0:00:00.940,0:00:03.280 Ek is ’n storieverteller. 0:00:03.280,0:00:06.750 Ek wil julle ’n paar [br]persoonlike stories vertel 0:00:06.750,0:00:10.840 oor "die gevaar van die enkele storie". 0:00:10.840,0:00:14.370 Ek't op ’n universiteitskampus [br]in oos-Nigerië grootgeword. 0:00:14.370,0:00:17.400 My ma sê ek't op twee begin lees, 0:00:17.400,0:00:22.000 alhoewel ek dink vier [br]dalk nader aan die waarheid is. 0:00:22.000,0:00:24.000 So ek was ’n vroeë leser 0:00:24.000,0:00:27.680 en ek't Britse en [br]Amerikaanse kinderboeke gelees. 0:00:27.680,0:00:30.420 Ek was ook ’n vroeë skrywer. 0:00:30.420,0:00:34.000 Toe ek begin skryf, [br]op omtrent sewe, 0:00:34.000,0:00:36.470 stories in potlood met krytillustrasies, 0:00:36.470,0:00:39.580 wat my arme ma móés lees, 0:00:39.580,0:00:43.240 skryf ek presies die tipe stories [br]wat ek gelees het: 0:00:43.240,0:00:48.000 Al my karakters was wit met blou oë, 0:00:48.000,0:00:50.390 hulle't in die sneeu gespeel, 0:00:50.390,0:00:52.220 hulle't appels geëet 0:00:52.220,0:00:54.120 (Gelag) 0:00:54.120,0:00:56.090 en hulle't baie oor die weer gepraat, 0:00:56.090,0:00:58.600 hoe lieflik dit was,[br]dat die son uitgekom het. 0:00:58.600,0:01:00.580 (Gelag) 0:01:00.580,0:01:03.860 Ondanks die feit dat ek in Nigerië gewoon het. 0:01:03.860,0:01:07.330 Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie. 0:01:07.330,0:01:10.310 Ons't niks sneeu gehad nie, [br]ons het mangoes geëet, 0:01:10.310,0:01:12.220 en ons het nooit oor die weer gepraat nie, 0:01:12.220,0:01:14.320 want dit was onnodig. 0:01:14.320,0:01:17.120 My karakters het ook [br]baie gemmerbier gedrink, 0:01:17.120,0:01:19.390 want die karakters in die Britse boeke 0:01:19.390,0:01:21.460 het gemmerbier gedrink. 0:01:21.460,0:01:24.430 Ongeag dat ek g'n benul [br]van gemmerbier gehad het nie. 0:01:24.430,0:01:25.520 (Gelag) 0:01:25.520,0:01:26.990 En vir baie jare daarna 0:01:26.990,0:01:30.530 sou ek ’n brandende begeerte hê[br]om gemmerbier te proe. 0:01:30.530,0:01:32.210 Maar dis ’n ander storie. 0:01:32.210,0:01:34.000 Wat hierdie wys, dink ek, 0:01:34.000,0:01:37.000 is hoe ontvanklik en vatbaar ons is 0:01:37.000,0:01:39.000 met ’n storie voor oë, 0:01:39.000,0:01:41.000 veral as kinders. 0:01:41.000,0:01:43.000 Omdat ek nét boeke gelees het[br]waarin karakters anders was, 0:01:43.000,0:01:45.000 was ek oortuig [br] 0:01:45.000,0:01:47.000 dat boeke vanselfsprekend [br]vreemdelinge moes in hê 0:01:47.000,0:01:50.000 en oor dinge moes gaan [br]waarmee ek nie kon identifiseer nie. 0:01:50.000,0:01:52.000 Dinge het verander [br]toe ek Afrikaboeke ontdek het. 0:01:52.000,0:01:55.000 Daar was nie veel beskikbaar nie 0:01:55.000,0:01:59.000 en hulle was nie so verkrygbaar [br]soos die buitelandse boeke nie. 0:01:59.000,0:02:01.000 Maar dank skrywers [br]soos Chinua Achebe en Camara Laye, 0:02:01.000,0:02:03.000 het ek ’n sielsverskuiwing [br]in my begrip van letterkunde beleef. 0:02:03.000,0:02:07.000 Ek het besef dat mense soos ek, 0:02:07.000,0:02:09.000 meisies met vel die kleur van sjokolade, 0:02:09.000,0:02:11.000 wie se kroes hare [br]nie kon poniesterte maak nie, 0:02:11.000,0:02:13.000 ook in literatuur kon bestaan. 0:02:13.000,0:02:15.000 Ek't oor vertroude dinge begin skryf. 0:02:15.000,0:02:18.000 Ek was wel versot op [br]die Amerikaanse en Britse boeke. 0:02:18.000,0:02:20.000 Hulle't my verbeelding aangegryp, [br]vir my nuwe wêrelde oopgemaak. 0:02:20.000,0:02:24.000 Maar die gevolg was per abuis 0:02:24.000,0:02:28.000 dat ek nie geweet het mense soos ek 0:02:28.000,0:02:32.000 kon in literatuur bestaan nie. 0:02:32.000,0:02:34.000 So die ontdekking van Afrikaskrywers 0:02:34.000,0:02:36.000 het my gered van 'n enkele storie hê[br]oor wat boeke in wese is. 0:02:36.000,0:02:38.000 Ek was uit ’n gewone, [br]middelklas Nigeriese gesin. 0:02:38.000,0:02:42.000 My pa was ’n professor. 0:02:42.000,0:02:45.000 My ma was ’n administratiewe beampte. 0:02:45.000,0:02:47.000 En, soos die norm was, 0:02:47.000,0:02:50.000 het ons inwoon-huishulpe gehad, [br]wat van nabye dorpies af gekom het. 0:02:50.000,0:02:52.000 So die jaar wat ek agt geword het, [br]het ons ’n nuwe huisknaap gekry. 0:02:52.000,0:02:55.000 Sy naam was Fide. 0:02:55.000,0:02:58.000 My ma het ons net een ding oor hom vertel:[br]sy familie was baie arm. 0:02:58.000,0:03:03.000 My ma het jamswortels en rys [br]en ons ou klere na sy familie toe gestuur. 0:03:03.000,0:03:07.000 En as ek nie my aandete opgeëet het nie, [br]sou my ma sê: 0:03:07.000,0:03:09.000 "Eet jou kos! Weet jy dan nie? [br]Mense soos Fide se familie het niks nie." 0:03:09.000,0:03:12.000 So ek was baie jammer vir Fide se familie. 0:03:12.000,0:03:15.000 Toe een Saterdag [br]gaan ons na sy dorpie op besoek, 0:03:15.000,0:03:17.000 en sy ma wys vir ons [br]’n pragtige gepatroonde mandjie 0:03:17.000,0:03:20.000 gemaak van gekleurde raffia, [br]wat sy broer gemaak het. 0:03:20.000,0:03:22.000 Ek was verbaas. 0:03:22.000,0:03:27.000 Ek het nie besef dat iemand in sy familie 0:03:27.000,0:03:31.000 sowaar iets kon maak nie. 0:03:31.000,0:03:34.000 Al wat ek van hulle gehoor het, [br]was hoe arm hulle was, 0:03:34.000,0:03:38.000 sodat dit vir my onmoontlik geword het [br]om hulle as enigiets buiten arm te sien. 0:03:38.000,0:03:41.000 Hulle armoede [br]was my enkele storie oor hulle. 0:03:41.000,0:03:43.000 Ek het jare later hieroor gedink [br]toe ek weg is uit Nigerië 0:03:43.000,0:03:46.000 om universiteit toe te gaan in die VSA. 0:03:46.000,0:03:49.000 Ek was 19. 0:03:49.000,0:03:52.000 My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok. 0:03:52.000,0:03:54.000 Sy't my gevra waar ek so goed [br]Engels leer praat het 0:03:54.000,0:03:57.000 en was verward toe ek gesê het 0:03:57.000,0:04:01.000 dat Engels toevallig genoeg [br]die amptelike taal van Nigerië is. 0:04:01.000,0:04:03.000 Sy't gevra om na [br]my "tribal" musiek te luister 0:04:03.000,0:04:06.000 en was gevolglik baie teleurgesteld 0:04:06.000,0:04:08.000 toe ek my Mariah Carey-kasset uithaal. 0:04:08.000,0:04:12.000 (Gelag) 0:04:12.000,0:04:15.000 Sy't aangeneem dat ek nie weet [br]hoe om ’n stoof te gebruik nie. 0:04:15.000,0:04:17.000 Dít het my getref: 0:04:17.000,0:04:22.000 Sy't my al bejammer [br]nog voor sy my gesien het. 0:04:22.000,0:04:26.000 Haar verstekposisie teenoor my, [br]as ’n Afrikaan, 0:04:26.000,0:04:28.000 was ’n soort neerbuigende, [br]goed-bedoelde jammerhartigheid. 0:04:28.000,0:04:30.000 My kamermaat het [br]n enkele Afrikastorie gehad: 0:04:30.000,0:04:33.000 ’n enkele storie oor katastrofe. 0:04:33.000,0:04:35.000 In hierdie enkele storie 0:04:58.000,0:05:02.000 kon Afrikane geensins soos sy wees nie, 0:05:02.000,0:05:05.000 was daar geen gevoelens [br]meer kompleks as bejammering nie 0:05:05.000,0:05:09.000 en geen moontlikheid van ’n verbinding [br]as gelyke mense nie. 0:05:09.000,0:05:11.000 Ek moet sê dat voor ek VSA toe is, 0:05:11.000,0:05:14.000 ek nie bewustelik geïdentifiseer het [br]as ’n Afrikaan nie. 0:05:14.000,0:05:17.000 Maar elke keer wat Afrika ter sprake was, [br]het almal na my gekyk. 0:05:17.000,0:05:21.000 Ondanks dat ek niks geweet het [br]oor plekke soos Namibië nie. 0:05:21.000,0:05:23.000 Maar ek't op die ou end [br]dié nuwe identiteit aangeneem, 0:05:23.000,0:05:26.000 en op baie maniere [br]dink ek nou aan myself as Afrikaan. 0:05:26.000,0:05:28.000 Dit ontstem my wel steeds [br]wanneer daar na Afrika verwys word as ’n land, 0:05:30.000,0:05:34.000 die mees onlangse voorbeeld [br]was op my andersins wonderlike vlug, 0:05:34.000,0:05:36.000 vanaf Lagos twee dae gelede, 0:05:36.000,0:05:38.000 met die Virgin-aankondiging 0:05:38.000,0:05:43.000 oor die liefdadigheidswerk [br]in "Indië, Afrika en ander lande". 0:05:43.000,0:05:44.000 (Gelag) 0:05:44.000,0:05:48.000 So na ek ’n paar jaar in die VSA [br]as ’n Afrikaan spandeer het, 0:05:48.000,0:05:52.000 het ek my kamermaat se reaksie [br]teenoor my begin verstaan. 0:05:52.000,0:05:55.000 As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, 0:05:55.000,0:05:57.000 en as al wat ek oor Afrika geweet het[br]van algemene beelde was, 0:05:57.000,0:06:00.000 sou ek ook dink 0:06:00.000,0:06:04.000 dat Afrika ’n plek [br]van pragtige landskappe, mooi diere, 0:06:04.000,0:06:06.000 en onverstaanbare mense is, 0:06:06.000,0:06:09.000 aan't oorlogvoer, [br]sterwend van armoede of VIGS, 0:06:09.000,0:06:12.000 nie in staat daartoe [br]om vir hulleself te praat nie 0:06:12.000,0:06:14.000 en wagted om verlossing[br]deur ’n gawe, wit vreemdeling. 0:06:17.000,0:06:19.000 Ek sou Afrikane sien [br]net soos ek, as kind, 0:06:19.000,0:06:23.000 Fide se familie gesien het. 0:06:23.000,0:06:27.000 Hierdie enkele storie oor Afrika [br]kom per slot van rekening uit Westerse literatuur. 0:06:27.000,0:06:29.000 Hier is ’n aanhaling uit die skrywe[br]van ’n Londonse handelaar, John Locke, 0:06:32.000,0:06:35.000 wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het 0:06:35.000,0:06:40.000 en ’n boeiende reisverslag gehou het. 0:06:40.000,0:06:42.000 Nadat hy na die swart Afrikane[br]as "gediertes sonder huise," verwys, 0:06:44.000,0:06:48.000 skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe, 0:06:48.000,0:06:53.000 met hul monde en oë in hulle borste." 0:06:53.000,0:06:55.000 Ek lag elke keer wat ek dit lees. 0:06:55.000,0:06:59.000 En ’n mens moet sy verbeelding bewonder. 0:06:59.000,0:07:01.000 Maar belangrik is dat sy skryfwerk 0:07:01.000,0:07:03.000 die begin van ’n verteltradisie 0:07:03.000,0:07:06.000 van Afrikastories in die Weste [br]verteenwoordig: 0:07:06.000,0:07:09.000 ’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika [br]as ’n plek van negatiewes, 0:07:09.000,0:07:11.000 van andersheid, van donkerte, 0:07:11.000,0:07:15.000 van mense wat, in die woorde van [br]die wonderlike digter, Rudyard Kipling, 0:07:17.000,0:07:20.000 "halfduiwel, halfkind" is. 0:07:20.000,0:07:23.000 En so't ek begin besef [br]dat my Amerikaanse kamermaat 0:07:23.000,0:07:25.000 haar hele lewe lank 0:07:25.000,0:07:27.000 verskillende weergawes van hierdie [br]enkele storie moes gesien en gehoor het, 0:07:29.000,0:07:31.000 so ook ’n professor, 0:07:31.000,0:07:36.000 wat op ’n keer vir my gesê het [br]dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie. 0:07:36.000,0:07:38.000 Nou, ek was heeltemal bereid 0:07:38.000,0:07:40.000 om aan te voer dat daar heelwat dinge[br]verkeerd was met die roman, 0:07:40.000,0:07:44.000 dat dit op vele punte misluk het, 0:07:44.000,0:07:46.000 maar ek het nie kon droom 0:07:46.000,0:07:49.000 dat dit die kastige Afrika-egtheid paal [br]nie gehaal het nie. 0:07:49.000,0:07:51.000 Ek het inderwaarheid nie geweet[br]wat Afrika-egtheid was nie 0:07:54.000,0:07:56.000 Die professor het my meegedeel [br]dat my karakters te veel soos hy was, 0:07:58.000,0:08:00.000 ’n opgevoede, middelklas man. 0:08:00.000,0:08:02.000 My karakters het motors bestuur. 0:08:02.000,0:08:05.000 Hulle't nie van honger vergaan nie. 0:08:05.000,0:08:09.000 Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie. 0:08:09.000,0:08:12.000 Maar ek moet byvoeg [br]dat ek net so skuldig is 0:08:12.000,0:08:15.000 aan die enkele storie kwessie. 0:08:15.000,0:08:19.000 Ek't ’n paar jaar gelede Meksiko besoek [br]uit die VSA. 0:08:19.000,0:08:21.000 Die politieke klimaat in die VSA [br]was gespanne, 0:08:21.000,0:08:25.000 en debatte oor immigrasie het geheers. 0:08:25.000,0:08:27.000 En, soos dit baie in Amerika gebeur, 0:08:27.000,0:08:30.000 het immigrasie [br]sinoniem met Meksikane geword. 0:08:30.000,0:08:32.000 Daar was eindelose stories oor Meksikane 0:08:32.000,0:08:34.000 wat die gesondheidstelsel kaal uittrek, 0:08:36.000,0:08:38.000 oor die grens sluip, 0:08:38.000,0:08:42.000 by die grens gearresteer word, [br]daai soort van ding. 0:08:42.000,0:08:46.000 Ek't op my eerste dag [br]in Guadalajara rondgeloop, 0:08:46.000,0:08:48.000 gekyk het hoe die mense werk toe gaan, 0:08:48.000,0:08:50.000 by die markplein hulle tortillas oprol, 0:08:50.000,0:08:53.000 aan't rook en lag. 0:08:53.000,0:08:56.000 Ek onthou dat ek eers effens verras was. 0:08:56.000,0:08:59.000 En toe was ek van skaamte oorkom. 0:08:59.000,0:09:02.000 Ek het besef dat ek so verdiep was [br]in die mediadekking oor Meksikane 0:09:04.000,0:09:06.000 dat hulle een ding in my kop geword het: 0:09:06.000,0:09:09.000 die ellendige immigrant. 0:09:09.000,0:09:11.000 Ek't geval vir [br]die enkele storie oor Meksikane 0:09:11.000,0:09:14.000 en ek kon nie méér skaam kry nie. 0:09:14.000,0:09:16.000 So dis hoe om ’n enkele storie te skep, 0:09:16.000,0:09:19.000 ’n volk te wys as een ding, 0:09:19.000,0:09:21.000 slegs een ding, 0:09:21.000,0:09:23.000 oor en oor, 0:09:23.000,0:09:26.000 en dit is wat hulle dan word. 0:09:26.000,0:09:28.000 Dis onmoontlik [br]om die enkele storie te bespreek, 0:09:28.000,0:09:31.000 sonder om mag aan te raak. 0:09:31.000,0:09:33.000 Daar's ’n Igbo woord, 0:09:33.000,0:09:35.000 waaroor ek dink as ek [br]oor die wêreld se magstrukture dink, 0:09:35.000,0:09:38.000 en dit is "nkali." 0:09:38.000,0:09:40.000 Dis ’n selfstandige naamword, losweg vertaal: [br]"om groter as ’n ander te wees". 0:09:43.000,0:09:46.000 Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde, 0:09:46.000,0:09:48.000 word stories ook bepaal[br]deur die beginsel van nkali: 0:09:51.000,0:09:53.000 Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel, 0:09:53.000,0:09:56.000 wanneer hulle vertel word, [br]hoeveel vertel word, 0:09:56.000,0:10:00.000 is alles regtig afhanklik van mag. 0:10:00.000,0:10:03.000 Mag is die vermoë [br]om ’n ander se storie te vertel 0:10:03.000,0:10:07.000 én om dit die beslissende storie [br]van dié persoon te maak. 0:10:07.000,0:10:09.000 Die Palestynse digter [br]Mourid Barghouti skryf 0:10:09.000,0:10:12.000 dat as jy ’n volk wil ontvreem, 0:10:12.000,0:10:15.000 is die eenvoudigste manier 0:10:15.000,0:10:18.000 om hulle storie te begin vertel [br]met "tweedens." 0:10:18.000,0:10:22.000 Begin die storie met [br]die Amerikaanse inboorlinge se pyle, 0:10:22.000,0:10:25.000 en nie met die Britte se aankoms nie, 0:10:25.000,0:10:28.000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 0:10:28.000,0:10:30.000 Begin die storie [br]met die mislukking van die Afrikastaat, 0:10:32.000,0:10:36.000 en nie met die koloniale skepping [br]van die Afrikastaat nie, 0:10:36.000,0:10:40.000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 0:10:40.000,0:10:42.000 Ek het onlangs by ’n universiteit gepraat 0:10:42.000,0:10:44.000 waar ’n student vir my gesê het [br]dat dit so jammer is 0:10:46.000,0:10:49.000 dat Nigeriese mans mishandelaars is, 0:10:49.000,0:10:52.000 soos die vaderfiguur in my roman. 0:10:52.000,0:10:54.000 Ek't vir hom gesê dat ek pas die roman[br]"American Psycho" gelees het -- 0:10:56.000,0:10:58.000 (Gelag) 0:10:58.000,0:11:00.000 -- en dat dit so jammer is 0:11:00.000,0:11:03.000 dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is. 0:11:03.000,0:11:07.000 (Gelag) 0:11:07.000,0:11:13.000 (Applous) 0:11:13.000,0:11:16.000 Natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê. 0:11:16.000,0:11:18.000 (Gelag) 0:11:18.000,0:11:20.000 Maar ek sou nooit kon dink 0:11:20.000,0:11:22.000 dat 'n reeksmoordenaar-karakter[br]in 'n roman 0:11:24.000,0:11:26.000 alle Amerikaners verteenwoordig nie. 0:11:28.000,0:11:31.000 Dis nie omdat ek ’n beter mens as [br]daai student is nie, 0:11:31.000,0:11:34.000 maar eerder as gevolg van [br]Amerika se kulturele en ekonomiese mag, 0:11:34.000,0:11:36.000 dat ek baie stories oor Amerika het. 0:11:36.000,0:11:40.000 Ek het al Tyler en Updike [br]en Steinbeck en Gaitskill gelees. 0:11:40.000,0:11:43.000 Ek't nie ’n enkele storie [br]oor Amerika gehad nie. 0:11:43.000,0:11:46.000 Toe ek gehoor het 0:11:46.000,0:11:50.000 dat daar van skrywers verwag word [br]om ongelukkige kinderjare te gehad het 0:11:50.000,0:11:52.000 om suksesvol te wees, 0:11:52.000,0:11:54.000 het ek begin dink oor hoe ek aaklige goed wat[br]my ouers aan by gedoen het kon opmaak. 0:11:56.000,0:11:58.000 (Gelag) 0:11:58.000,0:12:02.000 Maar om die waarheid te sê [br]het ek gelukkige kinderjare gehad, 0:12:02.000,0:12:05.000 vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin. 0:12:05.000,0:12:09.000 Maar ek't ook oupas gehad [br]wat in vlugtelingkampe dood is. 0:12:09.000,0:12:13.000 My nefie Polle is dood [br]omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie. 0:12:13.000,0:12:16.000 Een van my beste maats, Okoloma, [br]is dood in ’n vliegtuigongeluk 0:12:16.000,0:12:19.000 omdat ons brandweerwaens [br]nie water gehad het nie. 0:12:19.000,0:12:22.000 Ek het onder verdrukkende [br]militêre regerings grootgeword 0:12:22.000,0:12:24.000 wat opvoeding van waarde beroof het, 0:12:24.000,0:12:27.000 sodat my ouers soms [br]nie hulle salarisse betaal is nie. 0:12:27.000,0:12:31.000 En so, as ’n kind, het ek gesien [br]hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn, 0:12:31.000,0:12:33.000 toe margarien, 0:12:33.000,0:12:36.000 toe het brood te duur geword, 0:12:36.000,0:12:39.000 toe is melk op rantsoen gesit. 0:12:39.000,0:12:42.000 En meeste van alles, [br]het ’n soort genormaliseerde politieke vrees 0:12:42.000,0:12:46.000 ons lewens binnegedring. 0:12:46.000,0:12:48.000 Al hierdie stories maak my wie ek is. 0:12:48.000,0:12:52.000 Maar om slegs op dié [br]negatiewe stories aan te dring 0:12:52.000,0:12:55.000 is om my ervaring af te plat 0:12:55.000,0:12:57.000 en baie van die stories wat my gevorm het[br]oor die hoof te sien. 0:12:59.000,0:13:02.000 Die enkele storie skep stereotipes, 0:13:02.000,0:13:05.000 en die probleem met stereotipes,[br]is nie dat hulle onwaar is nie, 0:13:07.000,0:13:09.000 maar dat hulle onvolledig is. 0:13:09.000,0:13:13.000 Hulle maak een storie die enigste storie. 0:13:13.000,0:13:15.000 Afrika ís ’n vasteland vol katastrofes: 0:13:15.000,0:13:19.000 Daar is grotes, [br]soos die skokkende verkragtings in Kongo 0:13:19.000,0:13:21.000 en ontmoedigendes, 0:13:21.000,0:13:26.000 soos dat 5000 mense vir een vakante pos [br]in Nigerië aansoek doen. 0:13:26.000,0:13:29.000 Maar daar is onrampspoedige stories 0:13:29.000,0:13:33.000 en dis net so belangrik om oor hulle te praat. 0:13:33.000,0:13:35.000 Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik 0:13:35.000,0:13:38.000 om ordentlik aan ’n plek of persoon [br]mee te doen 0:13:38.000,0:13:42.000 sonder om in al die stories [br]van daardie plek of persoon te deel. 0:13:42.000,0:13:45.000 Die gevolg van die enkele storie 0:13:45.000,0:13:48.000 is dat dit mense van waardigheid beroof. 0:13:48.000,0:13:52.000 Dit maak erkenning [br]van ons gelyke menslikheid moeilik. 0:13:52.000,0:13:55.000 Dit beklemtoon ons verskille[br]eerder as ons ooreenkomste. 0:13:57.000,0:13:59.000 So wat as ek voor my Meksikaanse toer 0:13:59.000,0:14:03.000 albei kante van die [br]immigrasiedebat gevolg het, 0:14:03.000,0:14:05.000 die Amerikaanse en die Meksikaanse? 