< Return to Video

Klassieke musiek se vermoë om ons te verander

  • 0:00 - 0:03
    Van julle ken waarskynlik die storie van die twee verkoopsmanne
  • 0:03 - 0:06
    wat in die 1900's Afrika besoek het.
  • 0:06 - 0:08
    Hulle is gestuur om uit te vind of daar enige geleentheid was
  • 0:08 - 0:10
    om skoene te verkoop.
  • 0:10 - 0:13
    Hulle stuur toe telegramme terug na Manchester toe
  • 0:13 - 0:17
    Die een skryf: "Situasie hopeloos. Stop.
  • 0:17 - 0:18
    Hulle dra nie skoene nie."
  • 0:18 - 0:21
    Die ander een skryf: "Uitstekende geleentheid.
  • 0:21 - 0:23
    Hulle het nog nie skoene hier nie."
  • 0:23 - 0:24
    (Gelag)
  • 0:24 - 0:27
    Daar is 'n soortgelyke situasie in die wêreld van klassieke musiek,
  • 0:28 - 0:29
    want party mense dink
  • 0:29 - 0:32
    dat klassieke musiek besig is om uit te sterf.
  • 0:33 - 0:36
    En dan is daar van ons wat dink dis nog net die begin van veel groter dinge.
  • 0:36 - 0:40
    Eerder as om statistiek en tendense aan te haal
  • 0:40 - 0:42
    en julle te vertel van al die orkeste wat ophou bestaan,
  • 0:42 - 0:45
    en die musiekmaatskappye wat besig is om te sluit,
  • 0:45 - 0:49
    het ek gedink ons kan vanaand 'n eksperiment doen -- 'n eksperiment..
  • 0:49 - 0:53
    Dis nie regtig 'n eksperiment nie, want ek weet wat die uitkoms is.
  • 0:54 - 0:56
    Maar dis iets soos 'n eksperiment. Nou, voor ons --
  • 0:56 - 1:00
    (Gelag)
  • 1:00 - 1:02
    -- voor ons begin, moet ek twee dinge doen.
  • 1:02 - 1:06
    Die een is dat ek julle wil herinner hoe 'n sewejarige kind
  • 1:07 - 1:08
    klink wanneer hy klavier speel.
  • 1:08 - 1:10
    Miskien het julle so 'n kind by die huis.
  • 1:11 - 1:12
    Hy klink omtrent so.
  • 1:12 - 1:32
    (Klavier)
  • 1:32 - 1:34
    Ek sien sommige van julle herken hierdie kind.
  • 1:34 - 1:39
    As hy 'n jaar lank oefen en les neem, is hy nou agt
  • 1:39 - 1:40
    en dan klink hy so.
  • 1:40 - 1:47
    (Klavier)
  • 1:47 - 1:50
    Dan oefen hy nog 'n jaar en neem les; nou's hy nege.
  • 1:50 - 1:56
    (Klavier)
  • 1:56 - 1:59
    Dan oefen hy nog 'n jaar en neem les; nou's hy tien.
  • 1:59 - 2:06
    (Klavier)
  • 2:06 - 2:07
    Op daardie stadium gooi hulle gewoonlik tou op.
  • 2:07 - 2:09
    (Gelag)
  • 2:09 - 2:11
    (Applous)
  • 2:11 - 2:13
    Maar as jy gewag het, nog een jaar gewag het,
  • 2:14 - 2:15
    sou jy dit gehoor het:
  • 2:15 - 2:24
    (Klavier)
  • 2:24 - 2:27
    Wat gebeur het, is nie wat julle dalk dink nie,
  • 2:27 - 2:30
    dit is, dat hy het skielik passievol, betrokke,
  • 2:30 - 2:33
    geraak, 'n nuwe onderwyser gekry, puberteit bereik het, of wat ook al.
  • 2:33 - 2:37
    Wat in werklikheid gebeur het, is dat die impetus verlaag is.
  • 2:38 - 2:39
    Julle sien, die eerste keer het hy
  • 2:39 - 2:41
    met 'n impetus op elke noot gespeel.
  • 2:42 - 2:44
    (Klavier)
  • 2:44 - 2:46
    En die tweede met die impetus op elke tweede noot.
  • 2:47 - 2:49
    (Klavier)
  • 2:49 - 2:50
    Julle kan dit sien deur na my kop te kyk.
  • 2:51 - 2:52
    (Gelag)
  • 2:52 - 2:54
    Die nege-jarige, die nege-jarige
  • 2:54 - 2:55
    plaas die impetus op elke vierde noot.
  • 2:55 - 2:57
    (Klavier)
  • 2:58 - 2:59
    En die tien-jarige op elke agt note.
  • 2:59 - 3:02
    (Klavier)
  • 3:02 - 3:04
    En die 11-jarige, een impetus op die hele frase.
  • 3:04 - 3:07
    (Klavier)
  • 3:08 - 3:10
    Ek weet -- ek weet nie hoe ons hier beland het nie.
  • 3:10 - 3:12
    (Gelag)
  • 3:13 - 3:15
    Ek het nie gesê ek gaan my skouer oor beweeg, my lyf beweeg nie.
  • 3:15 - 3:17
    Nee, die musiek het my omgestoot,
  • 3:17 - 3:19
    dit is waarom ek dit 'een-boud' spel noem.
  • 3:19 - 3:21
    (Klavier)
  • 3:21 - 3:22
    Dit kan ook die ander boud wees.
  • 3:22 - 3:26
    (Klavier)
  • 3:26 - 3:29
    Julle weet, 'n man het een keer na 'n aanbieding gekyk wat ek voorgedra het
  • 3:29 - 3:30
    toe ek met 'n jong pianis gewerk het.
  • 3:31 - 3:33
    Hy was die president van 'n maatskappy in Ohio.
  • 3:33 - 3:35
    En ek het met die jong pianis gewerk
  • 3:36 - 3:38
    en ek het gesê: "Die moeilikheid met jou is dat jy 'n 'twee-boud' speler is.
  • 3:38 - 3:40
    Jy behoort 'n 'een-boud' speler te wees."
  • 3:40 - 3:42
    Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel.
  • 3:42 - 3:44
    En skielik het die musiek lewe gekry. Dit het opgestyg.
  • 3:45 - 3:47
    Die gehoor het na hulle asems gesnak toe hulle die verskil hoor.
  • 3:47 - 3:49
    En toe kry ek 'n brief van hierdie man.
  • 3:49 - 3:50
    Hy skryf: "Ek was so beïndruk.
  • 3:50 - 3:52
    Ek het teruggegaan en my hele firma omskep
  • 3:53 - 3:54
    in 'n 'een-boud' maatskappy."
  • 3:54 - 3:57
    (Gelag)
  • 3:58 - 4:00
    Die ander ding wat ek wou doen, is om julle oor julleself te vertel.
  • 4:00 - 4:03
    Ek verstaan daar is 1,600 mense hier.
  • 4:03 - 4:06
    Ek skat dat 45 van julle waarskynlik
  • 4:06 - 4:08
    'n absolute passie vir klassieke musiek het.
  • 4:09 - 4:14
    Julle is mal oor klassieke musiek. Julle radio's is altyd op klassiek ingestel.
  • 4:14 - 4:17
    Julle het CD's in julle motors en julle woon simfoniekonserte by.
  • 4:17 - 4:18
    En julle kinders speel instrumente.
  • 4:18 - 4:20
    Julle kan nie jul lewens indink sonder klassieke musiek nie.
  • 4:21 - 4:23
    Dit is die eerste groep; 'n redelike klein groepie.
  • 4:23 - 4:25
    Dan is daar 'n ander groep, 'n groter groep.
  • 4:25 - 4:27
    Dit is mense wat nie omgee as klassieke musiek speel nie.
  • 4:27 - 4:28
    (Gelag)
  • 4:28 - 4:30
    Julle weet, 'n mens kom tuis na 'n lang dag
  • 4:30 - 4:32
    en jy kry 'n glasie wyn en gaan sit gemaklik.
