0:00:09.305,0:00:15.249 Rofweg 365 miljoen mense[br]se moedertaal is Engels 0:00:16.609,0:00:20.710 Meer as 2 miljard ander[br]leer en praat Engels 0:00:20.711,0:00:23.059 as ’n tweede of derde taal. 0:00:24.376,0:00:26.082 As jy Engels praat, 0:00:26.083,0:00:31.535 kan jy verstaan word deur[br]amper 2.5 miljard mense. 0:00:32.485,0:00:36.838 Hoekom sal jy dan enige ander[br]vreemde taal wil aanleer? 0:00:36.839,0:00:41.143 Is dit dan nie ’n belaglike[br]mors van tyd nie? 0:00:41.144,0:00:45.382 Nelson Mandela is sterk gekritiseer 0:00:45.383,0:00:49.112 deur swart Suid-Afrikaners[br]omdat hy Afrikaans gepraat het. 0:00:50.022,0:00:51.488 Hy het geantwoord: 0:00:51.489,0:00:55.225 "As jy met iemand praat in ’n taal[br]wat hy verstaan, 0:00:56.055,0:00:57.613 praat jy met sy kop. 0:00:59.023,0:01:02.040 As jy met hom praat [br]in sy eie taal, 0:01:02.720,0:01:04.312 praat jy met sy hart." 0:01:05.391,0:01:06.661 Dit werk so: 0:01:06.662,0:01:09.330 As jy mense aan jou kant[br]wil kry, 0:01:09.331,0:01:11.705 moet jy met hul harte praat. 0:01:13.185,0:01:14.973 Pouse weet dit. 0:01:14.974,0:01:18.884 Pous Johannes Paulus II[br]het tien tale vlot gepraat 0:01:18.885,0:01:22.343 plus ’n dosyn ander [br]op ’n eenvoudiger vlak. 0:01:22.953,0:01:26.591 Waar hy ook al gegaan het,[br]het hy die mense gegroet 0:01:26.592,0:01:30.847 met ten minste ’n paar sinne[br]in hul moedertaal. 0:01:30.848,0:01:35.845 En dit was ’n sleutelfaktor[br]in sy gewildheid. 0:01:37.395,0:01:39.804 Mense met skoonma's van ander kulture 0:01:39.805,0:01:43.265 of aanstaande skoonma's [br]van ander kulture, weet dit ook. 0:01:44.005,0:01:46.406 Hulle praat dalk Engels[br]met hul meisies, 0:01:46.407,0:01:50.552 maar as hulle die meisie se ma [br]wil beïndruk 0:01:51.222,0:01:55.181 is jong mans bereid om [br]die snaaksste tale te leer, 0:01:55.185,0:01:56.872 insluitend Nederlands. 0:01:56.876,0:01:58.668 (Gelag) 0:01:58.676,0:02:01.104 En gewoonlik doen dit die ding. 0:02:01.974,0:02:03.300 Waarom? 0:02:04.030,0:02:09.044 Wel, ons moedertaal is nou verweef 0:02:09.045,0:02:13.081 met ons persoonlikheid, [br]met ons identiteit. 0:02:13.081,0:02:17.694 Ons hele persoonlike geskiedenis [br]is diep gewortel 0:02:17.695,0:02:20.727 is deurtrek van ons moedertaal. 0:02:21.451,0:02:27.648 Daar is soveel herinneringe en gevoelens[br]gekoppel aan woorde, uitdrukkings, 0:02:28.764,0:02:31.642 selfs aan die grammatika [br]waarmee ons grootgeword het. 0:02:32.646,0:02:37.141 So, as jy iemand se taal leer, 0:02:37.142,0:02:40.350 wys jy dat jy regtig geïnteresseerd is 0:02:40.351,0:02:44.168 in hul lewens, in hul persoonlikheid. 0:02:44.959,0:02:47.585 Watter skoonma sal nie gevlei voel nie? 0:02:48.711,0:02:52.581 As jy jou eie taal hoor, [br]voel dit of jy behoort. 