[Script Info] Title: [Events] Format: Layer, Start, End, Style, Name, MarginL, MarginR, MarginV, Effect, Text Dialogue: 0,0:00:00.00,0:00:03.00,Default,,0000,0000,0000,,Van julle ken waarskynlik die storie van die twee verkoopsmanne Dialogue: 0,0:00:03.00,0:00:06.00,Default,,0000,0000,0000,,wat in die 1900's Afrika besoek het. Dialogue: 0,0:00:06.00,0:00:08.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle is gestuur om uit te vind of daar enige geleentheid was Dialogue: 0,0:00:08.00,0:00:10.00,Default,,0000,0000,0000,,om skoene te verkoop. Dialogue: 0,0:00:10.00,0:00:13.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle stuur toe telegramme terug na Manchester toe Dialogue: 0,0:00:13.00,0:00:17.00,Default,,0000,0000,0000,,Die een skryf: "Situasie hopeloos. Stop. Dialogue: 0,0:00:17.00,0:00:18.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle dra nie skoene nie." Dialogue: 0,0:00:18.00,0:00:21.00,Default,,0000,0000,0000,,Die ander een skryf: "Uitstekende geleentheid. Dialogue: 0,0:00:21.00,0:00:23.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle het nog nie skoene hier nie." Dialogue: 0,0:00:23.00,0:00:24.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:00:24.00,0:00:27.00,Default,,0000,0000,0000,,Daar is 'n soortgelyke situasie in die wêreld van klassieke musiek, Dialogue: 0,0:00:28.00,0:00:29.00,Default,,0000,0000,0000,,want party mense dink Dialogue: 0,0:00:29.00,0:00:32.00,Default,,0000,0000,0000,,dat klassieke musiek besig is om uit te sterf. Dialogue: 0,0:00:33.00,0:00:36.00,Default,,0000,0000,0000,,En dan is daar van ons wat dink dis nog net die begin van veel groter dinge. Dialogue: 0,0:00:36.00,0:00:40.00,Default,,0000,0000,0000,,Eerder as om statistiek en tendense aan te haal Dialogue: 0,0:00:40.00,0:00:42.00,Default,,0000,0000,0000,,en julle te vertel van al die orkeste wat ophou bestaan, Dialogue: 0,0:00:42.00,0:00:45.00,Default,,0000,0000,0000,,en die musiekmaatskappye wat besig is om te sluit, Dialogue: 0,0:00:45.00,0:00:49.00,Default,,0000,0000,0000,,het ek gedink ons kan vanaand 'n eksperiment doen -- 'n eksperiment.. Dialogue: 0,0:00:49.00,0:00:53.00,Default,,0000,0000,0000,,Dis nie regtig 'n eksperiment nie, want ek weet wat die uitkoms is. Dialogue: 0,0:00:54.00,0:00:56.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar dis iets soos 'n eksperiment. Nou, voor ons -- Dialogue: 0,0:00:56.00,0:01:00.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:01:00.00,0:01:02.00,Default,,0000,0000,0000,,-- voor ons begin, moet ek twee dinge doen. Dialogue: 0,0:01:02.00,0:01:06.00,Default,,0000,0000,0000,,Die een is dat ek julle wil herinner hoe 'n sewejarige kind Dialogue: 0,0:01:07.00,0:01:08.00,Default,,0000,0000,0000,,klink wanneer hy klavier speel. Dialogue: 0,0:01:08.00,0:01:10.00,Default,,0000,0000,0000,,Miskien het julle so 'n kind by die huis. Dialogue: 0,0:01:11.00,0:01:12.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy klink omtrent so. Dialogue: 0,0:01:12.00,0:01:32.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:01:32.00,0:01:34.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek sien sommige van julle herken hierdie kind. Dialogue: 0,0:01:34.00,0:01:39.00,Default,,0000,0000,0000,,As hy 'n jaar lank oefen en les neem, is hy nou agt Dialogue: 0,0:01:39.00,0:01:40.00,Default,,0000,0000,0000,,en dan klink hy so. Dialogue: 0,0:01:40.00,0:01:47.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:01:47.00,0:01:50.00,Default,,0000,0000,0000,,Dan oefen hy nog 'n jaar en neem les; nou's hy nege. Dialogue: 0,0:01:50.00,0:01:56.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:01:56.00,0:01:59.00,Default,,0000,0000,0000,,Dan oefen hy nog 'n jaar en neem les; nou's hy tien. Dialogue: 0,0:01:59.00,0:02:06.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:02:06.00,0:02:07.00,Default,,0000,0000,0000,,Op daardie stadium gooi hulle gewoonlik tou op. Dialogue: 0,0:02:07.00,0:02:09.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:02:09.00,0:02:11.00,Default,,0000,0000,0000,,(Applous) Dialogue: 0,0:02:11.00,0:02:13.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar as jy gewag het, nog een jaar gewag het, Dialogue: 0,0:02:14.00,0:02:15.00,Default,,0000,0000,0000,,sou jy dit gehoor het: Dialogue: 0,0:02:15.00,0:02:24.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:02:24.00,0:02:27.00,Default,,0000,0000,0000,,Wat gebeur het, is nie wat julle dalk dink nie, Dialogue: 0,0:02:27.00,0:02:30.00,Default,,0000,0000,0000,,dit is, dat hy het skielik passievol, betrokke, Dialogue: 0,0:02:30.00,0:02:33.00,Default,,0000,0000,0000,,geraak, 'n nuwe onderwyser gekry, puberteit bereik het, of wat ook al. Dialogue: 0,0:02:33.00,0:02:37.00,Default,,0000,0000,0000,,Wat in werklikheid gebeur het, is dat die impetus verlaag is. Dialogue: 0,0:02:38.00,0:02:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle sien, die eerste keer het hy Dialogue: 0,0:02:39.00,0:02:41.00,Default,,0000,0000,0000,,met 'n impetus op elke noot gespeel. Dialogue: 0,0:02:42.00,0:02:44.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:02:44.00,0:02:46.00,Default,,0000,0000,0000,,En die tweede met die impetus op elke tweede noot. Dialogue: 0,0:02:47.00,0:02:49.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:02:49.00,0:02:50.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle kan dit sien deur na my kop te kyk. Dialogue: 0,0:02:51.00,0:02:52.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:02:52.00,0:02:54.00,Default,,0000,0000,0000,,Die nege-jarige, die nege-jarige Dialogue: 0,0:02:54.00,0:02:55.00,Default,,0000,0000,0000,,plaas die impetus op elke vierde noot. Dialogue: 0,0:02:55.00,0:02:57.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:02:58.00,0:02:59.00,Default,,0000,0000,0000,,En die tien-jarige op elke agt note. Dialogue: 0,0:02:59.00,0:03:02.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:03:02.00,0:03:04.00,Default,,0000,0000,0000,,En die 11-jarige, een impetus op die hele frase. Dialogue: 0,0:03:04.00,0:03:07.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:03:08.00,0:03:10.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek weet -- ek weet nie hoe ons hier beland het nie. Dialogue: 0,0:03:10.00,0:03:12.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:03:13.00,0:03:15.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het nie gesê ek gaan my skouer oor beweeg, my lyf beweeg nie. Dialogue: 0,0:03:15.00,0:03:17.00,Default,,0000,0000,0000,,Nee, die musiek het my omgestoot, Dialogue: 0,0:03:17.00,0:03:19.00,Default,,0000,0000,0000,,dit is waarom ek dit 'een-boud' spel noem. Dialogue: 0,0:03:19.00,0:03:21.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:03:21.00,0:03:22.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit kan ook die ander boud wees. Dialogue: 0,0:03:22.00,0:03:26.00,Default,,0000,0000,0000,,(Klavier) Dialogue: 0,0:03:26.00,0:03:29.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle weet, 'n man het een keer na 'n aanbieding gekyk wat ek voorgedra het Dialogue: 0,0:03:29.00,0:03:30.00,Default,,0000,0000,0000,,toe ek met 'n jong pianis gewerk het. Dialogue: 0,0:03:31.00,0:03:33.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy was die president van 'n maatskappy in Ohio. Dialogue: 0,0:03:33.00,0:03:35.00,Default,,0000,0000,0000,,En ek het met die jong pianis gewerk Dialogue: 0,0:03:36.00,0:03:38.00,Default,,0000,0000,0000,,en ek het gesê: "Die moeilikheid met jou is dat jy 'n 'twee-boud' speler is. Dialogue: 0,0:03:38.00,0:03:40.00,Default,,0000,0000,0000,,Jy behoort 'n 'een-boud' speler te wees." Dialogue: 0,0:03:40.00,0:03:42.00,Default,,0000,0000,0000,,Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel. Dialogue: 0,0:03:42.00,0:03:44.00,Default,,0000,0000,0000,,En skielik het die musiek lewe gekry. Dit het opgestyg. Dialogue: 0,0:03:45.00,0:03:47.00,Default,,0000,0000,0000,,Die gehoor het na hulle asems gesnak toe hulle die verskil hoor. Dialogue: 0,0:03:47.00,0:03:49.00,Default,,0000,0000,0000,,En toe kry ek 'n brief van hierdie man. Dialogue: 0,0:03:49.00,0:03:50.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy skryf: "Ek was so beïndruk. Dialogue: 0,0:03:50.00,0:03:52.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het teruggegaan en my hele firma omskep Dialogue: 0,0:03:53.00,0:03:54.00,Default,,0000,0000,0000,,in 'n 'een-boud' maatskappy." Dialogue: 0,0:03:54.00,0:03:57.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:03:58.00,0:04:00.00,Default,,0000,0000,0000,,Die ander ding wat ek wou doen, is om julle oor julleself te vertel. Dialogue: 0,0:04:00.00,0:04:03.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek verstaan daar is 1,600 mense hier. Dialogue: 0,0:04:03.00,0:04:06.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek skat dat 45 van julle waarskynlik Dialogue: 0,0:04:06.00,0:04:08.00,Default,,0000,0000,0000,,'n absolute passie vir klassieke musiek het. Dialogue: 0,0:04:09.00,0:04:14.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle is mal oor klassieke musiek. Julle radio's is altyd op klassiek ingestel. Dialogue: 0,0:04:14.00,0:04:17.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle het CD's in julle motors en julle woon simfoniekonserte by. Dialogue: 0,0:04:17.00,0:04:18.00,Default,,0000,0000,0000,,En julle kinders speel instrumente. Dialogue: 0,0:04:18.00,0:04:20.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle kan nie jul lewens indink sonder klassieke musiek nie. Dialogue: 0,0:04:21.00,0:04:23.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is die eerste groep; 'n redelike klein groepie. Dialogue: 0,0:04:23.00,0:04:25.00,Default,,0000,0000,0000,,Dan is daar 'n ander groep, 'n groter groep. Dialogue: 0,0:04:25.00,0:04:27.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is mense wat nie omgee as klassieke musiek speel nie. Dialogue: 0,0:04:27.00,0:04:28.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:04:28.00,0:04:30.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle weet, 'n mens kom tuis na 'n lang dag Dialogue: 0,0:04:30.00,0:04:32.00,Default,,0000,0000,0000,,en jy kry 'n glasie wyn en gaan sit gemaklik. Dialogue: 0,0:04:33.00,0:04:35.00,Default,,0000,0000,0000,,'n Bietjie Vivaldi in die agtergrond doen geen skade nie. Dialogue: 0,0:04:35.00,0:04:36.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:04:36.00,0:04:37.00,Default,,0000,0000,0000,,Dis die tweede groep. Dialogue: 0,0:04:37.00,0:04:38.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou vir die derde groep. Dialogue: 0,0:04:38.00,0:04:40.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is mense wat nooit na klassieke musiek luister nie. Dialogue: 0,0:04:40.00,0:04:42.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is eenvoudig nie deel van jou lewe nie. Dialogue: 0,0:04:43.00,0:04:45.00,Default,,0000,0000,0000,,Jy mag dit dalk nes sekondêre rook by die lughawe optel, maar -- Dialogue: 0,0:04:45.00,0:04:47.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:04:47.00,0:04:48.00,Default,,0000,0000,0000,,-- en miskien 'n stukkie marsmusiek uit Aïda Dialogue: 0,0:04:48.00,0:04:51.00,Default,,0000,0000,0000,,wanneer jy die saal instap. Maar andersins hoor jy dit nooit. Dialogue: 0,0:04:52.00,0:04:53.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is waarskynlik die grootste groep van almal. Dialogue: 0,0:04:53.00,0:04:55.00,Default,,0000,0000,0000,,En dan is daar 'n baie klein groepie. Dialogue: 0,0:04:55.00,0:04:58.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is mense wat dink dat hulle toondoof is. Dialogue: 0,0:04:58.00,0:05:00.00,Default,,0000,0000,0000,,'n Verbasende aantal mense dink hulle is toondoof. Dialogue: 0,0:05:01.00,0:05:03.00,Default,,0000,0000,0000,,Inderwaarheid hoor ek dikwels: "My man is toondoof." Dialogue: 0,0:05:03.00,0:05:04.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:05:04.00,0:05:07.00,Default,,0000,0000,0000,,Die waarheid is dat jy nie toondoof kan wees nie. Niemand is toondoof nie. Dialogue: 0,0:05:07.00,0:05:10.00,Default,,0000,0000,0000,,As jy toondoof was, sou jy nie die ratte kon verwissel Dialogue: 0,0:05:10.00,0:05:12.00,Default,,0000,0000,0000,,in jou motor met 'n handdrat nie. Dialogue: 0,0:05:12.00,0:05:14.00,Default,,0000,0000,0000,,Jy sou nie die verskil kon agterkom tussen Dialogue: 0,0:05:14.00,0:05:16.00,Default,,0000,0000,0000,,iemand van Texas en iemand van Rome nie. Dialogue: 0,0:05:16.00,0:05:20.00,Default,,0000,0000,0000,,En die telefoon. Die telefoon. As jou ma op die elendige foon Dialogue: 0,0:05:21.00,0:05:23.00,Default,,0000,0000,0000,,bel en sy sê: "Hallo," Dialogue: 0,0:05:23.00,0:05:26.00,Default,,0000,0000,0000,,dan weet jy nie net wie dit is nie, jy weet ook in watter bui sy is. Dialogue: 0,0:05:27.00,0:05:30.00,Default,,0000,0000,0000,,Jy het 'n wonderlike oor. Almal het 'n wonderlike oor. Dialogue: 0,0:05:30.00,0:05:32.00,Default,,0000,0000,0000,,Niemand is dus toondoof nie. Dialogue: 0,0:05:32.00,0:05:36.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar ek sê julle wat. Dit help nie ek gaan voort met hierdie ding nie Dialogue: 0,0:05:36.00,0:05:39.00,Default,,0000,0000,0000,,met so 'n groot gaping tussen dié wat verstaan, Dialogue: 0,0:05:40.00,0:05:42.00,Default,,0000,0000,0000,,en wat passievol en lief vir klassieke musiek is, Dialogue: 0,0:05:42.00,0:05:45.00,Default,,0000,0000,0000,,en diegene wat glad geen aanklank daarmee het nie. Dialogue: 0,0:05:45.00,0:05:47.00,Default,,0000,0000,0000,,Die toondoof mense is nie meer hier nie. Dialogue: 0,0:05:47.00,0:05:51.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar selfs tussen daardie twee kategorieë is die gaping te groot. Dialogue: 0,0:05:51.00,0:05:55.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek gaan dus nie voortgaan totdat elkeen in hierdie vertrek, Dialogue: 0,0:05:55.00,0:06:00.00,Default,,0000,0000,0000,,op die onderste vloer en in Aspen, en almal wat hierna kyk, Dialogue: 0,0:06:01.00,0:06:04.00,Default,,0000,0000,0000,,geleer het om klassieke musiek lief te hê en te verstaan nie. Dialogue: 0,0:06:04.00,0:06:06.00,Default,,0000,0000,0000,,En dit is wat ons gaan doen. Dialogue: 0,0:06:07.00,0:06:12.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle sien dat ek nie die geringste twyfel het Dialogue: 0,0:06:12.00,0:06:15.00,Default,,0000,0000,0000,,dat dit gaan werk as julle na my gesig kyk nie, reg? Dialogue: 0,0:06:15.00,0:06:19.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is een van die eienskappe van 'n leier dat hy geen twyfel het nie Dialogue: 0,0:06:19.00,0:06:22.00,Default,,0000,0000,0000,,oor die mense wat hy lei se vermoë Dialogue: 0,0:06:23.00,0:06:25.00,Default,,0000,0000,0000,,om dit te bereik waaroor hy droom nie. Dialogue: 0,0:06:25.00,0:06:28.00,Default,,0000,0000,0000,,Dink net, as Martin Luther King sou sê: "I have a dream Dialogue: 0,0:06:28.00,0:06:30.00,Default,,0000,0000,0000,,of course, I'm not sure they'll be up to it." Dialogue: 0,0:06:30.00,0:06:33.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:06:34.00,0:06:36.00,Default,,0000,0000,0000,,Goed. Ek gaan 'n stuk van Chopin gebruik. Dialogue: 0,0:06:36.00,0:06:41.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is 'n pragtige prelude van Chopin. Party van julle sal dit ken. Dialogue: 0,0:06:42.00,0:07:10.00,Default,,0000,0000,0000,,(Musiek) Dialogue: 0,0:07:10.00,0:07:12.00,Default,,0000,0000,0000,,Weet julle wat dink ek het waarskynlik in hierdie kamer gebeur? Dialogue: 0,0:07:13.00,0:07:15.00,Default,,0000,0000,0000,,Toe ek begin het, het julle gedink: "Hoe pragtig klink dit." Dialogue: 0,0:07:15.00,0:07:28.00,Default,,0000,0000,0000,,(Musiek) Dialogue: 0,0:07:29.00,0:07:30.00,Default,,0000,0000,0000,,"Ek dink nie ons moet volgende jaar vir die somervakansie Dialogue: 0,0:07:30.00,0:07:32.00,Default,,0000,0000,0000,,na dieselfde plek toe gaan nie." Dialogue: 0,0:07:32.00,0:07:35.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:07:35.00,0:07:38.00,Default,,0000,0000,0000,,Dis snaaks, is dit nie? Dis snaaks hoe sulke dinge Dialogue: 0,0:07:38.00,0:07:41.00,Default,,0000,0000,0000,,in ons gedagtes insluip. Dialogue: 0,0:07:41.00,0:07:42.00,Default,,0000,0000,0000,,En natuurlik... Dialogue: 0,0:07:42.00,0:07:45.00,Default,,0000,0000,0000,,(Applous) Dialogue: 0,0:07:45.00,0:07:47.00,Default,,0000,0000,0000,,-- en natuurlik, as die stuk lank is en jy het 'n lang dag gehad, Dialogue: 0,0:07:48.00,0:07:49.00,Default,,0000,0000,0000,,mag jy selfs insluimer. Dialogue: 0,0:07:49.00,0:07:51.00,Default,,0000,0000,0000,,Dan sal jou metgesel jou in die ribbes pomp Dialogue: 0,0:07:51.00,0:07:55.00,Default,,0000,0000,0000,,en sê: "Word wakker! Dis kultuur!" En dan voel jy nog slegter. Dialogue: 0,0:07:55.00,0:07:58.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar het dit al ooit by jou opgekom dat die rede waarom jy vaak word Dialogue: 0,0:07:59.00,0:08:01.00,Default,,0000,0000,0000,,met klassieke musiek nie jou skuld is nie, maar ons s'n? Dialogue: 0,0:08:01.00,0:08:03.00,Default,,0000,0000,0000,,Het enigiemand gedink, terwyl ek gespeel het: Dialogue: 0,0:08:03.00,0:08:05.00,Default,,0000,0000,0000,,"Waarom gebruik hy soveel klemtone?" Dialogue: 0,0:08:05.00,0:08:08.00,Default,,0000,0000,0000,,As ek dit met my kop gedoen het, sou julle beslis so gedink het. Dialogue: 0,0:08:09.00,0:08:14.00,Default,,0000,0000,0000,,(Musiek) Dialogue: 0,0:08:14.00,0:08:18.00,Default,,0000,0000,0000,,En vir die res van julle lewens sal julle altyd bewus wees Dialogue: 0,0:08:18.00,0:08:22.00,Default,,0000,0000,0000,,van die klemtone wanneer julle na klassieke musiek luister. Dialogue: 0,0:08:22.00,0:08:24.00,Default,,0000,0000,0000,,Kom ons kyk dus wat regtig hier aangaan. Dialogue: 0,0:08:24.00,0:08:29.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons het 'n B. Dit is 'n B. Die volgende noot is 'n C. Dialogue: 0,0:08:29.00,0:08:32.00,Default,,0000,0000,0000,,En die taak van die C is om die B treurig te maak. En dit werk, nie waar nie? Dialogue: 0,0:08:32.00,0:08:35.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:08:35.00,0:08:37.00,Default,,0000,0000,0000,,Komponiste weet dit. As hulle treurige musiek wil hê, Dialogue: 0,0:08:37.00,0:08:38.00,Default,,0000,0000,0000,,speel hulle net hierdie twee note. Dialogue: 0,0:08:38.00,0:08:43.00,Default,,0000,0000,0000,,(Musiek) Dialogue: 0,0:08:43.00,0:08:45.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar basies is dit net 'n B, met vier treuriges. Dialogue: 0,0:08:45.00,0:08:47.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:08:48.00,0:08:53.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou gaan dit af na A. Nou na G, en dan na F. Dialogue: 0,0:08:53.00,0:08:57.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons het dus B, A, G, F. En wanneer ons B, A, G, F het, Dialogue: 0,0:08:58.00,0:09:04.00,Default,,0000,0000,0000,,wat verwag ons volgende? O, dit was seker toeval. Dialogue: 0,0:09:04.00,0:09:10.00,Default,,0000,0000,0000,,Kom ons probeer weer. O, die TED-koor. Dialogue: 0,0:09:10.00,0:09:13.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:09:13.00,0:09:17.00,Default,,0000,0000,0000,,En julle let op dat niemand toondoof is nie, reg? Niemand is nie. Dialogue: 0,0:09:17.00,0:09:19.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle weet, elke dorpie in Bangladesh Dialogue: 0,0:09:19.00,0:09:24.00,Default,,0000,0000,0000,,en elke gehuggie in Sjina. Almal weet: Dialogue: 0,0:09:25.00,0:09:28.00,Default,,0000,0000,0000,,da, da, da, da - da. Almal weet om 'n E daar te verwag. Dialogue: 0,0:09:28.00,0:09:31.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou. Chopin wou nie daar by die E uitgekom het nie, Dialogue: 0,0:09:32.00,0:09:34.00,Default,,0000,0000,0000,,want wat sou gebeur het? Dit sou verby wees, soos Hamlet. Dialogue: 0,0:09:34.00,0:09:36.00,Default,,0000,0000,0000,,Onthou julle Hamlet? Eerste Bedryf, Toneel 3: Dialogue: 0,0:09:37.00,0:09:38.00,Default,,0000,0000,0000,,hy vind uit dat sy oom sy pa doodgemaak het. Dialogue: 0,0:09:38.00,0:09:40.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle onthou hy hou aan om sy oom te nader Dialogue: 0,0:09:40.00,0:09:41.00,Default,,0000,0000,0000,,en hy maak hom amper dood. Dan draai hy om Dialogue: 0,0:09:41.00,0:09:44.00,Default,,0000,0000,0000,,en hy nader hom weer en maak hom amper dood. Dialogue: 0,0:09:44.00,0:09:46.00,Default,,0000,0000,0000,,En die kritici, wat almal daar in die agterste ry sit, Dialogue: 0,0:09:46.00,0:09:49.00,Default,,0000,0000,0000,,hulle moet 'n opinie hê, dus sê hulle: "Hamlet is 'n sloerder." Dialogue: 0,0:09:49.00,0:09:50.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:09:50.00,0:09:52.00,Default,,0000,0000,0000,,Of hulle sê: "Hamlet het 'n Oedipus-kompleks." Dialogue: 0,0:09:53.00,0:09:56.00,Default,,0000,0000,0000,,Nee, anders sou die opvoering verby gewees het. Dis simpel. Dialogue: 0,0:09:56.00,0:09:58.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is waarom Shakespeare al daardie goed in Hamlet gesit het. Dialogue: 0,0:09:59.00,0:10:01.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle weet, Ophelia wat van haar kop af raak en die storie binne die storie, Dialogue: 0,0:10:01.00,0:10:02.00,Default,,0000,0000,0000,,en Yorick se kopbeen en die grafgrawers. Dialogue: 0,0:10:03.00,0:10:06.00,Default,,0000,0000,0000,,Dis in orde om uit te stel - totdat hy hom in die Vyfde Bedryf kan doodmaak. Dialogue: 0,0:10:06.00,0:10:11.00,Default,,0000,0000,0000,,Dieselfde met Chopin. Hy is op pad om tot by die E te vorder, Dialogue: 0,0:10:11.00,0:10:13.00,Default,,0000,0000,0000,,en hy sê: "Oeps, ek moet liewers terug gaan en dit weer doen." Dialogue: 0,0:10:13.00,0:10:16.00,Default,,0000,0000,0000,,Dan doen hy dit weer. Dialogue: 0,0:10:17.00,0:10:20.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou raak hy opgewonde -- dit is opgewondenheid, Dialogue: 0,0:10:20.00,0:10:21.00,Default,,0000,0000,0000,,julle hoef julle nie daaroor te bekommer nie. Dialogue: 0,0:10:22.00,0:10:24.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou kom hy by F-kruis uit en uiteindelik gaan hy af tot by E, Dialogue: 0,0:10:24.00,0:10:27.00,Default,,0000,0000,0000,,maar dis in die verkeerde sleutel. Want die sleutel waarna hy soek Dialogue: 0,0:10:28.00,0:10:31.00,Default,,0000,0000,0000,,is hierdie een, en in plaas daarvan doen hy... Dialogue: 0,0:10:31.00,0:10:35.00,Default,,0000,0000,0000,,nou, ons noem dit "misleidende intonasie" want dit mislei ons. Dialogue: 0,0:10:36.00,0:10:38.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek sê altyd vir my studente: "As julle met misleidende intonasie te doen het Dialogue: 0,0:10:38.00,0:10:40.00,Default,,0000,0000,0000,,lig altyd julle wenkbroue, dan sal almal weet." Dialogue: 0,0:10:40.00,0:10:43.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:10:43.00,0:10:46.00,Default,,0000,0000,0000,,(Applous) Dialogue: 0,0:10:47.00,0:10:49.00,Default,,0000,0000,0000,,Reg. Hy kom dus by die E uit, maar dis in die verkeerde sleutel. Dialogue: 0,0:10:49.00,0:10:52.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou probeer hy weer E. Daardie sleutel werk nie. Dialogue: 0,0:10:52.00,0:10:55.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou probeer hy weer die E. Daardie sleutel werk nie. Dialogue: 0,0:10:55.00,0:10:57.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou probeer hy weer E, en dit werk nie. Dialogue: 0,0:10:58.00,0:11:01.00,Default,,0000,0000,0000,,En dan, uiteindelik... Dialogue: 0,0:11:01.00,0:11:05.00,Default,,0000,0000,0000,,Daar is 'n man in die voorste ry wat "Mmm" brom. Dialogue: 0,0:11:06.00,0:11:08.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is dieselfde ding wat hy doen wanneer hy na 'n lang dag Dialogue: 0,0:11:08.00,0:11:11.00,Default,,0000,0000,0000,,by die huis kom, sy motor afskakel en sê: Dialogue: 0,0:11:12.00,0:11:15.00,Default,,0000,0000,0000,,"A, ek is tuis." Want ons weet almal waar ons huise is. Dialogue: 0,0:11:15.00,0:11:18.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is dus 'n stuk wat van verlaat af weer tuiskom. Dialogue: 0,0:11:18.00,0:11:20.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek gaan dit regdeur speel Dialogue: 0,0:11:20.00,0:11:23.00,Default,,0000,0000,0000,,en julle gaan volg: B, C, B, C, B, C, B -- Dialogue: 0,0:11:23.00,0:11:25.00,Default,,0000,0000,0000,,af na A, af na G, af na F. Dialogue: 0,0:11:25.00,0:11:27.00,Default,,0000,0000,0000,,Amper tot by E, maar dan sal die opvoering verby wees. Dialogue: 0,0:11:28.00,0:11:30.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy gaan terug na B. Hy raak baie opgewonde. Gaan na F-kruis, Gaan na E. Dialogue: 0,0:11:30.00,0:11:32.00,Default,,0000,0000,0000,,Dis die verkeerde akkord. Dis die verkeerde akkord.. Dis die verkeerde akkoord. Dialogue: 0,0:11:33.00,0:11:35.00,Default,,0000,0000,0000,,En uiteindelik na E, en dis tuis. Dialogue: 0,0:11:35.00,0:11:38.00,Default,,0000,0000,0000,,En wat julle gaan sien, is 'een boud'-spel. Dialogue: 0,0:11:38.00,0:11:41.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:11:41.00,0:11:43.00,Default,,0000,0000,0000,,Want vir my, om van die B tot by die E te beweeg, Dialogue: 0,0:11:44.00,0:11:49.00,Default,,0000,0000,0000,,moet ek ophou dink aan elke enkele noot op hierdie roete Dialogue: 0,0:11:49.00,0:11:54.00,Default,,0000,0000,0000,,en begin dink aan die lang, lang pad van B tot E. Dialogue: 0,0:11:55.00,0:11:59.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika, en jy kan nie na Suid-Afrika gaan Dialogue: 0,0:11:59.00,0:12:02.00,Default,,0000,0000,0000,,sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank in die tronk was te dink nie. Dialogue: 0,0:12:03.00,0:12:05.00,Default,,0000,0000,0000,,Waaraan het hy gedink? Middagete? Dialogue: 0,0:12:05.00,0:12:08.00,Default,,0000,0000,0000,,Nee, hy het gedink aan die visie vir Suid-Afrika Dialogue: 0,0:12:09.00,0:12:10.00,Default,,0000,0000,0000,,en 'n visie vir die mensdom. Dis wat behoue gebly het -- Dialogue: 0,0:12:10.00,0:12:13.00,Default,,0000,0000,0000,,dit gaan oor visie; dit gaan oor die lang pad. Dialogue: 0,0:12:13.00,0:12:15.00,Default,,0000,0000,0000,,Soos die voël wat oor die veld vlieg Dialogue: 0,0:12:15.00,0:12:19.00,Default,,0000,0000,0000,,en geen aandag gee aan die heinings daaronder nie, reg? Dialogue: 0,0:12:19.00,0:12:22.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou gaan julle die lyn al die pad volg, van B tot E. Dialogue: 0,0:12:22.00,0:12:26.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het een finale versoek voor ek hierdie stuk regdeur speel. Dialogue: 0,0:12:26.00,0:12:31.00,Default,,0000,0000,0000,,Sal jy dink aan iemand wat jy baie liefhet, wat nie meer daar is nie? Dialogue: 0,0:12:31.00,0:12:34.00,Default,,0000,0000,0000,,'n Geliefde ouma, 'n geliefde, Dialogue: 0,0:12:35.00,0:12:38.00,Default,,0000,0000,0000,,iemand in jou lewe wat jy met jou hele hart liefhet, Dialogue: 0,0:12:38.00,0:12:41.00,Default,,0000,0000,0000,,maar daardie persoon is nie meer by jou nie. Dialogue: 0,0:12:42.00,0:12:45.00,Default,,0000,0000,0000,,Dink aan daardie persoon, en volg terselfdertyd Dialogue: 0,0:12:45.00,0:12:49.00,Default,,0000,0000,0000,,die lyn al die pad van B na E, Dialogue: 0,0:12:49.00,0:12:57.00,Default,,0000,0000,0000,,en jy sal alles hoor wat Chopin te sê gehad het. Dialogue: 0,0:12:57.00,0:14:48.00,Default,,0000,0000,0000,,(Musiek) Dialogue: 0,0:14:48.00,0:14:55.00,Default,,0000,0000,0000,,(Applous) Dialogue: 0,0:14:55.00,0:15:00.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle mag dalk nou wonder, Dialogue: 0,0:15:00.00,0:15:06.00,Default,,0000,0000,0000,,julle mag wonder waarom ek saam klap. Dialogue: 0,0:15:06.00,0:15:08.00,Default,,0000,0000,0000,,Wel, ek het dit by 'n skool in Boston gedoen Dialogue: 0,0:15:08.00,0:15:12.00,Default,,0000,0000,0000,,met omtrent 70 graad sewes -- 12-jariges. Dialogue: 0,0:15:12.00,0:15:14.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het presies dieselfde met hulle gedoen, en ek het hulle vertel Dialogue: 0,0:15:14.00,0:15:15.00,Default,,0000,0000,0000,,en die hele ding aan hulle verduidelik. Dialogue: 0,0:15:15.00,0:15:17.00,Default,,0000,0000,0000,,En aan die einde het hulle besete geraak en geklap. Hulle het geklap. Dialogue: 0,0:15:18.00,0:15:19.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het geklap. Hulle het geklap. Dialogue: 0,0:15:19.00,0:15:21.00,Default,,0000,0000,0000,,Totdat ek vra: "Waarom klap ek?" Dialogue: 0,0:15:21.00,0:15:22.00,Default,,0000,0000,0000,,En een van die kleintjies sê: "Want ons het geluister." Dialogue: 0,0:15:22.00,0:15:27.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:15:28.00,0:15:30.00,Default,,0000,0000,0000,,Dink daaraan. 1,600 mense, besige mense, Dialogue: 0,0:15:30.00,0:15:32.00,Default,,0000,0000,0000,,wat by baie verskillende dinge betrokke is. Dialogue: 0,0:15:33.00,0:15:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Besig om te luister, te verstaan en aangeraak te word deur 'n stuk van Chopin. Dialogue: 0,0:15:39.00,0:15:40.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is merkwaardig. Dialogue: 0,0:15:40.00,0:15:43.00,Default,,0000,0000,0000,,Is ek seker dat elkeen dit gevolg en verstaan het Dialogue: 0,0:15:43.00,0:15:45.00,Default,,0000,0000,0000,,en daardeur aangeraak is. Natuurlik kan ek nie seker wees nie. Dialogue: 0,0:15:46.00,0:15:47.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar kom ek vertel julle wat met my gebeur het. Dialogue: 0,0:15:47.00,0:15:50.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek was 10 jaar gelede, tydens hulle moeilikhede, in Ierland, Dialogue: 0,0:15:50.00,0:15:53.00,Default,,0000,0000,0000,,en ek het met 'n klompie Katolieke en Protestantse kinders gewerk Dialogue: 0,0:15:53.00,0:15:57.00,Default,,0000,0000,0000,,oor konflikoplossing. Toe doen ek dit met hulle. Dialogue: 0,0:15:58.00,0:16:00.00,Default,,0000,0000,0000,,'n Gewaagde ding, want hulle was straatkinders. Dialogue: 0,0:16:00.00,0:16:03.00,Default,,0000,0000,0000,,En een van hulle kom die volgende oggend na my en hy sê: Dialogue: 0,0:16:04.00,0:16:07.00,Default,,0000,0000,0000,,"Jy weet, ek het nog nooit in my lewe na klassieke musiek geluister nie, Dialogue: 0,0:16:07.00,0:16:08.00,Default,,0000,0000,0000,,maar toe jy daardie "shopping" stuk speel..." Dialogue: 0,0:16:08.00,0:16:11.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:16:11.00,0:16:15.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy sê: "My broer is laasjaar geskiet en ek het nie oor hom gehuil nie. Dialogue: 0,0:16:16.00,0:16:17.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar gistraand toe jy daardie stuk speel, Dialogue: 0,0:16:17.00,0:16:20.00,Default,,0000,0000,0000,,was hy die een aan wie ek gedink het. Dialogue: 0,0:16:20.00,0:16:22.00,Default,,0000,0000,0000,,En ek het gevoel hoe trane oor my gesig stroom. Dialogue: 0,0:16:22.00,0:16:25.00,Default,,0000,0000,0000,,En weet jy, dit het regtig goed gevoel om oor my broer te huil." Dialogue: 0,0:16:25.00,0:16:27.00,Default,,0000,0000,0000,,Op daardie oomblik het ek besluit Dialogue: 0,0:16:27.00,0:16:34.00,Default,,0000,0000,0000,,dat klassieke musiek aan almal behoort. Aaan almal. Dialogue: 0,0:16:35.00,0:16:37.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou, hoe sou julle loop -- want julle ken almal Dialogue: 0,0:16:37.00,0:16:41.00,Default,,0000,0000,0000,,my professie, die musiekprofessie beskou dit nie so nie. Dialogue: 0,0:16:41.00,0:16:44.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle sê 3 persent van die bevolking hou van klassieke musiek. Dialogue: 0,0:16:44.00,0:16:48.00,Default,,0000,0000,0000,,As ons dit maar net kon opstoot na 4 persent sou ons probleme opgelos wees. Dialogue: 0,0:16:49.00,0:16:52.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek sê: "Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat? Hoe sou jy wees Dialogue: 0,0:16:52.00,0:16:55.00,Default,,0000,0000,0000,,as jy gedink het dat 3 persent van die bevolking van klassieke musiek hou? Dialogue: 0,0:16:56.00,0:16:58.00,Default,,0000,0000,0000,,As ons dit maar net kon opstoot na 4 persent. Hoe sou jy geloop het? Dialogue: 0,0:16:58.00,0:17:00.00,Default,,0000,0000,0000,,Hoe sou jy gepraat het? Hoe sou jy wees Dialogue: 0,0:17:00.00,0:17:02.00,Default,,0000,0000,0000,,as jy gedink het dat almal lief is vir klassieke musiek -- Dialogue: 0,0:17:02.00,0:17:04.00,Default,,0000,0000,0000,,hulle het dit nog net nie ontdek nie." Dialogue: 0,0:17:04.00,0:17:05.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:17:05.00,0:17:07.00,Default,,0000,0000,0000,,Sien, dit is totaal verskillende wêrelde. Dialogue: 0,0:17:08.00,0:17:11.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het 'n wonderlike ervaring gehad toe ek 45 jaar oud was. Dialogue: 0,0:17:11.00,0:17:16.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het toe reeds 20 jaar lank dirigeer, en skielik het ek iets besef. Dialogue: 0,0:17:17.00,0:17:20.00,Default,,0000,0000,0000,,Die dirigent van 'n orkes maak nie 'n geluid nie. Dialogue: 0,0:17:20.00,0:17:22.00,Default,,0000,0000,0000,,My foto verskyn voor op die CD - Dialogue: 0,0:17:22.00,0:17:25.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:17:25.00,0:17:27.00,Default,,0000,0000,0000,,- maar die dirigent maak nie 'n geluid nie. Dialogue: 0,0:17:28.00,0:17:32.00,Default,,0000,0000,0000,,Vir hom om mag te hê, is hy afhanklik van sy vermoë om ander mense te bemagtig. Dialogue: 0,0:17:32.00,0:17:36.00,Default,,0000,0000,0000,,En dit het alles vir my verander. Dit was 'n totale lewensomkeer. Dialogue: 0,0:17:37.00,0:17:38.00,Default,,0000,0000,0000,,Mense in my orkes het na my toe gekom en gesê: Dialogue: 0,0:17:38.00,0:17:40.00,Default,,0000,0000,0000,,"Ben, wat het gebeur?." Dis wat gebeur het: Dialogue: 0,0:17:40.00,0:17:45.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het besef dat my taak is om moontlikheid in andere te wek. Dialogue: 0,0:17:45.00,0:17:48.00,Default,,0000,0000,0000,,En natuurlik wou ek weet of ek besig was om dit te doen. Dialogue: 0,0:17:48.00,0:17:51.00,Default,,0000,0000,0000,,En weet julle hoe 'n mens dit bepaal? Jy kyk na hulle oë. Dialogue: 0,0:17:51.00,0:17:55.00,Default,,0000,0000,0000,,As hulle oë blink, dan weet jy dat jy daarin slaag. Dialogue: 0,0:17:56.00,0:17:57.00,Default,,0000,0000,0000,,Jy kan 'n dorpie van lig voorsien met hierdie man se oë. Dialogue: 0,0:17:57.00,0:17:59.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:17:59.00,0:18:01.00,Default,,0000,0000,0000,,Reg. As die oë dus blink, weet jy dat jy slaag. Dialogue: 0,0:18:01.00,0:18:04.00,Default,,0000,0000,0000,,As die oë nie blink nie, moet jy 'n vraag vra. Dialogue: 0,0:18:04.00,0:18:05.00,Default,,0000,0000,0000,,En die vraag is: Dialogue: 0,0:18:05.00,0:18:11.00,Default,,0000,0000,0000,,Wat is ek besig om te wees, dat my spelers se oë nie blink nie? Dialogue: 0,0:18:12.00,0:18:13.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons kan dit met ons kinders ook doen. Dialogue: 0,0:18:13.00,0:18:18.00,Default,,0000,0000,0000,,Wie is ek besig om te wees, dat my kinders se oë nie blink nie? Dialogue: 0,0:18:19.00,0:18:21.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is 'n totaal ander wêreld. Dialogue: 0,0:18:21.00,0:18:26.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou, ons is amper op die punt om hierdie magiese, op-die-berg week te beëindig, Dialogue: 0,0:18:27.00,0:18:28.00,Default,,0000,0000,0000,,en ons gaan terug na die wêreld. Dialogue: 0,0:18:28.00,0:18:32.00,Default,,0000,0000,0000,,En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra: Dialogue: 0,0:18:32.00,0:18:37.00,Default,,0000,0000,0000,,Wie is ons besig om te wees wanneer ons teruggaan na die wêreld toe? Dialogue: 0,0:18:37.00,0:18:39.00,Default,,0000,0000,0000,,En weet julle, ek het 'n definisie van sukses. Dialogue: 0,0:18:40.00,0:18:42.00,Default,,0000,0000,0000,,Dis vir my baie eenvoudig. Dit gaan nie oor rykdom of roem of mag nie. Dialogue: 0,0:18:42.00,0:18:45.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit gaan oor hoeveel blink oë ek rondom my het. Dialogue: 0,0:18:46.00,0:18:49.00,Default,,0000,0000,0000,,En nou het ek een laaste gedagte, en dit is Dialogue: 0,0:18:49.00,0:18:52.00,Default,,0000,0000,0000,,dat dit regtig 'n verskil maak wat ons sê. Dialogue: 0,0:18:52.00,0:18:54.00,Default,,0000,0000,0000,,Die woorde wat uit ons mond kom. Dialogue: 0,0:18:54.00,0:18:58.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het dit geleer van 'n vrou wat Auschwitz oorleef het, Dialogue: 0,0:18:58.00,0:18:59.00,Default,,0000,0000,0000,,een van die min oorlewendes. Dialogue: 0,0:18:59.00,0:19:03.00,Default,,0000,0000,0000,,Sy is na Auschwitz toe sy 15-jaar oud was, Dialogue: 0,0:19:04.00,0:19:11.00,Default,,0000,0000,0000,,en haar broer was agt, en hulle ouers was weg. Dialogue: 0,0:19:11.00,0:19:16.00,Default,,0000,0000,0000,,En sy het dit vir my vertel, sy het gesê: Dialogue: 0,0:19:16.00,0:19:19.00,Default,,0000,0000,0000,,"Ons was in die trein op pad na Auschwitz en ek het afgekyk Dialogue: 0,0:19:19.00,0:19:21.00,Default,,0000,0000,0000,,en gesien dat my boetie se skoene weg was. Dialogue: 0,0:19:22.00,0:19:25.00,Default,,0000,0000,0000,,Toe sê ek: "Waarom is jy so simpel, kan jy nie jou goed bymekaar hou nie, Dialogue: 0,0:19:25.00,0:19:26.00,Default,,0000,0000,0000,,om hemelsnaam?" - op die manier wat 'n ouer suster Dialogue: 0,0:19:26.00,0:19:30.00,Default,,0000,0000,0000,,dalk met haar jonger broer sal praat. Dialogue: 0,0:19:30.00,0:19:33.00,Default,,0000,0000,0000,,Ongelukkig was dit die laaste ding wat sy ooit vir hom gesê het Dialogue: 0,0:19:33.00,0:19:37.00,Default,,0000,0000,0000,,want sy het hom nooit weer gesien nie. Hy het nie oorleef nie. Dialogue: 0,0:19:37.00,0:19:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Toe sy uit Auschwitz kom, het sy 'n eed geneem. Dialogue: 0,0:19:40.00,0:19:44.00,Default,,0000,0000,0000,,Sy het dit vir my gesê. Sy het gesê: "Ek het uit Auschwitz die lewe ingestap Dialogue: 0,0:19:44.00,0:19:49.00,Default,,0000,0000,0000,,en ek het myself iets belowe. Die belofte was dat ek nooit iets sal sê Dialogue: 0,0:19:50.00,0:19:53.00,Default,,0000,0000,0000,,wat nie aanvaarbaar sal wees as die laaste ding wat ek ooit sê nie." Dialogue: 0,0:19:53.00,0:19:57.00,Default,,0000,0000,0000,,Kan ons dit doen? Nee. Ons sal faal Dialogue: 0,0:19:58.00,0:20:05.00,Default,,0000,0000,0000,,en ander sal faal. Maar dis 'n ideaal om na streef. Dankie. Dialogue: 0,0:20:05.00,0:20:10.00,Default,,0000,0000,0000,,(Applous) Dialogue: 0,0:20:11.00,0:20:22.00,Default,,0000,0000,0000,,Blink oë, blink oë. Dialogue: 0,0:20:22.00,0:20:25.00,Default,,0000,0000,0000,,Dankie, dankie. Dialogue: 0,0:20:26.00,0:20:31.00,Default,,0000,0000,0000,,(Musiek)