Versmoor skole kreatiwiteit?
-
0:00 - 0:04Goeie môre. Hoe gaan dit?
-
0:04 - 0:05(Gelag)
-
0:05 - 0:07Dis fantasties sover, of hoe?
-
0:07 - 0:11Die hele ding het my stomgeslaan.
-
0:11 - 0:12Eintlik is ek op pad.
-
0:12 - 0:15(Gelag)
-
0:15 - 0:19Daar was drie temas sover,
-
0:19 - 0:23deur die konferensie, wat relevant is
vir waaroor ek wil praat. -
0:25 - 0:29Een is die ongelooflike bewyse
van menslike kreatiwiteit -
0:29 - 0:32in al die aanbiedings
-
0:32 - 0:35en in al die mense hier.
-
0:35 - 0:38Net die blote verskeidenheid
en omvang daarvan. -
0:38 - 0:39Tweedens is ons op ’n plek
-
0:39 - 0:41waar ons geen idee het
wat gaan gebeur nie, -
0:41 - 0:43ten opsigte van die toekoms.
-
0:43 - 0:45Geen idee hoe dinge dalk kan verloop nie.
-
0:45 - 0:48Ek't ’n belang by opvoedkunde.
-
0:48 - 0:51Eintlik het ons almal
’n belang by opvoedkunde. -
0:51 - 0:53Het julle nie?
-
0:53 - 0:54Ek vind dit baie interessant.
-
0:54 - 0:56As jy by ’n ete is,
-
0:56 - 0:59en jy sê jy werk in opvoedkunde --
-
0:59 - 1:03eintlik, om die waarheid te sê,
is jy nie gereeld by etes nie. -
1:03 - 1:04(Gelag)
-
1:04 - 1:06As jy in opvoedkunde werk,
word jy nie genooi nie. -
1:06 - 1:09(Gelag)
-
1:09 - 1:14En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg.
Dis vir my vreemd. -
1:14 - 1:16Maar as jy is, en jy sê vir iemand,
-
1:16 - 1:18hulle sê mos: "Wat doen jy vir ’n lewe?"
-
1:18 - 1:20en jy sê jy werk in opvoedkunde,
-
1:20 - 1:24kan jy sien hoe hulle verbleek.
-
1:24 - 1:27Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?"
-
1:27 - 1:28(Gelag)
-
1:28 - 1:29"My een aand uit hierdie hele week."
-
1:29 - 1:30(Gelag)
-
1:30 - 1:31Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding,
druk hulle jou in 'n hoek vas. -
1:33 - 1:34Want dis een van daai dinge
wat mense na aan die hart lê, is ek reg? -
1:37 - 1:40Soos geloof, en geld en ander dinge.
-
1:40 - 1:44Ek't ’n groot belang by opvoedkunde
en ek dink ons almal het. -
1:44 - 1:46Ons't 'n groot persoonlike belang daarby,
-
1:46 - 1:49deels omdat dit opvoeding is
wat ons in hierdie toekoms moet in neem -- -
1:49 - 1:52die onbegryplike toekoms.
-
1:52 - 1:55Dink net,
kinders wat dié jaar skool begin -
1:55 - 1:58tree af in 2065.
-
1:58 - 2:01Niemand het ’n idee --
-
2:01 - 2:04t.s.v. al die kennis
wat die laaste vier dae hier vertoon is -- -
2:04 - 2:06hoe die wêreld gaan lyk
oor vyf jaar nie. -
2:06 - 2:08En tog is ons veronderstel
om hulle daarvoor op te voed. -
2:08 - 2:11So die onvoorspelbaarheid
is ongelooflik. -
2:13 - 2:15En die derde deel hiervan is dat
-
2:15 - 2:20ons almal nietemin saamgestem het oor die
-
2:20 - 2:23werklik buitengewone kapasiteite
wat kinders het -- -
2:23 - 2:25hulle kapasiteite vir innovasie.
-
2:25 - 2:26Sirena gisteraand was ongelooflik.
-
2:26 - 2:28Net om te sien wat sy kan doen.
-
2:28 - 2:33En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie
-
2:33 - 2:36sy's uitsonderlik
in die geheel van kindwees nie. -
2:36 - 2:39Sy's ’n persoon met ongelooflike toewyding
-
2:39 - 2:41wat ’n talent gevind het.
-
2:41 - 2:43Ek voer aan dat alle kinders
geweldige talente het. -
2:43 - 2:45En ons vermors dit, nogal meedoënloos.
-
2:45 - 2:48So ek wil praat oor opvoedkunde
-
2:48 - 2:51en ek wil praat oor kreatiwiteit.
-
2:51 - 2:54Kreatiwiteit is nou so belangrik
soos geletterheid in opvoeding -
2:54 - 2:58en ons moet dit dieselfde status toeken.
-
2:58 - 3:03(Applous) Dankie.
-
3:03 - 3:04(Applous)
-
3:04 - 3:06Dit was dit, terloops.
-
3:06 - 3:07Baie dankie.
-
3:09 - 3:11(Gelag)
-
3:11 - 3:12So, nog 15 minute.
-
3:12 - 3:14(Gelag)
-
3:14 - 3:15Wel, ek is gebore... nee.
-
3:15 - 3:17(Gelag)
-
3:17 - 3:21Ek't onlangs ’n goeie storie gehoor --
ek vertel dit graag -- -
3:21 - 3:25van ’n klein dogtertjie in 'n tekenklas.
-
3:25 - 3:27Sy was ses, agter in die klas,
aan't teken, -
3:27 - 3:29en die juffrou het gesê
dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie, -
3:29 - 3:33maar in dié tekenklas het sy.
-
3:33 - 3:35Die juffrou was gefassineerd.
-
3:35 - 3:36Sy't haar gaan vra:
"Wat teken jy?" -
3:38 - 3:41Die kind sê toe:
"Ek teken ’n prentjie van God." -
3:41 - 3:44Die juffrou sê:
"Maar niemand weet hoe God lyk nie." -
3:44 - 3:51En die dogtertjie sê toe:
"Hulle sal nou-nou." -
3:51 - 3:52(Gelag)
-
3:52 - 3:57Toe my seun vier was in Engeland --
-
3:57 - 3:58eintlik was eerlikwaar oral vier.
-
3:58 - 4:00(Gelag)
-
4:00 - 4:06Strenggesproke, waarookal hy gegaan het,
was hy vier daai jaar. -
4:06 - 4:08Hy was in die Kersspel.
Onthou julle die storie? -
4:08 - 4:11(Gelag)
-
4:11 - 4:12Dit was ’n grote.
-
4:12 - 4:14Mel Gibson het die opvolg gedoen.
-
4:14 - 4:16(Gelag)
-
4:16 - 4:17"Kersspel II."
-
4:17 - 4:19James was Josef;
ons was in ons noppies. -
4:22 - 4:24Een van die hoofrolle!
-
4:24 - 4:26Ons't agente met T-hempde gehad:
-
4:26 - 4:29"James Robinson IS Josef!" (Gelag)
-
4:29 - 4:31Hy moes niks sê nie,
maar julle weet mos, -
4:31 - 4:34wanneer die drie wyse manne inkom?
-
4:34 - 4:36Hulle bring geskenke:
goud, wierook [frankincense] en mirre. -
4:36 - 4:38Dit het rêrig gebeur.
-
4:38 - 4:40Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan,
-
4:40 - 4:42want ons't die seuntjie later gevra:
-
4:42 - 4:44"Was jy OK daarmee?" En hy't gesê:
"Ja. Was dit dan verkeerd?" -
4:44 - 4:46Hulle't net geruil, dis al.
-
4:46 - 4:47Die drie seuns kom in --
-
4:47 - 4:49vierjariges met vatdoeke om hulle koppe --
-
4:49 - 4:52en hulle sit die bokse neer,
-
4:52 - 4:54en die eerste een sê:
"Ek bring vir U goud." -
4:54 - 4:57Die tweede een sê:
"Ek bring vir U mirre." -
4:57 - 5:08En die derde een sê:
"Frank sent this." (Gelag) -
5:08 - 5:11(Gelag)
-
5:11 - 5:13Dit alles om te sê:
kinders sal ’n kans vat. -
5:13 - 5:16As hulle nie weet nie, sal hulle probeer.
-
5:16 - 5:19Is ek reg? Hulle's nie bang
om verkeerd te wees nie. -
5:19 - 5:24Ek bedoel nie dat verkeerd wees
en kreatief wees dieselfde is nie. -
5:24 - 5:25Maar as jy nie bereid is
om verkeerd te wees nie, -
5:28 - 5:31sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie.
-
5:31 - 5:34As jy nie bereid is om verkeerd te wees nie. En teen die tyd wat hulle grootmense is,
-
5:34 - 5:36het meeste kinders daai kapasiteit verloor.
-
5:36 - 5:39Hulle het bang geword om verkeerd te wees.
-
5:39 - 5:41En ons bestuur ons maatskappye so, terloops.
-
5:41 - 5:44Ons stigmatiseer foute. En nou bedryf ons
-
5:44 - 5:47nasionale opvoedingstelsels waar
-
5:47 - 5:50foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak.
-
5:50 - 5:53En die gevolg is dat ons mense uit hulle kreatiewe
-
5:53 - 5:56kapasiteite uit opvoed. Picasso het dit gesê.
-
5:56 - 5:59Hy't gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is.
-
5:59 - 6:03Die probleem is om een te bly soos ons grootword. Ek glo dit vas:
-
6:03 - 6:05ons groei nie in kreatiwiteit in nie,
-
6:05 - 6:08ons groei uit dit uit. Of eerder, ons word uit dit uit opgevoed.
-
6:08 - 6:10So hoekom is dit so?
-
6:10 - 6:14Ek het tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon.
-
6:14 - 6:16Ons het van Stratford na Los Angeles getrek.
-
6:16 - 6:20So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was.
-
6:20 - 6:22(Gelag) Eintlik,
-
6:22 - 6:24het ons in ’n plek genaamd Snitterfield gewoon,
-
6:24 - 6:26net buite Stratford, en dit is waar
-
6:26 - 6:31Shakespeare se pa gebore is. Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is.
-
6:31 - 6:33’n Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie, dink mens?
-
6:33 - 6:35Dink mens? Want ’n mens dink nie aan
-
6:35 - 6:37Shakespeare as ’n kind nie, of hoe?
-
6:37 - 6:40Shakespeare op sewe? Ek't nooit daaraan gedink nie. Ek bedoel, hy was
-
6:40 - 6:42sewe op een of ander stadium. Hy was in
-
6:42 - 6:51iemand se Engelse klas, ne? Hoe irriterend moet dit nie wees nie?
-
6:51 - 7:05(Gelag) "Moet harder probeer." Word bed toe gestuur deur sy pa, jy weet,
-
7:05 - 7:08aan Shakespeare: "Gaan slaap, nou,"
-
7:08 - 7:10aan William Shakespeare: "en sit neer die potlood.
-
7:10 - 7:18En hou op om so te praat. Dit verwar almal."
-
7:18 - 7:23(Gelag)
-
7:23 - 7:26In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles,
-
7:26 - 7:30en ek wil net iets sê oor die oorgang, eintlik.
-
7:30 - 7:33My seun wou nie kom nie.
-
7:33 - 7:36Ek het twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16.
-
7:36 - 7:38Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. Hy was mal daaroor,
-
7:38 - 7:43maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. Die liefde van sy lewe, Sarah.
-
7:43 - 7:45Hy't haar al ’n maand geken.
-
7:45 - 7:48Maar sien, hulle't al hulle vierde herdenking gevier,
-
7:48 - 7:52want dis ’n lang tyd as jy 16 is.
-
7:52 - 7:54In elk geval, hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig,
-
7:54 - 7:56en hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie."
-
7:56 - 7:58Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê,
-
7:58 - 8:10want sy was die hoofrede hoekom ons landuit is.
-
8:10 - 8:13(Gelag)
-
8:13 - 8:16Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek
-
8:16 - 8:18en wanneer jy om die wêreld reis:
-
8:18 - 8:22Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hierargie van vakke.
-
8:22 - 8:24Elke een. Maak nie saak waar jy gaan nie.
-
8:24 - 8:26’n Mens sou dink dis anders, maar dit is nie.
-
8:26 - 8:29Heel bo is wiskunde en tale,
-
8:29 - 8:31dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste.
-
8:31 - 8:33Orals op aarde.
-
8:33 - 8:36En in min of meer elke stelsel
-
8:36 - 8:38is daar ook ’n hierargie binne die kunste.
-
8:38 - 8:40Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole
-
8:40 - 8:43as drama en dans. Daar is nie ’n opvoedingstelsel op die planeet
-
8:43 - 8:45wat dans elke dag vir kinders leer
-
8:45 - 8:48soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom?
