So hier het ons nodig om uit te werk wat is 46 plus 43. Ek gaan dit weer neerskryf hierdie keer bietjie anders : 46 plus 43. Wat ons hier doen is om eers te kyk na die een se plek. Ons het letterlik 6 ene plus 3 ene, 6 plus 3 is 9, so ons het 9 ene. En nou gaan ons die tiene optel, en daar is twee maniere om daaroor te dink : Jy kan sê 4 plus 4 is 8 maar eintlik omdat ons met die tiene werk is dit 40 plus 40 wat gelyk is aan 80. Anders uitgelê kan mens sê dit is eintlik dieselfde as 40 plus 6. Dit is 46, reg? 43 is dus dieselfde as 40 plus 3. Ons het hierdie mos al vooreen so uitgelê. Wanneer jy hulle bymekaar tel, 'n 6 en 'n 3, dan kry jy 'n 9 Wanneer jy 'n 40 en 'n 40 bymekaar tel kry jy 'n 80. Dus het jy 80 plus 9 wat dan ook 89 is. As mens die tiene kolom optel is 4 plus 4 eintlik 40 plus 40. Die 4 in die tiene kolom verteenwoordig eintlik die nommer 40, en 8 wat daar is verteenwoordig eintlik 'n 80.