< Return to Video

Klassieke musiek se vermoë om ons te verander

  • 0:01 - 0:04
    Van julle ken waarskynlik die storie
    van die twee verkoopsmanne
  • 0:04 - 0:07
    wat in die 1900's Afrika besoek het.
  • 0:07 - 0:09
    Hulle's gestuur om te kyk
    of daar geleentheid is
  • 0:09 - 0:10
    om skoene te verkoop.
  • 0:10 - 0:13
    Hulle stuur toe telegramme
    terug na Manchester toe.
  • 0:13 - 0:15
    Die een skryf:
  • 0:15 - 0:18
    "Situasie hopeloos. Stop.
    Hulle dra nie skoene nie."
  • 0:18 - 0:20
    Die ander een skryf:
  • 0:20 - 0:24
    "Uitstekende geleentheid.
    Hulle't nog nie skoene hier nie."
  • 0:24 - 0:24
    (Gelag)
  • 0:24 - 0:28
    Daar's ’n soortgelyke situasie
    in die wêreld van klassieke musiek,
  • 0:28 - 0:33
    want party mense dink dat
    klassieke musiek besig is om uit te sterf.
  • 0:33 - 0:37
    En dan is daar van ons wat dink dis
    nog net die begin van veel groter dinge.
  • 0:37 - 0:40
    Eerder as om statistiek
    en tendense aan te haal
  • 0:40 - 0:43
    en julle te vertel van al die
    orkeste wat ontbind,
  • 0:43 - 0:46
    en die platemaatskappye wat sluit,
  • 0:46 - 0:49
    het ek gedink ons kan vanaand
    ’n eksperiment doen.
  • 0:49 - 0:53
    Dis nie regtig ’n eksperiment nie,
    want ek weet wat die uitkoms is.
  • 0:53 - 0:54
    (Gelag)
  • 0:54 - 0:56
    Maar dis iets soos ’n eksperiment.
  • 0:56 - 0:58
    Nou, voor ons --
  • 0:58 - 1:00
    (Gelag)
  • 1:00 - 1:03
    -- voor ons begin,
    moet ek twee dinge doen.
  • 1:03 - 1:07
    Die een is dat ek julle wil herinner
    hoe ’n sewejarige kind
  • 1:07 - 1:09
    klink wanneer hy klavier speel.
  • 1:09 - 1:11
    Miskien het julle so ’n kind by die huis.
  • 1:11 - 1:12
    Hy klink omtrent so.
  • 1:12 - 1:33
    (Musiek)
  • 1:33 - 1:35
    Ek sien sommige van julle
    herken hierdie kind.
  • 1:35 - 1:39
    As hy ’n jaar lank oefen
    en les neem, is hy nou agt
  • 1:39 - 1:40
    en dan klink hy so.
  • 1:40 - 1:47
    (Musiek)
  • 1:47 - 1:50
    Dan oefen hy nog ’n jaar
    en neem les -- nou's hy nege.
  • 1:50 - 1:57
    (Musiek)
  • 1:57 - 2:00
    Dan oefen hy nog ’n jaar
    en neem les -- nou's hy tien.
  • 2:00 - 2:06
    (Musiek)
  • 2:06 - 2:08
    Op daardie stadium gooi
    hulle gewoonlik tou op.
  • 2:08 - 2:09
    (Gelag)
  • 2:09 - 2:12
    (Applous)
  • 2:12 - 2:15
    Maar as jy nog een jaar gewag het,
    sou jy dit gehoor het:
  • 2:15 - 2:25
    (Musiek)
  • 2:25 - 2:28
    Wat gebeur het, is nie
    wat julle dalk dink nie,
  • 2:28 - 2:31
    dat hy skielik passievol
    en betrokke geraak het,
  • 2:31 - 2:35
    ’n nuwe onderwyser gekry het,
    puberteit bereik het, of wat ook al.
  • 2:35 - 2:38
    Wat in werklikheid gebeur het,
    is dat die klemtone verminder is.
  • 2:38 - 2:42
    Julle sien, die eerste keer het hy
    elke noot beklemtoon.
  • 2:42 - 2:44
    (Musiek)
  • 2:44 - 2:47
    En die tweede, met die
    klem op elke tweede noot.
  • 2:47 - 2:49
    (Musiek)
  • 2:49 - 2:52
    Julle kan dit sien deur na my kop te kyk.
  • 2:52 - 2:53
    (Gelag)
  • 2:53 - 2:56
    Die negejarige plaas die
    klem op elke vierde noot.
  • 2:56 - 2:58
    (Musiek)
  • 2:58 - 3:00
    En die tienjarige op elke agt note.
  • 3:00 - 3:02
    (Musiek)
  • 3:02 - 3:06
    En die 11-jarige, een
    klem op die hele frase.
  • 3:06 - 3:08
    (Musiek)
  • 3:08 - 3:11
    Ek weet nie hoe ons
    hier beland het nie.
  • 3:11 - 3:12
    (Gelag)
  • 3:13 - 3:16
    Ek't nie gesê ek gaan my skouer
    oor beweeg, my lyf beweeg nie.
  • 3:16 - 3:18
    Nee, die musiek het my omgestoot,
  • 3:18 - 3:20
    dis hoekom ek dit een-boud-spel noem.
  • 3:20 - 3:22
    (Musiek)
  • 3:22 - 3:24
    Dit kan ook die ander boud wees.
  • 3:24 - 3:26
    (Musiek)
  • 3:27 - 3:30
    ’n Man het een keer
    na ’n aanbieding gekyk
  • 3:30 - 3:32
    waar ek met ’n jong pianis gewerk het.
  • 3:32 - 3:34
    Hy was die president
    van ’n maatskappy in Ohio.
  • 3:34 - 3:36
    Ek't met die jong pianis gewerk en gesê:
  • 3:36 - 3:39
    "Die moeilikheid met jou is,
    jy's ’n twee-boud-speler.
  • 3:39 - 3:40
    Jy moet ’n een-boud-speler wees."
  • 3:40 - 3:43
    Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel.
  • 3:43 - 3:45
    En skielik het die musiek
    lewe gekry -- opgestyg.
  • 3:45 - 3:48
    Die gehoor het na hul asems gesnak
    toe hulle die verskil hoor.
  • 3:48 - 3:50
    Toe kry ek ’n brief van dié man.
  • 3:50 - 3:51
    Hy skryf: "Ek was so geroer.
  • 3:51 - 3:53
    Ek't teruggegaan en my hele firma omskep
  • 3:53 - 3:55
    in ’n een-boud-maatskappy."
  • 3:55 - 3:57
    (Gelag)
  • 3:58 - 4:01
    Die ander ding wat ek wou doen,
    is om julle oor julleself te vertel.
  • 4:01 - 4:03
    Daar is 1600 mense hier.
  • 4:03 - 4:07
    Ek skat dat 45 van julle waarskynlik
  • 4:07 - 4:10
    ’n absolute passie vir
    klassieke musiek het.
  • 4:10 - 4:14
    Julle is mal oor klassieke musiek.
    Jul radio's is altyd op klassiek ingestel.
  • 4:14 - 4:17
    Julle't CD's in julle motors en
    julle woon simfoniekonserte by.
  • 4:17 - 4:19
    Julle kinders speel instrumente.
  • 4:19 - 4:22
    Julle kan nie jul lewens indink
    sonder klassieke musiek nie.
  • 4:22 - 4:24
    Dis die eerste groep;
    ’n redelike klein een.
  • 4:24 - 4:25
    Dan's daar ’n groter groep.
  • 4:25 - 4:28
    Dis mense wat niks teen
    klassieke musiek het nie.
  • 4:28 - 4:29
    (Gelag)
  • 4:29 - 4:31
    Jy kom tuis na ’n lang dag
  • 4:31 - 4:33
    en jy kry ’n glasie wyn
    en gaan sit gemaklik.
  • 4:33 - 4:36
    ’n Bietjie Vivaldi in die agtergrond
    doen geen skade nie.
  • 4:36 - 4:38
    Dis die tweede groep.
  • 4:38 - 4:39
    Nou die derde groep.
  • 4:39 - 4:41
    Dis mense wat nooit
    klassieke musiek luister nie.
  • 4:41 - 4:43
    Dis eenvoudig nie deel van jou lewe nie.
  • 4:43 - 4:46
    Jy tel dit dalk nes sekondêre rook
    by die lughawe op, maar --
  • 4:46 - 4:47
    (Gelag)
  • 4:47 - 4:49
    -- en miskien ’n mars uit Aïda
  • 4:49 - 4:50
    wanneer jy die saal instap.
  • 4:50 - 4:52
    Maar andersins nooit nie.
  • 4:52 - 4:54
    Dis waarskynlik die
    grootste groep.
  • 4:54 - 4:56
    En dan is daar ’n baie klein groepie.
  • 4:56 - 4:59
    Dis mense wat dink dat hulle toondoof is.
  • 4:59 - 5:01
    ’n Verbasende aantal mense dink hulle is.
  • 5:01 - 5:04
    Ek hoor dikwels: "My man is toondoof."
  • 5:04 - 5:05
    (Gelag)
  • 5:05 - 5:07
    Die waarheid: Jy kan nie
    toondoof wees nie.
  • 5:07 - 5:08
    Niemand is nie.
  • 5:08 - 5:11
    As jy toondoof was, sou jy
    nie die ratte kon verwissel
  • 5:11 - 5:13
    in jou motor met ’n handrat nie.
  • 5:13 - 5:15
    Jy sou nie die verskil kon hoor tussen
  • 5:15 - 5:17
    iemand van Texas en iemand van Rome nie.
  • 5:17 - 5:19
    En die telefoon. Die telefoon.
  • 5:19 - 5:21
    As jou ma op die
  • 5:21 - 5:24
    elendige telefoon bel en sê: "Hallo,"
  • 5:24 - 5:27
    dan weet jy wie dit is
    én in watter bui sy is.
  • 5:27 - 5:31
    Jy het ’n wonderlike oor.
    Almal het ’n wonderlike oor.
  • 5:31 - 5:33
    So niemand is toondoof nie.
  • 5:33 - 5:34
    Maar ek sê julle wat.
  • 5:34 - 5:37
    Dit help nie ek gaan voort met die ding,
  • 5:37 - 5:41
    met so ’n groot gaping
    tussen dié wat verstaan,
  • 5:41 - 5:43
    en wat passievol en lief
    vir klassieke musiek is,
  • 5:43 - 5:46
    en diegene wat glad geen
    aanklank daarmee het nie.
  • 5:46 - 5:48
    Die toondoof mense is nie meer hier nie.
  • 5:48 - 5:50
    Maar selfs tussen daai drie kategorieë
  • 5:50 - 5:52
    is die gaping te groot.
  • 5:52 - 5:56
    Ek gaan dus nie voortgaan
    totdat elkeen in hierdie vertrek,
  • 5:56 - 6:01
    op die onderste vloer en in Aspen,
    en almal wat hierna kyk,
  • 6:01 - 6:06
    geleer het om klassieke musiek
    lief te hê en te verstaan nie.
  • 6:06 - 6:08
    So dis wat ons gaan doen.
  • 6:08 - 6:12
    Julle sien dat ek nie
    die geringste twyfel het
  • 6:12 - 6:15
    dat dit gaan werk nie,
    as julle na my gesig kyk, nè?
  • 6:15 - 6:21
    Dis een van die eienskappe van
    ’n leier: Hy het geen twyfel
  • 6:21 - 6:23
    aan die mense wat hy lei se vermoë
  • 6:23 - 6:26
    om dit te bereik waaroor hy droom nie.
  • 6:26 - 6:29
    Dink net, as Martin Luther King
    gesê het: "Ek het ’n droom.
  • 6:29 - 6:32
    Maar ek's nie seker
    of hulle kans sien nie."
  • 6:32 - 6:33
    (Gelag)
  • 6:34 - 6:36
    Goed. Ek gaan ’n stuk van Chopin gebruik.
  • 6:36 - 6:39
    Dis ’n pragtige prelude van Chopin.
  • 6:39 - 6:42
    Van julle sal dit ken.
  • 6:42 - 7:11
    (Musiek)
  • 7:11 - 7:14
    Weet julle wat dink ek het
    waarskynlik nou gebeur?
  • 7:14 - 7:17
    Toe ek begin het, het julle gedink:
    "Dit klink so pragtig."
