afrika is natuurlik ’n vasteland vol katastrofes:
-
13:15 - 13:19Daar is grotes, soos die skokkende verkragtings in Kongo
-
13:19 - 13:21en ontmoedigendes, soos die feit dat
-
13:21 - 13:265000 mense vir een vakante pos in Nigerië aansoek doen.
-
13:26 - 13:29Maar daar is ander stories wat nie gaan oor katastrofes nie,
-
13:29 - 13:33en dis baie belangrik, net so belangrik, om oor hulle te praat.
-
13:33 - 13:35Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik
-
13:35 - 13:38om ordentlik aan ’n plek of persoon mee te doen
-
13:38 - 13:42sonder om in al die stories van daardie plek of persoon te deel.
-
13:42 - 13:45Die gevolg van die enkele storie
-
13:45 - 13:48is dat dit mense van waardigheid beroof.
-
13:48 - 13:52Dit maak ons erkenning van ons gelyke menslikheid moeilik.
-
13:52 - 13:55Dit beklemtoon ons verskille
-
13:55 - 13:57eerder as ons ooreenkomste.
-
13:57 - 13:59So wat as ek voor my Meksikaanse toer
-
13:59 - 14:03die immigrasie debat van albei kante gevolg het,
-
14:03 - 14:05die Amerikaanse en die Meksikaanse?
-
14:05 - 14:09Wat as my ma vir ons gesê het dat Fide se familie arm
-
14:09 - 14:11én hardwerkend is?
-
14:11 - 14:13Wat as ons ’n Afrika-televisienetwerk gehad het
-
14:13 - 14:17wat uiteenlopende Afrikastories regoor die wêreld uitsaai?
-
14:17 - 14:19Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe
-
14:19 - 14:22"’n balans van stories" noem.
-
14:22 - 14:25Wat as my kamermaat kon weet van my Nigeriese uitgewer,
-
14:25 - 14:27Mukta Bakaray,
-
14:27 - 14:29’n merkwaardige man wat sy werk by ’n bank gelos het
-
14:29 - 14:32om sy droom te volg en ’n uitgewery te begin?
-
14:32 - 14:36Nou, die staande opvatting was dat Nigeriërs nie literatuur lees nie.
-
14:36 - 14:38Hy't verskil. Hy't gedink
-
14:38 - 14:40dat mense wat kon lees, sou lees,
-
14:40 - 14:44as jy literatuur vir hulle bekostig- en beskikbaar gemaak het.
-
14:44 - 14:47Kort daarna het hy my eerste roman uitgegee,
-
14:47 - 14:50ek het na ’n TV-stasie in Lagos gegaan vir ’n onderhoud,
-
14:50 - 14:53en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, het na my toe gekom en gesê:
-
14:53 - 14:56"Ek het baie van jou roman gehou. Ek het nie van die einde gehou nie.
-
14:56 - 14:59Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, en wat moet gebeur is ..."
-
14:59 - 15:02(Gelag)
-
15:02 - 15:05En sy't toe vir my vertel wat om in die vervolgstuk te skryf.
-
15:05 - 15:08Ek was nie net bekoor nie, ek was ook diep geroer.
-
15:08 - 15:11Hier was ’n vrou, een van baie gewone Nigeriërs, wat nie
-
15:11 - 15:14veronderstel was om lesers te wees nie.
-
15:14 - 15:16Sy het nie net die boek gelees nie, sy het dit ook aangeneem
-
15:16 - 15:19en het geregverdig gevoel in
-
15:19 - 15:21haar instruksies vir die vervolgstuk.
-
15:21 - 15:25Nou, wat as my kamermaat kon weet van my vriendin Fumi Onda,
-
15:25 - 15:28’n vreeslose vrou wat ’n TV-program in Lagos aanbied,
-
15:28 - 15:31en vasberade is om die stories wat ons verkies om te vergeet, te vertel?
-
15:31 - 15:35Wat as my kamermaat kon weet van die hartoperasie
-
15:35 - 15:38wat verlede week in ’n hospitaal in Lagos uitgevoer is?
-
15:38 - 15:42Wat as my kamermaat kon weet van hedendaagse Nigeriese musiek,
-
15:42 - 15:45talentvolle mense wat sing in Engels en Pidgin,
-
15:45 - 15:47en Igbo en Joroeba en Ijo,
-
15:47 - 15:51terwyl hulle invloede van Jay-Z tot Fela
-
15:51 - 15:54tot Bob Marley en hulle oupas meng.
-
15:54 - 15:56Wat as my kamermaat kon weet van die vroulike prokureur
-
15:56 - 15:58wat onlangs in Nigerië hof toe is om
-
15:58 - 16:00’n belaglike wet te betwis wat vereis
-
16:00 - 16:03dat vroue hulle mans se toestemming kry voor hulle
-
16:03 - 16:06hul paspoorte hernu?
-
16:06 - 16:09Was as my kamermaat kon weet van Nollywood,
-
16:09 - 16:13vol innoverende mense wat films maak ten spyte van groot tegniese uitdagings,
-
16:13 - 16:15films só gewild
-
16:15 - 16:17dat hulle rêrig die beste voorbeeld
-
16:17 - 16:20van Nigeriëriers wat verbruik wat hulle self skep, is?
-
16:20 - 16:23Wat as my kamermaat kon weet van my ambisieuse haarvlegter,
-
16:23 - 16:27wat pas haar eie besigheid vir die verkoop van haarverlengings begin het?
-
16:27 - 16:29Of van die miljoene Nigeriërs wat
-
16:29 - 16:31besighede begin wat soms misluk,
-
16:31 - 16:35maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek?
-
16:35 - 16:37Elke keer wat ek tuis is word ek met die gewone
-
16:37 - 16:40bronne van irritasie vir meeste Nigeriërs gekonfronteer:
-
16:40 - 16:43ons mislukte infrastruktuur, ons mislukte regering,
-
16:43 - 16:46maar ook die ongelooflike taaiheid van mense wat
-
16:46 - 16:49floreer ten spyte van die regering,
-
16:49 - 16:51eerder as gevolg daarvan.
-
16:51 - 16:54Ek bied elke somer skryfwerkswinkels in Lagos aan,
-
16:54 - 16:57en dis indrukwekkend om te sien hoeveel mense aansoek doen,
-
16:57 - 17:00hoeveel mense gretig is om te skryf,
-
17:00 - 17:02om stories te vertel.
-
17:02 - 17:05Ek en my Nigeriese uitgewer het onlangs die Farafina Trust --
-
17:05 - 17:07sonder winsbejag -- begin
-
17:07 - 17:10en ons het groot drome van biblioteke bou
-
17:10 - 17:12en bestaande biblioteke opknap
-
17:12 - 17:15en boeke verskaf aan staatskole wat niks
-
17:15 - 17:17in hulle biblioteke het nie,
-
17:17 - 17:19en ook van baie, baie werkswinkels organiseer,
-
17:19 - 17:21in lees en skryf,
-
17:21 - 17:24vir al die mense wat gretig is om ons baie stories te vertel.
-
17:24 - 17:26Stories maak saak.
-
17:26 - 17:28Baie stories maak saak.
-
17:28 - 17:32Stories is al gebruik om te ontvreem en te belaster,
-
17:32 - 17:36maar stories kan ook gebruik word om te bemagtig en te vermenslik.
-
17:36 - 17:39Stories kan ’n volk se waardigheid breek,
-
17:39 - 17:44maar stories kan ook hulle gebreekte waardigheid heelmaak.
-
17:44 - 17:46Die Amerikaanse skrywer Alice Walker het geskryf
-
17:46 - 17:48van haar suiderlingfamilielede
-
17:48 - 17:50wat na die Noorde getrek het.
-
17:50 - 17:52Sy't hulle in ’n boek oor die suiderlinglewe
-
17:52 - 17:55wat hulle agtergelaat het bekendgestel:
-
17:55 - 17:59"Hulle't rondgesit, die boek self gelees,
-
17:59 - 18:05geluister na hoe ek die boek lees, en ’n paradys van soorte is herwin."
-
18:05 - 18:08Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit:
-
18:08 - 18:11Dat wanneer ons die enkele storie verwerp,
-
18:11 - 18:14wanneer ons besef dat daar nooit ’n enkele storie
-
18:14 - 18:16oor enige plek is nie,
-
18:16 - 18:18herwin ons ’n soort paradys.
-
18:18 - 18:20Dankie.
-
18:20 - 18:28(Applous)
- Title:
- Die gevaar van ’n enkele storie
- Speaker:
- Chimamanda Ngozi Adichie
- Description:
-
Ons lewens, ons kulture, word uit baie oorvleulende stories opgemaak. Romanskrywer Chimamanda Adichie vertel die storie van hoe sy haar outentieke kulturele stem gevind het -- en waarsku ons dat as ons ’n enkele storie oor ’n ander persoon of land hoor, ons ’n kritiese misverstand waag.
- Video Language:
- English
- Team:
- closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 18:29
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The danger of a single story | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The danger of a single story | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The danger of a single story | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The danger of a single story | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The danger of a single story | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The danger of a single story | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The danger of a single story | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The danger of a single story |