Klassieke musiek se vermoë om ons te verander
-
0:01 - 0:04Van julle ken waarskynlik die storie
van die twee verkoopsmanne -
0:04 - 0:07wat in die 1900's Afrika besoek het.
-
0:07 - 0:09Hulle's gestuur om te kyk
of daar geleentheid is -
0:09 - 0:10om skoene te verkoop.
-
0:10 - 0:13Hulle stuur toe telegramme
terug na Manchester toe. -
0:13 - 0:15Die een skryf:
-
0:15 - 0:18"Situasie hopeloos. Stop.
Hulle dra nie skoene nie." -
0:18 - 0:20Die ander een skryf:
-
0:20 - 0:23"Uitstekende geleentheid.
Hulle't nog nie skoene hier nie." -
0:23 - 0:25(Gelag)
-
0:25 - 0:28Daar's ’n soortgelyke situasie
in die wêreld van klassieke musiek, -
0:28 - 0:33want party mense dink dat
klassieke musiek besig is om uit te sterf. -
0:33 - 0:37En dan is daar van ons wat dink dis
nog net die begin van veel groter dinge. -
0:37 - 0:41Eerder as om statistiek
en tendense aan te haal -
0:41 - 0:43en julle te vertel van al die
orkeste wat ophou bestaan, -
0:43 - 0:46en die platemaatskappye
wat besig is om te sluit, -
0:46 - 0:49het ek gedink ons kan vanaand
’n eksperiment doen. -
0:49 - 0:53Dis nie regtig ’n eksperiment nie,
want ek weet wat die uitkoms is. -
0:53 - 0:54(Gelag)
-
0:54 - 0:56Maar dis iets soos ’n eksperiment.
-
0:56 - 0:58Nou, voor ons --
-
0:58 - 1:00(Gelag)
-
1:00 - 1:03-- voor ons begin,
moet ek twee dinge doen. -
1:03 - 1:07Die een is dat ek julle wil herinner
hoe 'n sewejarige kind -
1:07 - 1:09klink wanneer hy klavier speel.
-
1:09 - 1:11Miskien het julle so ’n kind by die huis.
-
1:11 - 1:12Hy klink omtrent so.
-
1:12 - 1:29(Musiek)
-
1:29 - 1:33(Musiek eindig)
-
1:33 - 1:35Ek sien sommige van julle
herken hierdie kind. -
1:35 - 1:39As hy ’n jaar lank oefen
en les neem, is hy nou agt -
1:39 - 1:40en dan klink hy so.
-
1:40 - 1:47(Musiek)
-
1:47 - 1:50Dan oefen hy nog ’n jaar
en neem les -- nou's hy nege. -
1:50 - 1:57(Musiek)
-
1:57 - 2:00Dan oefen hy nog ’n jaar
en neem les -- nou's hy tien. -
2:00 - 2:06(Musiek)
-
2:06 - 2:08Op daardie stadium gooi
hulle gewoonlik tou op. -
2:08 - 2:09(Gelag)
-
2:09 - 2:12(Applous)
-
2:12 - 2:15Maar as jy nog een jaar gewag het,
sou jy dit gehoor het: -
2:15 - 2:25(Musiek)
-
2:25 - 2:28Wat gebeur het, is nie
wat julle dalk dink nie, -
2:28 - 2:31dat hy skielik passievol
en betrokke geraak het, -
2:31 - 2:35’n nuwe onderwyser gekry het,
puberteit bereik het, of wat ook al. -
2:35 - 2:38Wat in werklikheid gebeur het,
is dat die impetus verlaag is. -
2:38 - 2:42Julle sien, die eerste keer het hy
met ’n impetus op elke noot gespeel. -
2:42 - 2:44(Musiek)
-
2:44 - 2:47En die tweede, met die
impetus op elke tweede noot. -
2:47 - 2:49(Musiek)
-
2:49 - 2:52Julle kan dit sien deur na my kop te kyk.
-
2:52 - 2:53(Gelag)
-
2:53 - 2:56Die negejarige plaas die
impetus op elke vierde noot. -
2:56 - 2:58(Musiek)
-
2:58 - 3:00En die tienjarige op elke agt note.
-
3:00 - 3:02(Musiek)
-
3:02 - 3:06En die 11-jarige, een
impetus op die hele frase. -
3:06 - 3:08(Musiek)
-
3:08 - 3:11Ek weet nie hoe ons
hier beland het nie. -
3:11 - 3:12(Gelag)
-
3:13 - 3:15Ek't nie gesê ek gaan my skouer
oor beweeg, my lyf beweeg nie. -
3:15 - 3:18Nee, die musiek het my omgestoot,
-
3:18 - 3:20dis hoekom ek dit een-boud-spel noem.
-
3:20 - 3:22(Musiek)
-
3:22 - 3:24Dit kan ook die ander boud wees.
-
3:24 - 3:26(Musiek)
-
3:27 - 3:30Julle weet, ’n man het een keer na
’n aanbieding gekyk wat ek voorgedra het -
3:30 - 3:32toe ek met ’n jong pianis gewerk het.
-
3:32 - 3:34Hy was die president
van 'n maatskappy in Ohio. -
3:34 - 3:36En ek't met die jong pianis gewerk en gesê:
-
3:36 - 3:39"Die moeilikheid met jou is
dat jy ’n twee-boud-speler is. -
3:39 - 3:40Jy moet ’n een-boud-speler wees."
-
3:40 - 3:43Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel.
-
3:43 - 3:45En skielik het die musiek
lewe gekry. Dit het opgestyg. -
3:45 - 3:48Die gehoor het na hulle asems gesnak
toe hulle die verskil hoor. -
3:48 - 3:49En toe kry ek ’n brief van hierdie man.
-
3:49 - 3:51Hy skryf: "Ek was so beïndruk.
-
3:51 - 3:53Ek't teruggegaan en my hele firma omskep
-
3:53 - 3:55in 'n een-boud-maatskappy."
-
3:55 - 3:57(Gelag)
-
3:58 - 4:01Die ander ding wat ek wou doen,
is om julle oor julleself te vertel. -
4:01 - 4:03Ek verstaan daar is 1600 mense hier.
-
4:03 - 4:07Ek skat dat 45 van julle waarskynlik
-
4:07 - 4:10’n absolute passie vir
klassieke musiek het. -
4:10 - 4:15Julle is mal oor klassieke musiek.
Julle radio's is altyd op klassiek ingestel. -
4:15 - 4:17Julle het CD's in julle motors en
julle woon simfoniekonserte by. -
4:17 - 4:19En julle kinders speel instrumente.
-
4:19 - 4:22Julle kan nie jul lewens indink
sonder klassieke musiek nie. -
4:22 - 4:24Dit is die eerste groep;
’n redelike klein groepie. -
4:24 - 4:25Dan is daar ’n ander groep,
’n groter groep. -
4:25 - 4:28Dis mense wat nie omgee
as klassieke musiek speel nie. -
4:28 - 4:29(Gelag)
-
4:29 - 4:31Jy weet, ’n mens kom tuis na ’n lang dag
-
4:31 - 4:33en jy kry ’n glasie wyn
en gaan sit gemaklik. -
4:33 - 4:36’n Bietjie Vivaldi in die agtergrond
doen geen skade nie. -
4:36 - 4:38Dis die tweede groep.
-
4:38 - 4:39Nou vir die derde groep.
-
4:39 - 4:41Dis mense wat nooit
na klassieke musiek luister nie. -
4:41 - 4:43Dis eenvoudig nie deel van jou lewe nie.
-
4:43 - 4:46Jy mag dit dalk nes sekondêre rook
by die lughawe optel, maar -- -
4:46 - 4:47(Gelag)
-
4:47 - 4:49-- en miskien ’n stukkie
marsmusiek uit Aïda -
4:49 - 4:50wanneer jy die saal instap.
-
4:50 - 4:52Maar andersins hoor jy dit nooit nie.
-
4:52 - 4:54Dis waarskynlik die
grootste groep van almal. -
4:54 - 4:56En dan is daar ’n baie klein groepie.
-
4:56 - 4:59Dis mense wat dink dat hulle toondoof is.
-
4:59 - 5:01’n Verbasende aantal mense
dink hulle is toondoof. -
5:01 - 5:04Inderwaarheid hoor ek dikwels:
"My man is toondoof." -
5:04 - 5:05(Gelag)
-
5:05 - 5:07Die waarheid is dat jy nie
toondoof kan wees nie. -
5:07 - 5:08Niemand is toondoof nie.
-
5:08 - 5:11As jy toondoof was, sou jy
nie die ratte kon verwissel -
5:11 - 5:13in jou motor met ’n handrat nie.
-
5:13 - 5:14Jy sou nie die verskil kon agterkom tussen
-
5:14 - 5:17iemand van Texas en iemand van Rome nie.
-
5:17 - 5:19En die telefoon. Die telefoon.
-
5:19 - 5:21As jou ma op die
-
5:21 - 5:24elendige telefoon bel en sê: "Hallo,"
-
5:24 - 5:27dan weet jy nie net wie dit is nie,
jy weet ook in watter bui sy is. -
5:27 - 5:31Jy het ’n wonderlike oor.
Almal het 'n wonderlike oor. -
5:31 - 5:33Niemand is dus toondoof nie.
-
5:33 - 5:34Maar ek sê julle wat.
-
5:34 - 5:37Dit help nie ek gaan voort met die ding,
-
5:37 - 5:41met so ’n groot gaping
tussen dié wat verstaan, -
5:41 - 5:43en wat passievol en lief
vir klassieke musiek is, -
5:43 - 5:46en diegene wat glad geen
aanklank daarmee het nie. -
5:46 - 5:48Die toondoof mense is nie meer hier nie.
-
5:48 - 5:50Maar selfs tussen daai drie kategorieë
-
5:50 - 5:52is die gaping te groot.
-
5:52 - 5:56Ek gaan dus nie voortgaan
totdat elkeen in hierdie vertrek, -
5:56 - 6:01op die onderste vloer en in Aspen,
en almal wat hierna kyk, -
6:01 - 6:06geleer het om klassieke musiek
lief te hê en te verstaan nie. -
6:06 - 6:08So dis wat ons gaan doen.
-
6:08 - 6:12Julle sien dat ek nie
die geringste twyfel het -
6:12 - 6:15dat dit gaan werk as julle
na my gesig kyk nie, reg? -
6:15 - 6:21Dis een van die eienskappe van
’n leier: hy het geen twyfel -
6:21 - 6:23aan die mense wat hy lei se vermoë
-
6:23 - 6:26om dit te bereik waaroor hy droom nie.
-
6:26 - 6:29Dink net, as Martin Luther King
gesê het: "Ek het ’n droom. -
6:29 - 6:32Maar ek's nie seker
of hulle kans sien nie." -
6:32 - 6:33(Gelag)
-
6:34 - 6:36Goed. Ek gaan ’n stuk van Chopin gebruik.
-
6:36 - 6:39Dis ’n pragtige prelude van Chopin.
-
6:39 - 6:42Van julle sal dit ken.
-
6:42 - 7:11(Musiek)
-
7:11 - 7:14Weet julle wat dink ek het
waarskynlik nou gebeur? -
7:14 - 7:17Toe ek begin het, het julle gedink:
"Hoe pragtig klink dit." -
7:18 - 7:29(Musiek)
-
7:29 - 7:32"Ek dink nie ons moet volgende jaar
vir die somervakansie -
7:32 - 7:34na dieselfde plek toe gaan nie."
-
7:34 - 7:36(Gelag)
-
7:36 - 7:37Dis snaaks, ne?
-
7:37 - 7:42Dis snaaks hoe sulke dinge
in ons gedagtes insluip. -
7:42 - 7:46(Applous)
-
7:46 - 7:48Natuurlik, as die stuk lank is
en jy het ’n lang dag gehad, -
7:48 - 7:50mag jy selfs insluimer.
-
7:50 - 7:52Dan pomp jou metgesel jou in die ribbes
-
7:52 - 7:55en sê: "Word wakker! Dis kultuur!"
En dan voel jy nog slegter. -
7:55 - 7:56(Gelag)
-
7:56 - 7:59Maar het dit al ooit by jou opgekom
dat die rede waarom jy vaak word -
7:59 - 8:02met klassieke musiek nie
jou skuld is nie, maar ons s'n? -
8:02 - 8:04Het enigiemand gedink,
terwyl ek gespeel het: -
8:04 - 8:06"Waarom gebruik hy soveel klemtone?"
-
8:06 - 8:09As ek dit met my kop gedoen het,
sou julle beslis so gedink het. -
8:09 - 8:15(Musiek)
-
8:15 - 8:19En vir die res van julle lewens
sal julle altyd bewus wees -
8:19 - 8:23van die klemtone wanneer
julle na klassieke musiek luister. -
8:23 - 8:25Kom ons kyk dus wat regtig hier aangaan.
-
8:25 - 8:28Ons het ’n B. Dis ’n B.
-
8:28 - 8:30Die volgende noot is ’n C.
-
8:30 - 8:33En die C se taak is om
die B treurig te maak. -
8:33 - 8:34En dit werk, of hoe?
-
8:34 - 8:36(Gelag)
-
8:36 - 8:37Komponiste weet dit.
-
8:37 - 8:39As hulle treurige musiek wil hê,
speel hulle net hierdie twee note. -
8:39 - 8:43(Musiek)
-
8:43 - 8:46Maar basies is dit net ’n B,
met vier treuriges. -
8:46 - 8:47(Gelag)
-
8:48 - 8:51Nou gaan dit af na A.
-
8:51 - 8:53Nou na G.
-
8:53 - 8:54En dan na F.
-
8:54 - 8:56So ons het B, A, G, F.
-
8:56 - 8:58En as ons B, A, G, F het,
-
8:58 - 9:00wat verwag ons volgende?
-
9:00 - 9:03(Musiek)
-
9:03 - 9:05O, dit was seker toeval.
-
9:05 - 9:06Kom ons probeer weer.
-
9:06 - 9:09(Musiek)
-
9:09 - 9:10(Gehoor sing)
-
9:10 - 9:12O, die TED-koor.
-
9:12 - 9:14(Gelag)
-
9:14 - 9:17En julle let op dat niemand
toondoof is nie, ne? -
9:17 - 9:18Niemand nie.
-
9:18 - 9:20Julle weet, elke dorpie in Bangladesh
-
9:20 - 9:25en elke gehuggie in Sjina -- almal weet:
-
9:25 - 9:28da, da, da, da -- da.
-
9:28 - 9:29Almal weet om ’n E daar te verwag.
-
9:29 - 9:32Chopin wou nie daar by
die E uitgekom het nie, -
9:32 - 9:34want wat sou gebeur het?
-
9:34 - 9:36Dit sou verby wees, soos Hamlet.
Onthou julle? -
9:36 - 9:37Eerste bedryf, derde toneel:
-
9:37 - 9:39hy vind uit dat sy oom
sy pa doodgemaak het. -
9:39 - 9:41Julle onthou hy hou aan om sy oom te nader
en hom amper dood te maak. -
9:41 - 9:44Dan draai hy om en hy nader hom weer
en maak hom amper dood. -
9:44 - 9:47En die kritici daar in die agterste ry,
-
9:47 - 9:51hulle moet ’n opinie hê,
so hulle sê: "Hamlet sloer." -
9:51 - 9:54Of hulle sê: "Hamlet het
’n Oedipus-kompleks." -
9:54 - 9:56Nee, anders sou die opvoering
verby gewees het. Dis simpel. -
9:56 - 9:57(Gelag)
-
9:57 - 9:59Dis waarom Shakespeare
al daai goed in Hamlet gesit het -- -
9:59 - 10:02Ophelia wat van haar kop af raak,
die storie binne die storie, -
10:02 - 10:03en Yorick se kopbeen, en die grafgrawers.
-
10:03 - 10:05Dis om uit te stel --
-
10:05 - 10:07tot die vyfde bedryf,
dan kan hy hom doodmaak. -
10:07 - 10:09Dieselfde geld vir Chopin.
-
10:09 - 10:12Hy wil net-net E bereik,
-
10:12 - 10:15en hy sê: "Oeps, ek moet liewer
terug gaan en dit weer doen." -
10:15 - 10:16Dan doen hy dit weer.
-
10:17 - 10:18Nou raak hy opgewonde.
-
10:18 - 10:20(Musiek)
-
10:20 - 10:22Dis opgewondenheid,
moenie bekommer nie. -
10:22 - 10:26Nou kom hy by F-kruis uit
en uiteindelik gaan hy af tot by E, -
10:26 - 10:28maar dis in die verkeerde sleutel --
-
10:28 - 10:31want die sleutel waarna
hy soek is dié een -
10:31 - 10:33en in plaas daarvan doen hy ...
-
10:33 - 10:35Nou, ons noem dit misleidende intonasie,
-
10:35 - 10:36want dit mislei ons.
-
10:36 - 10:39Ek sê altyd vir my studente: "As julle
met misleidende intonasie te doen het -
10:39 - 10:42lig julle wenkbroue, dan sal almal weet."
-
10:42 - 10:43(Gelag)
-
10:43 - 10:46(Applous)
-
10:47 - 10:48Reg.
-
10:49 - 10:50Hy kom dus by E uit, maar
dis in die verkeerde sleutel. -
10:50 - 10:52Nou probeer hy weer E.
-
10:52 - 10:53Daai sleutel werk nie.
-
10:53 - 10:56Nou probeer hy weer die E.
Daai sleutel werk nie. -
10:56 - 10:58Nou probeer hy weer E,
en dit werk nie. -
10:58 - 11:00En dan, uiteindelik ...
-
11:02 - 11:06Daar is ’n man in die
voorste ry wat so "Hmf" sug. -
11:06 - 11:07(Gelag)
-
11:07 - 11:09Dis dieselfde ding wat hy doen
wanneer hy na ’n lang dag -
11:09 - 11:12by die huis kom, sy motor afskakel en sê:
-
11:12 - 11:13"A, ek is tuis."
-
11:13 - 11:16Want ons weet almal wanneer ons tuis voel.
-
11:16 - 11:19Dis dus 'n stuk wat van
weggaan af weer tuiskom. -
11:19 - 11:22Ek gaan dit regdeur speel
en julle gaan volg. -
11:22 - 11:24B, C, B, C, B, C, B --
-
11:24 - 11:25af na A, af na G, af na F.
-
11:25 - 11:28Amper tot by E, maar dan
sou die opvoering verby wees. -
11:28 - 11:30Terug op B toe,
raak baie opgewonde. -
11:30 - 11:31Na F-kruis toe. E toe.
-
11:31 - 11:33Dis die verkeerde akkoord.
Dis die verkeerde akkoord. -
11:33 - 11:36En uiteindelik na E, en dis tuis.
-
11:36 - 11:40En wat julle gaan sien, is een-boud-spel.
-
11:40 - 11:41(Gelag)
-
11:41 - 11:44Want vir my, om die B en die E te verbind,
-
11:44 - 11:50moet ek ophou dink aan elke
enkele noot op hierdie roete -
11:50 - 11:56en begin dink aan die
lang, lang lyn van B tot E. -
11:56 - 12:00Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika,
en jy kan nie Suid-Afrika toe gaan -
12:00 - 12:03sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank
in die tronk was te dink nie. -
12:03 - 12:06Waaraan het hy gedink? Middagete?
-
12:06 - 12:09Nee, hy't gedink aan
die visie vir Suid-Afrika -
12:09 - 12:11en 'n visie vir die mensdom.
-
12:11 - 12:14Dit gaan oor visie.
Dit gaan oor die lang lyn. -
12:14 - 12:16Soos die voël wat oor die veld vlieg
-
12:16 - 12:20en geen aandag gee aan
die heinings daar onder nie, ne? -
12:20 - 12:23Nou gaan julle die lyn
al die pad volg, van B tot E. -
12:23 - 12:27Ek't een finale versoek
voor ek die stuk regdeur speel. -
12:27 - 12:31Sal jy dink aan iemand wat jy baie liefhet,
-
12:31 - 12:33wat nie meer daar is nie?
-
12:33 - 12:35’n Geliefde ouma, ’n beminde --
-
12:35 - 12:39iemand in jou lewe wat
jy met jou hele hart liefhet, -
12:39 - 12:42maar die persoon is nie meer by jou nie.
-
12:42 - 12:45Dink aan daai persoon
-
12:45 - 12:47en volg terselftertyd
-
12:47 - 12:50die lyn al die pad van B na E,
-
12:50 - 12:55en jy sal alles hoor wat
Chopin te sê gehad het. -
12:59 - 14:48(Musiek)
-
14:48 - 14:54(Applous)
-
14:57 - 14:59Julle wonder dalk nou --
-
14:59 - 15:06(Applous)
-
15:06 - 15:08Julle wonder dalk hoekom ek saam klap.
-
15:08 - 15:09Wel, ek't dit by ’n skool in Boston gedoen
-
15:09 - 15:12met omtrent 70 graad sewes -- 12-jariges.
-
15:12 - 15:15Ek't presies dieselfde met hulle gedoen,
-
15:15 - 15:16en die hele ding aan hulle verduidelik.
-
15:16 - 15:18En aan die einde het hulle
soos besetenes geklap. -
15:18 - 15:20Ek't geklap. Hulle't geklap.
-
15:20 - 15:22Tot ek gevra het: "Waarom klap ek?"
-
15:22 - 15:25En een van die kleintjies sê:
"Want ons het geluister." -
15:25 - 15:27(Gelag)
-
15:28 - 15:31Dink daaraan. 1600 mense, besige mense,
-
15:31 - 15:33wat by allerhande dinge betrokke is.
-
15:33 - 15:37aan't luister, verstaan en geraak word
-
15:37 - 15:40deur ’n stuk van Chopin.
-
15:40 - 15:41Dit is merkwaardig.
-
15:41 - 15:44Is ek seker dat elkeen dit gevolg
-
15:44 - 15:45en verstaan het en daardeur geraak is?
-
15:45 - 15:46Natuurlik kan ek nie seker wees nie.
-
15:46 - 15:49Maar kom ek vertel julle wat
met my in Ierland gebeur het, -
15:49 - 15:51tydens hulle moeilikhede, 10 jaar gelede.
-
15:51 - 15:54Ek't met 'n klompie Katolieke en
Protestantse kinders gewerk -
15:54 - 15:56oor konflikoplossing.
-
15:56 - 15:58Toe doen ek dit met hulle --
-
15:58 - 16:01’n gewaagde ding, want
hulle was straatkinders. -
16:01 - 16:04En een van hulle kom die
volgende oggend na my toe -
16:04 - 16:05en hy sê:
-
16:05 - 16:08"Jy weet, ek het nog nooit na
klassieke musiek geluister nie, -
16:08 - 16:10maar toe jy daai "shopping" stuk speel ..."
-
16:10 - 16:12(Gelag)
-
16:12 - 16:16Hy sê: "My broer is laas jaar geskiet
en ek't nie oor hom gehuil nie. -
16:16 - 16:18Maar gisteraand toe jy daai stuk speel,
-
16:18 - 16:21was hy die een waaraan ek gedink het.
-
16:21 - 16:23En ek't gevoel hoe trane
oor my gesig stroom. -
16:23 - 16:26En dit het regtig goed gevoel
om oor my broer te huil." -
16:26 - 16:28Op daardie oomblik het ek besluit
-
16:28 - 16:33dat klassieke musiek aan almal behoort.
-
16:33 - 16:35Almal.
-
16:35 - 16:38Nou, hoe sou julle loop --
-
16:38 - 16:42my professie, die musiekprofessie
sien dit nie so nie. -
16:42 - 16:45Hulle sê 3% van die bevolking
hou van klassieke musiek. -
16:45 - 16:49As ons dit maar net kon opstoot na 4%
sou ons probleme opgelos wees. -
16:49 - 16:50(Gelag)
-
16:50 - 16:53Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat?
-
16:53 - 16:56Hoe sou jy wees as jy gedink het 3%
van die bevolking hou van klassieke musiek? -
16:56 - 16:58As ons dit maar net kon opstoot na 4%.
-
16:58 - 17:00Hoe sou jy loop of praat?
-
17:00 - 17:03Hoe sou jy wees as jy gedink het
almal is lief is vir klassieke musiek -- -
17:03 - 17:06hulle't dit nog net nie ontdek nie.
-
17:06 - 17:09Sien, dis totaal verskillende wêrelde.
-
17:09 - 17:11Ek't ’n wonderlike ervaring gehad --
-
17:11 - 17:12ek was 45 jaar oud.
-
17:12 - 17:14Ek't toe reeds 20 jaar lank dirigeer,
-
17:14 - 17:17en skielik het ek iets besef.
-
17:17 - 17:21Die dirigent van ’n orkes
maak nie ’n geluid nie. -
17:21 - 17:24My foto verskyn voor op die CD --
-
17:24 - 17:26(Gelag)
-
17:26 - 17:28Maar die dirigent maak nie ’n geluid nie.
-
17:28 - 17:30Vir hom om mag te hê,
-
17:30 - 17:34is hy afhanklik van sy vermoë
om ander mense te bemagtig. -
17:34 - 17:35En dit het alles vir my verander.
-
17:35 - 17:37Dit was ’n totale lewensomkeer.
-
17:37 - 17:39Mense in my orkes het gesê:
-
17:39 - 17:41"Ben, wat het gebeur?."
Dis wat gebeur het: -
17:41 - 17:47Ek't besef dat my taak is
om moontlikheid in andere te wek. -
17:47 - 17:49En natuurlik wou ek weet
of ek besig was om dit te doen. -
17:49 - 17:50En weet julle hoe mens dit bepaal?
-
17:50 - 17:52Jy kyk na hulle oë.
-
17:52 - 17:55As hulle oë blink,
dan weet jy dat jy daarin slaag. -
17:56 - 17:59Jy kan ’n dorpie van lig voorsien
met hierdie man se oë. -
17:59 - 17:59(Gelag)
-
17:59 - 18:03Reg. As die oë dus blink,
weet jy dat jy slaag. -
18:03 - 18:05As die oë nie blink nie,
moet jy ’n vraag vra. -
18:05 - 18:07En die vraag is:
-
18:07 - 18:09Wie is ek besig om te wees,
-
18:09 - 18:12dat my spelers se oë nie blink nie?
-
18:12 - 18:14Ons kan dit met ons kinders ook doen.
-
18:14 - 18:17Wie is ek besig om te wees,
-
18:17 - 18:19dat my kinders se oë nie blink nie?
-
18:19 - 18:22Dis 'n totaal ander wêreld.
-
18:22 - 18:27Nou, ons moet amper hierdie magiese,
op-die-berg week beëindig, -
18:27 - 18:29en ons gaan terug na die wêreld.
-
18:29 - 18:33En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra:
-
18:33 - 18:37Wie is ons besig om te wees wanneer
ons teruggaan na die wêreld toe? -
18:37 - 18:40En weet julle,
ek't ’n definisie van sukses. -
18:40 - 18:41Dis baie eenvoudig.
-
18:41 - 18:43Dit gaan nie oor rykdom of roem of mag nie.
-
18:43 - 18:46Dit gaan oor hoeveel
blink oë ek om my het. -
18:46 - 18:49En nou het ek een laaste gedagte,
-
18:49 - 18:53en dis dat dit regtig
’n verskil maak wat ons sê -- -
18:53 - 18:56die woorde wat uit ons mond kom.
-
18:56 - 18:59Ek't dit geleer van ’n vrou
wat Auschwitz oorleef het, -
18:59 - 19:00een van die min oorlewendes.
-
19:00 - 19:03Sy is Auschwitz toe op 15.
-
19:04 - 19:06En ...
-
19:07 - 19:09haar broer was agt,
-
19:09 - 19:12en hulle ouers was verlore.
-
19:12 - 19:16En sy't vir my gesê:
-
19:16 - 19:19"Ons was in die trein op pad Auschwitz toe
-
19:19 - 19:22en ek't afgekyk en gesien dat
my boetie se skoene weg was. -
19:22 - 19:25Toe sê ek: "Waarom is jy so simpel,
kan jy nie jou goed bymekaar hou nie, -
19:25 - 19:27om hemelsnaam?"
-
19:27 - 19:31Op die manier wat ’n ouer suster
dalk met haar jonger broer sal praat. -
19:32 - 19:34Ongelukkig was dit die laaste ding
wat sy ooit vir hom gesê het, -
19:34 - 19:35want sy't hom nooit weer gesien nie.
-
19:35 - 19:37Hy't nie oorleef nie.
-
19:37 - 19:40Toe sy uit Auschwitz kom,
het sy 'n eed geneem. -
19:40 - 19:42Sy't my vertel.
-
19:42 - 19:45Sy't gesê: "Ek't uit Auschwitz die lewe ingeloop
-
19:45 - 19:47en ek't myself iets belowe.
-
19:47 - 19:48Die belofte was:
-
19:48 - 19:55"Ek sal nooit iets sê wat nie aanvaarbaar sal
wees as die laaste ding wat ek ooit sê nie." -
19:55 - 19:57Kan ons dit doen? Nee.
-
19:57 - 20:00Ons sal misluk en ander ook.
-
20:00 - 20:04Maar dis ’n ideaal om na te streef.
-
20:04 - 20:05Dankie.
-
20:05 - 20:10(Applous)
-
20:12 - 20:13Blink oë!
-
20:14 - 20:16Blink oë!
-
20:17 - 20:21(Applous)
-
20:22 - 20:25Dankie, dankie.
-
20:25 - 20:26(Applous)
- Title:
- Klassieke musiek se vermoë om ons te verander
- Speaker:
- Benjamin Zander
- Description:
-
Benjamin Zander het twee aansteeklike passies: klassieke musiek en om almal se liefde daarvoor te ontwikkel -- en om terselfdertyd ons aptyt vir alle nuwe moontlikhede, ervarings en verwantskappe te wek.
- Video Language:
- English
- Team:
closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 20:26
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The transformative power of classical music | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The transformative power of classical music | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The transformative power of classical music | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The transformative power of classical music | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The transformative power of classical music | |
![]() |
Fanie Pretorius added a translation |