-
8:48 - 8:50Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik.
-
8:50 - 8:53Ek dink wiskunde is belangrik, maar dans is ook.
-
8:53 - 8:56Kinders dans heeltyd as hulle mag, ons almal doen dit.
-
8:56 - 8:59Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop?
-
8:59 - 9:03(Gelag) Inderwaarheid, wat gebeur is,
-
9:03 - 9:05soos kinders grootword, begin ons hulle geleidelik
-
9:05 - 9:08van die middellyf af boontoe opvoed. En dan fokus ons op hulle koppe.
-
9:08 - 9:10En effens na een kant toe.
-
9:10 - 9:14As jy opvoeding sou besoek, as 'n ruimtewese,
-
9:14 - 9:17en sê: "Waarvoor is dit, openbare opvoeding?"
-
9:17 - 9:19dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom -- as jy kyk na die uitset,
-
9:19 - 9:21wie behaal werklik sukses hierdeur,
-
9:21 - 9:23wie doen alles wat hulle moet,
-
9:23 - 9:26wie kry al die "brownie points", wie is die wenners --
-
9:26 - 9:29dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom dat die hele doel van openbare opvoeding
-
9:29 - 9:30regoor die wêreld
-
9:30 - 9:34is om universiteitsprofessors te lewer. Of hoe?
-
9:34 - 9:36Hulle is die mense wat bo uitkom.
-
9:37 - 9:40En ek was een, so vat so. (Gelag)
-
9:40 - 9:44En ek hou van universiteitsprofessors, maar julle weet,
-
9:44 - 9:48ons moet hulle nie as die hoogtepunt van alle menslike prestasie voorhou nie.
-
9:48 - 9:50Hulle is net ’n vorm van lewe,
-
9:50 - 9:52nog ’n vorm van lewe. Maar hulle's nogal vreemd,
-
9:52 - 9:54en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle.
-
9:54 - 9:57Daar's iets vreemd omtrent professors in my ervaring --
-
9:57 - 10:00nie almal van hulle nie, maar tipies -- lewe hulle in hul koppe.
-
10:00 - 10:02Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe.
-
10:02 - 10:06Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier.
-
10:06 - 10:08Hulle kyk na hul liggame
-
10:08 - 10:17as ’n vervoermiddel vir hul koppe, of hoe?
-
10:17 - 10:24(Gelag) Dis ’n manier om hul koppe by vergaderings te kry.
-
10:24 - 10:27As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings,
-
10:27 - 10:30terloops, besoek ’n residensiële konferensie
-
10:30 - 10:32van senior akademici,
-
10:32 - 10:35en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand.
-
10:35 - 10:39(Gelag) En daar sal julle dit sien -- volwasse mans en vroue
-
10:39 - 10:43wat ritmeloos wriemel, terwyl hulle wag
-
10:43 - 10:47vir dit om klaar te maak sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf.
-
10:47 - 10:53Nou, ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid.
-
10:53 - 10:56En daar's ’n rede daarvoor.
-
10:56 - 10:58Die hele stelsel is uitgedink -- regoor die wêreld, was daar, in werklikheid,
-
10:58 - 11:00geen openbare opvoedingstelsels voor die 19de eeu nie.
-
11:00 - 11:03Hulle het almal tot wording gekom
-
11:03 - 11:04om in die behoeftes van industrialisme te voorsien.
-
11:04 - 11:07So die hierargie is gewortel in twee idees.
-
11:07 - 11:11Een, dat die mees nuttige vakke vir werk
-
11:11 - 11:13heel bo is. So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van
-
11:13 - 11:15goed waarvan jy gehou het weggestuur,
-
11:15 - 11:17op grond daarvan dat jy nooit
-
11:17 - 11:20’n werk daardeur sou kry nie. Is dit reg?
-
11:20 - 11:22Moenie musiek neem nie, jy gaan nie ’n musikant word nie;
-
11:22 - 11:24moenie kuns neem nie, jy gaan nie ’n kunstenaar word nie.
-
11:25 - 11:29Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. Die hele wêreld
-
11:29 - 11:30is verswelg in ’n rewolusie.
-
11:30 - 11:33En die tweede is akademiese vaardigheid, wat werklik ons idee
-
11:33 - 11:34van intelligensie oorskadu,
-
11:34 - 11:37omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het.
-
11:37 - 11:39As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel
-
11:39 - 11:41van openbare opvoeding regoor die wêreld is ’n uitgerekte proses
-
11:41 - 11:43van universiteitstoelating.
-
11:43 - 11:46En die gevolg is dat baie hoogs talentvolle,
-
11:46 - 11:48briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie,
-
11:48 - 11:50omdat die ding waarin hulle goed was op skool
-
11:50 - 11:54nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is.
-
11:54 - 11:56En ek dink nie ons kan bekostig om so voort te gaan nie.
-
11:56 - 11:58In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO,
-
11:58 - 12:01gaan meer mense wêreldwyd deur
-
12:01 - 12:03opvoeding gradueer as sedert die begin van geskiedenis.
-
12:03 - 12:05Meer mense, en dis die kombinasie
-
12:05 - 12:07van al die dinge waaroor ons gepraat het --
-
12:07 - 12:10tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, en demografie
-
12:10 - 12:12en die massiewe bevolkingsontploffing.
-
12:12 - 12:15Skielik is grade niks werd nie. Nie waar nie?
-
12:15 - 12:19Toe ek ’n student was, as jy ’n graad gehad het, het jy ’n werk gehad.
-
12:19 - 12:22As jy nie ’n werk gehad het nie wou jy nie een hê nie.
-
12:22 - 12:25En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag)
-
12:25 - 12:30Maar deesdae is kinders met grade gereeld
-
12:30 - 12:31oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel,
-
12:31 - 12:34omdat jy ’n MA nodig het waar die vorige posisie ’n BA vereis het,
-
12:34 - 12:37en jy nou ’n PhD benodig vir die ander.
-
12:37 - 12:39Dis ’n proses van akademiese inflasie.
-
12:39 - 12:41En dit dui daarop dat die hele struktuur van opvoeding
-
12:41 - 12:43besig is om onder ons voete te skuif. Ons moet drasties ons
-
12:43 - 12:44siening van intelligensie hersien.
-
12:44 - 12:46Ons weet drie dinge omtrent intelligensie.
-
12:46 - 12:49Een, dis divers. Ons dink oor die wêreld op al die maniere
-
12:49 - 12:51wat ons dit ervaar. Ons dink visueel,
-
12:51 - 12:54ons dink in klank, ons dink kineties.
-
12:54 - 12:57Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging.
-
12:57 - 12:59Tweedens, intelligensie is dinamies.
-
12:59 - 13:02As ’n mens kyk na die interaksies van ’n menslike brein, soos ons gister
-
13:02 - 13:05tydens heelwat aanbiedings gehoor het,
-
13:05 - 13:07is intelligensie wonderlik interaktief.
-
13:07 - 13:10Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie.
-
13:10 - 13:13Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- wat ek definieer as die proses
-
13:13 - 13:15van oorspronklike idees met waarde hê --
-
13:15 - 13:18gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie
-
13:18 - 13:21van verskillende dissiplinêre maniere van dinge sien.
-
13:21 - 13:23Die brein is doelbewus -- terloops,
-
13:23 - 13:26daar is ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind,
-
13:26 - 13:28genaamd die corpus callosum. Dis dikker by vrouens.
-
13:28 - 13:30Om aan te sluit by Helen gister, dink ek
-
13:30 - 13:34dis waarskynlik hoekom vrouens beter is met "multi-tasking".
-
13:34 - 13:36Want julle is mos, ne?
-
13:36 - 13:39Daar's baie navorsing, maar ek weet dit uit persoonlike ervaring.
-
13:39 - 13:41As my vrou besig is om te kook by die huis --
-
13:41 - 13:45wat nie baie is nie, dankie tog. (Gelag)
-
13:45 - 13:48Maar julle weet, sy's besig -- nee, sy's goed met sommige dinge --
-
13:48 - 13:50maar as sy kook, julle weet,
-
13:50 - 13:52hanteer sy foonoproepe,
-
13:52 - 13:55praat sy met die kinders, verf sy die plafon.
-
13:55 - 13:58Sy doen 'n oophart-operasie hier.
-
13:58 - 14:01As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit,
-
14:01 - 14:04die foon is van die mikkie af, as sy inkom raak ek geïrriteerd.
-
14:04 - 14:17Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier. Gee my ’n kans." (Gelag)
-
14:17 - 14:19Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding,
-
14:19 - 14:22as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie,
-
14:22 - 14:25het dit gebeur? Onthou julle daai ou sê-ding?
-
14:25 - 14:28Ek het onlangs ’n goeie T-hemp gesien wat gesê het: "As ’n man homself uitspreek
-
14:28 - 14:31in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie,
-
14:31 - 14:40is hy steeds verkeerd?" (Gelag)
-
14:40 - 14:42En die derde ding omtrent intelligensie is,
-
14:43 - 14:45dis spesifiek. Ek is besig met ’n nuwe boek op die oomblik,
-
14:45 - 14:47met die naam "Epiphany," wat gebaseer is op ’n reeks
-
14:47 - 14:49onderhoude met mense oor hoe hulle hul talent
-
14:49 - 14:51ontdek het. Ek vind hoe mense daar uitgekom het fassinerend.
-
14:51 - 14:54Dit is aangespoor deur ’n gesprek wat ek gehad het
-
14:54 - 14:56met ’n wonderlike vrou wat meeste mense miskien
-
14:56 - 14:58nog nooit van gehoor het nie, haar naam is Gillian Lynne,
-
14:58 - 15:00al van haar gehoor? Sommige het. Sy's ’n choreograaf
-
15:00 - 15:02en almal ken haar werk.
-
15:02 - 15:04Sy het "Cats," en "Phantom of the Opera" gedoen.
-
15:04 - 15:08Sy's wonderlik. Ek was van te vore op die raad van die Koninklike Ballet, in Engeland,
-
15:08 - 15:10soos julle kan sien.
-
15:10 - 15:12In elk geval, Gillian en ek het eendag saam geëet en ek sê toe:
-
15:12 - 15:14"Gillian, hoe het jy ’n danser geword?" En sy sê toe
-
15:14 - 15:16dit was interessant, toe sy op skool was,
-
15:16 - 15:19was sy rêrig hopeloos. En die skool, in die 30's,
-
15:19 - 15:21skryf toe vir haar ouers en sê: "Ons dink
-
15:21 - 15:23Gillian het ’n leerprobleem." Sy kon nie konsentreer nie,
-
15:23 - 15:25sy het gevroetel. Ek dink deesdae sou hulle sê
-
15:25 - 15:29sy't aandagafleibaarheid. Sou julle nie ook nie? Maar hierdie was die 1930's,
-
15:29 - 15:32en aandagafleibaarheid was nog nie toe al uitgedink nie.
-
15:32 - 15:35Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie. (Gelag)
-
15:35 - 15:39Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie.
-
15:39 - 15:43In elk geval, sy gaan sien toe hierdie spesialis. So, hierdie eikepaneel kamer,
-
15:43 - 15:46en sy's daar saam met haar ma,
-
15:46 - 15:49en sy's ingelei en sy't op ’n stoel op die punt gesit,
-
15:49 - 15:51en op haar hande gesit vir 20 minute terwyl
-
15:51 - 15:53hierdie man met haar ma gepraat het oor al
-
15:53 - 15:57die probleme wat Gillian by die skool het. En na dit --
-
15:57 - 15:59want sien sy het ander ontwrig,
-
15:59 - 16:01haar huiswerk was altyd laat, ensovoorts,
-
16:01 - 16:04klein kind van agt -- op die ou end, gaan sit die dokter
-
16:04 - 16:06langs Gillian en sê: "Gillian,
-
16:06 - 16:08ek't nou geluister na al die dinge wat jou ma
-
16:08 - 16:10my vertel het, en ek moet nou privaat met haar gesels."
-
16:10 - 16:13Hy sê toe: "Wag hier, ons is nou terug, ons sal nie lank wees nie."
-
16:13 - 16:15en hulle't haar daar gelos.
-
16:15 - 16:17Maar soos hulle uitgegaan het, het hy die radio wat op sy
-
16:17 - 16:19lessenaar was aangesit. En toe hulle
-
16:19 - 16:21uit die kamer is, sê hy vir haar ma,
-
16:21 - 16:24"Hou haar net dop." En die oomblik toe hulle uit die kamer is,
-
16:24 - 16:28sê sy, was sy op haar voete, besig om saam met die musiek te beweeg.
-
16:28 - 16:30En hulle't vir ’n paar minute gekyk
-
16:30 - 16:33en hy't na haar ma gedraai en gesê:
-
16:33 - 16:37"Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie, sy's 'n danser.
-
16:37 - 16:39Neem haar na 'n dansskool."
-
16:39 - 16:41Ek sê toe: "Wat het gebeur?"
-
16:41 - 16:44En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie.
-
16:44 - 16:46Ons't in hierdie kamer ingeloop en dit was vol
-
16:46 - 16:49mense soos ek. Mense wat nie kon stilsit nie.
-
16:49 - 16:52Mense wat moes beweeg om te dink." Wat moes beweeg om te dink.
-
16:52 - 16:54Hulle het ballet gedoen, tap gedoen, jazz gedoen,
-
16:54 - 16:56hulle het moderne en kontemporêre dans gedoen.
-
16:56 - 16:59Sy het eindelik vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen,
-
16:59 - 17:01sy het ’n solois geword, sy het ’n wonderlike loopbaan gehad
-
17:01 - 17:03by die Koninklike Ballet. Op die ou end het sy gegradueer
-
17:03 - 17:05van die Koninklike Balletskool en
-
17:05 - 17:08haar eie geselskap gestig -- die Gillian Lynne Dance Company --
-
17:08 - 17:11en Andrew Lloyd Weber ontmoet. Sy was al vir van die mees
-
17:11 - 17:13suksesvolle musikale teater produksies in die
-
17:13 - 17:18geskiedenis verantwoordelik, sy't al aan miljoene plesier gegee,
-
17:18 - 17:21en sy's ’n multi-millionêr. Iemand anders
-
17:21 - 17:25sou haar dalk op medikasie gesit het en vir haar gesê het
-
17:25 - 17:27om te kalmeer.
-
17:27 - 17:30Nou, ek dink ... (Applous) Waarop dit neerkom is dit:
-
17:30 - 17:32Al Gore het die ander aand gepraat
-
17:32 - 17:35oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson.
-
17:35 - 17:39Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms
-
17:39 - 17:42is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem,
-
17:42 - 17:46een waarin ons begin om ons konsep
-
17:46 - 17:48van die rykdom van menslike kapasiteit te hersien.
-
17:48 - 17:52Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn op die manier
-
17:52 - 17:54wat ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit.
-
17:54 - 17:57En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie.
-
17:57 - 18:00Ons moet die fundamentele beginsels waarmee
-
18:00 - 18:02ons ons kinders opvoed heroorweeg. Daar was
-
18:02 - 18:06’n wonderlike aanhaling van Jonas Salk, wat gesê het: "As al die insekte
-
18:06 - 18:09van die aarde af sou verdwyn,
-
18:09 - 18:12sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf.
-
18:12 - 18:15As al die mense van die aarde af sou verdwyn,
-
18:15 - 18:19sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer."
-
18:19 - 18:21En hy's reg.
-
18:21 - 18:24Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin.
-
18:24 - 18:28Ons moet nou versigtig wees dat ons dit met wysheid
-
18:28 - 18:31gebruik, en dat ons van die senarios vermy
-
18:31 - 18:34senarios waaroor ons gepraat het. En die enigste manier
-
18:35 - 18:38wat ons dit kan doen is deur ons kreatiewe kapasiteite
-
18:38 - 18:40te sien vir die rykdom wat hulle is, en ons kinders
-
18:40 - 18:43te sien vir die hoop wat hulle is. En ons opdrag
-
18:43 - 18:46is om hul hele wese op te voed, sodat hulle hierdie toekoms kan ingaan.
-
18:46 - 18:49Terloops -- ons sal dalk nie hierdie toekoms sien nie,
-
18:49 - 18:52maar hulle sal. En ons plig is om hulle
-
18:52 - 18:54te help om iets daarvan te maak. Baie dankie.
- Title:
- Versmoor skole kreatiwiteit?
- Speaker:
- Ken Robinson
- Description:
-
Sir Ken Robinson lewer ’n vermaaklike en uiters roerende betoog vir die skep van ’n opvoedkunde stelsel wat kreatiwiteit koester (eerder as om dit te ondermyn).
- Video Language:
- English
- Team:
- closed TED
- Project:
- TEDTalks
- Duration:
- 19:00
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? | ||
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Do schools kill creativity? |