Google Translate is 'n gratis hulpmiddel wat jou help om sinne, dokumente
en selfs volle webblaaie te vertaal.
Maar hoe werk dit presies? Alhoewel dit lyk asof ons 'n vertrek vol meertalige elfies
het wat vir ons werk, word al ons vertalings deur rekenaars gedoen. Hierdie rekenaars
gebruik 'n proses genaamd "statistiese masjien vertaling" ... wat net 'n mooi manier is
om te sȇ ons rekenaars genereer vertalings gebasseer op patrone gevind in groot hoeveelhede teks.
Maar kom ons neem 'n stap terug. As jy iemand wil leer om 'n nuwe taal te praat, leer jy hom eers
woordeskat en taalreëls om te verduidelik hoe om sinne saam te stel.
'n Rekenaar kan 'n vreemde taal op dieselfde manier leer - deur te verwys na woordeskat
en 'n stel reëls.
Maar tale is gekompliseerd en, soos enige taal leerder jou sal vertel, daar is uitsonderings
op enige reël. Wanneer jy probeer om al hierdie uitsonderings in te sluit in 'n rekenaarprogram,
asook uitsonderings op die uitsonderings, verminder die kwaliteit van die vertaling.
Google Translate het 'n ander benadering. Eerder as om al die reëls vir ons rekenaars te leer,
laat ons die rekenaars toe om self die reels te leer. Hulle doen dit
deur miljoene en miljoene dokumente wat alreeds deur menslike vertalers vertaal is,
te analiseer. Hierdie vertaalde tekste kom uit boeke, organisasies soos die VN
en webblaaie van oral oor die wȇreld.
Ons rekenaars lees deur hierdie tekste opsoek na wesenlike statistiese patrone ... dit wil sȇ,
patrone tussen die vertaling en die oorspronklike teks wat heel waarskynlik nie net per
toeval is nie. Sodra die rekenaar 'n patron identifiseer, kan dit hierdie patroon gebruik om
soortgelyke tekste in die toekoms te vertaal. As jy hierdie proses biljoene kere herhaal eindig
jy op met biljoene patrone en 'n baie slim rekenaarprogram.
Vir sommige tale is daar egter minder vertaalde dokumente beskikbaar en dus minder patrone
wat ons sagteware kan opspoor. Dit is waarom die kwaliteit van ons vertalings sal verskil
van taal tot taal. Ons weet ons vertalings is nie altyd perfek nie, maar deur konstant nuwe
vertaalde tekste te verskaf, maak ons ons rekenaars slimmer en ons vertalings
beter.
So, volgende keer wat jy 'n sin of webblad wil vertaal met Google Translate, dink aan daardie
miljoene dokumente en biljoene patrone wat gelei het tot jou vertaling - en
dit alles gebeur binne 'n oogwink.
Eintlik wonderbaarlik, is dit nie?
Probeer dit by translate.google.com.