  • 7:18 - 7:29
    (Musiek)
  • 7:29 - 7:32
    "Ek dink nie ons moet vir
    die volgende somervakansie
  • 7:32 - 7:35
    na dieselfde plek toe gaan nie."
  • 7:35 - 7:36
    (Gelag)
  • 7:36 - 7:37
    Dis snaaks, nè?
  • 7:37 - 7:42
    Dis snaaks hoe sulke dinge
    in ons gedagtes insluip.
  • 7:42 - 7:46
    (Applous)
  • 7:46 - 7:48
    As die stuk lank is
    en jy't ’n lang dag gehad,
  • 7:48 - 7:50
    mag jy selfs insluimer.
  • 7:50 - 7:52
    Dan pomp jou metgesel jou in die ribbes
  • 7:52 - 7:55
    en sê: "Word wakker! Dis kultuur!"
    En dan voel jy nog slegter.
  • 7:55 - 7:56
    (Gelag)
  • 7:56 - 7:59
    Maar het dit al ooit by jou opgekom
    dat die rede waarom jy vaak word
  • 7:59 - 8:02
    met klassieke musiek nie
    jou skuld is nie, maar ons s'n?
  • 8:02 - 8:04
    Het iemand gedink,
    terwyl ek gespeel het:
  • 8:04 - 8:06
    "Waarom gebruik hy soveel klemtone?"
  • 8:06 - 8:09
    As ek dit met my kop gedoen het,
    sou julle beslis so gedink het.
  • 8:09 - 8:15
    (Musiek)
  • 8:15 - 8:19
    En vir die res van julle lewens
    sal julle altyd bewus wees
  • 8:19 - 8:23
    van die klemtone wanneer
    julle na klassieke musiek luister.
  • 8:23 - 8:25
    Kom ons kyk wat regtig hier aangaan.
  • 8:25 - 8:28
    Ons het ’n B. Dis ’n B.
  • 8:28 - 8:30
    Die volgende noot is ’n C.
  • 8:30 - 8:33
    En die C se taak is om
    die B treurig te maak.
  • 8:33 - 8:34
    En dit werk, of hoe?
  • 8:34 - 8:36
    (Gelag)
  • 8:36 - 8:37
    Komponiste weet dit.
  • 8:37 - 8:40
    As hulle treurige musiek wil hê,
    speel hulle net dié twee note.
  • 8:40 - 8:43
    (Musiek)
  • 8:43 - 8:46
    Maar basies is dit net ’n B,
    met vier treuriges.
  • 8:46 - 8:47
    (Gelag)
  • 8:48 - 8:51
    Nou gaan dit af na A.
  • 8:51 - 8:53
    Nou na G.
  • 8:53 - 8:54
    En dan na F.
  • 8:54 - 8:56
    So ons het B, A, G, F.
  • 8:56 - 8:58
    En as ons B, A, G, F het,
  • 8:58 - 9:00
    wat verwag ons volgende?
  • 9:00 - 9:03
    (Musiek)
  • 9:03 - 9:05
    O, dit was seker toeval.
  • 9:05 - 9:06
    Kom ons probeer weer.
  • 9:06 - 9:09
    (Musiek)
  • 9:09 - 9:10
    (Gehoor sing)
  • 9:10 - 9:12
    O, die TED-koor.
  • 9:12 - 9:14
    (Gelag)
  • 9:14 - 9:17
    En julle let op dat niemand
    toondoof is nie, ne?
  • 9:17 - 9:18
    Niemand nie.
  • 9:18 - 9:20
    Julle weet, elke dorpie in Bangladesh
  • 9:20 - 9:25
    en elke gehuggie in Sjina -- almal weet:
  • 9:25 - 9:28
    da, da, da, da -- da.
  • 9:28 - 9:29
    Almal weet om ’n E daar te verwag.
  • 9:29 - 9:32
    Chopin wou nie daar by
    die E uitgekom het nie,
  • 9:32 - 9:34
    want wat sou gebeur het?
  • 9:34 - 9:36
    Dit sou verby wees, soos Hamlet, nè?
  • 9:36 - 9:37
    Eerste bedryf, derde toneel:
  • 9:37 - 9:39
    hy vind uit dat sy oom
    sy pa vermoor het.
  • 9:39 - 9:41
    Hy hou aan om sy oom te nader
    en hom amper dood te maak.
