Hoe die nuus ons wêreldbeeld verwring
-
0:01 - 0:05Hoe vorm die nuus hoe ons die wêreld sien?
-
0:06 - 0:11Só lyk die wêreld gebaseer op landmassa.
-
0:13 - 0:17En hier's hoe nuus vorm
wat Amerikaners sien. -
0:20 - 0:32Dié kaart -- (Applous) --
wys hoeveel sekondes -
0:32 - 0:37die Amerikaanse netwerk- en kabelnuus
aan nuusstories toegewy het, -
0:37 - 0:42volgens land, in Februarie 2007 --
net een jaar gelede. -
0:43 - 0:49Noord-Korea het in dieselfde maand
ingestem om hulle kernfasiliteite af te breek. -
0:49 - 0:52Daar was enorme vloede in Indonesië.
-
0:52 - 0:59En in Parys publiseer die IPCC 'n verslag
wat ons impak op aardverwarming bevestig. -
1:00 - 1:05Die VSA geniet 79 persent
van die nuusdekking. -
1:05 - 1:10En wanneer ons die VSA uithaal,
en na die oorblywende 21 persent kyk, -
1:10 - 1:17sien ons baie Irak -- die groot groen ding --
en min andersins. -
1:17 - 1:25Dekking van Rusland, China en Indië saam
maak slegs een persent uit. -
1:25 - 1:31Toe ons al die nuus stories ontleed
en slegs een storie verwyder het, -
1:31 - 1:34het die wêreld so gelyk.
-
1:34 - 1:38Wat was die storie?
Die afsterwe van Anna Nicole Smith. -
1:40 - 1:43Dié storie oorskadu elke land behalwe Irak,
-
1:43 - 1:48en het 10 keer meer dekking
as die IPCC-verslag ontvang. -
1:48 - 1:50En die siklus gaan voort;
-
1:50 - 1:54soos ons almal weet is Britney groot nuus.
-
1:54 - 1:57So hoekom hoor ons nie meer
oor die wêreld nie? -
1:57 - 2:04Een rede: Die nuusnetwerke het
die hoeveelheid oorsese buro's halveer. -
2:04 - 2:12Behalwe vir een-persoon ABC mini-buro's
in Nairobi, Nieu-Delhi en Mumbai, -
2:12 - 2:20is daar geen ander nuusnetwerkburo's
in die hele Afrika, Indië of Suid-Amerika nie -
2:20 - 2:24-- plekke met meer as twee miljard mense.
-
2:26 - 2:31Die realiteit is dat
dit goedkoper is om Britney te dek. -
2:31 - 2:34Die tekort aan globale dekking
is nog meer onrusbarend -
2:34 - 2:36as ons kyk waarheen mense gaan vir nuus.
-
2:38 - 2:41Plaaslike TV-nuus is groot,
-
2:41 - 2:46en slegs 12 persent van hulle dekking
word aan internasionale nuus gewy. -
2:47 - 2:49En wat van die web?
-
2:49 - 2:52Die gewildste nuustuistes
vaar nie veel beter nie. -
2:52 - 2:57Laas jaar het Pew en die Colombia J-School
14 000 stories ontleed -
2:57 - 2:59wat op Google News se voorblad verskyn het.
-
2:59 - 3:04En hulle het almal
dieselfde 24 nuusgebeure gedek. -
3:04 - 3:09Net so het 'n studie van e-inhoud gewys
dat baie globale nuus van Amerikaanse nuusverskaffers -
3:09 - 3:12hergesirkuleerde stories van
die AP nuusagentskappe en Reuters is, -
3:12 - 3:17sonder dat die nuus in konteks geplaas word
vir mense om hulle verband daarmee te verstaan. -
3:17 - 3:21As ons alles saamvoeg kan dit verduidelik
waarom universiteitverlaters -
3:21 - 3:24sowel as minder opgeleide Amerikaners
-
3:24 - 3:28minder weet oor die wêreld
as hulle eweknieë van 20 jaar gelede. -
3:28 - 3:32As jy dink dis omdat ons nie belangstel nie,
-
3:32 - 3:35sou jy verkeerd wees.
-
3:35 - 3:40Amerikaners wat sê dat hulle wêreldnuus
meeste van die tyd volg -
3:40 - 3:43het die laaste paar jaar gegroei
tot meer as 50 persent. -
3:44 - 3:50Die werklike vraag:
Is hierdie verwronge wêreldbeeld -
3:50 - 3:55wat ons wil hê vir Amerikaners
in ons toenemend verbinde wêreld? -
3:56 - 3:58Ek weet ons kan beter doen.
-
3:58 - 4:01Kan ons die alternatief bekostig? Dankie.
-
4:01 - 4:04(Applous)
- Title:
- Hoe die nuus ons wêreldbeeld verwring
- Speaker:
- Alisa Miller
- Description:
-
Alisa Miller, hoof van "Public Radio International", praat oor hoekom -- ten spyte van ons behoefte om meer oor die wêreld te weet as ooit tevore -- die Amerikaanse media eintlik minder daarvan wys. Insiggewende statistiek en grafieke.
- Video Language:
- English
- Team:
closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 04:06
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How the news distorts our worldview | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How the news distorts our worldview | |
![]() |
Pieter Oosthuizen added a translation |