Versmoor skole kreatiwiteit?
-
0:02 - 0:05Goeie môre. Hoe gaan dit?
-
0:05 - 0:06(Gelag)
-
0:06 - 0:09Dis fantasties sover, of hoe?
-
0:09 - 0:11Die hele ding het my stomgeslaan.
-
0:11 - 0:13Eintlik is ek op pad.
-
0:13 - 0:15(Gelag)
-
0:18 - 0:20Daar was drie temas sover,
-
0:20 - 0:24deur die konferensie, wat relevant is
vir waaroor ek wil praat. -
0:24 - 0:28Een is die ongelooflike bewyse
van menslike kreatiwiteit -
0:28 - 0:31in al die aanbiedings
-
0:31 - 0:33en in al die mense hier.
-
0:33 - 0:36Net die blote verskeidenheid
en omvang daarvan. -
0:36 - 0:39Tweedens is ons op ’n plek
-
0:39 - 0:41waar ons geen idee het
wat gaan gebeur nie, -
0:41 - 0:43ten opsigte van die toekoms.
-
0:43 - 0:45Geen idee hoe dinge dalk kan verloop nie.
-
0:45 - 0:47Ek't ’n belang by opvoedkunde.
-
0:47 - 0:51Eintlik het ons almal
’n belang by opvoedkunde. -
0:51 - 0:53Het julle nie?
-
0:53 - 0:54Ek vind dit baie interessant.
-
0:54 - 0:56As jy by ’n ete is,
-
0:56 - 0:58en jy sê jy werk in opvoedkunde --
-
0:58 - 1:03eintlik, om die waarheid te sê,
is jy nie gereeld by etes nie. -
1:03 - 1:05(Gelag)
-
1:05 - 1:08As jy in opvoedkunde werk,
word jy nie genooi nie. -
1:08 - 1:10(Gelag)
-
1:10 - 1:14En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg.
Dis vir my vreemd. -
1:14 - 1:17Maar as jy is, en jy sê vir iemand,
-
1:17 - 1:18hulle sê mos: "Wat doen jy vir ’n lewe?"
-
1:18 - 1:20en jy sê jy werk in opvoedkunde,
-
1:20 - 1:22kan jy sien hoe hulle verbleek.
-
1:22 - 1:25Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?"
-
1:25 - 1:26(Gelag)
-
1:26 - 1:29"My een aand uit hierdie hele week."
-
1:29 - 1:30(Gelag)
-
1:30 - 1:34Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding,
druk hulle jou in ’n hoek vas. -
1:34 - 1:37Want dis een van daai dinge
wat mense na aan die hart lê, is ek reg? -
1:37 - 1:41Soos geloof, en geld en ander dinge.
-
1:43 - 1:45Ek't ’n groot belang by opvoedkunde
en ek dink ons almal het. -
1:45 - 1:47Ons't ’n groot persoonlike belang daarby,
-
1:47 - 1:49deels omdat dit opvoeding is
-
1:49 - 1:52wat ons in hierdie
onbegryplike toekoms moet in neem. -
1:52 - 1:56Dink net,
kinders wat dié jaar skool begin -
1:56 - 2:00tree af in 2065.
-
2:00 - 2:02Niemand het ’n idee --
-
2:02 - 2:06t.s.v. al die kennis
wat die laaste vier dae hier vertoon is -- -
2:06 - 2:08hoe die wêreld gaan lyk
oor vyf jaar nie. -
2:08 - 2:10En tog is ons veronderstel
om hulle daarvoor op te voed. -
2:10 - 2:13So die onvoorspelbaarheid
is ongelooflik. -
2:13 - 2:15En die derde deel is dat
-
2:15 - 2:18ons almal nietemin saamgestem het
-
2:18 - 2:22oor die werklik buitengewone kapasiteite
wat kinders het -- -
2:22 - 2:24hulle kapasiteite vir innovasie.
-
2:24 - 2:27Sirena gisteraand was ongelooflik.
-
2:27 - 2:29Net om te sien wat sy kan doen.
