Die towerwasmasjien
-
0:00 - 0:02Ek was net 4 jaar oud
-
0:02 - 0:05toe ek my ma 'n wasmasjien sien laai
-
0:05 - 0:08vir die eerste keer in haar lewe.
-
0:08 - 0:10Dit was 'n wonderlike dag vir haar.
-
0:10 - 0:13My ouers het jare lank geld gespaar
-
0:13 - 0:15om die masjien te kon koop.
-
0:15 - 0:17En op die eerste dag wat dit gebruik sou word,
-
0:17 - 0:19is selfs Ouma genooi
-
0:19 - 0:21om die masjien te sien.
-
0:21 - 0:24En Ouma was selfs meer opgewonde.
-
0:24 - 0:26Regdeur haar lewe
-
0:26 - 0:28het sy water oor die vuur warm gemaak
-
0:28 - 0:30en wasgoed met die hand gewas
-
0:30 - 0:32vir sewe kinders.
-
0:32 - 0:35En nou gaan sy sien hoe
-
0:35 - 0:38elektrisiteit die werk doen.
-
0:38 - 0:42My ma maak die deur versigtig oop
-
0:42 - 0:44en sy laai die wasgoed
-
0:44 - 0:46in die masjien,
-
0:46 - 0:48as volg...
-
0:48 - 0:50En toe sy die deur toemaak,
-
0:50 - 0:52sê Ouma, "Nee, nee, nee.
-
0:52 - 0:55Laat ek die knoppie druk."
-
0:56 - 0:58En Ouma druk die knoppie
-
0:58 - 1:01en sy sê, "O, fantasties!
-
1:01 - 1:03Ek wil sien! Gee vir my 'n stoel!
-
1:03 - 1:05Gee vir my 'n stoel. Ek wil sien."
-
1:05 - 1:08En sy sit voor die masjien,
-
1:08 - 1:12en sy kyk vir die hele wasprogram.
-
1:12 - 1:14Sy was verstom.
-
1:14 - 1:17Vir my ouma,
-
1:17 - 1:20was die wasmasjien 'n wonderwerk.
-
1:20 - 1:23Vandag, in Swede en ander welaf lande,
-
1:23 - 1:25gebruik mense
-
1:25 - 1:27baie verskillende masjiene.
-
1:27 - 1:29Kyk, die huise is vol masjiene.
-
1:29 - 1:31Ek kan nie eens almal opnoem nie.
-
1:31 - 1:34En ook, wanneer hulle wil reis,
-
1:34 - 1:37gebruik hulle vlieënde masjiene
-
1:37 - 1:39wat hul vat na afgeleë bestemmings.
-
1:39 - 1:41En tog is daar so baie mense
-
1:41 - 1:44wat steeds hulle water op 'n vuur verhit,
-
1:44 - 1:47en hul kos oor vuur kook.
-
1:47 - 1:49Somtyds het hulle nie eens genoeg kos nie.
-
1:49 - 1:52En hulle lewe onder die broodlyn.
-
1:52 - 1:55Daar is twee miljard medemense
-
1:55 - 1:57wat op minder as $2 'n dag leef.
-
1:57 - 1:59En die rykste mense daar oorkant --
-
1:59 - 2:01daar is een miljard mense --
-
2:01 - 2:05hulle leef bo, wat ek noem die "luglyn,"
-
2:05 - 2:08omdat hulle meer as $80 'n dag spandeer
-
2:08 - 2:10op hulle verbruik.
-
2:10 - 2:13Maar dis slegs een, twee,
drie miljard mense, -
2:13 - 2:16terwyl daar sewe miljard mense
in die wêreld is, -
2:16 - 2:19so daar moet tussen
een en vier miljard mense wees, -
2:19 - 2:22wat tussen armoede en die luglyn leef.
-
2:22 - 2:25Hulle het elektrisiteit,
maar die vraag is: -
2:25 - 2:28Hoeveel het wasmasjiene?
-
2:28 - 2:31Ek't die data ondersoek,
-
2:31 - 2:33en gevind, inderdaad,
-
2:33 - 2:36dat die wasmasjien
tot onder die luglyn deurgedring het, -
2:36 - 2:39en vandag is daar
'n addisionele een miljard mense -
2:39 - 2:42wat bo die "waslyn" leef.
-
2:42 - 2:44(Gelag)
-
2:44 - 2:48En hulle verbruik meer as $40 per dag.
-
2:48 - 2:51So twee miljard
het toegang tot wasmasjiene. -
2:51 - 2:53En die oorblywende vyf miljard,
-
2:53 - 2:55hoe was hulle?
-
2:55 - 2:57Of, meer presies,
-
2:57 - 3:00hoe was die meeste vroue in die wêreld?
-
3:00 - 3:04Want dis harde werk vir vroue om te was.
-
3:04 - 3:07Hulle was so: met die hand.
-
3:07 - 3:11Dit is 'n harde, tydrowende arbeid,
-
3:11 - 3:14wat hulle moet doen vir ure elke week.
-
3:14 - 3:17En soms moet hulle ook
water bring van vêr af -
3:17 - 3:19om tuis te was,
-
3:19 - 3:23of hulle moet die wasgoed vat
na 'n stroompie vêr weg. -
3:23 - 3:26En hulle wil 'n wasmasjien hê.
-
3:26 - 3:29Hulle wil nie so baie
van hulle lewe spandeer -
3:29 - 3:31om harde werk te doen
-
3:31 - 3:33met so relatiewe lae produktiwiteit nie.
-
3:33 - 3:35En daar is niks anders aan hulle wens
-
3:35 - 3:37as die van my ouma nie.
-
3:37 - 3:40Kyk, twee generasies terug in Swede --
-
3:40 - 3:42skep water by die stroom,
-
3:42 - 3:45op die vuur verhit en was soos dit.
-
3:45 - 3:48Hulle wil die wasmasjien hê
op presies dieselfde manier. -
3:48 - 3:51Maar wanneer ek 'n lesing aanbied
vir omgewingbewuste studente, -
3:51 - 3:55sê hulle, "Nie almal in die wêreld
kan karre en wasmasjiene hê nie." -
3:56 - 3:58Hoe kan ons hierdie vrou vertel
-
3:58 - 4:00dat sy nie 'n wasmasjien gaan hê nie?
-
4:00 - 4:02En dan vra ek my studente,
-
4:02 - 4:04oor die laaste twee jaar:
-
4:04 - 4:06"Hoeveel van julle
gebruik nie 'n kar nie?" -
4:06 - 4:08En somige steek hulle hande trots op
-
4:08 - 4:10en sê, "Ek gebruik nie 'n kar nie."
-
4:10 - 4:12En dan vra ek die regtig moeilike vraag:
-
4:12 - 4:14"Hoeveel van julle
-
4:14 - 4:16was julle jeans en beddegoed per hand?"
-
4:16 - 4:19En niemand steek hulle hand op nie.
-
4:19 - 4:22Selfs die gehardes in die groenbeweging
-
4:22 - 4:24gebruik wasmasjiene.
-
4:24 - 4:28(Gelag)
-
4:28 - 4:30So hoekom gebruik almal dit
-
4:30 - 4:33en hulle dink ander sal dit nie stop nie?
Wat is so spesiaal hieraan? -
4:33 - 4:36Ek moes 'n analise doen
oor energie verbruik in die wêreld. -
4:36 - 4:38Hier is ons.
-
4:38 - 4:40Julle sien die sewe miljard mense daar bo:
-
4:40 - 4:42die lug mense, die was mense,
-
4:42 - 4:45die gloeilamp mense en die vuur mense.
-
4:45 - 4:47Een eenheid soos dié
-
4:47 - 4:50is 'n fossielbrandstof-eenheid:
-
4:50 - 4:52olie, steenkool of gas.
-
4:52 - 4:55Dis meeste van die
elektrisiteit en energie in die wêreld. -
4:56 - 4:59Dis 12 eenhede verbruik in die hele wêreld,
-
4:59 - 5:02en die rykste een miljard
gebruik ses daarvan. -
5:02 - 5:05Helfte van die energie is gebruik
deur een sewende van die wêreldbevolking. -
5:05 - 5:07En dié wat wasmasjiene het,
-
5:07 - 5:09maar nie 'n huis vol ander masjiene nie,
-
5:09 - 5:11hulle gebruik twee.
-
5:11 - 5:13Hierdie groep gebruik drie, een elk.
-
5:13 - 5:15En hulle het ook elektrisiteit.
-
5:15 - 5:18Daar oorkant gebruik hulle
nie eens een elk nie. -
5:18 - 5:20Dit maak 12 van hulle.
-
5:20 - 5:22Maar die hoof bekommernis
-
5:22 - 5:25vir die omgewing-belangstellende studente
-- en hulle is reg -- -
5:25 - 5:27is oor die toekoms.
-
5:27 - 5:30Wat is die tendense?
As ons net die tendense uitrek, -
5:30 - 5:33sonder enige gevorderde analise, tot 2050,
-
5:33 - 5:36is daar twee dinge
wat energieverbruik kan verhoog. -
5:36 - 5:38Eerste, bevolkingsgroei.
-
5:38 - 5:40Tweede, ekonomiese groei.
-
5:40 - 5:43Bevolkingsgroei sal hoofsaaklik
onder die armste mense plaasvind, -
5:43 - 5:45want hulle ervaar hoë kindersterftes
-
5:45 - 5:47en hulle het baie kinders per vrou.
-
5:47 - 5:49En met dit kry jy twee ekstra,
-
5:49 - 5:51maar dit sal nie energieverbruik
so baie verander nie. -
5:51 - 5:54Wat sal gebeur is ekonomiese groei.
-
5:54 - 5:56Die beste hier in die opkomende ekonomieë --
-
5:56 - 5:58ek noem hulle die Nuwe Ooste --
-
5:58 - 6:00hulle sal oor die luglyn spring.
-
6:00 - 6:02"Wopp!"
-
6:02 - 6:05En hulle sal begin om so baie
soos die Ou Weste te gebruik. -
6:05 - 6:08En dié mense, hulle wil 'n wasmasjien hê.
-
6:08 - 6:10Soos ek gesê het: daar gaan hulle.
-
6:10 - 6:12En hulle energieverbruik sal verdubbel.
-
6:12 - 6:15En ons hoop dat die arm mense
elektriese lig sal kry. -
6:15 - 6:17En hulle kry 'n twee-kind-familie
sonder 'n stop in bevolkingsgroei. -
6:17 - 6:19Maar die totale energieverbruik
-
6:19 - 6:21sal verhoog tot 22 eenhede.
-
6:21 - 6:24En die 22 eenhede --
-
6:24 - 6:27steeds gebruik die rykste mense die meeste.
-
6:28 - 6:30So wat moet gedoen word?
-
6:30 - 6:32Omdat die risiko,
-
6:32 - 6:35die hoë waarskynlikheid
van klimaatsverandering, 'n werklikheid is. -
6:35 - 6:37Dis werklik.
-
6:37 - 6:40Natuurlik moet hulle
meer energiedoeltreffend wees. -
6:40 - 6:42Hulle moet gedrag verander op 'n manier.
-
6:42 - 6:44Hulle moet ook begin
groen energie produseer, -
6:44 - 6:46baie meer groen energie.
-
6:46 - 6:49Maar tot hulle dieselfde
energieverbruik per persoon het, -
6:49 - 6:51moet hulle nie raad gee aan ander --
-
6:51 - 6:53wat om te doen en wat om nie te doen nie.
-
6:53 - 6:55(Applous)
-
6:55 - 6:59Hier kan ons
meer groen energie kry van orals. -
6:59 - 7:01Dis wat ons hoop mag gebeur.
-
7:01 - 7:04Dis 'n werklike toekomsuitdaging.
-
7:04 - 7:07Maar ek verseker julle dat hierdie vrou
in die favela in Rio, -
7:07 - 7:09sy wil 'n wasmasjien hê.
-
7:09 - 7:12Sy's baie gelukkig
met haar minister van energie -
7:12 - 7:14wat elektrisiteit vir almal verskaf het --
-
7:14 - 7:17so gelukkig dat sy vir haar gestem het.
-
7:17 - 7:19En sy self word Dilma Rousseff,
-
7:19 - 7:21die pas gekose president
-
7:21 - 7:23van een van die
grootste demokrasieë in die wêreld -- -
7:23 - 7:26beweeg van minister van energie tot president.
-
7:26 - 7:28As jy 'n demokrasie het,
-
7:28 - 7:30sal mense stem vir wasmasjiene.
-
7:30 - 7:32Hulle is lief vir dit.
-
7:34 - 7:36En wat is die wonder hiervan?
-
7:36 - 7:39My ma verduidelik
die wonder van die masjien -
7:39 - 7:41die heel, heel eerste dag.
-
7:41 - 7:43Sy sê, "Nou Hans,
-
7:43 - 7:45ons het die wasgoed gelaai.
-
7:45 - 7:47Die masjien sal die werk doen.
-
7:47 - 7:49En nou kan ons biblioteek toe gaan."
-
7:49 - 7:51Want dit is die wonder:
-
7:51 - 7:53jy doen die wasgoed,
-
7:53 - 7:55en wat kry jy uit die masjien?
-
7:55 - 7:58Jy kry boeke uit die masjiene,
-
7:58 - 8:00kinderboeke.
-
8:00 - 8:02En my ma't tyd gehad om vir my te lees.
-
8:02 - 8:04Sy was mal daaroor. Ek kry die "ABC."
-
8:04 - 8:07Dis waar my beroep as professor begin het,
-
8:07 - 8:09toe my ma tyd gehad het om vir my te lees.
-
8:09 - 8:11En sy't ook boeke vir haarself gekry.
-
8:11 - 8:13Sy't dit reggekry om Engels te studeer
-
8:13 - 8:15en dit te leer as 'n vreemde taal.
-
8:15 - 8:17En sy lees soveel boeke,
-
8:17 - 8:20so baie verskillende boeke hier.
-
8:20 - 8:23En ons hou baie, baie van die masjien.
-
8:24 - 8:27En wat ons gesê het, my ma en ek, is:
-
8:27 - 8:30"Dankie, industrialisasie.
-
8:30 - 8:32Dankie, staalplettery.
-
8:32 - 8:34Dankie, kragstasie.
-
8:34 - 8:37En dankie, chemiese industrie
-
8:37 - 8:39wat ons tyd gegee het om boeke te lees."
-
8:39 - 8:41Baie dankie.
-
8:41 - 8:54(Applous)
- Title:
- Die towerwasmasjien
- Speaker:
- Hans Rosling
- Description:
-
more » « less
Wat was die grootste uitvinding van die Industriële Rewolusie? Hans Rosling beweer dis die wasmasjien. Met nuwe Gapminder grafieke wys Rosling vir ons die towerkrag wat verskyn wanneer ekonomiese groei en elektrisiteit 'n vervelige wasdag in 'n intellektuele leesdag verander.
- Video Language:
- English
- Team:
closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 08:55
| Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The magic washing machine | ||
| Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The magic washing machine | ||
| Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The magic washing machine | ||
| Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for The magic washing machine | ||
| Caren Smit added a translation |