1 00:00:00,940 --> 00:00:03,280 Ek is ’n storieverteller. 2 00:00:03,280 --> 00:00:06,750 Ek wil julle ’n paar persoonlike stories vertel 3 00:00:06,750 --> 00:00:10,840 oor "die gevaar van die enkele storie". 4 00:00:10,840 --> 00:00:14,370 Ek't op ’n universiteitskampus in oos-Nigerië grootgeword. 5 00:00:14,370 --> 00:00:17,400 My ma sê ek't op twee begin lees, 6 00:00:17,400 --> 00:00:22,000 alhoewel ek dink vier dalk nader aan die waarheid is. 7 00:00:22,000 --> 00:00:24,000 So ek was ’n vroeë leser 8 00:00:24,000 --> 00:00:27,680 en ek't Britse en Amerikaanse kinderboeke gelees. 9 00:00:27,680 --> 00:00:30,420 Ek was ook ’n vroeë skrywer. 10 00:00:30,420 --> 00:00:34,000 Toe ek begin skryf, op omtrent sewe, 11 00:00:34,000 --> 00:00:36,470 stories in potlood met krytillustrasies, 12 00:00:36,470 --> 00:00:39,580 wat my arme ma móés lees, 13 00:00:39,580 --> 00:00:43,240 skryf ek presies die tipe stories wat ek gelees het: 14 00:00:43,240 --> 00:00:48,000 Al my karakters was wit met blou oë, 15 00:00:48,000 --> 00:00:50,390 hulle't in die sneeu gespeel, 16 00:00:50,390 --> 00:00:52,220 hulle't appels geëet 17 00:00:52,220 --> 00:00:54,120 (Gelag) 18 00:00:54,120 --> 00:00:56,090 en hulle't baie oor die weer gepraat, 19 00:00:56,090 --> 00:00:58,600 hoe lieflik dit was, dat die son uitgekom het. 20 00:00:58,600 --> 00:01:00,580 (Gelag) 21 00:01:00,580 --> 00:01:03,860 Ondanks die feit dat ek in Nigerië gewoon het. 22 00:01:03,860 --> 00:01:07,330 Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie. 23 00:01:07,330 --> 00:01:10,310 Ons't niks sneeu gehad nie, ons het mangoes geëet, 24 00:01:10,310 --> 00:01:12,220 en ons het nooit oor die weer gepraat nie, 25 00:01:12,220 --> 00:01:14,320 want dit was onnodig. 26 00:01:14,320 --> 00:01:17,120 My karakters het ook baie gemmerbier gedrink, 27 00:01:17,120 --> 00:01:19,390 want die karakters in die Britse boeke 28 00:01:19,390 --> 00:01:21,460 het gemmerbier gedrink. 29 00:01:21,460 --> 00:01:24,430 Ongeag dat ek g'n benul van gemmerbier gehad het nie. 30 00:01:24,430 --> 00:01:25,520 (Gelag) 31 00:01:25,520 --> 00:01:26,990 En vir baie jare daarna 32 00:01:26,990 --> 00:01:30,530 sou ek ’n brandende begeerte hê om gemmerbier te proe. 33 00:01:30,530 --> 00:01:32,210 Maar dis ’n ander storie. 34 00:01:32,210 --> 00:01:34,000 Wat hierdie wys, dink ek, 35 00:01:34,000 --> 00:01:37,000 is hoe ontvanklik en vatbaar ons is 36 00:01:37,000 --> 00:01:39,000 met ’n storie voor oë, 37 00:01:39,000 --> 00:01:41,000 veral as kinders. 38 00:01:41,000 --> 00:01:43,000 Omdat ek nét boeke gelees het waarin karakters anders was, 39 00:01:43,000 --> 00:01:45,000 was ek oortuig 40 00:01:45,000 --> 00:01:47,000 dat boeke vanselfsprekend vreemdelinge moes in hê 41 00:01:47,000 --> 00:01:50,000 en oor dinge moes gaan waarmee ek nie kon identifiseer nie. 42 00:01:50,000 --> 00:01:52,000 Dinge het verander toe ek Afrikaboeke ontdek het. 43 00:01:52,000 --> 00:01:55,000 Daar was nie veel beskikbaar nie 44 00:01:55,000 --> 00:01:59,000 en hulle was nie so verkrygbaar soos die buitelandse boeke nie. 45 00:01:59,000 --> 00:02:01,000 Maar dank skrywers soos Chinua Achebe en Camara Laye, 46 00:02:01,000 --> 00:02:03,000 het ek ’n sielsverskuiwing in my begrip van letterkunde beleef. 47 00:02:03,000 --> 00:02:07,000 Ek het besef dat mense soos ek, 48 00:02:07,000 --> 00:02:09,000 meisies met vel die kleur van sjokolade, 49 00:02:09,000 --> 00:02:11,000 wie se kroes hare nie kon poniesterte maak nie, 50 00:02:11,000 --> 00:02:13,000 ook in literatuur kon bestaan. 51 00:02:13,000 --> 00:02:15,000 Ek't oor vertroude dinge begin skryf. 52 00:02:15,000 --> 00:02:18,000 Ek was wel versot op die Amerikaanse en Britse boeke. 53 00:02:18,000 --> 00:02:20,000 Hulle't my verbeelding aangegryp, vir my nuwe wêrelde oopgemaak. 54 00:02:20,000 --> 00:02:24,000 Maar die gevolg was per abuis 55 00:02:24,000 --> 00:02:28,000 dat ek nie geweet het mense soos ek 56 00:02:28,000 --> 00:02:32,000 kon in literatuur bestaan nie. 57 00:02:32,000 --> 00:02:34,000 So die ontdekking van Afrikaskrywers 58 00:02:34,000 --> 00:02:36,000 het my gered van 'n enkele storie hê oor wat boeke in wese is. 59 00:02:36,000 --> 00:02:38,000 Ek was uit ’n gewone, middelklas Nigeriese gesin. 60 00:02:38,000 --> 00:02:42,000 My pa was ’n professor. 61 00:02:42,000 --> 00:02:45,000 My ma was ’n administratiewe beampte. 62 00:02:45,000 --> 00:02:47,000 En, soos die norm was, 63 00:02:47,000 --> 00:02:50,000 het ons inwoon-huishulpe gehad, wat van nabye dorpies af gekom het. 64 00:02:50,000 --> 00:02:52,000 So die jaar wat ek agt geword het, het ons ’n nuwe huisknaap gekry. 65 00:02:52,000 --> 00:02:55,000 Sy naam was Fide. 66 00:02:55,000 --> 00:02:58,000 My ma het ons net een ding oor hom vertel: sy familie was baie arm. 67 00:02:58,000 --> 00:03:03,000 My ma het jamswortels en rys en ons ou klere na sy familie toe gestuur. 68 00:03:03,000 --> 00:03:07,000 En as ek nie my aandete opgeëet het nie, sou my ma sê: 69 00:03:07,000 --> 00:03:09,000 "Eet jou kos! Weet jy dan nie? Mense soos Fide se familie het niks nie." 70 00:03:09,000 --> 00:03:12,000 So ek was baie jammer vir Fide se familie. 71 00:03:12,000 --> 00:03:15,000 Toe een Saterdag gaan ons na sy dorpie op besoek, 72 00:03:15,000 --> 00:03:17,000 en sy ma wys vir ons ’n pragtige gepatroonde mandjie 73 00:03:17,000 --> 00:03:20,000 gemaak van gekleurde raffia, wat sy broer gemaak het. 74 00:03:20,000 --> 00:03:22,000 Ek was verbaas. 75 00:03:22,000 --> 00:03:27,000 Ek het nie besef dat iemand in sy familie 76 00:03:27,000 --> 00:03:31,000 sowaar iets kon maak nie. 77 00:03:31,000 --> 00:03:34,000 Al wat ek van hulle gehoor het, was hoe arm hulle was, 78 00:03:34,000 --> 00:03:38,000 sodat dit vir my onmoontlik geword het om hulle as enigiets buiten arm te sien. 79 00:03:38,000 --> 00:03:41,000 Hulle armoede was my enkele storie oor hulle. 80 00:03:41,000 --> 00:03:43,000 Ek het jare later hieroor gedink toe ek weg is uit Nigerië 81 00:03:43,000 --> 00:03:46,000 om universiteit toe te gaan in die VSA. 82 00:03:46,000 --> 00:03:49,000 Ek was 19. 83 00:03:49,000 --> 00:03:52,000 My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok. 84 00:03:52,000 --> 00:03:54,000 Sy't my gevra waar ek so goed Engels leer praat het 85 00:03:54,000 --> 00:03:57,000 en was verward toe ek gesê het 86 00:03:57,000 --> 00:04:01,000 dat Engels toevallig genoeg die amptelike taal van Nigerië is. 87 00:04:01,000 --> 00:04:03,000 Sy't gevra om na my "tribal" musiek te luister 88 00:04:03,000 --> 00:04:06,000 en was gevolglik baie teleurgesteld 89 00:04:06,000 --> 00:04:08,000 toe ek my Mariah Carey-kasset uithaal. 90 00:04:08,000 --> 00:04:12,000 (Gelag) 91 00:04:12,000 --> 00:04:15,000 Sy't aangeneem dat ek nie weet hoe om ’n stoof te gebruik nie. 92 00:04:15,000 --> 00:04:17,000 Dít het my getref: 93 00:04:17,000 --> 00:04:22,000 Sy't my al bejammer nog voor sy my gesien het. 94 00:04:22,000 --> 00:04:26,000 Haar verstekposisie teenoor my, as ’n Afrikaan, 95 00:04:26,000 --> 00:04:28,000 was ’n soort neerbuigende, goed-bedoelde jammerhartigheid. 96 00:04:28,000 --> 00:04:30,000 My kamermaat het n enkele Afrikastorie gehad: 97 00:04:30,000 --> 00:04:33,000 ’n enkele storie oor katastrofe. 98 00:04:33,000 --> 00:04:35,000 In hierdie enkele storie 99 00:04:58,000 --> 00:05:02,000 kon Afrikane geensins soos sy wees nie, 100 00:05:02,000 --> 00:05:05,000 was daar geen gevoelens meer kompleks as bejammering nie 101 00:05:05,000 --> 00:05:09,000 en geen moontlikheid van ’n verbinding as gelyke mense nie. 102 00:05:09,000 --> 00:05:11,000 Ek moet sê dat voor ek VSA toe is, 103 00:05:11,000 --> 00:05:14,000 ek nie bewustelik geïdentifiseer het as ’n Afrikaan nie. 104 00:05:14,000 --> 00:05:17,000 Maar elke keer wat Afrika ter sprake was, het almal na my gekyk. 105 00:05:17,000 --> 00:05:21,000 Ondanks dat ek niks geweet het oor plekke soos Namibië nie. 106 00:05:21,000 --> 00:05:23,000 Maar ek't op die ou end dié nuwe identiteit aangeneem, 107 00:05:23,000 --> 00:05:26,000 en op baie maniere dink ek nou aan myself as Afrikaan. 108 00:05:26,000 --> 00:05:28,000 Dit ontstem my wel steeds wanneer daar na Afrika verwys word as ’n land, 109 00:05:30,000 --> 00:05:34,000 die mees onlangse voorbeeld was op my andersins wonderlike vlug, 110 00:05:34,000 --> 00:05:36,000 vanaf Lagos twee dae gelede, 111 00:05:36,000 --> 00:05:38,000 met die Virgin-aankondiging 112 00:05:38,000 --> 00:05:43,000 oor die liefdadigheidswerk in "Indië, Afrika en ander lande". 113 00:05:43,000 --> 00:05:44,000 (Gelag) 114 00:05:44,000 --> 00:05:48,000 So na ek ’n paar jaar in die VSA as ’n Afrikaan spandeer het, 115 00:05:48,000 --> 00:05:52,000 het ek my kamermaat se reaksie teenoor my begin verstaan. 116 00:05:52,000 --> 00:05:55,000 As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, 117 00:05:55,000 --> 00:05:57,000 en as al wat ek oor Afrika geweet het van algemene beelde was, 118 00:05:57,000 --> 00:06:00,000 sou ek ook dink 119 00:06:00,000 --> 00:06:04,000 dat Afrika ’n plek van pragtige landskappe, mooi diere, 120 00:06:04,000 --> 00:06:06,000 en onverstaanbare mense is, 121 00:06:06,000 --> 00:06:09,000 aan't oorlogvoer, sterwend van armoede of VIGS, 122 00:06:09,000 --> 00:06:12,000 nie in staat daartoe om vir hulleself te praat nie 123 00:06:12,000 --> 00:06:14,000 en wagted om verlossing deur ’n gawe, wit vreemdeling. 124 00:06:17,000 --> 00:06:19,000 Ek sou Afrikane sien net soos ek, as kind, 125 00:06:19,000 --> 00:06:23,000 Fide se familie gesien het. 126 00:06:23,000 --> 00:06:27,000 Hierdie enkele storie oor Afrika kom per slot van rekening uit Westerse literatuur. 127 00:06:27,000 --> 00:06:29,000 Hier is ’n aanhaling uit die skrywe van ’n Londonse handelaar, John Locke, 128 00:06:32,000 --> 00:06:35,000 wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het 129 00:06:35,000 --> 00:06:40,000 en ’n boeiende reisverslag gehou het. 130 00:06:40,000 --> 00:06:42,000 Nadat hy na die swart Afrikane as "gediertes sonder huise," verwys, 131 00:06:44,000 --> 00:06:48,000 skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe, 132 00:06:48,000 --> 00:06:53,000 met hul monde en oë in hulle borste." 133 00:06:53,000 --> 00:06:55,000 Ek lag elke keer wat ek dit lees. 134 00:06:55,000 --> 00:06:59,000 En ’n mens moet sy verbeelding bewonder. 135 00:06:59,000 --> 00:07:01,000 Maar belangrik is dat sy skryfwerk 136 00:07:01,000 --> 00:07:03,000 die begin van ’n verteltradisie 137 00:07:03,000 --> 00:07:06,000 van Afrikastories in die Weste verteenwoordig: 138 00:07:06,000 --> 00:07:09,000 ’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika as ’n plek van negatiewes, 139 00:07:09,000 --> 00:07:11,000 van andersheid, van donkerte, 140 00:07:11,000 --> 00:07:15,000 van mense wat, in die woorde van die wonderlike digter, Rudyard Kipling, 141 00:07:17,000 --> 00:07:20,000 "halfduiwel, halfkind" is. 142 00:07:20,000 --> 00:07:23,000 En so't ek begin besef dat my Amerikaanse kamermaat 143 00:07:23,000 --> 00:07:25,000 haar hele lewe lank 144 00:07:25,000 --> 00:07:27,000 verskillende weergawes van hierdie enkele storie moes gesien en gehoor het, 145 00:07:29,000 --> 00:07:31,000 so ook ’n professor, 146 00:07:31,000 --> 00:07:36,000 wat op ’n keer vir my gesê het dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie. 147 00:07:36,000 --> 00:07:38,000 Nou, ek was heeltemal bereid 148 00:07:38,000 --> 00:07:40,000 om aan te voer dat daar heelwat dinge verkeerd was met die roman, 149 00:07:40,000 --> 00:07:44,000 dat dit op vele punte misluk het, 150 00:07:44,000 --> 00:07:46,000 maar ek het nie kon droom 151 00:07:46,000 --> 00:07:49,000 dat dit die kastige Afrika-egtheid paal nie gehaal het nie. 152 00:07:49,000 --> 00:07:51,000 Ek het inderwaarheid nie geweet wat Afrika-egtheid was nie 153 00:07:54,000 --> 00:07:56,000 Die professor het my meegedeel dat my karakters te veel soos hy was, 154 00:07:58,000 --> 00:08:00,000 ’n opgevoede, middelklas man. 155 00:08:00,000 --> 00:08:02,000 My karakters het motors bestuur. 156 00:08:02,000 --> 00:08:05,000 Hulle't nie van honger vergaan nie. 157 00:08:05,000 --> 00:08:09,000 Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie. 158 00:08:09,000 --> 00:08:12,000 Maar ek moet byvoeg dat ek net so skuldig is 159 00:08:12,000 --> 00:08:15,000 aan die enkele storie kwessie. 160 00:08:15,000 --> 00:08:19,000 Ek't ’n paar jaar gelede Meksiko besoek uit die VSA. 161 00:08:19,000 --> 00:08:21,000 Die politieke klimaat in die VSA was gespanne, 162 00:08:21,000 --> 00:08:25,000 en debatte oor immigrasie het geheers. 163 00:08:25,000 --> 00:08:27,000 En, soos dit baie in Amerika gebeur, 164 00:08:27,000 --> 00:08:30,000 het immigrasie sinoniem met Meksikane geword. 165 00:08:30,000 --> 00:08:32,000 Daar was eindelose stories oor Meksikane 166 00:08:32,000 --> 00:08:34,000 wat die gesondheidstelsel kaal uittrek, 167 00:08:36,000 --> 00:08:38,000 oor die grens sluip, 168 00:08:38,000 --> 00:08:42,000 by die grens gearresteer word, daai soort van ding. 169 00:08:42,000 --> 00:08:46,000 Ek't op my eerste dag in Guadalajara rondgeloop, 170 00:08:46,000 --> 00:08:48,000 gekyk het hoe die mense werk toe gaan, 171 00:08:48,000 --> 00:08:50,000 by die markplein hulle tortillas oprol, 172 00:08:50,000 --> 00:08:53,000 aan't rook en lag. 173 00:08:53,000 --> 00:08:56,000 Ek onthou dat ek eers effens verras was. 174 00:08:56,000 --> 00:08:59,000 En toe was ek van skaamte oorkom. 175 00:08:59,000 --> 00:09:02,000 Ek het besef dat ek so verdiep was in die mediadekking oor Meksikane 176 00:09:04,000 --> 00:09:06,000 dat hulle een ding in my kop geword het: 177 00:09:06,000 --> 00:09:09,000 die ellendige immigrant. 178 00:09:09,000 --> 00:09:11,000 Ek't geval vir die enkele storie oor Meksikane 179 00:09:11,000 --> 00:09:14,000 en ek kon nie méér skaam kry nie. 180 00:09:14,000 --> 00:09:16,000 So dis hoe om ’n enkele storie te skep, 181 00:09:16,000 --> 00:09:19,000 ’n volk te wys as een ding, 182 00:09:19,000 --> 00:09:21,000 slegs een ding, 183 00:09:21,000 --> 00:09:23,000 oor en oor, 184 00:09:23,000 --> 00:09:26,000 en dit is wat hulle dan word. 185 00:09:26,000 --> 00:09:28,000 Dis onmoontlik om die enkele storie te bespreek, 186 00:09:28,000 --> 00:09:31,000 sonder om mag aan te raak. 187 00:09:31,000 --> 00:09:33,000 Daar's ’n Igbo woord, 188 00:09:33,000 --> 00:09:35,000 waaroor ek dink as ek oor die wêreld se magstrukture dink, 189 00:09:35,000 --> 00:09:38,000 en dit is "nkali." 190 00:09:38,000 --> 00:09:40,000 Dis ’n selfstandige naamword, losweg vertaal: "om groter as ’n ander te wees". 191 00:09:43,000 --> 00:09:46,000 Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde, 192 00:09:46,000 --> 00:09:48,000 word stories ook bepaal deur die beginsel van nkali: 193 00:09:51,000 --> 00:09:53,000 Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel, 194 00:09:53,000 --> 00:09:56,000 wanneer hulle vertel word, hoeveel vertel word, 195 00:09:56,000 --> 00:10:00,000 is alles regtig afhanklik van mag. 196 00:10:00,000 --> 00:10:03,000 Mag is die vermoë om ’n ander se storie te vertel 197 00:10:03,000 --> 00:10:07,000 én om dit die beslissende storie van dié persoon te maak. 198 00:10:07,000 --> 00:10:09,000 Die Palestynse digter Mourid Barghouti skryf 199 00:10:09,000 --> 00:10:12,000 dat as jy ’n volk wil ontvreem, 200 00:10:12,000 --> 00:10:15,000 is die eenvoudigste manier 201 00:10:15,000 --> 00:10:18,000 om hulle storie te begin vertel met "tweedens." 202 00:10:18,000 --> 00:10:22,000 Begin die storie met die Amerikaanse inboorlinge se pyle, 203 00:10:22,000 --> 00:10:25,000 en nie met die Britte se aankoms nie, 204 00:10:25,000 --> 00:10:28,000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 205 00:10:28,000 --> 00:10:30,000 Begin die storie met die mislukking van die Afrikastaat, 206 00:10:32,000 --> 00:10:36,000 en nie met die koloniale skepping van die Afrikastaat nie, 207 00:10:36,000 --> 00:10:40,000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 208 00:10:40,000 --> 00:10:42,000 Ek het onlangs by ’n universiteit gepraat 209 00:10:42,000 --> 00:10:44,000 waar ’n student vir my gesê het dat dit so jammer is 210 00:10:46,000 --> 00:10:49,000 dat Nigeriese mans mishandelaars is, 211 00:10:49,000 --> 00:10:52,000 soos die vaderfiguur in my roman. 212 00:10:52,000 --> 00:10:54,000 Ek't vir hom gesê dat ek pas die roman "American Psycho" gelees het -- 213 00:10:56,000 --> 00:10:58,000 (Gelag) 214 00:10:58,000 --> 00:11:00,000 -- en dat dit so jammer is 215 00:11:00,000 --> 00:11:03,000 dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is. 216 00:11:03,000 --> 00:11:07,000 (Gelag) 217 00:11:07,000 --> 00:11:13,000 (Applous) 218 00:11:13,000 --> 00:11:16,000 Natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê. 219 00:11:16,000 --> 00:11:18,000 (Gelag) 220 00:11:18,000 --> 00:11:20,000 Maar ek sou nooit kon dink 221 00:11:20,000 --> 00:11:22,000 dat 'n reeksmoordenaar-karakter in 'n roman 222 00:11:24,000 --> 00:11:26,000 alle Amerikaners verteenwoordig nie. 223 00:11:28,000 --> 00:11:31,000 Dis nie omdat ek ’n beter mens as daai student is nie, 224 00:11:31,000 --> 00:11:34,000 maar eerder as gevolg van Amerika se kulturele en ekonomiese mag, 225 00:11:34,000 --> 00:11:36,000 dat ek baie stories oor Amerika het. 226 00:11:36,000 --> 00:11:40,000 Ek het al Tyler en Updike en Steinbeck en Gaitskill gelees. 227 00:11:40,000 --> 00:11:43,000 Ek't nie ’n enkele storie oor Amerika gehad nie. 228 00:11:43,000 --> 00:11:46,000 Toe ek gehoor het 229 00:11:46,000 --> 00:11:50,000 dat daar van skrywers verwag word om ongelukkige kinderjare te gehad het 230 00:11:50,000 --> 00:11:52,000 om suksesvol te wees, 231 00:11:52,000 --> 00:11:54,000 het ek begin dink oor hoe ek aaklige goed wat my ouers aan by gedoen het kon opmaak. 232 00:11:56,000 --> 00:11:58,000 (Gelag) 233 00:11:58,000 --> 00:12:02,000 Maar om die waarheid te sê het ek gelukkige kinderjare gehad, 234 00:12:02,000 --> 00:12:05,000 vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin. 235 00:12:05,000 --> 00:12:09,000 Maar ek't ook oupas gehad wat in vlugtelingkampe dood is. 236 00:12:09,000 --> 00:12:13,000 My nefie Polle is dood omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie. 237 00:12:13,000 --> 00:12:16,000 Een van my beste maats, Okoloma, is dood in ’n vliegtuigongeluk 238 00:12:16,000 --> 00:12:19,000 omdat ons brandweerwaens nie water gehad het nie. 239 00:12:19,000 --> 00:12:22,000 Ek het onder verdrukkende militêre regerings grootgeword 240 00:12:22,000 --> 00:12:24,000 wat opvoeding van waarde beroof het, 241 00:12:24,000 --> 00:12:27,000 sodat my ouers soms nie hulle salarisse betaal is nie. 242 00:12:27,000 --> 00:12:31,000 En so, as ’n kind, het ek gesien hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn, 243 00:12:31,000 --> 00:12:33,000 toe margarien, 244 00:12:33,000 --> 00:12:36,000 toe het brood te duur geword, 245 00:12:36,000 --> 00:12:39,000 toe is melk op rantsoen gesit. 246 00:12:39,000 --> 00:12:42,000 En meeste van alles, het ’n soort genormaliseerde politieke vrees 247 00:12:42,000 --> 00:12:46,000 ons lewens binnegedring. 248 00:12:46,000 --> 00:12:48,000 Al hierdie stories maak my wie ek is. 249 00:12:48,000 --> 00:12:52,000 Maar om slegs op dié negatiewe stories aan te dring 250 00:12:52,000 --> 00:12:55,000 is om my ervaring af te plat 251 00:12:55,000 --> 00:12:57,000 en baie van die stories wat my gevorm het oor die hoof te sien. 252 00:12:59,000 --> 00:13:02,000 Die enkele storie skep stereotipes, 253 00:13:02,000 --> 00:13:05,000 en die probleem met stereotipes, is nie dat hulle onwaar is nie, 254 00:13:07,000 --> 00:13:09,000 maar dat hulle onvolledig is. 255 00:13:09,000 --> 00:13:13,000 Hulle maak een storie die enigste storie. 256 00:13:13,000 --> 00:13:15,000 Afrika ís ’n vasteland vol katastrofes: 257 00:13:15,000 --> 00:13:19,000 Daar is grotes, soos die skokkende verkragtings in Kongo 258 00:13:19,000 --> 00:13:21,000 en ontmoedigendes, 259 00:13:21,000 --> 00:13:26,000 soos dat 5000 mense vir een vakante pos in Nigerië aansoek doen. 260 00:13:26,000 --> 00:13:29,000 Maar daar is onrampspoedige stories 261 00:13:29,000 --> 00:13:33,000 en dis net so belangrik om oor hulle te praat. 262 00:13:33,000 --> 00:13:35,000 Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik 263 00:13:35,000 --> 00:13:38,000 om ordentlik aan ’n plek of persoon mee te doen 264 00:13:38,000 --> 00:13:42,000 sonder om in al die stories van daardie plek of persoon te deel. 265 00:13:42,000 --> 00:13:45,000 Die gevolg van die enkele storie 266 00:13:45,000 --> 00:13:48,000 is dat dit mense van waardigheid beroof. 267 00:13:48,000 --> 00:13:52,000 Dit maak erkenning van ons gelyke menslikheid moeilik. 268 00:13:52,000 --> 00:13:55,000 Dit beklemtoon ons verskille eerder as ons ooreenkomste. 269 00:13:57,000 --> 00:13:59,000 So wat as ek voor my Meksikaanse toer 270 00:13:59,000 --> 00:14:03,000 albei kante van die immigrasiedebat gevolg het, 271 00:14:03,000 --> 00:14:05,000 die Amerikaanse en die Meksikaanse? 272 00:14:05,000 --> 00:14:09,000 Wat as my ma vir ons gesê het 273 00:14:09,000 --> 00:14:11,000 dat Fide se familie arm én hardwerkend is? 274 00:14:11,000 --> 00:14:13,000 Wat as ons ’n Afrika-televisienetwerk gehad het 275 00:14:13,000 --> 00:14:17,000 wat uiteenlopende Afrikastories regoor die wêreld uitsaai? 276 00:14:17,000 --> 00:14:19,000 Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe "’n balans van stories" noem. 277 00:14:22,000 --> 00:14:25,000 Wat as my kamermaat kon weet van my Nigeriese uitgewer, 278 00:14:25,000 --> 00:14:27,000 Muhtar Bakare, 279 00:14:27,000 --> 00:14:29,000 ’n merkwaardige man wat sy werk by ’n bank gelos het 280 00:14:29,000 --> 00:14:32,000 om sy droom te volg en ’n uitgewery te begin? 281 00:14:32,000 --> 00:14:36,000 Die staande opvatting was dat Nigeriërs nie literatuur lees nie. 282 00:14:36,000 --> 00:14:38,000 Hy't verskil. 283 00:14:38,000 --> 00:14:40,000 Hy't gedink mense wat kon lees, sou lees, 284 00:14:40,000 --> 00:14:44,000 as jy literatuur bekostigbaar en beskikbaar gemaak het. 285 00:14:44,000 --> 00:14:47,000 Kort daarna het hy my eerste roman uitgegee 286 00:14:47,000 --> 00:14:50,000 en was ek by ’n TV-ateljee in Lagos vir ’n onderhoud, 287 00:14:50,000 --> 00:14:53,000 en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, het vir my kom sê: 288 00:14:53,000 --> 00:14:56,000 "Ek het baie van jou roman gehou. Ek het nie van die einde gehou nie. 289 00:14:56,000 --> 00:14:59,000 Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, en wat moet gebeur is ..." 290 00:14:59,000 --> 00:15:02,000 (Gelag) 291 00:15:02,000 --> 00:15:05,000 En sy't toe vir my vertel wat om in die vervolgstuk te skryf. 292 00:15:05,000 --> 00:15:08,000 Ek was nie net bekoor nie, ek was ook diep geroer. 293 00:15:08,000 --> 00:15:11,000 Hier was ’n vrou, soos baie gewone Nigeriërs, 294 00:15:11,000 --> 00:15:14,000 wat nie veronderstel was om 'n leser te wees nie. 295 00:15:14,000 --> 00:15:16,000 Sy't nie net die boek gelees nie, 296 00:15:16,000 --> 00:15:19,000 sy't dit ook aangeneem 297 00:15:19,000 --> 00:15:21,000 en geregverdig gevoel in haar instruksies vir die vervolgstuk. 298 00:15:21,000 --> 00:15:25,000 So wat as my kamermaat kon weet van my vriendin Funmi Iyanda, 299 00:15:25,000 --> 00:15:28,000 ’n vreeslose Lagos TV-aanbieder, 300 00:15:28,000 --> 00:15:31,000 vasberade om die stories wat ons verkies om te vergeet, te vertel? 301 00:15:31,000 --> 00:15:35,000 Wat as my kamermaat kon weet van die hartoperasie 302 00:15:35,000 --> 00:15:38,000 wat verlede week in ’n Lagos-hospitaal uitgevoer is? 303 00:15:38,000 --> 00:15:42,000 Wat as my kamermaat kon weet van hedendaagse Nigeriese musiek, 304 00:15:42,000 --> 00:15:45,000 talentvolle mense wat sing in Engels en Pidgin, 305 00:15:45,000 --> 00:15:47,000 en Igbo en Joroeba en Ijo, 306 00:15:47,000 --> 00:15:51,000 terwyl hulle invloede van Jay-Z tot Fela 307 00:15:51,000 --> 00:15:54,000 tot Bob Marley en hulle oupas meng. 308 00:15:54,000 --> 00:15:56,000 Wat as my kamermaat kon weet van die vroulike prokureur 309 00:15:56,000 --> 00:15:58,000 wat onlangs in Nigerië hof toe is om ’n belaglike wet te betwis 310 00:16:00,000 --> 00:16:03,000 wat vereis dat vroue hulle mans se toestemming kry 311 00:16:03,000 --> 00:16:06,000 voor hulle hul paspoorte hernu? 312 00:16:06,000 --> 00:16:09,000 Was as my kamermaat kon weet van Nollywood, 313 00:16:09,000 --> 00:16:13,000 vol innoverende mense wat films maak ten spyte van groot tegniese uitdagings, 314 00:16:13,000 --> 00:16:15,000 films wat só gewild is, 315 00:16:15,000 --> 00:16:17,000 dat hulle rêrig die beste voorbeeld is van Nigeriërs wat verbruik wat hulle self skep? 316 00:16:20,000 --> 00:16:23,000 Wat as my kamermaat kon weet van my vooruitstrewende haarvlegter, 317 00:16:23,000 --> 00:16:27,000 wat pas haar eie besigheid vir die verkoop van haarverlengings begin het? 318 00:16:27,000 --> 00:16:29,000 Of van die miljoene Nigeriërs wat besighede begin wat soms misluk, 319 00:16:31,000 --> 00:16:35,000 maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek? 320 00:16:35,000 --> 00:16:37,000 Elke keer wat ek tuis is, 321 00:16:37,000 --> 00:16:40,000 word ek met die gewone bronne van irritasie vir meeste Nigeriërs gekonfronteer: 322 00:16:40,000 --> 00:16:43,000 ons mislukte infrastruktuur, ons mislukte regering, 323 00:16:43,000 --> 00:16:46,000 maar ook die ongelooflike taaiheid 324 00:16:46,000 --> 00:16:49,000 van mense wat floreer ten spyte van die regering, 325 00:16:49,000 --> 00:16:51,000 eerder as gevolg daarvan. 326 00:16:51,000 --> 00:16:54,000 Ek bied elke somer skryfwerkswinkels in Lagos aan, 327 00:16:54,000 --> 00:16:57,000 en dis indrukwekkend hoeveel mense aansoek doen, 328 00:16:57,000 --> 00:17:00,000 hoeveel mense gretig is om te skryf, 329 00:17:00,000 --> 00:17:02,000 om stories te vertel. 330 00:17:02,000 --> 00:17:05,000 Ek en my Nigeriese uitgewer het onlangs die Farafina Trust -- 331 00:17:05,000 --> 00:17:07,000 sonder winsbejag -- begin 332 00:17:07,000 --> 00:17:10,000 en ons het groot drome van biblioteke bou 333 00:17:10,000 --> 00:17:12,000 en bestaande biblioteke opknap 334 00:17:12,000 --> 00:17:15,000 en boeke verskaf aan staatskole 335 00:17:15,000 --> 00:17:17,000 wat niks in hulle biblioteke het nie, 336 00:17:17,000 --> 00:17:19,000 en ook van tonne werkswinkels organiseer, 337 00:17:19,000 --> 00:17:21,000 in lees en skryf, 338 00:17:21,000 --> 00:17:24,000 vir al die mense wat gretig is om ons baie stories te vertel. 339 00:17:24,000 --> 00:17:26,000 Stories maak saak. 340 00:17:26,000 --> 00:17:28,000 Baie stories maak saak. 341 00:17:28,000 --> 00:17:32,000 Stories is al gebruik om te ontvreem en te belaster, 342 00:17:32,000 --> 00:17:36,000 maar stories kan ook gebruik word om te bemagtig en te vermenslik. 343 00:17:36,000 --> 00:17:39,000 Stories kan ’n volk se waardigheid breek, 344 00:17:39,000 --> 00:17:44,000 maar stories kan ook hulle gebreekte waardigheid heelmaak. 345 00:17:44,000 --> 00:17:46,000 Die Amerikaanse skrywer Alice Walker het geskryf 346 00:17:46,000 --> 00:17:48,000 van haar suiderlingfamilielede wat na die Noorde getrek het. 347 00:17:50,000 --> 00:17:52,000 Sy't hulle in ’n boek 348 00:17:52,000 --> 00:17:55,000 oor die suiderlinglewe wat hulle agtergelaat het, bekendgestel: 349 00:17:55,000 --> 00:17:59,000 "Hulle't rondgesit, die boek self gelees, 350 00:17:59,000 --> 00:18:05,000 geluister na hoe ek die boek lees, en ’n paradys van soorte is herwin." 351 00:18:05,000 --> 00:18:08,000 Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit: 352 00:18:08,000 --> 00:18:11,000 Dat wanneer ons die enkele storie verwerp, 353 00:18:11,000 --> 00:18:14,000 wanneer ons besef dat daar nooit ’n enkele storie 354 00:18:14,000 --> 00:18:16,000 oor enige plek is nie, 355 00:18:16,000 --> 00:18:18,000 herwin ons ’n soort paradys. 356 00:18:18,000 --> 00:18:20,000 Dankie. 357 00:18:20,000 --> 00:18:28,000 (Applous)