-
2:29 - 2:34En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie
-
2:34 - 2:37sy's uitsonderlik
in die geheel van kindwees nie. -
2:37 - 2:39Sy's ’n persoon met ongelooflike toewyding
-
2:39 - 2:41wat ’n talent gevind het.
-
2:41 - 2:43Ek voer aan dat alle kinders
geweldige talente het. -
2:43 - 2:46En ons vermors dit, nogal meedoënloos.
-
2:46 - 2:48So ek wil praat oor opvoedkunde
-
2:48 - 2:50en ek wil praat oor kreatiwiteit.
-
2:50 - 2:56Kreatiwiteit is nou net so belangrik
soos geletterheid in opvoeding -
2:56 - 3:00en ons moet dit dieselfde status toeken.
-
3:00 - 3:02(Applous) Dankie.
-
3:02 - 3:06(Applous)
-
3:06 - 3:07Dit was dit, terloops.
-
3:07 - 3:08Baie dankie.
-
3:08 - 3:10(Gelag)
-
3:10 - 3:12So, nog 15 minute.
-
3:12 - 3:15(Gelag)
-
3:15 - 3:17Wel, ek is gebore... nee.
-
3:17 - 3:18(Gelag)
-
3:20 - 3:22Ek't onlangs ’n goeie storie gehoor --
ek vertel dit graag -- -
3:22 - 3:25van ’n dogtertjie in ’n tekenklas.
-
3:25 - 3:27Sy was ses, agter in die klas,
aan't teken, -
3:27 - 3:30en die juffrou het gesê
dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie, -
3:30 - 3:32maar in dié tekenklas het sy.
-
3:32 - 3:34Die juffrou was gefassineerd.
-
3:34 - 3:36Sy't haar gaan vra:
"Wat teken jy?" -
3:36 - 3:40Die kind sê toe:
"Ek teken ’n prentjie van God." -
3:40 - 3:43Die juffrou sê:
"Maar niemand weet hoe God lyk nie." -
3:43 - 3:46En die dogtertjie sê toe:
"Hulle sal nou-nou." -
3:46 - 3:53(Gelag)
-
3:57 - 3:59Toe my seun vier was in Engeland --
-
3:59 - 4:02eintlik was eerlikwaar oral vier.
-
4:02 - 4:04(Gelag)
-
4:04 - 4:06Strenggesproke, waarookal hy gegaan het,
was hy vier daai jaar. -
4:06 - 4:10Hy was in die Kersspel.
Onthou julle die storie? -
4:10 - 4:11(Gelag)
-
4:11 - 4:13Dit was ’n grote.
-
4:13 - 4:15Mel Gibson het die opvolg gedoen.
-
4:15 - 4:16(Gelag)
-
4:16 - 4:18"Kersspel II."
-
4:19 - 4:22James was Josef;
ons was in ons noppies. -
4:22 - 4:25Een van die hoofrolle!
-
4:25 - 4:27Ons't agente met T-hempde gehad:
-
4:27 - 4:30"James Robinson IS Josef!" (Gelag)
-
4:30 - 4:32Hy moes niks sê nie,
maar julle weet mos, -
4:32 - 4:34wanneer die drie wyse manne inkom?
-
4:34 - 4:36Hulle bring geskenke:
goud, wierook [frankincense] en mirre. -
4:36 - 4:38Dit het rêrig gebeur.
-
4:38 - 4:40Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan,
-
4:40 - 4:42want ons't die seuntjie later gevra:
-
4:42 - 4:44"Was jy OK daarmee?" En hy't gesê:
"Ja. Was dit dan verkeerd?" -
4:44 - 4:46Hulle't net geruil, dis al.
-
4:46 - 4:47Die drie seuns kom in --
-
4:47 - 4:49vierjariges met vatdoeke om hulle koppe --
-
4:49 - 4:51en hulle sit die bokse neer,
-
4:51 - 4:53en die eerste een sê:
"Ek bring vir U goud." -
4:53 - 4:56Die tweede een sê:
"Ek bring vir U mirre." -
4:56 - 5:02En die derde een sê:
"Frank sent this." (Gelag) -
5:03 - 5:06(Gelag)
-
5:11 - 5:14Dit alles om te sê:
kinders sal ’n kans vat. -
5:14 - 5:17As hulle nie weet nie, sal hulle probeer.
-
5:17 - 5:21Nie waar nie? Hulle's nie bang
om verkeerd te wees nie. -
5:21 - 5:25Ek bedoel nie dat verkeerd wees
en kreatief wees dieselfde is nie. -
5:25 - 5:28Maar as jy nie bereid is
om verkeerd te wees nie, -
5:28 - 5:31sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie --
-
5:31 - 5:34as jy nie bereid is
om verkeerd te wees nie. -
5:34 - 5:38Teen die tyd wat hulle groot is,
het meeste kinders daai kapasiteit verloor. -
5:38 - 5:40Hulle word bang om verkeerd te wees.
-
5:40 - 5:42En ons bestuur ons maatskappye so.
-
5:42 - 5:44Ons stigmatiseer foute.
-
5:44 - 5:46En nou bedryf ons
nasionale opvoedingstelsels -
5:46 - 5:50waar foute die ergste ding is
wat ’n mens kan maak. -
5:50 - 5:51En die gevolg is dat
-
5:51 - 5:54ons mense uit
hulle kreatiewe kapasiteite uit opvoed. -
5:54 - 5:59Picasso het gesê dat alle kinders
gebore kunstenaars is. -
5:59 - 6:02Die probleem is om een te bly
soos ons grootword. -
6:02 - 6:05Ek glo vas:
ons groei nie in kreatiwiteit in nie, -
6:05 - 6:07ons groei uit dit uit.
-
6:07 - 6:10Of ons word uit dit uit opgevoed.
-
6:10 - 6:12So hoekom is dit so?
-
6:12 - 6:15Ek't tot vyf jaar gelede
op Stratford-op-Avon gewoon. -
6:15 - 6:18Ons't van Stratford na Los Angeles getrek.
-
6:18 - 6:21So julle kan julle indink
wat ’n seepgladde oorgang dit was. -
6:21 - 6:22(Gelag)
-
6:22 - 6:24Eintlik het ons in Snitterfield gewoon,
-
6:24 - 6:26net buite Stratford,
-
6:26 - 6:28en dis waar Shakespeare se pa gebore is.
-
6:28 - 6:31Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is.
-
6:31 - 6:35’n Mens dink nie aan Shakespeare
as iemand met ’n pa nie. -
6:35 - 6:37Want ’n mens dink nie
aan Shakespeare as ’n kind nie. -
6:37 - 6:39Shakespeare op sewe?
-
6:39 - 6:40Ek't nooit daaraan gedink nie.
-
6:40 - 6:42Hy was tog op ’n kol sewe.
-
6:42 - 6:46In iemand se Engelse klas.
-
6:46 - 6:49(Gelag)
-
6:51 - 6:54Hoe irriterend moet dit nie wees nie?
-
6:54 - 6:57(Gelag)
-
7:00 - 7:02"Moet harder probeer."
-
7:02 - 7:03(Gelag)
-
7:06 - 7:10Word bed toe gestuur deur sy pa,
"Klim in die bed, nou! -
7:10 - 7:12"Een sit neer daai potlood."
-
7:12 - 7:12(Gelag)
-
7:12 - 7:15"En hou op om so te praat."
-
7:15 - 7:17(Gelag)
-
7:17 - 7:20"Dit verwar almal."
-
7:20 - 7:24(Gelag)
-
7:24 - 7:30In elk geval, ons't getrek
van Statford na Los Angeles, -
7:30 - 7:32en ek wil net iets sê oor die oorgang.
-
7:32 - 7:33My seun wou nie kom nie.
-
7:33 - 7:36Ek't twee kinders.
Hy's nou 21; my dogter is 16. -
7:36 - 7:38Hy wou nie Los Angeles toe kom nie.
