Hoe die nuus ons wêreldbeeld verwring
-
0:00 - 0:04Hoe vorm die nuus hoe ons die wêreld sien?
-
0:04 - 0:10Só lyk die wêreld gebaseer op landmassa.
-
0:10 - 0:16En hier's hoe nuus vorm
wat Amerikaners sien. -
0:17 - 0:31Dié kaart -- (Applous) --
wys hoeveel sekondes -
0:31 - 0:36die Amerikaanse netwerk- en kabelnuus
aan nuusstories toegewy het, -
0:36 - 0:41volgens land, in Februarie 2007 --
net een jaar gelede. -
0:41 - 0:47Noord-Korea het in dieselfde maand
ingestem om hulle kernfasiliteite af te breek. -
0:47 - 0:51Daar was enorme vloede in Indonesië.
-
0:51 - 0:59En in Parys publiseer die IPCC 'n verslag
wat ons impak op aardverwarming bevestig. -
0:59 - 1:04Die VSA geniet 79 persent
van die nuusdekking. -
1:04 - 1:09En wanneer ons die VSA uithaal,
en na die oorblywende 21 persent kyk, -
1:09 - 1:16sien ons baie Irak -- die groot groen ding --
en min andersins. -
1:16 - 1:24Dekking van Rusland, China en Indië saam
maak slegs een persent uit. -
1:24 - 1:30Toe ons al die nuus stories ontleed
en slegs een storie verwyder het, -
1:30 - 1:32het die wêreld so gelyk.
-
1:32 - 1:38Wat was die storie?
Die afsterwe van Anna Nicole Smith. -
1:39 - 1:42Dié storie oorskadu elke land behalwe Irak,
-
1:42 - 1:47en het 10 keer meer dekking
as die IPCC-verslag ontvang. -
1:48 - 1:50En die siklus gaan voort;
-
1:50 - 1:53soos ons almal weet is Britney groot nuus.
-
1:53 - 1:56So hoekom hoor ons nie meer
oor die wêreld nie? -
1:56 - 2:02Een rede: die nuusnetwerke het
die hoeveelheid oorsese buro's halveer. -
2:02 - 2:11Behalwe vir een-persoon ABC mini-buro's
in Nairobi, Nieu-Delhi en Mumbai, -
2:11 - 2:19is daar geen ander nuusnetwerkburo's
in die hele Afrika, Indië of Suid-Amerika nie -
2:19 - 2:24-- plekke met meer as twee miljard mense.
-
2:25 - 2:30Die realiteit is dat
dit goedkoper is om Britney te dek. -
2:30 - 2:33Die tekort aan globale dekking
is nog meer onrusbarend -
2:33 - 2:35as ons kyk waarheen mense gaan vir nuus.
-
2:36 - 2:40Plaaslike TV-nuus is groot,
-
2:40 - 2:44en slegs 12 persent van hulle dekking
word aan internasionale nuus gewy. -
2:45 - 2:47En wat van die web?
-
2:47 - 2:51Die gewildste nuustuistes
vaar nie veel beter nie. -
2:51 - 2:56Laas jaar het Pew en die Colombia J-School
14 000 stories ontleed -
2:56 - 2:59wat op Google News se voorblad verskyn het.
-
2:59 - 3:03En hulle het dieselfde 24 nuus gebeure gedek.
-
3:03 - 3:08Net so het 'n studie van e-inhoud gewys
dat baie globale nuus van Amerikaanse nuusverskaffers -
3:08 - 3:12hergesirkuleerde stories van
die AP nuusagentskappe en Reuters is, -
3:12 - 3:16sonder dat die nuus in konteks geplaas word
vir mense om hulle verband daarmee te verstaan. -
3:16 - 3:21As ons alles saamvoeg kan dit verduidelik
waarom universiteitverlaters -
3:21 - 3:23sowel as minder opgeleide Amerikaners
-
3:23 - 3:26minder weet oor die wêreld
as hulle eweknieë van 20 jaar gelede. -
3:26 - 3:32As jy dink dis omdat ons nie belangstel nie,
-
3:32 - 3:34sal jy verkeerd wees.
-
3:34 - 3:41Amerikaners wat sê dat hulle wêreldnuus
meeste van die tyd volg -
3:41 - 3:43het die laaste paar jaar gegroei
tot meer as 50 persent. -
3:43 - 3:51Die werklike vraag:
Is hierdie die verwronge wêreldbeeld -
3:51 - 3:54wat ons wil hê vir Amerikaners
in ons toenemend verbinde wêreld? -
3:54 - 3:57Ek weet ons kan beter doen.
-
3:57 - 4:00Kan ons bekostig om te misluk? Dankie.
- Title:
- Hoe die nuus ons wêreldbeeld verwring
- Speaker:
- Alisa Miller
- Description:
-
Alisa Miller, hoof van "Public Radio International", praat oor hoekom -- ten spyte van ons behoefte om meer oor die wêreld te weet as ooit tevore -- die Amerikaanse media eintlik minder daarvan wys. Insiggewende statistiek en grafieke.
- Video Language:
- English
- Team:
closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 04:06
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How the news distorts our worldview | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How the news distorts our worldview | |
![]() |
Pieter Oosthuizen added a translation |