1 00:00:04,560 --> 00:00:09,000 Hallo daar, my naam is Martin Keary en dis vir my heerlik om die vrystelling van MuseScore 4 aan te kondig - 2 00:00:09,000 --> 00:00:14,000 'n reusehersiening wat... wel, alles aanroer! Kom ek wys jou. 3 00:00:14,000 --> 00:00:18,000 Eerstens sien dit heeltemal nuut daar uit. Die ligte en donker temas is beide 4 00:00:18,000 --> 00:00:21,000 opgeknap, en hulle het selfs verstelbare aksentkleure. 5 00:00:21,000 --> 00:00:25,000 Diegene met gesiggestremdhede kan ook 'n verstelbare hoëkontrasmodus aanskakel. 6 00:00:25,000 --> 00:00:29,000 Naas die visuele veranderings, het ons baie tyd aan die verbetering van die ervaring bestee om jou te help 7 00:00:29,000 --> 00:00:34,000 om dinge makliker te kry en vinniger te noteer. Die boonste nutsbalk bevat byvoorbeeld nou n-ole 8 00:00:34,000 --> 00:00:38,000 en artikulasie en het vele meer opsies wat vertoon en versteek kan word deur hier te klik. 9 00:00:39,000 --> 00:00:43,000 Ons het die Inspekteur, wat ons 'Eienskappe' herdoop het, heeltemal herontwerp en 10 00:00:43,000 --> 00:00:46,000 allerlei klein funksies en verbeteringe bygevoeg sodat dit baie 11 00:00:46,000 --> 00:00:51,000 nuttiger is as voorheen is. Dis ook baie slimmer. Maak nie saak hoeveel dinge jy op jou partituur kies nie, 12 00:00:51,000 --> 00:00:55,000 dit sal altyd die toepaslike opsies kan vertoon sodat jy dit gou kan verander. 13 00:00:55,000 --> 00:01:00,000 Ons het ook die stelsel vir die oopmaak en pasmaak van partye vereenvoudig. Kies 'Partye' hier, 14 00:01:00,000 --> 00:01:05,000 kies die toepaslike party en dan kan jy - deur hierdie nuwe instrumente-paneel te gebruik - enige 15 00:01:05,000 --> 00:01:06,000 bygaande instrumente wat jy ook wil sien vertoon, 16 00:01:06,000 --> 00:01:11,000 herrangskik en selfs hul instellings wysig. En terloops, jy kan ook hierdie instrumente-paneel 17 00:01:11,000 --> 00:01:17,000 gebruik om notebalke by te voeg of gekoppelde notebalke te skep, wat baie handig is vir kitaartablatuur. 18 00:01:17,000 --> 00:01:22,000 Hier is 'n halleluja-oomblik vir jou: MuseScore ondersteun uiteindelik die terugspeel van tempo-lyne, 19 00:01:22,000 --> 00:01:24,000 soos accelerando en ritardando. 20 00:01:25,000 --> 00:01:28,000 Ons het ook die skakel met MuseScore.com verbeter, 21 00:01:28,000 --> 00:01:31,000 wat dit vir jou makliker maak om jou werk privaat op die wolk te bewaar. 22 00:01:31,000 --> 00:01:35,000 Jy kan dan kies om jou werk te publiseer op MuseScore.com wanneer die partituur voltooi is. 23 00:01:35,000 --> 00:01:36,000 Maar dis net die begin. 24 00:01:36,000 --> 00:01:41,000 Volgende is die reusehersiening van ons uitleg. Bladmusiek in MuseScore het 25 00:01:41,000 --> 00:01:46,000 'n gedaantewisseling ondergaan sodat dit nou hoogs professioneel by verstek is. Een aspek hiervan is ons nuwe stelsel 26 00:01:46,000 --> 00:01:50,000 vir horisontale spasiëring. Om maar een voorbeeld van hoeveel dit dinge verbeter, te noem: 27 00:01:50,000 --> 00:01:55,000 beskou hierdie notasie uit MuseScore 3, wat nou só lyk. Ons het ook 28 00:01:55,000 --> 00:02:00,000 ons stelsels vir balke, frasering- en verbindingsboë en notasie oor verskillende notebalke herskryf. Behalwe daarvoor... 29 00:02:00,000 --> 00:02:05,000 ...is die plasing van honderde verskillende simbole spanne beter as voorheen. Dinamiese aanduidings word 30 00:02:05,000 --> 00:02:09,000 by verstek akkurater geplaas. Jy kan notasie aanpas om reguit of 31 00:02:09,000 --> 00:02:13,000 tradisionele vlaggies te hê. Ons het nuwe notasie- tipes, soos Maestro en Broadway, bygevoeg - en 32 00:02:13,000 --> 00:02:17,000 ons eie vlagskip-notasietipe, Leland, heelwat verbeter en uitgebrei. 33 00:02:17,000 --> 00:02:21,000 Maar dis steeds nie al nie, want ek het nog nie die heel grootste verandering genoem nie, 34 00:02:21,000 --> 00:02:26,000 naamlik dat MuseScore 'n splinternuwe klankenjin en terugspeel-stelsel het. Dit het ons in staat gestel 35 00:02:26,000 --> 00:02:32,000 om VST-instrumente en effekte te ondersteun, wat met ons nuwe menger opgestel kan word, soos volg. 'n Nog 36 00:02:32,000 --> 00:02:37,000 meer opwindende gevolg van ons klankenjin is te vinde as mens ons nuwe "Muse Hub"-program oopmaak, 37 00:02:37,000 --> 00:02:41,000 waar jy iets genaamd "Muse Sounds" sal sien, - 'n orkestrale inpropstuk waaraan ons twee jaar 38 00:02:41,000 --> 00:02:46,000 van ontwikkeling bestee het. Sodra Muse Sounds geïnstalleer is, sal terugspel nie meer só klink nie: 39 00:02:58,000 --> 00:03:00,000 Dit sal só klink: 40 00:03:10,000 --> 00:03:21,000 Geen verstelling of ingewikkelde bedrading word benodig nie en dis gratis. 41 00:03:21,000 --> 00:03:26,000 MuseScore 4 is die vrug van toegewyde samewerking tussen my span en die oopbron- 42 00:03:26,000 --> 00:03:30,000 gemeenskap, wat ons met oneindig baie hulp met ontwerp en implementering 43 00:03:30,000 --> 00:03:34,000 sowel as vertalings, dokumentasie en gebruikersondersteuning voorsien het. 44 00:03:34,000 --> 00:03:38,000 Ons het verskeie tutoriale vrygestel vir diegene wat so gou moontlik aan die gang wil kom. 45 00:03:38,000 --> 00:03:42,000 Dit kan bekom word vanuit MuseScore 4 self of deur op hierdie kanaal te soek. 46 00:03:42,000 --> 00:03:46,000 Ons het nou die gesofistikeerde tegniese fondasie in MuseScore 4 wat ons 47 00:03:46,000 --> 00:03:51,000 nodig het om nuwe funksies baie vinniger te bou in die toekoms. Daar is baie groot dinge binnekort 48 00:03:51,000 --> 00:03:55,000 op pad. As jy belangstel om daarvan te hore te kom, teken gerus in op hierdie kanaal. 49 00:03:55,000 --> 00:03:58,000 Baie dankie, en pas jouself op!