WEBVTT 00:00:00.000 --> 00:00:03.520 Hierdie is eintlik ’n twee-uur aanbieding vir hoërskoolleerders, 00:00:03.520 --> 00:00:05.210 kortgeknip na drie minute. 00:00:05.210 --> 00:00:07.320 Dit begin op ’n vliegtuig, op pad TED toe, 00:00:07.320 --> 00:00:08.870 sewe jaar gelede. 00:00:08.870 --> 00:00:13.550 In die sitplek langs my was ’n hoërskoolleerder, ’n tiener, 00:00:13.550 --> 00:00:15.700 van ’n baie arm gesin. 00:00:15.700 --> 00:00:18.390 Sy wou iets van haar lewe maak. 00:00:18.390 --> 00:00:20.540 Sy't my ’n eenvoudige vraag gevra: 00:00:20.540 --> 00:00:22.610 "Wat lei tot sukses?" 00:00:22.610 --> 00:00:23.910 Ek't rêrig sleg gevoel, 00:00:23.910 --> 00:00:26.210 want ek kon haar nie ’n goeie antwoord gee nie. NOTE Paragraph 00:00:26.210 --> 00:00:28.620 So ek klim van die vliegtuig af, en ek kom TED toe. 00:00:28.620 --> 00:00:32.080 Ek dink toe, jissie, ek's in ’n kamer vól suksesvolle mense! 00:00:32.080 --> 00:00:34.650 So hoekom vra ek hulle nie uit oor hulle sukses en 00:00:34.650 --> 00:00:36.960 dra dit dan oor aan kinders nie? 00:00:36.960 --> 00:00:40.670 So hier is ons, sewe jaar en 500 onderhoude later 00:00:40.670 --> 00:00:43.780 en ek gaan vir julle vertel wat rêrig tot sukses lei 00:00:43.780 --> 00:00:45.510 en hoe TEDsters se koppe werk. NOTE Paragraph 00:00:45.510 --> 00:00:47.990 Die eerste ding is passie. 00:00:47.990 --> 00:00:50.950 Freeman Thomas sê: "My passie dryf my." 00:00:50.950 --> 00:00:53.550 TEDsters doen dit vir die liefde; nie vir geld nie. NOTE Paragraph 00:00:53.550 --> 00:00:57.130 Carol Coletta sê: "Ek sou iemand betaal om te mag doen wat ek doen." 00:00:57.130 --> 00:00:58.030 Interessant: 00:00:58.030 --> 00:01:00.790 as jy dit doen vir die liefde, kom die geld in elk geval. NOTE Paragraph 00:01:00.790 --> 00:01:04.000 "Werk!" sê Rupert Murdoch vir my. "Dis alles harde werk. 00:01:04.000 --> 00:01:07.240 Niks kom maklik nie. Maar ek't baie pret." 00:01:07.240 --> 00:01:10.600 Het hy gesê pret? Rupert? Ja! NOTE Paragraph 00:01:10.600 --> 00:01:11.610 (Gelag) NOTE Paragraph 00:01:11.610 --> 00:01:14.770 TEDsters geniet hulle werk. En hulle werk hard. 00:01:14.770 --> 00:01:18.130 Hulle's nie "workaholics" nie. Hulle's "workafrolics". NOTE Paragraph 00:01:18.130 --> 00:01:19.060 (Gelag) NOTE Paragraph 00:01:19.060 --> 00:01:20.190 Goed! NOTE Paragraph 00:01:20.190 --> 00:01:20.970 (Applous) NOTE Paragraph 00:01:20.970 --> 00:01:24.000 Alex Garden sê: "Om suksesvol te wees, klim in die ding in 00:01:24.000 --> 00:01:25.750 en raak goed, raak kundig daarin." 00:01:25.750 --> 00:01:28.750 Daar's geen toorkuns nie; dis oefen, oefen, oefen. NOTE Paragraph 00:01:28.750 --> 00:01:29.780 En dis fokus. 00:01:29.780 --> 00:01:31.000 Norman Jewison sê vir my: 00:01:31.000 --> 00:01:35.020 "Dit het alles te doen met jouself op een ding fokus." NOTE Paragraph 00:01:35.020 --> 00:01:36.530 En druk! 00:01:36.530 --> 00:01:38.350 David Gallo sê: "Druk jouself. 00:01:38.350 --> 00:01:41.410 Fisies, verstandelik, jy moet druk, druk, druk." 00:01:41.410 --> 00:01:43.840 Jy moet druk deur bedeesdheid en selftwyfel. NOTE Paragraph 00:01:43.840 --> 00:01:46.110 Goldie Hawn sê: "Ek't altyd getwyfel aan myself. 00:01:46.110 --> 00:01:48.150 Ek was nie good genoeg of slim genoeg nie. 00:01:48.150 --> 00:01:50.590 Ek't nie gedink ek sou dit maak nie." NOTE Paragraph 00:01:50.590 --> 00:01:52.980 Dis nie altyd maklik om jouself te druk nie, 00:01:52.980 --> 00:01:54.960 en dis hoekom ma's gemaak is. NOTE Paragraph 00:01:54.960 --> 00:01:56.060 (Gelag) NOTE Paragraph 00:01:56.060 --> 00:01:57.460 (Applous) 00:01:57.460 --> 00:02:00.200 Frank Gehry sê: 00:02:00.200 --> 00:02:02.023 "My ma het my gedruk." NOTE Paragraph 00:02:02.023 --> 00:02:02.736 (Gelag) NOTE Paragraph 00:02:02.736 --> 00:02:04.606 Dien! 00:02:04.606 --> 00:02:08.330 Sherwin Nuland sê: "Dit was ’n voorreg om as ’n dokter te dien." NOTE Paragraph 00:02:08.330 --> 00:02:10.380 Baie kinders wil miljoenêrs wees. 00:02:10.380 --> 00:02:11.850 Die eerste ding wat ek sê is: 00:02:11.850 --> 00:02:13.790 "OK, jy kan nie jouself dien nie; 00:02:13.790 --> 00:02:15.890 jy moet ander iets van waarde bied. 00:02:15.890 --> 00:02:18.570 Want dis hoe mense rêrig ryk raak." NOTE Paragraph 00:02:19.000 --> 00:02:20.000 Idees! 00:02:20.000 --> 00:02:23.320 TEDster Bill Gates sê: "Ek't ’n idee gehad: 00:02:23.320 --> 00:02:26.290 om die eerste mikrorekenaar- sagtewaremaatskappy te stig." 00:02:26.290 --> 00:02:28.460 Ek sou sê dit was ’n redelike goeie idee. 00:02:28.460 --> 00:02:31.420 En daar's geen toorkuns agter kreatiewe idees nie -- 00:02:31.420 --> 00:02:33.600 dis net ’n paar eenvoudige dinge. 00:02:33.600 --> 00:02:35.440 En ek gee baie getuienis. NOTE Paragraph 00:02:35.440 --> 00:02:36.956 Hou aan! 00:02:36.956 --> 00:02:38.230 Joe Kraus sê: 00:02:38.230 --> 00:02:41.100 "Aanhou is die nommer een rede vir ons sukses." 00:02:41.100 --> 00:02:44.430 Jy moet deur mislukkings aanhou. Jy moet deur stront (crap) aanhou: 00:02:44.430 --> 00:02:47.900 "Kritiek, Verwerping, Poepholle en Druk. (C-R-A-P)" NOTE Paragraph 00:02:47.900 --> 00:02:49.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:02:50.960 --> 00:02:54.760 So, die antwoord op die vraag is eenvoudig: 00:02:54.760 --> 00:02:56.960 Betaal $4000 en kom TED toe. NOTE Paragraph 00:02:56.960 --> 00:02:58.010 (Gelag) NOTE Paragraph 00:02:58.010 --> 00:03:00.970 Of, as dit nie werk nie, doen die agt dinge -- en glo my, 00:03:00.970 --> 00:03:04.000 hierdie is die groot agt dinge wat lei tot sukses. NOTE Paragraph 00:03:04.000 --> 00:03:07.279 Dankie TEDsters vir al julle onderhoude! NOTE Paragraph 00:03:07.279 --> 00:03:09.419 (Applous)