0:00:00.000,0:00:03.000 Van julle ken waarskynlik die storie van die twee verkoopsmanne 0:00:03.000,0:00:06.000 wat in die 1900's Afrika besoek het. 0:00:06.000,0:00:08.000 Hulle is gestuur om uit te vind of daar enige geleentheid was 0:00:08.000,0:00:10.000 om skoene te verkoop. 0:00:10.000,0:00:13.000 Hulle stuur toe telegramme terug na Manchester toe 0:00:13.000,0:00:17.000 Die een skryf: "Situasie hopeloos. Stop. 0:00:17.000,0:00:18.000 Hulle dra nie skoene nie." 0:00:18.000,0:00:21.000 Die ander een skryf: "Uitstekende geleentheid. 0:00:21.000,0:00:23.000 Hulle het nog nie skoene hier nie." 0:00:23.000,0:00:24.000 (Gelag) 0:00:24.000,0:00:27.000 Daar is 'n soortgelyke situasie in die wêreld van klassieke musiek, 0:00:28.000,0:00:29.000 want party mense dink 0:00:29.000,0:00:32.000 dat klassieke musiek besig is om uit te sterf. 0:00:33.000,0:00:36.000 En dan is daar van ons wat dink dis nog net die begin van veel groter dinge. 0:00:36.000,0:00:40.000 Eerder as om statistiek en tendense aan te haal 0:00:40.000,0:00:42.000 en julle te vertel van al die orkeste wat ophou bestaan, 0:00:42.000,0:00:45.000 en die musiekmaatskappye wat besig is om te sluit, 0:00:45.000,0:00:49.000 het ek gedink ons kan vanaand 'n eksperiment doen -- 'n eksperiment.. 0:00:49.000,0:00:53.000 Dis nie regtig 'n eksperiment nie, want ek weet wat die uitkoms is. 0:00:54.000,0:00:56.000 Maar dis iets soos 'n eksperiment. Nou, voor ons -- 0:00:56.000,0:01:00.000 (Gelag) 0:01:00.000,0:01:02.000 -- voor ons begin, moet ek twee dinge doen. 0:01:02.000,0:01:06.000 Die een is dat ek julle wil herinner hoe 'n sewejarige kind 0:01:07.000,0:01:08.000 klink wanneer hy klavier speel. 0:01:08.000,0:01:10.000 Miskien het julle so 'n kind by die huis. 0:01:11.000,0:01:12.000 Hy klink omtrent so. 0:01:12.000,0:01:32.000 (Klavier) 0:01:32.000,0:01:34.000 Ek sien sommige van julle herken hierdie kind. 0:01:34.000,0:01:39.000 As hy 'n jaar lank oefen en les neem, is hy nou agt 0:01:39.000,0:01:40.000 en dan klink hy so. 0:01:40.000,0:01:47.000 (Klavier) 0:01:47.000,0:01:50.000 Dan oefen hy nog 'n jaar en neem les; nou's hy nege. 0:01:50.000,0:01:56.000 (Klavier) 0:01:56.000,0:01:59.000 Dan oefen hy nog 'n jaar en neem les; nou's hy tien. 0:01:59.000,0:02:06.000 (Klavier) 0:02:06.000,0:02:07.000 Op daardie stadium gooi hulle gewoonlik tou op. 0:02:07.000,0:02:09.000 (Gelag) 0:02:09.000,0:02:11.000 (Applous) 0:02:11.000,0:02:13.000 Maar as jy gewag het, nog een jaar gewag het, 0:02:14.000,0:02:15.000 sou jy dit gehoor het: 0:02:15.000,0:02:24.000 (Klavier) 0:02:24.000,0:02:27.000 Wat gebeur het, is nie wat julle dalk dink nie, 0:02:27.000,0:02:30.000 dit is, dat hy het skielik passievol, betrokke, 0:02:30.000,0:02:33.000 geraak, 'n nuwe onderwyser gekry, puberteit bereik het, of wat ook al. 0:02:33.000,0:02:37.000 Wat in werklikheid gebeur het, is dat die impetus verlaag is. 0:02:38.000,0:02:39.000 Julle sien, die eerste keer het hy 0:02:39.000,0:02:41.000 met 'n impetus op elke noot gespeel. 