Verenigde Gebed Werk
-
0:00 - 0:04[kinders wat lag]
♪ musiek ♪ -
0:04 - 0:07♪ stemmige musiek ♪
-
0:07 - 0:11'n ANN Spesiale Verslag
-
0:11 - 0:15♪ musiek ♪
-
0:15 - 0:18Verenigde Gebed Werk
-
0:18 - 0:23♪ musiek ♪
-
0:23 - 0:30♪ sagte vloeiende musiek ♪
-
0:32 - 0:35[manlike spreker]
Dit het alles begin in 'n klein bovertrek, -
0:35 - 0:38met nederige, vurige gebed.
-
0:38 - 0:40♪ musiek ♪
-
0:40 - 0:42Gedreig deur die owerhede
-
0:42 - 0:43en verban om te preek,
-
0:43 - 0:47het die kerk gebid en
twee mans het getuig -
0:47 - 0:49met groot krag en genade.
-
0:49 - 0:54♪ koor musiek ♪
-
0:54 - 0:57En mense het orals
gebid, in eendrag -
0:57 - 1:00in bekering, met
belyding en nederigheid. -
1:00 - 1:03En die lewens van mense was verander.
-
1:03 - 1:04[plonsende klip]
-
1:04 - 1:07♪ koor musiek ♪
-
1:07 - 1:10Twee mans het begin
met 'n sendingsreis -
1:10 - 1:14wat die wêreld soos wat hul dit
geken het, onderstebo sou draai. -
1:14 - 1:17♪ koor musiek ♪
-
1:17 - 1:21En die boodskap het uitgegaan
na die wêreld daar buite. -
1:21 - 1:24♪ koor musiek ♪
-
1:24 - 1:28Korporatiewe gebed het 'n
gevangene help ontsnap. -
1:28 - 1:31♪ koor musiek ♪
-
1:31 - 1:35'n Koning het versoek dat sy
mense moet vas en bid -
1:35 - 1:37en die vyand was verslaan.
-
1:37 - 1:40'n Stryd gewonne sonder
die behoefte om te veg. -
1:41 - 1:46♪ koor musiek ♪
-
1:46 - 1:50Deur 'n betroubare bediende en 'n
jong koningin se geloof en moed -
1:50 - 1:53was mense gered.
-
1:53 - 1:59Stories in die Bybel wys die
krag van verenigde gebed. -
1:59 - 2:00Soos ek die boek Handelinge lees,
-
2:00 - 2:04dit is eintlik 'n boek oor gelowiges
wat tesame kom om te bid, -
2:04 - 2:07en 'n God wat gebed beantwoord.
-
2:07 - 2:09Persoonlike gebed is belangrik.
-
2:09 - 2:12Geheime gebed is die lewe van die siel.
-
2:12 - 2:17Maar ons weet dat daar nog nooit 'n
herlewing enigeplek op hierdie planeet -
2:17 - 2:21was wat nie voorafgegaan was deur
verenigde en aanhoudende gebed nie. -
2:21 - 2:25Ons Here het op een stadium gesê dat
waar twee of meer van julle saamstem -
2:25 - 2:29aangaande enigiets wat volgens
My wil is, dit gedoen sal word. -
2:29 - 2:32So daar is 'n sinergie wat gebeur
-
2:32 - 2:37wanneer ons tesame kom en ons stemme
verenig om uit te roep na God. -
2:37 - 2:40Soos die gees van profesie ons vertel,
-
2:40 - 2:44gebed is die sleutel wat die hemel se
stoorkamer van skatte -
2:44 - 2:45en seëninge oopsluit.
-
2:45 - 2:48Party van Ellen White se raad en stellings
-
2:48 - 2:50oor verenigde gebed is ook kragtig.
-
2:50 - 2:54Sy sê op een plek dat, toe sy geskryf
het aan die Farnsworths, -
2:54 - 2:57— sover ek kan onthou — sy sê
daar is meer krag in verenigde gebed -
2:57 - 2:59as wat daar selfs in private gebed is.
-
2:59 - 3:01Dan sê sy, hoekom is dit so?
-
3:01 - 3:03Dit is oor die eenheid van
hart van die gelowiges. -
3:03 - 3:05Dis asof God baie opgewonde raak
-
3:05 - 3:06wanneer ons almal in eendrag is,
-
3:06 - 3:09wanneer ons saamstaan, net soos
hulle in Handelinge gedoen het. -
3:09 - 3:11In 'n ander stelling sê sy,
-
3:11 - 3:14die klank van vurige gebed laat
satan se hele leër bewe. -
3:14 - 3:18Jesus weet dat die gewoonte
om saam met ander te bid -
3:18 - 3:23help om van die self-gesentreerdheid
van ons gebede ontslae te raak -
3:23 - 3:25wanneer ons alleen bid.
-
3:25 - 3:29So wanneer die Bybel daarvan praat
om aan te hou met ernstige gebed, -
3:29 - 3:32is dit nie net 'n individuele
aktiwiteit nie. -
3:32 - 3:37Dis 'n beroep op die kerk as 'n
gemeenskap om uit te roep na God. -
3:37 - 3:39Nie om God van plan te laat verander nie,
-
3:39 - 3:42maar dat ons in lyn kom met God se wil
-
3:42 - 3:47en eintlik dink ek Hy gebruik ons as 'n
deel van die antwoorde op daardie gebede. -
3:47 - 3:50Soos wat mens na die boek
van Handelinge kyk, -
3:50 - 3:54verenigde gebed het God se
mense saam gebring. -
3:54 - 3:56In Handelinge hoofstuk een vers 14 en 15,
-
3:56 - 3:59die hele kerk het saam ontmoet en gebid.