-
7:38 - 7:42Hy was mal daaroor,
maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. -
7:42 - 7:45Die liefde van sy lewe, Sarah.
-
7:45 - 7:47Hy't haar al ’n maand geken.
-
7:47 - 7:48(Gelag)
-
7:48 - 7:51Maar hulle't al vier herdenkings gevier,
-
7:51 - 7:53want dis ’n lang tyd as jy 16 is.
-
7:53 - 7:54Hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig,
-
7:54 - 7:57hy't gesê: "Ek sal nooit weer
’n meisie soos Sarah kry nie." -
7:57 - 8:01Ons was nogals opgemaak daaroor,
om die waarheid te sê -- -
8:01 - 8:05(Gelag)
-
8:07 - 8:11Sy was die hoofrede hoekom ons landuit is.
-
8:11 - 8:12(Gelag)
-
8:16 - 8:18Maar iets tref jou
wanneer jy Amerika toe trek -
8:18 - 8:19en wanneer jy om die wêreld reis:
-
8:19 - 8:24Elke opvoedingstelsel op aarde
het dieselfde hiërargie van vakke. -
8:24 - 8:25Elke een.
-
8:25 - 8:26’n Mens sou dink dis anders, maar nee.
-
8:26 - 8:29Heel bo is wiskunde en tale,
-
8:29 - 8:31dan die wysbegeerte,
en heel onder is die kunste. -
8:31 - 8:33Orals op aarde.
-
8:33 - 8:38En in min of meer elke stelsel
is daar ook ’n hiërargie binne die kunste -
8:38 - 8:40Kuns en musiek kry gewoonlik
’n hoër status in skole -
8:40 - 8:42as drama en dans.
-
8:42 - 8:44Daar is nie ’n opvoedingstelsel
-
8:44 - 8:46wat dans elke dag vir kinders leer
-
8:46 - 8:48soos ons vir hulle wiskunde leer nie.
Hoekom? -
8:48 - 8:51Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik.
-
8:51 - 8:53Ek dink wiskunde is belangrik,
maar dans is ook. -
8:53 - 8:56Kinders dans heeltyd as hulle mag,
ons almal doen dit. -
8:56 - 9:00Ons het almal liggame, of hoe?
Het ek ’n vergadering misgeloop? -
9:00 - 9:01(Gelag)
-
9:03 - 9:04Inderwaarheid, wat gebeur is,
soos kinders grootword -
9:04 - 9:07begin ons hulle geleidelik
van die middellyf af boontoe opvoed. -
9:07 - 9:09En dan fokus ons op hulle koppe.
-
9:09 - 9:12En effens na een kant toe.
-
9:12 - 9:14As jy opvoeding sou besoek,
as ’n ruimtewese, -
9:14 - 9:17en sê: "Waarvoor is openbare opvoeding?"
-
9:17 - 9:20dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom
-- as jy kyk na die uitset, -
9:20 - 9:21wie behaal werklik sukses hierdeur,
-
9:21 - 9:23wie doen alles wat hulle moet,
-
9:23 - 9:26wie kry al die "brownie points",
wie is die wenners -- -
9:26 - 9:29sou jy tot die gevolgtrekking moes kom
dat die hele doel van openbare opvoeding -
9:29 - 9:30regoor die wêreld
-
9:30 - 9:33is om universiteitsprofessors te lewer.
-
9:33 - 9:34Of hoe?
-
9:34 - 9:35Hulle is die mense wat bo uitkom.
-
9:35 - 9:38En ek was een, so vat so.
-
9:38 - 9:40(Gelag)
-
9:42 - 9:44En ek hou van universiteitsprofessors,
maar julle weet, -
9:44 - 9:47ons moet hulle nie as die hoogtepunt
-
9:47 - 9:48van alle menslike prestasie voorhou nie.
-
9:48 - 9:50Hulle's net ’n vorm van lewe,
-
9:50 - 9:52nog ’n vorm van lewe.
