Hierdie is eintlik ’n twee-uur aanbieding vir hoërskoolleerders, kortgeknip na drie minute. Dit begin op ’n vliegtuig, op pad TED toe, sewe jaar gelede. In die sitplek langs my was ’n hoërskoolleerder, ’n tiener, van ’n baie arm gesin. Sy wou iets van haar lewe maak. Sy't my ’n eenvoudige vraag gevra: "Wat lei tot sukses?" Ek't rêrig sleg gevoel, want ek kon haar nie ’n goeie antwoord gee nie. So ek klim van die vliegtuig af, en ek kom TED toe. Ek dink toe, jissie, ek's in ’n kamer vól suksesvolle mense! So hoekom vra ek hulle nie uit oor hulle sukses en dra dit dan oor aan kinders nie? So hier is ons, sewe jaar en 500 onderhoude later en ek gaan vir julle vertel wat rêrig tot sukses lei en hoe TEDsters se koppe werk. Die eerste ding is passie. Freeman Thomas sê: "My passie dryf my." TEDsters doen dit vir die liefde; nie vir geld nie. Carol Coletta sê: "Ek sou iemand betaal om te mag doen wat ek doen." Interessant: as jy dit doen vir die liefde, kom die geld in elk geval. "Werk!" sê Rupert Murdoch vir my. "Dis alles harde werk. Niks kom maklik nie. Maar ek't baie pret." Het hy gesê pret? Rupert? Ja! (Gelag) TEDsters geniet hulle werk. En hulle werk hard. Hulle's nie "workaholics" nie. Hulle's "workafrolics". (Gelag) Goed! (Applous) Alex Garden sê: "Om suksesvol te wees, klim in die ding in en raak goed, raak kundig daarin." Daar's geen toorkuns nie; dis oefen, oefen, oefen. En dis fokus. Norman Jewison sê vir my: "Dit het alles te doen met jouself op een ding fokus." En druk! David Gallo sê: "Druk jouself. Fisies, verstandelik, jy moet druk, druk, druk." Jy moet druk deur bedeesdheid en selftwyfel. Goldie Hawn sê: "Ek't altyd getwyfel aan myself. Ek was nie good genoeg of slim genoeg nie. Ek't nie gedink ek sou dit maak nie." Dis nie altyd maklik om jouself te druk nie, en dis hoekom ma's gemaak is. (Gelag) (Applous) Frank Gehry sê: "My ma het my gedruk." (Gelag) Dien! Sherwin Nuland sê: "Dit was ’n voorreg om as ’n dokter te dien." Baie kinders wil miljoenêrs wees. Die eerste ding wat ek sê is: "OK, jy kan nie jouself dien nie; jy moet ander iets van waarde bied. Want dis hoe mense rêrig ryk raak." Idees! TEDster Bill Gates sê: "Ek't ’n idee gehad: om die eerste mikrorekenaar- sagtewaremaatskappy te stig." Ek sou sê dit was ’n redelike goeie idee. En daar's geen toorkuns agter kreatiewe idees nie -- dis net ’n paar eenvoudige dinge. En ek gee baie getuienis. Hou aan! Joe Kraus sê: "Aanhou is die nommer een rede vir ons sukses." Jy moet deur mislukkings aanhou. Jy moet deur stront (crap) aanhou: "Kritiek, Verwerping, Poepholle en Druk. (C-R-A-P)" (Gelag) So, die antwoord op die vraag is eenvoudig: Betaal $4000 en kom TED toe. (Gelag) Of, as dit nie werk nie, doen die agt dinge -- en glo my, hierdie is die groot agt dinge wat lei tot sukses. Dankie TEDsters vir al julle onderhoude! (Applous)