Insigte in MIV deur indrukwekkende databeelde
-
0:00 - 0:05(Applous)
-
0:06 - 0:11Vigs is in 1981 ontdek; die virus -- 1983.
-
0:11 - 0:13Hierdie Gapminder borrels wys
-
0:13 - 0:17hoe die virus in 1983
wêreldwyd versprei was, -
0:17 - 0:19of hoe ons benader dit was.
-
0:19 - 0:21Wat ons hier wys is --
-
0:21 - 0:28op dié as dui ek die persentasie
besmette volwassenes aan. -
0:28 - 0:33En hier, inkomste in dollar per persoon.
-
0:33 - 0:37En die grootte van die borrels hier
-
0:37 - 0:40wys hoeveel besmet is in elke land,
-
0:40 - 0:42en die kleur is die vasteland.
-
0:42 - 0:44Julle kan sien die VSA het, in 1983,
-
0:44 - 0:47’n baie lae persentasie infeksies gehad,
-
0:47 - 0:51maar a.g.v. die groot bevolking,
is dit steeds ’n wesenlike borrel. -
0:51 - 0:54Nogal heelwat mense was besmet in die VSA.
-
0:54 - 0:56En, hier bo, sien julle Uganda.
-
0:56 - 0:59Hulle't amper vyf persent gehad,
-
0:59 - 1:02en nogal ’n groot borrel,
al was dit toe nog ’n klein land. -
1:02 - 1:07En hulle was waarskynlik
die mees besmette land ter wêreld. -
1:07 - 1:09Nou, wat het gebeur?
-
1:09 - 1:11Nou dat julle die grafiek verstaan,
-
1:11 - 1:14en nou, in die volgende 60 sekondes,
-
1:14 - 1:17sal ons die MIV-epidemie
oor die wêreld afspeel. -
1:17 - 1:20Maar eers, het ek ’n nuwe uitvinding hier.
-
1:22 - 1:25(Gelag)
-
1:27 - 1:31Ek het die straal
van die laserwyser gesoliedifiseer. -
1:31 - 1:34(Gelag)
-
1:34 - 1:37(Applous)
-
1:40 - 1:44So, op julle merke, gereed, weg!
-
1:44 - 1:48Eerste, het ons die vinnige styging
in Uganda en Zimbabwe. -
1:48 - 1:50Hulle het opgegaan soos dit.
-
1:50 - 1:54In Asië, was Thailand
die eerste erg besmette land. -
1:54 - 1:56Hulle het een tot twee persent bereik.
-
1:56 - 1:58Toe het Uganda begin terugdraai,
-
1:58 - 2:00terwyl Zimbabwe uitgeskiet het,
-
2:00 - 2:04en so paar jaar later het Suid-Afrika
’n vreeslike styging in MIV-frekwensie gehad. -
2:04 - 2:06Kyk, Indië het baie besmet gehad,
-
2:06 - 2:08maar met ’n lae vlak.
-
2:08 - 2:10En omtrent dieselfde gebeur hier.
-
2:10 - 2:13Sien, Uganda kom af, Zimbabwe kom af,
-
2:13 - 2:15Rusland het tot by een persent gegaan.
-
2:15 - 2:18In die laaste twee tot drie jaar,
-
2:18 - 2:22het ons ’n bestendige toestand
in die wêreld se MIV-epidemie bereik. -
2:22 - 2:25Dit het 25 jaar geneem.
-
2:25 - 2:28Maar, bestendigheid beteken nie
dat dinge beter word nie, -
2:28 - 2:31dis net dat dit ophou erger word het.
-
2:31 - 2:35Die bestendige toestand is, min of meer,
-
2:35 - 2:39een persent van die volwasse wêreldbevolking
wat MIV-besmet is. -
2:39 - 2:42Dit beteken 30 tot 40 miljoen mense,
-
2:42 - 2:44die hele Kalifornië, elke persoon,
-
2:44 - 2:46is min of meer wat ons het
in die wêreld vandag. -
2:46 - 2:51Laat ek Botswana
weer ’n keer vinnig deurspeel. -
2:51 - 2:55Botswana -- hoër-middelinkomste land
in suider-Afrika, -
2:55 - 2:58demokratiese regering, goeie ekonomie,
-
2:58 - 3:00en dis wat daar gebeur het.
-
3:00 - 3:02Hulle't laag begin, toe uitgeskiet,
-
3:02 - 3:05hulle't daar bo gepiek in 2003,
-
3:05 - 3:07en nou is hulle af.
-
3:07 - 3:09Maar hulle val net stadig-stadig,
-
3:09 - 3:11want in Botswana,
met ’n goeie ekonomie en regering, -
3:11 - 3:14kan hulle dit bybring
om mense te behandel. -
3:14 - 3:17En as besmette mense behandel word,
sterf hulle nie aan vigs nie. -
3:17 - 3:20Hierdie persentasies sal nie daal nie,
-
3:20 - 3:22want mense kan oorleef vir 10 tot 20 jaar.
-
3:22 - 3:25So daar's nou ’n probleem
met hierdie maatstawwe. -
3:25 - 3:29Maar die armer lande in Afrika,
die lae-inkomste lande hier onder, -
3:29 - 3:35daar val die infeksiekoers vinniger,
-
3:35 - 3:37want mense sterf steeds.
-
3:37 - 3:40Ten spyte van die vrygewige PEPFAR,
-
3:40 - 3:43word almal nie deur behandeling bereik nie,
-
3:43 - 3:45en van dié wat deur behandeling
bereik word in die arm lande, -
3:45 - 3:48ontvang slegs 60 persent
ná twee jaar steeds behandeling. -
3:48 - 3:52Lewenslange behandeling is nie realisties
-
3:52 - 3:54vir almal in die armste lande nie.
-
3:54 - 3:57Maar dis baie goed dat wat gedoen word,
wel gedoen word. -
3:57 - 4:01Maar die fokus is nou terug op voorkoming.
-
4:01 - 4:04Slegs deur oordrag stop te sit
-
4:04 - 4:07sal die wêreld dit kan baasraak.
-
4:07 - 4:09Medisyne is te duur --
as ons die entstof gehad het, -
4:09 - 4:12of wanneer ons dit kry,
dis iets meer effektief -- -
4:12 - 4:14maar die medisyne is baie duur vir armes.
-
4:14 - 4:16Nie die medisyne self nie,
maar die behandeling -
4:16 - 4:18en die sorg wat daar rondom nodig is.
-
4:20 - 4:23So, as ons na die patroon kyk,
-
4:23 - 4:25kom een ding duidelik na vore:
-
4:25 - 4:27julle sien die blou borrels
-
4:27 - 4:29en mense sê MIV is baie hoog in Afrika.
-
4:29 - 4:32Ek sou sê, MIV is baie ánders in Afrika.
-
4:32 - 4:36’n Mens sal die hoogste
MIV-koers ter wêreld -
4:36 - 4:38in Afrikalande kry,
-
4:38 - 4:40en tog het Senegal, hier onder,
-
4:40 - 4:42dieselfde koers as die VSA.
-
4:42 - 4:44En julle sal Madagaskar kry,
-
4:44 - 4:46en baie Afrikalande kry
-
4:46 - 4:49wat omtrent so laag is
soos die res van die wêreld. -
4:49 - 4:53Dis hierdie vreeslike vereenvoudiging
dat daar een Afrika is, -
4:53 - 4:55en dat dinge op een manier werk in Afrika.
-
4:55 - 4:57Ons moet ophou daarmee.
-
4:57 - 5:00Dis nie respekvol nie,
en dis nie baie slim -
5:00 - 5:02om so te dink nie.
-
5:02 - 5:06(Applous)
-
5:06 - 5:09Ek was bevooreg om vir ’n ruk
in die VSA te woon en werk. -
5:09 - 5:13Ek het agtergekom dat Salt Lake City
en San Francisco baie verskillend is. -
5:13 - 5:15(Gelag)
-
5:15 - 5:18En so is dit in Afrika --
daar's baie verskille. -
5:18 - 5:20So, hoekom is dit so hoog? Is dit oorlog?
-
5:20 - 5:22Nee, dit is nie. Kyk hier.
