0:00:04.560,0:00:09.000 Hallo daar, my naam is Martin Keary en dis vir my[br]heerlik om die vrystelling van MuseScore 4 aan te kondig - 0:00:09.000,0:00:14.000 'n reusehersiening wat... wel,[br]alles aanroer! Kom ek wys jou. 0:00:14.000,0:00:18.000 Eerstens sien dit heeltemal nuut daar uit. [br]Die ligte en donker temas is beide 0:00:18.000,0:00:21.000 opgeknap, en hulle het selfs[br]verstelbare aksentkleure. 0:00:21.000,0:00:25.000 Diegene met gesiggestremdhede kan ook 'n[br]verstelbare hoëkontrasmodus aanskakel. 0:00:25.000,0:00:29.000 Naas die visuele veranderings, het ons baie tyd aan die[br]verbetering van die ervaring bestee om jou te help 0:00:29.000,0:00:34.000 om dinge makliker te kry en vinniger te noteer.[br]Die boonste nutsbalk bevat byvoorbeeld nou n-ole 0:00:34.000,0:00:38.000 en artikulasie en het vele meer opsies wat[br]vertoon en versteek kan word deur hier te klik. 0:00:39.000,0:00:43.000 Ons het die Inspekteur, wat ons 'Eienskappe'[br]herdoop het, heeltemal herontwerp en 0:00:43.000,0:00:46.000 allerlei klein funksies en [br]verbeteringe bygevoeg sodat dit baie 0:00:46.000,0:00:51.000 nuttiger is as voorheen is. Dis ook baie slimmer.[br]Maak nie saak hoeveel dinge jy op jou partituur kies nie, 0:00:51.000,0:00:55.000 dit sal altyd die toepaslike opsies kan[br]vertoon sodat jy dit gou kan verander. 0:00:55.000,0:01:00.000 Ons het ook die stelsel vir die oopmaak en pasmaak[br]van partye vereenvoudig. Kies 'Partye' hier, 0:01:00.000,0:01:05.000 kies die toepaslike party en dan kan jy - deur[br]hierdie nuwe instrumente-paneel te gebruik - enige 0:01:05.000,0:01:06.000 bygaande instrumente wat jy ook wil sien vertoon, 0:01:06.000,0:01:11.000 herrangskik en selfs hul instellings wysig.[br]En terloops, jy kan ook hierdie instrumente-paneel 0:01:11.000,0:01:17.000 gebruik om notebalke by te voeg of gekoppelde notebalke[br]te skep, wat baie handig is vir kitaartablatuur. 0:01:17.000,0:01:22.000 Hier is 'n halleluja-oomblik vir jou: MuseScore[br]ondersteun uiteindelik die terugspeel van tempo-lyne, 0:01:22.000,0:01:24.000 soos accelerando en ritardando. 0:01:25.000,0:01:28.000 Ons het ook die skakel met MuseScore.com verbeter, 0:01:28.000,0:01:31.000 wat dit vir jou makliker maak om jou werk[br]privaat op die wolk te bewaar. 0:01:31.000,0:01:35.000 Jy kan dan kies om jou werk te publiseer op[br]MuseScore.com wanneer die partituur voltooi is. 0:01:35.000,0:01:36.000 Maar dis net die begin. 0:01:36.000,0:01:41.000 Volgende is die reusehersiening van ons[br]uitleg. Bladmusiek in MuseScore het 0:01:41.000,0:01:46.000 'n gedaantewisseling ondergaan sodat dit nou hoogs professioneel[br]by verstek is. Een aspek hiervan is ons nuwe stelsel 0:01:46.000,0:01:50.000 vir horisontale spasiëring. Om maar een[br]voorbeeld van hoeveel dit dinge verbeter, te noem: 0:01:50.000,0:01:55.000 beskou hierdie notasie uit MuseScore[br]3, wat nou só lyk. Ons het ook 0:01:55.000,0:02:00.000 ons stelsels vir balke, frasering- en verbindingsboë en notasie[br]oor verskillende notebalke herskryf. Behalwe daarvoor... 0:02:00.000,0:02:05.000 ...is die plasing van honderde verskillende simbole spanne[br]beter as voorheen. Dinamiese aanduidings word 0:02:05.000,0:02:09.000 by verstek akkurater geplaas. Jy[br]kan notasie aanpas om reguit of 0:02:09.000,0:02:13.000 tradisionele vlaggies te hê. Ons het nuwe notasie-[br]tipes, soos Maestro en Broadway, bygevoeg - en 0:02:13.000,0:02:17.000 ons eie vlagskip-notasietipe, Leland, [br]heelwat verbeter en uitgebrei. 0:02:17.000,0:02:21.000 Maar dis steeds nie al nie, want ek het nog[br]nie die heel grootste verandering genoem nie, 0:02:21.000,0:02:26.000 naamlik dat MuseScore 'n splinternuwe klankenjin[br]en terugspeel-stelsel het. Dit het ons in staat gestel 0:02:26.000,0:02:32.000 om VST-instrumente en effekte te ondersteun, wat met[br]ons nuwe menger opgestel kan word, soos volg. 'n Nog 0:02:32.000,0:02:37.000 meer opwindende gevolg van ons klankenjin is te[br]vinde as mens ons nuwe "Muse Hub"-program oopmaak, 0:02:37.000,0:02:41.000 waar jy iets genaamd "Muse Sounds" sal sien, -[br]'n orkestrale inpropstuk waaraan ons twee jaar 0:02:41.000,0:02:46.000 van ontwikkeling bestee het. Sodra Muse Sounds[br]geïnstalleer is, sal terugspel nie meer só klink nie: 0:02:58.000,0:03:00.000 Dit sal só klink: 0:03:10.000,0:03:21.000 Geen verstelling of ingewikkelde[br]bedrading word benodig nie en dis gratis. 0:03:21.000,0:03:26.000 MuseScore 4 is die vrug van toegewyde[br]samewerking tussen my span en die oopbron- 0:03:26.000,0:03:30.000 gemeenskap, wat ons met oneindig[br]baie hulp met ontwerp en implementering 0:03:30.000,0:03:34.000 sowel as vertalings, dokumentasie en[br]gebruikersondersteuning voorsien het. 0:03:34.000,0:03:38.000 Ons het verskeie tutoriale vrygestel vir diegene[br]wat so gou moontlik aan die gang wil kom. 0:03:38.000,0:03:42.000 Dit kan bekom word vanuit MuseScore 4 self[br]of deur op hierdie kanaal te soek. 0:03:42.000,0:03:46.000 Ons het nou die gesofistikeerde tegniese[br]fondasie in MuseScore 4 wat ons 0:03:46.000,0:03:51.000 nodig het om nuwe funksies baie vinniger te[br]bou in die toekoms. Daar is baie groot dinge binnekort 0:03:51.000,0:03:55.000 op pad. As jy belangstel om daarvan te hore[br]te kom, teken gerus in op hierdie kanaal. 0:03:55.000,0:03:58.000 Baie dankie, en pas jouself op!