-
9:52 - 9:55Maar hulle's nogal vreemd,
en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle. -
9:55 - 9:57Daar's iets vreemd omtrent professors
in my ervaring -- -
9:57 - 10:00nie almal van hulle nie, maar tipies,
lewe hulle in hul koppe. -
10:00 - 10:04Hulle lewe daar bo,
en effens na een kant toe. -
10:04 - 10:07Hulle's ontliggaam, julle weet,
op ’n soortvan letterlike manier. -
10:07 - 10:12Hulle sien hul liggame
as ’n vervoermiddel vir hul koppe. -
10:12 - 10:14(Gelag)
-
10:16 - 10:18Of hoe?
-
10:18 - 10:21Dis ’n manier om hul koppe
by vergaderings te kry. -
10:21 - 10:24(Gelag)
-
10:25 - 10:29As julle ware bewys soek
van buiteliggaamlike ervarings, -
10:29 - 10:33besoek ’n residensiële konferensie
van senior akademici, -
10:33 - 10:35en maak ’n draai by die sokkie
op die laaste aand. -
10:35 - 10:37(Gelag)
-
10:37 - 10:39En daar sal julle dit sien.
-
10:39 - 10:43Volwasse mans en vroue
wat ritmeloos wriemel. -
10:43 - 10:45(Gelag)
-
10:46 - 10:49Terwyl hulle wag vir dit om klaar te maak,
sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf. -
10:49 - 10:51(Gelag)
-
10:51 - 10:55Ons opvoedingstelsel berus op die idee
van akademiese vaardigheid. -
10:55 - 10:56En daar's ’n rede daarvoor.
-
10:56 - 11:00Regoor die wêreld was daar
geen openbare opvoedingstelsels -
11:00 - 11:02voor die 19de eeu nie.
-
11:02 - 11:05Hulle't almal tot wording gekom om
in die behoeftes van industrialisme te voorsien. -
11:05 - 11:08So die hierargie is gewortel in twee idees.
-
11:08 - 11:12Een, dat die mees nuttige vakke
vir werk heel bo is. -
11:12 - 11:15So op skool is jy waarskynlik
goedgunstiglik van -
11:15 - 11:17goed waarvan jy gehou het weggestuur,
-
11:17 - 11:20op grond daarvan dat jy nooit
’n werk daardeur sou kry nie. Nie waar nie? -
11:20 - 11:22Moenie musiek neem nie,
jy gaan nie ’n musikant word nie; -
11:22 - 11:24moenie kuns neem nie,
jy gaan nie ’n kunstenaar word nie. -
11:24 - 11:28Goedgunstige advies --
nou, uiters verkeerd. -
11:28 - 11:30Die hele wêreld is verswelg
in ’n rewolusie. -
11:30 - 11:33En die tweede is akademiese vaardigheid,
-
11:33 - 11:34wat werklik ons idee
van intelligensie oorskadu, -
11:34 - 11:38omdat die universiteite die stelsel
na hul eie beeld ontwerp het. -
11:38 - 11:40As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel
regoor die wêreld -
11:40 - 11:44is ’n uitgerekte proses
van universiteitstoelating. -
11:44 - 11:46En die gevolg is dat
baie uiters talentvolle, -
11:46 - 11:49briljante, kreatiewe mense
dink dat hulle nie is nie, -
11:49 - 11:51omdat die ding
waarin hulle goed was op skool -
11:51 - 11:54nie waardeer is nie,
of selfs gestigmatiseer is. -
11:54 - 11:56En ek dink nie ons kan bekostig
om so voort te gaan nie. -
11:56 - 11:58In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO,
-
11:58 - 12:01gaan meer mense wêreldwyd
deur opvoeding gradueer -
12:01 - 12:05as sedert die begin van geskiedenis.
-
12:05 - 12:07En dis die kombinasie
van alles waaroor ons gepraat het -- -
12:07 - 12:09tegnologie en hoe dit
werk getransformeer het, -
12:09 - 12:12en demografie
en die massiewe bevolkingsontploffing. -
12:12 - 12:15Skielik is grade niks werd nie.
-
12:15 - 12:17Nie waar nie?