-
3:59 - 4:01Hulle het geweet dat die taak
voor hulle te groot was. -
4:01 - 4:04Hulle het geweet dat die
uitdaging te enorm was. -
4:04 - 4:06Hulle het geweet dat daar geen manier was
-
4:06 - 4:08wat hulle die evangelie aan
die wêreld kon oordra nie. -
4:08 - 4:11Maar soos wat hulle gebid het, het
God iets wonderbaarlik gedoen. -
4:11 - 4:14Hy het Sy Heilige Gees uitgestort
op die dag van Pinkster -
4:14 - 4:16en 3,000 was gedoop.
-
4:16 - 4:19Jy weet een van die...
wanneer jy die teks daar lees, -
4:19 - 4:23een van die dinge wat uitstaan vir my
is die eenvoudige Engelse frase — -
4:23 - 4:26hulle was in eendrag.
-
4:26 - 4:29Pinkster was net 'n
uitsonderlike gebeurtenis. -
4:29 - 4:35Dit het gekom na die hoogtepunt van
Christus se bediening op hierdie aarde. -
4:35 - 4:42En dit het gelyk asof alles heeltemal
verpletter en vernietig was. -
4:42 - 4:44Toe Christus op daardie kruis gehang het
-
4:44 - 4:46en toe natuurlik het die
opstanding plaas gevind. -
4:46 - 4:48En Hy het aan Sy dissipels verskyn
-
4:48 - 4:51wat hulle 'n totale ander
perspektief gegee het -
4:51 - 4:54oor wat hulle bediening alles behels het.
-
4:54 - 4:57Ons geseënde Here het
vir Sy dissipels gesê -
4:57 - 5:01om in Jerusalem te vertoef,
verenig in gebed. -
5:01 - 5:04En dit was een van die voorvereistes
-
5:04 - 5:06om daardie geweldigde sterk wind te bring
-
5:06 - 5:10en die teenwoordigheid van die
Heilige Gees op die dag van Pinkster. -
5:10 - 5:11[man praat Berber]
-
5:11 - 5:13[manlike spreker]
Dit was die tyd van Pasga -
5:13 - 5:16en ons was in 'n bovertrek in Jerusalem.
-
5:16 - 5:18Ons het almal gebid in eendrag.
-
5:18 - 5:21Ons het gebid vir bekering
en nederigheid, -
5:21 - 5:24en ons het ons sondes bely.
-
5:24 - 5:28Ons het ook die Here se visie,
krag en die Heilige Gees gesoek. -
5:28 - 5:30Daar was 'n ongelooflike
gevoel van eenheid -
5:30 - 5:32soos wat ons ernstig saam gebid het.
-
5:32 - 5:36[man bid in Berber]
-
5:36 - 5:38[vrou praat in Berber]
-
5:38 - 5:42[vroulike spreker] Skielik was daar
die klank van 'n gewelddadige wind -
5:42 - 5:44wat die hele kamer gevul
het waar ons gesit het. -
5:44 - 5:47[wind klanke]
-
5:47 - 5:49Die tonge van vuur het neergedaal
-
5:49 - 5:52en hierdie vuur het op mense gerus.
-
5:52 - 5:55[man praat Berber]
-
5:55 - 5:58[manlike spreker] Al die mense in die
kamer was gevul met die Heilige Gees. -
5:58 - 6:01Nou, onthou dat gedurende
die tyd van Pinkster -
6:01 - 6:03mense van baie lande af
gekom het om te kom aanbid -
6:03 - 6:06en nou skieilik kon hulle
die evangelie hoor, -
6:06 - 6:08elkeen in sy eie taal.
-
6:08 - 6:10As 'n resultaat hiervan was 3,000 mense
-
6:10 - 6:13bygevoeg tot die gelowiges in een dag.
-
6:13 - 6:17♪ sagte sprankelende musiek ♪
-
6:17 - 6:18[vrou praat Berber]
-
6:18 - 6:20Die mense het hulself toegewy
-
6:20 - 6:23aan die apostels se onderrig
en aan kameraadskap, -
6:23 - 6:25die breek van brood en aan gebed.
-
6:25 - 6:28Elke dag sou hul saam ontmoet
het in die tempel binnehowe. -
6:28 - 6:31In hulle huise het hul brood
gebreek en saam geëet. -
6:31 - 6:34En die getal van daardie wat
gered was het daagliks gegroei. -
6:34 - 6:37♪ musiek ♪
-
6:37 - 6:38En ons glo dat iets soos hierdie
-
6:38 - 6:41ook gaan gebeur in die laaste dae.
-
6:41 - 6:44Maar ek dink net as 'n kerk en as 'n volk
-
6:44 - 6:46ons kom tesame in eendrag
-
6:46 - 6:48en in vurige gebed, sal ons...
-
6:48 - 6:51totdat ons dit doen sal ons
dit nie sien gebeur nie. -
6:51 - 6:54En eintlik, dit wat tydens
Pinkster gebeur het -
6:54 - 6:58gaan weer herhaal word deur die Here
-
6:58 - 7:00in selfs 'n groter mate
-
7:00 - 7:02soos wat die drie engele
se boodskappe voortgaan -
7:02 - 7:06soos wat die vierde engel in
Openbaring 18 verklaar het -
7:06 - 7:10en soos die finale luidskreet
aangekondig word reg oor die wêreld. -
7:10 - 7:14En dit gaan mense wees wat hulself
aan die Here onderwerp het, -
7:14 - 7:16hul sondes bely het,
-
7:16 - 7:20en dan kan die Heilige Gees val en kan
ons in 'n kragtige manier gebruik. -
7:20 - 7:23Wel, ek dink aan die boek van Handelinge,
Handelinge hoofstuk ses -
7:23 - 7:25het dit gelyk soos 'n goeie probleem.
-
7:25 - 7:27Die kerk het eksponensieel gegroei.
-
7:27 - 7:31Maar in die midde daarvan is daar
die kos verspreidings uitdaging. -
7:31 - 7:36[mans baklei in Berber]
♪ lewendige musiek ♪ -
7:36 - 7:41[manlike spreker] Die kerk het
praktiese uitdagings ondergaan. -
7:41 - 7:44Die Hellenistiese Jode het gekla
oor die Hebreeuse Jode -
7:44 - 7:47omdat die voormaliges se
weduwees oorgesien -
7:47 - 7:49was in die daaglikse
verspreiding van kos. -
7:49 - 7:51Die apostels het besluit dat hulle
-
7:51 - 7:55moet fokus op die bediening
van gebed en die Woord. -
7:55 - 7:57En dus het hulle versoek dat sewe diakens
-
7:57 - 8:01gekies word vir hierdie
ander praktiese take. -
8:01 - 8:04♪ lewendige musiek ♪
-
8:04 - 8:06[man praat Berber]
-
8:06 - 8:10[manlike spreker 1] Die apostels het ons
gevra om as 'n groep -
8:10 - 8:12sewe manne te kies wat
bekend was daarvoor -
8:12 - 8:16dat hulle vol van die Heilige Gees
was en wat wysheid het. -
8:16 - 8:18Die voorstel van die apostels
-
8:18 - 8:20het ons hele groep behaag.
-
8:20 - 8:23Dus het ons begin om
die sewe mans uit te kies. -
8:23 - 8:25Nadat die manne gekies was,
-
8:25 - 8:28was hulle aan die apostels voorgestel.
-
8:28 - 8:32Die apostels het hul hande op
hulle gelê en vir hulle gebid. -
8:32 - 8:36[manlike spreker 2] Met gebed as 'n
prioriteit, sal die kerk nooit faal nie. -
8:36 - 8:40Na dit het die aantal dissipels
vinnig vermeerder. -
8:40 - 8:44En 'n groot aantal priesters het
gehoorsaam geword aan die werk. -
8:44 - 8:46So ek dink ons vind 'n gevallestudie daar
-
8:46 - 8:49wat sê dat wanneer ons
uitdagings in die gesig staar, -
8:49 - 8:52kom ons gebruik wysheid,
kom ons gebruik ons opleiding -
8:52 - 8:55maar laat ons ook erken dat ons
'n God het wat gebed beantwoord -
8:55 - 8:57en Wie vir ons wysheid sal gee.
-
8:57 - 8:59Ek het hierdie oor en oor en oor gesien.
-
8:59 - 9:01Kerke met groot probleme
-
9:01 - 9:05het dit opgelos wanneer hul
tesame gekom het en gebid het. -
9:05 - 9:06♪ bariton koor musiek ♪
-
9:06 - 9:11[Hoofpriester baklei met
Petrus en Johannes] -
9:17 - 9:19[manlike spreker]
Petrus en Johannes was ingeroep -
9:19 - 9:22deur die hoofpriesters en
ouderlinge oor hul prediking. -
9:22 - 9:26Hul het probeer om hul aksies te verdedig
maar die leiers was baie hard op hulle. -
9:26 - 9:30Hulle was opdrag gegee om nie te praat
of te onderrig in die naam van Jesus nie. -
9:30 - 9:32Na verdere dreigemente
is hulle laat gaan. -
9:32 - 9:35Petrus en Johannes het teruggegaan
na hul eie mense toe -
9:35 - 9:39en het verslag gegee oor alles wat die
hoofpriesters en ouderlinge gesê het. -
9:39 - 9:41♪ bariton koor musiek ♪
-
9:41 - 9:43[man praat Berber]
-
9:43 - 9:48Toe ons hierdie als hoor, het ons dadelik
ons stemme gelig in gebed tot God. -
9:48 - 9:51Die hele groep het vir
Petrus en Johannes gebid. -
9:51 - 9:55Ons het gebid tot God om dapperheid te
gee aan hierdie twee nederige dienaars. -
9:55 - 10:00Sulke intense gebed het ek
nie ervaar in 'n lang tyd nie. -
10:00 - 10:04Nadat ons gebid het, skielik
het die hele plek geskud. -
10:04 - 10:06[man praat Berber]
-
10:06 - 10:08Mense was gevul met die Heilige Gees
-
10:08 - 10:10en Petrus en Johannes het uitgegaan
-
10:10 - 10:12en getuig met groot krag en genade.
-
10:12 - 10:13Hulle het regdeur die land getuig
-
10:13 - 10:16oor die opstanding van hulle Verlosser.
-
10:18 - 10:21So ek dink Petrus en Johannes
het baie krag gevind, -
10:21 - 10:23beide van die wete dat hulle gebid het
-
10:23 - 10:25maar ook van die krag wat vrygestel word
-
10:25 - 10:27wanneer mense vir ons bid.
-
10:27 - 10:27Daar is 'n vrede,
-
10:27 - 10:29daar is 'n krag van God
-
10:29 - 10:34wat in ons kom wanneer daardie gebed
beantwoord word deur baie gelowiges. -
10:34 - 10:39[vroulike spreker] Toe het Ester hierdie
antwoord na Mordegai toe gestuur: -
10:39 - 10:43“Gaan maak al die Jode
wat in Susan is, bymekaar -
10:43 - 10:47en bid en vas vir my.
-
10:47 - 10:51Moet vir drie dae en drie
nagte niks eet of drink nie. -
10:52 - 10:56Ek en my bediendes
sal ook vas soos julle. -
10:57 - 11:00Daarna sal ek na die koning toe gaan,
-
11:00 - 11:03al is dit teen die wet.
-
11:03 - 11:07As ek moet omkom, kom ek om.”
-
11:07 - 11:30♪ stygende musiek ♪
-
11:30 - 11:32Ons kyk nou terug na Ester
-
11:32 - 11:34en ons dink sy was 'n dapper meisie.
-
11:34 - 11:37Jy weet, watter vrou van geloof.
-
11:37 - 11:40Maar sy was waarskynlik net
so vreesbevange -
11:40 - 11:42as wat enigeen van ons sou kon wees.
-
11:42 - 11:44Dit was 'n baie desperate situasie.
-
11:44 - 11:47Jy ken die ou sê ding, "Daar
is nie so 'n ding soos -
11:47 - 11:49ateïste in jakkals gate nie."
-
11:49 - 11:53En ek dink hierdie was 'n geval waar
-
11:53 - 11:56hul geweet het dat sonder
bonatuurlike ingryping... -
11:56 - 12:00sonder bonatuurlike ingryping
sou alles verlore wees. -
12:00 - 12:05Maar sy was wys genoeg om
aan haar Oom Mordegai te sê, -
12:05 - 12:08"Ek sal vas en bid.
-
12:08 - 12:12En ek sal dat my mense
hier in die paleis vas en bid. -
12:12 - 12:15Maar ek wil hê dat al God
se mense moet vas en bid." -
12:15 - 12:18Ek dink ons mis baie uit
-
12:18 - 12:19op die loslating van God se krag
-
12:19 - 12:22in hierdie wêreld deur nie te vas nie.
-
12:22 - 12:25En dit hoef nie te beteken dat jy geheel
en al sonder kos moet gaan nie -
12:25 - 12:28maar een of ander vorm van iets opgee
-
12:28 - 12:30wat ons baie geniet elke dag
-
12:30 - 12:32en dit verenig tesame met gebed
-
12:32 - 12:35en om saam met ander
te bid... dit doen iets, -
12:35 - 12:37beweeg in hierdie groot stryd.
-
12:37 - 12:40Dit is baie maklik om met tye te vergeet
-
12:40 - 12:43presies hoe baie ons afhanklik is van God.
-
12:43 - 12:46En soos wat Dwight Nelson daarvan
hou om ons te herinner — -
12:46 - 12:48Bid desperate gebede!
-
12:48 - 12:49En Ester was desperaat.
-
12:49 - 12:52Bid dringende gebede!
-
12:52 - 12:54En bid gebede van verwagting!
-
12:54 - 12:58En ek dink haar gebede
het al drie ingesluit. -
12:58 - 12:59As jy na die boek van Handelinge kyk,
-
12:59 - 13:02gebed was baie verenigend.
-
13:02 - 13:05Vat byvoorbeeld vir Petrus en Kornelius.
-
13:05 - 13:10Kornelius, 'n Heiden.
Petrus, 'n Jood. -
13:10 - 13:14En Jode en Heidene sou
glad nie bymekaar kom -
13:14 - 13:17in enige vorm van
intieme gesprekke nie -
13:17 - 13:18of kuier by mekaar se huise nie
-
13:18 - 13:19of saam eet nie.
-
13:19 - 13:23Hierdie was die Heilige Gees wat
besig was om mure af te breek. -
13:23 - 13:28'n Heiden van die Italiaanse
groep, Kornelius, het gebid. -
13:28 - 13:31Dit was geen ongeluk nie. Hy het gebid.
-
13:31 - 13:34Petrus op die dak, biddend.
-
13:34 - 13:36En hy het so lank gebid dat
hy aan die slaap geraak het. -
13:36 - 13:39Petrus het hierdie droom
van die laken wat afkom -
13:39 - 13:41met al hierdie verskillende
diere daarbinne. -
13:41 - 13:43En God sê, "Petrus, staan op en eet."
-
13:43 - 13:46En Petrus sê, "Ek het nog nooit slange
-
13:46 - 13:49en krokodille en knaagdiere geëet nie."
-
13:49 - 13:52Die visioen was natuurlik nie oor
rein en onrein kosse nie. -
13:52 - 13:55Die visioen was oor
respek vir ander kulture. -
13:55 - 13:57Respek vir ander mense.
-
13:57 - 14:02En God het visioen gestuur,
openbaringe, aan albei van hulle -
14:02 - 14:05wat mure afgebreek het
-
14:05 - 14:06wat hulle geskei het.
-
14:06 - 14:09En Petrus het verklaar dat
God hom gewys het dat -
14:09 - 14:12Hy geen aannemer van mense is nie.
-
14:12 - 14:15Soos beide van hulle het
gebid, Jood en Heiden, -
14:15 - 14:17het hulle gebede opgestyg na die hemel
-
14:17 - 14:19en het ontmoet by die troon van God.
-
14:19 - 14:26♪ klavier musiek ♪
-
14:26 - 14:31[manlike spreker 1] Dit was om en by middag
toe Petrus uitgegaan het op die dak om te bid. -
14:31 - 14:33Dit was hier waar Petrus 'n visioen
-
14:33 - 14:37gehad het van 'n groot laken wat 'n
mengsel van onrein diere bevat het, -
14:37 - 14:39verteenwoordigend van God se bevestiging
-
14:39 - 14:41van die verskeidenheid mense
-
14:41 - 14:43in die groeiende kerk.
-
14:43 - 14:45♪ fluit musiek ♪
-
14:45 - 14:49[manlike spreker 2] Ons het gehoor dat
Petrus by die huis van Simon, die leerlooier, -
14:49 - 14:54gebly het en ons was opdrag gegee deur
Kornelius, die hoofman, om hom te gaan soek. -
14:54 - 14:56♪ klavier en fluit musiek ♪
-
14:56 - 14:59[manlike spreker 1] Terwyl Petrus nog
gedink het oor die visioen, -
14:59 - 15:01het die Heilige Gees vir hom
gesê om ondertoe te gaan -
15:01 - 15:04want daar was drie mans
wat hom gesoek het. -
15:04 - 15:06[man praat Berber]
-
15:06 - 15:09Petrus het ondertoe gegaan
en vir die mans gesê dat -
15:09 - 15:11hy die een was na wie hulle opsoek is.
-
15:11 - 15:17♪ klavier en fluit musiek ♪
-
15:17 - 15:19[manlike spreker 2] Ons het toe vir Petrus
-
15:19 - 15:21vertel dat Kornelius, die hoofman,
-
15:21 - 15:23deur 'n engel vertel is
-
15:23 - 15:25dat Petrus hom sal kom
-
15:25 - 15:26sien by sy huis.