0:02:42.000,0:02:44.000 (Klavier) 0:02:44.000,0:02:46.000 En die tweede met die impetus op elke tweede noot. 0:02:47.000,0:02:49.000 (Klavier) 0:02:49.000,0:02:50.000 Julle kan dit sien deur na my kop te kyk. 0:02:51.000,0:02:52.000 (Gelag) 0:02:52.000,0:02:54.000 Die nege-jarige, die nege-jarige 0:02:54.000,0:02:55.000 plaas die impetus op elke vierde noot. 0:02:55.000,0:02:57.000 (Klavier) 0:02:58.000,0:02:59.000 En die tien-jarige op elke agt note. 0:02:59.000,0:03:02.000 (Klavier) 0:03:02.000,0:03:04.000 En die 11-jarige, een impetus op die hele frase. 0:03:04.000,0:03:07.000 (Klavier) 0:03:08.000,0:03:10.000 Ek weet -- ek weet nie hoe ons hier beland het nie. 0:03:10.000,0:03:12.000 (Gelag) 0:03:13.000,0:03:15.000 Ek het nie gesê ek gaan my skouer oor beweeg, my lyf beweeg nie. 0:03:15.000,0:03:17.000 Nee, die musiek het my omgestoot, 0:03:17.000,0:03:19.000 dit is waarom ek dit 'een-boud' spel noem. 0:03:19.000,0:03:21.000 (Klavier) 0:03:21.000,0:03:22.000 Dit kan ook die ander boud wees. 0:03:22.000,0:03:26.000 (Klavier) 0:03:26.000,0:03:29.000 Julle weet, 'n man het een keer na 'n aanbieding gekyk wat ek voorgedra het 0:03:29.000,0:03:30.000 toe ek met 'n jong pianis gewerk het. 0:03:31.000,0:03:33.000 Hy was die president van 'n maatskappy in Ohio. 0:03:33.000,0:03:35.000 En ek het met die jong pianis gewerk 0:03:36.000,0:03:38.000 en ek het gesê: "Die moeilikheid met jou is dat jy 'n 'twee-boud' speler is. 0:03:38.000,0:03:40.000 Jy behoort 'n 'een-boud' speler te wees." 0:03:40.000,0:03:42.000 Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel. 0:03:42.000,0:03:44.000 En skielik het die musiek lewe gekry. Dit het opgestyg. 0:03:45.000,0:03:47.000 Die gehoor het na hulle asems gesnak toe hulle die verskil hoor. 0:03:47.000,0:03:49.000 En toe kry ek 'n brief van hierdie man. 0:03:49.000,0:03:50.000 Hy skryf: "Ek was so beïndruk. 0:03:50.000,0:03:52.000 Ek het teruggegaan en my hele firma omskep 0:03:53.000,0:03:54.000 in 'n 'een-boud' maatskappy." 0:03:54.000,0:03:57.000 (Gelag) 0:03:58.000,0:04:00.000 Die ander ding wat ek wou doen, is om julle oor julleself te vertel. 0:04:00.000,0:04:03.000 Ek verstaan daar is 1,600 mense hier. 0:04:03.000,0:04:06.000 Ek skat dat 45 van julle waarskynlik 0:04:06.000,0:04:08.000 'n absolute passie vir klassieke musiek het. 0:04:09.000,0:04:14.000 Julle is mal oor klassieke musiek. Julle radio's is altyd op klassiek ingestel. 0:04:14.000,0:04:17.000 Julle het CD's in julle motors en julle woon simfoniekonserte by. 0:04:17.000,0:04:18.000 En julle kinders speel instrumente. 0:04:18.000,0:04:20.000 Julle kan nie jul lewens indink sonder klassieke musiek nie. 0:04:21.000,0:04:23.000 Dit is die eerste groep; 'n redelike klein groepie. 0:04:23.000,0:04:25.000 Dan is daar 'n ander groep, 'n groter groep. 0:04:25.000,0:04:27.000 Dit is mense wat nie omgee as klassieke musiek speel nie. 0:04:27.000,0:04:28.000 (Gelag) 0:04:28.000,0:04:30.000 Julle weet, 'n mens kom tuis na 'n lang dag 0:04:30.000,0:04:32.000 en jy kry 'n glasie wyn en gaan sit gemaklik. 0:04:33.000,0:04:35.000 'n Bietjie Vivaldi in die agtergrond doen geen skade nie. 0:04:35.000,0:04:36.000 (Gelag) 0:04:36.000,0:04:37.000 Dis die tweede groep. 0:04:37.000,0:04:38.000 Nou vir die derde groep. 0:04:38.000,0:04:40.000 Dit is mense wat nooit na klassieke musiek luister nie. 0:04:40.000,0:04:42.000 Dit is eenvoudig nie deel van jou lewe nie. 0:04:43.000,0:04:45.000 Jy mag dit dalk nes sekondêre rook by die lughawe optel, maar -- 0:04:45.000,0:04:47.000 (Gelag) 0:04:47.000,0:04:48.000 -- en miskien 'n stukkie marsmusiek uit Aïda 0:04:48.000,0:04:51.000 wanneer jy die saal instap. Maar andersins hoor jy dit nooit. 0:04:52.000,0:04:53.000 Dit is waarskynlik die grootste groep van almal. 0:04:53.000,0:04:55.000 En dan is daar 'n baie klein groepie. 0:04:55.000,0:04:58.000 Dit is mense wat dink dat hulle toondoof is. 0:04:58.000,0:05:00.000 'n Verbasende aantal mense dink hulle is toondoof. 0:05:01.000,0:05:03.000 Inderwaarheid hoor ek dikwels: "My man is toondoof." 0:05:03.000,0:05:04.000 (Gelag) 0:05:04.000,0:05:07.000 Die waarheid is dat jy nie toondoof kan wees nie. Niemand is toondoof nie. 0:05:07.000,0:05:10.000 As jy toondoof was, sou jy nie die ratte kon verwissel 0:05:10.000,0:05:12.000 in jou motor met 'n handdrat nie. 0:05:12.000,0:05:14.000 Jy sou nie die verskil kon agterkom tussen 0:05:14.000,0:05:16.000 iemand van Texas en iemand van Rome nie. 0:05:16.000,0:05:20.000 En die telefoon. Die telefoon. As jou ma op die elendige foon 0:05:21.000,0:05:23.000 bel en sy sê: "Hallo," 0:05:23.000,0:05:26.000 dan weet jy nie net wie dit is nie, jy weet ook in watter bui sy is. 0:05:27.000,0:05:30.000 Jy het 'n wonderlike oor. Almal het 'n wonderlike oor. 0:05:30.000,0:05:32.000 Niemand is dus toondoof nie. 0:05:32.000,0:05:36.000 Maar ek sê julle wat. Dit help nie ek gaan voort met hierdie ding nie 0:05:36.000,0:05:39.000 met so 'n groot gaping tussen dié wat verstaan, 0:05:40.000,0:05:42.000 en wat passievol en lief vir klassieke musiek is, 0:05:42.000,0:05:45.000 en diegene wat glad geen aanklank daarmee het nie. 0:05:45.000,0:05:47.000 Die toondoof mense is nie meer hier nie. 0:05:47.000,0:05:51.000 Maar selfs tussen daardie twee kategorieë is die gaping te groot. 0:05:51.000,0:05:55.000 Ek gaan dus nie voortgaan totdat elkeen in hierdie vertrek, 0:05:55.000,0:06:00.000 op die onderste vloer en in Aspen, en almal wat hierna kyk, 0:06:01.000,0:06:04.000 geleer het om klassieke musiek lief te hê en te verstaan nie. 0:06:04.000,0:06:06.000 En dit is wat ons gaan doen. 0:06:07.000,0:06:12.000 Julle sien dat ek nie die geringste twyfel het 0:06:12.000,0:06:15.000 dat dit gaan werk as julle na my gesig kyk nie, reg? 0:06:15.000,0:06:19.000 Dit is een van die eienskappe van 'n leier dat hy geen twyfel het nie 0:06:19.000,0:06:22.000 oor die mense wat hy lei se vermoë 0:06:23.000,0:06:25.000 om dit te bereik waaroor hy droom nie. 0:06:25.000,0:06:28.000 Dink net, as Martin Luther King sou sê: "I have a dream 0:06:28.000,0:06:30.000 of course, I'm not sure they'll be up to it." 0:06:30.000,0:06:33.000 (Gelag) 0:06:34.000,0:06:36.000 Goed. Ek gaan 'n stuk van Chopin gebruik. 0:06:36.000,0:06:41.000 Dit is 'n pragtige prelude van Chopin. Party van julle sal dit ken. 0:06:42.000,0:07:10.000 (Musiek) 0:07:10.000,0:07:12.000 Weet julle wat dink ek het waarskynlik in hierdie kamer gebeur? 0:07:13.000,0:07:15.000 Toe ek begin het, het julle gedink: "Hoe pragtig klink dit." 0:07:15.000,0:07:28.000 (Musiek) 0:07:29.000,0:07:30.000 "Ek dink nie ons moet volgende jaar vir die somervakansie 0:07:30.000,0:07:32.000 na dieselfde plek toe gaan nie." 0:07:32.000,0:07:35.000 (Gelag) 0:07:35.000,0:07:38.000 Dis snaaks, is dit nie? Dis snaaks hoe sulke dinge 0:07:38.000,0:07:41.000 in ons gedagtes insluip. 0:07:41.000,0:07:42.000 En natuurlik... 0:07:42.000,0:07:45.000 (Applous) 0:07:45.000,0:07:47.000 -- en natuurlik, as die stuk lank is en jy het 'n lang dag gehad, 0:07:48.000,0:07:49.000 mag jy selfs insluimer. 0:07:49.000,0:07:51.000 Dan sal jou metgesel jou in die ribbes pomp 0:07:51.000,0:07:55.000 en sê: "Word wakker! Dis kultuur!" En dan voel jy nog slegter. 0:07:55.000,0:07:58.000 Maar het dit al ooit by jou opgekom dat die rede waarom jy vaak word 0:07:59.000,0:08:01.000 met klassieke musiek nie jou skuld is nie, maar ons s'n? 0:08:01.000,0:08:03.000 Het enigiemand gedink, terwyl ek gespeel het: 0:08:03.000,0:08:05.000 "Waarom gebruik hy soveel klemtone?" 0:08:05.000,0:08:08.000 As ek dit met my kop gedoen het, sou julle beslis so gedink het. 0:08:09.000,0:08:14.000 (Musiek) 0:08:14.000,0:08:18.000 En vir die res van julle lewens sal julle altyd bewus wees 0:08:18.000,0:08:22.000 van die klemtone wanneer julle na klassieke musiek luister. 0:08:22.000,0:08:24.000 Kom ons kyk dus wat regtig hier aangaan. 0:08:24.000,0:08:29.000 Ons het 'n B. Dit is 'n B. Die volgende noot is 'n C. 0:08:29.000,0:08:32.000 En die taak van die C is om die B treurig te maak. En dit werk, nie waar nie? 0:08:32.000,0:08:35.000 (Gelag) 0:08:35.000,0:08:37.000 Komponiste weet dit. As hulle treurige musiek wil hê, 0:08:37.000,0:08:38.000 speel hulle net hierdie twee note. 0:08:38.000,0:08:43.000 (Musiek) 0:08:43.000,0:08:45.000 Maar basies is dit net 'n B, met vier treuriges. 0:08:45.000,0:08:47.000 (Gelag) 0:08:48.000,0:08:53.000 Nou gaan dit af na A. Nou na G, en dan na F. 0:08:53.000,0:08:57.000 Ons het dus B, A, G, F. En wanneer ons B, A, G, F het, 0:08:58.000,0:09:04.000 wat verwag ons volgende? O, dit was seker toeval. 0:09:04.000,0:09:10.000 Kom ons probeer weer. O, die TED-koor. 0:09:10.000,0:09:13.000 (Gelag) 0:09:13.000,0:09:17.000 En julle let op dat niemand toondoof is nie, reg? Niemand is nie. 0:09:17.000,0:09:19.000 Julle weet, elke dorpie in Bangladesh 0:09:19.000,0:09:24.000 en elke gehuggie in Sjina. Almal weet: 0:09:25.000,0:09:28.000 da, da, da, da - da. Almal weet om 'n E daar te verwag. 0:09:28.000,0:09:31.000 Nou. Chopin wou nie daar by die E uitgekom het nie, 0:09:32.000,0:09:34.000 want wat sou gebeur het? Dit sou verby wees, soos Hamlet. 0:09:34.000,0:09:36.000 Onthou julle Hamlet? Eerste Bedryf, Toneel 3: 0:09:37.000,0:09:38.000 hy vind uit dat sy oom sy pa doodgemaak het. 0:09:38.000,0:09:40.000 Julle onthou hy hou aan om sy oom te nader 0:09:40.000,0:09:41.000 en hy maak hom amper dood. Dan draai hy om 0:09:41.000,0:09:44.000 en hy nader hom weer en maak hom amper dood. 0:09:44.000,0:09:46.000 En die kritici, wat almal daar in die agterste ry sit, 0:09:46.000,0:09:49.000 hulle moet 'n opinie hê, dus sê hulle: "Hamlet is 'n sloerder." 0:09:49.000,0:09:50.000 (Gelag) 0:09:50.000,0:09:52.000 Of hulle sê: "Hamlet het 'n Oedipus-kompleks." 0:09:53.000,0:09:56.000 Nee, anders sou die opvoering verby gewees het. Dis simpel. 0:09:56.000,0:09:58.000 Dit is waarom Shakespeare al daardie goed in Hamlet gesit het. 0:09:59.000,0:10:01.000 Julle weet, Ophelia wat van haar kop af raak en die storie binne die storie, 0:10:01.000,0:10:02.000 en Yorick se kopbeen en die grafgrawers. 0:10:03.000,0:10:06.000 Dis in orde om uit te stel - totdat hy hom in die Vyfde Bedryf kan doodmaak. 0:10:06.000,0:10:11.000 Dieselfde met Chopin. Hy is op pad om tot by die E te vorder, 0:10:11.000,0:10:13.000 en hy sê: "Oeps, ek moet liewers terug gaan en dit weer doen." 0:10:13.000,0:10:16.000 Dan doen hy dit weer. 0:10:17.000,0:10:20.000 Nou raak hy opgewonde -- dit is opgewondenheid, 0:10:20.000,0:10:21.000 julle hoef julle nie daaroor te bekommer nie. 0:10:22.000,0:10:24.000 Nou kom hy by F-kruis uit en uiteindelik gaan hy af tot by E, 0:10:24.000,0:10:27.000 maar dis in die verkeerde sleutel. Want die sleutel waarna hy soek 0:10:28.000,0:10:31.000 is hierdie een, en in plaas daarvan doen hy... 0:10:31.000,0:10:35.000 nou, ons noem dit "misleidende intonasie" want dit mislei ons. 0:10:36.000,0:10:38.000 Ek sê altyd vir my studente: "As julle met misleidende intonasie te doen het 0:10:38.000,0:10:40.000 lig altyd julle wenkbroue, dan sal almal weet." 0:10:40.000,0:10:43.000 (Gelag) 0:10:43.000,0:10:46.000 (Applous) 0:10:47.000,0:10:49.000 Reg. Hy kom dus by die E uit, maar dis in die verkeerde sleutel. 0:10:49.000,0:10:52.000 Nou probeer hy weer E. Daardie sleutel werk nie. 0:10:52.000,0:10:55.000 Nou probeer hy weer die E. Daardie sleutel werk nie. 0:10:55.000,0:10:57.000 Nou probeer hy weer E, en dit werk nie. 0:10:58.000,0:11:01.000 En dan, uiteindelik... 0:11:01.000,0:11:05.000 Daar is 'n man in die voorste ry wat "Mmm" brom. 0:11:06.000,0:11:08.000 Dit is dieselfde ding wat hy doen wanneer hy na 'n lang dag 0:11:08.000,0:11:11.000 by die huis kom, sy motor afskakel en sê: 0:11:12.000,0:11:15.000 "A, ek is tuis." Want ons weet almal waar ons huise is. 0:11:15.000,0:11:18.000 Dit is dus 'n stuk wat van verlaat af weer tuiskom. 0:11:18.000,0:11:20.000 Ek gaan dit regdeur speel 0:11:20.000,0:11:23.000 en julle gaan volg: B, C, B, C, B, C, B -- 0:11:23.000,0:11:25.000 af na A, af na G, af na F. 0:11:25.000,0:11:27.000 Amper tot by E, maar dan sal die opvoering verby wees. 0:11:28.000,0:11:30.000 Hy gaan terug na B. Hy raak baie opgewonde. Gaan na F-kruis, Gaan na E. 0:11:30.000,0:11:32.000 Dis die verkeerde akkord. Dis die verkeerde akkord.. Dis die verkeerde akkoord. 0:11:33.000,0:11:35.000 En uiteindelik na E, en dis tuis. 0:11:35.000,0:11:38.000 En wat julle gaan sien, is 'een boud'-spel. 0:11:38.000,0:11:41.000 (Gelag) 0:11:41.000,0:11:43.000 Want vir my, om van die B tot by die E te beweeg, 0:11:44.000,0:11:49.000 moet ek ophou dink aan elke enkele noot op hierdie roete 0:11:49.000,0:11:54.000 en begin dink aan die lang, lang pad van B tot E. 0:11:55.000,0:11:59.000 Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika, en jy kan nie na Suid-Afrika gaan 0:11:59.000,0:12:02.000 sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank in die tronk was te dink nie. 0:12:03.000,0:12:05.000 Waaraan het hy gedink? Middagete? 0:12:05.000,0:12:08.000 Nee, hy het gedink aan die visie vir Suid-Afrika 0:12:09.000,0:12:10.000 en 'n visie vir die mensdom. Dis wat behoue gebly het -- 0:12:10.000,0:12:13.000 dit gaan oor visie; dit gaan oor die lang pad. 0:12:13.000,0:12:15.000 Soos die voël wat oor die veld vlieg 0:12:15.000,0:12:19.000 en geen aandag gee aan die heinings daaronder nie, reg? 0:12:19.000,0:12:22.000 Nou gaan julle die lyn al die pad volg, van B tot E. 0:12:22.000,0:12:26.000 Ek het een finale versoek voor ek hierdie stuk regdeur speel. 0:12:26.000,0:12:31.000 Sal jy dink aan iemand wat jy baie liefhet, wat nie meer daar is nie? 0:12:31.000,0:12:34.000 'n Geliefde ouma, 'n geliefde, 0:12:35.000,0:12:38.000 iemand in jou lewe wat jy met jou hele hart liefhet, 0:12:38.000,0:12:41.000 maar daardie persoon is nie meer by jou nie. 0:12:42.000,0:12:45.000 Dink aan daardie persoon, en volg terselfdertyd 0:12:45.000,0:12:49.000 die lyn al die pad van B na E, 0:12:49.000,0:12:57.000 en jy sal alles hoor wat Chopin te sê gehad het. 0:12:57.000,0:14:48.000 (Musiek) 0:14:48.000,0:14:55.000 (Applous) 0:14:55.000,0:15:00.000 Julle mag dalk nou wonder, 0:15:00.000,0:15:06.000 julle mag wonder waarom ek saam klap. 0:15:06.000,0:15:08.000 Wel, ek het dit by 'n skool in Boston gedoen 0:15:08.000,0:15:12.000 met omtrent 70 graad sewes -- 12-jariges. 0:15:12.000,0:15:14.000 Ek het presies dieselfde met hulle gedoen, en ek het hulle vertel 0:15:14.000,0:15:15.000 en die hele ding aan hulle verduidelik. 0:15:15.000,0:15:17.000 En aan die einde het hulle besete geraak en geklap. Hulle het geklap. 0:15:18.000,0:15:19.000 Ek het geklap. Hulle het geklap. 0:15:19.000,0:15:21.000 Totdat ek vra: "Waarom klap ek?" 0:15:21.000,0:15:22.000 En een van die kleintjies sê: "Want ons het geluister." 0:15:22.000,0:15:27.000 (Gelag) 0:15:28.000,0:15:30.000 Dink daaraan. 1,600 mense, besige mense, 0:15:30.000,0:15:32.000 wat by baie verskillende dinge betrokke is. 0:15:33.000,0:15:39.000 Besig om te luister, te verstaan en aangeraak te word deur 'n stuk van Chopin. 0:15:39.000,0:15:40.000 Dit is merkwaardig. 0:15:40.000,0:15:43.000 Is ek seker dat elkeen dit gevolg en verstaan het 0:15:43.000,0:15:45.000 en daardeur aangeraak is. Natuurlik kan ek nie seker wees nie. 0:15:46.000,0:15:47.000 Maar kom ek vertel julle wat met my gebeur het. 0:15:47.000,0:15:50.000 Ek was 10 jaar gelede, tydens hulle moeilikhede, in Ierland, 0:15:50.000,0:15:53.000 en ek het met 'n klompie Katolieke en Protestantse kinders gewerk 0:15:53.000,0:15:57.000 oor konflikoplossing. Toe doen ek dit met hulle. 0:15:58.000,0:16:00.000 'n Gewaagde ding, want hulle was straatkinders. 0:16:00.000,0:16:03.000 En een van hulle kom die volgende oggend na my en hy sê: 0:16:04.000,0:16:07.000 "Jy weet, ek het nog nooit in my lewe na klassieke musiek geluister nie, 0:16:07.000,0:16:08.000 maar toe jy daardie "shopping" stuk speel..." 0:16:08.000,0:16:11.000 (Gelag) 0:16:11.000,0:16:15.000 Hy sê: "My broer is laasjaar geskiet en ek het nie oor hom gehuil nie. 0:16:16.000,0:16:17.000 Maar gistraand toe jy daardie stuk speel, 0:16:17.000,0:16:20.000 was hy die een aan wie ek gedink het. 0:16:20.000,0:16:22.000 En ek het gevoel hoe trane oor my gesig stroom. 0:16:22.000,0:16:25.000 En weet jy, dit het regtig goed gevoel om oor my broer te huil." 0:16:25.000,0:16:27.000 Op daardie oomblik het ek besluit 0:16:27.000,0:16:34.000 dat klassieke musiek aan almal behoort. Aaan almal. 0:16:35.000,0:16:37.000 Nou, hoe sou julle loop -- want julle ken almal 0:16:37.000,0:16:41.000 my professie, die musiekprofessie beskou dit nie so nie. 0:16:41.000,0:16:44.000 Hulle sê 3 persent van die bevolking hou van klassieke musiek. 0:16:44.000,0:16:48.000 As ons dit maar net kon opstoot na 4 persent sou ons probleme opgelos wees. 0:16:49.000,0:16:52.000 Ek sê: "Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat? Hoe sou jy wees 0:16:52.000,0:16:55.000 as jy gedink het dat 3 persent van die bevolking van klassieke musiek hou? 0:16:56.000,0:16:58.000 As ons dit maar net kon opstoot na 4 persent. Hoe sou jy geloop het? 0:16:58.000,0:17:00.000 Hoe sou jy gepraat het? Hoe sou jy wees 0:17:00.000,0:17:02.000 as jy gedink het dat almal lief is vir klassieke musiek -- 0:17:02.000,0:17:04.000 hulle het dit nog net nie ontdek nie." 0:17:04.000,0:17:05.000 (Gelag) 0:17:05.000,0:17:07.000 Sien, dit is totaal verskillende wêrelde. 0:17:08.000,0:17:11.000 Ek het 'n wonderlike ervaring gehad toe ek 45 jaar oud was. 0:17:11.000,0:17:16.000 Ek het toe reeds 20 jaar lank dirigeer, en skielik het ek iets besef. 0:17:17.000,0:17:20.000 Die dirigent van 'n orkes maak nie 'n geluid nie. 0:17:20.000,0:17:22.000 My foto verskyn voor op die CD - 0:17:22.000,0:17:25.000 (Gelag) 0:17:25.000,0:17:27.000 - maar die dirigent maak nie 'n geluid nie. 0:17:28.000,0:17:32.000 Vir hom om mag te hê, is hy afhanklik van sy vermoë om ander mense te bemagtig. 0:17:32.000,0:17:36.000 En dit het alles vir my verander. Dit was 'n totale lewensomkeer. 0:17:37.000,0:17:38.000 Mense in my orkes het na my toe gekom en gesê: 0:17:38.000,0:17:40.000 "Ben, wat het gebeur?." Dis wat gebeur het: 0:17:40.000,0:17:45.000 Ek het besef dat my taak is om moontlikheid in andere te wek. 0:17:45.000,0:17:48.000 En natuurlik wou ek weet of ek besig was om dit te doen. 0:17:48.000,0:17:51.000 En weet julle hoe 'n mens dit bepaal? Jy kyk na hulle oë. 0:17:51.000,0:17:55.000 As hulle oë blink, dan weet jy dat jy daarin slaag. 0:17:56.000,0:17:57.000 Jy kan 'n dorpie van lig voorsien met hierdie man se oë. 0:17:57.000,0:17:59.000 (Gelag) 0:17:59.000,0:18:01.000 Reg. As die oë dus blink, weet jy dat jy slaag. 0:18:01.000,0:18:04.000 As die oë nie blink nie, moet jy 'n vraag vra. 0:18:04.000,0:18:05.000 En die vraag is: 0:18:05.000,0:18:11.000 Wat is ek besig om te wees, dat my spelers se oë nie blink nie? 0:18:12.000,0:18:13.000 Ons kan dit met ons kinders ook doen. 0:18:13.000,0:18:18.000 Wie is ek besig om te wees, dat my kinders se oë nie blink nie? 0:18:19.000,0:18:21.000 Dit is 'n totaal ander wêreld. 0:18:21.000,0:18:26.000 Nou, ons is amper op die punt om hierdie magiese, op-die-berg week te beëindig, 0:18:27.000,0:18:28.000 en ons gaan terug na die wêreld. 0:18:28.000,0:18:32.000 En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra: 0:18:32.000,0:18:37.000 Wie is ons besig om te wees wanneer ons teruggaan na die wêreld toe? 0:18:37.000,0:18:39.000 En weet julle, ek het 'n definisie van sukses. 0:18:40.000,0:18:42.000 Dis vir my baie eenvoudig. Dit gaan nie oor rykdom of roem of mag nie. 0:18:42.000,0:18:45.000 Dit gaan oor hoeveel blink oë ek rondom my het. 0:18:46.000,0:18:49.000 En nou het ek een laaste gedagte, en dit is 0:18:49.000,0:18:52.000 dat dit regtig 'n verskil maak wat ons sê. 0:18:52.000,0:18:54.000 Die woorde wat uit ons mond kom. 0:18:54.000,0:18:58.000 Ek het dit geleer van 'n vrou wat Auschwitz oorleef het, 0:18:58.000,0:18:59.000 een van die min oorlewendes. 0:18:59.000,0:19:03.000 Sy is na Auschwitz toe sy 15-jaar oud was, 0:19:04.000,0:19:11.000 en haar broer was agt, en hulle ouers was weg. 0:19:11.000,0:19:16.000 En sy het dit vir my vertel, sy het gesê: 0:19:16.000,0:19:19.000 "Ons was in die trein op pad na Auschwitz en ek het afgekyk 0:19:19.000,0:19:21.000 en gesien dat my boetie se skoene weg was. 0:19:22.000,0:19:25.000 Toe sê ek: "Waarom is jy so simpel, kan jy nie jou goed bymekaar hou nie, 0:19:25.000,0:19:26.000 om hemelsnaam?" - op die manier wat 'n ouer suster 0:19:26.000,0:19:30.000 dalk met haar jonger broer sal praat. 0:19:30.000,0:19:33.000 Ongelukkig was dit die laaste ding wat sy ooit vir hom gesê het 0:19:33.000,0:19:37.000 want sy het hom nooit weer gesien nie. Hy het nie oorleef nie. 0:19:37.000,0:19:39.000 Toe sy uit Auschwitz kom, het sy 'n eed geneem. 0:19:40.000,0:19:44.000 Sy het dit vir my gesê. Sy het gesê: "Ek het uit Auschwitz die lewe ingestap 0:19:44.000,0:19:49.000 en ek het myself iets belowe. Die belofte was dat ek nooit iets sal sê 0:19:50.000,0:19:53.000 wat nie aanvaarbaar sal wees as die laaste ding wat ek ooit sê nie." 0:19:53.000,0:19:57.000 Kan ons dit doen? Nee. Ons sal faal 0:19:58.000,0:20:05.000 en ander sal faal. Maar dis 'n ideaal om na streef. Dankie. 0:20:05.000,0:20:10.000 (Applous) 0:20:11.000,0:20:22.000 Blink oë, blink oë. 0:20:22.000,0:20:25.000 Dankie, dankie. 0:20:26.000,0:20:31.000 (Musiek)