Ek't in Taiwan grootgeword as die dogter van ’n kalligraaf. Een van my kosbaarste herinneringe was toe my ma vir my die skoonheid en vorm van Sjinese karakters gewys het. Van toe af is ek deur dié ongelooflike taal geboei. Maar vir ’n buitestander lyk dit so ondeurdringbaar soos die Groot Sjinese Muur. Oor die afgelope paar jaar het ek gewonder of ek hierdie muur kan afbreek, sodat enigiemand wat die skoonheid van dié gesofistikeerde taal wil verstaan en waardeer, dit kan doen. Ek't begin dink hoe ’n nuwe, vinnige manier om Sjinees te leer handig sou wees. Vandat ek vyf was, het ek begin leer hoe om elke liewe streep vir elke karakter in die korrekte volgorde te teken. Ek't 15 jaar lank elke dag nuwe karakters geleer. Aangesien ons net vyf minute het, is dit beter dat ons ’n vinnig en makliker manier het. ’n Sjinese leerling sou 20 000 karakters verstaan. Jy't net 1000 nodig om basies geletterd te wees. Die top 200 sal jou 40 persent van basiese literatuur laat verstaan -- genoeg om padtekens en spyskaarte te lees, om die basiese idee van webblaaie of koerante te verstaan. Vandag gaan ek met agt begin om julle te wys hoe die metode werk. Is julle gereed? Maak jou mond so wyd soos moontlik oop totdat dit vierkantig is. Jy kry ’n mond. Dis is ’n persoon wat gaan stap. Persoon. As die vorm van die vuur ’n persoon is, met arms aan beide kante, as of sy verwoed gil: "Help! Ek's aan die brand!" -- Hierdie simbool is werklik oorspronklik van die vorm van vlamme, maar ek hou daarvan om so te dink. Wat ook al vir jou werk. Dis ’n boom. Boom. Dis ’n berg. Die son. Die maan. Die simbool vir deur lyk soos ’n paar kroeg deure in die Wilde Weste. Ek noem hierdie agt karakters radikale. Hulle is die boustene vir jou om baie meer karakters te maak. ’n Persoon. As iemand agterna loop, is dit "om te volg." Soos die gesegde lui: twee is ’n paar, drie onpaar. As ’n persoon hul arms wyd uitstrek, sê hierdie persoon: "Dit was só groot." Die persoon binne die mond, die persoon is vasgevang. Hy is ’n gevangene, net soos Jona in die walvis. Een boom is ’n boom. Twee bome saam is ’n bos. Drie bome saam skep ’n woud. Sit ’n plank onder die boom, dan kry ons die fondasie. Sit ’n mond bo-op die boom: dis idioot. (Gelag) Maklik om te onthou, aangesien ’n pratende boom nogal idioties is. Onthou julle nog vuur? Twee vure saam: ek kry baie warm. Drie vure saam, dis baie vlamme. Sit die vuur onder die twee bome: dit brand. Vir ons is die son ’n bron van voorspoed. Twee sonne saam: voorspoedig. Drie saam: dis skitter. Die son en die maan skyn saam: dis helderheid. Dit beteken ook môre, na ’n dag en ’n nag. Die son kom op oor die horison. Sonsopkoms. ’n Deur. Sit ’n plank in die deur: dis ’n deurgrendel. Sit ’n mond in die deur: vra vrae. Klop-klop. Is enigiemand tuis? Die persoon sluip by die deur uit, hy ontsnap, vermy. Aan die linkerkant het ons ’n vrou. Twee vroue saam, hulle het rusie. (Gelag) Drie vroue saam, wees versigtig, dis egbreuk. So ons is amper deur 30 karakters. Met hierdie metode sal die eerste agt radikale jou toelaat om 32 te bou. Die volgende groep van agt karakters sal ’n nog 32 bou. So met baie min moeite sal jy ’n paar honderd karakters kan leer, net so baie soos ’n Sjinese agtjarige ken. Sodra ons die karakters ken, begin ons frases bou. Byvoorbeeld, die berg en die vuur saam, gee ons vuurberg. Dis ’n vulkaan. Ons weet dat Japan die land van die opkomende son is. Hierdie is ’n son geplaas met die oorsprong, omdat Japan oos van Sjina lê. So met son en oorsprong saam maak ons Japan. ’n Persoon agter Japan; wat kry ons? ’n Japanese persoon. Die karakter links is twee berge wat opmekaar gestapel is. In Antieke Sjina beteken dit verbanning, omdat die Sjinese keisers hul politiese vyande verban oor berge. Deesdae het verbanning verander na uitgaan. ’n Mond wat vir jou sê waar om uit te gaan is ’n uitgang. Hierdie is ’n skyfie wat my herinner dat ek moet ophou praat en die verhoog verlaat. Dankie. (Applous)