-
15:26 - 15:27So, onbekend aan Petrus,
-
15:27 - 15:31het Kornelius alreeds sy
besoek aan Sesarea verwag. -
15:31 - 15:33[man praat Berber]
-
15:33 - 15:36[manlike spreker 1]
Wat hier gebeur het was nogals ongewoon. -
15:36 - 15:39Net die feit dat Petrus in
die huis ingegaan het — -
15:39 - 15:41onthou dat dit teen die wet was
-
15:41 - 15:43vir 'n Jood om te assosieer met
-
15:43 - 15:45of om 'n heiden te besoek.
-
15:45 - 15:47♪ sagte musiek ♪
-
15:47 - 15:50[manlike spreker 2] Kornelius het
vir Petrus vertel hoe, drie dae vroeër, -
15:50 - 15:52hy in sy huis gebid het
-
15:52 - 15:54toe 'n engel aan hom verskyn het.
-
15:54 - 15:57[man praat Berber]
-
15:57 - 15:59[manlike verteller 1]
Petrus het met Kornelius -
15:59 - 16:02sy nuwe begrip gedeel dat God
nie voortrek nie -
16:02 - 16:04en 'n God is van almal.
-
16:04 - 16:06Hierdie was 'n werklike draaipunt.
-
16:06 - 16:08Van hierdie oomblik af aan
-
16:08 - 16:12was die evangelie ook aan
ander mense groepe gegee. -
16:12 - 16:17En dit het alles begin met
gebed en vas en 'n visioen. -
16:17 - 16:19Kulture was oorbrug.
-
16:19 - 16:21Hindernisse was afgebreek.
-
16:21 - 16:23Harte was verenig.
-
16:23 - 16:26En hul het een geword in Jesus Christus.
-
16:26 - 16:28En die evangelie was
oop vir die Heidene. -
16:28 - 16:29Wat doen verenigde gebed
-
16:29 - 16:31om kulture af te breek?
-
16:31 - 16:34Wanneer ons saam kniel —
-
16:34 - 16:37verskillende kulture,
verskillende agtergronde, -
16:37 - 16:39verskillende sosiologiese agtergronde,
-
16:39 - 16:42verskillende opvoedkundige agtergronde,
-
16:42 - 16:44verskillende ras velkleure —
-
16:44 - 16:46wanneer ons saam kniel
-
16:46 - 16:49is ons harte verenig as
een in Jesus Christus. -
16:49 - 16:50Ek kyk in Handelinge hoofstuk 13,
-
16:50 - 16:52waar die kerk in Antiogië
-
16:52 - 16:55Paulus en Barnabas uitstuur.
-
16:55 - 16:58En hulle lê hul hande op hul.
-
16:58 - 17:00En hul bid vir die seëning
van die Heilige Gees. -
17:00 - 17:04Die oplegging van hande was die
tersydestelling, in Handelinge 13, -
17:04 - 17:08van Paulus en Barnabas vir
die evangelie en sending. -
17:08 - 17:11Hulle sou hul sendingreise begin.
-
17:11 - 17:15Ek dink nie daar is iets
betowerend van die hande nie. -
17:15 - 17:17Ek dink dit is 'n simbool.
-
17:17 - 17:19Soos wat water met doop is
-
17:19 - 17:22of die ongesuurde brood
en die ongegiste druiwesap -
17:22 - 17:24in die nagmaal diens is.
-
17:24 - 17:26Wanneer die kerk verenig word,
-
17:26 - 17:28en hul hande op 'n individu plaas,
-
17:28 - 17:31bid hulle vir daardie individu,
-
17:31 - 17:36wat hul apart sit vir 'n spesifieke
taak van getuienes en bediening. -
17:36 - 17:37[man praat Berber]
-
17:37 - 17:40[manlike spreker] Terwyl die profete
en onderrigewers van die vroeë kerk -
17:40 - 17:41gevas en gebid het,
-
17:41 - 17:44het die Heilige Gees Paulus
en Barnabas geroep -
17:44 - 17:46om op hul eerste sendingsreis te gaan.
-
17:46 - 17:49Die kerk het tesame gebid voordat
hulle hul uitgestuur het. -
17:49 - 17:52♪ engelagtige musiek ♪
-
17:52 - 17:55[vroulike spreker] Hande was op
hulle gelê en ons het ernstig gebid. -
17:55 - 17:57As 'n verenigde kerk het
ons gebid vir hul veiligheid -
17:57 - 17:59en dat God vir hulle
-
17:59 - 18:01die regte woorde sal gee
om te spreek aan menigtes. -
18:01 - 18:04Ons het gebid dat ons sendelinge
suksesvol sou wees -
18:04 - 18:06in die verspreiding van die evangelie.
-
18:06 - 18:07♪ musiek ♪
-
18:07 - 18:10Paulus en Barnabas het na
verskeie plekke toe gereis. -
18:10 - 18:14In Siprus het hulle die Woord van God
verkondig in die Joodse sinagoges. -
18:14 - 18:17In Pisidië Antiogië het
omtrent die hele stad -
18:17 - 18:19tesame gekom om die
Woord van die Here te hoor. -
18:19 - 18:22Toe die Heidene hul
boodskap hoor, het hul geglo. -
18:22 - 18:25Die Woord van die Here het
deur die hele gebied versprei -
18:25 - 18:29en die dissipels was gevul met
vreugde en die Heilige Gees. -
18:29 - 18:31♪ engelagtige musiek ♪
-
18:31 - 18:35[manlike spreker] Paulus en Barnabas
het ouderlinge in elke kerk aangestel -
18:35 - 18:38en het gebid terwyl hulle vas
en hulle aanbeveel aan God. -
18:38 - 18:40Hulle het die kerk bymekaar gemaak
-
18:40 - 18:43en verslag gegee aan alles wat
God deur hulle gedoen het -
18:43 - 18:48en hoe Hy 'n deur van geloof
oopgemaak het vir die Heidene. -
18:48 - 18:49As 'n biddende gemeenskap
-
18:49 - 18:53wanneer ons ons hande
op die lê vir wie ons bid, -
18:53 - 18:56stel dit die Hand van God voor.
