< Return to Video

Statistiek voor rekenmetodes!

  • 0:00 - 0:03
    Sou President Obama
  • 0:03 - 0:07
    my nooi as die volgende Tsar van Wiskunde
  • 0:07 - 0:10
    sou ek 'n voorstel aan hom maak
  • 0:10 - 0:12
    wat ek dink 'n reuse verbetering
  • 0:12 - 0:15
    sou maak aan wiskunde opvoeding in hierdie land.
  • 0:15 - 0:17
    Dit sal maklik wees om te implementeer
  • 0:17 - 0:19
    en sonder groot koste.
  • 0:19 - 0:21
    Die kurrikulum vir wiskunde wat ons het
  • 0:21 - 0:25
    is gebaseer op rekenkunde en algebra.
  • 0:25 - 0:27
    En alles wat ons daarna leer
  • 0:27 - 0:30
    bou op na een vak.
  • 0:30 - 0:34
    Die toppunt van die piramiede is differensiasie en integrasie.
  • 0:34 - 0:36
    Ek is hier om te sê
  • 0:36 - 0:40
    dat ek dink dit die verkeerde toppunt vir die piramiede is...
  • 0:40 - 0:42
    en dat die korrekte piek -- wat al ons studente,
  • 0:42 - 0:44
    elke hoërskool leerling behoort te verstaan --
  • 0:44 - 0:47
    statistiek behoort te wees:
  • 0:47 - 0:49
    waarskynlikheid en statistiek.
  • 0:49 - 0:51
    (Applous)
  • 0:51 - 0:55
    Moenie my verkeerd verstaan nie. Integrasie rekenkunde is 'n belangrike vak.
  • 0:55 - 0:57
    Dis een van die groot prestasies van menslike intellek.
  • 0:57 - 1:01
    The wette van die natuur is geskryf in die taal van integrasie rekenkunde.
  • 1:01 - 1:05
    Enige student wat wiskunde, wetenskap, ingenieurswese of ekonomie bestudeer
  • 1:05 - 1:07
    behoort verseker integrasie rekenkunde te bemeester
  • 1:07 - 1:09
    gedurende hulle eerste universiteitsjaar.
  • 1:09 - 1:12
    Maar ek is hier, as 'n wiskunde professor, om te sê:
  • 1:12 - 1:16
    dat bitter min mense werklik integrasie rekenkunde gebruik
  • 1:16 - 1:19
    op 'n bewustelike, betekenisvolle manier in hulle daaglikse lewens.
  • 1:19 - 1:21
    Daarinteen,
  • 1:21 - 1:24
    is statistiek 'n vak wat jy daagliks
  • 1:24 - 1:27
    kan en behoort te gebruik. Ne?
  • 1:27 - 1:30
    Dis risiko. Dis vergoeding. Dis willekeurigheid.
  • 1:30 - 1:32
    Dis die verstaan van data.
  • 1:32 - 1:34
    Ek dink as ons studente, as ons hoërskool leerlinge --
  • 1:34 - 1:36
    as alle Amerikaanse burgers -
  • 1:36 - 1:39
    waarskynlikheid en statistiek geken het,
  • 1:39 - 1:42
    sou ons nie nou in hierdie ekonomiese verknorsing gewees het nie.
  • 1:42 - 1:45
    Nie net -- dankie -- nie net dit nie...
  • 1:45 - 1:48
    [maar ook] korrek aangebied, kan dit baie pret wees.
  • 1:48 - 1:50
    Ek bedoel, waarskynlikheid en statistiek,
  • 1:50 - 1:54
    dis die wiskunde van speletjies en dobbel.
  • 1:54 - 1:58
    Dis die ontleding van tendense. Dis toekomsvoorspelling.
  • 1:58 - 2:00
    Kyk, die wêreld het verander
  • 2:00 - 2:03
    van analoog na digitaal.
  • 2:03 - 2:06
    En dis tyd vir ons wiskunde kurrikulum om te verander
  • 2:06 - 2:08
    van analoog na digitaal.
  • 2:08 - 2:12
    Van die meer klassieke, aaneenlopende wiskunde,
  • 2:12 - 2:15
    na die meer moderne, spesifieke wiskunde.
  • 2:15 - 2:17
    Die wiskunde van onsekerheid,
  • 2:17 - 2:19
    van willekeurigheid, van data --
  • 2:19 - 2:22
    dit is waarskynlikheid en statistiek.
  • 2:22 - 2:24
    Om op te som, instede daarvan dat studente
  • 2:24 - 2:27
    die tegnieke van integrasie rekenkunde leer,
  • 2:27 - 2:30
    dink ek dit sal veel meer betekenisvol wees
  • 2:30 - 2:33
    as hulle almal sou weet wat twee standaard afwykings
  • 2:33 - 2:36
    van die gemiddeld beteken. En dis my betekenisvolle mening!
  • 2:36 - 2:38
    Baie dankie.
  • 2:38 - 2:41
    (Toejuiging)
Title:
Statistiek voor rekenmetodes!
Speaker:
Arthur Benjamin
Description:

Daar's altyd iemand wat die wiskunde onderwyser vra: "Gaan ek ooit integrasie rekenkunde in die regte lewe gebruik?" En volgens Arthur Benjamin is die antwoord vir die meeste van ons "nee". Hy maak 'n uitdagende voorstel vir hoe om wiskunde relevant te maak in die digitale era.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
02:42
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Teach statistics before calculus!
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Teach statistics before calculus!
Christo Crafford added a translation

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions