Hoe vorm die nuus hoe ons die wêreld sien?
Só lyk die wêreld gebaseer op landmassa.
En hier's hoe nuus vorm
wat Amerikaners sien.
Dié kaart -- (Applous) --
wys hoeveel sekondes
die Amerikaanse netwerk- en kabelnuus
aan nuusstories toegewy het,
volgens land, in Februarie 2007 --
net een jaar gelede.
Noord-Korea het in dieselfde maand
ingestem om hulle kernfasiliteite af te breek.
Daar was enorme vloede in Indonesië.
En in Parys publiseer die IPCC 'n verslag
wat ons impak op aardverwarming bevestig.
Die VSA geniet 79 persent
van die nuusdekking.
En wanneer ons die VSA uithaal,
en na die oorblywende 21 persent kyk,
sien ons baie Irak -- die groot groen ding --
en min andersins.
Dekking van Rusland, China en Indië saam
maak slegs een persent uit.
Toe ons al die nuus stories ontleed
en slegs een storie verwyder het,
het die wêreld so gelyk.
Wat was die storie?
Die afsterwe van Anna Nicole Smith.
Dié storie oorskadu elke land behalwe Irak,
en het 10 keer meer dekking
as die IPCC-verslag ontvang.
En die siklus gaan voort;
soos ons almal weet is Britney groot nuus.
So hoekom hoor ons nie meer
oor die wêreld nie?
Een rede: Die nuusnetwerke het
die hoeveelheid oorsese buro's halveer.
Behalwe vir een-persoon ABC mini-buro's
in Nairobi, Nieu-Delhi en Mumbai,
is daar geen ander nuusnetwerkburo's
in die hele Afrika, Indië of Suid-Amerika nie
-- plekke met meer as twee miljard mense.
Die realiteit is dat
dit goedkoper is om Britney te dek.
Die tekort aan globale dekking
is nog meer onrusbarend
as ons kyk waarheen mense gaan vir nuus.
Plaaslike TV-nuus is groot,
en slegs 12 persent van hulle dekking
word aan internasionale nuus gewy.
En wat van die web?
Die gewildste nuustuistes
vaar nie veel beter nie.
Laas jaar het Pew en die Colombia J-School
14 000 stories ontleed
wat op Google News se voorblad verskyn het.
En hulle het almal
dieselfde 24 nuusgebeure gedek.
Net so het 'n studie van e-inhoud gewys
dat baie globale nuus van Amerikaanse nuusverskaffers
hergesirkuleerde stories van
die AP nuusagentskappe en Reuters is,
sonder dat die nuus in konteks geplaas word
vir mense om hulle verband daarmee te verstaan.
As ons alles saamvoeg kan dit verduidelik
waarom universiteitverlaters
sowel as minder opgeleide Amerikaners
minder weet oor die wêreld
as hulle eweknieë van 20 jaar gelede.
As jy dink dis omdat ons nie belangstel nie,
sou jy verkeerd wees.
Amerikaners wat sê dat hulle wêreldnuus
meeste van die tyd volg
het die laaste paar jaar gegroei
tot meer as 50 persent.
Die werklike vraag:
Is hierdie verwronge wêreldbeeld
wat ons wil hê vir Amerikaners
in ons toenemend verbinde wêreld?
Ek weet ons kan beter doen.
Kan ons die alternatief bekostig? Dankie.
(Applous)