< Return to Video

Hoe die nuus ons wêreldbeeld verwring

  • 0:00 - 0:04
    Hoe vorm die nuus die manier waarop ons die wêreld sien?
  • 0:04 - 0:10
    Hier's hoe die wêreld lyk - gebaseer op landmassa.
  • 0:10 - 0:16
    En hier's hoe nuus vorm wat Amerikaners sien.
  • 0:17 - 0:31
    Hierdie kaart - (Applous) - wys die hoeveelheid sekondes
  • 0:31 - 0:36
    wat die Amerikaanse netwerk- en kabelnuus organisasies aan nuusstories toegewy het,
  • 0:36 - 0:41
    volgens lande, gedurende Februarie 2007 - slegs een jaar terug.
  • 0:41 - 0:47
    Hierdie was dieselfde maand wat Noord-Korea ingestem het om hulle kernfasiliteite af te breek.
  • 0:47 - 0:51
    Daar was groot vloede in Indonesia.
  • 0:51 - 0:59
    En in Parys publiseer die IPCC 'n verslag wat ons invloed op aardsverwarming bevestig.
  • 0:59 - 1:04
    Die Vereenigde State geniet 79 persent van die nuus dekking.
  • 1:04 - 1:09
    En wanneer ons die VSA uithaal, en na die oorblywende 21 persent kyk,
  • 1:09 - 1:16
    sien ons baie Iraq - die groot groen ding hier - en andersins min.
  • 1:16 - 1:24
    Die gekombineerde dekking van Rusland, China en Indië, byvoorbeeld, maak slegs een persent uit.
  • 1:24 - 1:30
    Wanneer ons al die nuus stories ontleed en slegs een storie verwyder,
  • 1:30 - 1:32
    is dit hoe die wêreld gelyk het.
  • 1:32 - 1:38
    Wat is hierdie storie? Die afsterwe van Anna Nicole Smith.
  • 1:39 - 1:42
    Hierdie storie oorskadu elke land behalwe Iraq,
  • 1:42 - 1:47
    en het 10 keer meer dekking ontvang as die IPCC verslag.
  • 1:48 - 1:50
    En hierdie siklus gaan voort;
  • 1:50 - 1:53
    soos ons almal weet kry Britney deesdae wye dekking.
  • 1:53 - 1:56
    So hoekom hoor ons nie meer van die wêreld nie?
  • 1:56 - 2:02
    Een rede: die nuusnetwerke het die hoeveelheid oorsese buro's met die helfte verminder.
  • 2:02 - 2:11
    Behalwe vir een-persoon ABC mini-buro's in Nairobi, New Delhi en Mumbai,
  • 2:11 - 2:19
    is daar geen ander nuusnetwerk buro's in die hele Afrika, Indië of Suid-Amerika nie
  • 2:19 - 2:24
    - plekke met meer as twee miljard mense.
  • 2:25 - 2:30
    Die realiteit: dis goedkoper om Britney te dek.
  • 2:30 - 2:33
    Hierdie tekort aan internasionale dekkings is nog meer skokkend
  • 2:33 - 2:35
    as ons kyk waarheen mense gaan vir nuus.
  • 2:36 - 2:40
    Plaaslike TV nuus is groot,
  • 2:40 - 2:44
    en slegs 12 persent van dekking word aan internasionale nuus toegewy.
  • 2:45 - 2:47
    En wat van die web?
  • 2:47 - 2:51
    Die mees gewilde nuus tuistes doen nie veel beter nie.
  • 2:51 - 2:56
    Laas jaar het Pew en die Colombia J-School 14,000 stories ontleed
  • 2:56 - 2:59
    wat op Google News se voorblad verskyn het.
  • 2:59 - 3:03
    Eh hulle het dieselfde 24 nuus gebeure gedek.
  • 3:03 - 3:08
    Soortgelyk het 'n studie van elektroniese inhoud gewys dat meeste internasionale nuus van VSA nuus verskaffers
  • 3:08 - 3:12
    hergesirkuleerde stories van die AP nuus agentskap en Reuters is,
  • 3:12 - 3:16
    en plaas nie nuus in konteks sodat mense hulle konneksie daarmee kan verstaan nie.
  • 3:16 - 3:21
    As ons alles saamvoeg kan dit verduidelik waarom universiteitverlaters
  • 3:21 - 3:23
    sowel as minder opgeleide Amerikaners
  • 3:23 - 3:26
    minder weet van die wêreld as hulle eweknieë het 20 jaar gelede.
  • 3:26 - 3:32
    As jy dink dis omdat ons nie belangstel nie,
  • 3:32 - 3:34
    sal jy verkeerd wees.
  • 3:34 - 3:41
    Amerikaners wat sê dat hulle wêreldnuus meeste van die tyd nou volg
  • 3:41 - 3:43
    het die laaste paar jaar gegroei tot meer as 50 persent.
  • 3:43 - 3:51
    Die werklike vraag is: is hierdie die verwronge wêreldbeeld wat ons wil hê vir Amerikaners
  • 3:51 - 3:54
    in ons toenemende verbinde wêreld?
  • 3:54 - 3:57
    Ek weet ons kan beter doen.
  • 3:57 - 4:00
    Het ons 'n ander keuse? Dankie.
Title:
Hoe die nuus ons wêreldbeeld verwring
Speaker:
Alisa Miller
Description:

Alisa Miller, hoof van "Public Radio International", praat oor hoekom - tenspyte van ons behoefte om meer te weet van die wêreld as ooit tevore - die Vereenigde State inteendeel minder daarvan wys. Insiggewende statistiek en grafieke.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
04:06
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How the news distorts our worldview
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How the news distorts our worldview
Pieter Oosthuizen added a translation

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions