Return to Video

Reiki Master healer meets Jesus

  • 0:00 - 0:01
    Hallo, my naam is Liz.
  • 0:01 - 0:05
    Ek is van Skotland.
    Ek is 'n Reiki Meester-Geneser.
  • 0:05 - 0:09
    Vandag is ek gedoop met
    die Heilige Gees.
  • 0:09 - 0:12
    Ek het na Christus gedraai en
    my bekeer van my sonde.
  • 0:12 - 0:15
    Verlaat haar! Kom uit in Jesus se Naam.
    Demoon, gaan!
  • 0:15 - 0:21
    As jy die Bybel lees, sien jy dis 'n vorm
    van toorkuns, voedoe, en sulke dinge.
  • 0:21 - 0:25
    Toe ek dit sien, het ek gedink: "O,
    my God. Dis wat ek gedoen het."
  • 0:25 - 0:28
    Daardie dag het ons een ding besef:
    Skuldig, skuldig, skuldig.
  • 0:29 - 0:34
    Ek is skuldig, en ek verdien die hel,
    want God is goed en ek is nie.
  • 0:34 - 0:38
    Ek was besig om almal weg te lei van
    Jesus af, weg van Christus af,
  • 0:38 - 0:43
    deur ander vorms van genesing. Maar toe
    ek self Jesus se genesing op straat sien..
  • 0:44 - 0:45
    Word nou dadelik gesond.
  • 0:47 - 0:50
    Dis reg.
    - Regtig?
  • 0:50 - 0:54
    Kyk net daar. Kyk net hoe eenvoudig
    en mooi is dit.
  • 0:54 - 0:57
    Ek kan nie wag om my storie te vertel nie.
  • 1:08 - 1:18
    Ek is Liz. Tot en met twee weke gelede,
    was ek 'n Reiki-geneser.
  • 1:18 - 1:23
    Omtrent so twee weke voor dit, het ek
    'n paar video's op YouTube gekry
  • 1:24 - 1:27
    oor die genesing van mense op straat.
  • 1:27 - 1:32
    En jy voel dit nou? Dankie, God,
    want die pyn gaan nou dadelik.
  • 1:33 - 1:34
    Probeer om die pyn nou te voel.
  • 1:36 - 1:39
    Ja, dit is waar. Waar is die pyn?
  • 1:40 - 1:42
    Dis nou weg.
  • 1:45 - 1:46
    Waar het jy pyn?
    - In my kop.
  • 1:46 - 1:48
    Waar het jy pyn?
    - Net hier.
  • 1:49 - 1:51
    God, dankie vir genesing, dat die
    pyn weg is
  • 1:51 - 1:54
    Probeer om jou kop te voel.
  • 1:56 - 1:57
    Ek voel geen pyn nie.
  • 1:57 - 1:59
    Die pyn is nou weg.
  • 2:00 - 2:03
    Ek is ernstig! Ek ken hom nie eers nie.
  • 2:04 - 2:09
    Ek kon onmiddellike genesing sien. Mense
    wat op straat genees word.
  • 2:09 - 2:11
    En ek het net gedink:
    O, wat is dit hierdie?
  • 2:12 - 2:14
    Elke pyn moet nou dadelik gaan
    in Jesus se Naam.
  • 2:20 - 2:21
    Regtig?
  • 2:31 - 2:32
    Dis weg.
  • 2:32 - 2:34
    Amen.
  • 2:34 - 2:35
    Is jy ernstig?
  • 2:35 - 2:36
    Amen.
  • 2:42 - 2:43
    Dis eienaardig, man!
  • 2:45 - 2:48
    Omdat ek 'n Reiki-geneser is,
    het ek gedink:
  • 2:48 - 2:52
    hoekom gebeur dit nie
    wanneer ek mense behandel nie?
  • 2:53 - 2:57
    Mense voel lekker en ontspanne en kalm
    wanneer hulle vertrek
  • 2:57 - 3:00
    en het wonderlike getuienisse agterna,
  • 3:00 - 3:04
    maar hulle word nie heeltemal gesond met
    die Reiki-genesing nie.
  • 3:06 - 3:10
    Ek het gevoel: dis nie reg nie. Iets
    is nie reg hier nie.
  • 3:10 - 3:12
    Ek voel ongemaklik hiermee.
  • 3:12 - 3:17
    Ek het aangehou om na Torben se
    video's van genesing te kyk.
  • 3:18 - 3:21
    En ek het gedink: Ek wil dit doen.
  • 3:22 - 3:23
    Ek wil onmiddellike genesing sien
  • 3:24 - 3:29
    Terwyl ek 'n Reiki-geneser was, het ek
    kursusse op 'n webwerf gehad.
  • 3:31 - 3:33
    Mense regoor die wêreld kon die
    kursusse kry.
  • 3:34 - 3:40
    Daar was 'n dame wat een van my
    Reiki-genesing-kursusse gekoop het.
  • 3:40 - 3:45
    Sy het vir my 'n epos gestuur en gesê:
    Liz, ek kon die kursus nie aflaai nie.
  • 3:46 - 3:49
    Ek het gedink: gewoonlik kan almal
    dit aflaai.
  • 3:49 - 3:52
    Dié een is die maklikste, ek het
    nooit enige probleme daarmee nie.
  • 3:52 - 3:55
    Ek het vir haar 'n epos gestuur en
    vir haar adres gevra,
  • 3:56 - 4:02
    haar naam en nog inligting, sodat ek vir
    haar helende energie kon stuur.
  • 4:04 - 4:07
    Sy het dit toe gedoen, en ek
    het toilet toe gegaan
  • 4:07 - 4:11
    en vir God in die toilet gesê...
    dit was net 'n paar minute,
  • 4:11 - 4:14
    God, wat wil U hê moet ek met
    my besigheid doen?
  • 4:14 - 4:19
    Wil U hê ek moet na Aalborg
    in Denemarke gaan?
  • 4:20 - 4:24
    Ek wil vir Torben sien, maar ek wil
    nie op my eie daarheen reis nie
  • 4:25 - 4:28
    en ek is bang om alleen daarheen te reis.
    En ek het vir God gesê:
  • 4:28 - 4:32
    Wil U hê ek moet na Aalborg in
    Denemarke gaan?
  • 4:33 - 4:36
    Ek het teruggegaan na my rekenaar.
  • 4:36 - 4:40
    Die dame wat die kursus gekoop het,
    het dadelik op my epos geantwoord.
  • 4:40 - 4:45
    Ek sien toe haar naam, en haar
    adres was: Aalborg, Denemarke.
  • 4:46 - 4:49
    O my God...
  • 4:51 - 4:54
    Dit was nie net: Aalborg, Denemarke nie,
  • 4:54 - 4:56
    Dit was: Aalborg, Denemarke.
  • 4:57 - 4:59
    Iets binne-in my het
  • 5:01 - 5:04
    regoor my gegaan...en ek het vir my
    man gesê: Liefie... liefie...
  • 5:06 - 5:10
    Wat's fout? Ek het gesê: Alles is reg,
    ek moet myself net regruk.
  • 5:11 - 5:14
    Ek was in skok en het nie geweet wat
    om te doen nie.
  • 5:16 - 5:22
    Ek het gesê: God het met my gepraat.
    Ek het die krag van Sy woorde gevoel.
  • 5:22 - 5:25
    Dit was asof dié woorde Sy woorde
    was wat binne-in my gekom het:
  • 5:25 - 5:28
    Jy moet vir Torben in Denemarke
    gaan sien.
  • 5:29 - 5:33
    Vanoggend het ek en Torben
    om die tafel gesit.
  • 5:34 - 5:36
    Kom ons gesels.
  • 5:37 - 5:43
    Hy het die evangelie vir my verduidelik
    op 'n tafel met 'n paar koppies en koekies
  • 5:44 - 5:49
    Hy het dit so eenvoudig verduidelik dat
    enigiemand, 'n kind, dit kon verstaan.
  • 5:51 - 5:55
    Ek gebruik die illustrasie van 'n potjie
    skaak. Weet jy hoe om skaak te speel?
  • 5:57 - 5:59
    Om skaak te speel is soos...
  • 5:59 - 6:02
    Ek maak 'n skuif. En dan maak
    Liz 'n skuif.
  • 6:03 - 6:06
    Dan is dit my beurt.
    Denemarke teen Skotland.
  • 6:06 - 6:07
    Dan is dit haar beurt.
  • 6:09 - 6:14
    Mag ek dit nou doen?
  • 6:15 - 6:17
    Nee. Ek mag nie 3 keer 'n skuif
    maak nie - hoekom?
  • 6:17 - 6:19
    Want daar is reëls.
  • 6:19 - 6:21
    Wat as ek dit regtig, regtig,
    regtig wil doen?
  • 6:22 - 6:25
    Ek mag dit steeds nie doen
    nie, want daar is steeds reëls.
  • 6:25 - 6:30
    Daardie reëls staan. En dit het niks
    te doen met hoe graag ek dit wil doen nie.
  • 6:30 - 6:32
    Dit het te doen met die reëls.
  • 6:33 - 6:38
    So, die reël is: ek moet wag vir Liz om
    'n skuif te maak voor ek weer kan skuif.
  • 6:40 - 6:41
    Dit werk net so met God.
  • 6:42 - 6:47
    Liz, of 'n ander persoon, het gesondig.
  • 6:49 - 6:50
    Ek is God.
  • 6:51 - 6:53
    Dis nie goed nie.
  • 6:55 - 6:58
    Maar ek het Jesus gestuur
    om te sterf vir haar sonde.
  • 7:01 - 7:03
    Kan ek dan so maak... Ek red jou,
    Ek maak jou vry... nee.
  • 7:04 - 7:05
    Dis teen die reëls.
  • 7:06 - 7:08
    Maak nie saak dat Ek dit regtig graag
    wil doen nie
  • 7:08 - 7:12
    God wil. Hy wil ons red meer as
    wat ons gered wil word.
  • 7:14 - 7:18
    God wil. Maar Ek mag nie,
    want dis nie My beurt nie.
  • 7:18 - 7:22
    Ek't alles gedoen wat gedoen kon word van
    My kant af: Ek het My Seun Jesus gestuur.
  • 7:22 - 7:27
    Die Bybel sê, dit hang nou alles af van
    die mens of hy hom wil bekeer.
  • 7:28 - 7:30
    Liz moet 'n skuif maak voordat Ek kan.
  • 7:30 - 7:35
    Maar ek waarborg jou, so gou as wat
    Liz skuif, maak God ook 'n skuif.
  • 7:35 - 7:37
    So gou as wat sy haar bekeer,
    beweeg God
  • 7:37 - 7:40
    So gou as wat sy gedoop word,
    bevry God haar.
  • 7:40 - 7:42
    So gou as wat ek hande oplê,
    doen God dit.
  • 7:42 - 7:44
    Want God is nie die probleem nie.
  • 7:44 - 7:48
    God het klaar vir Liz die prys betaal en
    vir almal hier.
  • 7:48 - 7:53
    Want baie dink: God wil my nie hê nie.
    Hy gee nie om nie,
  • 7:53 - 7:55
    want Hy kom nie na my toe nie.
  • 7:55 - 7:59
    Maar dis nie God se beurt om te skuif nie!
    Dis jou beurt.
  • 8:00 - 8:04
    Wat ek nou gaan doen, Liz, is om vir jou
    die reëls te wys.
  • 8:05 - 8:08
    Want as jy nie die reëls ken nie,
    hoe kan jy 'n skuif maak?
  • 8:09 - 8:14
    Maar so gou as wat jy die reëls ken,
    en weet wat die volgende skuif is,
  • 8:15 - 8:17
    kom God, so gou as wat jy skuif.
  • 8:19 - 8:25
    So die evangelie is: dit is God en dit
    is die mens.
  • 8:25 - 8:30
    God het die mens gemaak. Toe God die mens
    gemaak het, was hy oop vir God.
  • 8:30 - 8:32
    En hy het saam met God gewandel.
  • 8:32 - 8:36
    Daardie wêreld was volmaak, voordat
    sonde in die wêreld gekom het.
  • 8:36 - 8:42
    Sonder egskeiding, moord, selfmoord en
    alles wat ons vandag in die wêreld het.
  • 8:42 - 8:45
    God het die wêreld gemaak, en die
    wêreld was volmaak.
  • 8:46 - 8:50
    En die mens het saam met God gewandel -
    dit is die goeie ding.
  • 8:50 - 8:52
    Daar was baie bome in die tuin.
  • 8:52 - 8:55
    Die boom van die lewe was daar, die boom
    van goed en kwaad, en baie ander.
  • 8:56 - 8:59
    Die mens moes van die boom van
    die lewe eet en sou dan vir ewig leef.
  • 9:00 - 9:04
    Maar hulle het gesondig. Hulle het God se
    wet oortree deur te doen wat verkeerd was.
  • 9:05 - 9:08
    Voorheen was hulle oop vir God,
    sonder sonde.
  • 9:08 - 9:11
    Maar nou het hulle geslote vir God geword,
    met sonde.
  • 9:12 - 9:17
    Toe sê God: As die mens nou van die boom
    van die lewe eet en vir ewig leef,
  • 9:19 - 9:21
    sal ons altyd 'n probleem met sonde hê.
  • 9:22 - 9:27
    Omdat God nie wou hê dat die mens vir ewig
    in sonde moes leef nie,
  • 9:28 - 9:31
    het Hy hulle uit die tuin verban,
    weg van die boom van die lewe.
  • 9:32 - 9:37
    Skielik het ons 'n wêreld gehad wat so
    anders was, waar ons geskei was van God.
  • 9:37 - 9:42
    Hulle't kinders gehad wat mekaar vermoor
    het, met kinders wat mekaar vermoor het.
  • 9:43 - 9:45
    So dit is waar ons nou is.
  • 9:45 - 9:49
    Ons is hier in 'n wêreld wat anders is
    as die wêreld wat God gemaak het.
  • 9:50 - 9:55
    Ek hoor baie mense sê, 'ek kan nie in God
    glo nie agv al die boosheid in die wêreld'
  • 9:56 - 9:58
    Lees die Bybel. Dit gaan net
    erger word.
  • 9:59 - 10:02
    Want die god van hierdie
    wêreld is Satan.
  • 10:02 - 10:04
    Ons is gevalle en geskei van God.
  • 10:05 - 10:06
    Die probleem is sonde.
  • 10:07 - 10:09
    Maar ons verstaan nie sonde nie.
    Hoekom nie?
  • 10:09 - 10:12
    Want as ek hier is, en myself met
    die mense om my sou vergelyk -
  • 10:12 - 10:15
    Kyk, ek is nie te sleg nie. Ek is soos
    hy en sy.
  • 10:15 - 10:18
    Hy's slegter as ek. Ek is nie soos hy nie.
  • 10:18 - 10:22
    Ons staan in hierdie wêreld en vergelyk
    onsself met die mense om ons
  • 10:22 - 10:24
    en ons dink dat ons oukei is.
  • 10:24 - 10:28
    Maar wat as ons onsself met God vergelyk?
    Of met die mens voordat daar sonde was?
  • 10:29 - 10:32
    Skielik kry ons 'n heeltemal
    ander standaard.
  • 10:33 - 10:35
    Sonde...ons moet daaroor praat.
  • 10:37 - 10:41
    Jesus het gesê: geen leuenaars sal in
    die Koninkryk van God ingaan nie.
  • 10:41 - 10:44
    Elke leuenaar sal in die poel van vuur
    gegooi word.
  • 10:46 - 10:50
    Dan dink ons: komaan, om te lieg is nie
    so erg nie. Dis nie soos dit en dat nie.
  • 10:50 - 10:53
    Maar jy moet iets oor sonde verstaan
    wat baie belangrik is.
  • 10:53 - 10:57
    Dit gaan nie soveel oor wat ek en jy
    en ander gedoen het nie.
  • 10:59 - 11:01
    Dit gaan ook oor teen Wie ons
    dit gedoen het.
  • 11:01 - 11:03
    Ek het 'n dogter wat 10 jaar oud is.
  • 11:03 - 11:06
    As ek vir my dogter lieg, kan sy niks
    daaraan doen nie. Sy is net 10.
  • 11:06 - 11:09
    As ek vir my vrou lieg, kan
    ek probleme kry.
  • 11:09 - 11:13
    As ek vir my baas lieg,
    kan ek my werk verloor.
  • 11:13 - 11:17
    As ek in die hof is en vir 'n regter lieg,
    kan ek in die tronk beland.
  • 11:18 - 11:21
    So, ons praat oor dieselfde ding:
    jy mag nie lieg nie,
  • 11:21 - 11:23
    maar die straf is heeltemal anders.
  • 11:23 - 11:27
    Dit gaan nie soveel oor wat jy doen,
    as teen wie jy dit doen nie.
  • 11:27 - 11:32
    Hoe meer gesag 'n persoon het,
    hoe groter gaan die oordeel wees.
  • 11:33 - 11:37
    Die Bybel sê as ons gelieg het,
    het ons teen God gelieg.
  • 11:37 - 11:41
    Hy wat vir ons lewe gegee het, lug om
    in te asem, ons mond om mee te praat.