-
18:56 - 18:58Knielende om daardie persoon,
-
18:58 - 19:00stellende hulle opsy vir daardie taak
-
19:00 - 19:02vra ons die Heilige Gees om te kom
-
19:02 - 19:04om hulle te bemagtig, om hul te versterk
-
19:04 - 19:07vir die taak wat God vir hulle
gegee het deur die kerk. -
19:07 - 19:10Ek onthou 'n storie waar Paulus...
-
19:10 - 19:12hy het 'n pragtige vrou teëgekom.
-
19:12 - 19:15Haar naam was Lidia.
En sy was besig om te bid. -
19:15 - 19:18En, ek weet nie, dit was dalk
langs 'n rivier vir al wat ek weet, -
19:18 - 19:20of dalk was dit langs 'n put.
-
19:20 - 19:24Miskien was dit in die middel van 'n mark,
jy weet, in hulle tyd. -
19:24 - 19:28Waarookal dit was, God was in
staat om haar hart te bereik -
19:28 - 19:30en die Bybel vertel ons dat sy
-
19:30 - 19:33die boodskap van die evangelie
aanvaar het en gedoop is. -
19:33 - 19:37[vroulike spreker] Ons was 'n groep
vrouens buite die stad se hekke -
19:37 - 19:39by die rivier waar daar
'n plek van gebed was. -
19:39 - 19:41Lidia, 'n handelaar van pers wolmateriaal,
-
19:41 - 19:43van Tiatira was ook daar.
-
19:43 - 19:46Twee mans het daar aangekom
en met ons begin praat -
19:46 - 19:49en het gevra of hul by ons
kan aansluit vir gebed. -
19:49 - 19:51Ons het later geleer dat hulle
Paulus en Silas was. -
19:51 - 19:56Die Here het Lidia se hart ontvanklik
gemaak vir Paulus se boodskap. -
19:56 - 20:00Sy en haar hele huisgesin was gedoop.
-
20:00 - 20:04'n Ander dag was Paulus en Silas
oppad na 'n plek van gebed toe. -
20:04 - 20:06Hulle het 'n slavin teëgekom
-
20:06 - 20:09in wie daar 'n gees was wat
die toekoms kon voorspel. -
20:09 - 20:13Sy het baie geld vir haar eienaars
verdien deur waarsêery. -
20:13 - 20:15Sy het ons gevolg en op ons geskree.
-
20:15 - 20:19Dit was steurend dus het Paulus die
gees bevel gegee om uit haar te gaan. -
20:19 - 20:23Toe haar eienaars besef het dat hul haar nie
meer kan gebruik om geld mee te maak nie, -
20:23 - 20:26het hulle Paulus en Silas
na die owerhede toe gesleep -
20:26 - 20:27en hulle was in die tronk gegooi.
-
20:27 - 20:30[manlike spreker] Rondom
middernag het hierdie -
20:30 - 20:32twee baie positiewe gevangenes,
-
20:32 - 20:34genaamd Paulus en Silas, gebid
-
20:34 - 20:38en lofliedere tot God gesing.
-
20:38 - 20:40Die res van ons het na hulle geluister.
-
20:40 - 20:43Skielik was daar 'n geweldige aardbewing
-
20:43 - 20:45en die tronk het geskud.
-
20:45 - 20:47Al die tronk se deure het oopgevlieg
-
20:47 - 20:49en almal se kettings het losgekom.
-
20:49 - 20:52Die tronkbewaarder het wakker
geword, al die deure oop gesien -
20:52 - 20:55en sy swaard uitgetrek
om homself dood te maak. -
20:55 - 20:57Hy het gedink al die
gevangenes het ontsnap. -
20:57 - 21:00Maar Paulus het hom verseker en geskree
-
21:00 - 21:02dat hy nie homself moet seermaak nie.
-
21:02 - 21:04Die tronkbewaarder het vir lig gevra,
-
21:04 - 21:08ingestorm en bewend voor
Paulus en Silas neergeval. -
21:08 - 21:11Die tronkbewaarder het
Jesus Christus aanvaar -
21:11 - 21:15en sy hele familie was gedoop.
-
21:15 - 21:17So gebed kan enigeplek gebeur.
-
21:17 - 21:19Vir "Hope Channel", jy weet,
bied ek 'n program aan, -
21:19 - 21:22ek is 'n medeaanbieder vir 'n
program genaamd "Let's Pray". -
21:22 - 21:24En so hier is ons in 'n televisie ateljee
-
21:24 - 21:26met ligte en kameras en aksie
-
21:26 - 21:30en tog verkeer ons nogsteeds
in wyse van gebed. -
21:30 - 21:34En ons het God gesien,
-
21:34 - 21:37ons het wonderlike
antwoorde op gebed gesien, -
21:37 - 21:38vanaf die ateljee.
-
21:38 - 21:39So dit kan enigeplek gebeur.
-
21:39 - 21:41Een vriend van my het gesê
-
21:41 - 21:43dat ons so spesifiek moet bid
-
21:43 - 21:46dat ons sal weet wanneer God
ons gebede beantwoord het. -
21:46 - 21:50In Handelinge hoofstuk 12,
is Petrus in die tronk. -
21:50 - 21:53Hy is geskeduleer om dood gemaak te word.
-
21:53 - 21:56Hy is vasgeketting tussen soldate.
-
21:56 - 21:59Herodus het beveel dat hy sou dood gaan.
-
21:59 - 22:02Terwyl Petrus in die tronk is,
die hele kerk -
22:02 - 22:04— ek hou daarvan —
die hele kerk bid -
22:04 - 22:06vir Petrus in die tronk.
-
22:06 - 22:09Net voor dit, was Jakobus, jy weet,
-
22:09 - 22:11tronk toe gevat, maar was doodgemaak.
-
22:11 - 22:14En ek dink die mense het
baie bekommerd geraak -
22:14 - 22:17dat hulle nou vir Petrus kan verloor
toe hy tronk toe gesleep is. -
22:17 - 22:20En dit het veroorsaak dat hulle
bekommerd geraak het, -
22:20 - 22:22so hulle het almal tesame gekom
-
22:22 - 22:23en ernstig die hele nag lank gebid.
-
22:23 - 22:27[Manlike Spreker] Koning Herodus het
sommiges wat aan die kerk behoort het -
22:27 - 22:29laat arresteer en het beplan
om hulle te vervolg. -
22:29 - 22:32Toe Herodus Jakobus laat
dood maak het met 'n swaard -
22:32 - 22:34en gesien het hoe die Jode
byval vind hiermee, -
22:34 - 22:36het hy Petrus ook laat vang.
-
22:36 - 22:37[vrou praat Berber]
-
22:37 - 22:40Petrus was bewaak deur vier troepe
-
22:40 - 22:42van vier soldate elk.
-
22:42 - 22:44Ons was baie besorgd oor sy veiligheid.
-
22:44 - 22:46En die kerk het ernstig vir hom gebid.
-
22:46 - 22:49[man praat Berber]
-
22:49 - 22:52Die nag voordat Herodus hom sou verhoor,
-
22:52 - 22:54het Petrus tussen twee soldate geslaap,
-
22:54 - 22:58gebind deur kettings, en wagte
wat wag hou by die ingang. -
22:58 - 23:00Skielik het 'n engel van die Here verskyn
-
23:00 - 23:02en lig het in sy sel geskyn.
-
23:02 - 23:05Die engel het aan Petrus se sy gevat
om hom wakker te maak, -
23:05 - 23:07en die boeie het van sy gewrigte afgeval.
-
23:07 - 23:11Soos hy opdrag gegee was, het Petrus
die engel uit die tronk uit gevolg, -
23:11 - 23:13verby al die wagte, na die stad se hek toe.
-
23:13 - 23:15[man praat Berber]
-
23:15 - 23:17[vrou praat Berber]
-
23:17 - 23:19Baie mense het saam gebid
-
23:19 - 23:22in die huis van Maria,
die Ma van Johannes. -
23:22 - 23:25As 'n dienaar in die huis,
het ek 'n geklop aan die deur gehoor. -
23:25 - 23:31♪ musiek ♪
-
23:31 - 23:33Versigtig het ek gegaan
om die deur oop te maak -
23:33 - 23:36en tot my verbasing het
Petrus daar gestaan. -
23:36 - 23:40Ons het nounet ernstig vir hom
gebid wat in die tronk was. -
23:40 - 23:42[man praat Berber]
-
23:42 - 23:45Weereens het verenigde gebed gewerk
-
23:45 - 23:49en die Woord van God het aangehou
om te versprei en te floreer. -
23:49 - 23:52Niemand wat daardie nag by die biduur was
-
23:52 - 23:55sou ooit vergeet dat hulle 'n God het
-
23:55 - 23:57wat gebed beantwoord, na daardie nag nie.
-
23:57 - 24:00Orals waarnatoe daardie mense gegaan het,
vir die res van hulle lewens, -
24:00 - 24:04het hulle daardie storie vertel (wat deel
is van die rede dat ons dit vandag ken); -
24:04 - 24:07hulle het daardie storie
met groot krag vertel -
24:07 - 24:10omdat dit uiters oortuigend was vir hulle,
-
24:10 - 24:12van nie net God se gewilligheid
om te help nie -
24:12 - 24:16maar God se vermoë om dit te doen
op 'n pragtige en verbasende skaal. -
24:16 - 24:19Hier het ons drie baie groot nasies,
-
24:19 - 24:23samelopend op sy klein
aantreklike koninkryk van Juda. -
24:23 - 24:26En vanuit 'n menslike
standpunt, dit was uitgewis. -
24:26 - 24:29Josafat sê 'n paar baie eerlike dinge
-
24:29 - 24:30oor diegene wat bid.
-
24:30 - 24:33"Ons weet nie wat om te doen nie.
Ons is swak. -
24:33 - 24:36Ons is hulpeloos teenoor hierdie
groot getal wat teen ons gekom het." -
24:36 - 24:39Maar hy sê 'n paar baie waar
dinge oor wie God is ook, -
24:39 - 24:43"God, U is in staat. U is gewillig.
-
24:43 - 24:46U is magtig en ons is gereed."
-
24:46 - 24:50Al hierdie het God se mense
voorberei vir Sy verlossing. -
24:50 - 24:52Maar ek dink wanneer ons
onsself nederig maak in gebed -
24:52 - 24:54gee ons God toestemming
-
24:54 - 24:57om deur te breek in
'n bonatuurlike wyse. -
24:57 - 25:00En ons word selfs vertel in die
boek "Christ's Object Lessons", -
25:00 - 25:02dat ons ons gebede moet voorstel
-
25:02 - 25:06met 'n vasberadenheid wat
nie ontken sal word nie. -
25:06 - 25:09Wat 'n belofte!
-
25:09 - 25:21♪ onheilspellende musiek ♪
-
25:21 - 25:23[mense fluister iets onhoorbaar]
-
25:23 - 25:25[man praat in Berber]
-
25:25 - 25:28[manlike spreker 1] Baie mense
het gekom en vir Josafat vertel -
25:28 - 25:31dat 'n groot weermag oppad was
om oorlog te maak teen hom. -
25:31 - 25:34Verskrik deur hierdie
nuus het Josafat -
25:34 - 25:37'n vas vir die hele Juda aangekondig.
-
25:37 - 25:40Mense het vanaf elke dorp in Juda gekom
-
25:40 - 25:42om te vas en saam te bid.
-
25:42 - 25:44Ons was deel van 'n groot groep
-
25:44 - 25:49en Josafat het ernstig vir
God gevra vir hulp. -
25:49 - 25:51Toe het 'n man genaamd Jagasiël opgestaan
-
25:51 - 25:55en gesê dat Josafat nie
bekommerd moet wees nie — -
25:55 - 25:58dat dit nie sy stryd was
nie maar God se stryd. -
25:58 - 26:05♪ dringende musiek ♪
-
26:05 - 26:07[man praat Berber]
-
26:07 - 26:09[manlike spreker 2]
Dit was vroeg in die oggend -
26:09 - 26:11toe ons oppad was na
die woestyn van Tekoa toe. -
26:11 - 26:15Ons was baie bekommerd om hierdie
groot weermag teëgemoet te kom -
26:15 - 26:17maar ons was gesê om geloof te hê.
-
26:17 - 26:19Ons het ook gebid.
-
26:19 - 26:22♪ spanningsvolle musiek ♪
-
26:22 - 26:24Toe ons verkennings peloton
oor die heuwel kom, -
26:24 - 26:27het ons net orals dooie liggame gesien.
-
26:27 - 26:28♪ spanningsvolle musiek ♪
-
26:28 - 26:31Die vyand het blykbaar op mekaar gedraai.
-
26:31 - 26:34Josafat se gebede het vir
hulle oorwinning gebring -
26:34 - 26:37sonder om eers te veg.
-
26:37 - 26:40Wanneer jy na gebed kyk,
in die boek van Handelinge in die Bybel, -
26:40 - 26:43kom 'n duidelike patroon te voorskyn.
-
26:43 - 26:45Daardie patroon is dat die dissipels,
-
26:45 - 26:48soos wat hulle begin om te deel
wat God in hul harte geplaas het, -
26:48 - 26:52hulle vervolg word, partykeer
selfs doodgemaak word. -
26:52 - 26:55Soos wat die vervolging begin
-
26:55 - 26:58maak hulle selfs die gelowiges bymekaar,
-
26:58 - 27:02hulle bid en die Heilige
Gees word uitgestort. -
27:02 - 27:05Dus veroorsaak dit dat die Woord van God
-
27:05 - 27:07selfs meer kragtig versprei word.
-
27:07 - 27:10Dus groei die kerk van God.
-
27:10 - 27:11Verenige gebed is van uiterste belang
-
27:11 - 27:15vir die kerk omdat dit die sleutel is
-
27:15 - 27:21tot nasionale herlewing en tot die
genesing van nasionale uitdagings. -
27:21 - 27:24Gebed, veral verenigde gebed,
-
27:24 - 27:26is nie oor mag nie,
-
27:26 - 27:29dis nie oor om die hand van
God te draai met meer mense -
27:29 - 27:31wat dieselfde frase oor en oor bid nie.
-
27:31 - 27:34Dit is oor God se mense tesame
-
27:34 - 27:36wat in lyn kom met Sy wil.
-
27:36 - 27:39Wanneer ons bid, dink ek
dit verander ons harte. -
27:39 - 27:42En wanneer ons tesame
in gebed kan verenig -
27:42 - 27:45is daar 'n eenheid wat ervaar word.
-
27:45 - 27:48En dan wanneer ons vra, watookal ons vra,
-
27:48 - 27:52in die kragtige naam van
Jesus, gebeur dinge. -
27:52 - 27:55Hoekom is verenigde gebed belangrik?
-
27:55 - 27:57Omdat dit ons harte oopmaak
-
27:57 - 28:00vir die krag van die lewende God
-
28:00 - 28:02om ons getuienis te vergesel.
-
28:02 - 28:06Dit bring jou na die voet
van die kruis, tesame. -
28:06 - 28:09Verenigde gebed laat God se krag los
-
28:09 - 28:10in die heelal.
-
28:10 - 28:12Ek glo in die groot stryd,
-
28:12 - 28:14Hy is wat ons nodig het,
nie die gebed nie. -
28:14 - 28:18In die stryd tussen goed en kwaad,
-
28:18 - 28:21God onteer nie ons
vryheid van keuse nie. -
28:21 - 28:28Maar soos wat ons bid maak
God nuwe paaie van werking oop. -
28:28 - 28:31Werk God nie alreeds vir daardie
seun of dogter nog voordat ons bid nie? -
28:31 - 28:34Werk Hy nie vir die gemeenskap
nog voordat ons bid nie? -
28:34 - 28:37Hy is.
Maar Hy is beperk deur hulle keuses. -
28:37 - 28:40Maar soos wat ons bid, net
soos in die boek van Handelinge -
28:40 - 28:45soos wat die kerk gebid het, eer
God die keuse van die een wat bid -
28:45 - 28:49en wonderwerke gebeur
soos wat ons tesame bid. -
28:49 - 28:52Wanneer ons dinge regkry op die vertikale
-
28:52 - 28:56sal hulle regkom op die horisontale.
-
28:56 - 28:57♪ musiek ♪
- Title:
- Verenigde Gebed Werk
- Description:
-
Bybelse herverordeninge verteenwoordig hoe die vroeë kerk tesame gebid het en hoe dit bygedra het tot die groei en die oplossing van probleme. Verskeie Adventiste leiers en akademici deel hulle sieninge oor die belangrikheid van verenigde gebed.
www.unitedprayerworks.com - Video Language:
- English
- Team:
Team Adventist
- Project:
- Artv
- Duration:
- 29:31
![]() |
Cindy Hurlow edited Afrikaans subtitles for United Prayer documentary | |
![]() |
Cindy Hurlow approved Afrikaans subtitles for United Prayer documentary | |
![]() |
Cindy Hurlow accepted Afrikaans subtitles for United Prayer documentary | |
![]() |
Cindy Hurlow edited Afrikaans subtitles for United Prayer documentary | |
![]() |
Luzé Crause edited Afrikaans subtitles for United Prayer documentary | |
![]() |
Luzé Crause edited Afrikaans subtitles for United Prayer documentary | |
![]() |
Luzé Crause edited Afrikaans subtitles for United Prayer documentary | |
![]() |
Luzé Crause edited Afrikaans subtitles for United Prayer documentary |