1 00:00:00,820 --> 00:00:03,820 Van julle ken waarskynlik die storie van die twee verkoopsmanne 2 00:00:03,820 --> 00:00:06,620 wat in die 1900's Afrika besoek het. 3 00:00:06,620 --> 00:00:09,080 Hulle's gestuur om te kyk of daar geleentheid is 4 00:00:09,080 --> 00:00:10,400 om skoene te verkoop. 5 00:00:10,400 --> 00:00:13,390 Hulle stuur toe telegramme terug na Manchester toe. 6 00:00:13,390 --> 00:00:14,820 Die een skryf: 7 00:00:14,820 --> 00:00:18,320 "Situasie hopeloos. Stop. Hulle dra nie skoene nie." 8 00:00:18,320 --> 00:00:20,220 Die ander een skryf: 9 00:00:20,220 --> 00:00:23,210 "Uitstekende geleentheid. Hulle't nog nie skoene hier nie." 10 00:00:23,210 --> 00:00:24,580 (Gelag) 11 00:00:24,580 --> 00:00:27,660 Daar's ’n soortgelyke situasie in die wêreld van klassieke musiek, 12 00:00:27,660 --> 00:00:32,630 want party mense dink dat klassieke musiek besig is om uit te sterf. 13 00:00:32,630 --> 00:00:36,860 En dan is daar van ons wat dink dis nog net die begin van veel groter dinge. 14 00:00:36,860 --> 00:00:40,560 Eerder as om statistiek en tendense aan te haal 15 00:00:40,560 --> 00:00:43,130 en julle te vertel van al die orkeste wat ophou bestaan, 16 00:00:43,130 --> 00:00:45,600 en die platemaatskappye wat besig is om te sluit, 17 00:00:45,600 --> 00:00:49,310 het ek gedink ons kan vanaand ’n eksperiment doen. 18 00:00:49,310 --> 00:00:52,600 Dis nie regtig ’n eksperiment nie, want ek weet wat die uitkoms is. 19 00:00:52,600 --> 00:00:53,930 (Gelag) 20 00:00:53,930 --> 00:00:56,000 Maar dis iets soos ’n eksperiment. 21 00:00:56,000 --> 00:00:58,000 Nou, voor ons -- 22 00:00:58,000 --> 00:01:00,000 (Gelag) 23 00:01:00,000 --> 00:01:02,770 -- voor ons begin, moet ek twee dinge doen. 24 00:01:02,770 --> 00:01:06,770 Die een is dat ek julle wil herinner hoe 'n sewejarige kind 25 00:01:06,770 --> 00:01:08,870 klink wanneer hy klavier speel. 26 00:01:08,870 --> 00:01:11,090 Miskien het julle so ’n kind by die huis. 27 00:01:11,090 --> 00:01:12,420 Hy klink omtrent so. 28 00:01:12,420 --> 00:01:29,000 (Musiek) 29 00:01:29,000 --> 00:01:32,650 (Musiek eindig) 30 00:01:32,650 --> 00:01:35,280 Ek sien sommige van julle herken hierdie kind. 31 00:01:35,280 --> 00:01:38,900 As hy ’n jaar lank oefen en les neem, is hy nou agt 32 00:01:38,900 --> 00:01:40,120 en dan klink hy so. 33 00:01:40,120 --> 00:01:47,010 (Musiek) 34 00:01:47,010 --> 00:01:50,000 Dan oefen hy nog ’n jaar en neem les -- nou's hy nege. 35 00:01:50,000 --> 00:01:56,640 (Musiek) 36 00:01:56,640 --> 00:01:59,670 Dan oefen hy nog ’n jaar en neem les -- nou's hy tien. 37 00:01:59,670 --> 00:02:06,020 (Musiek) 38 00:02:06,020 --> 00:02:08,220 Op daardie stadium gooi hulle gewoonlik tou op. 39 00:02:08,220 --> 00:02:09,390 (Gelag) 40 00:02:09,390 --> 00:02:11,640 (Applous) 41 00:02:11,640 --> 00:02:15,390 Maar as jy nog een jaar gewag het, sou jy dit gehoor het: 42 00:02:15,390 --> 00:02:24,840 (Musiek) 43 00:02:24,840 --> 00:02:28,190 Wat gebeur het, is nie wat julle dalk dink nie, 44 00:02:28,190 --> 00:02:31,270 dat hy skielik passievol en betrokke geraak het, 45 00:02:31,270 --> 00:02:34,710 ’n nuwe onderwyser gekry het, puberteit bereik het, of wat ook al. 46 00:02:34,710 --> 00:02:38,010 Wat in werklikheid gebeur het, is dat die impetus verlaag is. 47 00:02:38,010 --> 00:02:41,900 Julle sien, die eerste keer het hy met ’n impetus op elke noot gespeel. 48 00:02:41,900 --> 00:02:44,150 (Musiek) 49 00:02:44,150 --> 00:02:46,950 En die tweede, met die impetus op elke tweede noot. 50 00:02:46,950 --> 00:02:49,260 (Musiek) 51 00:02:49,260 --> 00:02:51,570 Julle kan dit sien deur na my kop te kyk. 52 00:02:51,570 --> 00:02:52,870 (Gelag) 53 00:02:52,870 --> 00:02:56,060 Die negejarige plaas die impetus op elke vierde noot. 54 00:02:56,060 --> 00:02:58,020 (Musiek) 55 00:02:58,020 --> 00:03:00,020 En die tienjarige op elke agt note. 56 00:03:00,020 --> 00:03:02,000 (Musiek) 57 00:03:02,000 --> 00:03:05,640 En die 11-jarige, een impetus op die hele frase. 58 00:03:05,640 --> 00:03:08,020 (Musiek) 59 00:03:08,020 --> 00:03:10,680 Ek weet nie hoe ons hier beland het nie. 60 00:03:10,680 --> 00:03:12,000 (Gelag) 61 00:03:12,900 --> 00:03:15,360 Ek't nie gesê ek gaan my skouer oor beweeg, my lyf beweeg nie. 62 00:03:15,360 --> 00:03:17,600 Nee, die musiek het my omgestoot, 63 00:03:17,600 --> 00:03:20,360 dis hoekom ek dit een-boud-spel noem. 64 00:03:20,360 --> 00:03:21,950 (Musiek) 65 00:03:21,950 --> 00:03:23,750 Dit kan ook die ander boud wees. 66 00:03:23,750 --> 00:03:26,000 (Musiek) 67 00:03:26,650 --> 00:03:30,040 Julle weet, ’n man het een keer na ’n aanbieding gekyk wat ek voorgedra het 68 00:03:30,040 --> 00:03:31,820 toe ek met ’n jong pianis gewerk het. 69 00:03:31,820 --> 00:03:34,370 Hy was die president van 'n maatskappy in Ohio. 70 00:03:34,370 --> 00:03:36,350 En ek't met die jong pianis gewerk en gesê: 71 00:03:36,350 --> 00:03:38,860 "Die moeilikheid met jou is dat jy ’n twee-boud-speler is. 72 00:03:38,860 --> 00:03:40,500 Jy moet ’n een-boud-speler wees." 73 00:03:40,500 --> 00:03:42,670 Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel. 74 00:03:42,670 --> 00:03:45,040 En skielik het die musiek lewe gekry. Dit het opgestyg. 75 00:03:45,040 --> 00:03:47,720 Die gehoor het na hulle asems gesnak toe hulle die verskil hoor. 76 00:03:47,720 --> 00:03:49,370 En toe kry ek ’n brief van hierdie man. 77 00:03:49,370 --> 00:03:51,000 Hy skryf: "Ek was so beïndruk. 78 00:03:51,000 --> 00:03:52,980 Ek't teruggegaan en my hele firma omskep 79 00:03:52,980 --> 00:03:54,930 in 'n een-boud-maatskappy." 80 00:03:54,930 --> 00:03:57,000 (Gelag) 81 00:03:58,000 --> 00:04:01,180 Die ander ding wat ek wou doen, is om julle oor julleself te vertel. 82 00:04:01,180 --> 00:04:03,000 Ek verstaan daar is 1600 mense hier. 83 00:04:03,000 --> 00:04:06,810 Ek skat dat 45 van julle waarskynlik 84 00:04:06,810 --> 00:04:09,710 ’n absolute passie vir klassieke musiek het. 85 00:04:09,710 --> 00:04:14,590 Julle is mal oor klassieke musiek. Julle radio's is altyd op klassiek ingestel. 86 00:04:14,590 --> 00:04:17,270 Julle het CD's in julle motors en julle woon simfoniekonserte by. 87 00:04:17,270 --> 00:04:18,770 En julle kinders speel instrumente. 88 00:04:18,770 --> 00:04:21,760 Julle kan nie jul lewens indink sonder klassieke musiek nie. 89 00:04:21,760 --> 00:04:23,930 Dit is die eerste groep; ’n redelike klein groepie. 90 00:04:23,930 --> 00:04:25,390 Dan is daar ’n ander groep, ’n groter groep. 91 00:04:25,390 --> 00:04:27,630 Dis mense wat nie omgee as klassieke musiek speel nie. 92 00:04:27,630 --> 00:04:28,590 (Gelag) 93 00:04:28,590 --> 00:04:30,740 Jy weet, ’n mens kom tuis na ’n lang dag 94 00:04:30,740 --> 00:04:33,010 en jy kry ’n glasie wyn en gaan sit gemaklik. 95 00:04:33,010 --> 00:04:36,340 ’n Bietjie Vivaldi in die agtergrond doen geen skade nie. 96 00:04:36,340 --> 00:04:37,740 Dis die tweede groep. 97 00:04:37,740 --> 00:04:38,870 Nou vir die derde groep. 98 00:04:38,870 --> 00:04:41,180 Dis mense wat nooit na klassieke musiek luister nie. 99 00:04:41,180 --> 00:04:43,010 Dis eenvoudig nie deel van jou lewe nie. 100 00:04:43,010 --> 00:04:46,260 Jy mag dit dalk nes sekondêre rook by die lughawe optel, maar -- 101 00:04:46,260 --> 00:04:47,000 (Gelag) 102 00:04:47,000 --> 00:04:48,700 -- en miskien ’n stukkie marsmusiek uit Aïda 103 00:04:48,700 --> 00:04:50,310 wanneer jy die saal instap. 