WEBVTT 00:00:00.940 --> 00:00:03.280 Ek is ’n storieverteller. 00:00:03.280 --> 00:00:06.750 Ek wil julle ’n paar persoonlike stories vertel 00:00:06.750 --> 00:00:10.840 oor "die gevaar van die enkele storie". 00:00:10.840 --> 00:00:14.370 Ek't op ’n universiteitskampus in oos-Nigerië grootgeword. 00:00:14.370 --> 00:00:17.400 My ma sê ek't op twee begin lees, 00:00:17.400 --> 00:00:22.000 alhoewel ek dink vier dalk nader aan die waarheid is. 00:00:22.000 --> 00:00:24.000 So ek was ’n vroeë leser 00:00:24.000 --> 00:00:27.680 en ek't Britse en Amerikaanse kinderboeke gelees. NOTE Paragraph 00:00:27.680 --> 00:00:30.420 Ek was ook ’n vroeë skrywer. 00:00:30.420 --> 00:00:34.000 Toe ek begin skryf, op omtrent sewe, 00:00:34.000 --> 00:00:36.470 stories in potlood met krytillustrasies, 00:00:36.470 --> 00:00:39.580 wat my arme ma móés lees, 00:00:39.580 --> 00:00:43.240 skryf ek presies die tipe stories wat ek gelees het: 00:00:43.240 --> 00:00:48.000 Al my karakters was wit met blou oë, 00:00:48.000 --> 00:00:50.390 hulle't in die sneeu gespeel, 00:00:50.390 --> 00:00:52.220 hulle't appels geëet 00:00:52.220 --> 00:00:54.120 (Gelag) 00:00:54.120 --> 00:00:56.090 en hulle't baie oor die weer gepraat, 00:00:56.090 --> 00:00:58.600 hoe lieflik dit was, dat die son uitgekom het. 00:00:58.600 --> 00:01:00.580 (Gelag) 00:01:00.580 --> 00:01:03.860 Ondanks die feit dat ek in Nigerië gewoon het. 00:01:03.860 --> 00:01:07.330 Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie. 00:01:07.330 --> 00:01:10.310 Ons't niks sneeu gehad nie, ons het mangoes geëet, 00:01:10.310 --> 00:01:12.220 en ons het nooit oor die weer gepraat nie, 00:01:12.220 --> 00:01:14.320 want dit was onnodig. NOTE Paragraph 00:01:14.320 --> 00:01:17.120 My karakters het ook baie gemmerbier gedrink, 00:01:17.120 --> 00:01:19.390 want die karakters in die Britse boeke 00:01:19.390 --> 00:01:21.460 het gemmerbier gedrink. 00:01:21.460 --> 00:01:24.430 Ongeag dat ek g'n benul van gemmerbier gehad het nie. 00:01:24.430 --> 00:01:25.520 (Gelag) 00:01:25.520 --> 00:01:26.990 En vir baie jare daarna 00:01:26.990 --> 00:01:30.530 sou ek ’n brandende begeerte hê om gemmerbier te proe. 00:01:30.530 --> 00:01:32.210 Maar dis ’n ander storie. NOTE Paragraph 00:01:32.210 --> 00:01:34.510 Wat hierdie wys, dink ek, 00:01:34.510 --> 00:01:37.250 is hoe ontvanklik en vatbaar ons is 00:01:37.250 --> 00:01:39.000 met ’n storie voor oë, 00:01:39.000 --> 00:01:41.430 veral as kinders. 00:01:41.430 --> 00:01:45.500 Omdat ek nét boeke gelees het waarin karakters anders was, 00:01:45.500 --> 00:01:46.750 was ek oortuig 00:01:46.750 --> 00:01:50.550 dat boeke vanselfsprekend vreemdelinge moes in hê 00:01:50.550 --> 00:01:55.020 en oor dinge moes gaan waarmee ek nie kon identifiseer nie. 00:01:55.620 --> 00:01:59.050 Dinge het verander toe ek Afrikaboeke ontdek het. 00:01:59.050 --> 00:02:00.700 Daar was nie veel beskikbaar nie 00:02:00.700 --> 00:02:03.750 en hulle was nie so verkrygbaar soos die buitelandse boeke nie. 00:02:03.750 --> 00:02:06.910 Maar dank skrywers soos Chinua Achebe en Camara Laye, 00:02:06.910 --> 00:02:11.040 het ek ’n sielsverskuiwing in my begrip van letterkunde beleef. NOTE Paragraph 00:02:11.040 --> 00:02:13.030 Ek het besef dat mense soos ek, 00:02:13.030 --> 00:02:16.240 meisies met vel die kleur van sjokolade, 00:02:16.240 --> 00:02:18.710 wie se kroes hare nie kon poniesterte maak nie, 00:02:18.710 --> 00:02:20.970 ook in literatuur kon bestaan. 00:02:20.970 --> 00:02:24.940 Ek't oor vertroude dinge begin skryf. 00:02:24.940 --> 00:02:28.260 Ek was wel versot op die Amerikaanse en Britse boeke. 00:02:28.260 --> 00:02:32.030 Hulle't my verbeelding aangegryp, vir my nuwe wêrelde oopgemaak. 00:02:32.030 --> 00:02:34.260 Maar die gevolg was per abuis NOTE Paragraph 00:02:34.260 --> 00:02:36.430 dat ek nie geweet het mense soos ek 00:02:36.430 --> 00:02:38.820 kon in literatuur bestaan nie. 00:02:38.820 --> 00:02:41.930 So die ontdekking van Afrikaskrywers 00:02:41.930 --> 00:02:47.120 het my gered van 'n enkele storie hê oor wat boeke in wese is. 00:02:47.120 --> 00:02:50.250 Ek was uit ’n gewone, middelklas Nigeriese gesin. 00:02:50.250 --> 00:02:52.530 My pa was ’n professor. 00:02:52.530 --> 00:02:55.720 My ma was ’n administratiewe beampte. 00:02:55.720 --> 00:02:58.540 En, soos die norm was, NOTE Paragraph 00:02:58.540 --> 00:03:03.410 het ons inwoon-huishulpe gehad, wat van nabye dorpies af gekom het. 00:03:03.410 --> 00:03:07.350 So die jaar wat ek agt geword het, het ons ’n nuwe huisknaap gekry. 00:03:07.350 --> 00:03:10.080 Sy naam was Fide. 00:03:10.080 --> 00:03:15.000 My ma het ons net een ding oor hom vertel: sy familie was baie arm. 00:03:15.000 --> 00:03:20.230 My ma het jamswortels en rys en ons ou klere na sy familie toe gestuur. 00:03:20.230 --> 00:03:22.850 En as ek nie my aandete opgeëet het nie, sou my ma sê: 00:03:22.850 --> 00:03:27.260 "Eet jou kos! Weet jy dan nie? Mense soos Fide se familie het niks nie." 00:03:27.260 --> 00:03:31.740 So ek was baie jammer vir Fide se familie. 00:03:31.740 --> 00:03:34.630 Toe een Saterdag gaan ons na sy dorpie op besoek, 00:03:34.630 --> 00:03:38.230 en sy ma wys vir ons ’n pragtige gepatroonde mandjie 00:03:38.230 --> 00:03:41.200 gemaak van gekleurde raffia, wat sy broer gemaak het. 00:03:41.200 --> 00:03:43.260 Ek was verbaas. 00:03:43.260 --> 00:03:46.190 Ek't nie besef dat iemand in sy familie 00:03:46.190 --> 00:03:49.230 sowaar iets kon máák nie. NOTE Paragraph 00:03:49.230 --> 00:03:52.050 Al wat ek van hulle gehoor het, was hoe arm hulle was, 00:03:52.050 --> 00:03:57.310 sodat dit vir my onmoontlik geword het om hulle as enigiets buiten arm te sien. 00:03:57.310 --> 00:04:01.200 Hulle armoede was my enkele storie oor hulle. 00:04:01.200 --> 00:04:03.880 Ek het jare later hieroor gedink toe ek weg is uit Nigerië 00:04:03.880 --> 00:04:06.420 om universiteit toe te gaan in die VSA. 00:04:06.420 --> 00:04:07.860 Ek was 19. 00:04:08.500 --> 00:04:12.210 My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok. 00:04:12.210 --> 00:04:15.760 Sy't my gevra waar ek so goed Engels leer praat het 00:04:15.760 --> 00:04:17.590 en was verward toe ek sê 00:04:17.590 --> 00:04:21.900 dat Engels toevallig genoeg die amptelike taal van Nigerië is. NOTE Paragraph 00:04:21.900 --> 00:04:26.400 Sy't gevra om na my "tribal music" te luister 00:04:26.400 --> 00:04:28.390 en was gevolglik baie teleurgesteld 00:04:28.390 --> 00:04:31.170 toe ek my Mariah Carey-kasset uithaal. 00:04:31.170 --> 00:04:33.460 (Gelag) 00:04:33.460 --> 00:04:37.870 Sy't aangeneem dat ek nie weet hoe om ’n stoof te gebruik nie. 00:04:37.870 --> 00:04:39.310 Dít het my getref: 00:04:39.310 --> 00:04:42.840 Sy't my al bejammer nog voor sy my gesien het. 00:04:42.840 --> 00:04:46.170 Haar verstekposisie teenoor my, as ’n Afrikaan, 00:04:46.170 --> 00:04:50.500 was ’n soort neerbuigende, goed-bedoelde jammerhartigheid. 00:04:50.500 --> 00:04:53.800 My kamermaat het ’n enkele Afrikastorie gehad: 00:04:53.800 --> 00:04:56.760 ’n enkele storie oor katastrofe. 00:04:56.760 --> 00:04:57.880 In dié enkele storie NOTE Paragraph 00:04:57.880 --> 00:05:02.170 kon Afrikane geensins soos sy wees nie, 00:05:02.170 --> 00:05:05.270 was daar geen gevoelens meer kompleks as bejammering nie 00:05:05.270 --> 00:05:09.000 en geen moontlikheid van ’n verbinding as gelyke mense nie. NOTE Paragraph 00:05:09.000 --> 00:05:11.120 Ek moet sê dat voor ek VSA toe is, 00:05:11.120 --> 00:05:14.320 ek nie bewustelik geïdentifiseer het as ’n Afrikaan nie. 00:05:14.320 --> 00:05:17.260 Maar elke keer wat Afrika ter sprake was, het almal na my gekyk. 00:05:17.260 --> 00:05:21.000 Ondanks dat ek niks geweet het oor plekke soos Namibië nie. 00:05:21.000 --> 00:05:23.350 Maar ek't op die ou end dié nuwe identiteit aangeneem, 00:05:23.350 --> 00:05:26.200 en op baie maniere dink ek nou aan myself as Afrikaan. 00:05:26.200 --> 00:05:30.120 Dit ontstem my wel steeds wanneer daar na Afrika verwys word as ’n land, 00:05:30.120 --> 00:05:34.000 die mees onlangse voorbeeld was op my andersins wonderlike vlug, 00:05:34.000 --> 00:05:36.000 vanaf Lagos twee dae gelede, 00:05:36.000 --> 00:05:39.700 met die Virgin-aankondiging oor hulle liefdadigheidswerk 00:05:39.700 --> 00:05:43.400 in "Indië, Afrika en ander lande". 00:05:43.400 --> 00:05:44.570 (Gelag) NOTE Paragraph 00:05:44.570 --> 00:05:48.300 So na ek ’n paar jaar in die VSA as ’n Afrikaan spandeer het, 00:05:48.300 --> 00:05:52.000 het ek my kamermaat se reaksie teenoor my begin verstaan. 00:05:52.000 --> 00:05:54.610 As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, 00:05:54.610 --> 00:05:57.540 en as al wat ek oor Afrika geweet het van algemene beelde was, 00:05:57.540 --> 00:05:59.280 sou ek ook dink 00:05:59.280 --> 00:06:04.380 dat Afrika ’n plek van pragtige landskappe, mooi diere, 00:06:04.380 --> 00:06:06.130 en onverstaanbare mense is, 00:06:06.130 --> 00:06:09.880 aan't oorlogvoer, sterwend van armoede of VIGS, 00:06:09.880 --> 00:06:12.170 nie in staat daartoe om vir hulleself te praat nie 00:06:12.170 --> 00:06:16.850 en wagted om verlossing deur ’n gawe, wit vreemdeling. 00:06:16.850 --> 00:06:20.520 Ek sou Afrikane sien net soos ek, as kind, 00:06:20.520 --> 00:06:23.320 Fide se familie gesien het. NOTE Paragraph 00:06:23.320 --> 00:06:27.600 Hierdie enkele storie oor Afrika kom per slot van rekening uit Westerse literatuur. 00:06:27.600 --> 00:06:32.020 Hier's ’n aanhaling uit die skrywe van ’n Londonse handelaar, John Locke, 00:06:32.020 --> 00:06:35.640 wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het 00:06:35.640 --> 00:06:40.420 en ’n boeiende reisverslag gehou het. 00:06:40.420 --> 00:06:44.210 Nadat hy na die swart Afrikane as "gediertes sonder huise," verwys, 00:06:44.210 --> 00:06:48.370 skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe, 00:06:48.370 --> 00:06:53.260 met hul monde en oë in hulle borste." NOTE Paragraph 00:06:53.260 --> 00:06:55.270 Ek lag elke keer wat ek dit lees. 00:06:55.270 --> 00:06:59.370 En ’n mens moet sy verbeelding bewonder. 00:06:59.370 --> 00:07:00.490 Maar belangrik 00:07:00.490 --> 00:07:01.680 is dat sy skryfwerk 00:07:01.680 --> 00:07:06.100 die begin van ’n verteltradisie van Afrikastories in die Weste verteenwoordig: 00:07:06.100 --> 00:07:09.520 ’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika as ’n plek van negatiewes, 00:07:09.520 --> 00:07:11.990 van andersheid, van donkerte, 00:07:11.990 --> 00:07:17.110 van mense wat, in die woorde van die wonderlike digter, Rudyard Kipling, 00:07:17.110 --> 00:07:20.310 "halfduiwel, halfkind" is. NOTE Paragraph 00:07:20.310 --> 00:07:23.140 En so't ek begin besef dat my Amerikaanse kamermaat 00:07:23.140 --> 00:07:25.000 haar hele lewe lank 00:07:25.000 --> 00:07:29.470 verskillende weergawes van hierdie enkele storie moes gesien en gehoor het. 00:07:29.470 --> 00:07:31.130 So ook ’n professor, 00:07:31.130 --> 00:07:36.110 wat op ’n keer vir my gesê het dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie. 00:07:36.110 --> 00:07:38.000 Ek was heeltemal bereid om aan te voer 00:07:38.000 --> 00:07:40.770 dat daar heelwat dinge verkeerd was met die roman, 00:07:40.770 --> 00:07:44.000 dat dit op vele punte misluk het, 00:07:44.000 --> 00:07:45.840 maar ek het nie kon droom 00:07:45.840 --> 00:07:49.340 dat dit die kastige "eg aan Afrika" paal nie gehaal het nie. 00:07:49.340 --> 00:07:54.020 Ek het inderwaarheid nie geweet wat Afrika-egtheid was nie 00:07:54.020 --> 00:07:58.520 Die professor het my meegedeel dat my karakters te veel soos hy was, 00:07:58.520 --> 00:08:00.560 ’n opgevoede, middelklas man. 00:08:00.560 --> 00:08:02.800 My karakters het motors bestuur. 00:08:02.800 --> 00:08:05.000 Hulle't nie van honger vergaan nie. 00:08:05.000 --> 00:08:09.000 Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie. NOTE Paragraph 00:08:09.000 --> 00:08:12.000 Maar ek moet byvoeg dat ek net so skuldig is 00:08:12.000 --> 00:08:15.000 aan die enkele storie kwessie. 00:08:15.000 --> 00:08:19.000 Ek't ’n paar jaar gelede Meksiko besoek uit die VSA. 00:08:19.000 --> 00:08:21.700 Die politieke klimaat in die VSA was gespanne, 00:08:21.700 --> 00:08:25.000 en debatte oor immigrasie het geheers. 00:08:25.000 --> 00:08:27.360 En, soos dit baie in Amerika gebeur, 00:08:27.360 --> 00:08:30.720 het immigrasie sinoniem met Meksikane geword. 00:08:30.720 --> 00:08:32.600 Daar was eindelose stories oor Meksikane 00:08:32.600 --> 00:08:36.550 wat die gesondheidstelsel kaal uittrek, 00:08:36.550 --> 00:08:38.160 oor die grens sluip, 00:08:38.160 --> 00:08:42.290 by die grens gearresteer word, daai soort ding. NOTE Paragraph 00:08:42.290 --> 00:08:46.220 Ek't op my eerste dag in Guadalajara rondgeloop, 00:08:46.220 --> 00:08:48.740 gekyk het hoe die mense werk toe gaan, 00:08:48.740 --> 00:08:50.610 by die markplein hulle tortillas oprol, 00:08:50.610 --> 00:08:53.280 aan't rook en lag. 00:08:53.280 --> 00:08:55.910 Ek onthou dat ek eers effens verras was. 00:08:55.910 --> 00:08:59.510 En toe was ek van skaamte oorkom. 00:08:59.510 --> 00:09:04.020 Ek het besef dat ek so verdiep was in die mediadekking oor Meksikane 00:09:04.020 --> 00:09:06.260 dat hulle een ding in my kop geword het: 00:09:06.260 --> 00:09:08.960 die ellendige immigrant. 