Hoekom jy behoort te weet wat jou medewerkers betaal word
-
0:01 - 0:03Hoeveel word jy betaal?
-
0:03 - 0:05Moenie hardop antwoord nie.
-
0:06 - 0:08Maar sit ’n syfer in jou kop.
-
0:08 - 0:13Nou, hoeveel dink jy word
die persoon langs jou betaal? -
0:13 - 0:15Weereens, moenie hardop antwoord nie.
-
0:15 - 0:16(Gelag)
-
0:17 - 0:20By die werk, hoeveel dink jy
-
0:20 - 0:23word die persoon in die afskorting of
by die lessenaar langs jou betaal? -
0:24 - 0:25Weet jy?
-
0:25 - 0:26Behoort jy te weet?
-
0:27 - 0:31Let op, dis selfs effens ongemaklik vir my
om jou hierdie vrae te vra. -
0:31 - 0:34Maar erken dit -- jy wil so half weet.
-
0:35 - 0:39Die meeste van ons is ongemaklik
met die idee om ons salaris uit te saai. -
0:39 - 0:41Ons moenie ons bure vertel nie
-
0:41 - 0:44en ons moet beslis nie ons bure
by die kantoor vertel nie. -
0:44 - 0:48Ons neem aan die rede is dat as almal weet
wat almal anders betaal word, -
0:48 - 0:49sal die duiwel los wees.
-
0:49 - 0:51Daar sal stryery en bakleiery wees,
-
0:51 - 0:54’n paar mense sal dalk selfs bedank.
-
0:54 - 0:57Maar sê nou geheimhouding is
eintlik die rede vir al daai getwis? -
0:57 - 1:00En wat sal gebeur as ons
daardie geheimhouding wegvat? -
1:01 - 1:05Wat as openheid eintlik die sin van
regverdigheid en samewerking -
1:05 - 1:06in ’n maatskapy versterk?
-
1:06 - 1:09Wat sou gebeur as ons totale
salaris-deursigtigheid gehad het? -
1:10 - 1:12Oor die laaste paar jaar
-
1:12 - 1:14het ek dié korporatiewe en
ondernemingsleiers bestudeer -
1:14 - 1:18wat die konvensionele wysheid oor hoe om
’n maatskapy te bestuur, bevraagteken. -
1:18 - 1:21En die vraag oor betaling
kom aanhoudend ter sprake. -
1:21 - 1:24En die antwoorde verras aanhoudend.
-
1:24 - 1:26Dit blyk dat salaris-deursigtigheid --
-
1:26 - 1:28om salarisse openlik
in ’n maatskapy te deel -- -
1:28 - 1:31’n beter werkplek
vir beide die werknemer -
1:31 - 1:33en vir die organisasie maak.
-
1:33 - 1:36As mense nie weet hoe hul salaris
met hul gelykes s’n vergelyk nie -
1:36 - 1:38is hulle meer geneig om onderbetaal
-
1:38 - 1:40en dalk selfs teen gediskrimineer te voel.
-
1:41 - 1:43Wil jy by ’n plek werk wat toelaat
-
1:43 - 1:46dat jy onderbetaal
en teen gediskrimineer voel? -
1:47 - 1:49Maar om salarisse geheim
te hou doen presies dit, -
1:49 - 1:52en dis ’n praktyk so oud
soos wat dit algemeen is, -
1:53 - 1:55ten spyte daarvan
dat in die VSA -
1:55 - 1:59die wet ’n werknemer se reg
om sy salaris te bespreek, beskerm. -
1:59 - 2:02In een beroemde
voorbeeld van dekades gelede -
2:02 - 2:04het die bestuur van
die tydskrif Vanity Fair -
2:04 - 2:06sowaar ’n memo rondgestuur met die titel:
-
2:06 - 2:09"Belet op bespreking onder werknemers
van salaris ontvang." -
2:09 - 2:13BELET op bespreking onder werknemers
van salaris ontvang. -
2:13 - 2:16Almal het wel nie
daai memo aanvaar nie. -
2:16 - 2:18New York literêre figure Dorothy Parker,
-
2:18 - 2:20Robert Benchley en Robert Sherwood,
-
2:20 - 2:22almal skrywers in die
Algonquin Round Table, -
2:22 - 2:24het vir deursigtigheid opgestaan
-
2:24 - 2:26en is die dag daarna werk toe
-
2:26 - 2:29met hulle salarisse op bordjies geskryf
en om hulle nekke gehang. -
2:29 - 2:30(Gelag)
-
2:31 - 2:32Verbeel jou jy kom by die werk
-
2:32 - 2:36met jou salaris sommer op jou
bors geskryf vir almal om te sien. -
2:37 - 2:41Maar hoekom wil ’n maatskapy
salarisbesprekings ontmoedig? -
2:41 - 2:45Hoekom stem party daarmee saam
terwyl ander daarteen wil opstaan? -
2:46 - 2:49Dit blyk dat buiten die aangenome redes
-
2:49 - 2:52salaris-geheimhouding eintlik
’n manier is om baie geld te spaar. -
2:52 - 2:54Sien, om salarisse geheim te hou
-
2:54 - 2:57lei tot wat ekonome
"inligting-asimmetrie" noem. -
2:57 - 3:00In só ’n onderhandelingsituasie
-
3:00 - 3:03het een party hope meer
inligting as die ander een. -
3:03 - 3:06En in besprekings oor aanstellings,
bevorderings of jaarlikse vehogings -
3:06 - 3:10kan ’n werkgewer dié geheimhouding
gebruik om baie geld te spaar. -
3:10 - 3:14Dink net hoeveel beter jy
vir ’n verhoging sou kon onderhandel -
3:14 - 3:15as jy geweet het wat almal verdien.
-
3:18 - 3:20Ekonome waarsku dat inligting-asimmetrie
-
3:20 - 3:22markte kan laat skeefloop.
-
3:22 - 3:24Iemand los ’n salarisstrokie
op die fotostaatmasjien, -
3:24 - 3:26en skielik skree almal op mekaar.
-
3:27 - 3:29Hulle waarsku selfs
-
3:29 - 3:34dat inligting-asimmetrie tot
’n totale markmislukking kan lei. -
3:34 - 3:36En ek dink ons is amper daar.
-
3:36 - 3:37Dis hoekom:
-
3:37 - 3:42Eerstens het meeste werknemers
geen idee hoe hul salaris vergelyk nie. -
3:43 - 3:47In ’n 2015-opname van 70 000 werknemers
-
3:47 - 3:50het twee derdes van almal
wat die marktarief betaal word -
3:50 - 3:53gesê hulle voel onderbetaal.
-
3:53 - 3:56En uit almal wat gevoel het
hulle word onderbetaal, -
3:56 - 3:59het 60% gesê hulle
beplan om te bedank, -
3:59 - 4:02ongeag of hulle onderbetaal, oorbetaal
-
4:02 - 4:04of presies die marktarief betaal word.
-
4:04 - 4:07Wat sou jy in hierdie opname gesê het?
-
4:07 - 4:08Word jy onderbetaal?
-
4:08 - 4:10Wel, wag -- hoe weet jy eers?
-
4:10 - 4:12Want jy mag nie daaroor praat nie.
-
4:13 - 4:17Volgende, inligting-asimmetrie,
salaris-geheimhouding, -
4:17 - 4:19maak dit makliker om
die diskriminasie te ignoreer -
4:19 - 4:22wat reeds vandag
in die mark teenwoordig is. -
4:22 - 4:26In ’n 2011-verslag van die
Institute for Women's Policy Research -
4:26 - 4:27was die salarisgaping
-
4:27 - 4:30tussen mans en vroue 23%.
-
4:30 - 4:33Dit is waar daardie 77 sent
op die dollar vandaan kom. -
4:34 - 4:35Maar in die Federale Regering,
-
4:35 - 4:37waar salarisse op sekere
vlakke vasgestel is -
4:37 - 4:39en almal weet wat dié vlakke is,
-
4:39 - 4:41krimp die salarisgaping
tussen geslagte na 11%, -
4:41 - 4:44en dit vóór gekontrolleer is
vir enige van die faktore -
4:44 - 4:47waaroor ekonome stry
om te kontrolleer of nie. -
4:47 - 4:50As ons die salarisgaping
tussen die geslagte wil oorbrug, -
4:50 - 4:52moet ons dalk begin
om die loonlys oop te maak. -
4:53 - 4:56As dit is hoe totale markmislukking lyk,
-
4:56 - 5:00dan bly openheid die enigste manier
om regverdigheid te verseker. -
5:00 - 5:03Ek besef dat om mense
te laat weet wat jy verdien -
5:03 - 5:04dalk ongemaklik mag voel,
-
5:04 - 5:06maar is dit nie minder ongemaklik
-
5:06 - 5:09as om altyd te wonder of jy
teen gediskrimineer word nie of -
5:09 - 5:13of jou vrou of jou dogter of jou suster
onregverdig betaal word nie? -
5:14 - 5:17Openheid bly die beste manier
om regverdigheid te verseker -
5:17 - 5:20en salaris-deursigtigheid doen dit.
-
5:20 - 5:23Dis hoekom korporatiewe
en ondernemingsleiers -
5:23 - 5:26al vir jare met dié aspek
van salarisse eksperimenteer. -
5:26 - 5:27Soos Dane Atkinson.
-
5:27 - 5:29Dane is 'n reeks-entrepreneur
-
5:29 - 5:32wat baie maatskapye
met geheime salarisse begin het, -
5:32 - 5:36en hy't dit selfs gebruik om
twee mense met dieselfde kwalifikasies -
5:36 - 5:38dramaties verskillend te betaal,
-
5:38 - 5:40afhangend van hoe goed
hulle kon onderhandel. -
5:40 - 5:43En Dane het die twiste gesien
wat as gevolg hiervan ontstaan het. -
5:44 - 5:46So toe hy sy nuutste maatskapy,
SumAll, gestig het, -
5:46 - 5:50het hy hom van die begin af
aan salaris-deursigtigheid gewy. -
5:50 - 5:52En die resultate is merkwaardig.
-
5:52 - 5:54En in studie op studie,
-
5:54 - 5:56as mense weet hoe hulle betaal word
-
5:56 - 5:58en hoe dit met hul gelykes vergelyk,
-
5:58 - 6:01is hulle meer geneig om hard
te werk om beter te presteer, -
6:01 - 6:04meer geneig om betrokke te wees
en minder geneig om te bedank. -
6:04 - 6:05Dis hoekom Dane nie alleen is nie.
-
6:05 - 6:08Van nuwe tegnologie-maatskapye soos Buffer,
-
6:08 - 6:11tot die tienduisende
werknemers by Whole Foods, -
6:11 - 6:15waar nie net jou salaris beskikbaar
is vir almal om te sien nie, -
6:15 - 6:17maar die prestasiedata vir die
winkel en vir jou departement -
6:17 - 6:19op die maatskapy
se intranet beskikbaar is, -
6:19 - 6:21vir almal om te sien.
-
6:22 - 6:24Nou, salaris-deursigtigheid
neem baie vorme. -
6:24 - 6:26Een grootte pas nie vir almal nie.
-
6:26 - 6:29Party maak hul salarisse
bekend vir almal om te sien. -
6:29 - 6:31Party hou dit binne die maatskapy.
-
6:31 - 6:34Party maak die formule om
salarisse uit te werk bekend. -
6:34 - 6:35Ander maak die salarisvlakke bekend
-
6:35 - 6:37en heg almal aan hulle vlak.
-
6:37 - 6:39So jy hoef nie bordjies te maak
-
6:39 - 6:42vir al jou werknemers
om in die kantoor te dra nie. -
6:42 - 6:45En jy hoef nie die enigste een
te wees wat ’n bordjie dra -
6:45 - 6:47wat jy by die huis gemaak het nie.
-
6:47 - 6:50Maar almal kan groter stappe
na deursigtigheid neem. -
6:50 - 6:52Vir dié van julle wat die gesag het
-
6:52 - 6:54om vooruit te beweeg na deursigtigheid:
-
6:54 - 6:56dis tyd om vooruit te beweeg.
-
6:56 - 6:58En vir dié van julle wat
nie die gesag het nie: -
6:58 - 7:01dis tyd om op te kom vir jou reg daartoe.
-
7:01 - 7:03So hoeveel word jy betaal?
-
7:04 - 7:07En hoe vergelyk dit met die
mense saam met wie jy werk? -
7:07 - 7:09Jy behoort te weet.
-
7:09 - 7:11En hulle ook.
-
7:12 - 7:13Dankie.
-
7:13 - 7:16(Applous)
- Title:
- Hoekom jy behoort te weet wat jou medewerkers betaal word
- Speaker:
- David Burkus
- Description:
-
Hoeveel word jy betaal? Hoe vergelyk dit met die mense saam met wie jy werk? Jy behoort te weet en hulle ook. So sê bestuursnavorser David Burkus. In hierdie praatjie bevraagteken Burkus ons kulturele aannames oor die geheimhouding van salarisse en voer oortuigende redes aan vir hoekom dit werknemers, organisasies en die samelewing kan bevoordeel om salarisse bekend te maak.
- Video Language:
- English
- Team:
closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 07:29
![]() |
Ingrid Lezar approved Afrikaans subtitles for Why you should know how much your coworkers get paid | |
![]() |
Ingrid Lezar accepted Afrikaans subtitles for Why you should know how much your coworkers get paid | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Why you should know how much your coworkers get paid | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Why you should know how much your coworkers get paid | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Why you should know how much your coworkers get paid | |
![]() |
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Why you should know how much your coworkers get paid | |
![]() |
Elri Marais edited Afrikaans subtitles for Why you should know how much your coworkers get paid | |
![]() |
Elri Marais edited Afrikaans subtitles for Why you should know how much your coworkers get paid |