WEBVTT 00:00:04.560 --> 00:00:09.000 Hallo daar, my naam is Martin Keary en dis vir my heerlik om die vrystelling van MuseScore 4 aan te kondig - 00:00:09.000 --> 00:00:14.000 'n reusehersiening wat... wel, alles aanroer! Kom ek wys jou. 00:00:14.000 --> 00:00:18.000 Eerstens sien dit heeltemal nuut daar uit. Die ligte en donker temas is beide 00:00:18.000 --> 00:00:21.000 opgeknap, en hulle het selfs verstelbare aksentkleure. 00:00:21.000 --> 00:00:25.000 Diegene met gesiggestremdhede kan ook 'n verstelbare hoëkontrasmodus aanskakel. 00:00:25.000 --> 00:00:29.000 Naas die visuele veranderings, het ons baie tyd aan die verbetering van die ervaring bestee om jou te help 00:00:29.000 --> 00:00:34.000 om dinge makliker te kry en vinniger te noteer. Die boonste nutsbalk bevat byvoorbeeld nou n-ole 00:00:34.000 --> 00:00:38.000 en artikulasie en het vele meer opsies wat vertoon en versteek kan word deur hier te klik. 00:00:39.000 --> 00:00:43.000 Ons het die Inspekteur, wat ons 'Eienskappe' herdoop het, heeltemal herontwerp en 00:00:43.000 --> 00:00:46.000 allerlei klein funksies en verbeteringe bygevoeg sodat dit baie 00:00:46.000 --> 00:00:51.000 nuttiger is as voorheen is. Dis ook baie slimmer. Maak nie saak hoeveel dinge jy op jou partituur kies nie, 00:00:51.000 --> 00:00:55.000 dit sal altyd die toepaslike opsies kan vertoon sodat jy dit gou kan verander. 00:00:55.000 --> 00:01:00.000 Ons het ook die stelsel vir die oopmaak en pasmaak van partye vereenvoudig. Kies 'Partye' hier, 00:01:00.000 --> 00:01:05.000 kies die toepaslike party en dan kan jy - deur hierdie nuwe instrumente-paneel te gebruik - enige 00:01:05.000 --> 00:01:06.000 bygaande instrumente wat jy ook wil sien vertoon, 00:01:06.000 --> 00:01:11.000 herrangskik en selfs hul instellings wysig. En terloops, jy kan ook hierdie instrumente-paneel 00:01:11.000 --> 00:01:17.000 gebruik om notebalke by te voeg of gekoppelde notebalke te skep, wat baie handig is vir kitaartablatuur. 00:01:17.000 --> 00:01:22.000 Hier is 'n halleluja-oomblik vir jou: MuseScore ondersteun uiteindelik die terugspeel van tempo-lyne, 00:01:22.000 --> 00:01:24.000 soos accelerando en ritardando. 00:01:25.000 --> 00:01:28.000 Ons het ook die skakel met MuseScore.com verbeter, 00:01:28.000 --> 00:01:31.000 wat dit vir jou makliker maak om jou werk privaat op die wolk te bewaar. 00:01:31.000 --> 00:01:35.000 Jy kan dan kies om jou werk te publiseer op MuseScore.com wanneer die partituur voltooi is. 00:01:35.000 --> 00:01:36.000 Maar dis net die begin. 00:01:36.000 --> 00:01:41.000 Volgende is die reusehersiening van ons uitleg. Bladmusiek in MuseScore het 00:01:41.000 --> 00:01:46.000 'n gedaantewisseling ondergaan sodat dit nou hoogs professioneel by verstek is. Een aspek hiervan is ons nuwe stelsel 00:01:46.000 --> 00:01:50.000 vir horisontale spasiëring. Om maar een voorbeeld van hoeveel dit dinge verbeter, te noem: 00:01:50.000 --> 00:01:55.000 beskou hierdie notasie uit MuseScore 3, wat nou só lyk. Ons het ook 00:01:55.000 --> 00:02:00.000 ons stelsels vir balke, frasering- en verbindingsboë en notasie oor verskillende notebalke herskryf. Behalwe daarvoor... 00:02:00.000 --> 00:02:05.000 ...is die plasing van honderde verskillende simbole spanne beter as voorheen. Dinamiese aanduidings word 00:02:05.000 --> 00:02:09.000 by verstek akkurater geplaas. Jy kan notasie aanpas om reguit of 00:02:09.000 --> 00:02:13.000 tradisionele vlaggies te hê. Ons het nuwe notasie- tipes, soos Maestro en Broadway, bygevoeg - en 00:02:13.000 --> 00:02:17.000 ons eie vlagskip-notasietipe, Leland, heelwat verbeter en uitgebrei. 00:02:17.000 --> 00:02:21.000 Maar dis steeds nie al nie, want ek het nog nie die heel grootste verandering genoem nie, 00:02:21.000 --> 00:02:26.000 naamlik dat MuseScore 'n splinternuwe klankenjin en terugspeel-stelsel het. Dit het ons in staat gestel 00:02:26.000 --> 00:02:32.000 om VST-instrumente en effekte te ondersteun, wat met ons nuwe menger opgestel kan word, soos volg. 'n Nog 00:02:32.000 --> 00:02:37.000 meer opwindende gevolg van ons klankenjin is te vinde as mens ons nuwe "Muse Hub"-program oopmaak, 00:02:37.000 --> 00:02:41.000 waar jy iets genaamd "Muse Sounds" sal sien, - 'n orkestrale inpropstuk waaraan ons twee jaar 00:02:41.000 --> 00:02:46.000 van ontwikkeling bestee het. Sodra Muse Sounds geïnstalleer is, sal terugspel nie meer só klink nie: 00:02:58.000 --> 00:03:00.000 Dit sal só klink: 00:03:10.000 --> 00:03:21.000 Geen verstelling of ingewikkelde bedrading word benodig nie en dis gratis. 00:03:21.000 --> 00:03:26.000 MuseScore 4 is die vrug van toegewyde samewerking tussen my span en die oopbron- 00:03:26.000 --> 00:03:30.000 gemeenskap, wat ons met oneindig baie hulp met ontwerp en implementering 00:03:30.000 --> 00:03:34.000 sowel as vertalings, dokumentasie en gebruikersondersteuning voorsien het. 00:03:34.000 --> 00:03:38.000 Ons het verskeie tutoriale vrygestel vir diegene wat so gou moontlik aan die gang wil kom. 00:03:38.000 --> 00:03:42.000 Dit kan bekom word vanuit MuseScore 4 self of deur op hierdie kanaal te soek. 00:03:42.000 --> 00:03:46.000 Ons het nou die gesofistikeerde tegniese fondasie in MuseScore 4 wat ons 00:03:46.000 --> 00:03:51.000 nodig het om nuwe funksies baie vinniger te bou in die toekoms. Daar is baie groot dinge binnekort 00:03:51.000 --> 00:03:55.000 op pad. As jy belangstel om daarvan te hore te kom, teken gerus in op hierdie kanaal. 00:03:55.000 --> 00:03:58.000 Baie dankie, en pas jouself op!