Doen die onmoontlike, Breek jou vrees | Dan Meyer | TEDxMaastricht
-
0:08 - 0:10Baie dankie
-
0:16 - 0:21Lank gelede was daar ʼn koning in Indië, ʼn maharadja,
en op sy verjaarsdag was ʼn bevel uitgevaardig -
0:21 - 0:24dat al die howe geskenke moet bring
wat geskik is vir ʼn koning. -
0:24 - 0:28Party het fyn sy gebring, party luukse swaarde,
-
0:28 - 0:29party het goud gebring.
-
0:29 - 0:33Heel laaste kom daar
ʼn geplooide ou man aangestap -
0:33 - 0:37wat al die pad geloop het van sy dorpie af,
en dae lank gereis het langs die see. -
0:37 - 0:41En soos wat hy naderkom vra die koning se seun,
“Watse geskenk het jý vir die koning gebring?” -
0:41 - 0:45En die ou man maak sy hand stadig oop en onthul
-
0:45 - 0:50ʼn pragtige skulpie, met strepies
van pers en geel, rooi en blou. -
0:50 - 0:51En die koning se seun sê,
-
0:51 - 0:54“Dit is g’n geskenk vir die koning!
Watter soort geskenk is dit?” -
0:55 - 0:57Die ou man kyk stadig op na hom en sê,
-
0:58 - 1:01“Lang reis... deel van geskenk.”
-
1:01 - 1:03(Gelag)
-
1:03 - 1:06Ek gaan or 'n tydjie
vir julle ʼn geskenk gee, -
1:06 - 1:08ʼn geskenk wat ek glo
die moeite werd is om te versprei. -
1:08 - 1:10Maar voor ek dit doen, laat ek julle
-
1:10 - 1:12op my lang reis neem.
-
1:12 - 1:14Soos meeste van julle
-
1:14 - 1:15het ek my lewe begin as ʼn kind.
-
1:15 - 1:17Hoeveel van julle
het julle lewens begin as ʼn kind? -
1:17 - 1:19Jonk gebore?
-
1:19 - 1:20Omtrent helfte van julle... Goed.
-
1:21 - 1:22(Gelag)
-
1:22 - 1:25En die res van julle? Wat?
Was julle volgroeid gebrore? -
1:25 - 1:28Goeistes ek wil julle ma ontmoet!
-
1:28 - 1:29Praat van onmoontlik!
-
1:31 - 1:35As ʼn kind het ek altyd
ʼn fassinasie gehad om die onmoontlike te doen. (As ʼn kind was ek altyd gefassineer met die onmoontlike -
1:36 - 1:39Vandag is die dag waarna
ek al vir baie baie jare lank uitsien, -
1:39 - 1:41want vandag is die dag
wat ek gaan probeer -
1:41 - 1:44om die onmoontlike te doen
reg voor julle oë, -
1:44 - 1:45net hier by TEDxMaastricht.
-
1:46 - 1:48Ek gaan begin deur eerste
-
1:49 - 1:51die einde aan julle bekend te maak
-
1:51 - 1:53en ek gaan aan julle bewys
-
1:53 - 1:55dat die onmoontlike nie onmoontlik is nie.
-
1:55 - 1:58En ek gaan afsluit deur vir julle
ʼn geskenk te gee wat die moeite werd is om te versprei: -
1:58 - 2:01ek gaan vir julle wys dat julle
die onmoontlike kan doen in julle lewe. -
2:03 - 2:05Opsoek na ʼn manier om
die onmoontlike te doen het ek gevind -
2:05 - 2:08dat daar twee universele
goed onder mense is. -
2:08 - 2:10Almal het vrese,
-
2:10 - 2:12en almal het drome.
-
2:13 - 2:18Opsoek na ʼn manier om die onmoontlike te doen
het gevind dat daar drie goed is -
2:18 - 2:20wat ek oor die jare gedoen het
-
2:20 - 2:23wat soort van veroorsaak het
dat ek die onmoontlike gedoen het -
2:24 - 2:27Dodgeball, of soos wat julle dit noem
"Bok in die hok", -
2:27 - 2:28Superman,
-
2:28 - 2:29en Muskiet.
-
2:29 - 2:31Dit is my drie sleutelwoorde.
-
2:31 - 2:34Nou weet julle hoekom
ek die onmoontlike doen in my lewe -
2:34 - 2:36So ek gaan julle op
my reis neem, my lang reis -
2:36 - 2:39van vrese na drome
-
2:39 - 2:41van woorde na swaarde
-
2:41 - 2:43van Dodgeball
-
2:43 - 2:44na Superman
-
2:44 - 2:45tot by muskiet.
-
2:46 - 2:47En ek hoop om vir julle te wys
-
2:47 - 2:50hoe jy die onmoontlike kan doen
in jou lewe -
2:52 - 2:554 Oktober 2007
-
2:56 - 2:58My hart klop in my keel
my knieë bewe -
2:58 - 2:59soos wat ek op die
verhoog uitloop -
2:59 - 3:01by Sandersteater
-
3:01 - 3:03Harvard Universiteit om die
-
3:03 - 3:062007 Ig Nobelprys vir medisyne
te ontvang -
3:06 - 3:09vir 'n mediese navorsingstuk wat
ek saam met iemand geskryf het -
3:09 - 3:10genoem "Swaardslukkery...
-
3:10 - 3:12...en die nagevolge daarvan".
-
3:12 - 3:13(Gelag)
-
3:14 - 3:18Dit is gepubliseer in 'n klein tydskrif,
wat ek nog nooit van tevore gelees het nie, -
3:18 - 3:20die British Medical Journal.
-
3:21 - 3:25vir my was dit 'n onmoontlike
droom wat waar geword het, -
3:25 - 3:28dit was 'n onverwagte verrassing
vir iemand soos ek, -
3:28 - 3:31dit is 'n eer wat ek nooit sal vergeet nie.
-
3:31 - 3:35Maar dit is nie die mees onvergeetlike
deel van my lewe nie. -
3:36 - 3:38Op 4 Oktober 1967,
-
3:38 - 3:40het hierdie bang, skaam, tingerige
gevrekte kind -
3:41 - 3:43gely aan ekstreem vrese.
-
3:43 - 3:46Soos wat hy regmaak om
op die verhoog te gaan, -
3:46 - 3:47klop sy hart teen 'n spoed,
-
3:48 - 3:49sy knieë bewe.
-
3:50 - 3:52Hy maak sy mond oop om te praat,
-
3:56 - 3:58maar niks kom uit nie.
-
3:58 - 4:00Hy staan en bewe, in trane.
-
4:01 - 4:02Hy was lamgeslaan in 'n paniek,
-
4:02 - 4:04vasgevries in vrees.
-
4:04 - 4:06Hierdie bang, skaam, tingerige,
gevrekte kind -
4:06 - 4:08het aan esktreem vrees gely.
-
4:09 - 4:10Hy was bang vir die donker,
-
4:11 - 4:12hy het hoogtevrees,
-
4:12 - 4:13hy was bang vir slange
en spinnekoppe -
4:13 - 4:15Enige van julle bang
vir slange en spinnekoppe? -
4:15 - 4:17'n Paar van julle, ja...
-
4:17 - 4:19Hy was bang vir water en haaie
-
4:19 - 4:22bang vir dokters en verpleërs en tandartse,
-
4:22 - 4:25en naalde en bore en skerp voorwerpe.
-
4:25 - 4:27Maar bo alles
was sy grootste vrees -
4:27 - 4:28mense.
-
4:29 - 4:32Daai bang, skaam, tingerige
gevrekte kind -
4:32 - 4:33was ek.
-
4:33 - 4:36Ek het 'n vrees vir
mislukking en verwerping, gehad -
4:37 - 4:40'n lae selfbeeld, minderheidskompleks,
-
4:40 - 4:43en iets wat ons nie eers geweet het
jy voor kan opteken daai tyd nie: -
4:43 - 4:45Sosiale angssteuring.
-
4:45 - 4:49as gevolg van hierdie vrese,
het die boelies my afgeknou en geslaan. -
4:49 - 4:52Hulle het vir my gelag en name genoem,
Hulle het my nooit toegelaat om -
4:52 - 4:54saam met hulle te speel nie.
-
4:55 - 4:58Maar tog, was daar een speletjie
waarin hulle my laat speel het... -
4:58 - 4:59Bok in die hok -
-
5:00 - 5:01en ek was nie 'n baie goeie bok nie.
-
5:02 - 5:04Die boelies sou my naam roep,
-
5:04 - 5:06en ek sal opkyk
net om 'n tennisbal te sien -
5:06 - 5:08wat reguit op my gesig afpeil
teen supersoniese spoed -
5:08 - 5:10ba, ba, ba!
-
5:11 - 5:13En ek onthou nog baie dae as ek
huis toe stap van skool -
5:13 - 5:18hoe my gesig pyn en my ore tuit
alles bloedrooi. -
5:18 - 5:21My oë brand met trane,
-
5:21 - 5:24en hulle woorde brand in my ore.
-
5:24 - 5:25en wie ookal gesê het,
-
5:25 - 5:29Stokke en klippe kan my bene breek,
maar woorde sal my nooit seermaak nie -
5:29 - 5:30het gejok
-
5:30 - 5:32Woorde kan sny soos 'n mes.
-
5:32 - 5:34Woorde kan steek soos 'n swaard.
-
5:34 - 5:36Die wonde van woorde lê so diep
-
5:36 - 5:38dat niemand dit sien nie.
-
5:38 - 5:41So ek het vrese gehad.
En woorde was my grootste vyand. -
5:41 - 5:42Is nog steeds.
-
5:43 - 5:45Maar ek het ook drome gehad.