0:02:53.834,0:02:55.617 As jy reis, 0:02:55.618,0:02:59.592 en jy het vir ’n paar dae of weke[br]’n vreemde taal gepraat, 0:03:00.642,0:03:03.011 en jy klim op ’n vliegtuig 0:03:03.012,0:03:06.279 waar die bemanning jou[br]in jou eie taal groet, 0:03:06.280,0:03:08.408 weet jy jy gaan huis toe. 0:03:10.478,0:03:14.450 As moedertale geure gehad het, 0:03:14.451,0:03:18.680 dink ek hulle sou soos koekies geruik het, 0:03:18.681,0:03:21.103 en soos vertroostende hoendersop, 0:03:21.773,0:03:23.828 en soos ouma se parfuum -- 0:03:24.668,0:03:27.941 selfs dalk ’n bietjie soos[br]mottegifballetjies. 0:03:28.742,0:03:34.000 Dis dalk juis die rede waarom[br]gekonstrueerde tale, 0:03:34.001,0:03:40.301 soos Esperanto, nooit so wyd[br]aftrek gekry het soos verwag is nie. 0:03:41.212,0:03:44.212 Hoe slim dit ook al ontwerp is, 0:03:44.213,0:03:46.995 en hoe eenvoudig en maklik [br]om te leer dit ook al is, 0:03:48.334,0:03:53.085 het geen land al ’n kunsmatige taal[br]as hul eie aanvaar nie. 0:03:53.948,0:03:58.939 Ook nie as ’n vreemde taal[br]wat sistematies 0:03:58.940,0:04:02.564 op groot skaal, oor ’n lang tydperk[br]onderrig word nie, 0:04:03.414,0:04:05.161 al is dit op die proef gestel. 0:04:05.831,0:04:11.871 Maar steeds, ten spyte van [br]natuurlike tale se moeilikheidsgraad, 0:04:11.872,0:04:15.434 soos frustrerende uitsonderings op reëls, 0:04:15.435,0:04:20.154 die verskil tussen [br]spelling en uitspraak, 0:04:20.156,0:04:24.694 die feit dat grammatika soms[br]uiters ingewikkeld is -- 0:04:25.655,0:04:27.304 ten spyte van dit alles, 0:04:28.304,0:04:34.192 verkies ons om tale te leer wat[br]organies saam met mense gegroei het. 0:04:35.812,0:04:39.654 Gekonstrueerde tale praat met die kop. 0:04:40.774,0:04:44.772 Natuurlike tale ruik soos koekies. 0:04:46.056,0:04:51.981 Nelson Mandela het Afrikaans geleer[br]"om die vyand te ken". 0:04:51.982,0:04:56.910 Hy het gesê: "Jy moet hul taal,[br]dit wat hulle liefhet, 0:04:56.911,0:05:00.243 en hul hoop en vrese ken[br]as jy hulle wil oorwin." 0:05:01.073,0:05:03.644 Hy het. Dit het gewerk. 0:05:04.724,0:05:08.186 Maar dis nie altyd oor vyande nie, is dit? 0:05:09.254,0:05:12.111 Dit geld vir alle soorte[br]verhoudings tussen mense. 0:05:13.445,0:05:17.746 En ek sal die laaste mens wees om te sê[br]dat skoonma's vyande is -- 0:05:17.747,0:05:18.983 per definisie. 0:05:19.833,0:05:22.762 Omtrent sewe of agt jaar gelede 0:05:22.763,0:05:25.642 het ek deur Pole gery[br]saam met my familie. 0:05:27.172,0:05:31.413 Dit was tyd vir die winkels om te sluit,[br]en ons moes kos koop. 0:05:32.257,0:05:35.692 Uiteindelik het ons ’n supermark [br]oorkant die straat gesien. 0:05:36.908,0:05:41.637 Die enigste manier om betyds te wees,[br]was om ’n U-draai te maak. 0:05:41.638,0:05:43.328 En dis wat ek gedoen het. 0:05:44.368,0:05:46.578 Dit was waarskynlik gevaarlik. 0:05:47.528,0:05:49.696 Dit was beslis onwettig. 0:05:52.065,0:05:57.638 In die parkeerterrein --[br]voor ek nog die enjin kon afsluit -- 0:05:58.238,0:06:00.053 hoor ek ’n klop-klop. 0:06:01.250,0:06:06.096 Ek rol die venster af,[br]en twee paar oë verskyn. 