0:14:05.000,0:14:09.000 Wat as my ma vir ons gesê het [br] 0:14:09.000,0:14:11.000 dat Fide se familie arm[br]én hardwerkend is? 0:14:11.000,0:14:13.000 Wat as ons [br]’n Afrika-televisienetwerk gehad het 0:14:13.000,0:14:17.000 wat uiteenlopende Afrikastories [br]regoor die wêreld uitsaai? 0:14:17.000,0:14:19.000 Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe[br]"’n balans van stories" noem. 0:14:22.000,0:14:25.000 Wat as my kamermaat kon weet [br]van my Nigeriese uitgewer, 0:14:25.000,0:14:27.000 Muhtar Bakare, 0:14:27.000,0:14:29.000 ’n merkwaardige man [br]wat sy werk by ’n bank gelos het 0:14:29.000,0:14:32.000 om sy droom te volg [br]en ’n uitgewery te begin? 0:14:32.000,0:14:36.000 Die staande opvatting was [br]dat Nigeriërs nie literatuur lees nie. 0:14:36.000,0:14:38.000 Hy't verskil. 0:14:38.000,0:14:40.000 Hy't gedink [br]mense wat kon lees, sou lees, 0:14:40.000,0:14:44.000 as jy literatuur bekostigbaar [br]en beskikbaar gemaak het. 0:14:44.000,0:14:47.000 Kort daarna het hy [br]my eerste roman uitgegee 0:14:47.000,0:14:50.000 en was ek by ’n TV-ateljee [br]in Lagos vir ’n onderhoud, 0:14:50.000,0:14:53.000 en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, [br]het vir my kom sê: 0:14:53.000,0:14:56.000 "Ek het baie van jou roman gehou. [br]Ek het nie van die einde gehou nie. 0:14:56.000,0:14:59.000 Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, [br]en wat moet gebeur is ..." 0:14:59.000,0:15:02.000 (Gelag) 0:15:02.000,0:15:05.000 En sy't toe vir my vertel [br]wat om in die vervolgstuk te skryf. 0:15:05.000,0:15:08.000 Ek was nie net bekoor nie, [br]ek was ook diep geroer. 0:15:08.000,0:15:11.000 Hier was ’n vrou, [br]soos baie gewone Nigeriërs, 0:15:11.000,0:15:14.000 wat nie veronderstel was [br]om 'n leser te wees nie. 0:15:14.000,0:15:16.000 Sy't nie net die boek gelees nie, 0:15:16.000,0:15:19.000 sy't dit ook aangeneem 0:15:19.000,0:15:21.000 en geregverdig gevoel [br]in haar instruksies vir die vervolgstuk. 0:15:21.000,0:15:25.000 So wat as my kamermaat kon weet [br]van my vriendin Funmi Iyanda, 0:15:25.000,0:15:28.000 ’n vreeslose Lagos TV-aanbieder, 0:15:28.000,0:15:31.000 vasberade om die stories [br]wat ons verkies om te vergeet, te vertel? 0:15:31.000,0:15:35.000 Wat as my kamermaat kon weet [br]van die hartoperasie 0:15:35.000,0:15:38.000 wat verlede week [br]in ’n Lagos-hospitaal uitgevoer is? 0:15:38.000,0:15:42.000 Wat as my kamermaat kon weet [br]van hedendaagse Nigeriese musiek, 0:15:42.000,0:15:45.000 talentvolle mense wat sing [br]in Engels en Pidgin, 0:15:45.000,0:15:47.000 en Igbo en Joroeba en Ijo, 0:15:47.000,0:15:51.000 terwyl hulle invloede van Jay-Z tot Fela 0:15:51.000,0:15:54.000 tot Bob Marley en hulle oupas meng. 0:15:54.000,0:15:56.000 Wat as my kamermaat kon weet [br]van die vroulike prokureur 0:15:56.000,0:15:58.000 wat onlangs in Nigerië hof toe is [br]om ’n belaglike wet te betwis 0:16:00.000,0:16:03.000 wat vereis dat vroue [br]hulle mans se toestemming kry 0:16:03.000,0:16:06.000 voor hulle hul paspoorte hernu? 