-
5:45 - 5:48Ek sou huis toe gaan en ontsnap
met my Supermanstrokies -
5:48 - 5:50en ek sou Superman strokiesboeke lees
-
5:50 - 5:53en droom om 'n held soos Superman te wees.
-
5:53 - 5:56Ek wou veg vir reg en geregtigheid,
-
5:56 - 5:59Ek wou baklei teen skurke en kryptonite,
-
5:59 - 6:03ek wou om die wêreld vlieg,
bomenslike dade doen en lewens red. -
6:03 - 6:06Ek was ook gefassineerd met
goed wat nie regtig is nie. -
6:06 - 6:09Ek sou die Guinness Book World of Records
en Ripley's Believe It or Not boeke lees. -
6:09 - 6:13Het enige van julle ooit die
Guinness of Ripley's boeke lees? -
6:13 - 6:14Ek is mal oor daardie boeke!
-
6:14 - 6:16Ek het gesien hoe regte mense
besonderse dade doen -
6:16 - 6:18En ek het gesê, ek wil dit doen.
-
6:18 - 6:19As die boelies my nie saam met
-
6:19 - 6:21hulle wil laat speel nie
-
6:21 - 6:23dan wil ek regte wonders doen,
besondere dade. -
6:23 - 6:27Ek wil iets regtig merkwaardig doen
wat daardie boelies nie kan doen nie. -
6:27 - 6:29Ek wil my doel en roeping vind.
-
6:29 - 6:31Ek wil weet dat my lewe betekenis het,
-
6:31 - 6:33Ek wil iets ongelooflik doen
om die wêreld te verander; -
6:33 - 6:37EK wil bewys dat
die onmoontlike moontlik is. -
6:38 - 6:40Flits 10 jaar vorentoe -
-
6:40 - 6:43Dit was die week voor my 21ste verjaarsdag.
-
6:43 - 6:47Twee goed het binne een dag gebeur
wat my lewe vir ewig sou verander. -
6:47 - 6:49Ek het in Tamil Nadu in Suid-Indië gebly
-
6:50 - 6:51Ek was n sendeling daar
-
6:51 - 6:53en my mentor, my vriend het my gevra,
-
6:53 - 6:55"Het jy Thromes, Daniel?"
-
6:55 - 6:57En ek sê, "Thromes?
Wat is Thromes?" -
6:57 - 7:00Hy sê, "Thromes is groot lewensdoelwitte.
-
7:00 - 7:05Dis 'n kombinasie van drome
en doelwitte, soos as jy -
7:05 - 7:07enigiets kon doen wat jy wou,
na enige plek toe gaan -
7:07 - 7:08enigiemand kon wees
wie jy wou wees, -
7:08 - 7:10Waarheen sou gaan?
Wat sou jy doen? -
7:10 - 7:11Wie sou jy wees?
-
7:11 - 7:14Ek sê, "Ek kan nie dit doen nie!
Ek is te bang! EK het te veel vrese!" -
7:14 - 7:18Daardie aand het ek my rysmat
opgevat na die dak van die huthuisie, -
7:18 - 7:19onder die sterre gelê,
-
7:19 - 7:22en geduik hoe die vlermuise
afduik op die muskiete. -
7:22 - 7:26En al waaraan ek kon dink was Thromes,
en drome en doelwitte, -
7:26 - 7:28en daai boelies met die tennisballe.
-
7:29 - 7:31Ek het n paar uur later wakker geword.
-
7:31 - 7:34My hart het teen 'n spoed geklop,
my knieë het gebewe -
7:34 - 7:36Hierdie keer was dit nie vrees nie.
-
7:36 - 7:38My hele lyf was in stuiptrekkings.
-
7:38 - 7:40En vir die volgende vyf dae
-
7:40 - 7:44en veg vir my lewe op my sterfbed.
-
7:44 - 7:48My brein was aan die brand
met 'n 40 grade malariakoors. -
7:48 - 7:52En wanneer ookal ek bygekom het,
was Thrones al waaraan ek kon dink. -
7:52 - 7:54Ek het gedink,
"Wat wil ek met my lewe doen?" -
7:54 - 7:56Uiteindelik, die aand
voor my 21ste verjaarsdag, -
7:56 - 7:58in 'n oomblik van klaarheid,
-
7:58 - 8:00het ek tot 'n besef gekom:
-
8:00 - 8:02ek het besef dat daardie klein muskiet,
-
8:03 - 8:05Anopheles Stephensi,,
-
8:05 - 8:07daardie klein muskiet
-
8:07 - 8:08wat minder as 5 mikrogram weeg
-
8:08 - 8:10minder as n korreltjie sout,
-
8:10 - 8:13as daardie muskiet 'n 170 pond man
80 kg man, kan uitvat -
8:13 - 8:15het ek besef dat dit was my kryptonite.
-
8:15 - 8:17Toe besef ek,
nee, nee, dis nie die muskiet nie, -
8:17 - 8:19Dit is die klein parasiet
binne die muskiet, -
8:19 - 8:23Plasmodium Falciparum, wat meer as
een miljoen mense 'n jaar doodmaak. -
8:24 - 8:26Toe besef ek
Nee, nee dit is selfs nog kleiner as dit, -
8:26 - 8:29maar vir my het dit soveel groter voorgekom
-
8:29 - 8:30Ek het besef
-
8:30 - 8:31vrees, was my kryptonite,
-
8:31 - 8:32my parasiet,
-
8:32 - 8:35wat my vermank en verlam het
my hele lewe lank. -
8:35 - 8:38Julle weet, daar is 'n verkil
tussen gevaar en vrees. -
8:38 - 8:40Gevaar is werklik
-
8:40 - 8:42Vrees, is 'n keuse.
-
8:42 - 8:44En ek het besef, ek het een keuse:
-
8:44 - 8:48Ek kon of in vrees lewe
en in mislukking sterf daardie nag,\ -
8:49 - 8:52of ek kon my vrese doodmaak
en ek kon -
8:52 - 8:56my drome bereik
ek kon dit waag om 'n lewe te leef. -
8:57 - 9:00En weet julle, daar is iets omtrent
'n mens se sterfbed -
9:00 - 9:04en om dood in die gesig te staar
wat jou werklik wil laat leef. -
9:04 - 9:07Ek het besef dat almal sterf
maar nie almal leef nie. -
9:08 - 9:10Dit is in afsterwing wat ons leef.
-
9:10 - 9:12Julle weet, as jy leer om dood te gaan,
-
9:12 - 9:13sal jy leer hoe om werklik te leef.
-
9:13 - 9:15So ek het daardie aand besluit
-
9:15 - 9:16ek gaan my storie verander.
-
9:17 - 9:18Ek wou nie dood gaan nie.
-
9:18 - 9:20So ek het 'n gebedjie opgesê
EK het gesê, -
9:20 - 9:22"God, as jy my laat lewe
tot my 21ste verjaarsdag, -
9:22 - 9:25sal ek nie dat vrees
verder my lewe beheer nie. -
9:25 - 9:27Ek gaan my vrese doodmaak,
-
9:27 - 9:30ek gaan my drome bereik,
-
9:30 - 9:31ek wil my houding verander,
-
9:31 - 9:34ek wil iets ongelooflik doen
-
9:34 - 9:36ek wil my doel en roeping vind,
-
9:36 - 9:39ek wil weet dat die onmoontlike nie
onmoontlik is nie". -
9:39 - 9:43Ek sal nie vir julle vertel of ek daai nag
oorleef het nie. Julle kan dit op julle eie oplos. -
9:43 - 9:44(Gelag)
-
9:44 - 9:47Maar daardie aand het ek 'n lys gemaak
van my eerste 10 Thromes: -
9:47 - 9:50Ek het besluit ek wil
die hoof kontinente besoek -
9:50 - 9:52die 7 Wonders van die Wereld sien
-
9:52 - 9:53'n klomp tale aanleer,
-
9:53 - 9:55op 'n verlate eiland bly,
-
9:55 - 9:56op 'n skip bly in die oseaan,
-
9:56 - 9:59saam met 'n Indiaanstam bly
in die Amasone, -
9:59 - 10:01tot by die piek klim
van die hoogste berg in Swede, -
10:01 - 10:03ek wou die sonsopkoms sien
by die berg Everest, -
10:03 - 10:05werk in die musiekbedryf in Nashville,
-
10:05 - 10:07ek wou werk met 'n sirkus,
-
10:07 - 10:09en ek wou uit 'n vliegtuig uitspring.
-
10:09 - 10:12Oor die volgende twintig jaar,
het ek meeste van daardie thromes uitgevoer. -
10:12 - 10:15Elke keer wat ek 'n throme
van my lysie aftik, -
10:15 - 10:18sou ek nog 5 of 10 bysit
en my lys het aanhou groei. -
10:19 - 10:23Vir die volgende sewe jaar, het ek
op 'n klein eiland in die Bahamas gewoon -
10:23 - 10:25vir omtrent sewe jaar
-
10:25 - 10:27in 'n rietdakhut,
-
10:29 - 10:34haaie en pylsterte gespieghengel om te eet,
ek was die enigste een op die eiland, -
10:34 - 10:36in 'n lendedoek,
-
10:37 - 10:39en ek het geleer om saam met haaie te swem.
-
10:39 - 10:41Vandaar het ek Mexiko toe getrek,
-
10:41 - 10:45en toe na die Amasonerivier basin in Ecuador,
-
10:45 - 10:48Pujo Pongo Ecuador,
saam met 'n stam gebly daar -
10:48 - 10:52en bietjie vir bietjie het ek begin om
selfvertroue te ontwikkel net deur my thromes. -
10:52 - 10:55Ek het aanbeweeg na die musiekbedryf
in Nashville en toe Swede, -
10:55 - 10:58getrek na Stockholm,
en in die musiekbedryf gewerk, -
10:58 - 11:02waar ek tot by die piek van Berg Kebnekaise
geklim het, hoog bo die Noordpoolsirkel. -
11:03 - 11:05Ek het hansworsery aangeleer,
-
11:05 - 11:06en jongleer,
-
11:06 - 11:07op stelte geloop,
-
11:07 - 11:10eenwielfiets gery,
was 'n vuurvreter, glas geëet. -
11:10 - 11:14In 1997 het ek gehoor daar is minder
as 'n dosyn swaardslukkers oor -
11:14 - 11:15en ek het gesê, "Dít moet ek doen!"
