Nuwe klere dra? Nog nooit nie!
-
0:01 - 0:04Ek's Jessi en dis my tas.
-
0:04 - 0:07Maar voor ek julle wys wat binne-in is,
-
0:07 - 0:10moet ek eers bieg.
-
0:10 - 0:11Julle sien,
-
0:11 - 0:13ek is versot op klere.
-
0:13 - 0:17Ek is mal oor vind en dra,
-
0:17 - 0:18en deesdae
-
0:18 - 0:20neem ek ook foto's van en blog oor
-
0:20 - 0:22’n kleurvolle, maltrap uitrusting
-
0:22 - 0:24vir elke geleentheid.
-
0:24 - 0:27Maar ek koop niks nuut nie.
-
0:27 - 0:29Ek koop al my klere tweedehands,
-
0:29 - 0:32by vlooimarkte en afslagwinkels.
-
0:32 - 0:33Ag, baie dankie.
-
0:35 - 0:37Om tweedehandse klere te koop
-
0:37 - 0:38help om die impak
-
0:38 - 0:40wat my klerekas op die omgewing
-
0:40 - 0:42en op my beursie het, te verminder.
-
0:42 - 0:45Ek ontmoet allerhande fantastiese mense;
-
0:45 - 0:47my geld ondersteun meestal ’n goeie doel;
-
0:47 - 0:49ek lyk beslis uniek;
-
0:49 - 0:53en inkopies doen is soos
my persoonlike skattejag. -
0:53 - 0:55Ek bedoel, wat gaan ek vandag vind?
-
0:55 - 0:57Gaan dit my pas?
-
0:57 - 0:59Sal ek van die kleur hou?
-
0:59 - 1:01Sal dit minder as $20 wees?
-
1:01 - 1:03As al die antwoorde ja is,
-
1:03 - 1:06voel dit asof ek gewen het.
-
1:06 - 1:08Maar ek wil nou vir julle vertel
-
1:08 - 1:10wat ek in my tas gepak het
-
1:10 - 1:13om vir ’n week na TED te kom.
-
1:13 - 1:16Wat bring iemand
met so baie uitrustings saam? -
1:16 - 1:19Ek sal julle presies wys.
-
1:19 - 1:23Ek het sewe pare broekies gebring
-
1:24 - 1:25en dis al.
-
1:26 - 1:29Net genoeg onderklere vir een week
-
1:29 - 1:31is al wat ek in my tas gebring het.
-
1:31 - 1:33Ek't gedink dat ek
-
1:33 - 1:36enigiets anders wat ek miskien wil dra
-
1:36 - 1:38hier in Palm Springs sal kan kry.
-
1:38 - 1:40Aangesien ek nie hier
-
1:40 - 1:43by TED in my onderklere rondloop nie --
-
1:43 - 1:44(Gelag)
-
1:44 - 1:46beteken dit ek't ’n paar goed gekry.
-
1:46 - 1:50So ek wil julle graag wys
my week se uitrustings lyk. -
1:50 - 1:51Hoe klink dit?
-
1:51 - 1:53(Applous)
-
1:53 - 1:56So terwyl ek dit doen
-
1:56 - 1:59gaan ek julle ’n paar lewenslesse vertel
-
1:59 - 2:01wat ek geleer het, glo dit of nie,
-
2:01 - 2:03te midde van hierdie
niks-nuut-dra avonture. -
2:03 - 2:06Kom ons begin by Sondag.
-
2:06 - 2:08Ek noem dit "Blink Tier."
-
2:08 - 2:11Jy hoef nie baie te spandeer
om goed te lyk nie. -
2:11 - 2:15Dis amper altyd moontlik
om vir minder as $50 asemrowend te lyk. -
2:15 - 2:17Hierdie uitrusting, met die baadjie,
-
2:17 - 2:19het my $55 gekos.
-
2:19 - 2:21En dit was die duurste item
-
2:21 - 2:23vir die week.
-
2:23 - 2:26Maandag: Kleur het krag.
-
2:26 - 2:29Dis net eenvoudig nie moontlik
-
2:29 - 2:32om in ’n slegte bui te wees
wanneer jy ’n helderrooi broek dra nie. -
2:32 - 2:34(Gelag)
-
2:34 - 2:36’n Gelukkige luim
-
2:36 - 2:40trek ander gelukkige mense na jou.
