< Return to Video

Die towerwasmasjien

  • 0:00 - 0:02
    Ek was net 4 jaar oud
  • 0:02 - 0:05
    toe ek my ma 'n wasmasjien sien laai
  • 0:05 - 0:08
    vir die eerste keer in haar lewe.
  • 0:08 - 0:10
    Dit was 'n wonderlike dag vir haar.
  • 0:10 - 0:13
    My ouers het jare lank geld gespaar
  • 0:13 - 0:15
    om die masjien te kon koop.
  • 0:15 - 0:17
    En op die eerste dag wat dit gebruik sou word,
  • 0:17 - 0:19
    is selfs Ouma genooi
  • 0:19 - 0:21
    om die masjien te sien.
  • 0:21 - 0:24
    En Ouma was meer opgewonde.
  • 0:24 - 0:26
    Regdeur haar lewe
  • 0:26 - 0:28
    het sy water oor die vuur warm gemaak,
  • 0:28 - 0:30
    en sy het haar wasgoed met die hand gewas
  • 0:30 - 0:32
    vir sewe kinders.
  • 0:32 - 0:35
    En nou gaan sy sien hoe
  • 0:35 - 0:38
    elektrisiteit die werk doen.
  • 0:38 - 0:42
    My ma maak die deur versigtig oop,
  • 0:42 - 0:44
    en sy laai die wasgoed
  • 0:44 - 0:46
    in die masjien,
  • 0:46 - 0:48
    as volg...
  • 0:48 - 0:50
    En toe sy die deur toemaak,
  • 0:50 - 0:52
    sê Ouma, "Nee, nee, nee, nee.
  • 0:52 - 0:55
    Laat ek die knoppie druk.
  • 0:56 - 0:58
    En Ouma druk die knoppie,
  • 0:58 - 1:01
    en sy se, "O, fantasties.
  • 1:01 - 1:03
    Ek wil dit sien. Gee vir my 'n stoel.
  • 1:03 - 1:05
    Gee vir my 'n stoel. Ek wil dit sien.
  • 1:05 - 1:08
    En sy sit voor die masjien,
  • 1:08 - 1:12
    en sy kyk vir die hele wasprogram.
  • 1:12 - 1:14
    Sy was verstom.
  • 1:14 - 1:17
    Vir my ouma,
  • 1:17 - 1:20
    was die wasmasjien 'n wonderwerk.
  • 1:20 - 1:23
    Vandag, in Swede en ander welaf lande,
  • 1:23 - 1:25
    gebruik mense
  • 1:25 - 1:27
    baie verskillende masjiene.
  • 1:27 - 1:29
    Kyk, die huise is vol masjiene;
  • 1:29 - 1:31
    ek kan nie eens almal opnoem nie.
  • 1:31 - 1:34
    En ook, wanneer hulle wil reis,
  • 1:34 - 1:37
    gebruik hulle vlieënde masjiene
  • 1:37 - 1:39
    wat hul vat na afgeleë bestemmings.
  • 1:39 - 1:41
    En tog, in die wereld, is daar so baie verskillende mense
  • 1:41 - 1:44
    wat nog steeds hulle water op 'n vuur verhit,
  • 1:44 - 1:47
    en hul kos oor vuur kook.
  • 1:47 - 1:49
    Somtyds het hulle nie eens genoeg kos nie.
  • 1:49 - 1:52
    En hulle lewe onder die broodlyn.
  • 1:52 - 1:55
    Daar is twee biljoen medemense
  • 1:55 - 1:57
    wat op minder as $2 'n dag leef.
  • 1:57 - 1:59
    En die rykste mense daar oorkant --
  • 1:59 - 2:01
    daar is een billion mense --
  • 2:01 - 2:05
    en hulle leef bo, wat ek noem die luglyn,
  • 2:05 - 2:08
    omdat hulle meer as $80 'n dag spandeer
  • 2:08 - 2:10
    op hulle verbruik.
  • 2:10 - 2:13
    Maar dit is slegs een, twee, drie biljoen mense,
  • 2:13 - 2:16
    en natuurlik is daar sewe biljoen mense in die wêreld,
  • 2:16 - 2:19
    so daar moet een, twee, drie, vier biljoen mense meer wees,
  • 2:19 - 2:22
    wat leef tussen armoede en die luglyn.
  • 2:22 - 2:25
    Hulle het elektrisiteit,
  • 2:25 - 2:28
    maar die vraag is, hoeveel het wasmasjiene?
  • 2:28 - 2:31
    Ek het die data ondersoek,
  • 2:31 - 2:33
    en ek het gevind, inderdaad
  • 2:33 - 2:36
    dat die wasmasjien onder die luglyn deurgedring het,
  • 2:36 - 2:39
    en vandag is daar 'n addisionele een biljoen mense daar buite
  • 2:39 - 2:42
    wat bo die waslyn leef.
  • 2:42 - 2:44
    (Gelag)
  • 2:44 - 2:48
    En hulle verbruik meer as $40 per dag.
  • 2:48 - 2:51
    So twee biljoen het toegang tot wasmasjiene.
  • 2:51 - 2:53
    En die oorblywende vyf biljoen,
  • 2:53 - 2:55
    hoe was hulle?
  • 2:55 - 2:57
    Of, om meer presies te wees,
  • 2:57 - 3:00
    hoe was die meeste van die vroue in die wereld?
  • 3:00 - 3:04
    Omdat dit harde werk is vir vroue om te was.
  • 3:04 - 3:07
    Hulle was so: met hulle hande.
  • 3:07 - 3:11
    Dit is 'n harde, tydrowende arbeid,
  • 3:11 - 3:14
    wat hulle moet doen vir ure elke week.
  • 3:14 - 3:17
    En somtyds moet hulle ook water bring van vêr af
  • 3:17 - 3:19
    na die wasgoed by die huis.
  • 3:19 - 3:23
    Of hulle moet die wasgoed vat na 'n stroompie ver weg.
  • 3:23 - 3:26
    En hulle wil 'n wasmasjien hê.
  • 3:26 - 3:29
    Hulle wil nie so 'n groot deel van hulle lewe spandeer
  • 3:29 - 3:31
    om die harde werk te doen
  • 3:31 - 3:33
    met so 'n relatiewe lae produktiwiteit nie.
  • 3:33 - 3:35
    En daar is niks anders aan hulle wens
  • 3:35 - 3:37
    as die van my ouma.
  • 3:37 - 3:40
    Kyk hier, twee generasies terug in Swede --
  • 3:40 - 3:42
    skep water van die stroom,
  • 3:42 - 3:45
    op die vuur verhit en was soos dit.
  • 3:45 - 3:48
    Hulle wil die wasmasjien hê in dieselfde manier.
  • 3:48 - 3:51
    Maar wanneer ek 'n lesing aanbied aan omgewingbewuste studente,
  • 3:51 - 3:55
    sê hulle, "Nie almal in die wêreld kan karre en wasmasjiene hê nie."
  • 3:56 - 3:58
    Hoe kan ons hierdie vrou vertel
  • 3:58 - 4:00
    dat sy nie 'n wasmasjien gaan he?
  • 4:00 - 4:02
    En dan vra ek my studente,
  • 4:02 - 4:04
    ek het hulle oor die laaste twee jaar gevra:
  • 4:04 - 4:06
    "Hoeveel van julle gebruik nie 'n kar nie?"
  • 4:06 - 4:08
    En somige van hulle steek hulle hande trots op
  • 4:08 - 4:10
    en sê, "Ek gebruik nie 'n kar nie."
  • 4:10 - 4:12
    En dan vra ek die regte moeilike vraag:
  • 4:12 - 4:14
    "Hoeveel van julle
  • 4:14 - 4:16
    was julle jeans en beddegoed per hand?"
  • 4:16 - 4:19
    En niemand steek hulle hand op nie.
  • 4:19 - 4:22
    Selfs die gehardes in die groenbeweging
  • 4:22 - 4:24
    gebruik wasmasjiene.
  • 4:24 - 4:28
    (Gelag)
  • 4:28 - 4:30
    So hoekom is dit iets wat almal gebruik
  • 4:30 - 4:33
    en hulle dink ander sal dit nie stop nie, wat is so spesiaal hieraan?
  • 4:33 - 4:36
    Ek moes analise doen oor energie verbruik in die wêreld.
  • 4:36 - 4:38
    Hier is ons.
  • 4:38 - 4:40
    Kyk hier, jy sien die sewe biljoen mense daar bo:
  • 4:40 - 4:42
    die lug mense, die was mense,
  • 4:42 - 4:45
    die gloeilamp mense en die vuur mense.
  • 4:45 - 4:47
    Een eenheid soos die
  • 4:47 - 4:50
    is 'n fossielenergie-eenheid:
  • 4:50 - 4:52
    olie, steenkool of gas.
  • 4:52 - 4:55
    Dit is wat meeste van die elektrisiteit en energie in die wereld is.
  • 4:56 - 4:59
    En dit is 12 eenhede gebruik in die hele wereld,
  • 4:59 - 5:02
    en die rykste een biljoen, hulle gebruik ses van dit.
  • 5:02 - 5:05
    Helfde van die energie is gebruik deur een sewende van die wêreld se populasie.
  • 5:05 - 5:07
    En daardie wat wasmasjiene het,
  • 5:07 - 5:09
    maar nie 'n huis vol met ander masjiene nie,
  • 5:09 - 5:11
    hulle gebruik twee.
  • 5:11 - 5:13
    Hierdie groep gebruik drie, een elk.
  • 5:13 - 5:15
    En hulle het ook elektrisiteit.
  • 5:15 - 5:18
    En daar oorkant gebruik hulle nie eens een elk nie.
  • 5:18 - 5:20
    Dit maak 12 van hulle.
  • 5:20 - 5:22
    Maar die hoof bekommernis
  • 5:22 - 5:25
    vir die omgewing belangstellende studente -- en hulle is reg --
  • 5:25 - 5:27
    is oor die toekoms.
  • 5:27 - 5:30
    Wat is die tendense? As ons net die tendense uitrek,
  • 5:30 - 5:33
    sonder enige regte gevorderde analise, tot 2050,
  • 5:33 - 5:36
    is daar twee dinge wat energy verbruik kan verhoog.
  • 5:36 - 5:38
    Eerste, populasie groei.
  • 5:38 - 5:40
    Tweede, ekonomiese groei.
  • 5:40 - 5:43
    Populasie groei sal meestal onder die armste mense plaasvind,
  • 5:43 - 5:45
    want hulle ervaar hoë kindersterftes
  • 5:45 - 5:47
    en hulle het baie kinders per vrou.
  • 5:47 - 5:49
    En met dit kry jy twee ekstra,
  • 5:49 - 5:51
    maar dit sal nie energie verbruik so baie verander nie.
  • 5:51 - 5:54
    Wat sal gebeur is ekonomiese groei.
  • 5:54 - 5:56
    Die beste hier in die opkomende ekonomie --
  • 5:56 - 5:58
    ek noem hulle die Nuwe Ooste --
  • 5:58 - 6:00
    hulle sal oor die luglyn spring.
  • 6:00 - 6:02
    "Wopp!"
  • 6:02 - 6:05
    En hulle sal begin om so baie soos die Ou Weste te gebruik.
  • 6:05 - 6:08
    En die mense, hulle wil 'n wasmasjien hê.
  • 6:08 - 6:10
    Soos ek gesê het: daar gaan hulle.
  • 6:10 - 6:12
    En hulle sal hul energie verbruik verdubbel.
  • 6:12 - 6:15
    En ons hoop dat die arm mense elektrise lig sal kry.
  • 6:15 - 6:17
    En hulle kry 'n twee-kind-familie sonder 'n stop in populasie groei.
  • 6:17 - 6:19
    Maar die totale energie verbruik
  • 6:19 - 6:21
    sal verhoog tot 22 eenhede.
  • 6:21 - 6:24
    En die 22 eenhede
  • 6:24 - 6:27
    steeds gebruik die rykste mense meeste daarvan.
  • 6:28 - 6:30
    So wat moet gedoen word?
  • 6:30 - 6:32
    Omdat die risiko,
  • 6:32 - 6:35
    die hoë waarskynlikheid van klimaatsverandering 'n werklikheid is.
  • 6:35 - 6:37
    Dis werklik.
  • 6:37 - 6:40
    Natuurlik moet hulle meer energiedoeltreffend wees.
  • 6:40 - 6:42
    Hulle moet hulle gedrag verander op enige manier.
  • 6:42 - 6:44
    Hulle moet ook begin om groen energie te skep,
  • 6:44 - 6:46
    baie meer groen energie.
  • 6:46 - 6:49
    Maar tot hulle dieselfde energie verbruik per persoon,
  • 6:49 - 6:51
    moet hulle nie advies gee aan ander --
  • 6:51 - 6:53
    wat om te doen en wat om nie te doen nie.
  • 6:53 - 6:55
    (Handeklap)
  • 6:55 - 6:59
    Hier kan ons meer groen energie kry van oorals.
  • 6:59 - 7:01
    Dit is wat ons hoop mag gebeur.
  • 7:01 - 7:04
    Dit is 'n werklikheid van die toekoms.
  • 7:04 - 7:07
    Maar ek kan jou verseker dat hierdie vrou in die favela in Rio,
  • 7:07 - 7:09
    sy wil 'n wasmasjien hê.
  • 7:09 - 7:12
    Sy is baie gelukkig met haar minister van energie
  • 7:12 - 7:14
    wat elektrisiteit verskaf het vir almal --
  • 7:14 - 7:17
    so gelukkig dat sy selfs vir haar gestem het.
  • 7:17 - 7:19
    En sy self word Dilma Rousseff,
  • 7:19 - 7:21
    die president kies
  • 7:21 - 7:23
    van een van die grootste demokrasies in die wereld --
  • 7:23 - 7:26
    beweeg van minister van energie tot president.
  • 7:26 - 7:28
    As jy 'n demokrasie het,
  • 7:28 - 7:30
    mense sal stem vir wasmasjiene.
  • 7:30 - 7:32
    Hulle is lief vir dit.
  • 7:34 - 7:36
    En wat is die wonder hiervan?
  • 7:36 - 7:39
    My ma verduidelik die wonder met die masjien
  • 7:39 - 7:41
    die heel, heel eerste dag.
  • 7:41 - 7:43
    Sy se, "Nou Hans,
  • 7:43 - 7:45
    ons het die wasgoed gelaai;
  • 7:45 - 7:47
    en die masjien sal die werk doen.
  • 7:47 - 7:49
    En nou kan ons biblioteek toe gaan."
  • 7:49 - 7:51
    Want dit is die wonder:
  • 7:51 - 7:53
    jy doen die wasgoed,
  • 7:53 - 7:55
    en wat kry jy uit die masjien?
  • 7:55 - 7:58
    Jy kry boeke uit die masjiene,
  • 7:58 - 8:00
    kinderboeke.
  • 8:00 - 8:02
    En my ma het tyd gehad om vir my te lees.
  • 8:02 - 8:04
    Sy was mal daaroor. Ek kry die "ABC."
  • 8:04 - 8:07
    Dit is waar ek begin het met my beroep as 'n professor,
  • 8:07 - 8:09
    wanneer my ma tyd gehad het om te lees vir my.
  • 8:09 - 8:11
    En sy het ook boeke vir haarself gekry.
  • 8:11 - 8:13
    Sy het dit reggekry om Engels te studeer
  • 8:13 - 8:15
    en dit te leer as 'n vreemde taal.
  • 8:15 - 8:17
    En sy lees soveel boeke,
  • 8:17 - 8:20
    so baie verskillende boeke hier.
  • 8:20 - 8:23
    En ons hou regtig, regtig van die masjien.
  • 8:24 - 8:27
    En wat ons gese het, my Ma en ek,
  • 8:27 - 8:30
    "Dankie industrialisering.
  • 8:30 - 8:32
    Dankie staal fabriek.
  • 8:32 - 8:34
    Dankie kragstasie.
  • 8:34 - 8:37
    En dankie chemiese industrie
  • 8:37 - 8:39
    wat ons tyd gegee het om boeke te lees."
  • 8:39 - 8:41
    Baie dankie.
  • 8:41 - 8:54
    (Handeklap)
Title:
Die towerwasmasjien
Speaker:
Hans Rosling
Description:

Wat was die grootste uitvinding van die industriële rewolusie? Hans Rosling beweer dis die wasmasjien. Met nuwe Gapminder grafieke wys Rosling vir ons wat gebeur wanneer ekonomiese groei en elektrisiteit 'n vervelige dag erander in 'n intellektuele leesdag.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
08:55
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The magic washing machine
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The magic washing machine
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The magic washing machine
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The magic washing machine
Caren Smit added a translation

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions