(Applous)
Vigs is in 1981 ontdek; die virus -- 1983.
Hierdie Gapminder borrels wys
hoe die virus in 1983
wêreldwyd versprei was,
of hoe ons benader dit was.
Wat ons hier wys is --
op dié as dui ek die persentasie
besmette volwassenes aan.
En hier, inkomste in dollar per persoon.
En die grootte van die borrels hier
wys hoeveel besmet is in elke land,
en die kleur is die vasteland.
Julle kan sien die VSA het, in 1983,
’n baie lae persentasie infeksies gehad,
maar a.g.v. die groot bevolking,
is dit steeds ’n wesenlike borrel.
Nogal heelwat mense was besmet in die VSA.
En, hier bo, sien julle Uganda.
Hulle't amper vyf persent gehad,
en nogal ’n groot borrel,
al was dit toe nog ’n klein land.
En hulle was waarskynlik
die mees besmette land ter wêreld.
Nou, wat het gebeur?
Nou dat julle die grafiek verstaan,
en nou, in die volgende 60 sekondes,
sal ons die MIV-epidemie
oor die wêreld afspeel.
Maar eers, het ek ’n nuwe uitvinding hier.
(Gelag)
Ek het die straal
van die laserwyser gesoliedifiseer.
(Gelag)
(Applous)
So, op julle merke, gereed, weg!
Eerste, het ons die vinnige styging
in Uganda en Zimbabwe.
Hulle het opgegaan soos dit.
In Asië, was Thailand
die eerste erg besmette land.
Hulle het een tot twee persent bereik.
Toe het Uganda begin terugdraai,
terwyl Zimbabwe uitgeskiet het,
en so paar jaar later het Suid-Afrika
’n vreeslike styging in MIV-frekwensie gehad.
Kyk, Indië het baie besmet gehad,
maar met ’n lae vlak.
En omtrent dieselfde gebeur hier.
Sien, Uganda kom af, Zimbabwe kom af,
Rusland het tot by een persent gegaan.
In die laaste twee tot drie jaar,
het ons ’n bestendige toestand
in die wêreld se MIV-epidemie bereik.
Dit het 25 jaar geneem.
Maar, bestendigheid beteken nie
dat dinge beter word nie,
dis net dat dit ophou erger word het.
Die bestendige toestand is, min of meer,
een persent van die volwasse wêreldbevolking
wat MIV-besmet is.
Dit beteken 30 tot 40 miljoen mense,
die hele Kalifornië, elke persoon,
is min of meer wat ons het
in die wêreld vandag.
Laat ek Botswana
weer ’n keer vinnig deurspeel.
Botswana -- hoër-middelinkomste land
in suider-Afrika,
demokratiese regering, goeie ekonomie,
en dis wat daar gebeur het.
Hulle't laag begin, toe uitgeskiet,
hulle't daar bo gepiek in 2003,
en nou is hulle af.
Maar hulle val net stadig-stadig,
want in Botswana,
met ’n goeie ekonomie en regering,
kan hulle dit bybring
om mense te behandel.
En as besmette mense behandel word,
sterf hulle nie aan vigs nie.
Hierdie persentasies sal nie daal nie,
want mense kan oorleef vir 10 tot 20 jaar.
So daar's nou ’n probleem
met hierdie maatstawwe.
Maar die armer lande in Afrika,
die lae-inkomste lande hier onder,
daar val die infeksiekoers vinniger,
want mense sterf steeds.
Ten spyte van die vrygewige PEPFAR,
word almal nie deur behandeling bereik nie,
en van dié wat deur behandeling
bereik word in die arm lande,
ontvang slegs 60 persent
ná twee jaar steeds behandeling.
Lewenslange behandeling is nie realisties
vir almal in die armste lande nie.
Maar dis baie goed dat wat gedoen word,
wel gedoen word.
Maar die fokus is nou terug op voorkoming.
Slegs deur oordrag stop te sit
sal die wêreld dit kan baasraak.
Medisyne is te duur --
as ons die entstof gehad het,
of wanneer ons dit kry,
dis iets meer effektief --
maar die medisyne is baie duur vir armes.
Nie die medisyne self nie,
maar die behandeling
en die sorg wat daar rondom nodig is.
So, as ons na die patroon kyk,
kom een ding duidelik na vore:
julle sien die blou borrels
en mense sê MIV is baie hoog in Afrika.
Ek sou sê, MIV is baie ánders in Afrika.
’n Mens sal die hoogste
MIV-koers ter wêreld
in Afrikalande kry,
en tog het Senegal, hier onder,
dieselfde koers as die VSA.
En julle sal Madagaskar kry,
en baie Afrikalande kry
wat omtrent so laag is
soos die res van die wêreld.
Dis hierdie vreeslike vereenvoudiging
dat daar een Afrika is,
en dat dinge op een manier werk in Afrika.
Ons moet ophou daarmee.
Dis nie respekvol nie,
en dis nie baie slim
om so te dink nie.
(Applous)
Ek was bevooreg om vir ’n ruk
in die VSA te woon en werk.
Ek het agtergekom dat Salt Lake City
en San Francisco baie verskillend is.
(Gelag)
En so is dit in Afrika --
daar's baie verskille.
So, hoekom is dit so hoog? Is dit oorlog?
Nee, dit is nie. Kyk hier.
Die oorloggeteisterde Kongo is hier onder --
twee, drie, vier persent.
En hierdie is vreedsame Zambië,
naburige land -- 15 persent.
Daar's goeie studies van die vlugtelinge
wat uit die Kongo kom --
twee, drie persent is besmet,
en vreedsame Zambië -- baie hoër.
Daar is nou studies wat duidelik aandui
dat die oorloë aaklig is,
dat verkragtings aaklig is,
maar dis nie die dryfkrag
vir die hoë vlakke in Afrika nie.
So, is dit armoede?
Wel, as ’n mens kyk op die makrovlak,
blyk dit meer geld, meer MIV.
Maar dis baie simplisties,
so kom ons gaan af en kyk na Tanzanië.
Ek deel Tanzanië in vyf inkomstegroepe op,
van die hoogste na die laagste inkomste,
en hier gaan ons.
Dié met die hoogste inkomste,
ek sou wel nie sê ryk nie,
hulle het hoër MIV.
Die verskil gaan van 11 persent af
tot by vier persent,
en dis selfs groter onder vroue.
Daar's baie dinge wat ons gedink het
wat nou, deur navorsing,
gedoen deur Afrika-instansies en -navorsers
saam met internasionale navorsers,
wys dat dit nie die geval is nie.
So, hierdie is die verskil binne Tanzanië.
En, ek moet Kenia wys.
Kyk hier na Kenia.
Ek het Kenia in provinsies opgedeel.
Hier gaan dit.
Kyk die verskil binne een Afrikaland --
dit gaan van ’n baie lae tot by
’n baie hoë vlak,
en die meeste van die provinsies in Kenia
is betreklik beskeie.
So, wat is dit dan?
Hoekom sien ons hierdie
vreeslike hoë vlakke in sommige lande?
Wel, dis meer algemeen
met meer as een seksmaat,
kondoomgebruik is minder algemeen,
en daar is ouderdom-disparate seks --
dit is, ouer mans is geneig
om met jonger vroue seks te hê.
Ons sien ’n hoër koers
in jonger vroue as jonger mans
in baie van hierdie
erg geaffekteerde lande.
Maar waar is hulle geleë?
Ek sal die borrels op ’n kaart sit.
Kyk, die hoogs geïnfekteerdes
is vier persent van die hele bevolking
en hulle hou 50 persent
van die MIV-geïnfekteerdes.
MIV bestaan regoor die wêreld.
Daar's borrels regoor die wêreld hier.
Brasilië het baie MIV-geïnfekteerdes.
Arabiese lande nie so veel nie,
maar Iran is nogal hoog.
Hulle het heroïnverslawing
en ook prostitusie in Iran.
Indië het baie want daar is baie.
Suid-oos Asië, en so aan.
Maar, daar is een deel van Afrika --
en die moeilike ding is, terselftertyd,
om nie ’n eenvormige uitspraak
oor Afrika te maak nie,
om nie met simpel idees voorendag te kom
oor hoekom dit so is, aan die een kant.
En aan die ander kant, om te erken
dat dit ’n ernstige geval is,
want daar is nou wetenskaplike konsensus
oor hierdie patroon.
VNVIGS het, uiteindelik,
goeie data beskikbaar gestel,
oor die verspreiding van MIV.
Dit kan samelopendheid wees.
Dit kan sekere virustipes wees.
Dit kan wees dat daar ander dinge is
wat oordrag teen ’n hoër frekwensie
laat voorkom.
Dis immers so dat as ’n mens heeltemal gesond is
en jy hê heteroseksuele seks,
is die infeksierisiko tydens een omgang
een in ’n 1000.
Moenie haastige gevolgtrekkings maak nie,
gedra julleself vanaand en so aan.
(Gelag)
Maar as jy in ’n ongunstige situasie is,
meer seksueeloordraaglike siektes,
kan dit een in ’n 100 wees.
Maar wat ons dink dit kan wees,
is samelopendheid.
En wat is samelopendheid?
In Swede het ons geen samelopendheid nie.
Ons het reeks-monogamie.
Vodka, Oujaarsaand --
’n nuwe maat vir die lente.
Vodka, Midsomersaand --
’n nuwe maat vir die herfs.
Vodka -- en so gaan dit aan, julle weet?
En jy versamel ’n groot aantal ekse.
En ons het ’n vreeslike
chlamidia-epidemie --
’n vreeslike chlamidia-epidemie
wat vir baie jare rondhang.
MIV bereik drie tot ses weke
na infeksie ’n piek
en dus, is om meer as een seksmaat
in een maand te hê
baie meer gevaarlik in MIV-oordrag
as met ander infeksies.
Waarskynlik, is dit ’n kombinasie hiervan.
En wat my so gelukkig maak
is dat ons nou in die rigting van
feite beweeg wanneer ons hierna kyk.
En julle kry hierdie grafiek, pasella.
Ons het VNVIGS data
op Gapminder.org opgelaai.
En ons hoop dat wanneer ons in die toekoms
op globale probleme reageer
ons nie net die hart sal hê nie,
nie net die geld sal hê nie,
maar dat ons ook die brein sal inspan.
Baie dankie.
(Applous)