< Return to Video

Hoe ek ’n windmeul gebou het

  • 0:05 - 0:07
    Chris Anderson: William, hallo.
    Goed om jou te sien.
  • 0:07 - 0:09
    William Kamkwamba: Dankie.
  • 0:10 - 0:12
    CA: Ek dink ons het ’n foto?
    Waar is dit?
  • 0:12 - 0:17
    WK: Dis my huis. Dis waar ek bly.
  • 0:17 - 0:19
    CA: Waar? Watter land?
  • 0:19 - 0:22
    WK: In Malawi, Kasungu. In Kasungu.
  • 0:22 - 0:24
    CA: OK. So, jy's nou 19?
  • 0:24 - 0:26
    WK: Ja. Ek's nou 19 jaar oud.
  • 0:26 - 0:30
    CA: Vyf jaar gelede het jy
    ’n idee gehad. Wat was dit?
  • 0:30 - 0:32
    WK: Ek wou ’n windmeul gemaak het.
  • 0:32 - 0:33
    CA: ’n Windmeul?
  • 0:33 - 0:35
    WK: Ja.
  • 0:35 - 0:38
    CA: Vir krag -- vir ligte en so aan?
  • 0:38 - 0:39
    WK: Ja.
  • 0:39 - 0:43
    CA: So wat het jy gedoen?
    Hoe het jy dit gerealiseer?
  • 0:43 - 0:47
    WK: Na ek skool moes opgee,
    het ek biblioteek toe gegaan,
  • 0:47 - 0:51
    en ek't ’n boek gelees -- "Using Energy,"
  • 0:51 - 0:53
    en ek kry toe inligting
    om die meul te bou.
  • 0:53 - 0:56
    En ek't probeer en ek't dit gemaak.
  • 0:56 - 1:00
    (Applous)
  • 1:05 - 1:09
    CA: So jy't nagevolg -- jy't die ontwerp
    in die boek presies nagevolg.
  • 1:09 - 1:12
    WK: A, nee. Ek't net --
  • 1:12 - 1:14
    CA: Wat het gebeur?
  • 1:14 - 1:18
    WK: Eintlik het ’n ontwerp van
    die windmeul wat in die boek was,
  • 1:18 - 1:21
    dit het vier -- a -- drie lemme,
  • 1:21 - 1:24
    en myne het vier lemme.
  • 1:24 - 1:26
    CA: Die boek s'n het
    drie gehad, joune vier.
  • 1:26 - 1:27
    WK: Ja.
  • 1:27 - 1:30
    CA: En waaruit het jy dit gemaak?
  • 1:30 - 1:35
    WK: Ek't vier lemme gemaak, net
    omdat ek die krag wou vermeerder.
  • 1:35 - 1:36
    CA: OK.
  • 1:36 - 1:36
    WK: Ja.
  • 1:36 - 1:39
    CA: Jy't drie getoets en
    ontdek vier werk beter?
  • 1:39 - 1:41
    WK: Ja. Ek toets.
  • 1:41 - 1:43
    CA: En waaruit het jy die windmeul gemaak?
  • 1:43 - 1:45
    Watter materiale het jy gebruik?
  • 1:45 - 1:52
    WK: Ek gebruik ’n fietsraam, en ’n katrol,
    en plastiekpyp, wat dan trek --
  • 1:52 - 1:55
    CA: Het ons ’n foto daarvan?
    Kan ons die volgende skyfie sien?
  • 1:55 - 1:57
    WK: Ja. Die windmeul.
  • 1:57 - 2:01
    CA: En so, daai windmeul,
    wat -- dit het gewerk?
  • 2:01 - 2:06
    WK: Wanneer die wind waai,
    draai en genereer dit.
  • 2:06 - 2:07
    CA: Hoe baie elektrisiteit?
  • 2:07 - 2:09
    WK: 12 watt.
  • 2:09 - 2:13
    CA: En so, kon dit ’n lig brand
    vir die huis? Hoeveel ligte?
  • 2:13 - 2:16
    WK: Vier gloeilampe en twee radios.
  • 2:16 - 2:17
    CA: Wow.
  • 2:17 - 2:18
    WK: Ja.
  • 2:18 - 2:21
    (Applous)
  • 2:24 - 2:26
    CA: Volgende skyfie --
  • 2:28 - 2:29
    So, wie's dit?
  • 2:29 - 2:32
    WK: Dis my ouers, met die radio.
  • 2:34 - 2:37
    CA: So wat dink hulle --
    jy was toe 14, 15 --
  • 2:37 - 2:39
    wat dink hulle hiervan?
    Was hulle beïndruk?
  • 2:39 - 2:40
    WK: Ja.
  • 2:40 - 2:44
    CA: En so wat's jou --
    wat gaan jy doen hiermee?
  • 2:44 - 2:45
    WK: Um --
  • 2:45 - 2:48
    CA: Wat wil jy -- ek bedoel --
    wil jy nog een bou?
  • 2:48 - 2:51
    WK: Ja, ek wil nog een bou --
  • 2:51 - 2:56
    om water te pomp en lande te besproei.
  • 2:56 - 2:58
    CA: So dit sou groter moes wees?
  • 2:58 - 2:59
    WK: Ja.
  • 2:59 - 3:00
    CA: Hoe groot?
  • 3:00 - 3:05
    WK: Ek dink dit sal meer
    as 20 watt produseer.
  • 3:06 - 3:11
    CA: So dit sal besproeiing
    vir die hele dorpie genereer?
  • 3:11 - 3:12
    WK: Ja.
  • 3:12 - 3:16
    CA: Wow. En so jy's besig om
    te praat met mense hier by TED
  • 3:16 - 3:19
    om mense te kry wat dalk
    op ’n manier kan help
  • 3:19 - 3:21
    om hierdie droom waar te maak?
  • 3:21 - 3:26
    WK: Ja, as hulle my kan help
    met materiale, ja.
  • 3:26 - 3:28
    CA: En as jy dink aan jou lewe vorentoe,
  • 3:28 - 3:31
    jy's nou 19,
  • 3:31 - 3:35
    sien jy jouself voortgaan met
    hierdie droom van werk met energie?
  • 3:35 - 3:40
    WK: Ja. Ek dink steeds
    om te werk met energie.
  • 3:40 - 3:44
    CA: Wow. William, dis ’n groot eer
    om jou by die TED-konferensie te hê.
  • 3:44 - 3:46
    Baie dankie dat jy gekom het.
  • 3:46 - 3:47
    WK: Dankie.
  • 3:47 - 3:51
    (Applous)
Title:
Hoe ek ’n windmeul gebou het
Speaker:
William Kamkwamba
Description:

Toe hy net 14 jaar oud was, het die Malawiese uitvinder William Kamkwamba uit ou onderdele en met rowwe planne uit ’n biblioteekboek vir sy familie ’n windmeul gebou wat elektrisiteit kon opwek.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
03:54
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How I built a windmill
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How I built a windmill
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How I built a windmill
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How I built a windmill
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for How I built a windmill
Ingrid Lezar added a translation

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions