Hoe vorm die nuus die manier waarop ons die wêreld sien? Hier's hoe die wêreld lyk - gebaseer op landmassa. En hier's hoe nuus vorm wat Amerikaners sien. Hierdie kaart - (Applous) - wys die hoeveelheid sekondes wat die Amerikaanse netwerk- en kabelnuus organisasies aan nuusstories toegewy het, volgens lande, gedurende Februarie 2007 - slegs een jaar terug. Hierdie was dieselfde maand wat Noord-Korea ingestem het om hulle kernfasiliteite af te breek. Daar was groot vloede in Indonesia. En in Parys publiseer die IPCC 'n verslag wat ons invloed op aardsverwarming bevestig. Die Vereenigde State geniet 79 persent van die nuus dekking. En wanneer ons die VSA uithaal, en na die oorblywende 21 persent kyk, sien ons baie Iraq - die groot groen ding hier - en andersins min. Die gekombineerde dekking van Rusland, China en Indië, byvoorbeeld, maak slegs een persent uit. Wanneer ons al die nuus stories ontleed en slegs een storie verwyder, is dit hoe die wêreld gelyk het. Wat is hierdie storie? Die afsterwe van Anna Nicole Smith. Hierdie storie oorskadu elke land behalwe Iraq, en het 10 keer meer dekking ontvang as die IPCC verslag. En hierdie siklus gaan voort; soos ons almal weet kry Britney deesdae wye dekking. So hoekom hoor ons nie meer van die wêreld nie? Een rede: die nuusnetwerke het die hoeveelheid oorsese buro's met die helfte verminder. Behalwe vir een-persoon ABC mini-buro's in Nairobi, New Delhi en Mumbai, is daar geen ander nuusnetwerk buro's in die hele Afrika, Indië of Suid-Amerika nie - plekke met meer as twee miljard mense. Die realiteit: dis goedkoper om Britney te dek. Hierdie tekort aan internasionale dekkings is nog meer skokkend as ons kyk waarheen mense gaan vir nuus. Plaaslike TV nuus is groot, en slegs 12 persent van dekking word aan internasionale nuus toegewy. En wat van die web? Die mees gewilde nuus tuistes doen nie veel beter nie. Laas jaar het Pew en die Colombia J-School 14,000 stories ontleed wat op Google News se voorblad verskyn het. Eh hulle het dieselfde 24 nuus gebeure gedek. Soortgelyk het 'n studie van elektroniese inhoud gewys dat meeste internasionale nuus van VSA nuus verskaffers hergesirkuleerde stories van die AP nuus agentskap en Reuters is, en plaas nie nuus in konteks sodat mense hulle konneksie daarmee kan verstaan nie. As ons alles saamvoeg kan dit verduidelik waarom universiteitverlaters sowel as minder opgeleide Amerikaners minder weet van die wêreld as hulle eweknieë het 20 jaar gelede. As jy dink dis omdat ons nie belangstel nie, sal jy verkeerd wees. Amerikaners wat sê dat hulle wêreldnuus meeste van die tyd nou volg het die laaste paar jaar gegroei tot meer as 50 persent. Die werklike vraag is: is hierdie die verwronge wêreldbeeld wat ons wil hê vir Amerikaners in ons toenemende verbinde wêreld? Ek weet ons kan beter doen. Het ons 'n ander keuse? Dankie.