Lewenslesse deur knutselwerk
-
0:00 - 0:04Hierdie is die einste oomblik
-
0:04 - 0:09wat ek ’n Knutselwerkskool begin skep het.
-
0:09 - 0:13Knutselwerkskool is ’n plek waar kinders stokke, hammers
-
0:13 - 0:17en ander gevaarlike voorwerpe kan optel,
-
0:17 - 0:19en vertrou kan word.
-
0:19 - 0:21Vertrou word om nie hulleself
-
0:21 - 0:25of ander seer te maak nie.
-
0:25 - 0:28Knutselwerk Skool volg nie ’n vasgestelde kurrikulum nie.
-
0:28 - 0:30En daar is geen toetse nie.
-
0:30 - 0:34Ons probeer nie om vir iemand een spesifieke ding te leer nie.
-
0:34 - 0:37Wanneer die kinders aankom
-
0:37 - 0:39word hulle gekonfronteer met baie goeters,
-
0:39 - 0:43hout en spykers en tou en wiele,
-
0:43 - 0:48en baie regte egte gereedskap.
-
0:48 - 0:53Dis ’n ses-dae lange ervaring waarin die kinders hulself kan verdiep.
-
0:53 - 0:57En binne daardie konteks kan ons vir die kinders tyd bied.
-
0:57 - 1:00Iets wat oënskynlik skaars is
-
1:00 - 1:03in hulle oorvol lewens.
-
1:03 - 1:06Ons doelwit is om te verseker dat hulle weggaan
-
1:06 - 1:08met ’n beter idee van hoe om goed te maak
-
1:08 - 1:11as toe hulle aangekom het,
-
1:11 - 1:14en die diepe gewaarwording
-
1:14 - 1:18dat ’n mens dinge kan baasraak deur rond te speel.
-
1:18 - 1:23Niks draai ooit uit soos beplan nie.
-
1:23 - 1:25(Gelag)
-
1:25 - 1:27En die kinders leer vinnig
-
1:27 - 1:31dat alle projekte skeefloop --
-
1:31 - 1:32(Gelag)
-
1:32 - 1:34en word gerus met die idee dat elke tree in ’n
-
1:34 - 1:37projek ’n tree nader is aan
-
1:37 - 1:40soete sukses
-
1:40 - 1:44of vrolike rampspoed.
-
1:44 - 1:48Ons begin met krabbels en sketse.
-
1:48 - 1:51En partykeer maak ons regte planne.
-
1:51 - 1:55En soms begin ons sommer net bou.
-
1:55 - 1:58Bou is ’n kerndeel van die ervaring.
-
1:58 - 2:01Prakties, in dit verdiep
-
2:01 - 2:05en ten volle verbind tot die taak voor hulle.
-
2:05 - 2:08Robin en ek tree op as medewerkers,
-
2:08 - 2:10en ons hou die landskap van die projekte
-
2:10 - 2:13gekantel na voltooiing.
-
2:13 - 2:16Sukses is in die doenwerk.
-
2:16 - 2:19En mislukkings word gevier en geanaliseer.
-
2:19 - 2:22Probleme word raaisels
-
2:22 - 2:26en hindernisse verdwyn.
-
2:26 - 2:28Wanneer ’n besonder moeilike
-
2:28 - 2:30terugslag of kompleksiteit opduik,
-
2:30 - 2:35kom ’n baie interessante gedrag na vore: versiering.
-
2:35 - 2:38(Gelag)
-
2:38 - 2:40Die versiering van die onvoltooide projek
-
2:40 - 2:44is ’n soort konseptuele inkubasie.
-
2:44 - 2:47In die tussentyd kom diep insigte na vore
-
2:47 - 2:50en ongelooflike nuwe benaderings tot die oplossing van probleme
-
2:50 - 2:55wat hulle net oomblike van te vore frustreerd gehad het.
-
2:55 - 3:00Alle materiale is beskikbaar vir gebruik.
-
3:00 - 3:06Selfs daardie vervelige, vieslike plastiek inkopiesakke
-
3:06 - 3:08kan ’n brug word,
-
3:08 - 3:12sterker as wat enigiemand kon dink.
-
3:12 - 3:15En die dinge wat hulle bou,
-
3:15 - 3:18verbaas selfs hulleself.
-
3:18 - 3:22Video: Drie, twee, een, GAAN!
-
3:29 - 3:33Gever Tulley: ’n Tuimeltrein gebou deur sewe-jariges.
-
3:33 - 3:36Video: Jippie!
-
3:36 - 3:38(Applous)
-
3:38 - 3:41Gever Tulley: Dankie. Dit was ’n groot plesier.
-
3:41 - 3:47(Applous)
- Title:
- Lewenslesse deur knutselwerk
- Speaker:
- Gever Tulley
- Description:
-
Gever Tulley gebruik aangrypende foto's en video-opnames om die waardevolle lesse wat kinders by sy Knutselwerkskool leer te demonstreer. Wanneer hulle toegerus word met gereedskap, materiale en leiding ken hierdie jong verbeeldings geen perke nie en kreatiewe probleemoplossing neem oor om unieke bote, brûe en selfs ’n tuimeltrein te bou.
- Video Language:
- English
- Team:
- closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 03:48
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Life lessons through tinkering | ||
Ingrid Lezar added a translation |