-
5:22 - 5:25Die oorloggeteisterde Kongo is hier onder --
twee, drie, vier persent. -
5:25 - 5:29En hierdie is vreedsame Zambië,
naburige land -- 15 persent. -
5:29 - 5:32Daar's goeie studies van die vlugtelinge
wat uit die Kongo kom -- -
5:32 - 5:34twee, drie persent is besmet,
-
5:34 - 5:36en vreedsame Zambië -- baie hoër.
-
5:36 - 5:38Daar is nou studies wat duidelik aandui
-
5:38 - 5:41dat die oorloë aaklig is,
dat verkragtings aaklig is, -
5:41 - 5:44maar dis nie die dryfkrag
vir die hoë vlakke in Afrika nie. -
5:44 - 5:46So, is dit armoede?
-
5:46 - 5:48Wel, as ’n mens kyk op die makrovlak,
-
5:48 - 5:50blyk dit meer geld, meer MIV.
-
5:50 - 5:53Maar dis baie simplisties,
-
5:53 - 5:55so kom ons gaan af en kyk na Tanzanië.
-
5:55 - 5:59Ek deel Tanzanië in vyf inkomstegroepe op,
-
5:59 - 6:01van die hoogste na die laagste inkomste,
-
6:01 - 6:03en hier gaan ons.
-
6:03 - 6:06Dié met die hoogste inkomste,
ek sou wel nie sê ryk nie, -
6:06 - 6:08hulle het hoër MIV.
-
6:08 - 6:11Die verskil gaan van 11 persent af
tot by vier persent, -
6:11 - 6:13en dis selfs groter onder vroue.
-
6:13 - 6:17Daar's baie dinge wat ons gedink het
wat nou, deur navorsing, -
6:17 - 6:20gedoen deur Afrika-instansies en -navorsers
-
6:20 - 6:23saam met internasionale navorsers,
wys dat dit nie die geval is nie. -
6:23 - 6:25So, hierdie is die verskil binne Tanzanië.
-
6:25 - 6:27En, ek moet Kenia wys.
-
6:27 - 6:29Kyk hier na Kenia.
-
6:29 - 6:31Ek het Kenia in provinsies opgedeel.
-
6:31 - 6:33Hier gaan dit.
-
6:33 - 6:36Kyk die verskil binne een Afrikaland --
-
6:36 - 6:39dit gaan van ’n baie lae tot by
’n baie hoë vlak, -
6:39 - 6:42en die meeste van die provinsies in Kenia
is betreklik beskeie. -
6:42 - 6:44So, wat is dit dan?
-
6:44 - 6:48Hoekom sien ons hierdie
vreeslike hoë vlakke in sommige lande? -
6:48 - 6:51Wel, dis meer algemeen
met meer as een seksmaat, -
6:51 - 6:54kondoomgebruik is minder algemeen,
-
6:54 - 6:57en daar is ouderdom-disparate seks --
-
6:57 - 7:00dit is, ouer mans is geneig
om met jonger vroue seks te hê. -
7:00 - 7:03Ons sien ’n hoër koers
in jonger vroue as jonger mans -
7:03 - 7:05in baie van hierdie
erg geaffekteerde lande. -
7:05 - 7:07Maar waar is hulle geleë?
-
7:07 - 7:09Ek sal die borrels op ’n kaart sit.
-
7:09 - 7:13Kyk, die hoogs geïnfekteerdes
is vier persent van die hele bevolking -
7:13 - 7:16en hulle hou 50 persent
van die MIV-geïnfekteerdes. -
7:16 - 7:19MIV bestaan regoor die wêreld.
-
7:19 - 7:21Daar's borrels regoor die wêreld hier.
-
7:21 - 7:24Brasilië het baie MIV-geïnfekteerdes.
-
7:24 - 7:27Arabiese lande nie so veel nie,
maar Iran is nogal hoog. -
7:27 - 7:31Hulle het heroïnverslawing
en ook prostitusie in Iran. -
7:31 - 7:33Indië het baie want daar is baie.
-
7:33 - 7:35Suid-oos Asië, en so aan.
-
7:35 - 7:37Maar, daar is een deel van Afrika --
-
7:37 - 7:39en die moeilike ding is, terselftertyd,
-
7:39 - 7:43om nie ’n eenvormige uitspraak
oor Afrika te maak nie, -
7:43 - 7:47om nie met simpel idees voorendag te kom
oor hoekom dit so is, aan die een kant. -
7:47 - 7:50En aan die ander kant, om te erken
dat dit ’n ernstige geval is, -
7:50 - 7:54want daar is nou wetenskaplike konsensus
oor hierdie patroon. -
7:54 - 7:57VNVIGS het, uiteindelik,
goeie data beskikbaar gestel, -
7:57 - 8:00oor die verspreiding van MIV.
-
8:00 - 8:03Dit kan samelopendheid wees.
-
8:03 - 8:06Dit kan sekere virustipes wees.
-
8:06 - 8:10Dit kan wees dat daar ander dinge is
-
8:10 - 8:13wat oordrag teen ’n hoër frekwensie
laat voorkom. -
8:13 - 8:16Dis immers so dat as ’n mens heeltemal gesond is
en jy hê heteroseksuele seks, -
8:16 - 8:21is die infeksierisiko tydens een omgang
een in ’n 1000. -
8:21 - 8:23Moenie haastige gevolgtrekkings maak nie,
-
8:23 - 8:25gedra julleself vanaand en so aan.
-
8:25 - 8:27(Gelag)
-
8:27 - 8:30Maar as jy in ’n ongunstige situasie is,
-
8:30 - 8:33meer seksueeloordraaglike siektes,
kan dit een in ’n 100 wees. -
8:33 - 8:36Maar wat ons dink dit kan wees,
is samelopendheid. -
8:36 - 8:38En wat is samelopendheid?
-
8:38 - 8:40In Swede het ons geen samelopendheid nie.
-
8:40 - 8:42Ons het reeks-monogamie.
-
8:42 - 8:44Vodka, Oujaarsaand --
’n nuwe maat vir die lente. -
8:44 - 8:46Vodka, Midsomersaand --
’n nuwe maat vir die herfs. -
8:46 - 8:48Vodka -- en so gaan dit aan, julle weet?
-
8:48 - 8:51En jy versamel ’n groot aantal ekse.
-
8:51 - 8:53En ons het ’n vreeslike
chlamidia-epidemie -- -
8:53 - 8:57’n vreeslike chlamidia-epidemie
wat vir baie jare rondhang. -
8:57 - 9:00MIV bereik drie tot ses weke
na infeksie ’n piek -
9:00 - 9:03en dus, is om meer as een seksmaat
in een maand te hê -
9:03 - 9:06baie meer gevaarlik in MIV-oordrag
as met ander infeksies. -
9:06 - 9:08Waarskynlik, is dit ’n kombinasie hiervan.
-
9:08 - 9:11En wat my so gelukkig maak
is dat ons nou in die rigting van -
9:11 - 9:13feite beweeg wanneer ons hierna kyk.
-
9:13 - 9:15En julle kry hierdie grafiek, pasella.
-
9:15 - 9:18Ons het VNVIGS data
op Gapminder.org opgelaai. -
9:18 - 9:22En ons hoop dat wanneer ons in die toekoms
op globale probleme reageer -
9:22 - 9:25ons nie net die hart sal hê nie,
-
9:25 - 9:27nie net die geld sal hê nie,
-
9:27 - 9:30maar dat ons ook die brein sal inspan.
-
9:30 - 9:32Baie dankie.
-
9:32 - 9:38(Applous)
- Title:
- Insigte in MIV deur indrukwekkende databeelde
- Speaker:
- Hans Rosling
- Description:
-
Hans Rosling onthul nuwe databeelde wat die komplekse risikofaktore van een van die wêreld se dodelikste (en mees misverstaande) siektes -- MIV -- duidelik maak. Hy voer aan dat die voorkoming van oordrag -- nie medisinale behandeling nie -- die sleutel tot die beëindiging van die epidemie is.
- Video Language:
- English
- Team:
- closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 09:41
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Insights on HIV, in stunning data visuals | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Insights on HIV, in stunning data visuals | ||
Ingrid Lezar added a translation |