WEBVTT 00:00:09.305 --> 00:00:15.249 Rofweg 365 miljoen mense se moedertaal is Engels 00:00:16.609 --> 00:00:20.710 Meer as 2 miljard ander leer en praat Engels 00:00:20.711 --> 00:00:23.059 as ’n tweede of derde taal. 00:00:24.376 --> 00:00:26.082 As jy Engels praat, 00:00:26.083 --> 00:00:31.535 kan jy verstaan word deur amper 2.5 miljard mense. 00:00:32.485 --> 00:00:36.838 Hoekom sal jy dan enige ander vreemde taal wil aanleer? 00:00:36.839 --> 00:00:41.143 Is dit dan nie ’n belaglike mors van tyd nie? 00:00:41.144 --> 00:00:45.382 Nelson Mandela is sterk gekritiseer 00:00:45.383 --> 00:00:49.112 deur swart Suid-Afrikaners omdat hy Afrikaans gepraat het. 00:00:50.022 --> 00:00:51.488 Hy het geantwoord: 00:00:51.489 --> 00:00:55.225 "As jy met iemand praat in ’n taal wat hy verstaan, 00:00:56.055 --> 00:00:57.613 praat jy met sy kop. 00:00:59.023 --> 00:01:02.040 As jy met hom praat in sy eie taal, 00:01:02.720 --> 00:01:04.312 praat jy met sy hart." 00:01:05.391 --> 00:01:06.661 Dit werk so: 00:01:06.662 --> 00:01:09.330 As jy mense aan jou kant wil kry, 00:01:09.331 --> 00:01:11.705 moet jy met hul harte praat. 00:01:13.185 --> 00:01:14.973 Pouse weet dit. 00:01:14.974 --> 00:01:18.884 Pous Johannes Paulus II het tien tale vlot gepraat 00:01:18.885 --> 00:01:22.343 plus ’n dosyn ander op ’n eenvoudiger vlak. 00:01:22.953 --> 00:01:26.591 Waar hy ook al gegaan het, het hy die mense gegroet 00:01:26.592 --> 00:01:30.847 met ten minste ’n paar sinne in hul moedertaal. 00:01:30.848 --> 00:01:35.845 En dit was ’n sleutelfaktor in sy gewildheid. 00:01:37.395 --> 00:01:39.804 Mense met skoonma's van ander kulture 00:01:39.805 --> 00:01:43.265 of aanstaande skoonma's van ander kulture, weet dit ook. 00:01:44.005 --> 00:01:46.406 Hulle praat dalk Engels met hul meisies, 00:01:46.407 --> 00:01:50.552 maar as hulle die meisie se ma wil beïndruk 00:01:51.222 --> 00:01:55.181 is jong mans bereid om die snaaksste tale te leer, 00:01:55.185 --> 00:01:56.872 insluitend Nederlands. 00:01:56.876 --> 00:01:58.668 (Gelag) 00:01:58.676 --> 00:02:01.104 En gewoonlik doen dit die ding. 00:02:01.974 --> 00:02:03.300 Waarom? 00:02:04.030 --> 00:02:09.044 Wel, ons moedertaal is nou verweef 00:02:09.045 --> 00:02:13.081 met ons persoonlikheid, met ons identiteit. 00:02:13.081 --> 00:02:17.694 Ons hele persoonlike geskiedenis is diep gewortel 00:02:17.695 --> 00:02:20.727 is deurtrek van ons moedertaal. 00:02:21.451 --> 00:02:27.648 Daar is soveel herinneringe en gevoelens gekoppel aan woorde, uitdrukkings, 00:02:28.764 --> 00:02:31.642 selfs aan die grammatika waarmee ons grootgeword het. 00:02:32.646 --> 00:02:37.141 So, as jy iemand se taal leer, 00:02:37.142 --> 00:02:40.350 wys jy dat jy regtig geïnteresseerd is 00:02:40.351 --> 00:02:44.168 in hul lewens, in hul persoonlikheid. 00:02:44.959 --> 00:02:47.585 Watter skoonma sal nie gevlei voel nie? 00:02:48.711 --> 00:02:52.581 As jy jou eie taal hoor, voel dit of jy behoort. 00:02:53.834 --> 00:02:55.617 As jy reis, 00:02:55.618 --> 00:02:59.592 en jy het vir ’n paar dae of weke ’n vreemde taal gepraat, 00:03:00.642 --> 00:03:03.011 en jy klim op ’n vliegtuig 00:03:03.012 --> 00:03:06.279 waar die bemanning jou in jou eie taal groet, 00:03:06.280 --> 00:03:08.408 weet jy jy gaan huis toe. 00:03:10.478 --> 00:03:14.450 As moedertale geure gehad het, 00:03:14.451 --> 00:03:18.680 dink ek hulle sou soos koekies geruik het, 00:03:18.681 --> 00:03:21.103 en soos vertroostende hoendersop, 00:03:21.773 --> 00:03:23.828 en soos ouma se parfuum -- 00:03:24.668 --> 00:03:27.941 selfs dalk ’n bietjie soos mottegifballetjies. 00:03:28.742 --> 00:03:34.000 Dis dalk juis die rede waarom gekonstrueerde tale, 00:03:34.001 --> 00:03:40.301 soos Esperanto, nooit so wyd aftrek gekry het soos verwag is nie. 00:03:41.212 --> 00:03:44.212 Hoe slim dit ook al ontwerp is, 00:03:44.213 --> 00:03:46.995 en hoe eenvoudig en maklik om te leer dit ook al is, 00:03:48.334 --> 00:03:53.085 het geen land al ’n kunsmatige taal as hul eie aanvaar nie. 00:03:53.948 --> 00:03:58.939 Ook nie as ’n vreemde taal wat sistematies 00:03:58.940 --> 00:04:02.564 op groot skaal, oor ’n lang tydperk onderrig word nie, 00:04:03.414 --> 00:04:05.161 al is dit op die proef gestel. 00:04:05.831 --> 00:04:11.871 Maar steeds, ten spyte van natuurlike tale se moeilikheidsgraad, 00:04:11.872 --> 00:04:15.434 soos frustrerende uitsonderings op reëls, 00:04:15.435 --> 00:04:20.154 die verskil tussen spelling en uitspraak, 00:04:20.156 --> 00:04:24.694 die feit dat grammatika soms uiters ingewikkeld is -- 00:04:25.655 --> 00:04:27.304 ten spyte van dit alles, 00:04:28.304 --> 00:04:34.192 verkies ons om tale te leer wat organies saam met mense gegroei het. 00:04:35.812 --> 00:04:39.654 Gekonstrueerde tale praat met die kop. 00:04:40.774 --> 00:04:44.772 Natuurlike tale ruik soos koekies. 00:04:46.056 --> 00:04:51.981 Nelson Mandela het Afrikaans geleer "om die vyand te ken". 00:04:51.982 --> 00:04:56.910 Hy het gesê: "Jy moet hul taal, dit wat hulle liefhet, 00:04:56.911 --> 00:05:00.243 en hul hoop en vrese ken as jy hulle wil oorwin." 00:05:01.073 --> 00:05:03.644 Hy het. Dit het gewerk. 00:05:04.724 --> 00:05:08.186 Maar dis nie altyd oor vyande nie, is dit? 00:05:09.254 --> 00:05:12.111 Dit geld vir alle soorte verhoudings tussen mense. 00:05:13.445 --> 00:05:17.746 En ek sal die laaste mens wees om te sê dat skoonma's vyande is -- 00:05:17.747 --> 00:05:18.983 per definisie. 00:05:19.833 --> 00:05:22.762 Omtrent sewe of agt jaar gelede 00:05:22.763 --> 00:05:25.642 het ek deur Pole gery saam met my familie. 00:05:27.172 --> 00:05:31.413 Dit was tyd vir die winkels om te sluit, en ons moes kos koop. 00:05:32.257 --> 00:05:35.692 Uiteindelik het ons ’n supermark oorkant die straat gesien. 00:05:36.908 --> 00:05:41.637 Die enigste manier om betyds te wees, was om ’n U-draai te maak. 00:05:41.638 --> 00:05:43.328 En dis wat ek gedoen het. 00:05:44.368 --> 00:05:46.578 Dit was waarskynlik gevaarlik. 00:05:47.528 --> 00:05:49.696 Dit was beslis onwettig. 00:05:52.065 --> 00:05:57.638 In die parkeerterrein -- voor ek nog die enjin kon afsluit -- 00:05:58.238 --> 00:06:00.053 hoor ek ’n klop-klop. 00:06:01.250 --> 00:06:06.096 Ek rol die venster af, en twee paar oë verskyn. 00:06:07.624 --> 00:06:11.963 Elke paar oë het aan ’n polisieman behoort. 00:06:13.296 --> 00:06:17.564 Ek kan nie sê dat ek enigsins vlot is in Pools nie -- 00:06:17.565 --> 00:06:19.255 nie op my beste nie -- 00:06:19.985 --> 00:06:23.526 maar ek kon darem vroeër ’n eenvoudige gesprek voer. 00:06:24.336 --> 00:06:27.780 Maar in daardie situasie, met ’n skuldige gewete, 00:06:28.620 --> 00:06:31.755 onder die vier oë van twee geregsdienaars in uniform, 00:06:33.175 --> 00:06:38.315 het elke Poolse woord wat ek ooit geken het, my verlaat. 00:06:39.719 --> 00:06:43.789 Maar ek het nie vir een oomblik eers oorweeg 00:06:44.549 --> 00:06:47.728 om hierdie situasie in Engels te hanteer nie. 00:06:49.078 --> 00:06:53.318 Engels sou my waarskynlik die taalvoordeel gegee het, 00:06:54.278 --> 00:06:57.280 maar dit kon die polisiemanne ongemaklik gemaak het. 00:06:58.244 --> 00:07:00.934 Ek was vasbeslote om by Pools te bly. 00:07:01.774 --> 00:07:02.798 Hoe? 00:07:04.479 --> 00:07:08.699 Die klein Poolse hoekie in my brein is nou net uitgevee, 00:07:10.388 --> 00:07:11.965 behalwe vir een ding. 00:07:13.204 --> 00:07:17.942 Daar was een ding wat ek so baie herhaal het 00:07:17.943 --> 00:07:20.814 dat ek dit in my slaap kon opsê. 00:07:22.501 --> 00:07:24.960 Dis 'n kindergediggie 00:07:27.563 --> 00:07:29.652 oor ’n siek padda. 00:07:30.273 --> 00:07:32.251 (Gelag) 00:07:32.951 --> 00:07:34.522 Dis wat ek gehad het. 00:07:34.523 --> 00:07:39.523 Ek weet dit was bisar om dit te doen, maar ek het dit uitgeblaker: 00:07:40.417 --> 00:07:42.532 (Pools) "’n Sekere padda het siek gevoel 00:07:42.532 --> 00:07:46.084 toe gaan sy dokter toe en sê sy voel siek. 00:07:46.085 --> 00:07:50.458 Die dokter het sy bril opgesit want hy was nogal oud." 00:07:51.564 --> 00:07:53.882 Ek het na die polisiemanne gekyk. 00:07:53.883 --> 00:07:56.483 En hulle het my aangestaar. 00:07:56.484 --> 00:07:57.813 (Gelag) 00:07:58.653 --> 00:08:01.659 Ek onthou een van hulle het sy kop gekrap. 00:08:02.669 --> 00:08:05.242 En toe glimlag hulle. 00:08:06.112 --> 00:08:07.339 Hulle het geglimlag. 00:08:07.340 --> 00:08:10.879 En dit het my op my gemak gestel -- 00:08:10.880 --> 00:08:14.256 in elk geval so dat ’n paar meer toepaslike woorde 00:08:14.257 --> 00:08:16.677 kon terugspring in my kop in. 00:08:16.688 --> 00:08:19.687 Ek kon ’n paar halwe sinne uitkry, soos: 00:08:19.688 --> 00:08:23.483 "Baie jammer, kos nodig gehad, sal dit nooit weer doen nie." 00:08:24.763 --> 00:08:26.262 Hulle het my laat gaan. 00:08:27.334 --> 00:08:32.458 Soos ek die winkel ingehardloop het, het hulle geroep: “Szczęśliwej podróży!" 00:08:32.480 --> 00:08:34.020 "Geniet die reis!" 00:08:34.650 --> 00:08:39.006 Dis nie my bedoeling om julle aan te spoor om nuwe tale te leer 00:08:39.006 --> 00:08:42.696 om om die wêreld te reis, wette te oortree en daarmee weg te kom nie. 00:08:44.586 --> 00:08:49.481 Maar hierdie staaltjie illustreer hoe ’n paar woordjies, 00:08:50.261 --> 00:08:53.760 hoe eenvoudig of laf ook al --- net ’n paar woordjies -- 00:08:53.761 --> 00:08:57.991 reguit na die hart kan gaan en ’n mens kan laat smelt. 00:08:58.901 --> 00:09:01.771 Terloops, daar was ’n ander opsie as die siek padda. 00:09:01.772 --> 00:09:04.207 Daar was een ding wat ek net so goed geken het: 00:09:05.857 --> 00:09:07.232 ’n drinklied. 00:09:07.233 --> 00:09:08.525 (Gelag) 00:09:09.185 --> 00:09:11.394 Dit sou nie so goed afgegaan het nie 00:09:12.124 --> 00:09:14.430 en ek sou dalk polisiestasie toe moes gaan 00:09:14.431 --> 00:09:15.661 vir ’n bloedtoets. 00:09:17.603 --> 00:09:21.133 Jy het nie nodig om baie tale te leer nie, 00:09:21.134 --> 00:09:24.153 en jy het nie ’n diepgaande kennis daarvan nodig nie. 00:09:24.154 --> 00:09:26.162 ’n Mens kan ver kom met ’n klein bietjie. 00:09:27.122 --> 00:09:30.383 Tien woorde wat met die hart praat, kan ’n groter impak hê 00:09:30.384 --> 00:09:32.964 as ’n duisend woorde wat met die kop praat. 00:09:34.644 --> 00:09:38.741 Jy kan kies om altyd Engels te gebruik as ’n middeweg. 00:09:39.851 --> 00:09:44.822 Maar jy kan ook kies om die mens te wees wat daardie middellyn kruis 00:09:44.823 --> 00:09:49.393 en jou nuwe kennis of opponent, wie dit ook al is, 00:09:49.394 --> 00:09:51.480 op hul eie turf ontmoet. 00:09:52.375 --> 00:09:55.334 Dit maak jou nie swak om die ander se taal te praat nie; 00:09:55.336 --> 00:09:57.066 dit bewys dat jy sterk is. 00:09:57.856 --> 00:10:04.241 Dis die mens wat die moed het en die moeite doen om oor lyne uit te reik 00:10:05.221 --> 00:10:06.923 wat op die ou einde wen. 00:10:08.292 --> 00:10:12.210 Moenie bang wees om foute te maak nie. Foute wys jy is menslik. 00:10:12.918 --> 00:10:16.836 En in hierdie geval is daar ’n bonus: 00:10:18.091 --> 00:10:20.692 As jy ’n fout maak, 00:10:20.693 --> 00:10:26.090 gee jy ander ’n geleentheid om jou te help en tegemoet te kom. 00:10:26.091 --> 00:10:31.933 En so versterk jy die band wat jy so pas gesmee het. 00:10:32.934 --> 00:10:37.190 Wil jy jouself verstaanbaar maak 00:10:38.320 --> 00:10:39.970 of wil jy verhoudings bou? 00:10:41.650 --> 00:10:46.520 Kom ons almal gaan voort om Engels te leer en te gebruik, 00:10:48.080 --> 00:10:52.561 sodat ons met gemengde gehore kan praat, soos hier by TEDx. 00:10:53.591 --> 00:10:57.697 Engels is ’n kragtige werktuig vir die deel van kennis, 00:10:57.698 --> 00:11:03.750 vir internasionale konvensies oor wêreldprobleme. 00:11:04.940 --> 00:11:10.161 Bo alles is Engels wel die vinnigste pad na 365 miljoen harte. 00:11:11.131 --> 00:11:17.170 Vir 365 miljoen mense ruik die Engelse taal soos koekies. 00:11:18.927 --> 00:11:20.517 Maar hoekom daar stop? 00:11:22.007 --> 00:11:24.535 Hoekom doen jy nie die moeite 00:11:24.536 --> 00:11:27.696 en leer ten minste een ander vreemde taal nie? 00:11:28.776 --> 00:11:31.784 Daar is baie geure koekies in die wêreld daarbuite. 00:11:31.785 --> 00:11:34.181 Kom ons gaan proe ’n nuwe een. 00:11:34.990 --> 00:11:36.051 Dankie. 00:11:36.463 --> 00:11:37.755 (Applous)