1 00:00:09,305 --> 00:00:15,249 Rofweg 365 miljoen mense se moedertaal is Engels 2 00:00:16,609 --> 00:00:20,710 Meer as 2 miljard ander leer en praat Engels 3 00:00:20,711 --> 00:00:23,059 as ’n tweede of derde taal. 4 00:00:24,376 --> 00:00:26,082 As jy Engels praat, 5 00:00:26,083 --> 00:00:31,535 kan jy verstaan word deur amper 2.5 miljard mense. 6 00:00:32,485 --> 00:00:36,838 Hoekom sal jy dan enige ander vreemde taal wil aanleer? 7 00:00:36,839 --> 00:00:41,143 Is dit dan nie ’n belaglike mors van tyd nie? 8 00:00:41,144 --> 00:00:45,382 Nelson Mandela is sterk gekritiseer 9 00:00:45,383 --> 00:00:49,112 deur swart Suid-Afrikaners omdat hy Afrikaans gepraat het. 10 00:00:50,022 --> 00:00:51,488 Hy het geantwoord: 11 00:00:51,489 --> 00:00:55,225 "As jy met iemand praat in ’n taal wat hy verstaan, 12 00:00:56,055 --> 00:00:57,613 praat jy met sy kop. 13 00:00:59,023 --> 00:01:02,040 As jy met hom praat in sy eie taal, 14 00:01:02,720 --> 00:01:04,312 praat jy met sy hart." 15 00:01:05,391 --> 00:01:06,661 Dit werk so: 16 00:01:06,662 --> 00:01:09,330 As jy mense aan jou kant wil kry, 17 00:01:09,331 --> 00:01:11,705 moet jy met hul harte praat. 18 00:01:13,185 --> 00:01:14,973 Pouse weet dit. 19 00:01:14,974 --> 00:01:18,884 Pous Johannes Paulus II het tien tale vlot gepraat 20 00:01:18,885 --> 00:01:22,343 plus ’n dosyn ander op ’n eenvoudiger vlak. 21 00:01:22,953 --> 00:01:26,591 Waar hy ook al gegaan het, het hy die mense gegroet 22 00:01:26,592 --> 00:01:30,847 met ten minste ’n paar sinne in hul moedertaal. 23 00:01:30,848 --> 00:01:35,845 En dit was ’n sleutelfaktor in sy gewildheid. 24 00:01:37,395 --> 00:01:39,804 Mense met skoonma's van ander kulture 25 00:01:39,805 --> 00:01:43,265 of aanstaande skoonma's van ander kulture, weet dit ook. 26 00:01:44,005 --> 00:01:46,406 Hulle praat dalk Engels met hul meisies, 27 00:01:46,407 --> 00:01:50,552 maar as hulle die meisie se ma wil beïndruk 28 00:01:51,222 --> 00:01:55,181 is jong mans bereid om die snaaksste tale te leer, 29 00:01:55,185 --> 00:01:56,872 insluitend Nederlands. 30 00:01:56,876 --> 00:01:58,668 (Gelag) 31 00:01:58,676 --> 00:02:01,104 En gewoonlik doen dit die ding. 32 00:02:01,974 --> 00:02:03,300 Waarom? 33 00:02:04,030 --> 00:02:09,044 Wel, ons moedertaal is nou verweef 34 00:02:09,045 --> 00:02:13,081 met ons persoonlikheid, met ons identiteit. 35 00:02:13,081 --> 00:02:17,694 Ons hele persoonlike geskiedenis is diep gewortel 36 00:02:17,695 --> 00:02:20,727 is deurtrek van ons moedertaal. 37 00:02:21,451 --> 00:02:27,648 Daar is soveel herinneringe en gevoelens gekoppel aan woorde, uitdrukkings, 38 00:02:28,764 --> 00:02:31,642 selfs aan die grammatika waarmee ons grootgeword het. 39 00:02:32,646 --> 00:02:37,141 So, as jy iemand se taal leer, 40 00:02:37,142 --> 00:02:40,350 wys jy dat jy regtig geïnteresseerd is 41 00:02:40,351 --> 00:02:44,168 in hul lewens, in hul persoonlikheid. 42 00:02:44,959 --> 00:02:47,585 Watter skoonma sal nie gevlei voel nie? 43 00:02:48,711 --> 00:02:52,581 As jy jou eie taal hoor, voel dit of jy behoort. 44 00:02:53,834 --> 00:02:55,617 As jy reis, 45 00:02:55,618 --> 00:02:59,592 en jy het vir ’n paar dae of weke ’n vreemde taal gepraat, 46 00:03:00,642 --> 00:03:03,011 en jy klim op ’n vliegtuig 47 00:03:03,012 --> 00:03:06,279 waar die bemanning jou in jou eie taal groet, 48 00:03:06,280 --> 00:03:08,408 weet jy jy gaan huis toe. 49 00:03:10,478 --> 00:03:14,450 As moedertale geure gehad het, 50 00:03:14,451 --> 00:03:18,680 dink ek hulle sou soos koekies geruik het, 51 00:03:18,681 --> 00:03:21,103 en soos vertroostende hoendersop, 52 00:03:21,773 --> 00:03:23,828 en soos ouma se parfuum -- 53 00:03:24,668 --> 00:03:27,941 selfs dalk ’n bietjie soos mottegifballetjies. 54 00:03:28,742 --> 00:03:34,000 Dis dalk juis die rede waarom gekonstrueerde tale, 55 00:03:34,001 --> 00:03:40,301 soos Esperanto, nooit so wyd aftrek gekry het soos verwag is nie. 56 00:03:41,212 --> 00:03:44,212 Hoe slim dit ook al ontwerp is, 57 00:03:44,213 --> 00:03:46,995 en hoe eenvoudig en maklik om te leer dit ook al is, 58 00:03:48,334 --> 00:03:53,085 het geen land al ’n kunsmatige taal as hul eie aanvaar nie. 59 00:03:53,948 --> 00:03:58,939 Ook nie as ’n vreemde taal wat sistematies 60 00:03:58,940 --> 00:04:02,564 op groot skaal, oor ’n lang tydperk onderrig word nie, 61 00:04:03,414 --> 00:04:05,161 al is dit op die proef gestel. 62 00:04:05,831 --> 00:04:11,871 Maar steeds, ten spyte van natuurlike tale se moeilikheidsgraad, 63 00:04:11,872 --> 00:04:15,434 soos frustrerende uitsonderings op reëls, 64 00:04:15,435 --> 00:04:20,154 die verskil tussen spelling en uitspraak, 65 00:04:20,156 --> 00:04:24,694 die feit dat grammatika soms uiters ingewikkeld is -- 66 00:04:25,655 --> 00:04:27,304 ten spyte van dit alles, 67 00:04:28,304 --> 00:04:34,192 verkies ons om tale te leer wat organies saam met mense gegroei het. 68 00:04:35,812 --> 00:04:39,654 Gekonstrueerde tale praat met die kop. 69 00:04:40,774 --> 00:04:44,772 Natuurlike tale ruik soos koekies. 70 00:04:46,056 --> 00:04:51,981 Nelson Mandela het Afrikaans geleer "om die vyand te ken". 71 00:04:51,982 --> 00:04:56,910 Hy het gesê: "Jy moet hul taal, dit wat hulle liefhet, 72 00:04:56,911 --> 00:05:00,243 en hul hoop en vrese ken as jy hulle wil oorwin." 73 00:05:01,073 --> 00:05:03,644 Hy het. Dit het gewerk. 74 00:05:04,724 --> 00:05:08,186 Maar dis nie altyd oor vyande nie, is dit? 75 00:05:09,254 --> 00:05:12,111 Dit geld vir alle soorte verhoudings tussen mense. 76 00:05:13,445 --> 00:05:17,746 En ek sal die laaste mens wees om te sê dat skoonma's vyande is -- 77 00:05:17,747 --> 00:05:18,983 per definisie. 78 00:05:19,833 --> 00:05:22,762 Omtrent sewe of agt jaar gelede 79 00:05:22,763 --> 00:05:25,642 het ek deur Pole gery saam met my familie. 80 00:05:27,172 --> 00:05:31,413 Dit was tyd vir die winkels om te sluit, en ons moes kos koop. 81 00:05:32,257 --> 00:05:35,692 Uiteindelik het ons ’n supermark oorkant die straat gesien. 82 00:05:36,908 --> 00:05:41,637 Die enigste manier om betyds te wees, was om ’n U-draai te maak. 83 00:05:41,638 --> 00:05:43,328 En dis wat ek gedoen het. 84 00:05:44,368 --> 00:05:46,578 Dit was waarskynlik gevaarlik. 85 00:05:47,528 --> 00:05:49,696 Dit was beslis onwettig. 86 00:05:52,065 --> 00:05:57,638 In die parkeerterrein -- voor ek nog die enjin kon afsluit -- 87 00:05:58,238 --> 00:06:00,053 hoor ek ’n klop-klop. 88 00:06:01,250 --> 00:06:06,096 Ek rol die venster af, en twee paar oë verskyn. 89 00:06:07,624 --> 00:06:11,963 Elke paar oë het aan ’n polisieman behoort. 90 00:06:13,296 --> 00:06:17,564 Ek kan nie sê dat ek enigsins vlot is in Pools nie -- 91 00:06:17,565 --> 00:06:19,255 nie op my beste nie -- 92 00:06:19,985 --> 00:06:23,526 maar ek kon darem vroeër ’n eenvoudige gesprek voer. 93 00:06:24,336 --> 00:06:27,780 Maar in daardie situasie, met ’n skuldige gewete, 94 00:06:28,620 --> 00:06:31,755 onder die vier oë van twee geregsdienaars in uniform, 95 00:06:33,175 --> 00:06:38,315 het elke Poolse woord wat ek ooit geken het, my verlaat. 96 00:06:39,719 --> 00:06:43,789 Maar ek het nie vir een oomblik eers oorweeg 97 00:06:44,549 --> 00:06:47,728 om hierdie situasie in Engels te hanteer nie. 98 00:06:49,078 --> 00:06:53,318 Engels sou my waarskynlik die taalvoordeel gegee het, 99 00:06:54,278 --> 00:06:57,280 maar dit kon die polisiemanne ongemaklik gemaak het. 100 00:06:58,244 --> 00:07:00,934 Ek was vasbeslote om by Pools te bly. 101 00:07:01,774 --> 00:07:02,798 Hoe? 102 00:07:04,479 --> 00:07:08,699 Die klein Poolse hoekie in my brein is nou net uitgevee, 103 00:07:10,388 --> 00:07:11,965 behalwe vir een ding. 104 00:07:13,204 --> 00:07:17,942 Daar was een ding wat ek so baie herhaal het 105 00:07:17,943 --> 00:07:20,814 dat ek dit in my slaap kon opsê. 106 00:07:22,501 --> 00:07:24,960 Dis 'n kindergediggie 107 00:07:27,563 --> 00:07:29,652 oor ’n siek padda. 108 00:07:30,273 --> 00:07:32,251 (Gelag) 109 00:07:32,951 --> 00:07:34,522 Dis wat ek gehad het. 110 00:07:34,523 --> 00:07:39,523 Ek weet dit was bisar om dit te doen, maar ek het dit uitgeblaker: 111 00:07:40,417 --> 00:07:42,532 (Pools) "’n Sekere padda het siek gevoel 112 00:07:42,532 --> 00:07:46,084 toe gaan sy dokter toe en sê sy voel siek. 113 00:07:46,085 --> 00:07:50,458 Die dokter het sy bril opgesit want hy was nogal oud." 114 00:07:51,564 --> 00:07:53,882 Ek het na die polisiemanne gekyk. 115 00:07:53,883 --> 00:07:56,483 En hulle het my aangestaar. 116 00:07:56,484 --> 00:07:57,813 (Gelag) 117 00:07:58,653 --> 00:08:01,659 Ek onthou een van hulle het sy kop gekrap. 118 00:08:02,669 --> 00:08:05,242 En toe glimlag hulle. 119 00:08:06,112 --> 00:08:07,339 Hulle het geglimlag. 120 00:08:07,340 --> 00:08:10,879 En dit het my op my gemak gestel -- 121 00:08:10,880 --> 00:08:14,256 in elk geval so dat ’n paar meer toepaslike woorde 122 00:08:14,257 --> 00:08:16,677 kon terugspring in my kop in. 123 00:08:16,688 --> 00:08:19,687 Ek kon ’n paar halwe sinne uitkry, soos: 124 00:08:19,688 --> 00:08:23,483 "Baie jammer, kos nodig gehad, sal dit nooit weer doen nie." 125 00:08:24,763 --> 00:08:26,262 Hulle het my laat gaan. 126 00:08:27,334 --> 00:08:32,458 Soos ek die winkel ingehardloop het, het hulle geroep: “Szczęśliwej podróży!" 127 00:08:32,480 --> 00:08:34,020 "Geniet die reis!" 128 00:08:34,650 --> 00:08:39,006 Dis nie my bedoeling om julle aan te spoor om nuwe tale te leer 129 00:08:39,006 --> 00:08:42,696 om om die wêreld te reis, wette te oortree en daarmee weg te kom nie. 130 00:08:44,586 --> 00:08:49,481 Maar hierdie staaltjie illustreer hoe ’n paar woordjies, 131 00:08:50,261 --> 00:08:53,760 hoe eenvoudig of laf ook al --- net ’n paar woordjies -- 132 00:08:53,761 --> 00:08:57,991 reguit na die hart kan gaan en ’n mens kan laat smelt. 133 00:08:58,901 --> 00:09:01,771 Terloops, daar was ’n ander opsie as die siek padda. 134 00:09:01,772 --> 00:09:04,207 Daar was een ding wat ek net so goed geken het: 135 00:09:05,857 --> 00:09:07,232 ’n drinklied. 136 00:09:07,233 --> 00:09:08,525 (Gelag) 137 00:09:09,185 --> 00:09:11,394 Dit sou nie so goed afgegaan het nie 138 00:09:12,124 --> 00:09:14,430 en ek sou dalk polisiestasie toe moes gaan 139 00:09:14,431 --> 00:09:15,661 vir ’n bloedtoets. 140 00:09:17,603 --> 00:09:21,133 Jy het nie nodig om baie tale te leer nie, 141 00:09:21,134 --> 00:09:24,153 en jy het nie ’n diepgaande kennis daarvan nodig nie. 142 00:09:24,154 --> 00:09:26,162 ’n Mens kan ver kom met ’n klein bietjie. 143 00:09:27,122 --> 00:09:30,383 Tien woorde wat met die hart praat, kan ’n groter impak hê 144 00:09:30,384 --> 00:09:32,964 as ’n duisend woorde wat met die kop praat. 145 00:09:34,644 --> 00:09:38,741 Jy kan kies om altyd Engels te gebruik as ’n middeweg. 146 00:09:39,851 --> 00:09:44,822 Maar jy kan ook kies om die mens te wees wat daardie middellyn kruis 147 00:09:44,823 --> 00:09:49,393 en jou nuwe kennis of opponent, wie dit ook al is, 148 00:09:49,394 --> 00:09:51,480 op hul eie turf ontmoet. 149 00:09:52,375 --> 00:09:55,334 Dit maak jou nie swak om die ander se taal te praat nie; 150 00:09:55,336 --> 00:09:57,066 dit bewys dat jy sterk is. 151 00:09:57,856 --> 00:10:04,241 Dis die mens wat die moed het en die moeite doen om oor lyne uit te reik 152 00:10:05,221 --> 00:10:06,923 wat op die ou einde wen. 153 00:10:08,292 --> 00:10:12,210 Moenie bang wees om foute te maak nie. Foute wys jy is menslik. 154 00:10:12,918 --> 00:10:16,836 En in hierdie geval is daar ’n bonus: 155 00:10:18,091 --> 00:10:20,692 As jy ’n fout maak, 156 00:10:20,693 --> 00:10:26,090 gee jy ander ’n geleentheid om jou te help en tegemoet te kom. 157 00:10:26,091 --> 00:10:31,933 En so versterk jy die band wat jy so pas gesmee het. 158 00:10:32,934 --> 00:10:37,190 Wil jy jouself verstaanbaar maak 159 00:10:38,320 --> 00:10:39,970 of wil jy verhoudings bou? 160 00:10:41,650 --> 00:10:46,520 Kom ons almal gaan voort om Engels te leer en te gebruik, 161 00:10:48,080 --> 00:10:52,561 sodat ons met gemengde gehore kan praat, soos hier by TEDx. 162 00:10:53,591 --> 00:10:57,697 Engels is ’n kragtige werktuig vir die deel van kennis, 163 00:10:57,698 --> 00:11:03,750 vir internasionale konvensies oor wêreldprobleme. 164 00:11:04,940 --> 00:11:10,161 Bo alles is Engels wel die vinnigste pad na 365 miljoen harte. 165 00:11:11,131 --> 00:11:17,170 Vir 365 miljoen mense ruik die Engelse taal soos koekies. 166 00:11:18,927 --> 00:11:20,517 Maar hoekom daar stop? 167 00:11:22,007 --> 00:11:24,535 Hoekom doen jy nie die moeite 168 00:11:24,536 --> 00:11:27,696 en leer ten minste een ander vreemde taal nie? 169 00:11:28,776 --> 00:11:31,784 Daar is baie geure koekies in die wêreld daarbuite. 170 00:11:31,785 --> 00:11:34,181 Kom ons gaan proe ’n nuwe een. 171 00:11:34,990 --> 00:11:36,051 Dankie. 172 00:11:36,463 --> 00:11:37,755 (Applous)