  • 11:41 - 11:46
    Om Hom te aanbid. En ons het dit wat
    Hy vir ons gegee het, misbruik teen Hom.
  • 11:47 - 11:53
    Jesus oordeel ons nie net oor wat ons
    doen nie, maar oor ons hartsbegeertes.
  • 11:53 - 11:58
    Jesus het gesê: Jy sal nie moord pleeg
    nie, maar Ek sê vir julle:
  • 11:58 - 12:01
    as jy haat in jou hart het,
    is jy alreeds 'n moordenaar.
  • 12:01 - 12:05
    Jy mag nie egbreuk pleeg nie. Maar
    enigiemand wat met wellus na iemand kyk
  • 12:05 - 12:06
    het dit alreeds in sy hart gedoen.
  • 12:06 - 12:10
    Miskien het ons dit nie fisies
    gedoen nie...
  • 12:13 - 12:14
    Vir God maak dit nie saak nie.
  • 12:15 - 12:18
    Dis so belangrik want ek het
    gedink ek's 'n goeie mens.
  • 12:18 - 12:22
    Regtig 'n goeie mens.
    Maar toe sien ek die standaard...
  • 12:22 - 12:27
    Dis belangrik...jy is van Skotland. As ek
    soontoe gaan, ry ek aan die verkeerde kant
  • 12:29 - 12:32
    Ek moet aan jou kant bestuur, maar
    soms vergeet ek dit
  • 12:32 - 12:35
    en ry aan my kant en kry probleme.
  • 12:35 - 12:38
    As ek probleme kry, maak dit nie saak as
    ek vir die polisieman sê:
  • 12:38 - 12:41
    'Maar ek's van Denemarke,
    ons doen dit so daar' nie.
  • 12:41 - 12:42
    Hy gee nie om vanwaar ek is nie
  • 12:42 - 12:45
    Ek is nou in julle land, en ek moet
    julle reëls gehoorsaam.
  • 12:46 - 12:48
    Eendag gaan ons voor God staan.
  • 12:49 - 12:51
    Hy gee nie om vir ons standaard nie.
  • 12:52 - 12:54
    Hy gee nie om of ons dink dis
    reg of verkeerd nie.
  • 12:55 - 12:59
    Hy gee om oor wat reg en verkeerd is.
    Die standaard wat Hy gestel het.
  • 13:00 - 13:05
    Probeer om jou te verbeel dat ek in
    my foon 'n spesiale "app" het.
  • 13:07 - 13:11
    En ek kan 'n foto van jou en
    jou hele lewe neem.
  • 13:11 - 13:13
    en dit nou op my rekenaar sit.
  • 13:13 - 13:17
    Ek weet jy het 'n klomp goeie dinge
    gedoen. 'n Klomp wonderlike dinge,
  • 13:17 - 13:19
    en mense gehelp.
  • 13:19 - 13:20
    Die probleem is:
    Ek sien dit nie.
  • 13:21 - 13:25
    Want, wanneer jy in 'n hof is,
    voor 'n regter,
  • 13:25 - 13:28
    is jy nie daar oor die goeie dinge
    wat jy gedoen het nie.
  • 13:28 - 13:31
    Jy is daar oor die misdaad
    wat jy gepleeg het.
  • 13:31 - 13:32
    Dit is al wat ek sien.
  • 13:33 - 13:39
    Ek sit jou lewe in my rekenaar. Nie net
    wat jy fisies gedoen het nie.
  • 13:39 - 13:42
    Maar ook wat jy nie gedoen het nie.
    Wat jy moes doen.
  • 13:42 - 13:45
    Wat jy gesê en gedink het
    in jou lewe.
  • 13:45 - 13:48
    En ek maak 'n video oor jou lewe.
  • 13:48 - 13:53
    Die onrein dinge. Ons praat nou oor
    seksuele dinge, bose dinge.
  • 13:53 - 13:57
    Ons praat oor leuens en diefstal
    en verneukery.
  • 13:57 - 14:02
    En ek fokus net daarop en ek wys
    daardie video op die groot skerm agter my
  • 14:02 - 14:05
    voor al die mense hier.
  • 14:06 - 14:07
    Sal jy daarvan hou?
    - Nee.
  • 14:08 - 14:11
    Dis interessant dat jy nie
    daarvan sal hou nie,
  • 14:11 - 14:16
    wetende dat al die mense in die vertrek
    net so skuldig soos jy is.
  • 14:16 - 14:19
    Maar jy sal skaam wees voor al
    die mense hier.
  • 14:20 - 14:21
    Enigiemand wat daarvan sal hou?
  • 14:22 - 14:25
    Nee. Niemand hier nie. Ek sal ook
    nie daarvan hou nie.
  • 14:25 - 14:27
    So, jy sal skaamkry,
  • 14:27 - 14:30
    wanneer die mense om jou sien
    wat jy regtig gedoen het
  • 14:30 - 14:34
    agter geslote deure
    in die donker.
  • 14:34 - 14:36
    Ons sou so skaam wees.
  • 14:36 - 14:39
    Probeer jou verbeel dat jy so skaamkry
    hier tussen sondaars.
  • 14:41 - 14:48
    En eendag staan jy, heeltemal ontbloot
    voor 'n heilige God, wat alles sien.
  • 14:48 - 14:53
    Daardie dag sal ons nie sê, 'dit was my
    ouers se skuld of my man se skuld' nie
  • 14:53 - 14:55
    Ek't dit nie bedoel nie, ek's nie
    so sleg nie.
  • 14:55 - 14:58
    Daardie dag sal ons een ding weet:
    skuldig, skuldig, skuldig.
  • 14:58 - 15:04
    Ek is skuldig en ek verdien die hel,
    want God is goed en ek is nie.
  • 15:06 - 15:08
    En dit is die probleem.
  • 15:08 - 15:12
    God kan almal vat
    en hulle in die hel werp
  • 15:12 - 15:17
    en steeds goed en liefdevol wees, want
    Hy is nie die probleem nie.
  • 15:17 - 15:19
    Ons is. Ons het gesondig.
  • 15:20 - 15:23
    Die Bybel sê: as jy een wet oortree
    het, is jy skuldig aan almal.
  • 15:23 - 15:26
    Dit is nie dat jy 2 uit 5 kan kry nie.
  • 15:27 - 15:31
    Miskien het jy nie moord gepleeg nie,
    maar seks voor of buite die huwelik gehad,
  • 15:31 - 15:33
    en dan is jy skuldig aan almal.
  • 15:37 - 15:40
    God kan almal in die hel werp,
    maar Hy het nie.
  • 15:40 - 15:43
    Hy het iets wonderliks gedoen.
    Iets heeltemal anders.
  • 15:44 - 15:46
    Hy het Sy Seun, Jesus Christus gestuur.
  • 15:47 - 15:52
    Hy't afgekom hiernatoe. Nie in sonde
    uit 'n man gebore nie, maar uit God.
  • 15:53 - 15:56
    Hy het hier tussen ons geloop,
    as 'n mens.
  • 15:58 - 16:02
    Sonder om te lieg, sonder om te steel.
    Sonder om voorhuwelikse seks te hê,
  • 16:02 - 16:05
    sonder om iemand te begeer. Sonder
    om te doen wat ons gedoen het.
  • 16:07 - 16:10
    Toe Hy omtrent 30 jaar oud was,
    is Hy in water gedoop.
  • 16:11 - 16:16
    Toe Hy uit die water opkom, het die
    Gees van God oor Hom gekom.
  • 16:17 - 16:19
    En Hy is gevul met die Heilige Gees.
  • 16:20 - 16:23
    Van daardie oomblik af het Hy
    rondgegaan en die evangelie verkondig,
  • 16:23 - 16:29
    siekes genees en almal opdrag gegee om
    hulle te bekeer.
  • 16:31 - 16:35
    Hy's gekruisig en Hy't gesterf.
  • 16:36 - 16:41
    Sou Hy een keer gelieg het, gesteel het,
    of een keer gedoen het wat ons gedoen het,
  • 16:41 - 16:46
    sou Hy skuldig wees. Maar omdat Hy die
    enigste man ooit sonder sonde was,
  • 16:46 - 16:51
    het Hy opgevaar na waar Hy nou sit
    aan die regterhand van God
  • 16:51 - 16:54
    en Hy't Sy Heilige Gees gestuur.
  • 16:55 - 16:57
    Wat moet ons nou doen?
  • 16:57 - 16:58
    Die Bybel sê ons moet wedergebore word.
  • 16:59 - 17:03
    Ons moet ons tot God bekeer.
  • 17:03 - 17:06
    Dan moet ons gedoop word tot
    Jesus Christus
  • 17:06 - 17:08
    en dan sal ons die Gees van God ontvang.
  • 17:09 - 17:13
    Wat is bekering? Dit is om te besef
    dat ek gesondig het.
  • 17:14 - 17:17
    Nie net teen die mensdom nie,
    maar ook teen God.
  • 17:17 - 17:19
    Ek het God se wet oortree,ek het gesondig.
    .
  • 17:20 - 17:25
    Jy erken dit en draai weg van daardie
    sonde en vra vir vergifnis.
  • 17:26 - 17:28
    En plaas jou geloof in Jesus.
  • 17:28 - 17:31
    Wanneer jy dit doen, gaan
    daar iets wonderliks gebeur.
  • 17:32 - 17:35
    God verwyder die hart van klip
    en gee jou 'n nuwe hart.
  • 17:37 - 17:39
    Dit is soos ons gewete...
  • 17:39 - 17:46
    'n Baba het nie 'n besef van reg en
    verkeerd nie. Hy is sonder sonde.
  • 17:47 - 17:49
    Hulle hardloop kaal rond.
  • 17:51 - 17:55
    Ek het geen probleem gehad om kaal
    rond te hardloop as kind nie.
  • 17:56 - 18:00
    My dogter Simone is nou 10.
    Wanneer sy stort,
  • 18:00 - 18:02
    kan ek steeds ingaan en ander dinge doen.
  • 18:02 - 18:07
    Maar ek waarborg dat my dogter van 14 sal
    skree: Gaan dadelik uit!
  • 18:07 - 18:10
    Want daar kom 'n ouderdom waar
    hulle reg en verkeerd verstaan.
  • 18:10 - 18:15
    Hulle erken sonde. Hulle raak bewus
    van sonde.
  • 18:16 - 18:20
    Dit het te doen met die gewete.
    Ek onthou toe ek 'n kind was,
  • 18:21 - 18:27
    het ek iets by 'n winkel gesteel. Dit het
    'n halwe pond gekos of iets. Sommer niks.
  • 18:28 - 18:32
    Maar toe ek buite kom - dit was 'n
    ongeluk - toe sien ek dit in my sak.
  • 18:32 - 18:35
    Ek is 'n dief! Ek het iets gesteel.
  • 18:36 - 18:39
    Vir my was dit soos...ek's 'n dief.
  • 18:40 - 18:43
    Maar ek waarborg jou dat later, toe
    ek te veel gedrink het
  • 18:43 - 18:48
    ek 'n fiets gesteel het. Later het ek een
    gesteel, want ek wou nie loop nie.
  • 18:48 - 18:50
    En ek het nog een gesteel, want
    ek het dit al gedoen.
  • 18:50 - 18:52
    En dit was nie meer 'n probleem nie.
  • 18:53 - 18:56
    Dit is wat ons vandag sien. Daar is
    mense wat dinge doen
  • 18:56 - 19:02
    en ons beskou dit nie meer as 'n probleem
    nie, want die gewete het stomp geword.
  • 19:02 - 19:04
    Dit is nie meer skerp nie.
