Return to Video

Waarom ek TEDTalks vertaal

  • 0:03 - 0:06
    [K. Sargsyan]
    Ek't TEDTalks begin vertaal
  • 0:06 - 0:10
    na ek William Kamkwamba s'n
    oor hoe om jou drome te vervul gesien het.
  • 0:10 - 0:11
    Ek't my seun daarvan vertel.
  • 0:11 - 0:15
    Hy wou my nie glo nie.
    Hy't gesê: "Hy't nie skool voltooi nie."
  • 0:15 - 0:17
    "Sonder Engels.
    Hoe sou hy dit doen?"
  • 0:17 - 0:18
    Ek sê toe: "Ek sal dit vertaal."
  • 0:18 - 0:22
    "Ek wil hê hy moet elke woord lees."
  • 0:22 - 0:25
    [W. Davis] Taal is nie net
    ’n lys woorde
  • 0:25 - 0:27
    of ’n stel grammatiese reëls nie.
  • 0:27 - 0:30
    ’n Taal is die menslike gees
    wat opflikker.
  • 0:30 - 0:32
    Dis ’n middel waardeur
    die siel van elke kultuur
  • 0:32 - 0:34
    die materiële wêreld betree.
  • 0:34 - 0:38
    Alles wat ons by TED doen,
    word deur dieselfde missie gedryf:
  • 0:38 - 0:39
    versprei idees.
  • 0:39 - 0:42
    En as dit jou doel is
    word jy op ’n punt
  • 0:42 - 0:44
    daarmee gekonfronteer
    dat jy net in Engels praat.
  • 0:45 - 0:48
    Die ware wese van wat ons doen
    gaan oor verbondenheid.
  • 0:48 - 0:49
    Daar's talle mense
  • 0:49 - 0:52
    wat kan deel in die skepping
    van ’n beter toekoms vir almal.
  • 0:52 - 0:55
    Dit sou gek wees om hulle uit te laat.
  • 0:55 - 0:57
    [K. Aparta] Ek't vir hulle
    geskryf dat die TEDTalks
  • 0:57 - 0:59
    onderskrifte vir dowes behoort te hê
  • 0:59 - 1:02
    asook vertalings vir
    mense van ander lande.
  • 1:02 - 1:03
    Daar moet daai een persoon wees,
  • 1:03 - 1:06
    wat so vuur en vlam is oor ’n TEDTalk,
  • 1:06 - 1:09
    wat wil hê die onderskrifte
    moet bestaan in hulle taal.
  • 1:09 - 1:12
    Ek't aanvanklik vir my suster vertaal.
  • 1:12 - 1:14
    Sy woon by my ouers
  • 1:14 - 1:17
    in ’n baie klein dorpie, waar ek
    vandaan kom, in Kazakstan.
  • 1:17 - 1:21
    En sy't nie veel geleentheid
    om die wêreld te verken nie.
  • 1:21 - 1:24
    Later het ek besef dis
    nie net my familie nie.
  • 1:24 - 1:28
    Almal wat Oesbeeks praat
    sou kon baat daarby.
  • 1:28 - 1:33
    [M. Pagel] Net soos vlerke die lugruim
    vir voëls oopmaak om te benut,
  • 1:33 - 1:36
    maak taal vir mense
    die ruimte van samewerking oop.
  • 1:36 - 1:39
    Al ons sprekers is
    voorlopers in hulle velde
  • 1:39 - 1:41
    en dus voorlopers in taal --
  • 1:41 - 1:45
    so baie gebruik terme wat jy nie
    in ’n woordeboek kan vind nie.
  • 1:45 - 1:48
    Dit vat eintlik heelwat navorsing
    om ’n TEDTalk akkuraat te vertaal.
  • 1:48 - 1:51
    Afhangend van die tegniese graad
    en moeilike woorde,
  • 1:51 - 1:53
    kan dit tot 10 ure vat.
  • 1:53 - 1:56
    Ek gaan lees oor
    die spreker en sy boeke,
  • 1:56 - 1:58
    sodat ek die hele konteks verstaan.
  • 1:58 - 2:00
    Danksy hierdie gemeenskap van vertalers,
  • 2:00 - 2:03
    het ons skielik die vermoë
    om die beste idees te vind
  • 2:03 - 2:06
    van sprekers in enige taal
  • 2:06 - 2:08
    en om hulle in die
    Engelssprekende wêreld in
  • 2:08 - 2:09
    en nog verder te vat.
  • 2:23 - 2:28
    Ek vertaal, want ek wil hê dat meer mense
    toegang tot hierdie idees verkry.
  • 2:28 - 2:32
    Dis ’n vrygewigheidsdaad van baie mense
  • 2:32 - 2:33
    om kennis te deel.
  • 2:33 - 2:37
    Om mense te inspireer,
    om party mense hoop te gee.
  • 2:37 - 2:40
    Dit verander baie dinge in die wêreld.
  • 2:53 - 2:56
    TED -- Idees om te deel
Title:
Waarom ek TEDTalks vertaal
Description:

TED se Open Translation-projek: 9000 vertalers, 88 tale, byna 30 000 vertalings van TEDTalks wat deur vrywilligers gedoen is. Luister hoe ’n paar van TED se vrywilligers vertel waarom hulle kies om TEDTalks vir die wêreld te vertaal. Leer meer hier: http://www.ted.com/translate

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TED Translator Resources
Duration:
03:00
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Why I translate TEDTalks
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Why I translate TEDTalks
Ingrid Lezar approved Afrikaans subtitles for Why I translate TEDTalks
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Why I translate TEDTalks
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Why I translate TEDTalks
Anneline Du Preez accepted Afrikaans subtitles for Why I translate TEDTalks
Anneline Du Preez edited Afrikaans subtitles for Why I translate TEDTalks
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Why I translate TEDTalks
Show all

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions