1 00:00:00,000 --> 00:00:03,520 Hierdie is eintlik ’n twee-uur aanbieding vir hoërskoolleerders, 2 00:00:03,520 --> 00:00:05,210 kortgeknip na drie minute. 3 00:00:05,210 --> 00:00:07,320 Dit begin op ’n vliegtuig, op pad TED toe, 4 00:00:07,320 --> 00:00:08,870 sewe jaar gelede. 5 00:00:08,870 --> 00:00:13,550 In die sitplek langs my was ’n hoërskoolleerder, ’n tiener, 6 00:00:13,550 --> 00:00:15,700 van ’n baie arm gesin. 7 00:00:15,700 --> 00:00:18,390 Sy wou iets van haar lewe maak. 8 00:00:18,390 --> 00:00:20,540 Sy't my ’n eenvoudige vraag gevra: 9 00:00:20,540 --> 00:00:22,610 "Wat lei tot sukses?" 10 00:00:22,610 --> 00:00:23,910 Ek't rêrig sleg gevoel, 11 00:00:23,910 --> 00:00:26,210 want ek kon haar nie ’n goeie antwoord gee nie. 12 00:00:26,210 --> 00:00:28,620 So ek klim van die vliegtuig af, en ek kom TED toe. 13 00:00:28,620 --> 00:00:32,080 Ek dink toe, jissie, ek's in ’n kamer vól suksesvolle mense! 14 00:00:32,080 --> 00:00:34,650 So hoekom vra ek hulle nie uit oor hulle sukses en 15 00:00:34,650 --> 00:00:36,960 dra dit dan oor aan kinders nie? 16 00:00:36,960 --> 00:00:40,670 So hier is ons, sewe jaar en 500 onderhoude later 17 00:00:40,670 --> 00:00:43,780 en ek gaan vir julle vertel wat rêrig tot sukses lei 18 00:00:43,780 --> 00:00:45,510 en hoe TEDsters se koppe werk. 19 00:00:45,510 --> 00:00:47,990 Die eerste ding is passie. 20 00:00:47,990 --> 00:00:50,950 Freeman Thomas sê: "My passie dryf my." 21 00:00:50,950 --> 00:00:53,550 TEDsters doen dit vir die liefde; nie vir geld nie. 22 00:00:53,550 --> 00:00:57,130 Carol Coletta sê: "Ek sou iemand betaal om te mag doen wat ek doen." 23 00:00:57,130 --> 00:00:58,030 Interessant: 24 00:00:58,030 --> 00:01:00,790 as jy dit doen vir die liefde, kom die geld in elk geval. 25 00:01:00,790 --> 00:01:04,000 "Werk!" sê Rupert Murdoch vir my. "Dis alles harde werk. 26 00:01:04,000 --> 00:01:07,240 Niks kom maklik nie. Maar ek't baie pret." 27 00:01:07,240 --> 00:01:10,600 Het hy gesê pret? Rupert? Ja! 28 00:01:10,600 --> 00:01:11,610 (Gelag) 29 00:01:11,610 --> 00:01:14,770 TEDsters geniet hulle werk. En hulle werk hard. 30 00:01:14,770 --> 00:01:18,130 Hulle's nie "workaholics" nie. Hulle's "workafrolics". 31 00:01:18,130 --> 00:01:19,060 (Gelag) 32 00:01:19,060 --> 00:01:20,190 Goed! 33 00:01:20,190 --> 00:01:20,970 (Applous) 34 00:01:20,970 --> 00:01:24,000 Alex Garden sê: "Om suksesvol te wees, klim in die ding in 35 00:01:24,000 --> 00:01:25,750 en raak goed, raak kundig daarin." 36 00:01:25,750 --> 00:01:28,750 Daar's geen toorkuns nie; dis oefen, oefen, oefen. 37 00:01:28,750 --> 00:01:29,780 En dis fokus. 38 00:01:29,780 --> 00:01:31,000 Norman Jewison sê vir my: 39 00:01:31,000 --> 00:01:35,020 "Dit het alles te doen met jouself op een ding fokus." 40 00:01:35,020 --> 00:01:36,530 En druk! 41 00:01:36,530 --> 00:01:38,350 David Gallo sê: "Druk jouself. 42 00:01:38,350 --> 00:01:41,410 Fisies, verstandelik, jy moet druk, druk, druk." 43 00:01:41,410 --> 00:01:43,840 Jy moet druk deur bedeesdheid en selftwyfel. 44 00:01:43,840 --> 00:01:46,110 Goldie Hawn sê: "Ek't altyd getwyfel aan myself. 45 00:01:46,110 --> 00:01:48,150 Ek was nie good genoeg of slim genoeg nie. 46 00:01:48,150 --> 00:01:50,590 Ek't nie gedink ek sou dit maak nie." 47 00:01:50,590 --> 00:01:52,980 Dis nie altyd maklik om jouself te druk nie, 48 00:01:52,980 --> 00:01:54,960 en dis hoekom ma's gemaak is. 49 00:01:54,960 --> 00:01:56,060 (Gelag) 50 00:01:56,060 --> 00:01:57,460 (Applous) 51 00:01:57,460 --> 00:02:00,200 Frank Gehry sê: 52 00:02:00,200 --> 00:02:02,023 "My ma het my gedruk." 53 00:02:02,023 --> 00:02:02,736 (Gelag) 54 00:02:02,736 --> 00:02:04,606 Dien! 55 00:02:04,606 --> 00:02:08,330 Sherwin Nuland sê: "Dit was ’n voorreg om as ’n dokter te dien." 56 00:02:08,330 --> 00:02:10,380 Baie kinders wil miljoenêrs wees. 57 00:02:10,380 --> 00:02:11,850 Die eerste ding wat ek sê is: 58 00:02:11,850 --> 00:02:13,790 "OK, jy kan nie jouself dien nie; 59 00:02:13,790 --> 00:02:15,890 jy moet ander iets van waarde bied. 60 00:02:15,890 --> 00:02:18,570 Want dis hoe mense rêrig ryk raak." 61 00:02:19,000 --> 00:02:20,000 Idees! 62 00:02:20,000 --> 00:02:23,320 TEDster Bill Gates sê: "Ek't ’n idee gehad: 63 00:02:23,320 --> 00:02:26,290 om die eerste mikrorekenaar- sagtewaremaatskappy te stig." 64 00:02:26,290 --> 00:02:28,460 Ek sou sê dit was ’n redelike goeie idee. 65 00:02:28,460 --> 00:02:31,420 En daar's geen toorkuns agter kreatiewe idees nie -- 66 00:02:31,420 --> 00:02:33,600 dis net ’n paar eenvoudige dinge. 67 00:02:33,600 --> 00:02:35,440 En ek gee baie getuienis. 68 00:02:35,440 --> 00:02:36,956 Hou aan! 69 00:02:36,956 --> 00:02:38,230 Joe Kraus sê: 70 00:02:38,230 --> 00:02:41,100 "Aanhou is die nommer een rede vir ons sukses." 71 00:02:41,100 --> 00:02:44,430 Jy moet deur mislukkings aanhou. Jy moet deur stront (crap) aanhou: 72 00:02:44,430 --> 00:02:47,900 "Kritiek, Verwerping, Poepholle en Druk. (C-R-A-P)" 73 00:02:47,900 --> 00:02:49,000 (Gelag) 74 00:02:50,960 --> 00:02:54,760 So, die antwoord op die vraag is eenvoudig: 75 00:02:54,760 --> 00:02:56,960 Betaal $4000 en kom TED toe. 76 00:02:56,960 --> 00:02:58,010 (Gelag) 77 00:02:58,010 --> 00:03:00,970 Of, as dit nie werk nie, doen die agt dinge -- en glo my, 78 00:03:00,970 --> 00:03:04,000 hierdie is die groot agt dinge wat lei tot sukses. 79 00:03:04,000 --> 00:03:07,279 Dankie TEDsters vir al julle onderhoude! 80 00:03:07,279 --> 00:03:09,419 (Applous)