104 00:04:50,310 --> 00:04:52,000 Maar andersins hoor jy dit nooit nie. 105 00:04:52,000 --> 00:04:53,950 Dis waarskynlik die grootste groep van almal. 106 00:04:53,950 --> 00:04:55,730 En dan is daar ’n baie klein groepie. 107 00:04:55,730 --> 00:04:59,400 Dis mense wat dink dat hulle toondoof is. 108 00:04:59,400 --> 00:05:01,350 ’n Verbasende aantal mense dink hulle is toondoof. 109 00:05:01,350 --> 00:05:03,680 Inderwaarheid hoor ek dikwels: "My man is toondoof." 110 00:05:03,680 --> 00:05:04,880 (Gelag) 111 00:05:04,880 --> 00:05:06,950 Die waarheid is dat jy nie toondoof kan wees nie. 112 00:05:06,950 --> 00:05:08,080 Niemand is toondoof nie. 113 00:05:08,080 --> 00:05:10,590 As jy toondoof was, sou jy nie die ratte kon verwissel 114 00:05:10,590 --> 00:05:12,730 in jou motor met ’n handrat nie. 115 00:05:12,730 --> 00:05:14,470 Jy sou nie die verskil kon agterkom tussen 116 00:05:14,470 --> 00:05:17,280 iemand van Texas en iemand van Rome nie. 117 00:05:17,280 --> 00:05:19,360 En die telefoon. Die telefoon. 118 00:05:19,360 --> 00:05:21,000 As jou ma op die 119 00:05:21,000 --> 00:05:23,770 elendige telefoon bel en sê: "Hallo," 120 00:05:23,770 --> 00:05:26,970 dan weet jy nie net wie dit is nie, jy weet ook in watter bui sy is. 121 00:05:26,970 --> 00:05:30,810 Jy het ’n wonderlike oor. Almal het 'n wonderlike oor. 122 00:05:30,810 --> 00:05:32,720 Niemand is dus toondoof nie. 123 00:05:32,720 --> 00:05:33,720 Maar ek sê julle wat. 124 00:05:33,720 --> 00:05:36,950 Dit help nie ek gaan voort met die ding, 125 00:05:36,950 --> 00:05:40,710 met so ’n groot gaping tussen dié wat verstaan, 126 00:05:40,710 --> 00:05:42,840 en wat passievol en lief vir klassieke musiek is, 127 00:05:42,840 --> 00:05:45,850 en diegene wat glad geen aanklank daarmee het nie. 128 00:05:45,850 --> 00:05:48,260 Die toondoof mense is nie meer hier nie. 129 00:05:48,260 --> 00:05:50,180 Maar selfs tussen daai drie kategorieë 130 00:05:50,180 --> 00:05:51,650 is die gaping te groot. 131 00:05:51,650 --> 00:05:55,810 Ek gaan dus nie voortgaan totdat elkeen in hierdie vertrek, 132 00:05:55,810 --> 00:06:00,820 op die onderste vloer en in Aspen, en almal wat hierna kyk, 133 00:06:00,820 --> 00:06:05,580 geleer het om klassieke musiek lief te hê en te verstaan nie. 134 00:06:05,580 --> 00:06:07,550 So dis wat ons gaan doen. 135 00:06:07,550 --> 00:06:12,000 Julle sien dat ek nie die geringste twyfel het 136 00:06:12,000 --> 00:06:15,000 dat dit gaan werk as julle na my gesig kyk nie, reg? 137 00:06:15,000 --> 00:06:20,610 Dis een van die eienskappe van ’n leier: hy het geen twyfel 138 00:06:20,610 --> 00:06:23,240 aan die mense wat hy lei se vermoë 139 00:06:23,240 --> 00:06:26,060 om dit te bereik waaroor hy droom nie. 140 00:06:26,060 --> 00:06:29,070 Dink net, as Martin Luther King gesê het: "Ek het ’n droom. 141 00:06:29,070 --> 00:06:31,850 Maar ek's nie seker of hulle kans sien nie." 142 00:06:31,850 --> 00:06:33,000 (Gelag) 143 00:06:34,000 --> 00:06:36,310 Goed. Ek gaan ’n stuk van Chopin gebruik. 144 00:06:36,310 --> 00:06:39,270 Dis ’n pragtige prelude van Chopin. 145 00:06:39,270 --> 00:06:42,000 Van julle sal dit ken. 146 00:06:42,000 --> 00:07:11,240 (Musiek) 147 00:07:11,240 --> 00:07:13,530 Weet julle wat dink ek het waarskynlik nou gebeur? 148 00:07:13,530 --> 00:07:16,510 Toe ek begin het, het julle gedink: "Hoe pragtig klink dit." 149 00:07:17,510 --> 00:07:29,340 (Musiek) 150 00:07:29,340 --> 00:07:31,550 "Ek dink nie ons moet volgende jaar vir die somervakansie 151 00:07:31,550 --> 00:07:34,080 na dieselfde plek toe gaan nie." 152 00:07:34,080 --> 00:07:35,810 (Gelag) 153 00:07:35,810 --> 00:07:37,400 Dis snaaks, ne? 154 00:07:37,400 --> 00:07:42,020 Dis snaaks hoe sulke dinge in ons gedagtes insluip. 155 00:07:42,020 --> 00:07:45,590 (Applous) 156 00:07:45,590 --> 00:07:47,950 Natuurlik, as die stuk lank is en jy het ’n lang dag gehad, 157 00:07:47,950 --> 00:07:49,760 mag jy selfs insluimer. 158 00:07:49,760 --> 00:07:51,900 Dan pomp jou metgesel jou in die ribbes 159 00:07:51,900 --> 00:07:54,980 en sê: "Word wakker! Dis kultuur!" En dan voel jy nog slegter. 160 00:07:54,980 --> 00:07:56,120 (Gelag) 161 00:07:56,120 --> 00:07:58,840 Maar het dit al ooit by jou opgekom dat die rede waarom jy vaak word 162 00:07:58,840 --> 00:08:01,960 met klassieke musiek nie jou skuld is nie, maar ons s'n? 163 00:08:01,960 --> 00:08:03,510 Het enigiemand gedink, terwyl ek gespeel het: 164 00:08:03,510 --> 00:08:05,980 "Waarom gebruik hy soveel klemtone?" 165 00:08:05,980 --> 00:08:09,000 As ek dit met my kop gedoen het, sou julle beslis so gedink het. 166 00:08:09,000 --> 00:08:15,320 (Musiek) 167 00:08:15,320 --> 00:08:18,790 En vir die res van julle lewens sal julle altyd bewus wees 168 00:08:18,790 --> 00:08:23,220 van die klemtone wanneer julle na klassieke musiek luister. 169 00:08:23,220 --> 00:08:25,480 Kom ons kyk dus wat regtig hier aangaan. 170 00:08:25,480 --> 00:08:27,980 Ons het ’n B. Dis ’n B. 171 00:08:27,980 --> 00:08:29,850 Die volgende noot is ’n C. 172 00:08:29,850 --> 00:08:32,530 En die C se taak is om die B treurig te maak. 173 00:08:32,530 --> 00:08:34,060 En dit werk, of hoe? 174 00:08:34,060 --> 00:08:35,600 (Gelag) 175 00:08:35,600 --> 00:08:36,850 Komponiste weet dit. 176 00:08:36,850 --> 00:08:39,140 As hulle treurige musiek wil hê, speel hulle net hierdie twee note. 177 00:08:39,140 --> 00:08:43,320 (Musiek) 178 00:08:43,320 --> 00:08:46,350 Maar basies is dit net ’n B, met vier treuriges. 179 00:08:46,350 --> 00:08:47,380 (Gelag) 180 00:08:48,000 --> 00:08:51,040 Nou gaan dit af na A. 181 00:08:51,040 --> 00:08:52,550 Nou na G. 182 00:08:52,550 --> 00:08:53,780 En dan na F. 183 00:08:53,780 --> 00:08:56,300 So ons het B, A, G, F. 184 00:08:56,300 --> 00:08:58,200 En as ons B, A, G, F het, 185 00:08:58,200 --> 00:09:00,120 wat verwag ons volgende? 186 00:09:00,120 --> 00:09:03,480 (Musiek) 187 00:09:03,480 --> 00:09:04,750 O, dit was seker toeval. 188 00:09:04,750 --> 00:09:06,470 Kom ons probeer weer. 189 00:09:06,470 --> 00:09:08,993 (Musiek) 190 00:09:08,993 --> 00:09:10,106 (Gehoor sing) 191 00:09:10,106 --> 00:09:12,050 O, die TED-koor. 192 00:09:12,050 --> 00:09:14,050 (Gelag) 193 00:09:14,050 --> 00:09:17,210 En julle let op dat niemand toondoof is nie, ne? 194 00:09:17,210 --> 00:09:17,970 Niemand nie. 195 00:09:17,970 --> 00:09:20,260 Julle weet, elke dorpie in Bangladesh 196 00:09:20,260 --> 00:09:25,040 en elke gehuggie in Sjina -- almal weet: 197 00:09:25,040 --> 00:09:27,540 da, da, da, da -- da. 198 00:09:27,540 --> 00:09:29,480 Almal weet om ’n E daar te verwag. 199 00:09:29,480 --> 00:09:32,000 Chopin wou nie daar by die E uitgekom het nie, 200 00:09:32,000 --> 00:09:33,963 want wat sou gebeur het? 201 00:09:33,963 --> 00:09:35,886 Dit sou verby wees, soos Hamlet. Onthou julle? 