Hallo daar, my naam is Martin Keary en dis vir my heerlik om die vrystelling van MuseScore 4 aan te kondig - 'n reusehersiening wat... wel, alles aanroer! Kom ek wys jou. Eerstens sien dit heeltemal nuut daar uit. Die ligte en donker temas is beide opgeknap, en hulle het selfs verstelbare aksentkleure. Diegene met gesiggestremdhede kan ook 'n verstelbare hoëkontrasmodus aanskakel. Naas die visuele veranderings, het ons baie tyd aan die verbetering van die ervaring bestee om jou te help om dinge makliker te kry en vinniger te noteer. Die boonste nutsbalk bevat byvoorbeeld nou n-ole en artikulasie en het vele meer opsies wat vertoon en versteek kan word deur hier te klik. Ons het die Inspekteur, wat ons 'Eienskappe' herdoop het, heeltemal herontwerp en allerlei klein funksies en verbeteringe bygevoeg sodat dit baie nuttiger is as voorheen is. Dis ook baie slimmer. Maak nie saak hoeveel dinge jy op jou partituur kies nie, dit sal altyd die toepaslike opsies kan vertoon sodat jy dit gou kan verander. Ons het ook die stelsel vir die oopmaak en pasmaak van partye vereenvoudig. Kies 'Partye' hier, kies die toepaslike party en dan kan jy - deur hierdie nuwe instrumente-paneel te gebruik - enige bygaande instrumente wat jy ook wil sien vertoon, herrangskik en selfs hul instellings wysig. En terloops, jy kan ook hierdie instrumente-paneel gebruik om notebalke by te voeg of gekoppelde notebalke te skep, wat baie handig is vir kitaartablatuur. Hier is 'n halleluja-oomblik vir jou: MuseScore ondersteun uiteindelik die terugspeel van tempo-lyne, soos accelerando en ritardando. Ons het ook die skakel met MuseScore.com verbeter, wat dit vir jou makliker maak om jou werk privaat op die wolk te bewaar. Jy kan dan kies om jou werk te publiseer op MuseScore.com wanneer die partituur voltooi is. Maar dis net die begin. Volgende is die reusehersiening van ons uitleg. Bladmusiek in MuseScore het 'n gedaantewisseling ondergaan sodat dit nou hoogs professioneel by verstek is. Een aspek hiervan is ons nuwe stelsel vir horisontale spasiëring. Om maar een voorbeeld van hoeveel dit dinge verbeter, te noem: beskou hierdie notasie uit MuseScore 3, wat nou só lyk. Ons het ook ons stelsels vir balke, frasering- en verbindingsboë en notasie oor verskillende notebalke herskryf. Behalwe daarvoor... ...is die plasing van honderde verskillende simbole spanne beter as voorheen. Dinamiese aanduidings word by verstek akkurater geplaas. Jy kan notasie aanpas om reguit of tradisionele vlaggies te hê. Ons het nuwe notasie- tipes, soos Maestro en Broadway, bygevoeg - en ons eie vlagskip-notasietipe, Leland, heelwat verbeter en uitgebrei. Maar dis steeds nie al nie, want ek het nog nie die heel grootste verandering genoem nie, naamlik dat MuseScore 'n splinternuwe klankenjin en terugspeel-stelsel het. Dit het ons in staat gestel om VST-instrumente en effekte te ondersteun, wat met ons nuwe menger opgestel kan word, soos volg. 'n Nog meer opwindende gevolg van ons klankenjin is te vinde as mens ons nuwe "Muse Hub"-program oopmaak, waar jy iets genaamd "Muse Sounds" sal sien, - 'n orkestrale inpropstuk waaraan ons twee jaar van ontwikkeling bestee het. Sodra Muse Sounds geïnstalleer is, sal terugspel nie meer só klink nie: Dit sal só klink: Geen verstelling of ingewikkelde bedrading word benodig nie en dis gratis. MuseScore 4 is die vrug van toegewyde samewerking tussen my span en die oopbron- gemeenskap, wat ons met oneindig baie hulp met ontwerp en implementering sowel as vertalings, dokumentasie en gebruikersondersteuning voorsien het. Ons het verskeie tutoriale vrygestel vir diegene wat so gou moontlik aan die gang wil kom. Dit kan bekom word vanuit MuseScore 4 self of deur op hierdie kanaal te soek. Ons het nou die gesofistikeerde tegniese fondasie in MuseScore 4 wat ons nodig het om nuwe funksies baie vinniger te bou in die toekoms. Daar is baie groot dinge binnekort op pad. As jy belangstel om daarvan te hore te kom, teken gerus in op hierdie kanaal. Baie dankie, en pas jouself op!