  • 4:33 - 4:35
    'n Bietjie Vivaldi in die agtergrond doen geen skade nie.
  • 4:35 - 4:36
    (Gelag)
  • 4:36 - 4:37
    Dis die tweede groep.
  • 4:37 - 4:38
    Nou vir die derde groep.
  • 4:38 - 4:40
    Dit is mense wat nooit na klassieke musiek luister nie.
  • 4:40 - 4:42
    Dit is eenvoudig nie deel van jou lewe nie.
  • 4:43 - 4:45
    Jy mag dit dalk nes sekondêre rook by die lughawe optel, maar --
  • 4:45 - 4:47
    (Gelag)
  • 4:47 - 4:48
    -- en miskien 'n stukkie marsmusiek uit Aïda
  • 4:48 - 4:51
    wanneer jy die saal instap. Maar andersins hoor jy dit nooit.
  • 4:52 - 4:53
    Dit is waarskynlik die grootste groep van almal.
  • 4:53 - 4:55
    En dan is daar 'n baie klein groepie.
  • 4:55 - 4:58
    Dit is mense wat dink dat hulle toondoof is.
  • 4:58 - 5:00
    'n Verbasende aantal mense dink hulle is toondoof.
  • 5:01 - 5:03
    Inderwaarheid hoor ek dikwels: "My man is toondoof."
  • 5:03 - 5:04
    (Gelag)
  • 5:04 - 5:07
    Die waarheid is dat jy nie toondoof kan wees nie. Niemand is toondoof nie.
  • 5:07 - 5:10
    As jy toondoof was, sou jy nie die ratte kon verwissel
  • 5:10 - 5:12
    in jou motor met 'n handdrat nie.
  • 5:12 - 5:14
    Jy sou nie die verskil kon agterkom tussen
  • 5:14 - 5:16
    iemand van Texas en iemand van Rome nie.
  • 5:16 - 5:20
    En die telefoon. Die telefoon. As jou ma op die elendige foon
  • 5:21 - 5:23
    bel en sy sê: "Hallo,"
  • 5:23 - 5:26
    dan weet jy nie net wie dit is nie, jy weet ook in watter bui sy is.
  • 5:27 - 5:30
    Jy het 'n wonderlike oor. Almal het 'n wonderlike oor.
  • 5:30 - 5:32
    Niemand is dus toondoof nie.
  • 5:32 - 5:36
    Maar ek sê julle wat. Dit help nie ek gaan voort met hierdie ding nie
  • 5:36 - 5:39
    met so 'n groot gaping tussen dié wat verstaan,
  • 5:40 - 5:42
    en wat passievol en lief vir klassieke musiek is,
  • 5:42 - 5:45
    en diegene wat glad geen aanklank daarmee het nie.
  • 5:45 - 5:47
    Die toondoof mense is nie meer hier nie.
  • 5:47 - 5:51
    Maar selfs tussen daardie twee kategorieë is die gaping te groot.
  • 5:51 - 5:55
    Ek gaan dus nie voortgaan totdat elkeen in hierdie vertrek,
  • 5:55 - 6:00
    op die onderste vloer en in Aspen, en almal wat hierna kyk,
  • 6:01 - 6:04
    geleer het om klassieke musiek lief te hê en te verstaan nie.
  • 6:04 - 6:06
    En dit is wat ons gaan doen.
  • 6:07 - 6:12
    Julle sien dat ek nie die geringste twyfel het
  • 6:12 - 6:15
    dat dit gaan werk as julle na my gesig kyk nie, reg?
  • 6:15 - 6:19
    Dit is een van die eienskappe van 'n leier dat hy geen twyfel het nie
  • 6:19 - 6:22
    oor die mense wat hy lei se vermoë
  • 6:23 - 6:25
    om dit te bereik waaroor hy droom nie.
  • 6:25 - 6:28
    Dink net, as Martin Luther King sou sê: "I have a dream
  • 6:28 - 6:30
    of course, I'm not sure they'll be up to it."
  • 6:30 - 6:33
    (Gelag)
  • 6:34 - 6:36
    Goed. Ek gaan 'n stuk van Chopin gebruik.
  • 6:36 - 6:41
    Dit is 'n pragtige prelude van Chopin. Party van julle sal dit ken.
  • 6:42 - 7:10
    (Musiek)
  • 7:10 - 7:12
    Weet julle wat dink ek het waarskynlik in hierdie kamer gebeur?
  • 7:13 - 7:15
    Toe ek begin het, het julle gedink: "Hoe pragtig klink dit."
  • 7:15 - 7:28
    (Musiek)
  • 7:29 - 7:30
    "Ek dink nie ons moet volgende jaar vir die somervakansie
  • 7:30 - 7:32
    na dieselfde plek toe gaan nie."
  • 7:32 - 7:35
    (Gelag)
  • 7:35 - 7:38
    Dis snaaks, is dit nie? Dis snaaks hoe sulke dinge
  • 7:38 - 7:41
    in ons gedagtes insluip.
  • 7:41 - 7:42
    En natuurlik...
  • 7:42 - 7:45
    (Applous)
  • 7:45 - 7:47
    -- en natuurlik, as die stuk lank is en jy het 'n lang dag gehad,
  • 7:48 - 7:49
    mag jy selfs insluimer.
  • 7:49 - 7:51
    Dan sal jou metgesel jou in die ribbes pomp
  • 7:51 - 7:55
    en sê: "Word wakker! Dis kultuur!" En dan voel jy nog slegter.
  • 7:55 - 7:58
    Maar het dit al ooit by jou opgekom dat die rede waarom jy vaak word
  • 7:59 - 8:01
    met klassieke musiek nie jou skuld is nie, maar ons s'n?
  • 8:01 - 8:03
    Het enigiemand gedink, terwyl ek gespeel het:
  • 8:03 - 8:05
    "Waarom gebruik hy soveel klemtone?"
  • 8:05 - 8:08
    As ek dit met my kop gedoen het, sou julle beslis so gedink het.
  • 8:09 - 8:14
    (Musiek)
  • 8:14 - 8:18
    En vir die res van julle lewens sal julle altyd bewus wees
  • 8:18 - 8:22
    van die klemtone wanneer julle na klassieke musiek luister.
  • 8:22 - 8:24
    Kom ons kyk dus wat regtig hier aangaan.
  • 8:24 - 8:29
    Ons het 'n B. Dit is 'n B. Die volgende noot is 'n C.
  • 8:29 - 8:32
    En die taak van die C is om die B treurig te maak. En dit werk, nie waar nie?
  • 8:32 - 8:35
    (Gelag)
  • 8:35 - 8:37
    Komponiste weet dit. As hulle treurige musiek wil hê,
  • 8:37 - 8:38
    speel hulle net hierdie twee note.
  • 8:38 - 8:43
    (Musiek)
  • 8:43 - 8:45
    Maar basies is dit net 'n B, met vier treuriges.
  • 8:45 - 8:47
    (Gelag)
  • 8:48 - 8:53
    Nou gaan dit af na A. Nou na G, en dan na F.
  • 8:53 - 8:57
    Ons het dus B, A, G, F. En wanneer ons B, A, G, F het,
  • 8:58 - 9:04
    wat verwag ons volgende? O, dit was seker toeval.
  • 9:04 - 9:10
    Kom ons probeer weer. O, die TED-koor.
  • 9:10 - 9:13
    (Gelag)
  • 9:13 - 9:17
    En julle let op dat niemand toondoof is nie, reg? Niemand is nie.
  • 9:17 - 9:19
    Julle weet, elke dorpie in Bangladesh
  • 9:19 - 9:24
    en elke gehuggie in Sjina. Almal weet:
  • 9:25 - 9:28
    da, da, da, da - da. Almal weet om 'n E daar te verwag.
  • 9:28 - 9:31
    Nou. Chopin wou nie daar by die E uitgekom het nie,
  • 9:32 - 9:34
    want wat sou gebeur het? Dit sou verby wees, soos Hamlet.
  • 9:34 - 9:36
    Onthou julle Hamlet? Eerste Bedryf, Toneel 3:
  • 9:37 - 9:38
    hy vind uit dat sy oom sy pa doodgemaak het.
  • 9:38 - 9:40
    Julle onthou hy hou aan om sy oom te nader
  • 9:40 - 9:41
    en hy maak hom amper dood. Dan draai hy om
  • 9:41 - 9:44
    en hy nader hom weer en maak hom amper dood.
  • 9:44 - 9:46
    En die kritici, wat almal daar in die agterste ry sit,
  • 9:46 - 9:49
    hulle moet 'n opinie hê, dus sê hulle: "Hamlet is 'n sloerder."
  • 9:49 - 9:50
    (Gelag)
  • 9:50 - 9:52
    Of hulle sê: "Hamlet het 'n Oedipus-kompleks."
  • 9:53 - 9:56
    Nee, anders sou die opvoering verby gewees het. Dis simpel.
  • 9:56 - 9:58
    Dit is waarom Shakespeare al daardie goed in Hamlet gesit het.
  • 9:59 - 10:01
    Julle weet, Ophelia wat van haar kop af raak en die storie binne die storie,
  • 10:01 - 10:02
    en Yorick se kopbeen en die grafgrawers.
  • 10:03 - 10:06
    Dis in orde om uit te stel - totdat hy hom in die Vyfde Bedryf kan doodmaak.
  • 10:06 - 10:11
    Dieselfde met Chopin. Hy is op pad om tot by die E te vorder,
  • 10:11 - 10:13
    en hy sê: "Oeps, ek moet liewers terug gaan en dit weer doen."
  • 10:13 - 10:16
    Dan doen hy dit weer.
  • 10:17 - 10:20
    Nou raak hy opgewonde -- dit is opgewondenheid,
  • 10:20 - 10:21
    julle hoef julle nie daaroor te bekommer nie.
  • 10:22 - 10:24
    Nou kom hy by F-kruis uit en uiteindelik gaan hy af tot by E,
  • 10:24 - 10:27
    maar dis in die verkeerde sleutel. Want die sleutel waarna hy soek
  • 10:28 - 10:31
    is hierdie een, en in plaas daarvan doen hy...
  • 10:31 - 10:35
    nou, ons noem dit "misleidende intonasie" want dit mislei ons.
  • 10:36 - 10:38
    Ek sê altyd vir my studente: "As julle met misleidende intonasie te doen het
  • 10:38 - 10:40
    lig altyd julle wenkbroue, dan sal almal weet."
  • 10:40 - 10:43
    (Gelag)
  • 10:43 - 10:46
    (Applous)
  • 10:47 - 10:49
    Reg. Hy kom dus by die E uit, maar dis in die verkeerde sleutel.
  • 10:49 - 10:52
    Nou probeer hy weer E. Daardie sleutel werk nie.
  • 10:52 - 10:55
    Nou probeer hy weer die E. Daardie sleutel werk nie.
  • 10:55 - 10:57
    Nou probeer hy weer E, en dit werk nie.
  • 10:58 - 11:01
    En dan, uiteindelik...
  • 11:01 - 11:05
    Daar is 'n man in die voorste ry wat "Mmm" brom.
  • 11:06 - 11:08
    Dit is dieselfde ding wat hy doen wanneer hy na 'n lang dag
  • 11:08 - 11:11
    by die huis kom, sy motor afskakel en sê:
  • 11:12 - 11:15
    "A, ek is tuis." Want ons weet almal waar ons huise is.
  • 11:15 - 11:18
    Dit is dus 'n stuk wat van verlaat af weer tuiskom.
  • 11:18 - 11:20
    Ek gaan dit regdeur speel
  • 11:20 - 11:23
    en julle gaan volg: B, C, B, C, B, C, B --
  • 11:23 - 11:25
    af na A, af na G, af na F.
  • 11:25 - 11:27
    Amper tot by E, maar dan sal die opvoering verby wees.
  • 11:28 - 11:30
    Hy gaan terug na B. Hy raak baie opgewonde. Gaan na F-kruis, Gaan na E.
  • 11:30 - 11:32
    Dis die verkeerde akkord. Dis die verkeerde akkord.. Dis die verkeerde akkoord.
  • 11:33 - 11:35
    En uiteindelik na E, en dis tuis.
  • 11:35 - 11:38
    En wat julle gaan sien, is 'een boud'-spel.
  • 11:38 - 11:41
    (Gelag)
  • 11:41 - 11:43
    Want vir my, om van die B tot by die E te beweeg,
  • 11:44 - 11:49
    moet ek ophou dink aan elke enkele noot op hierdie roete
  • 11:49 - 11:54
    en begin dink aan die lang, lang pad van B tot E.
  • 11:55 - 11:59
    Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika, en jy kan nie na Suid-Afrika gaan
  • 11:59 - 12:02
    sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank in die tronk was te dink nie.
  • 12:03 - 12:05
    Waaraan het hy gedink? Middagete?
  • 12:05 - 12:08
    Nee, hy het gedink aan die visie vir Suid-Afrika
  • 12:09 - 12:10
    en 'n visie vir die mensdom. Dis wat behoue gebly het --
  • 12:10 - 12:13
    dit gaan oor visie; dit gaan oor die lang pad.
  • 12:13 - 12:15
    Soos die voël wat oor die veld vlieg
  • 12:15 - 12:19
    en geen aandag gee aan die heinings daaronder nie, reg?
  • 12:19 - 12:22
    Nou gaan julle die lyn al die pad volg, van B tot E.
  • 12:22 - 12:26
    Ek het een finale versoek voor ek hierdie stuk regdeur speel.
  • 12:26 - 12:31
    Sal jy dink aan iemand wat jy baie liefhet, wat nie meer daar is nie?
  • 12:31 - 12:34
    'n Geliefde ouma, 'n geliefde,
  • 12:35 - 12:38
    iemand in jou lewe wat jy met jou hele hart liefhet,
  • 12:38 - 12:41
    maar daardie persoon is nie meer by jou nie.
  • 12:42 - 12:45
    Dink aan daardie persoon, en volg terselfdertyd
  • 12:45 - 12:49
    die lyn al die pad van B na E,
  • 12:49 - 12:57
    en jy sal alles hoor wat Chopin te sê gehad het.
  • 12:57 - 14:48
    (Musiek)
  • 14:48 - 14:55
    (Applous)
  • 14:55 - 15:00
    Julle mag dalk nou wonder,
  • 15:00 - 15:06
    julle mag wonder waarom ek saam klap.
  • 15:06 - 15:08
    Wel, ek het dit by 'n skool in Boston gedoen
  • 15:08 - 15:12
    met omtrent 70 graad sewes -- 12-jariges.
  • 15:12 - 15:14
    Ek het presies dieselfde met hulle gedoen, en ek het hulle vertel
  • 15:14 - 15:15
    en die hele ding aan hulle verduidelik.
  • 15:15 - 15:17
    En aan die einde het hulle besete geraak en geklap. Hulle het geklap.
  • 15:18 - 15:19
    Ek het geklap. Hulle het geklap.
  • 15:19 - 15:21
    Totdat ek vra: "Waarom klap ek?"
  • 15:21 - 15:22
    En een van die kleintjies sê: "Want ons het geluister."
  • 15:22 - 15:27
    (Gelag)
  • 15:28 - 15:30
    Dink daaraan. 1,600 mense, besige mense,
  • 15:30 - 15:32
    wat by baie verskillende dinge betrokke is.
  • 15:33 - 15:39
    Besig om te luister, te verstaan en aangeraak te word deur 'n stuk van Chopin.
  • 15:39 - 15:40
    Dit is merkwaardig.
  • 15:40 - 15:43
    Is ek seker dat elkeen dit gevolg en verstaan het
  • 15:43 - 15:45
    en daardeur aangeraak is. Natuurlik kan ek nie seker wees nie.
  • 15:46 - 15:47
    Maar kom ek vertel julle wat met my gebeur het.
  • 15:47 - 15:50
    Ek was 10 jaar gelede, tydens hulle moeilikhede, in Ierland,
  • 15:50 - 15:53
    en ek het met 'n klompie Katolieke en Protestantse kinders gewerk
  • 15:53 - 15:57
    oor konflikoplossing. Toe doen ek dit met hulle.
  • 15:58 - 16:00
    'n Gewaagde ding, want hulle was straatkinders.
  • 16:00 - 16:03
    En een van hulle kom die volgende oggend na my en hy sê:
  • 16:04 - 16:07
    "Jy weet, ek het nog nooit in my lewe na klassieke musiek geluister nie,
  • 16:07 - 16:08
    maar toe jy daardie "shopping" stuk speel..."
  • 16:08 - 16:11
    (Gelag)
  • 16:11 - 16:15
    Hy sê: "My broer is laasjaar geskiet en ek het nie oor hom gehuil nie.
  • 16:16 - 16:17
    Maar gistraand toe jy daardie stuk speel,
  • 16:17 - 16:20
    was hy die een aan wie ek gedink het.
  • 16:20 - 16:22
    En ek het gevoel hoe trane oor my gesig stroom.
  • 16:22 - 16:25
    En weet jy, dit het regtig goed gevoel om oor my broer te huil."
  • 16:25 - 16:27
    Op daardie oomblik het ek besluit
  • 16:27 - 16:34
    dat klassieke musiek aan almal behoort. Aaan almal.
  • 16:35 - 16:37
    Nou, hoe sou julle loop -- want julle ken almal
  • 16:37 - 16:41
    my professie, die musiekprofessie beskou dit nie so nie.
  • 16:41 - 16:44
    Hulle sê 3 persent van die bevolking hou van klassieke musiek.
  • 16:44 - 16:48
    As ons dit maar net kon opstoot na 4 persent sou ons probleme opgelos wees.
  • 16:49 - 16:52
    Ek sê: "Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat? Hoe sou jy wees
  • 16:52 - 16:55
    as jy gedink het dat 3 persent van die bevolking van klassieke musiek hou?
  • 16:56 - 16:58
    As ons dit maar net kon opstoot na 4 persent. Hoe sou jy geloop het?
  • 16:58 - 17:00
    Hoe sou jy gepraat het? Hoe sou jy wees
  • 17:00 - 17:02
    as jy gedink het dat almal lief is vir klassieke musiek --
  • 17:02 - 17:04
    hulle het dit nog net nie ontdek nie."
  • 17:04 - 17:05
    (Gelag)
  • 17:05 - 17:07
    Sien, dit is totaal verskillende wêrelde.
  • 17:08 - 17:11
    Ek het 'n wonderlike ervaring gehad toe ek 45 jaar oud was.
  • 17:11 - 17:16
    Ek het toe reeds 20 jaar lank dirigeer, en skielik het ek iets besef.
  • 17:17 - 17:20
    Die dirigent van 'n orkes maak nie 'n geluid nie.
  • 17:20 - 17:22
    My foto verskyn voor op die CD -
  • 17:22 - 17:25
    (Gelag)
  • 17:25 - 17:27
    - maar die dirigent maak nie 'n geluid nie.
  • 17:28 - 17:32
    Vir hom om mag te hê, is hy afhanklik van sy vermoë om ander mense te bemagtig.
  • 17:32 - 17:36
    En dit het alles vir my verander. Dit was 'n totale lewensomkeer.
  • 17:37 - 17:38
    Mense in my orkes het na my toe gekom en gesê:
  • 17:38 - 17:40
    "Ben, wat het gebeur?." Dis wat gebeur het:
  • 17:40 - 17:45
    Ek het besef dat my taak is om moontlikheid in andere te wek.
  • 17:45 - 17:48
    En natuurlik wou ek weet of ek besig was om dit te doen.
  • 17:48 - 17:51
    En weet julle hoe 'n mens dit bepaal? Jy kyk na hulle oë.
  • 17:51 - 17:55
    As hulle oë blink, dan weet jy dat jy daarin slaag.
  • 17:56 - 17:57
    Jy kan 'n dorpie van lig voorsien met hierdie man se oë.
  • 17:57 - 17:59
    (Gelag)
  • 17:59 - 18:01
    Reg. As die oë dus blink, weet jy dat jy slaag.
  • 18:01 - 18:04
    As die oë nie blink nie, moet jy 'n vraag vra.
  • 18:04 - 18:05
    En die vraag is:
  • 18:05 - 18:11
    Wat is ek besig om te wees, dat my spelers se oë nie blink nie?
  • 18:12 - 18:13
    Ons kan dit met ons kinders ook doen.
  • 18:13 - 18:18
    Wie is ek besig om te wees, dat my kinders se oë nie blink nie?
  • 18:19 - 18:21
    Dit is 'n totaal ander wêreld.
  • 18:21 - 18:26
    Nou, ons is amper op die punt om hierdie magiese, op-die-berg week te beëindig,
  • 18:27 - 18:28
    en ons gaan terug na die wêreld.
  • 18:28 - 18:32
    En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra:
  • 18:32 - 18:37
    Wie is ons besig om te wees wanneer ons teruggaan na die wêreld toe?
  • 18:37 - 18:39
    En weet julle, ek het 'n definisie van sukses.
  • 18:40 - 18:42
    Dis vir my baie eenvoudig. Dit gaan nie oor rykdom of roem of mag nie.
  • 18:42 - 18:45
    Dit gaan oor hoeveel blink oë ek rondom my het.
  • 18:46 - 18:49
    En nou het ek een laaste gedagte, en dit is
  • 18:49 - 18:52
    dat dit regtig 'n verskil maak wat ons sê.
  • 18:52 - 18:54
    Die woorde wat uit ons mond kom.
  • 18:54 - 18:58
    Ek het dit geleer van 'n vrou wat Auschwitz oorleef het,
  • 18:58 - 18:59
    een van die min oorlewendes.
  • 18:59 - 19:03
    Sy is na Auschwitz toe sy 15-jaar oud was,
  • 19:04 - 19:11
    en haar broer was agt, en hulle ouers was weg.
  • 19:11 - 19:16
    En sy het dit vir my vertel, sy het gesê:
  • 19:16 - 19:19
    "Ons was in die trein op pad na Auschwitz en ek het afgekyk
  • 19:19 - 19:21
    en gesien dat my boetie se skoene weg was.
  • 19:22 - 19:25
    Toe sê ek: "Waarom is jy so simpel, kan jy nie jou goed bymekaar hou nie,
  • 19:25 - 19:26
    om hemelsnaam?" - op die manier wat 'n ouer suster
  • 19:26 - 19:30
    dalk met haar jonger broer sal praat.
  • 19:30 - 19:33
    Ongelukkig was dit die laaste ding wat sy ooit vir hom gesê het
  • 19:33 - 19:37
    want sy het hom nooit weer gesien nie. Hy het nie oorleef nie.
  • 19:37 - 19:39
    Toe sy uit Auschwitz kom, het sy 'n eed geneem.
  • 19:40 - 19:44
    Sy het dit vir my gesê. Sy het gesê: "Ek het uit Auschwitz die lewe ingestap
  • 19:44 - 19:49
    en ek het myself iets belowe. Die belofte was dat ek nooit iets sal sê
  • 19:50 - 19:53
    wat nie aanvaarbaar sal wees as die laaste ding wat ek ooit sê nie."
  • 19:53 - 19:57
    Kan ons dit doen? Nee. Ons sal faal
  • 19:58 - 20:05
    en ander sal faal. Maar dis 'n ideaal om na streef. Dankie.
  • 20:05 - 20:10
    (Applous)
  • 20:11 - 20:22
    Blink oë, blink oë.
  • 20:22 - 20:25
    Dankie, dankie.
  • 20:26 - 20:31
    (Musiek)
Title:
Klassieke musiek se vermoë om ons te verander
Speaker:
Benjamin Zander
Description:

Benjamin Zander het twee aansteeklike passies: klassieke musiek en om almal se liefde daarvoor te ontwikkel - en terselfdertyd om ons aptyt vir alle nuwe moontlikhede, ervarings en verwantskappe te wek.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
20:26

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions