-
Hallo daar, my naam is Martin Keary en dis vir my
heerlik om die vrystelling van MuseScore 4 aan te kondig -
-
'n reusehersiening wat... wel,
alles aanroer! Kom ek wys jou.
-
Eerstens sien dit heeltemal nuut daar uit.
Die ligte en donker temas is beide
-
opgeknap, en hulle het selfs
verstelbare aksentkleure.
-
Diegene met gesiggestremdhede kan ook 'n
verstelbare hoëkontrasmodus aanskakel.
-
Naas die visuele veranderings, het ons baie tyd aan die
verbetering van die ervaring bestee om jou te help
-
om dinge makliker te kry en vinniger te noteer.
Die boonste nutsbalk bevat byvoorbeeld nou n-ole
-
en artikulasie en het vele meer opsies wat
vertoon en versteek kan word deur hier te klik.
-
Ons het die Inspekteur, wat ons 'Eienskappe'
herdoop het, heeltemal herontwerp en
-
allerlei klein funksies en
verbeteringe bygevoeg sodat dit baie
-
nuttiger is as voorheen is. Dis ook baie slimmer.
Maak nie saak hoeveel dinge jy op jou partituur kies nie,
-
dit sal altyd die toepaslike opsies kan
vertoon sodat jy dit gou kan verander.
-
Ons het ook die stelsel vir die oopmaak en pasmaak
van partye vereenvoudig. Kies 'Partye' hier,
-
kies die toepaslike party en dan kan jy - deur
hierdie nuwe instrumente-paneel te gebruik - enige
-
bygaande instrumente wat jy ook wil sien vertoon,
-
herrangskik en selfs hul instellings wysig.
En terloops, jy kan ook hierdie instrumente-paneel
-
gebruik om notebalke by te voeg of gekoppelde notebalke
te skep, wat baie handig is vir kitaartablatuur.
-
Hier is 'n halleluja-oomblik vir jou: MuseScore
ondersteun uiteindelik die terugspeel van tempo-lyne,
-
soos accelerando en ritardando.
-
Ons het ook die skakel met MuseScore.com verbeter,
-
wat dit vir jou makliker maak om jou werk
privaat op die wolk te bewaar.
-
Jy kan dan kies om jou werk te publiseer op
MuseScore.com wanneer die partituur voltooi is.
-
Maar dis net die begin.
-
Volgende is die reusehersiening van ons
uitleg. Bladmusiek in MuseScore het
-
'n gedaantewisseling ondergaan sodat dit nou hoogs professioneel
by verstek is. Een aspek hiervan is ons nuwe stelsel
-
vir horisontale spasiëring. Om maar een
voorbeeld van hoeveel dit dinge verbeter, te noem:
-
beskou hierdie notasie uit MuseScore
3, wat nou só lyk. Ons het ook
-
ons stelsels vir balke, frasering- en verbindingsboë en notasie
oor verskillende notebalke herskryf. Behalwe daarvoor...
-
...is die plasing van honderde verskillende simbole spanne
beter as voorheen. Dinamiese aanduidings word
-
by verstek akkurater geplaas. Jy
kan notasie aanpas om reguit of
-
tradisionele vlaggies te hê. Ons het nuwe notasie-
tipes, soos Maestro en Broadway, bygevoeg - en
-
ons eie vlagskip-notasietipe, Leland,
heelwat verbeter en uitgebrei.
-
Maar dis steeds nie al nie, want ek het nog
nie die heel grootste verandering genoem nie,
-
naamlik dat MuseScore 'n splinternuwe klankenjin
en terugspeel-stelsel het. Dit het ons in staat gestel
-
om VST-instrumente en effekte te ondersteun, wat met
ons nuwe menger opgestel kan word, soos volg. 'n Nog
-
meer opwindende gevolg van ons klankenjin is te
vinde as mens ons nuwe "Muse Hub"-program oopmaak,
-
waar jy iets genaamd "Muse Sounds" sal sien, -
'n orkestrale inpropstuk waaraan ons twee jaar
-
van ontwikkeling bestee het. Sodra Muse Sounds
geïnstalleer is, sal terugspel nie meer só klink nie:
-
Dit sal só klink:
-
Geen verstelling of ingewikkelde
bedrading word benodig nie en dis gratis.
-
MuseScore 4 is die vrug van toegewyde
samewerking tussen my span en die oopbron-
-
gemeenskap, wat ons met oneindig
baie hulp met ontwerp en implementering
-
sowel as vertalings, dokumentasie en
gebruikersondersteuning voorsien het.
-
Ons het verskeie tutoriale vrygestel vir diegene
wat so gou moontlik aan die gang wil kom.
-
Dit kan bekom word vanuit MuseScore 4 self
of deur op hierdie kanaal te soek.
-
Ons het nou die gesofistikeerde tegniese
fondasie in MuseScore 4 wat ons
-
nodig het om nuwe funksies baie vinniger te
bou in die toekoms. Daar is baie groot dinge binnekort
-
op pad. As jy belangstel om daarvan te hore
te kom, teken gerus in op hierdie kanaal.
-
Baie dankie, en pas jouself op!