0:16:06.000,0:16:09.000 Was as my kamermaat kon weet van Nollywood, 0:16:09.000,0:16:13.000 vol innoverende mense wat films maak [br]ten spyte van groot tegniese uitdagings, 0:16:13.000,0:16:15.000 films wat só gewild is, 0:16:15.000,0:16:17.000 dat hulle rêrig die beste voorbeeld is[br]van Nigeriërs wat verbruik wat hulle self skep? 0:16:20.000,0:16:23.000 Wat as my kamermaat kon weet [br]van my vooruitstrewende haarvlegter, 0:16:23.000,0:16:27.000 wat pas haar eie besigheid [br]vir die verkoop van haarverlengings begin het? 0:16:27.000,0:16:29.000 Of van die miljoene Nigeriërs[br]wat besighede begin wat soms misluk, 0:16:31.000,0:16:35.000 maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek? 0:16:35.000,0:16:37.000 Elke keer wat ek tuis is, 0:16:37.000,0:16:40.000 word ek met die gewone bronne van irritasie [br]vir meeste Nigeriërs gekonfronteer: 0:16:40.000,0:16:43.000 ons mislukte infrastruktuur, [br]ons mislukte regering, 0:16:43.000,0:16:46.000 maar ook die ongelooflike taaiheid 0:16:46.000,0:16:49.000 van mense wat floreer [br]ten spyte van die regering, 0:16:49.000,0:16:51.000 eerder as gevolg daarvan. 0:16:51.000,0:16:54.000 Ek bied elke somer [br]skryfwerkswinkels in Lagos aan, 0:16:54.000,0:16:57.000 en dis indrukwekkend[br]hoeveel mense aansoek doen, 0:16:57.000,0:17:00.000 hoeveel mense gretig is om te skryf, 0:17:00.000,0:17:02.000 om stories te vertel. 0:17:02.000,0:17:05.000 Ek en my Nigeriese uitgewer [br]het onlangs die Farafina Trust -- 0:17:05.000,0:17:07.000 sonder winsbejag -- begin 0:17:07.000,0:17:10.000 en ons het groot drome van biblioteke bou 0:17:10.000,0:17:12.000 en bestaande biblioteke opknap 0:17:12.000,0:17:15.000 en boeke verskaf aan staatskole 0:17:15.000,0:17:17.000 wat niks in hulle biblioteke het nie, 0:17:17.000,0:17:19.000 en ook van tonne werkswinkels organiseer, 0:17:19.000,0:17:21.000 in lees en skryf, 0:17:21.000,0:17:24.000 vir al die mense wat gretig is [br]om ons baie stories te vertel. 0:17:24.000,0:17:26.000 Stories maak saak. 0:17:26.000,0:17:28.000 Baie stories maak saak. 0:17:28.000,0:17:32.000 Stories is al gebruik [br]om te ontvreem en te belaster, 0:17:32.000,0:17:36.000 maar stories kan ook gebruik word [br]om te bemagtig en te vermenslik. 0:17:36.000,0:17:39.000 Stories kan ’n volk se waardigheid breek, 0:17:39.000,0:17:44.000 maar stories kan ook [br]hulle gebreekte waardigheid heelmaak. 0:17:44.000,0:17:46.000 Die Amerikaanse skrywer [br]Alice Walker het geskryf 0:17:46.000,0:17:48.000 van haar suiderlingfamilielede[br]wat na die Noorde getrek het. 0:17:50.000,0:17:52.000 Sy't hulle in ’n boek 0:17:52.000,0:17:55.000 oor die suiderlinglewe [br]wat hulle agtergelaat het, bekendgestel: 0:17:55.000,0:17:59.000 "Hulle't rondgesit, die boek self gelees, 0:17:59.000,0:18:05.000 geluister na hoe ek die boek lees, [br]en ’n paradys van soorte is herwin." 0:18:05.000,0:18:08.000 Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit: 0:18:08.000,0:18:11.000 Dat wanneer ons die enkele storie verwerp, 0:18:11.000,0:18:14.000 wanneer ons besef [br]dat daar nooit ’n enkele storie 0:18:14.000,0:18:16.000 oor enige plek is nie, 0:18:16.000,0:18:18.000 herwin ons ’n soort paradys. 0:18:18.000,0:18:20.000 Dankie. 0:18:20.000,0:18:28.000 (Applous)