00:09:08.960 --> 00:09:11.000 Ek't geval vir die enkele storie oor Meksikane 00:09:11.000 --> 00:09:14.120 en ek kon nie méér skaam kry nie. 00:09:14.120 --> 00:09:16.820 So dis hoe om ’n enkele storie te skep, 00:09:16.820 --> 00:09:19.000 ’n volk te wys as een ding, 00:09:19.000 --> 00:09:21.160 slegs een ding, 00:09:21.160 --> 00:09:23.000 oor en oor, 00:09:23.000 --> 00:09:26.000 en dis wat hulle dan word. NOTE Paragraph 00:09:26.000 --> 00:09:28.160 Dis onmoontlik om die enkele storie te bespreek, 00:09:28.160 --> 00:09:31.600 sonder om mag aan te raak. 00:09:31.600 --> 00:09:33.520 Daar's ’n Igbo woord, 00:09:33.520 --> 00:09:36.980 waaroor ek dink as ek oor die wêreld se magstrukture dink, 00:09:36.980 --> 00:09:38.510 en dis: "nkali." 00:09:38.510 --> 00:09:43.690 Dis ’n selfstandige naamword, losweg vertaal: "om groter as ’n ander te wees". 00:09:43.690 --> 00:09:46.680 Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde, 00:09:46.680 --> 00:09:50.810 word stories ook bepaal deur die beginsel van nkali: 00:09:50.820 --> 00:09:53.200 Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel, 00:09:53.200 --> 00:09:56.440 wanneer hulle vertel word, hoeveel vertel word, 00:09:56.440 --> 00:10:00.100 is alles regtig afhanklik van mag. NOTE Paragraph 00:10:00.100 --> 00:10:03.460 Mag is die vermoë om ’n ander se storie te vertel 00:10:03.460 --> 00:10:07.290 én om dit die beslissende storie van dié persoon te maak. 00:10:07.290 --> 00:10:09.620 Die Palestynse digter Mourid Barghouti skryf 00:10:09.620 --> 00:10:12.310 dat as jy ’n volk wil ontvreem, 00:10:12.310 --> 00:10:14.050 is die eenvoudigste manier 00:10:14.050 --> 00:10:18.590 om hulle storie te begin vertel met "tweedens." 00:10:18.590 --> 00:10:22.580 Begin die storie met die Amerikaanse inboorlinge se pyle, 00:10:22.580 --> 00:10:25.230 en nié met die Britte se aankoms nie, 00:10:25.230 --> 00:10:28.000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 00:10:28.000 --> 00:10:32.500 Begin die storie met die mislukking van die Afrikastaat, 00:10:32.500 --> 00:10:36.160 en nié met die koloniale skepping van die Afrikastaat nie, 00:10:36.160 --> 00:10:40.000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. NOTE Paragraph 00:10:40.000 --> 00:10:42.710 Ek't onlangs by ’n universiteit gepraat 00:10:42.710 --> 00:10:46.000 waar ’n student vir my gesê het dat dit só jammer is 00:10:46.000 --> 00:10:49.000 dat Nigeriese mans mishandelaars is, 00:10:49.000 --> 00:10:52.000 soos die vaderfiguur in my roman. 00:10:52.000 --> 00:10:56.310 Ek't vir hom gesê dat ek pas die roman "American Psycho" gelees het -- 00:10:56.310 --> 00:10:58.390 (Gelag) 00:10:58.390 --> 00:11:00.280 -- en dat dit só jammer is 00:11:00.280 --> 00:11:04.330 dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is. 00:11:04.330 --> 00:11:07.000 (Gelag) 00:11:07.000 --> 00:11:13.000 (Applous) 00:11:13.000 --> 00:11:16.410 Natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê. 00:11:16.410 --> 00:11:18.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:11:18.000 --> 00:11:20.000 Maar ek sou nooit kon dink 00:11:20.000 --> 00:11:24.310 dat 'n reeksmoordenaar-karakter in 'n roman 00:11:24.310 --> 00:11:28.060 álle Amerikaners verteenwoordig nie. 00:11:28.060 --> 00:11:31.610 Dis nie omdat ek ’n beter mens as daai student is nie, 00:11:31.610 --> 00:11:34.560 maar eerder as gevolg van Amerika se kulturele en ekonomiese mag, 00:11:34.560 --> 00:11:36.350 dat ek baie stories oor Amerika het. 00:11:36.350 --> 00:11:40.340 Ek het al Tyler en Updike en Steinbeck en Gaitskill gelees. 00:11:40.340 --> 00:11:43.790 Ek't nie ’n enkele storie oor Amerika gehad nie. NOTE Paragraph 00:11:43.790 --> 00:11:45.400 Toe ek gehoor het 00:11:45.400 --> 00:11:49.960 dat daar van skrywers verwag word om ongelukkige kinderjare te gehad het 00:11:49.960 --> 00:11:51.880 om suksesvol te wees, 00:11:51.880 --> 00:11:57.310 het ek begin dink oor hoe ek aaklige goed wat my ouers my aangedoen het, kon opmaak. 00:11:57.310 --> 00:11:58.460 (Gelag) 00:11:58.460 --> 00:12:01.830 Maar om die waarheid te sê, het ek gelukkige kinderjare gehad, 00:12:01.830 --> 00:12:05.270 vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin. NOTE Paragraph 00:12:05.270 --> 00:12:08.920 Maar ek't ook oupas gehad wat in vlugtelingkampe dood is. 00:12:08.920 --> 00:12:13.070 My nefie Polle is dood omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie. 00:12:13.070 --> 00:12:16.290 Een van my beste maats, Okoloma, is dood in ’n vliegtuigongeluk 00:12:16.290 --> 00:12:19.620 omdat ons brandweerwaens nie water gehad het nie. 00:12:19.620 --> 00:12:22.240 Ek't onder verdrukkende militêre regerings grootgeword 00:12:22.240 --> 00:12:23.960 wat opvoeding van waarde beroof het, 00:12:23.960 --> 00:12:27.080 sodat my ouers soms nie hulle salarisse betaal is nie. 00:12:27.080 --> 00:12:31.160 En so, as ’n kind, het ek gesien hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn, 00:12:31.160 --> 00:12:33.730 toe margarien, 00:12:33.730 --> 00:12:36.030 toe het brood te duur geword, 00:12:36.030 --> 00:12:39.030 toe is melk op rantsoen gesit. 00:12:39.030 --> 00:12:42.980 En meeste van alles, het ’n soort genormaliseerde politieke vrees 00:12:42.980 --> 00:12:45.920 ons lewens binnegedring. NOTE Paragraph 00:12:45.920 --> 00:12:48.640 Al hierdie stories maak my wie ek is. 00:12:48.640 --> 00:12:52.430 Maar om slegs op dié negatiewe stories aan te dring 00:12:52.430 --> 00:12:55.400 is om my ervaring af te plat 00:12:55.400 --> 00:12:59.530 en baie van die stories wat my gevorm het oor die hoof te sien. 00:12:59.530 --> 00:13:02.530 Die enkele storie skep stereotipes, 00:13:02.530 --> 00:13:07.010 en die probleem met stereotipes, is nie dat hulle onwaar is nie, 00:13:07.010 --> 00:13:09.460 maar dat hulle onvolledig is. 00:13:09.460 --> 00:13:12.960 Hulle maak een storie die enigste storie. NOTE Paragraph 00:13:12.960 --> 00:13:15.690 Afrika ís ’n vasteland vol katastrofes: 00:13:15.690 --> 00:13:19.150 Daar is grotes, soos die skokkende verkragtings in Kongo 00:13:19.150 --> 00:13:20.660 en ontmoedigendes, 00:13:20.660 --> 00:13:26.200 soos dat 5000 mense vir een vakante pos in Nigerië aansoek doen. 00:13:26.200 --> 00:13:29.850 Maar daar is onrampspoedige stories 00:13:29.850 --> 00:13:33.540 en dis nét so belangrik om oor hulle te praat. NOTE Paragraph 00:14:05.720 --> 00:14:07.720 Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik 00:14:07.720 --> 00:14:10.720 om ordentlik aan ’n plek of persoon mee te doen 00:14:10.720 --> 00:14:14.720 sonder om in al die stories van daardie plek of persoon te deel. 00:14:14.720 --> 00:14:17.720 Die gevolg van die enkele storie 00:14:17.720 --> 00:14:20.720 is dat dit mense van waardigheid beroof. 00:14:20.720 --> 00:14:24.720 Dit maak erkenning van ons gelyke menslikheid moeilik. 00:14:24.720 --> 00:14:27.720 Dit beklemtoon ons verskille eerder as ons ooreenkomste. NOTE Paragraph 00:14:27.720 --> 00:14:29.720 So wat as ek voor my Meksikaanse toer 00:14:29.720 --> 00:14:33.720 albei kante van die immigrasiedebat gevolg het, 00:14:33.720 --> 00:14:35.720 die Amerikaanse en die Meksikaanse? 00:14:35.720 --> 00:14:39.720 Wat as my ma vir ons gesê het 00:14:39.720 --> 00:14:41.720 dat Fide se familie arm én hardwerkend is? 00:14:41.720 --> 00:14:43.720 Wat as ons ’n Afrika-televisienetwerk gehad het 00:14:43.720 --> 00:14:47.720 wat uiteenlopende Afrikastories regoor die wêreld uitsaai? 00:14:47.720 --> 00:14:49.720 Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe "’n balans van stories" noem. NOTE Paragraph 00:14:49.720 --> 00:14:52.720 Wat as my kamermaat kon weet van my Nigeriese uitgewer, 00:14:52.720 --> 00:14:54.720 Muhtar Bakare, 00:14:54.720 --> 00:14:56.720 ’n merkwaardige man wat sy werk by ’n bank gelos het 00:14:56.720 --> 00:14:59.720 om sy droom te volg en ’n uitgewery te begin? 00:14:59.720 --> 00:15:03.720 Die staande opvatting was dat Nigeriërs nie literatuur lees nie. 00:15:03.720 --> 00:15:05.720 Hy't verskil. 00:15:05.720 --> 00:15:07.720 Hy't gedink mense wat kon lees, sou lees, 00:15:07.720 --> 00:15:11.720 as jy literatuur bekostigbaar en beskikbaar gemaak het. NOTE Paragraph 00:15:11.720 --> 00:15:14.720 Kort daarna het hy my eerste roman uitgegee 00:15:14.720 --> 00:15:17.720 en was ek by ’n TV-ateljee in Lagos vir ’n onderhoud, 00:15:17.720 --> 00:15:20.720 en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, het vir my kom sê: 00:15:20.720 --> 00:15:23.720 "Ek het baie van jou roman gehou. Ek het nie van die einde gehou nie. 00:15:33.900 --> 00:15:36.900 Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, en wat moet gebeur is ..." 00:15:36.900 --> 00:15:39.900 (Gelag) 00:15:39.900 --> 00:15:42.900 En sy't toe vir my vertel wat om in die vervolgstuk te skryf. 00:15:42.900 --> 00:15:45.900 Ek was nie net bekoor nie, ek was ook diep geroer. 00:15:45.900 --> 00:15:48.900 Hier was ’n vrou, soos baie gewone Nigeriërs, 00:15:48.900 --> 00:15:51.900 wat nie veronderstel was om 'n leser te wees nie. 00:15:51.900 --> 00:15:53.900 Sy't nie net die boek gelees nie, 00:15:53.900 --> 00:15:56.900 sy't dit ook aangeneem 00:15:56.900 --> 00:15:58.900 en geregverdig gevoel in haar instruksies vir die vervolgstuk. NOTE Paragraph 00:15:59.340 --> 00:16:03.340 So wat as my kamermaat kon weet van my vriendin Funmi Iyanda, 00:16:03.340 --> 00:16:06.340 ’n vreeslose Lagos TV-aanbieder, 00:16:06.340 --> 00:16:09.340 vasberade om die stories wat ons verkies om te vergeet, te vertel? 00:16:09.340 --> 00:16:13.340 Wat as my kamermaat kon weet van die hartoperasie 00:16:13.340 --> 00:16:16.340 wat verlede week in ’n Lagos-hospitaal uitgevoer is? 00:16:16.340 --> 00:16:20.340 Wat as my kamermaat kon weet van hedendaagse Nigeriese musiek, 00:16:20.340 --> 00:16:23.340 talentvolle mense wat sing in Engels en Pidgin, 00:16:23.340 --> 00:16:25.340 en Igbo en Joroeba en Ijo, 00:16:25.340 --> 00:16:29.340 terwyl hulle invloede van Jay-Z tot Fela 00:16:29.340 --> 00:16:32.340 tot Bob Marley en hulle oupas meng. 00:16:32.340 --> 00:16:34.340 Wat as my kamermaat kon weet van die vroulike prokureur 00:16:34.340 --> 00:16:36.340 wat onlangs in Nigerië hof toe is om ’n belaglike wet te betwis 00:16:36.340 --> 00:16:39.340 wat vereis dat vroue hulle mans se toestemming kry 00:16:39.340 --> 00:16:42.340 voor hulle hul paspoorte hernu? 