    Nie meer nuut nie.
  • 19:05 - 19:10
    Dit is vernietig deur dinge wat ons gedoen
    en gesien het, en ander dinge.
  • 19:10 - 19:12
    Dit is die gewete.
  • 19:12 - 19:14
    Met wedergeboorte en bekering,
    kry ons 'n nuwe hart.
  • 19:14 - 19:17
    God het Sy wet op ons
    hart geskryf.
  • 19:17 - 19:19
    En ons kry 'n nuwe gewete.
  • 19:19 - 19:25
    Ek onthou so duidelik toe ek 'n Christen
    geword het en ek my bekeer het.
  • 19:26 - 19:30
    Na my bekering het ek vriende oorgenooi
    en gesê: Kom ons kyk 'n fliek.
  • 19:30 - 19:33
    Ek's mal oor die fliek. Een van my
    gunstelinge. Kom ons kyk.
  • 19:33 - 19:37
    Ek het dit ingesit. Ek het net onthou:
    hierdie is 'n goeie fliek.
  • 19:37 - 19:40
    Ek was gereed om dit te kyk. Ons
    het begin kyk.
  • 19:43 - 19:46
    Ek het gedink: O nee, waarom
    vloek hulle heeltyd?
  • 19:46 - 19:50
    Nee, hulle het geen klere aan nie.
    Dis pornografie!
  • 19:50 - 19:54
    Wat doen ek? Ek't rondgekyk:
    Kan ons maar stop?
  • 19:54 - 19:55
    Ja? Dankie.
  • 19:56 - 20:01
    Voorheen was dit my gunstelling fliek.
    Maar nou het ek net binne gevoel: ag nee
  • 20:01 - 20:03
    Ek kan nie meer nie. Waarom?
  • 20:03 - 20:05
    Omdat my gewete gesuiwer is.
  • 20:05 - 20:07
    Maar daar is steeds 'n probleem.
  • 20:08 - 20:14
    Die lewe is binne, maar die liggaam is
    dood. Wat doen ons daarmee?
  • 20:15 - 20:16
    Ons begrawe dit.
  • 20:18 - 20:20
    Om 'n liggaam te begrawe is soos
    die wet van swaartekrag.
  • 20:21 - 20:23
    Die Bybel sê wie sondig, word
    'n slaaf van die sonde
  • 20:23 - 20:25
    As ons sondig, word
    ons 'n slaaf daarvan.
  • 20:26 - 20:27
    Dis soos die wet van swaartekrag
  • 20:28 - 20:29
    Daar is 'n wet van sonde.
  • 20:29 - 20:34
    As ek sê: Ek glo nie in die wet van
    swaartekrag nie, kyk wat gebeur...
  • 20:34 - 20:36
    Ek glo nie daarin nie.
  • 20:36 - 20:37
    Dit val steeds grond toe.
  • 20:37 - 20:40
    Want dit het niks te doen met wat ek glo
    of nie glo nie.
  • 20:40 - 20:43
    Ek glo dit met my hele wese...
    Dit val steeds grond toe.
  • 20:44 - 20:46
    Want daar is 'n wet hier aan die werk.
  • 20:47 - 20:49
    So is daar ook 'n
    wet van sonde.
  • 20:49 - 20:52
    Die een wat sonde doen, word
    'n slaaf van die sonde.
  • 20:52 - 20:54
    Maar hier kom die
    waterdoop in,
  • 20:55 - 20:59
    omdat ons sterf met Christus
    en opstaan met Christus.
  • 20:59 - 21:03
    Die doop is 2 dinge: om gewas
    en begrawe te word.
  • 21:03 - 21:05
    Onder die water, nadat
    jy jou bekeer het.
  • 21:06 - 21:08
    Maar wat dan? Jy gaan onder
    en kom op.
  • 21:09 - 21:11
    Dan ontvang jy die Heilige Gees.
  • 21:11 - 21:18
    Dis nie asof jy 'n klein Heilige Gees en
    Jesus 'n groot Heilige Gees gekry het nie.
  • 21:19 - 21:23
    Jy kry hierdie Heilige Gees. Hy's 'n Per-
    soon. Jy kry nie 'n bietjie van Hom nie
  • 21:23 - 21:26
    en jy kan nooit meer van Hom kry nie.
    Jy het Hom.
  • 21:26 - 21:30
    So, jy kry dieselfde Gees as Jesus.
  • 21:30 - 21:33
    Die Bybel sê weer dat ons gevul
    word met die Heilige Gees.
  • 21:33 - 21:35
    Wanneer is die koppie vol?
  • 21:35 - 21:36
    Wanneer? Hier?
  • 21:36 - 21:40
    Nee. Hier? Nee. Wanneer is ons
    100 % seker dis vol?
  • 21:40 - 21:42
    Wanneer dit oorloop.
  • 21:42 - 21:50
    Op dieselfde manier...so gou as
    wat dit by die mond uitkom...
  • 21:50 - 21:53
    as 'n nuwe taal, weet jy
    jy's gevul.
  • 21:54 - 22:01
    Dan is jy gevul. Dan sê die Bybel: Soos
    die Vader my gestuur het, stuur ek jou.
  • 22:01 - 22:05
    So nou is jy Christus, Jesus se liggaam
    hier op aarde.
  • 22:05 - 22:08
    Sy liggaam, gestuur in Sy plek.
  • 22:08 - 22:12
    Nou beweeg jy rond en doen dieselfde
    as wat Jesus gedoen het.
  • 22:12 - 22:17
    Jy genees die siekes, verkondig die evan-
    gelie. Jy is Jesus se liggaam op aarde.
  • 22:17 - 22:21
    Vandag het ek die geleentheid gekry
    om my van my sondes te bekeer.
  • 22:22 - 22:27
    Ek het net 'nee' gesê vir die Reiki-gene-
    sing. Ek het altyd geweet dis verkeerd.
  • 22:27 - 22:37
    As jy die Bybel lees, sien jy dis 'n vorm
    van toorkuns, voedoe, en sulke dinge.
  • 22:38 - 22:42
    Toe ek dit sien, het ek gedink: "O,
    my God. Dis wat ek gedoen het."
  • 22:43 - 22:45
    Ek't gesê: Dis verby, ek's
    klaar daarmee.
  • 22:46 - 22:50
    Ek maak die winkel, my besigheid, my
    webwerwe, alles toe.
  • 22:50 - 22:53
    Dit was soos 'n radikale verandering. Ek
    het net gesê: Ek sny dit af.
  • 22:54 - 22:59
    Ek het net gedink: ek moet dit afsluit
    en saam met God begin.
  • 22:59 - 23:03
    Watter keuse wil jy hê? Daar is nie halwe
    keuses nie, dis òf hierdie òf daardie.
  • 23:04 - 23:07
    Vandag is ek gedoop met die Heilige Gees.
  • 23:09 - 23:13
    Ek het my bekeer van my sonde, dat ek
    mense weggelei het van Christus af.
  • 23:15 - 23:20
    Ek het nie regtig besef waarmee ek
    besig was voor vandag nie.
  • 23:20 - 23:22
    Ek was gelukkig daarmee
  • 23:22 - 23:28
    om te sê: Ek's so jammer daaroor, ek's so
    jammer dat ek so baie mense weggelei het.
  • 23:28 - 23:30
    Nou wil ek mense teruglei na Christus toe.
  • 23:31 - 23:35
    Dit is Liz hierdie. Ek dink regtig
    dis wonderlik, en
  • 23:37 - 23:40
    voor jy gekom het, het ons bespreek
    waarvoor jy bevryding nodig het
  • 23:40 - 23:43
    en watter sondes sy wil laat afwas.
  • 23:43 - 23:48
    Een van die dinge wat sy gesê het, was dat
    sy, deur haar Reiki-genesing,
  • 23:48 - 23:50
    mense weggelei het van God af.
  • 23:50 - 23:55
    Ek dink dis 'n baie sterk belydenis.
    Om te erken dat dit verkeerd is
  • 23:55 - 23:57
    en dat dit sonde is.
  • 23:57 - 24:01
    En nou, tesame met al die ander,
    was ons dit af.
  • 24:02 - 24:06
    Jy word nie tot 'n kerk of 'n
    godsdiens gedoop nie.
  • 24:06 - 24:09
    Jy word gedoop tot 'n persoon,
    en dit is Jesus Christus.
  • 24:09 - 24:13
    Die Bybel sê dat wanneer ons, ons
    bekeer en gedoop word,
  • 24:13 - 24:15
    God vir ons die Heilige Gees sal gee.
  • 24:16 - 24:22
    Ons sal nou vir Liz doop en dan ons hande
    op haar lê en oor haar bid vir vryheid
  • 24:22 - 24:24
    en vir die Heilige Gees om te kom
    en haar vry te maak.
  • 24:24 - 24:28
    So, ons doop jou tot Jesus Christus.
    Gaan net af.
  • 24:28 - 24:30
    Sterf met Christus,
    staan op met Christus.
  • 24:32 - 24:33
  • 24:34 - 24:37
    Vryheid! Ons beveel elke
    demoon: gaan!
  • 24:37 - 24:43
    Toe ek in daardie bad was, besig
    om gedoop te word, het ek gevoel
  • 24:44 - 24:52
    asof die demone van towery oral
    om my was
  • 24:52 - 24:54
    en aan my vasgekleef en
    vasgeklou het.
  • 24:54 - 24:57
    Ek het so gemaak, in 'n poging
    om van hulle ontslae te raak.
  • 24:57 - 25:00
    Kom nou uit! Ons beveel hierdie
    gees om haar te verlaat.
  • 25:01 - 25:04
    Ons beveel hierdie Reiki-genesing:
    Kom uit!
  • 25:06 - 25:09
    Dit was so lekker om vry te kon
    wees daarvan.
  • 25:10 - 25:15
    Vry van daardie klewerigheid, die ver-
    bintenis met hulle, die bande met hulle.
  • 25:16 - 25:23
    Meer, vryheid, vryheid, vryheid. Ek
    beveel hierdie gees: gaan!
  • 25:23 - 25:24
    Vryheid, vryheid.
  • 25:24 - 25:30
    Kom uit! Kom uit! Meer! Vryheid!
    Laat dit uitkom!
  • 25:30 - 25:36
    Laat dit uitkom.
  • 25:36 - 25:43
    Kom uit! Kom uit! Verlaat haar!
    Kom uit in die Naam van Jesus.
  • 25:43 - 25:44
    Ons beveel hierdie demoon:
    Gaan!
  • 25:44 - 25:49
  • 25:50 - 25:51
    Kom uit. Gaan!
  • 25:56 - 26:01
    Vryheid, in die Naam van Jesus.
    Wees stil. Wees stil en kom uit.
  • 26:01 - 26:06
    Kom uit. Elke leuengees, kom uit.
  • 26:16 - 26:18
    Heilige Gees, vul haar.
    Praat in tale, praat.
  • 26:21 - 26:22
    Praat.
  • 26:26 - 26:27
    Meer.
  • 26:43 - 26:46
    Ons beveel genesing.
    Elke seer: gaan.
  • 26:52 - 26:54
    Halleluja.
  • 26:57 - 27:02
    Toe ek wedergebore is, het ek vrede
    ervaar en om gevul te word met die Gees
  • 27:03 - 27:03
    en...
  • 27:06 - 27:08
    ek voel dit nog steeds. Dis lieflik.
  • 27:12 - 27:14
    Hoe voel jy?
    - Lieflik.
  • 27:16 - 27:17
    Dankie.
  • 27:20 - 27:22
    Kan jy dit sien? Daar was 'n stryd.
    Daar was iets.
  • 27:22 - 27:25
    Dit was verwarrend, en nou
    het die Heilige Gees gekom.
  • 27:26 - 27:31
    En toe, vandag was die dag vir my waarop
    ek gedoop is met die Heilige Gees.
  • 27:32 - 27:34
    Toe ek my kon bekeer van my sondes,
  • 27:35 - 27:39
    is ek gedoop in water en ek
    is gedoop met die Heilige Gees.
  • 27:40 - 27:42
    En vandag het ek uitgegaan
    op die strate.
  • 27:42 - 27:46
    Op 'n skaal van 1 tot 10,
    hoe voel dit nou?
  • 27:46 - 27:49
    10 is baie seer, en 1 glad nie.
    - Ses.
  • 27:49 - 27:57
    Ons het vir 2 jongmanne wat op 'n bankie
    gesit het, gevra of hulle enige pyn het.
  • 27:57 - 28:04
    Een van hulle het pyn in sy enkel gehad.
    Ek kon vir hom bid.
  • 28:06 - 28:10
    Ons het 'n paar keer probeer,
    en niks het gebeur nie.
  • 28:11 - 28:14
    Ek beveel jou nou dadelik om gesond
    te word. Dankie, Jesus.
  • 28:15 - 28:16
    Toets dit.
  • 28:21 - 28:22
    Ek voel dit nog.
    - Jy voel dit nog?
  • 28:23 - 28:33
    Die derde keer wat ek gebid het, het ek my
    hand op sy enkel gesit en in tale gepraat,
  • 28:33 - 28:38
    saggies, vir myself. Die volgende oomblik
    was dit gesond.
  • 28:39 - 28:42
    Enkel, word gesond in Jesus se
    Naam. Nou dadelik.
  • 28:43 - 28:47
    Gaan nou dadelik. Pyn, gaan nou
    dadelik in die Naam van Jesus.
  • 28:47 - 28:49
    Gaan nou dadelik, in die
    Naam van Jesus.
  • 28:57 - 28:58
    Dis reg.
  • 29:00 - 29:07
    Is dit weg? Ek't jou gesê. Jesus genees.
    - Jesus genees... oukei...
  • 29:12 - 29:16
    Ek is self hier oorweldig. Dit is die
    eerste keer wat ek dit doen.
  • 29:17 - 29:21
    Ek is nie 'n godsdienstige mens nie.
    Ek lees nie Bybel nie.
  • 29:21 - 29:24
    Wel, ek het nie Bybel gelees nie,
    maar ek het nou begin
  • 29:24 - 29:26
    om God se Woord te lees.
    Want God het gesê...
  • 29:28 - 29:34
    Toe God aarde toe gekom het, het Hy Sy
    dissipels uitgestuur om Sy werk te doen.
  • 29:36 - 29:38
    Wil jy rondloop en dit toets?
  • 29:39 - 29:43
    Ja, dis... dis um...
  • 29:43 - 29:44
    Dis wonderlik.
  • 29:45 - 29:49
    Dit was vir my die bewys dat Jesus
    deur my werk.
  • 29:50 - 29:52
    Dit was nie ek wat die genesing gedoen het
    nie, maar Jesus.
  • 29:53 - 30:02
    Dit het net so reg gevoel. Dis iets waar-
    mee ek wil aanhou en kyk hoe mense reageer
  • 30:02 - 30:10
    ...hulle is geskok... en hulle teruglei na
    Jesus. Voorheen het ek hulle weggelei
  • 30:10 - 30:12
    en nou is dit tyd om terug te
    kom na Jesus.
  • 30:12 - 30:14
    Vir jou daarbuite...
  • 30:15 - 30:18
    wil ek net sê dat God
    'n werklikheid is,
  • 30:19 - 30:24
    dat Hy in jou lewe wil wees. Hy
    wil nie hê jy moet ly nie.
  • 30:24 - 30:29
    Hy wil hê jy moet gelukkig wees, en
    geen stres in jou lewe hê nie.
  • 30:30 - 30:34
    Hy wil hê jy moet Hom vertrou
    en Hom glo
  • 30:34 - 30:36
    dat Hy vir jou gaan sorg,
  • 30:37 - 30:40
    soos Hy nog altyd gedoen het. Hy
    het klaar jou sonde weggeneem,
  • 30:40 - 30:41
    die prys vir jou sonde betaal.
  • 30:42 - 30:46
    En nou moet ons 'n tree na Jesus
    toe gee,
  • 30:47 - 30:51
    soos wat Hy 'n tree na ons toe gegee het
    toe Hy ons sonde weggeneem het.
  • 30:51 - 30:55
    As ons een tree na Jesus toe gee,
    gaan Hy kom.
  • 30:56 - 30:58
    En as ons vergifnis vir ons
    sondes vra...
  • 31:02 - 31:08
    Al die Reiki-genesers, enigiemand wat
    betrokke is by New Age, kristalgenesing,
  • 31:11 - 31:16
    enigiets wat te doen het met
    spiritualiteit: Jy word mislei.
  • 31:17 - 31:21
    Dit is nie eg nie. Dis ander entiteite.
    Jy weet nie wie deur jou kom nie.
  • 31:21 - 31:26
    Jy weet nie wie jou lei nie. Jy vra
    wesens om in te kom.
  • 31:26 - 31:29
    Maar weet jy wie hulle is?
    Hoe weet jy?
  • 31:30 - 31:37
    Die bewys is: as jy eers die
    Heilige Gees het, voel jy vernuwe
  • 31:38 - 31:39
    en wedergebore.
  • 31:39 - 31:46
    En weet net dat God daar gaan wees
    vir jou en jou gaan lei.
Title:
Reiki Master healer meets Jesus
Description:

more » « less
Video Language:
English
Duration:
31:52

Afrikaans subtitles

Revisions