202 00:09:35,886 --> 00:09:37,080 Eerste bedryf, derde toneel: 203 00:09:37,080 --> 00:09:39,020 hy vind uit dat sy oom sy pa doodgemaak het. 204 00:09:39,020 --> 00:09:41,430 Julle onthou hy hou aan om sy oom te nader en hom amper dood te maak. 205 00:09:41,430 --> 00:09:44,340 Dan draai hy om en hy nader hom weer en maak hom amper dood. 206 00:09:44,340 --> 00:09:46,530 En die kritici daar in die agterste ry, 207 00:09:46,530 --> 00:09:51,160 hulle moet ’n opinie hê, so hulle sê: "Hamlet sloer." 208 00:09:51,160 --> 00:09:53,720 Of hulle sê: "Hamlet het ’n Oedipus-kompleks." 209 00:09:53,720 --> 00:09:56,120 Nee, anders sou die opvoering verby gewees het. Dis simpel. 210 00:09:56,120 --> 00:09:57,030 (Gelag) 211 00:09:57,030 --> 00:09:59,340 Dis waarom Shakespeare al daai goed in Hamlet gesit het -- 212 00:09:59,340 --> 00:10:01,570 Ophelia wat van haar kop af raak, die storie binne die storie, 213 00:10:01,570 --> 00:10:03,240 en Yorick se kopbeen, en die grafgrawers. 214 00:10:03,240 --> 00:10:05,400 Dis om uit te stel -- 215 00:10:05,400 --> 00:10:07,210 tot die vyfde bedryf, dan kan hy hom doodmaak. 216 00:10:07,210 --> 00:10:09,090 Dieselfde geld vir Chopin. 217 00:10:09,090 --> 00:10:11,680 Hy wil net-net E bereik, 218 00:10:11,680 --> 00:10:14,650 en hy sê: "Oeps, ek moet liewer terug gaan en dit weer doen." 219 00:10:14,650 --> 00:10:16,270 Dan doen hy dit weer. 220 00:10:16,710 --> 00:10:18,000 Nou raak hy opgewonde. 221 00:10:18,000 --> 00:10:20,000 (Musiek) 222 00:10:20,000 --> 00:10:22,020 Dis opgewondenheid, moenie bekommer nie. 223 00:10:22,020 --> 00:10:26,090 Nou kom hy by F-kruis uit en uiteindelik gaan hy af tot by E, 224 00:10:26,090 --> 00:10:27,570 maar dis in die verkeerde sleutel -- 225 00:10:27,570 --> 00:10:30,910 want die sleutel waarna hy soek is dié een 226 00:10:30,910 --> 00:10:32,540 en in plaas daarvan doen hy ... 227 00:10:32,540 --> 00:10:35,200 Nou, ons noem dit misleidende intonasie, 228 00:10:35,200 --> 00:10:36,360 want dit mislei ons. 229 00:10:36,360 --> 00:10:38,890 Ek sê altyd vir my studente: "As julle met misleidende intonasie te doen het 230 00:10:38,890 --> 00:10:41,840 lig julle wenkbroue, dan sal almal weet." 231 00:10:41,840 --> 00:10:43,000 (Gelag) 232 00:10:43,000 --> 00:10:46,000 (Applous) 233 00:10:46,840 --> 00:10:47,586 Reg. 234 00:10:48,556 --> 00:10:50,293 Hy kom dus by E uit, maar dis in die verkeerde sleutel. 235 00:10:50,293 --> 00:10:51,888 Nou probeer hy weer E. 236 00:10:51,888 --> 00:10:53,224 Daai sleutel werk nie. 237 00:10:53,224 --> 00:10:55,560 Nou probeer hy weer die E. Daai sleutel werk nie. 238 00:10:55,560 --> 00:10:58,090 Nou probeer hy weer E, en dit werk nie. 239 00:10:58,090 --> 00:10:59,910 En dan, uiteindelik ... 240 00:11:02,490 --> 00:11:06,160 Daar is ’n man in die voorste ry wat so "Hmf" sug. 241 00:11:06,160 --> 00:11:06,840 (Gelag) 242 00:11:06,840 --> 00:11:08,790 Dis dieselfde ding wat hy doen wanneer hy na ’n lang dag 243 00:11:08,790 --> 00:11:12,200 by die huis kom, sy motor afskakel en sê: 244 00:11:12,200 --> 00:11:13,000 "A, ek is tuis." 245 00:11:13,000 --> 00:11:15,570 Want ons weet almal wanneer ons tuis voel. 246 00:11:15,570 --> 00:11:18,850 Dis dus 'n stuk wat van weggaan af weer tuiskom. 247 00:11:18,850 --> 00:11:21,590 Ek gaan dit regdeur speel en julle gaan volg. 248 00:11:21,590 --> 00:11:23,640 B, C, B, C, B, C, B -- 249 00:11:23,640 --> 00:11:25,330 af na A, af na G, af na F. 250 00:11:25,330 --> 00:11:28,030 Amper tot by E, maar dan sou die opvoering verby wees. 251 00:11:28,030 --> 00:11:29,953 Terug op B toe, raak baie opgewonde. 252 00:11:29,953 --> 00:11:31,196 Na F-kruis toe. E toe. 253 00:11:31,196 --> 00:11:33,070 Dis die verkeerde akkoord. Dis die verkeerde akkoord. 254 00:11:33,070 --> 00:11:35,980 En uiteindelik na E, en dis tuis. 255 00:11:35,980 --> 00:11:39,600 En wat julle gaan sien, is een-boud-spel. 256 00:11:39,600 --> 00:11:41,260 (Gelag) 257 00:11:41,260 --> 00:11:44,440 Want vir my, om die B en die E te verbind, 258 00:11:44,440 --> 00:11:50,230 moet ek ophou dink aan elke enkele noot op hierdie roete 259 00:11:50,230 --> 00:11:55,570 en begin dink aan die lang, lang lyn van B tot E. 260 00:11:55,570 --> 00:12:00,090 Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika, en jy kan nie Suid-Afrika toe gaan 261 00:12:00,090 --> 00:12:03,380 sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank in die tronk was te dink nie. 262 00:12:03,380 --> 00:12:05,730 Waaraan het hy gedink? Middagete? 263 00:12:05,730 --> 00:12:09,120 Nee, hy't gedink aan die visie vir Suid-Afrika 264 00:12:09,120 --> 00:12:10,833 en 'n visie vir die mensdom. 265 00:12:10,833 --> 00:12:13,626 Dit gaan oor visie. Dit gaan oor die lang lyn. 266 00:12:13,626 --> 00:12:16,200 Soos die voël wat oor die veld vlieg 267 00:12:16,200 --> 00:12:19,850 en geen aandag gee aan die heinings daar onder nie, ne? 268 00:12:19,850 --> 00:12:23,080 Nou gaan julle die lyn al die pad volg, van B tot E. 269 00:12:23,080 --> 00:12:26,660 Ek't een finale versoek voor ek die stuk regdeur speel. 270 00:12:26,660 --> 00:12:30,600 Sal jy dink aan iemand wat jy baie liefhet, 271 00:12:30,600 --> 00:12:32,650 wat nie meer daar is nie? 272 00:12:32,650 --> 00:12:34,930 ’n Geliefde ouma, ’n beminde -- 273 00:12:34,930 --> 00:12:39,240 iemand in jou lewe wat jy met jou hele hart liefhet, 274 00:12:39,240 --> 00:12:42,470 maar die persoon is nie meer by jou nie. 275 00:12:42,470 --> 00:12:44,530 Dink aan daai persoon 276 00:12:44,530 --> 00:12:47,000 en volg terselftertyd 277 00:12:47,000 --> 00:12:49,970 die lyn al die pad van B na E, 278 00:12:49,970 --> 00:12:54,740 en jy sal alles hoor wat Chopin te sê gehad het. 279 00:12:58,830 --> 00:14:47,670 (Musiek) 280 00:14:48,300 --> 00:14:54,440 (Applous) 281 00:14:56,990 --> 00:14:58,760 Julle wonder dalk nou -- 282 00:14:58,760 --> 00:15:05,560 (Applous) 283 00:15:05,560 --> 00:15:07,500 Julle wonder dalk hoekom ek saam klap. 284 00:15:07,500 --> 00:15:09,040 Wel, ek't dit by ’n skool in Boston gedoen 285 00:15:09,040 --> 00:15:12,350 met omtrent 70 graad sewes -- 12-jariges. 286 00:15:12,350 --> 00:15:14,520 Ek't presies dieselfde met hulle gedoen, 287 00:15:14,520 --> 00:15:16,270 en die hele ding aan hulle verduidelik. 288 00:15:16,270 --> 00:15:18,040 En aan die einde het hulle soos besetenes geklap. 289 00:15:18,040 --> 00:15:20,070 Ek't geklap. Hulle't geklap. 290 00:15:20,070 --> 00:15:21,970 Tot ek gevra het: "Waarom klap ek?" 291 00:15:21,970 --> 00:15:24,730 En een van die kleintjies sê: "Want ons het geluister." 292 00:15:24,730 --> 00:15:27,000 (Gelag) 293 00:15:28,000 --> 00:15:31,250 Dink daaraan. 1600 mense, besige mense, 294 00:15:31,250 --> 00:15:33,480 wat by allerhande dinge betrokke is. 295 00:15:33,480 --> 00:15:37,180 aan't luister, verstaan en geraak word 296 00:15:37,180 --> 00:15:39,590 deur ’n stuk van Chopin. 297 00:15:39,590 --> 00:15:40,990 Dit is merkwaardig. 298 00:15:40,990 --> 00:15:43,740 Is ek seker dat elkeen dit gevolg 299 00:15:43,740 --> 00:15:45,100 en verstaan het en daardeur geraak is? 300 00:15:45,100 --> 00:15:46,280 Natuurlik kan ek nie seker wees nie. 301 00:15:46,280 --> 00:15:48,690 Maar kom ek vertel julle wat met my in Ierland gebeur het, 302 00:15:48,690 --> 00:15:50,850 tydens hulle moeilikhede, 10 jaar gelede. 303 00:15:50,850 --> 00:15:54,210 Ek't met 'n klompie Katolieke en Protestantse kinders gewerk 304 00:15:54,210 --> 00:15:56,030 oor konflikoplossing. 305 00:15:56,030 --> 00:15:57,720 Toe doen ek dit met hulle -- 306 00:15:57,720 --> 00:16:01,250 ’n gewaagde ding, want hulle was straatkinders. 307 00:16:01,250 --> 00:16:03,760 En een van hulle kom die volgende oggend na my toe 308 00:16:03,760 --> 00:16:04,640 en hy sê: 309 00:16:04,640 --> 00:16:07,520 "Jy weet, ek het nog nooit na klassieke musiek geluister nie, 310 00:16:07,520 --> 00:16:10,070 maar toe jy daai "shopping" stuk speel ..." 311 00:16:10,070 --> 00:16:11,790 (Gelag) 312 00:16:11,790 --> 00:16:15,940 Hy sê: "My broer is laas jaar geskiet en ek't nie oor hom gehuil nie. 313 00:16:15,940 --> 00:16:17,830 Maar gisteraand toe jy daai stuk speel, 314 00:16:17,830 --> 00:16:20,770 was hy die een waaraan ek gedink het. 315 00:16:20,770 --> 00:16:22,770 En ek't gevoel hoe trane oor my gesig stroom. 316 00:16:22,770 --> 00:16:25,870 En dit het regtig goed gevoel om oor my broer te huil." 317 00:16:25,870 --> 00:16:28,210 Op daardie oomblik het ek besluit 318 00:16:28,210 --> 00:16:33,110 dat klassieke musiek aan almal behoort. 319 00:16:33,110 --> 00:16:34,600 Almal. 320 00:16:35,140 --> 00:16:37,720 Nou, hoe sou julle loop -- 321 00:16:37,720 --> 00:16:41,930 my professie, die musiekprofessie sien dit nie so nie. 322 00:16:41,930 --> 00:16:45,220 Hulle sê 3% van die bevolking hou van klassieke musiek. 323 00:16:45,220 --> 00:16:48,610 As ons dit maar net kon opstoot na 4% sou ons probleme opgelos wees. 324 00:16:48,610 --> 00:16:50,100 (Gelag) 325 00:16:50,100 --> 00:16:52,600 Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat? 326 00:16:52,600 --> 00:16:56,010 Hoe sou jy wees as jy gedink het 3% van die bevolking hou van klassieke musiek? 327 00:16:56,010 --> 00:16:57,940 As ons dit maar net kon opstoot na 4%. 328 00:16:57,940 --> 00:17:00,000 Hoe sou jy loop of praat? 329 00:17:00,000 --> 00:17:02,970 Hoe sou jy wees as jy gedink het almal is lief is vir klassieke musiek -- 330 00:17:02,970 --> 00:17:05,690 hulle't dit nog net nie ontdek nie. 331 00:17:05,690 --> 00:17:08,520 Sien, dis totaal verskillende wêrelde. 332 00:17:08,520 --> 00:17:10,810 Ek't ’n wonderlike ervaring gehad -- 333 00:17:10,810 --> 00:17:12,280 ek was 45 jaar oud. 334 00:17:12,280 --> 00:17:14,000 Ek't toe reeds 20 jaar lank dirigeer, 335 00:17:14,000 --> 00:17:16,940 en skielik het ek iets besef. 336 00:17:16,940 --> 00:17:20,600 Die dirigent van ’n orkes maak nie ’n geluid nie. 337 00:17:20,600 --> 00:17:23,680 My foto verskyn voor op die CD -- 338 00:17:23,680 --> 00:17:25,980 (Gelag) 339 00:17:25,980 --> 00:17:28,000 Maar die dirigent maak nie ’n geluid nie. 340 00:17:28,000 --> 00:17:29,770 Vir hom om mag te hê, 341 00:17:29,770 --> 00:17:33,650 is hy afhanklik van sy vermoë om ander mense te bemagtig. 342 00:17:33,650 --> 00:17:35,470 En dit het alles vir my verander. 343 00:17:35,470 --> 00:17:37,290 Dit was ’n totale lewensomkeer. 344 00:17:37,290 --> 00:17:38,920 Mense in my orkes het gesê: 345 00:17:38,920 --> 00:17:41,030 "Ben, wat het gebeur?." Dis wat gebeur het: 346 00:17:41,030 --> 00:17:46,860 Ek't besef dat my taak is om moontlikheid in andere te wek. 347 00:17:46,860 --> 00:17:48,730 En natuurlik wou ek weet of ek besig was om dit te doen. 348 00:17:48,730 --> 00:17:50,410 En weet julle hoe mens dit bepaal? 349 00:17:50,410 --> 00:17:51,830 Jy kyk na hulle oë. 350 00:17:51,830 --> 00:17:55,350 As hulle oë blink, dan weet jy dat jy daarin slaag. 351 00:17:56,000 --> 00:17:58,600 Jy kan ’n dorpie van lig voorsien met hierdie man se oë. 352 00:17:58,600 --> 00:17:59,360 (Gelag) 353 00:17:59,360 --> 00:18:02,510 Reg. As die oë dus blink, weet jy dat jy slaag. 354 00:18:02,510 --> 00:18:05,390 As die oë nie blink nie, moet jy ’n vraag vra. 355 00:18:05,390 --> 00:18:06,670 En die vraag is: 356 00:18:06,670 --> 00:18:09,410 Wie is ek besig om te wees, 357 00:18:09,410 --> 00:18:11,940 dat my spelers se oë nie blink nie? 358 00:18:11,940 --> 00:18:13,610 Ons kan dit met ons kinders ook doen. 359 00:18:13,610 --> 00:18:16,520 Wie is ek besig om te wees, 360 00:18:16,520 --> 00:18:19,000 dat my kinders se oë nie blink nie? 361 00:18:19,000 --> 00:18:21,550 Dis 'n totaal ander wêreld. 362 00:18:21,550 --> 00:18:26,820 Nou, ons moet amper hierdie magiese, op-die-berg week beëindig, 363 00:18:26,820 --> 00:18:29,170 en ons gaan terug na die wêreld. 364 00:18:29,170 --> 00:18:32,640 En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra: 365 00:18:32,640 --> 00:18:37,440 Wie is ons besig om te wees wanneer ons teruggaan na die wêreld toe? 366 00:18:37,440 --> 00:18:40,220 En weet julle, ek't ’n definisie van sukses. 367 00:18:40,220 --> 00:18:41,356 Dis baie eenvoudig. 368 00:18:41,356 --> 00:18:43,333 Dit gaan nie oor rykdom of roem of mag nie. 369 00:18:43,333 --> 00:18:46,270 Dit gaan oor hoeveel blink oë ek om my het. 370 00:18:46,270 --> 00:18:49,000 En nou het ek een laaste gedagte, 371 00:18:49,000 --> 00:18:53,200 en dis dat dit regtig ’n verskil maak wat ons sê -- 372 00:18:53,200 --> 00:18:55,650 die woorde wat uit ons mond kom. 373 00:18:55,650 --> 00:18:58,510 Ek't dit geleer van ’n vrou wat Auschwitz oorleef het, 374 00:18:58,510 --> 00:19:00,120 een van die min oorlewendes. 375 00:19:00,120 --> 00:19:03,050 Sy is Auschwitz toe op 15. 376 00:19:04,190 --> 00:19:05,590 En ... 377 00:19:07,120 --> 00:19:09,220 haar broer was agt, 378 00:19:09,220 --> 00:19:12,160 en hulle ouers was verlore. 379 00:19:12,160 --> 00:19:16,240 En sy't vir my gesê: 380 00:19:16,240 --> 00:19:19,000 "Ons was in die trein op pad Auschwitz toe 381 00:19:19,000 --> 00:19:22,240 en ek't afgekyk en gesien dat my boetie se skoene weg was. 382 00:19:22,240 --> 00:19:25,430 Toe sê ek: "Waarom is jy so simpel, kan jy nie jou goed bymekaar hou nie, 383 00:19:25,430 --> 00:19:26,666 om hemelsnaam?" 384 00:19:26,666 --> 00:19:30,713 Op die manier wat ’n ouer suster dalk met haar jonger broer sal praat. 385 00:19:31,600 --> 00:19:33,680 Ongelukkig was dit die laaste ding wat sy ooit vir hom gesê het, 386 00:19:33,680 --> 00:19:35,370 want sy't hom nooit weer gesien nie. 387 00:19:35,370 --> 00:19:37,390 Hy't nie oorleef nie. 388 00:19:37,390 --> 00:19:40,370 Toe sy uit Auschwitz kom, het sy 'n eed geneem. 389 00:19:40,370 --> 00:19:41,680 Sy't my vertel. 390 00:19:41,680 --> 00:19:45,160 Sy't gesê: "Ek't uit Auschwitz die lewe ingeloop 391 00:19:45,160 --> 00:19:46,920 en ek't myself iets belowe. 392 00:19:46,920 --> 00:19:48,000 Die belofte was: 393 00:19:48,000 --> 00:19:54,800 "Ek sal nooit iets sê wat nie aanvaarbaar sal wees as die laaste ding wat ek ooit sê nie." 394 00:19:54,800 --> 00:19:56,710 Kan ons dit doen? Nee. 395 00:19:56,710 --> 00:20:00,240 Ons sal misluk en ander ook. 396 00:20:00,240 --> 00:20:03,810 Maar dis ’n ideaal om na te streef. 397 00:20:03,810 --> 00:20:05,220 Dankie. 398 00:20:05,220 --> 00:20:10,000 (Applous) 399 00:20:11,870 --> 00:20:13,210 Blink oë! 400 00:20:14,410 --> 00:20:15,930 Blink oë! 401 00:20:17,230 --> 00:20:20,620 (Applous) 402 00:20:22,210 --> 00:20:24,530 Dankie, dankie. 403 00:20:24,530 --> 00:20:25,603 (Applous)