< Return to Video

Statistiek voor rekenmetodes!

  • 0:00 - 0:03
    Sou President Obama
  • 0:03 - 0:08
    my nooi om die volgende
    Tsar van Wiskunde te wees,
  • 0:08 - 0:10
    sou ek ’n voorstel aan hom maak
  • 0:10 - 0:12
    wat ek dink ’n reuse verbetering sou maak
  • 0:12 - 0:15
    aan wiskunde-opvoeding in die VSA.
  • 0:15 - 0:17
    Dit sou maklik wees om te implementeer,
  • 0:17 - 0:19
    sonder groot onkoste.
  • 0:19 - 0:22
    Ons bestaande wiskunde-kurrikulum
  • 0:22 - 0:25
    is op rekenkunde en algebra gebaseer.
  • 0:25 - 0:27
    En alles wat ons daarna leer
  • 0:27 - 0:31
    bou op na een vak toe.
  • 0:31 - 0:35
    Die toppunt van die piramiede
    is differensiasie en integrasie.
  • 0:35 - 0:36
    Ek is hier om te sê
  • 0:36 - 0:40
    dat ek dink dit die verkeerde
    toppunt vir die piramiede is ...
  • 0:40 - 0:42
    en dat die korrekte piek,
    wat al ons leerders --
  • 0:42 - 0:45
    elke hoërskoolleerder --
    behoort te verstaan,
  • 0:45 - 0:47
    statistiek behoort te wees:
  • 0:47 - 0:49
    waarskynlikheid en statistiek.
  • 0:49 - 0:52
    (Applous)
  • 0:52 - 0:53
    Moet my nie verkeerd verstaan nie.
  • 0:53 - 0:55
    Integrasie-rekenkunde
    is belangrik.
  • 0:55 - 0:57
    Dis ’n groot prestasie
    van die menslike intellek.
  • 0:57 - 1:01
    The natuurwette is in die taal
    van integrasie-rekenkunde geskryf.
  • 1:01 - 1:05
    En elke student wat wiskunde, wetenskap,
    ingenieurswese of ekonomie studeer
  • 1:05 - 1:07
    behoort beslis integrasie-rekenkunde
  • 1:07 - 1:09
    tydens hulle eerste jaar
    op universiteit te leer.
  • 1:09 - 1:13
    Maar ek is hier, as ’n
    wiskundeprofessor, om te sê,
  • 1:13 - 1:16
    dat bitter min mense werklik
    integrasie-rekenkunde
  • 1:16 - 1:20
    bewus en betekenisvol in
    hul daaglikse lewens gebruik.
  • 1:20 - 1:24
    Statistiek is egter ’n vak wat jy daagliks
  • 1:24 - 1:27
    kan en behoort te gebruik. Nè?
  • 1:27 - 1:30
    Dis risiko. Dis vergoeding.
    Dis willekeurigheid.
  • 1:30 - 1:32
    Dis die verstaan van data.
  • 1:32 - 1:35
    Ek dink as ons leerders,
    as ons hoërskoolleerders --
  • 1:35 - 1:36
    as alle Amerikaanse burgers --
  • 1:36 - 1:39
    waarskynlikheid en statistiek geken het,
  • 1:39 - 1:42
    sou ons nie nou in hierdie
    ekonomiese verknorsing gewees het nie.
  • 1:42 - 1:45
    Nie net -- dankie -- nie net dit nie ...
  • 1:45 - 1:49
    [maar ook] korrek aangebied,
    kan dit baie pret wees.
  • 1:49 - 1:51
    Ek bedoel, waarskynlikheid en statistiek,
  • 1:51 - 1:54
    dis die wiskunde van speletjies en dobbel.
  • 1:54 - 1:58
    Dis die ontleding van tendense.
    Dis toekomsvoorspelling.
  • 1:58 - 2:01
    Kyk, die wêreld het verander,
  • 2:01 - 2:03
    van analoog na digitaal.
  • 2:03 - 2:06
    En dis tyd dat ons wiskunde-kurrikulum
    om te verander,
  • 2:06 - 2:08
    van analoog na digitaal.
  • 2:08 - 2:12
    Van die meer klassieke,
    aaneenlopende wiskunde,
  • 2:12 - 2:15
    na die meer moderne, spesifieke wiskunde.
  • 2:15 - 2:17
    Die wiskunde van onsekerheid,
  • 2:17 - 2:19
    van willekeurigheid, van data --
  • 2:19 - 2:22
    dit is waarskynlikheid en statistiek.
  • 2:22 - 2:25
    Om op te som, instede daarvan dat leerders
  • 2:25 - 2:27
    die tegnieke van
    integrasie-rekenkunde leer,
  • 2:27 - 2:31
    sou dit veel betekenisvoller wees,
    as hulle almal sou weet
  • 2:31 - 2:35
    wat twee standaardafwykings
    van die gemiddeld beteken.
  • 2:35 - 2:36
    En ek sal nie daarvan afwyk nie!
  • 2:36 - 2:38
    Baie dankie.
  • 2:38 - 2:41
    (Applous)
Title:
Statistiek voor rekenmetodes!
Speaker:
Arthur Benjamin
Description:

Daar's altyd iemand wat die wiskunde-onderwyser vra: "Gaan ek ooit integrasie rekenkunde in die regte lewe gebruik?" En volgens Arthur Benjamin is die antwoord vir die meeste van ons "nee." Hy maak ’n uitdagende voorstel vir hoe om wiskunde in die digitale era relevant te maak.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
02:42
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Teach statistics before calculus!
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Teach statistics before calculus!
Christo Crafford added a translation

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions