< Return to Video

Praat met die hart | Marleen Laschet | TEDxTrondheim

  • 0:09 - 0:15
    Rofweg 365 miljoen mense
    se moedertaal is Engels
  • 0:17 - 0:21
    Meer as 2 miljard ander
    leer en praat Engels
  • 0:21 - 0:23
    as ’n tweede of derde taal.
  • 0:24 - 0:26
    As jy Engels praat,
  • 0:26 - 0:32
    kan jy verstaan word deur
    amper 2.5 miljard mense.
  • 0:32 - 0:37
    Hoekom sal jy dan enige ander
    vreemde taal wil aanleer?
  • 0:37 - 0:41
    Is dit dan nie ’n belaglike
    mors van tyd nie?
  • 0:41 - 0:45
    Nelson Mandela is sterk gekritiseer
  • 0:45 - 0:49
    deur swart Suid-Afrikaners
    omdat hy Afrikaans gepraat het.
  • 0:50 - 0:51
    Hy het geantwoord:
  • 0:51 - 0:55
    "As jy met iemand praat in ’n taal
    wat hy verstaan,
  • 0:56 - 0:58
    praat jy met sy kop.
  • 0:59 - 1:02
    As jy met hom praat
    in sy eie taal,
  • 1:03 - 1:04
    praat jy met sy hart."
  • 1:05 - 1:07
    Dit werk so:
  • 1:07 - 1:09
    As jy mense aan jou kant
    wil kry,
  • 1:09 - 1:12
    moet jy met hul harte praat.
  • 1:13 - 1:15
    Pouse weet dit.
  • 1:15 - 1:19
    Pous Johannes Paulus II
    het tien tale vlot gepraat
  • 1:19 - 1:22
    plus ’n dosyn ander
    op ’n eenvoudiger vlak.
  • 1:23 - 1:27
    Waar hy ook al gegaan het,
    het hy die mense gegroet
  • 1:27 - 1:31
    met ten minste ’n paar sinne
    in hul moedertaal.
  • 1:31 - 1:36
    En dit was ’n sleutelfaktor
    in sy gewildheid.
  • 1:37 - 1:40
    Mense met skoonma's van ander kulture
  • 1:40 - 1:43
    of aanstaande skoonma's
    van ander kulture, weet dit ook.
  • 1:44 - 1:46
    Hulle praat dalk Engels
    met hul meisies,
  • 1:46 - 1:51
    maar as hulle die meisie se ma
    wil beïndruk
  • 1:51 - 1:55
    is jong mans bereid om
    die snaaksste tale te leer,
  • 1:55 - 1:57
    insluitend Nederlands.
  • 1:57 - 1:59
    (Gelag)
  • 1:59 - 2:01
    En gewoonlik doen dit die ding.
  • 2:02 - 2:03
    Waarom?
  • 2:04 - 2:09
    Wel, ons moedertaal is nou verweef
  • 2:09 - 2:13
    met ons persoonlikheid,
    met ons identiteit.
  • 2:13 - 2:18
    Ons hele persoonlike geskiedenis
    is diep gewortel
  • 2:18 - 2:21
    is deurtrek van ons moedertaal.
  • 2:21 - 2:28
    Daar is soveel herinneringe en gevoelens
    gekoppel aan woorde, uitdrukkings,
  • 2:29 - 2:32
    selfs aan die grammatika
    waarmee ons grootgeword het.
  • 2:33 - 2:37
    So, as jy iemand se taal leer,
  • 2:37 - 2:40
    wys jy dat jy regtig geïnteresseerd is
  • 2:40 - 2:44
    in hul lewens, in hul persoonlikheid.
  • 2:45 - 2:48
    Watter skoonma sal nie gevlei voel nie?
  • 2:49 - 2:53
    As jy jou eie taal hoor,
    voel dit of jy behoort.
  • 2:54 - 2:56
    As jy reis,
  • 2:56 - 3:00
    en jy het vir ’n paar dae of weke
    ’n vreemde taal gepraat,
  • 3:01 - 3:03
    en jy klim op ’n vliegtuig
  • 3:03 - 3:06
    waar die bemanning jou
    in jou eie taal groet,
  • 3:06 - 3:08
    weet jy jy gaan huis toe.
  • 3:10 - 3:14
    As moedertale geure gehad het,
  • 3:14 - 3:19
    dink ek hulle sou soos koekies geruik het,
  • 3:19 - 3:21
    en soos vertroostende hoendersop,
  • 3:22 - 3:24
    en soos ouma se parfuum --
  • 3:25 - 3:28
    selfs dalk ’n bietjie soos
    mottegifballetjies.
  • 3:29 - 3:34
    Dis dalk juis die rede waarom
    gekonstrueerde tale,
  • 3:34 - 3:40
    soos Esperanto, nooit so wyd
    aftrek gekry het soos verwag is nie.
  • 3:41 - 3:44
    Hoe slim dit ook al ontwerp is,
  • 3:44 - 3:47
    en hoe eenvoudig en maklik
    om te leer dit ook al is,
  • 3:48 - 3:53
    het geen land al ’n kunsmatige taal
    as hul eie aanvaar nie.
  • 3:54 - 3:59
    Ook nie as ’n vreemde taal
    wat sistematies
  • 3:59 - 4:03
    op groot skaal, oor ’n lang tydperk
    onderrig word nie,
  • 4:03 - 4:05
    al is dit op die proef gestel.
  • 4:06 - 4:12
    Maar steeds, ten spyte van
    natuurlike tale se moeilikheidsgraad,
  • 4:12 - 4:15
    soos frustrerende uitsonderings op reëls,
  • 4:15 - 4:20
    die verskil tussen
    spelling en uitspraak,
  • 4:20 - 4:25
    die feit dat grammatika soms
    uiters ingewikkeld is --
  • 4:26 - 4:27
    ten spyte van dit alles,
  • 4:28 - 4:34
    verkies ons om tale te leer wat
    organies saam met mense gegroei het.
  • 4:36 - 4:40
    Gekonstrueerde tale praat met die kop.
  • 4:41 - 4:45
    Natuurlike tale ruik soos koekies.
  • 4:46 - 4:52
    Nelson Mandela het Afrikaans geleer
    "om die vyand te ken".
  • 4:52 - 4:57
    Hy het gesê: "Jy moet hul taal,
    dit wat hulle liefhet,
  • 4:57 - 5:00
    en hul hoop en vrese ken
    as jy hulle wil oorwin."
  • 5:01 - 5:04
    Hy het. Dit het gewerk.
  • 5:05 - 5:08
    Maar dis nie altyd oor vyande nie, is dit?
  • 5:09 - 5:12
    Dit geld vir alle soorte
    verhoudings tussen mense.
  • 5:13 - 5:18
    En ek sal die laaste mens wees om te sê
    dat skoonma's vyande is --
  • 5:18 - 5:19
    per definisie.
  • 5:20 - 5:23
    Omtrent sewe of agt jaar gelede
  • 5:23 - 5:26
    het ek deur Pole gery
    saam met my familie.
  • 5:27 - 5:31
    Dit was tyd vir die winkels om te sluit,
    en ons moes kos koop.
  • 5:32 - 5:36
    Uiteindelik het ons ’n supermark
    oorkant die straat gesien.
  • 5:37 - 5:42
    Die enigste manier om betyds te wees,
    was om ’n U-draai te maak.
  • 5:42 - 5:43
    En dis wat ek gedoen het.
  • 5:44 - 5:47
    Dit was waarskynlik gevaarlik.
  • 5:48 - 5:50
    Dit was beslis onwettig.
  • 5:52 - 5:58
    In die parkeerterrein --
    voor ek nog die enjin kon afsluit --
  • 5:58 - 6:00
    hoor ek ’n klop-klop.
  • 6:01 - 6:06
    Ek rol die venster af,
    en twee paar oë verskyn.
  • 6:08 - 6:12
    Elke paar oë het
    aan ’n polisieman behoort.
  • 6:13 - 6:18
    Ek kan nie sê dat ek
    enigsins vlot is in Pools nie --
  • 6:18 - 6:19
    nie op my beste nie --
  • 6:20 - 6:24
    maar ek kon darem vroeër
    ’n eenvoudige gesprek voer.
  • 6:24 - 6:28
    Maar in daardie situasie,
    met ’n skuldige gewete,
  • 6:29 - 6:32
    onder die vier oë van
    twee geregsdienaars in uniform,
  • 6:33 - 6:38
    het elke Poolse woord wat
    ek ooit geken het, my verlaat.
  • 6:40 - 6:44
    Maar ek het nie vir een oomblik
    eers oorweeg
  • 6:45 - 6:48
    om hierdie situasie
    in Engels te hanteer nie.
  • 6:49 - 6:53
    Engels sou my waarskynlik
    die taalvoordeel gegee het,
  • 6:54 - 6:57
    maar dit kon die polisiemanne
    ongemaklik gemaak het.
  • 6:58 - 7:01
    Ek was vasbeslote om by Pools te bly.
  • 7:02 - 7:03
    Hoe?
  • 7:04 - 7:09
    Die klein Poolse hoekie in my brein
    is nou net uitgevee,
  • 7:10 - 7:12
    behalwe vir een ding.
  • 7:13 - 7:18
    Daar was een ding
    wat ek so baie herhaal het
  • 7:18 - 7:21
    dat ek dit in my slaap kon opsê.
  • 7:23 - 7:25
    Dis 'n kindergediggie
  • 7:28 - 7:30
    oor ’n siek padda.
  • 7:30 - 7:32
    (Gelag)
  • 7:33 - 7:35
    Dis wat ek gehad het.
  • 7:35 - 7:40
    Ek weet dit was bisar om dit te doen,
    maar ek het dit uitgeblaker:
  • 7:40 - 7:43
    (Pools) "’n Sekere padda het siek gevoel
  • 7:43 - 7:46
    toe gaan sy dokter toe
    en sê sy voel siek.
  • 7:46 - 7:50
    Die dokter het sy bril opgesit
    want hy was nogal oud."
  • 7:52 - 7:54
    Ek het na die polisiemanne gekyk.
  • 7:54 - 7:56
    En hulle het my aangestaar.
  • 7:56 - 7:58
    (Gelag)
  • 7:59 - 8:02
    Ek onthou een van hulle
    het sy kop gekrap.
  • 8:03 - 8:05
    En toe glimlag hulle.
  • 8:06 - 8:07
    Hulle het geglimlag.
  • 8:07 - 8:11
    En dit het my op my gemak gestel --
  • 8:11 - 8:14
    in elk geval so dat
    ’n paar meer toepaslike woorde
  • 8:14 - 8:17
    kon terugspring in my kop in.
  • 8:17 - 8:20
    Ek kon ’n paar
    halwe sinne uitkry, soos:
  • 8:20 - 8:23
    "Baie jammer, kos nodig gehad,
    sal dit nooit weer doen nie."
  • 8:25 - 8:26
    Hulle het my laat gaan.
  • 8:27 - 8:32
    Soos ek die winkel ingehardloop het, het
    hulle geroep: “Szczęśliwej podróży!"
  • 8:32 - 8:34
    "Geniet die reis!"
  • 8:35 - 8:39
    Dis nie my bedoeling om julle
    aan te spoor om nuwe tale te leer
  • 8:39 - 8:43
    om om die wêreld te reis, wette te oortree
    en daarmee weg te kom nie.
  • 8:45 - 8:49
    Maar hierdie staaltjie illustreer
    hoe ’n paar woordjies,
  • 8:50 - 8:54
    hoe eenvoudig of laf ook al ---
    net ’n paar woordjies --
  • 8:54 - 8:58
    reguit na die hart kan gaan
    en ’n mens kan laat smelt.
  • 8:59 - 9:02
    Terloops, daar was ’n ander opsie
    as die siek padda.
  • 9:02 - 9:04
    Daar was een ding wat ek
    net so goed geken het:
  • 9:06 - 9:07
    ’n drinklied.
  • 9:07 - 9:09
    (Gelag)
  • 9:09 - 9:11
    Dit sou nie so goed afgegaan het nie
  • 9:12 - 9:14
    en ek sou dalk
    polisiestasie toe moes gaan
  • 9:14 - 9:16
    vir ’n bloedtoets.
  • 9:18 - 9:21
    Jy het nie nodig om baie tale
    te leer nie,
  • 9:21 - 9:24
    en jy het nie ’n diepgaande kennis
    daarvan nodig nie.
  • 9:24 - 9:26
    ’n Mens kan ver kom
    met ’n klein bietjie.
  • 9:27 - 9:30
    Tien woorde wat met die hart praat,
    kan ’n groter impak hê
  • 9:30 - 9:33
    as ’n duisend woorde
    wat met die kop praat.
  • 9:35 - 9:39
    Jy kan kies om altyd Engels te gebruik
    as ’n middeweg.
  • 9:40 - 9:45
    Maar jy kan ook kies om die mens te wees
    wat daardie middellyn kruis
  • 9:45 - 9:49
    en jou nuwe kennis of opponent,
    wie dit ook al is,
  • 9:49 - 9:51
    op hul eie turf ontmoet.
  • 9:52 - 9:55
    Dit maak jou nie swak
    om die ander se taal te praat nie;
  • 9:55 - 9:57
    dit bewys dat jy sterk is.
  • 9:58 - 10:04
    Dis die mens wat die moed het
    en die moeite doen om oor lyne uit te reik
  • 10:05 - 10:07
    wat op die ou einde wen.
  • 10:08 - 10:12
    Moenie bang wees om foute te maak nie.
    Foute wys jy is menslik.
  • 10:13 - 10:17
    En in hierdie geval
    is daar ’n bonus:
  • 10:18 - 10:21
    As jy ’n fout maak,
  • 10:21 - 10:26
    gee jy ander ’n geleentheid om
    jou te help en tegemoet te kom.
  • 10:26 - 10:32
    En so versterk jy die band
    wat jy so pas gesmee het.
  • 10:33 - 10:37
    Wil jy jouself verstaanbaar maak
  • 10:38 - 10:40
    of wil jy verhoudings bou?
  • 10:42 - 10:47
    Kom ons almal gaan voort
    om Engels te leer en te gebruik,
  • 10:48 - 10:53
    sodat ons met gemengde gehore kan praat,
    soos hier by TEDx.
  • 10:54 - 10:58
    Engels is ’n kragtige werktuig
    vir die deel van kennis,
  • 10:58 - 11:04
    vir internasionale konvensies
    oor wêreldprobleme.
  • 11:05 - 11:10
    Bo alles is Engels wel die vinnigste pad
    na 365 miljoen harte.
  • 11:11 - 11:17
    Vir 365 miljoen mense
    ruik die Engelse taal soos koekies.
  • 11:19 - 11:21
    Maar hoekom daar stop?
  • 11:22 - 11:25
    Hoekom doen jy nie die moeite
  • 11:25 - 11:28
    en leer ten minste
    een ander vreemde taal nie?
  • 11:29 - 11:32
    Daar is baie geure koekies
    in die wêreld daarbuite.
  • 11:32 - 11:34
    Kom ons gaan proe ’n nuwe een.
  • 11:35 - 11:36
    Dankie.
  • 11:36 - 11:38
    (Applous)
Title:
Praat met die hart | Marleen Laschet | TEDxTrondheim
Description:

Hierdie praatjie is by ’n TEDx-geleentheid gelewer. Dit is ’n geleentheid wat volgens die TED-konferensieformaat aangebied word, maar wat onafhanklik deur ’n plaaslike gemeenskap gereël word. Meer inligting is beskikbaar by http://ted.com/tedx.

Dit handel oor die geur van tale en hoe ’n siek padda jou kan red.

Marleen is ’n filoloog en 'n kommunikasiekundige met ’n voorliefde vir storievertelling en tale.

Op haar speelse blog skryf sy oor die vreugdes en voordele van veeltaligheid en oor kulturele verskille. Haar blogstories is gebaseer op staaltjies uit haar lewe as ’n poliglot (veeltalige) en is geanker in taalkundige en kulturele insig en ervaring.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDxTalks
Duration:
11:56

Afrikaans subtitles

Revisions