-
2:40 - 2:42Dinsdag:
-
2:42 - 2:45Om in te pas is overrated.
-
2:45 - 2:47Ek't my hele lewe lank probeer
-
2:47 - 2:49om myself te wees
-
2:49 - 2:50en terselfde tyd in te pas.
-
2:50 - 2:52Wees net jouself.
-
2:52 - 2:55Die regte mense
-
2:55 - 2:57sal dit nie net aanvaar nie,
-
2:57 - 2:59hulle sal dit ook waardeer.
-
3:00 - 3:01Woensdag:
-
3:01 - 3:03Probeer om jou innerlike kind te aanvaar.
-
3:03 - 3:05Mense vertel my partykeer
-
3:05 - 3:08dat dit lyk of ek vir ’n tema aantrek
-
3:08 - 3:11of dat ek hulle
aan hul sewe-jarige herinner. -
3:11 - 3:13Dan glimlag ek
-
3:13 - 3:15en bedank hulle.
-
3:16 - 3:17Donderdag:
-
3:17 - 3:19Selfvertroue is deurslaggewend.
-
3:19 - 3:22As jy dink jy lyk goed in iets,
-
3:22 - 3:24dan is die kanse goed daarvoor.
-
3:24 - 3:26As jy dink jy lyk nie goed in iets nie,
-
3:26 - 3:28is die kanse goed dat jy reg is.
-
3:28 - 3:31My ma het dit elke dag benadruk.
-
3:31 - 3:34Eers na my dertigste verjaarsdag
-
3:34 - 3:35het ek regtig verstaan wat dit beteken.
-
3:35 - 3:39Laat ek gou vir julle vertel hoe dit werk.
-
3:39 - 3:42As jy dink jy's ’n mooi persoon,
-
3:42 - 3:44binne en buite,
-
3:44 - 3:47dan sal jy goed lyk en voel
in enige uitrusting. -
3:47 - 3:50Niemand hier het ’n verskoning nie.
-
3:50 - 3:53Ons almal behoort te kan dra
net wat ons wil. -
3:53 - 3:54Dankie.
-
3:54 - 3:56(Applous)
-
3:57 - 4:01Vrydag: ’n Universele waarheid in vyf woorde:
-
4:01 - 4:05Goue blinkers pas by alles.
-
4:06 - 4:07Eindelik, Saterdag.
-
4:09 - 4:11’n Unieke persoonlike styl
-
4:11 - 4:14is die beste manier om jouself woordeloos
-
4:14 - 4:16aan die die wêreld te bemark.
-
4:16 - 4:18Dis herhaaldelik aan my bewys
-
4:18 - 4:20toe mense my hierdie week genader het
-
4:20 - 4:22bloot op grond van my uitrusting.
-
4:22 - 4:23En ons't lekker gesels.
-
4:24 - 4:26Ek sal nie alles wat ek gekoop het
-
4:26 - 4:28in my tas kan pas nie.
-
4:28 - 4:30So voordat ek teruggaan Brooklyn toe,
-
4:30 - 4:32gaan ek alles terug skenk.
-
4:32 - 4:35Die les wat ek myself
hierdie week probeer leer -
4:35 - 4:37is dat dit oukei is om dinge te laat gaan.
-
4:37 - 4:40Ek hoef nie te geheg
aan die goed te raak nie: -
4:40 - 4:42iewers om die draai
-
4:42 - 4:43sal daar altyd
-
4:43 - 4:46nog ’n kleurvolle, maltrap
-
4:46 - 4:48blink uitrusting wees
-
4:48 - 4:49wat net vir my wag,
-
4:49 - 4:52as ek net met ’n bietjie liefde
in my hart daarvoor soek. -
4:52 - 4:54Baie dankie.
-
4:54 - 4:57(Applous)
-
4:57 - 4:59Baie dankie.
-
4:59 - 5:01(Applous)
- Title:
- Nuwe klere dra? Nog nooit nie!
- Speaker:
- Jessi Arrington
- Description:
-
Jessie Arrington, ’n ontwerper, het net sewe stelle onderklere vir TED gepak en die res van haar klere in tweedehandse klerewinkels rondom Los Angeles gekoop. ’n Kleurvolle kreatiewe oefening in bewuste verbruik.
- Video Language:
- English
- Team:
- closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 05:04
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Wearing nothing new | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Wearing nothing new | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Wearing nothing new | ||
Joy-Mari Cloete added a translation |