0:06:07.624,0:06:11.963 Elke paar oë het [br]aan ’n polisieman behoort. 0:06:13.296,0:06:17.564 Ek kan nie sê dat ek[br]enigsins vlot is in Pools nie -- 0:06:17.565,0:06:19.255 nie op my beste nie -- 0:06:19.985,0:06:23.526 maar ek kon darem vroeër [br]’n eenvoudige gesprek voer. 0:06:24.336,0:06:27.780 Maar in daardie situasie, [br]met ’n skuldige gewete, 0:06:28.620,0:06:31.755 onder die vier oë van [br]twee geregsdienaars in uniform, 0:06:33.175,0:06:38.315 het elke Poolse woord wat[br]ek ooit geken het, my verlaat. 0:06:39.719,0:06:43.789 Maar ek het nie vir een oomblik[br]eers oorweeg 0:06:44.549,0:06:47.728 om hierdie situasie[br]in Engels te hanteer nie. 0:06:49.078,0:06:53.318 Engels sou my waarskynlik [br]die taalvoordeel gegee het, 0:06:54.278,0:06:57.280 maar dit kon die polisiemanne[br]ongemaklik gemaak het. 0:06:58.244,0:07:00.934 Ek was vasbeslote om by Pools te bly. 0:07:01.774,0:07:02.798 Hoe? 0:07:04.479,0:07:08.699 Die klein Poolse hoekie in my brein[br]is nou net uitgevee, 0:07:10.388,0:07:11.965 behalwe vir een ding. 0:07:13.204,0:07:17.942 Daar was een ding [br]wat ek so baie herhaal het 0:07:17.943,0:07:20.814 dat ek dit in my slaap kon opsê. 0:07:22.501,0:07:24.960 Dis 'n kindergediggie 0:07:27.563,0:07:29.652 oor ’n siek padda. 0:07:30.273,0:07:32.251 (Gelag) 0:07:32.951,0:07:34.522 Dis wat ek gehad het. 0:07:34.523,0:07:39.523 Ek weet dit was bisar om dit te doen,[br]maar ek het dit uitgeblaker: 0:07:40.417,0:07:42.532 (Pools) "’n Sekere padda het siek gevoel 0:07:42.532,0:07:46.084 toe gaan sy dokter toe[br]en sê sy voel siek. 0:07:46.085,0:07:50.458 Die dokter het sy bril opgesit[br]want hy was nogal oud." 0:07:51.564,0:07:53.882 Ek het na die polisiemanne gekyk. 0:07:53.883,0:07:56.483 En hulle het my aangestaar. 0:07:56.484,0:07:57.813 (Gelag) 0:07:58.653,0:08:01.659 Ek onthou een van hulle [br]het sy kop gekrap. 0:08:02.669,0:08:05.242 En toe glimlag hulle. 0:08:06.112,0:08:07.339 Hulle het geglimlag. 0:08:07.340,0:08:10.879 En dit het my op my gemak gestel -- 0:08:10.880,0:08:14.256 in elk geval so dat[br]’n paar meer toepaslike woorde 0:08:14.257,0:08:16.677 kon terugspring in my kop in. 0:08:16.688,0:08:19.687 Ek kon ’n paar [br]halwe sinne uitkry, soos: 0:08:19.688,0:08:23.483 "Baie jammer, kos nodig gehad,[br]sal dit nooit weer doen nie." 0:08:24.763,0:08:26.262 Hulle het my laat gaan. 0:08:27.334,0:08:32.458 Soos ek die winkel ingehardloop het, het[br]hulle geroep: “Szczęśliwej podróży!" 0:08:32.480,0:08:34.020 "Geniet die reis!" 0:08:34.650,0:08:39.006 Dis nie my bedoeling om julle[br]aan te spoor om nuwe tale te leer 0:08:39.006,0:08:42.696 om om die wêreld te reis, wette te oortree[br]en daarmee weg te kom nie. 0:08:44.586,0:08:49.481 Maar hierdie staaltjie illustreer[br]hoe ’n paar woordjies, 0:08:50.261,0:08:53.760 hoe eenvoudig of laf ook al ---[br]net ’n paar woordjies -- 0:08:53.761,0:08:57.991 reguit na die hart kan gaan[br]en ’n mens kan laat smelt. 0:08:58.901,0:09:01.771 Terloops, daar was ’n ander opsie[br]as die siek padda. 0:09:01.772,0:09:04.207 Daar was een ding wat ek[br]net so goed geken het: 0:09:05.857,0:09:07.232 ’n drinklied. 0:09:07.233,0:09:08.525 (Gelag) 0:09:09.185,0:09:11.394 Dit sou nie so goed afgegaan het nie 0:09:12.124,0:09:14.430 en ek sou dalk [br]polisiestasie toe moes gaan 0:09:14.431,0:09:15.661 vir ’n bloedtoets. 0:09:17.603,0:09:21.133 Jy het nie nodig om baie tale[br]te leer nie, 0:09:21.134,0:09:24.153 en jy het nie ’n diepgaande kennis[br]daarvan nodig nie. 0:09:24.154,0:09:26.162 ’n Mens kan ver kom[br]met ’n klein bietjie. 0:09:27.122,0:09:30.383 Tien woorde wat met die hart praat,[br]kan ’n groter impak hê 0:09:30.384,0:09:32.964 as ’n duisend woorde [br]wat met die kop praat. 0:09:34.644,0:09:38.741 Jy kan kies om altyd Engels te gebruik[br]as ’n middeweg. 0:09:39.851,0:09:44.822 Maar jy kan ook kies om die mens te wees[br]wat daardie middellyn kruis 0:09:44.823,0:09:49.393 en jou nuwe kennis of opponent, [br]wie dit ook al is, 0:09:49.394,0:09:51.480 op hul eie turf ontmoet. 0:09:52.375,0:09:55.334 Dit maak jou nie swak [br]om die ander se taal te praat nie; 0:09:55.336,0:09:57.066 dit bewys dat jy sterk is. 0:09:57.856,0:10:04.241 Dis die mens wat die moed het[br]en die moeite doen om oor lyne uit te reik 0:10:05.221,0:10:06.923 wat op die ou einde wen. 0:10:08.292,0:10:12.210 Moenie bang wees om foute te maak nie.[br]Foute wys jy is menslik. 0:10:12.918,0:10:16.836 En in hierdie geval [br]is daar ’n bonus: 0:10:18.091,0:10:20.692 As jy ’n fout maak, 0:10:20.693,0:10:26.090 gee jy ander ’n geleentheid om [br]jou te help en tegemoet te kom. 0:10:26.091,0:10:31.933 En so versterk jy die band [br]wat jy so pas gesmee het. 0:10:32.934,0:10:37.190 Wil jy jouself verstaanbaar maak 0:10:38.320,0:10:39.970 of wil jy verhoudings bou? 0:10:41.650,0:10:46.520 Kom ons almal gaan voort[br]om Engels te leer en te gebruik, 0:10:48.080,0:10:52.561 sodat ons met gemengde gehore kan praat,[br]soos hier by TEDx. 0:10:53.591,0:10:57.697 Engels is ’n kragtige werktuig[br]vir die deel van kennis, 0:10:57.698,0:11:03.750 vir internasionale konvensies[br]oor wêreldprobleme. 0:11:04.940,0:11:10.161 Bo alles is Engels wel die vinnigste pad[br]na 365 miljoen harte. 0:11:11.131,0:11:17.170 Vir 365 miljoen mense[br]ruik die Engelse taal soos koekies. 0:11:18.927,0:11:20.517 Maar hoekom daar stop? 0:11:22.007,0:11:24.535 Hoekom doen jy nie die moeite 0:11:24.536,0:11:27.696 en leer ten minste [br]een ander vreemde taal nie? 0:11:28.776,0:11:31.784 Daar is baie geure koekies[br]in die wêreld daarbuite. 0:11:31.785,0:11:34.181 Kom ons gaan proe ’n nuwe een. 0:11:34.990,0:11:36.051 Dankie. 0:11:36.463,0:11:37.755 (Applous)