00:16:42.340 --> 00:16:45.340 Was as my kamermaat kon weet van Nollywood, 00:16:45.340 --> 00:16:49.340 vol innoverende mense wat films maak ten spyte van groot tegniese uitdagings, 00:16:49.340 --> 00:16:51.340 films wat só gewild is, 00:16:51.340 --> 00:16:53.340 dat hulle rêrig die beste voorbeeld is van Nigeriërs wat verbruik wat hulle self skep? 00:16:53.340 --> 00:16:56.340 Wat as my kamermaat kon weet van my vooruitstrewende haarvlegter, 00:16:57.380 --> 00:16:59.280 wat pas haar eie besigheid vir die verkoop van haarverlengings begin het? 00:16:59.280 --> 00:17:01.280 Of van die miljoene Nigeriërs wat besighede begin wat soms misluk, 00:17:01.760 --> 00:17:03.220 maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek? NOTE Paragraph 00:17:03.220 --> 00:17:05.220 Elke keer wat ek tuis is, 00:17:05.220 --> 00:17:07.260 word ek met die gewone bronne van irritasie vir meeste Nigeriërs gekonfronteer: 00:17:07.260 --> 00:17:08.780 ons mislukte infrastruktuur, ons mislukte regering, 00:17:08.780 --> 00:17:10.660 maar ook die ongelooflike taaiheid 00:17:10.660 --> 00:17:12.320 van mense wat floreer ten spyte van die regering, 00:17:12.320 --> 00:17:14.320 eerder as gevolg daarvan. 00:17:14.320 --> 00:17:17.320 Ek bied elke somer skryfwerkswinkels in Lagos aan, 00:17:17.320 --> 00:17:20.320 en dis indrukwekkend hoeveel mense aansoek doen, 00:17:20.320 --> 00:17:22.380 hoeveel mense gretig is om te skryf, 00:17:22.380 --> 00:17:23.910 om stories te vertel. NOTE Paragraph 00:17:23.910 --> 00:17:26.190 Ek en my Nigeriese uitgewer het onlangs die Farafina Trust -- 00:17:26.190 --> 00:17:28.110 sonder winsbejag -- begin 00:17:28.110 --> 00:17:30.330 en ons het groot drome van biblioteke bou 00:17:30.330 --> 00:17:31.970 en bestaande biblioteke opknap 00:17:31.970 --> 00:17:33.500 en boeke verskaf aan staatskole 00:17:33.500 --> 00:17:35.190 wat niks in hulle biblioteke het nie, 00:17:35.190 --> 00:17:37.440 en ook van tonne werkswinkels organiseer, 00:17:37.440 --> 00:17:39.680 in lees en skryf, 00:17:39.680 --> 00:17:41.720 vir al die mense wat gretig is om ons baie stories te vertel. 00:17:41.720 --> 00:17:43.390 Stories maak saak. 00:17:43.390 --> 00:17:45.170 Baie stories maak saak. 00:17:45.170 --> 00:17:52.130 Stories is al gebruik om te ontvreem en te belaster, 00:17:52.130 --> 00:17:54.580 maar stories kan ook gebruik word om te bemagtig en te vermenslik. 00:17:54.580 --> 00:17:55.650 Stories kan ’n volk se waardigheid breek, 00:17:55.650 --> 00:17:57.130 maar stories kan ook hulle gebreekte waardigheid heelmaak. NOTE Paragraph 00:17:57.130 --> 00:17:59.600 Die Amerikaanse skrywer Alice Walker het geskryf 00:17:59.600 --> 00:18:02.130 van haar suiderlingfamilielede wat na die Noorde getrek het. 00:18:02.130 --> 00:18:04.140 Sy't hulle in ’n boek 00:18:04.140 --> 00:18:07.630 oor die suiderlinglewe wat hulle agtergelaat het, bekendgestel: 00:18:07.630 --> 00:18:10.070 "Hulle't rondgesit, die boek self gelees, 00:18:10.070 --> 00:18:13.560 geluister na hoe ek die boek lees, en ’n paradys van soorte is herwin." 00:18:13.560 --> 00:18:15.760 Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit: 00:18:15.760 --> 00:18:17.780 Dat wanneer ons die enkele storie verwerp, 00:18:17.780 --> 00:18:18.760 wanneer ons besef dat daar nooit ’n enkele storie 00:18:18.760 --> 00:18:21.100 oor enige plek is nie, 00:18:21.100 --> 00:18:24.100 herwin ons ’n soort paradys. 00:18:24.100 --> 00:18:25.510 Dankie. 00:18:25.510 --> 00:18:28.000 (Applous)