-
11:15 - 11:18Ek het 'n swaardslukker ontmoet
en hom vir 'n paar wenke gevra. -
11:18 - 11:20Hy het gesê, "Ja ek sal vir jou 2 wenke gee:
-
11:20 - 11:22Nr. 1: Dis uiters gevaarlik,
-
11:22 - 11:24Mense is al dood hiervan.
-
11:24 - 11:25Nr. 2:
-
11:25 - 11:26Moet dit nie probeer nie!"
-
11:26 - 11:28(Gelag)
-
11:28 - 11:30So ek het dit by lysie thromes gesit.
-
11:30 - 11:33En ek het geoefen
10 tot 12 keer 'n dag, elke dag -
11:34 - 11:35vir vier jaar
-
11:35 - 11:37Ek het uitgewerk
-
11:37 - 11:40(4 x 365)x12
-
11:40 - 11:43Dit was omtrent 13 000
onsuksesvolle pogings -
11:43 - 11:45voordat ek my eerste swaard
in my keel afgekry het, in 2001. -
11:46 - 11:48Gedurende hierdie tyd het 'n
'n throme opgestel -
11:48 - 11:51om 'n wêreldkenner te wees
in swaardslukkery. -
11:51 - 11:54Ek het gesoek vir elke boek,
tydskrif, koerantartikel -
11:54 - 11:58elke medieseverslag,
ek het fisiologie en anatomie studeer, -
11:58 - 12:00ek het met dokters en verpleegsters gepraat,
-
12:00 - 12:02al die swaardslukkers bymekaar gekry
-
12:02 - 12:04by die Internasionale
Swaardslukkers Vereeniging -
12:04 - 12:06en 'n 2-jaar mediese
navorsingspapier uitgevoer -
12:06 - 12:09oor Swaardslukkery en die nagevolge daarvan
-
12:09 - 12:11dit is gepubliseer in
die Britse Mediese Joernaal -
12:11 - 12:12(Gelag)
-
12:12 - 12:13Dankie.
-
12:13 - 12:18(Applous)
-
12:18 - 12:22En ek het 'n paar fassinerende
goed oor swaardslukkery geleer. -
12:22 - 12:25Goed wat ek wet jy nooit voorheen
oor gedink het nie, maar jy sal na vanaand. -
12:25 - 12:29Volgende keer as jy by huis is en jy sny
jou steak met jou mes -
12:29 - 12:32of met 'n swaard, of jou bestek
sal jy hieroor dink... -
12:34 - 12:37Ek het geleer dat swaardslukkery
in Indie negin het - -
12:37 - 12:40net daar waar ek dit heel eerste gesien het
as 'n 20-jarige kind - -
12:40 - 12:42omtrent 4000 jaar gelede, amper 2000 VC.
-
12:42 - 12:46oor die laaste 150 jaar
is swaarslukkers gebruik -
12:46 - 12:47in die velde van wetenskap en medisyne
-
12:47 - 12:51om die onbuigbare endoskoop
te help ontwikkel in 1868 -
12:51 - 12:54by Dr Adolf Kussmaul in Freiburg Duitsland.
-
12:54 - 12:57In 1906, die elektrokardiagram in Wallis
-
12:57 - 13:00om slukversteurings en spysvertering
te ondersoek, -
13:00 - 13:02brongoskope, daai tipe goed.
-
13:02 - 13:04Maar oor die laaste 150 jaar,
-
13:04 - 13:08weet ons van honderde beserings en
talle sterftes... -
13:08 - 13:15Hier is die rigiede endoskoop
wat deur Dr Adolf Kussmael ontwikkel is. -
13:15 - 13:19Maar ons het ontdek dat daar 29 sterftes
oor die laaste 150 was -
13:19 - 13:22dit sluit hierdie swaardslukker van London in,
wat sy hart met sy swaard deurboor het. -
13:23 - 13:25Ons het ook geleer dat daar elke jaar
-
13:25 - 13:283 tot 8 ernstige swaardslukbeserings is.
-
13:28 - 13:30Ek sal weet, want ek kry die oproepe.
-
13:30 - 13:31Ek het sopas twee ontvang,
-
13:31 - 13:34een van Swede en een van Orlando
net oor die laaste paar weke, -
13:34 - 13:37swaardslukkers wat in die hospitaal lê
van besering. -
13:37 - 13:39So dit ís uiters gevaarlik.