  • 9:41 - 9:44
    Dan tree hy terug, nader hom weer
    en maak hom amper dood.
  • 9:44 - 9:47
    En die kritici daar in die agterste ry,
  • 9:47 - 9:51
    hulle moet ’n opinie hê,
    so hulle sê: "Hamlet sloer."
  • 9:51 - 9:54
    Of hulle sê: "Hamlet het
    ’n Oedipus-kompleks."
  • 9:54 - 9:56
    Nee, anders sou die opvoering
    verby gewees het, simpel!
  • 9:56 - 9:57
    (Gelag)
  • 9:57 - 9:59
    Dis waarom Shakespeare
    al daai goed in het --
  • 9:59 - 10:01
    Ophelia wat mal word,
    die storie in die storie,
  • 10:01 - 10:03
    en Yorick se kopbeen, en die grafgrawers.
  • 10:03 - 10:05
    Dis om uit te stel --
  • 10:05 - 10:07
    tot die vyfde bedryf,
    dan kan hy hom doodmaak.
  • 10:07 - 10:09
    Dieselfde geld vir Chopin.
  • 10:09 - 10:12
    Hy wil net-net E bereik,
  • 10:12 - 10:15
    en hy sê: "Oeps, ek moet liewer
    terug gaan en dit weer doen."
  • 10:15 - 10:16
    Dan doen hy dit weer.
  • 10:17 - 10:18
    Nou raak hy opgewonde.
  • 10:18 - 10:20
    (Musiek)
  • 10:20 - 10:22
    Dis opgewondenheid,
    moenie bekommer nie.
  • 10:22 - 10:26
    Nou kom hy by F-kruis uit
    en uiteindelik gaan hy af tot by E,
  • 10:26 - 10:28
    maar dis die verkeerde sleutel --
  • 10:28 - 10:31
    want die sleutel waarna
    hy soek is dié een
  • 10:31 - 10:33
    en in plaas daarvan doen hy ...
  • 10:33 - 10:35
    Nou, ons noem dit misleidende intonasie,
  • 10:35 - 10:36
    want dit mislei ons.
  • 10:36 - 10:39
    Ek sê altyd vir my studente:
    "By misleidende intonasie,
  • 10:39 - 10:42
    lig julle wenkbroue, dan weet almal."
  • 10:42 - 10:43
    (Gelag)
  • 10:43 - 10:46
    (Applous)
  • 10:47 - 10:48
    Goed.
  • 10:48 - 10:51
    Hy kom by E uit, maar
    dis die verkeerde sleutel.
  • 10:51 - 10:52
    Hy probeer E weer.
  • 10:52 - 10:53
    Daai sleutel werk nie.
  • 10:53 - 10:56
    Nou probeer hy die E weer.
    Die sleutel werk nie.
  • 10:56 - 10:58
    Nou probeer hy E weer,
    en dit werk nie.
  • 10:58 - 11:00
    En dan, uiteindelik ...
  • 11:02 - 11:06
    Daar is ’n man in die
    voorste ry wat so "Hmf" sug.
  • 11:06 - 11:07
    (Gelag)
  • 11:07 - 11:10
    Dis dieselfde ding wat hy doen
    wanneer hy na ’n lang dag
  • 11:10 - 11:12
    by die huis kom, sy motor afskakel en sê:
  • 11:12 - 11:14
    "A, ek is tuis."
  • 11:14 - 11:16
    Want ons weet almal wanneer ons tuis voel.
  • 11:16 - 11:19
    Dis dus 'n stuk wat van
    weggaan af weer tuiskom.
  • 11:19 - 11:22
    Ek gaan dit regdeur speel
    en julle gaan volg.
  • 11:22 - 11:24
    B, C, B, C, B, C, B --
  • 11:24 - 11:25
    af na A, af na G, af na F.
  • 11:25 - 11:28
    Amper tot by E, maar dan
    sou die opvoering verby wees.
  • 11:28 - 11:30
    Terug op B toe,
    raak baie opgewonde.
  • 11:30 - 11:31
    Na F-kruis toe. E toe.
  • 11:31 - 11:33
    Dis die verkeerde akkoord.
  • 11:33 - 11:36
    En uiteindelik na E, en dis tuis.
  • 11:36 - 11:40
    En wat julle gaan sien, is een-boud-spel.
  • 11:40 - 11:41
    (Gelag)
  • 11:41 - 11:44
    Want vir my, om die B en die E te verbind,
  • 11:44 - 11:50
    moet ek ophou dink aan elke
    enkele noot op hierdie roete
  • 11:50 - 11:56
    en begin dink aan die
    lang, lang lyn van B tot E.
  • 11:56 - 12:00
    Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika,
    en jy kan nie Suid-Afrika toe gaan
  • 12:00 - 12:03
    sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank
    in die tronk was te dink nie.
  • 12:03 - 12:06
    Waaraan het hy gedink? Middagete?
  • 12:06 - 12:09
    Nee, hy't gedink aan
    die visie vir Suid-Afrika
  • 12:09 - 12:11
    en ’n visie vir die mensdom.
  • 12:11 - 12:14
    Dit gaan oor visie.
    Dit gaan oor die lang lyn.
  • 12:14 - 12:16
    Soos die voël wat oor die veld vlieg
  • 12:16 - 12:20
    en geen aandag gee aan
    die heinings daar onder nie, nè?
  • 12:20 - 12:23
    Nou gaan julle die lyn
    al die pad volg, van B tot E.
  • 12:23 - 12:27
    Ek't een finale versoek
    voor ek die stuk regdeur speel.
  • 12:27 - 12:31
    Dink aan iemand wat jy baie liefhet,
  • 12:31 - 12:33
    wat nie meer daar is nie?
  • 12:33 - 12:35
    ’n Geliefde ouma, ’n beminde --
  • 12:35 - 12:39
    iemand in jou lewe wat
    jy met jou hele hart liefhet,
  • 12:39 - 12:42
    maar die persoon is nie meer by jou nie.
  • 12:42 - 12:45
    Dink aan daai persoon
  • 12:45 - 12:47
    en volg terselftertyd
  • 12:47 - 12:50
    die lyn al die pad van B na E,
  • 12:50 - 12:55
    en jy sal alles hoor wat
    Chopin te sê gehad het.
  • 12:59 - 14:48
    (Musiek)
  • 14:48 - 14:54
    (Applous)
  • 14:57 - 14:59
    Julle wonder dalk nou --
  • 14:59 - 15:05
    (Applous)
  • 15:05 - 15:07
    Julle wonder dalk hoekom ek saam klap.
  • 15:07 - 15:09
    Ek't dit by ’n skool in Boston gedoen
  • 15:09 - 15:12
    met omtrent 70 graad sewes -- 12-jariges.
  • 15:12 - 15:15
    Ek't presies dieselfde met hulle gedoen,
  • 15:15 - 15:16
    en die hele ding verduidelik.
  • 15:16 - 15:19
    En aan die einde het hulle
    soos besetenes geklap.
  • 15:19 - 15:20
    Ek't geklap. Hulle't geklap.
  • 15:20 - 15:22
    Tot ek gevra het: "Waarom klap ek?"
  • 15:22 - 15:25
    En een van die kleintjies sê:
    "Want ons het geluister."
  • 15:25 - 15:27
    (Gelag)
  • 15:28 - 15:31
    Dink daaraan. 1600 mense, besige mense,
  • 15:31 - 15:33
    wat by allerhande dinge betrokke is,
  • 15:33 - 15:37
    aan't luister, verstaan en geraak word
  • 15:37 - 15:40
    deur ’n stuk van Chopin.
  • 15:40 - 15:41
    Dit is merkwaardig.
  • 15:41 - 15:43
    Is ek seker dat elkeen dit gevolg
  • 15:43 - 15:45
    en verstaan het en daardeur geraak is?
  • 15:45 - 15:46
    Natuurlik nie.
  • 15:46 - 15:49
    Maar ek vertel julle wat
    met my in Ierland gebeur het,
  • 15:49 - 15:51
    tydens hulle moeilikhede, 10 jaar gelede.
  • 15:51 - 15:54
    Ek't met 'n klompie Katolieke en
    Protestantse kinders gewerk
  • 15:54 - 15:56
    oor konflikoplossing.
  • 15:56 - 15:58
    Toe doen ek dit met hulle --
  • 15:58 - 16:01
    ’n gewaagde ding, want
    hulle was straatkinders.
  • 16:01 - 16:04
    En een van hulle kom die
    volgende oggend na my toe
  • 16:04 - 16:05
    en hy sê:
  • 16:05 - 16:08
    "Jy weet, ek het nog nooit na
    klassieke musiek geluister nie,
  • 16:08 - 16:10
    maar toe jy daai 'shopping' stuk speel ..."
  • 16:10 - 16:12
    (Gelag)
  • 16:12 - 16:16
    Hy sê: "My broer is laas jaar geskiet
    en ek't nie oor hom gehuil nie.
  • 16:16 - 16:18
    Maar gisteraand toe jy daai stuk speel,
  • 16:18 - 16:21
    was hy die een waaraan ek gedink het.
  • 16:21 - 16:23
    En ek't gevoel hoe trane
    oor my gesig stroom.
  • 16:23 - 16:26
    En dit het regtig goed gevoel
    om oor my broer te huil."
  • 16:26 - 16:28
    Op daardie oomblik het ek besluit
  • 16:28 - 16:33
    dat klassieke musiek aan almal behoort.
  • 16:33 - 16:35
    Almal.
  • 16:35 - 16:38
    Nou, hoe sou julle loop --
  • 16:38 - 16:42
    my professie, die musiekprofessie
    sien dit nie so nie.
  • 16:42 - 16:45
    Hulle sê 3% van die bevolking
    hou van klassieke musiek.
  • 16:45 - 16:49
    As ons dit maar net kon opstoot na 4%
    sou ons probleme opgelos wees.
  • 16:49 - 16:50
    (Gelag)
  • 16:50 - 16:53
    Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat?
  • 16:53 - 16:56
    Hoe sou jy wees as jy gedink het
    3% hou van klassieke musiek?
  • 16:56 - 16:58
    As ons dit maar net kon opstoot na 4%.
  • 16:58 - 17:00
    Hoe sou jy loop of praat?
  • 17:00 - 17:04
    Hoe sou jy wees as jy gedink het
    almal is lief is vir klassieke musiek --
  • 17:04 - 17:06
    hulle't dit nog net nie ontdek nie.
  • 17:06 - 17:09
    Sien, dis totaal verskillende wêrelde.
  • 17:09 - 17:11
    Ek't ’n wonderlike ervaring gehad --
  • 17:11 - 17:12
    ek was 45 jaar oud.
  • 17:12 - 17:14
    Ek dirigeer toe al 20 jaar lank,
  • 17:14 - 17:17
    en skielik het ek iets besef.
  • 17:17 - 17:21
    Die dirigent van ’n orkes
    maak nie ’n geluid nie.
  • 17:21 - 17:24
    My foto verskyn voor op die CD --
  • 17:24 - 17:26
    (Gelag)
  • 17:26 - 17:28
    Maar die dirigent maak nie ’n geluid nie.
  • 17:28 - 17:30
    Vir hom om mag te hê,
  • 17:30 - 17:34
    is hy afhanklik van sy vermoë
    om ander mense te bemagtig.
  • 17:34 - 17:35
    En dit het alles vir my verander.
  • 17:35 - 17:37
    Dit was ’n totale lewensomkeer.
  • 17:37 - 17:39
    Mense in my orkes het gesê:
  • 17:39 - 17:41
    "Ben, wat het gebeur?."
    Dis wat gebeur het:
  • 17:41 - 17:47
    Ek't besef dat my taak is
    om moontlikheid in andere te wek.
  • 17:47 - 17:49
    Natuurlik wou ek weet
    of ek dit doen.
  • 17:49 - 17:50
    En weet julle hoe mens dit bepaal?
  • 17:50 - 17:52
    Jy kyk na hulle oë.
  • 17:52 - 17:55
    As hulle oë blink,
    dan weet jy dat jy daarin slaag.
  • 17:56 - 17:59
    Jy kan ’n dorpie van lig voorsien
    met hierdie man se oë.
  • 17:59 - 17:59
    (Gelag)
  • 17:59 - 18:03
    So as die oë blink,
    weet jy dat jy slaag.
  • 18:03 - 18:05
    As die oë nie blink nie,
    moet jy ’n vraag vra.
  • 18:05 - 18:07
    En die vraag is:
  • 18:07 - 18:09
    Wie is ek besig om te wees,
  • 18:09 - 18:12
    dat my spelers se oë nie blink nie?
  • 18:12 - 18:14
    Ons kan dit met ons kinders ook doen.
  • 18:14 - 18:17
    Wie is ek besig om te wees,
  • 18:17 - 18:19
    dat my kinders se oë nie blink nie?
  • 18:19 - 18:22
    Dis ’n totaal ander wêreld.
  • 18:22 - 18:27
    Nou, ons moet amper hierdie magiese,
    op-die-berg week beëindig,
  • 18:27 - 18:29
    en ons gaan terug na die wêreld.
  • 18:29 - 18:33
    En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra:
  • 18:33 - 18:37
    Wie is ons besig om te wees wanneer
    ons teruggaan na die wêreld toe?
  • 18:37 - 18:40
    En weet julle,
    ek't ’n definisie van sukses.
  • 18:40 - 18:41
    Dis baie eenvoudig.
  • 18:41 - 18:43
    Dit gaan nie oor rykdom, roem of mag nie.
  • 18:43 - 18:46
    Dit gaan oor hoeveel
    blink oë ek om my het.
  • 18:46 - 18:49
    En nou het ek een laaste gedagte,
  • 18:49 - 18:53
    en dis dat dit regtig
    ’n verskil maak wat ons sê --
  • 18:53 - 18:56
    die woorde wat uit ons mond kom.
  • 18:56 - 18:59
    Ek't dit geleer van ’n vrou
    wat Auschwitz oorleef het,
  • 18:59 - 19:00
    een van die min oorlewendes.
  • 19:00 - 19:03
    Sy is Auschwitz toe op 15.
  • 19:04 - 19:06
    En ...
  • 19:07 - 19:09
    haar broer was agt,
  • 19:09 - 19:12
    en hulle ouers was verlore.
  • 19:12 - 19:16
    En sy't vir my gesê:
  • 19:16 - 19:19
    "Ons was in die trein op pad Auschwitz toe
  • 19:19 - 19:22
    en ek't afgekyk en gesien dat
    my boetie se skoene weg was.
  • 19:22 - 19:26
    Toe sê ek: "Hoekom is jy so simpel,
    kan jy nie jou goed bymekaar hou nie,
  • 19:26 - 19:27
    om hemelsnaam!"
  • 19:27 - 19:31
    Soos ’n ouer suster dalk
    met haar jonger broer sou praat.
  • 19:31 - 19:34
    Ongelukkig was dit die laaste ding
    wat sy ooit vir hom gesê het,
  • 19:34 - 19:36
    want sy't hom nooit weer gesien nie.
  • 19:36 - 19:37
    Hy't nie oorleef nie.
  • 19:37 - 19:40
    Toe sy uit Auschwitz kom,
    het sy ’n eed geneem.
  • 19:40 - 19:42
    Sy't my vertel.
  • 19:42 - 19:45
    Sy't gesê: "Ek't uit Auschwitz
    die lewe ingeloop
  • 19:45 - 19:47
    en ek't myself iets belowe.
  • 19:47 - 19:48
    Die belofte was:
  • 19:48 - 19:55
    "Ek sal nooit iets sê wat nie
    aanvaarbaar as my laaste woorde is nie."
  • 19:55 - 19:57
    Kan ons dit doen? Nee.
  • 19:57 - 20:00
    Ons sal misluk en ander ook.
  • 20:00 - 20:04
    Maar dis ’n ideaal om na te streef.
  • 20:04 - 20:05
    Dankie.
  • 20:05 - 20:10
    (Applous)
  • 20:12 - 20:13
    Blink oë!
  • 20:14 - 20:16
    Blink oë!
  • 20:17 - 20:21
    (Applous)
  • 20:22 - 20:25
    Dankie, dankie.
  • 20:25 - 20:26
    (Applous)
Title:
Klassieke musiek se vermoë om ons te verander
Speaker:
Benjamin Zander
Description:

Benjamin Zander het twee aansteeklike passies: klassieke musiek en om almal se liefde daarvoor te ontwikkel -- en om terselfdertyd ons aptyt vir alle nuwe moontlikhede, ervarings en verwantskappe te wek.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
20:26

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions