WEBVTT 00:00:01.170 --> 00:00:05.380 Hoe vorm die nuus hoe ons die wêreld sien? 00:00:05.920 --> 00:00:10.890 Só lyk die wêreld gebaseer op landmassa. 00:00:12.750 --> 00:00:17.020 En hier's hoe nuus vorm wat Amerikaners sien. 00:00:19.680 --> 00:00:31.980 Dié kaart -- (Applous) -- wys hoeveel sekondes 00:00:31.980 --> 00:00:37.110 die Amerikaanse netwerk- en kabelnuus aan nuusstories toegewy het, 00:00:37.110 --> 00:00:42.060 volgens land, in Februarie 2007 -- net een jaar gelede. 00:00:43.050 --> 00:00:48.640 Noord-Korea het in dieselfde maand ingestem om hulle kernfasiliteite af te breek. 00:00:48.640 --> 00:00:52.110 Daar was enorme vloede in Indonesië. 00:00:52.110 --> 00:00:59.360 En in Parys publiseer die IPCC 'n verslag wat ons impak op aardverwarming bevestig. 00:01:00.210 --> 00:01:04.940 Die VSA geniet 79 persent van die nuusdekking. 00:01:04.940 --> 00:01:10.280 En wanneer ons die VSA uithaal, en na die oorblywende 21 persent kyk, 00:01:10.280 --> 00:01:16.660 sien ons baie Irak -- die groot groen ding -- en min andersins. 00:01:16.660 --> 00:01:24.660 Dekking van Rusland, China en Indië saam maak slegs een persent uit. NOTE Paragraph 00:01:25.040 --> 00:01:31.470 Toe ons al die nuus stories ontleed en slegs een storie verwyder het, 00:01:31.470 --> 00:01:33.560 het die wêreld so gelyk. 00:01:33.560 --> 00:01:38.450 Wat was die storie? Die afsterwe van Anna Nicole Smith. 00:01:40.120 --> 00:01:43.300 Dié storie oorskadu elke land behalwe Irak, 00:01:43.300 --> 00:01:47.530 en het 10 keer meer dekking as die IPCC-verslag ontvang. 00:01:48.380 --> 00:01:50.000 En die siklus gaan voort; 00:01:50.000 --> 00:01:54.130 soos ons almal weet is Britney groot nuus. NOTE Paragraph 00:01:54.130 --> 00:01:57.130 So hoekom hoor ons nie meer oor die wêreld nie? 00:01:57.130 --> 00:02:03.610 Een rede: Die nuusnetwerke het die hoeveelheid oorsese buro's halveer. 00:02:04.300 --> 00:02:12.190 Behalwe vir een-persoon ABC mini-buro's in Nairobi, Nieu-Delhi en Mumbai, 00:02:12.190 --> 00:02:19.960 is daar geen ander nuusnetwerkburo's in die hele Afrika, Indië of Suid-Amerika nie 00:02:19.960 --> 00:02:24.000 -- plekke met meer as twee miljard mense. NOTE Paragraph 00:02:26.190 --> 00:02:31.080 Die realiteit is dat dit goedkoper is om Britney te dek. 00:02:31.080 --> 00:02:33.830 Die tekort aan globale dekking is nog meer onrusbarend 00:02:33.830 --> 00:02:36.490 as ons kyk waarheen mense gaan vir nuus. 00:02:37.530 --> 00:02:40.630 Plaaslike TV-nuus is groot, 00:02:40.630 --> 00:02:45.720 en slegs 12 persent van hulle dekking word aan internasionale nuus gewy. NOTE Paragraph 00:02:46.630 --> 00:02:48.750 En wat van die web? 00:02:48.750 --> 00:02:51.950 Die gewildste nuustuistes vaar nie veel beter nie. 00:02:51.950 --> 00:02:56.760 Laas jaar het Pew en die Colombia J-School 14 000 stories ontleed 00:02:56.760 --> 00:02:59.220 wat op Google News se voorblad verskyn het. 00:02:59.220 --> 00:03:03.700 En hulle het almal dieselfde 24 nuusgebeure gedek. 00:03:03.700 --> 00:03:08.800 Net so het 'n studie van e-inhoud gewys dat baie globale nuus van Amerikaanse nuusverskaffers 00:03:08.800 --> 00:03:12.460 hergesirkuleerde stories van die AP nuusagentskappe en Reuters is, 00:03:12.460 --> 00:03:17.150 sonder dat die nuus in konteks geplaas word vir mense om hulle verband daarmee te verstaan. NOTE Paragraph 00:03:17.150 --> 00:03:21.160 As ons alles saamvoeg kan dit verduidelik waarom universiteitverlaters 00:03:21.160 --> 00:03:23.600 sowel as minder opgeleide Amerikaners 00:03:23.600 --> 00:03:27.510 minder weet oor die wêreld as hulle eweknieë van 20 jaar gelede. 00:03:27.510 --> 00:03:32.000 As jy dink dis omdat ons nie belangstel nie, 00:03:32.000 --> 00:03:34.690 sou jy verkeerd wees. 00:03:34.690 --> 00:03:39.870 Amerikaners wat sê dat hulle wêreldnuus meeste van die tyd volg 00:03:39.870 --> 00:03:43.000 het die laaste paar jaar gegroei tot meer as 50 persent. NOTE Paragraph 00:03:44.470 --> 00:03:49.640 Die werklike vraag: Is hierdie verwronge wêreldbeeld 00:03:49.640 --> 00:03:54.660 wat ons wil hê vir Amerikaners in ons toenemend verbinde wêreld? 00:03:55.990 --> 00:03:57.740 Ek weet ons kan beter doen. 00:03:57.740 --> 00:04:00.720 Kan ons die alternatief bekostig? Dankie. 00:04:01.406 --> 00:04:03.806 (Applous)