-
13:39 - 13:42Die ander ding wat ek geleer het,
is dat swaardsluk neem -
13:42 - 13:44enigiets van 2 tot 10 jaar
om te leer, hoe om 'n swaard te sluk -
13:44 - 13:46vir meeste mense.
-
13:46 - 13:48Maar die mees fassinerende
ontdekking wat ek geleer het -
13:48 - 13:51was hoe swaardslukkers geleer het
om die onmoontlike te doen. -
13:51 - 13:53En ek gaan 'n geheimpie met julle deel:
-
13:54 - 13:58Moenie fokus op die 99.9%
wat onmoontlik is nie. -
13:58 - 14:02Jy fokus op daai .1% wat moontlik is
en jy werk uit hoe om dit moontlik te maak. -
14:03 - 14:06Nou laat ek julle op 'n reis neem
tot binne die gedagtes van 'n swaardslukker. -
14:06 - 14:09Om 'n swaard te kan sluk
verg 'n gees bo die stof meditasie, -
14:09 - 14:12vlymskerp konsentrasie
haarfyn akkuraatheid om -
14:12 - 14:16die interne organe te isoleer
en outomatiese refleksbewegings te oorkom -
14:16 - 14:20deur versterkte breinontledings
deur herhalende spiergeheue -
14:20 - 14:24deur vasbeslote oefening
meer as 10 000 keer. -
14:24 - 14:28Nou laat ek julle op 'n reis neem
binne die lyf van 'n swaardslukker. -
14:28 - 14:30Om 'n swaard te sluk,
-
14:30 - 14:32moet ek die lem oor my tong gly,
-
14:32 - 14:35die gag-refleks onderdruk in
die servikale slukderm, -
14:35 - 14:38om 'n 90 grade draai maneuver
af by die epiglottis, -
14:38 - 14:41deur die krikoïdfarinks
die boonste esofagus sfinkter -
14:41 - 14:43onderdruk die persistalse refleks
-
14:43 - 14:44gly die lem tot binne die borsholte
-
14:44 - 14:46tussen die longe in.
-
14:46 - 14:48By hierdie punt
-
14:48 - 14:50moet ek letterlik my hart opsy stoot.
-
14:50 - 14:52As jy baie mooi kyk,
-
14:52 - 14:54kan jy die hartklop sien met die swaard,
-
14:54 - 14:56want dit lê reg teen die hart
-
14:56 - 14:59net geskei deur 3 mm esofagus weefsel.
-
14:59 - 15:01Dit is nie iets wat jy kan fnuik nie.
-
15:01 - 15:03Dan moet ek dit verby die
borsbeen gly -
15:03 - 15:06verby die laer esofagiese sfinkter,
af tot in die maag, -
15:06 - 15:09onderdruk die kokhalsrefleks in die maag
al die pad af tot by die duodenum. -
15:09 - 15:10So maklik soos dit.
-
15:10 - 15:11(Gelag)
-
15:11 - 15:13As ek enigsins verder sou gaan,
-
15:13 - 15:18sou ek by my Fallopius-buis uitkom
-
15:18 - 15:21Mans, julle kan later vir julle vrouens
vra hieroor... -
15:22 - 15:24Mense vra vir my, hulle sê,
-
15:24 - 15:27Jy is baie dapper om
jou lewe so in gevaar te stel, -
15:27 - 15:29om jou hart opsy te skuif
en 'n swaard te sluk..." -
15:29 - 15:30Nee. Regte dapperheid
-
15:30 - 15:33is vir daardie bang, skaam,
tingerige, gevrekte kind -
15:33 - 15:36om die risiko van mislukking en verwerping te loop
-
15:36 - 15:37om sy hart te ontbloot,
-
15:37 - 15:38en sy trots te sluk
-
15:38 - 15:41en hier te staan voor
'n klomp vreemdelinge -
15:41 - 15:44en sy storie te vertel
oor sy drome en vrese, -
15:44 - 15:48en dit waag om sy binneste uit te stort
letterlik en figuurlik. -
15:48 - 15:49Julle sien - Baie dankie
-
15:49 - 15:54(Applous)
-
15:54 - 15:56Julle sien, die wonderlike ding is
-
15:56 - 15:59ek wou nog altyd die besondere
in my lewe vermag -
15:59 - 16:00en nou doen ek.
-
16:00 - 16:03Maar regtige besondere ding is nie
dat ek 21 swaarde -
16:03 - 16:05op een slag kan sluk nie,
-
16:08 - 16:10of 20 voet onder water sit in 'n tenk
vol haaie en pylsterte -
16:10 - 16:12vir "Ripley's Believe It ot Not", nie
-
16:14 - 16:18of myself witwarm verhit het tot 800 grade
vir Stan Lee se "Superhumans" -
16:18 - 16:19as 'n "Man van Staal"
-
16:20 - 16:22en daai outjie was warm!
-
16:22 - 16:25Of om 'n kar met 'n swaard te trek
vir Ripley's nie, -
16:25 - 16:26of Guinness
-
16:26 - 16:29of dit maak tot in die finaal
van "America's Got Talent" nie -
16:29 - 16:32of die 2007 Ig Nobelprys
in medisyne wen nie. -
16:32 - 16:34Nee, dit is nie die regte besondere
ding nie. -
16:34 - 16:36Dit is wat mense dink.
Nee, nee, nee. Dit is nie -
16:36 - 16:38Die regte besondere ding is
-
16:38 - 16:41dat God kon daardie bang,
skaam, tingerige gevrekte kind, -
16:41 - 16:42wat bang was hoogtes,
-
16:42 - 16:44wat bang was vir water en haaie,
-
16:44 - 16:46en dokters en verpleërs
en naalde en skerp voorwerpe -
16:46 - 16:48en om met mense te praat
-
16:48 - 16:50gekry het om
om die wêreld te vlieg -
16:50 - 16:51teen hoogtes van 9 000 meter
-
16:51 - 16:54skerp voorwerpe te sluk
onderwater te gaan in 'n tenk vol haaie -
16:54 - 16:57en om met dokters, verpleërs
en gehore te praat reg oor die wêreld. -
16:57 - 17:00Dit, is die regte besondere ding vir my.
-
17:00 - 17:01Ek wou nog altyd die onmoontlike doen -
-
17:01 - 17:02Dankie.
-
17:02 - 17:04(Applous)
-
17:04 - 17:05Dankie.
-
17:06 - 17:09(Applous)
-
17:10 - 17:13Ek wou nog altyd die onmoontlike doen,
en nou doen ek. -
17:13 - 17:16Ek wou iets besonders met my lewe doen
en die wêreld verander, -
17:16 - 17:17en nou doen ek.
-
17:17 - 17:20Ek wou om die wêreld vlieg en
bomenslike dade doen -
17:20 - 17:21en lewens red, en nou doen ek.
-
17:21 - 17:23En weet julle wat?
-
17:23 - 17:26Daar is nog steeds 'n klein stukkie van
daardie jong kind se groot droom -
17:26 - 17:27diep binne my.
-
17:30 - 17:36(Gelag) (Applous)
-
17:37 - 17:40En julle weet, ek wou altyd my doel
en roeping in die lewe vind, -
17:40 - 17:42en ek het dit gevind
-
17:42 - 17:43Maar raai wat?
-
17:43 - 17:46Dit was nie met die swaarde,
nie wat julle dink, nie met my kragte -
17:46 - 17:49Dit was eintlik met my swakheid, my woorde.
-
17:49 - 17:51My doel en roeping
is om die wêreld te verander -
17:51 - 17:52deur, deur vrees te breek,
-
17:52 - 17:55een swaard op 'n slag, een woord op 'n slag,
-
17:55 - 17:57een mes op 'n slag, een lewe op 'n slag,
-
17:58 - 18:00op mense te inspireer om helde te wees
-
18:00 - 18:02en om die onmoontlike in hulle lewe te doen.
-
18:02 - 18:05My doel is om ander mense te help
om hulle doel te vind. -
18:05 - 18:06Wat is joune?
-
18:06 - 18:07Wat is jou doel?
-
18:07 - 18:09Waarvoor is jy op die aarde gesit?
-
18:09 - 18:12Ek glo ons is almal
bestem om helde te wees. -
18:12 - 18:14Wat is jou super-krag?
-
18:15 - 18:18Uit 'n wêreld-populasie van
meer as 7 biljoen mense, -
18:18 - 18:20is daar minder as 'n paar dosyn
swaarslukkers -
18:20 - 18:22oor in die wêreld vandag,
-
18:22 - 18:23maar daar is, net jy.
-
18:23 - 18:24Jy is uniek.
-
18:24 - 18:26Wat is jou storie?
-
18:26 - 18:28Wat maak jou anders?
-
18:28 - 18:29Vertel jou storie,
-
18:29 - 18:32selfs al is jou stem dun en bewerig.
-
18:32 - 18:33Wat is jou thromes?
-
18:33 - 18:36As jy enigiets kon doen
enigiemand wees, enige plek gaan - -
18:36 - 18:37Wat sou jy doen?
Waarheen sou jy gaan? -
18:37 - 18:38Wat sou jy doen?
-
18:38 - 18:40Wat wil jy met jou lewe doen?
-
18:40 - 18:42Wat is jou groot drome?
-
18:42 - 18:44Wat was jou grootste drome toe jy jonk was
Dink bietjie terug. -
18:44 - 18:46Ek wed dit was nie hierdie nie, neh?
-
18:46 - 18:48Wat was jou wildste drome
-
18:48 - 18:50wat jy gedink het is vreeslik
vreemd en onbelangrik? -
18:50 - 18:54Ek wed jou dat hierdie alles jou drome
minder vreemd laat lyk, doen dit nie? -
18:55 - 18:57Wat is jou swaard?
-
18:57 - 18:59Elkeen van julle het 'n swaard,
-
18:59 - 19:01'n tweesnydende swaard van vrese en drome.
-
19:01 - 19:04Sluk jou swaard, watookal dit mag wees.
-
19:04 - 19:06Volg jou drome, dames en here,
-
19:06 - 19:09dit is nooit te laat om te wees
wat jy wil wees nie. -
19:10 - 19:13Vir daardie boelies met tennisballe
daardie kinders wat gedink het -
19:13 - 19:15ek sal nooit die onmoontlike kan doen nie,
-
19:15 - 19:18Ek het net een ding om vir hulle te sê:
-
19:18 - 19:19Dankie
-
19:19 - 19:22want as dit nie vir die skurke was nie
sou ons nie helde hê nie. -
19:23 - 19:27EK is hier om te bewys dat die
onmoontlike nie onmoontlik is nie. -
19:28 - 19:32Hierdie is verskriklik gevaarlik
Dit kan my dood veroorsaak. -
19:32 - 19:34Ek hoop julle geniet dit.
-
19:34 - 19:35(Gelag)
-
19:36 - 19:39Ek gaan julle hulp nodig hê vir hierdie een.
-
19:47 - 19:48Gehoor: Twee, drie.
-
19:48 - 19:52Dan Meyer: Nee, nee, nee. Ek het julle hulp
nodig met die tel gedeelte, almal van julle, ok? -
19:52 - 19:53(Gelag)
-
19:53 - 19:56As julle die woorde ken? Ok?
Tel saam met my. Gereed? -
19:56 - 19:57Een.
-
19:57 - 19:58Twee.
-
19:58 - 19:59Drie.
-
19:59 - 20:01Nee, dit is 2, maar julle kry die idee.
-
20:07 - 20:08Gehoor: Een.
-
20:08 - 20:09Twee.
-
20:09 - 20:10Drie.
-
20:11 - 20:13(Snakke)
-
20:14 - 20:16(Applous)
-
20:16 - 20:17DM: Jaaa!
-
20:17 - 20:23(Applous) (Toejuiging)
-
20:23 - 20:25Baie baie dankie.
-
20:25 - 20:29Dankie, dankie, dankie
Dankie, uit die grond van my hart. -
20:29 - 20:31Eintlik, dankie
uit die grond van my maag. -
20:32 - 20:35Ek het vir julle gesê ek het gekom
om die onmoontlike te doen, en nou het ek. -
20:35 - 20:38Maar hierdie was nie die onmoontlike nie
ek doen dit elke dag. -
20:38 - 20:43Die onmoontlike ding was vir daardie bang skaam,
tingerige, gevrekte kind om sy vrese te trotseer -
20:43 - 20:45om hier op 'n TEDx verhoog te staan
-
20:45 - 20:47en die wêreld te verander
een woord op 'n slag, -
20:47 - 20:49een swaar op 'n slag, een lewe op 'n slag.
-
20:49 - 20:52As ek jou anders oor goed laat dink het,
as ek jou laat glo het -
20:52 - 20:54dat die onmoontlike nie moontlik is nie,
-
20:54 - 20:58as ek jou laat besef het dat jy die
onmoontlike in jou lewe kan doen -
20:58 - 21:01dan is my werk gedoen,
en joune het pas begin. -
21:01 - 21:04Hou aan droom. Moenie ophou glo nie
-
21:05 - 21:06Dankie dat julle in my glo
-
21:06 - 21:08en dankie dat julle deel is van my droom.
-
21:08 - 21:10En hier is my geskenk aan julle:
-
21:10 - 21:11Die onmoontlike is nie...
-
21:11 - 21:13Gehoor: Onmoontlike nie.
-
21:13 - 21:15Lang rys, deel van geskenk.
-
21:15 - 21:20(Applous)
-
21:20 - 21:21Dankie.
-
21:21 - 21:25(Applous)
-
21:26 - 21:28(Toejuiging)
-
21:28 - 21:30Aanbieder: Dankie, Dan Meyer, wow!
- Title:
- Doen die onmoontlike, Breek jou vrees | Dan Meyer | TEDxMaastricht
- Description:
-
Wilde jy al ooit 'n superheld is en die onmoontlike doen? Dan Meyer glo dat elkeen van ons die potensiaal het om superheld te word, om die onmoontlike te doen en die wêreld te verander, ongeag hoe diep ons vrese of hoe wild ons drome. Dan vertel ons hoe hy 'n jeug oorwin wat gekenmerk word deur uiterste vrese, sosiale angsversteuring en boelie om uiteindelik bomenslike prestasie neer te sit: 'n finaleplaats in America's Got Talent, wenner van die 2007 Ig Nobel Prize vir die medisyne op Harvard en 39-voudig wereldrecordhouder en belangrikste kenner in een van die wêreld se gevaarlikste kunste - zwaardslikken.
Hierdie talk gehou op 'n TEDx-gebeurtenis, in die styl van die TED-konferensies, maar onafhanklik georganiseer deur 'n plaaslike span. Meer inligting hieroor op http://ted.com/tedx
- Video Language:
- English
- Duration:
- 21:39