-
12:17 - 12:20Toe ek ’n student was,
het jy met ’n graad ’n werk gehad. -
12:20 - 12:23As jy nie ’n werk gehad het nie,
wou jy nie een hê nie. -
12:23 - 12:27En ek wou nie een hê nie,
om die waarheid te sê. (Gelag) -
12:27 - 12:29Maar deesdae is kinders met grade
-
12:29 - 12:32gereeld oppad huis toe om verder
te gaan TV speletjies speel, -
12:32 - 12:35omdat jy ’n MA nodig het
waar die vorige posisie ’n BA vereis het, -
12:35 - 12:37en jy nou ’n PhD benodig vir die ander.
-
12:37 - 12:39Dis ’n proses van akademiese inflasie.
-
12:39 - 12:41En dit dui daarop
dat die hele struktuur van opvoeding -
12:41 - 12:42besig is om onder ons voete te skuif.
-
12:42 - 12:45Ons moet drasties ons siening
van intelligensie hersien. -
12:45 - 12:46Ons weet drie dinge omtrent intelligensie.
-
12:46 - 12:48Een, dis divers.
-
12:48 - 12:50Ons dink oor die wêreld op al die maniere
wat ons dit ervaar. -
12:50 - 12:54Ons dink visueel, ons dink in klank,
ons dink kineties. -
12:54 - 12:57Ons dink in abstrakte terme,
ons dink in beweging. -
12:57 - 13:00Tweedens, intelligensie is dinamies.
-
13:00 - 13:02As ’n mens kyk na die interaksies
van ’n menslike brein, -
13:02 - 13:05soos ons gister tydens
heelwat aanbiedings gehoor het, -
13:05 - 13:07is intelligensie wonderlik interaktief.
-
13:07 - 13:10Die brein is nie opgedeel
in kompartemente nie. -
13:10 - 13:12Inderwaarheid, is kreatiwiteit --
-
13:12 - 13:16wat ek definieer as die proses
van oorspronklike idees met waarde hê -- -
13:16 - 13:19gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie
-
13:19 - 13:24van verskillende maniere van dinge sien.
-
13:24 - 13:26Daar's ’n senuweebundel
wat die twee helftes van die brein verbind: -
13:26 - 13:27die corpus callosum.
-
13:27 - 13:30Dis dikker by vroue.
-
13:30 - 13:31Om aan te sluit by Helen gister:
-
13:31 - 13:34Dis waarskynlik hoekom vroue
beter is met "multi-tasking". -
13:34 - 13:36Want julle is mos, nè?
-
13:36 - 13:40Daar's baie navorsing,
maar ek ervaar dit persoonlik. -
13:40 - 13:46As my vrou tuis iets kook --
nie gereeld nie, dankie tog. -
13:46 - 13:48(Gelag)
-
13:48 - 13:51Nee, sy's goed met sommige dinge --
maar as sy kook, -
13:51 - 13:52hanteer sy foonoproepe,
-
13:52 - 13:56praat sy met die kinders,
verf sy die plafon. -
13:56 - 13:58Sy doen ’n oophart-operasie hier.
-
13:58 - 14:01As ek kook, is die deur toe,
die kinders is uit, -
14:01 - 14:04die foon is van die mikkie af,
as sy inkom raak ek geïrriteerd. -
14:04 - 14:10Ek sê: "Terry, asseblief,
ek probeer ’n eier bak hier." -
14:10 - 14:13(Gelag)
-
14:15 - 14:16"Gee my tog ’n kans."
-
14:16 - 14:18(Gelag)
-
14:18 - 14:20Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding,
-
14:20 - 14:23as ’n boom in die bos val
en niemand hoor dit nie, het dit gebeur? -
14:23 - 14:25Onthou julle daai ou sê-ding?
-
14:25 - 14:28Ek't onlangs ’n goeie T-hemp gesien:
-
14:28 - 14:31"As ’n man homself uitspreek in ’n bos,
en geen vrou hoor hom nie, -
14:31 - 14:36is hy steeds verkeerd?"
-
14:36 - 14:38(Gelag)
-
14:40 - 14:42En die derde ding omtrent intelligensie is,
-
14:42 - 14:44dis spesifiek.
-
14:44 - 14:47Ek skryf aan ’n nuwe boek
op die oomblik -- "Epiphany" -- -
14:47 - 14:49wat gebaseer is
op ’n reeks onderhoude met mense -
14:49 - 14:51oor hoe hulle hul talent ontdek het.
-
14:51 - 14:53Dis fassinerend hoe mense daar uitgekom het.
-
14:53 - 14:56Dis aangespoor deur ’n gesprek
met ’n wonderlike vrou, -
14:56 - 14:58wat meeste mense miskien nog nooit
van gehoor het nie, Gillian Lynne. -
14:58 - 15:00Al gehoor? Sommige het.
-
15:00 - 15:02Sy's ’n choreograaf
en almal ken haar werk. -
15:02 - 15:05Sy't "Cats" en
"Phantom of the Opera" gedoen. -
15:05 - 15:06Sy's wonderlik.
-
15:06 - 15:08Ek was van te vore raadslid
van die Koninklike Ballet, -
15:08 - 15:11soos julle kan sien.
-
15:11 - 15:13Ons't eendag saam geëet
en ek sê: -
15:13 - 15:14"Gillian, hoe't jy ’n danser geword?"
-
15:14 - 15:15Dit was interessant.
-
15:15 - 15:18Toe sy op skool was,
was sy rêrig hopeloos. -
15:18 - 15:21En die skool, in die 30's,
skryf toe vir haar ouers: -
15:21 - 15:23"Ons dink Gillian het ’n leerprobleem."
-
15:23 - 15:24Sy kon nie konsentreer nie,
sy't gevroetel. -
15:24 - 15:29Ek dink deesdae sou hulle sê sy't AGHS.
Sou julle nie ook nie? -
15:29 - 15:33Maar dit was die 1930's,
en aandagafleibaarheid was nog nie uitgedink nie. -
15:33 - 15:36Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie.
-
15:36 - 15:38(Gelag)
-
15:38 - 15:41Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie.
-
15:41 - 15:42(Gelag)
-
15:42 - 15:47In elk geval, sy gaan sien toe ’n spesialis.
-
15:47 - 15:50So sy's in ’n eikepaneel kamer met haar ma
-
15:50 - 15:53en sy't op ’n stoel se punt gaan sit,
-
15:53 - 15:56op haar hande vir 20 minute, terwyl
hierdie man met haar ma gepraat het -
15:56 - 15:59oor al die probleme
wat Gillian by die skool het. -
15:59 - 16:02Want sy't ander ontwrig;
haar huiswerk was altyd laat; ens. -- -
16:02 - 16:03kleine kind van agt.
-
16:03 - 16:07Op die ou end, gaan sit die dokter
langs Gillian en sê: -
16:07 - 16:09"Gillian, ek't nou geluister
na al die dinge wat jou ma my vertel het, -
16:09 - 16:12nou moet ek privaat met haar gesels.
-
16:12 - 16:15"Wag hier, ons is nou-nou terug."
-
16:15 - 16:16En hulle't haar daar gelos.
-
16:16 - 16:17Maar soos hulle uitgegaan het,
-
16:17 - 16:21het hy die radio op sy lessenaar aangesit.
-
16:21 - 16:24En toe hulle uit is, sê hy vir haar ma:
"Hou haar net dop." -
16:24 - 16:27En die oomblik toe hulle uit is,
-
16:27 - 16:30was sy op haar voete,
besig om saam met die musiek te beweeg. -
16:30 - 16:33En hulle't vir ’n paar minute gekyk
en hy't na haar ma gedraai en gesê: -
16:33 - 16:38"Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie;
sy's ’n danser. -
16:38 - 16:40"Neem haar na ’n dansskool toe."
-
16:40 - 16:41Ek sê toe: "Wat het gebeur?"
-
16:41 - 16:44En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê
hoe wonderlik dit was nie. -
16:44 - 16:47"Ons't in hierdie kamer ingeloop
en dit was vol mense soos ek. -
16:47 - 16:49"Mense wat nie kon stilsit nie.
-
16:49 - 16:54"Mense wat moes beweeg om te dink."
Wat moes beweeg om te dink. -
16:54 - 16:57Hulle't ballet gedoen, en tap, jazz
en moderne en kontemporêre dans. -
16:57 - 17:00Sy't eindelik vir die Koninklike Ballet
oudisie gedoen; -
17:00 - 17:03sy't ’n solois geword;
sy't ’n wonderlike loopbaan daar gehad. -
17:03 - 17:05Op die ou end het sy gegradueer
van die Koninklike Balletskool, -
17:05 - 17:08die Gillian Lynne Dance Company gestig,
-
17:08 - 17:09en Andrew Lloyd Weber ontmoet.
-
17:09 - 17:10Sy's verantwoordelik
-
17:10 - 17:13vir van die suksesvolste
musikale teater produksies ooit, -
17:13 - 17:16sy't al aan miljoene plesier gegee,
en sy's ’n multi-millionêr. -
17:16 - 17:22Iemand anders het haar dalk
op medikasie gesit en gesê om te kalmeer. -
17:22 - 17:25(Applous)
-
17:29 - 17:30Waarop dit neerkom is dit:
-
17:30 - 17:32Al Gore het die ander aand gepraat
-
17:32 - 17:37oor ekologie en die rewolusie
wat ontketen is deur Rachel Carson. -
17:37 - 17:39Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms
-
17:39 - 17:43is om ’n nuwe idee van menslike ekologie
aan te neem, -
17:43 - 17:46een waarin ons begin om ons konsep
-
17:46 - 17:48van menslike kapasiteit
se rykdom te hersien. -
17:48 - 17:52Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn
-
17:52 - 17:55op die manier wat ons die aarde stroopmyn:
vir ’n spesifieke kommoditeit. -
17:55 - 17:58En vir die toekoms,
sal dit ons nie dien nie. -
17:58 - 18:00Ons moet die fundamentele beginsels
-
18:00 - 18:02waarmee ons ons kinders opvoed, heroorweeg.
-
18:02 - 18:05Jonas Salk het gesê:
-
18:05 - 18:10"As al die insekte
van die aarde af sou verdwyn, -
18:10 - 18:14sou alle lewe op aarde
binne 50 jaar uitsterf. -
18:14 - 18:17"As al die mense
van die aarde af sou verdwyn, -
18:17 - 18:20sou alle vorms van lewe
binne 50 jaar floreer." -
18:20 - 18:22En hy's reg.
-
18:22 - 18:27Wat TED vier is die skat
van die menselike verbeeldingsin. -
18:27 - 18:29Ons moet nou versigtig wees
-
18:29 - 18:31dat ons dit met wysheid gebruik
-
18:31 - 18:34en dat ons van die senarios vermy
waaroor ons gepraat het. -
18:34 - 18:38En die enigste manier
is om ons kreatiewe kapasiteite te sien -
18:38 - 18:40vir die rykdom wat hulle is
-
18:40 - 18:43en ons kinders te sien
vir die hoop wat hulle is. -
18:43 - 18:45Ons opdrag is om
hulle hele wese op te voed, -
18:45 - 18:47om hierdie toekoms te kan trotseer.
-
18:47 - 18:49Ons sien dalk nie
hierdie toekoms nie, -
18:49 - 18:51maar hulle sal.
-
18:51 - 18:54En ons plig is om hulle te help
om iets daarvan te maak. -
18:54 - 18:56Baie dankie.
-
18:57 - 19:00(Applous)
- Title:
- Versmoor skole kreatiwiteit?
- Speaker:
- Ken Robinson
- Description:
-
Sir Ken Robinson lewer ’n vermaaklike en uiters roerende betoog vir die skep van ’n opvoedkunde stelsel wat kreatiwiteit koester (eerder as om dit te ondermyn).
- Video Language:
- English
- Team:
- closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 19:00
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? |